521 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

5 Junie 2019

54.8%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 521

5 Junie 2019

Snoek loop op Yzerfontein

Talle bote het die afgelope ruk uit die Yzerfontein-hawe vertrek om snoek, wat die afgelope paar dae op Yzerfontein loop, te gaan vang. Vroeg Maandagoggend is 'n groep bote weer die see in, op soek na nog suksesvolle vangste. Volgens die hawemeester, Ashley Cruise, was daar sowat sewe jaar gelede laas so baie bote en vissermanne by Yzerfontein se hawe. Die rekordgetal vissersbote wat destyds op 'n enkele dag die hawe uit is, was 145. Sondag het 70 bote wéér op die hawe toegesak, terwyl daar net so baie vissermanne Maandag uit is om snoek te gaan vang. Sien berig op bladsy 2. Foto: Willem Oosthuizen - Facebook/Kom woon op Yzerfontein

•NEEM DEEL AAN INTERNASIONALE KOMPETISIE

Fagan na Maleisië Fagan Thompson, ‘n matriekleerder van Hoërskool Swartland op Malmesbury vat eersdaags die pad ná Maleisië om Suid-Afrika by die Wêreld Goju Ryu-karatefederasie se toernooi te gaan verteenwoordig. Hy boet nou wel die bywoning van sy matriekafskeid in, maar beskou die geleentheid as ‘n groot voorreg wat nie elke dag verbykom nie. Thompson het gedurende Mei verlede jaar die goeie nuus van sy insluiting in die groep ontvang. Thompson, ‘n karatelid by die Swartland Dojo-karateklub op Malmesbury, het reeds verlede jaar, kort ná sy deelname aan die Afrika Goju Ryu-karatefederasie se toernooi, die goeie nuus ontvang dat hy ingesluit is in die span wat in September vanjaar na Maleisië toer. Hy is ook die enigste seun van die Swartland Dojo wat vir die toernooi gekies is. Jeanne Steyn, sy sensei by Swartland Dojo, beskryf die geleentheid as ‘n groot prestasie en voeg by dat dit ‘n baie streng kompetisie is. Thompson is sedert 2010 ‘n karatelid, onder leiding van Steyn. Volgens haar is Thompson ‘n uiters gedissiplineerde en nederige leerder met hope talent.

Die prestasie is ook danksy Thompson se harde werk, voeg sy by. Hy het reeds verlede jaar sy swartbelt ingepalm, terwyl die toekenning van ‘n swartbelt gewoonlik eers oor ‘n tydperk van 10 jaar gebeur. Die geleentheid is nie net deur harde werk beloon nie, maar Thompson is raakgesien danksy die klub se affiliasie by Karate Suid-Afrika, die provinsiale karatefederasie en onder meer Weskus Karate wat toppresteerders raaksien. Thompson oefen reeds ‘n geruime tyd op Saterdae saam met die res van die groep wat Maleisië toe gaan. Volgens sy ma Joan, is hulle baie opgewonde vir sy onthalwe en sien sy daarna uit om hom op sy toer te ondersteun. Die toernooi vind vanaf 14 September tot 26 September plaas. Die Swartland Dojo het ook besluit om die komende Saterdag ‘n pret gashukudag ter fondsinsameling vir Thompson se toernooi, aan te bied

waartydens alle ouers en leerders welkom is om hul karate vaardighede te kom opknap. Hy sien baie uit na die toernooi, maar die senuwee begin tog nou 'n bietjie knaag soos die tyd nader stap vir hom om sy land in die vreemde te gaan verteenwoordig. Hy voel goed oor die voorbereiding wat hy tot dusver saam met die oefengroep gedoen het, hoewel hy aan sy fiksheid moet werk, voeg Thompson beskeie by. Hy is hartseer dat hy nie die matriekafskeid sal kan bywoon nie, maar is verlig dat hy geen belangrike toetse gaan mis wanneer hy oorsee gaan nie. Hy geniet veral die fisiese kontak wat karate bied en is verheug oor sy swartbelt wat hy verlede jaar ontvang het, aangesien dit sy lewensdroom was. Fagan het groot bewondering vir sy pa, wat ook destyds die sport beoefen het. Thompson het sy droom van 'n swartbelt binne 'n rekordtyd van agt jaar behaal en dra dit aan sy pa op.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.