521 dié courant Wellington

Page 1

courant

dié

Bergrivier 11Swartland Swartland •• Bergrivier Wellington Wellington

• Free •• Free Gratis • Gratis Wes-Kaap se #1 Wes-Kaap se #1

5 Junie 2019 12 September 2018

Bou saam met goeie nuus Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 521 Uitgawe 486

•WELLINGTONNER RESTOUREER BAKEN •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM

5 Junie 2019 12 September 2018

Ou kloktoring Moderne vrou se rol samelewing kryinnuwe lewe

•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread Communications, ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar die voordele en gevare van sosiale media en die kuberruim onder die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag 4 September by die Boschenmeer Landgoed plaasgevind. Talle plaaslike besigheids- en sakevroue het die geleentheid bygewoon en groot baat gevind by die interessante praatjies. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, ‘n spesialis op die gebied van die suksesvolle aanwending van sosiale media in die besigheidswêreld, het die dames oor die voordele van die gebruik van die kuberruim in die werkplek ingelig. Volgens Anine kan sosiale media platforms baie suksesvol in die sakewêreld en tot voordeel van besighede benut word. “Sosiale media platfoms soos facebook, Japie, Pietie, en Calvin het Pierreinstagram en linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel -Jeanne gehelp omtedie kloktoring om jou besigheid adverteer en te netwerke restoureer. met ander besighede en moontlike kliënte te •Jaomi Zeeman bewerkstellig. ‘n "Instagram Ou kloktoring wat bykans heeltemal het byvoorbeeld 3,8 miljoendeur verwind en weer verrinneweer is, volg het onlangs ‘n bruikers, 80% van verbruikers besighede nuwe asemplatform gekry danksy die van welwillendheid op hierdie en 30% verbruikers en oplettendheid vanhulle die Wellingtonner koop produkte wat op instagram Pierregesien -Jeanne het,” het Gerber. sy gesê. Pierre-Jeanne, wat elke dag by Anine die kloktoring tussen sy huisook en Wellington het hierdie platform as ‘n plek verbyry, het gemerk dat die toring nog ‘n waar besighede hul kreatiwiteit kannie uitbeeld, Bolandse winter soukan oorleef en besluit kan om ‘n besigheidsblad skep,niehutsmerke iets daaraan te doen. skep, treffende foto’s kan plaas en subtiele Die kloktoring, wat sowat kilometer handelsmerksigbaarheid kan agt bewerkstellig, buite die dorp langs die Hermonpad net buite voorgehou. dieVolgens omheining die ou nog Beatrix-plaassklootjie haarvan is Twitter ‘n goeie platform staan, hetsakevroue vir meer as ‘n eeukan die word. lewens van die wat deur gebruik mense nabygebruikers, gewoon en -werk “Metwat 7,7 daar miljoen 83% van het, die gehelp reguleer. wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie Volgens Pierre-Jeanne hy handelsmerke ‘n paar weke is en 76% van verbruikershetwat gelede om bydiens die kloktoring te is stop hier nabesluit vriendelike aanbeveel, dittoe ‘n hy daar verbyry. kragtige instrument in enige besigheid,” het sy “Dit staan vermoedelik in die padreserwe. gesê. Ek Volgens ry al virAnine 25 jaar lank so ‘n elke drieprofessiomaande is Linkedin meer verbyernstige die vervalle kloktoring en elke keer lyk dit nele, platform. net“Linkedin meer vervalle. Toe ek verbruikers onlangs weer het 6,1 miljoen en daar 94% verbyry, besluit daarplatform in te ry en stop. van werwers is ek op om hierdie omtekandiGroottewas my skok toe ek sien dat die kloktoring date vind. nie"Dit nog is‘n die Bolandse nat winter gaanmedia maak platnie,” effektiefste sosisale vertelvir hy.webwerf-verkeer en leidrade,” het sy form Hy het daar en dan besluit dat hierdie “weg-

gooikind” gerestoureer moet word en ‘n paar met die nodige restourasiewerk te begin. “Ek en my spannetjie het die kloktoring foto’s daarvan geneem. “Ek het die foto’s op plaaslike sosiale media getekkel. Dit was maar riskant, want die een geplaas om uit te vind of iemand dalk die geskie- pilaar was baie onstabiel. Genadiglik het hy Anine van die derkloktoring Westhuizen Thread Communications, gehou!” vertel hy. Francis Nieuwoudt van die denis van souvan ken.Golden Die reaksie Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van “Die Cybershield Helét Borchardt Sanwerkers,en Japie, Pietie, asook van Calvin se was verstommend, veral van die plaasmense,” lam. oorlede vader, Boet, was almal leerlinge en sê Pierre-Jeanne. lidmate het, in diegegee. Kerkie en plaasskooltjie. Dit was Hy het ook nuttige inligting uit ‘n artikel wat in gemaak gesê. restourasieprojek metgratis baie dieJan-Hendrik destydse plaaslike koerant Wellington, het Die nogal Hy ‘n hetemosionele ook die vooren nadele van Stander van CSinCybershield staaltjies wat heeldag gedeel isbespreek. tydens die werBolander, verskynopgevolg het, gekry. Siebrits Wi-Fi vir kliënte en besighede Anine se praatjie met Christine ‘n inligtingsessie voeg hy by. het die kubersekuriteit uitgawe van 6 Junie 1952 goedgunstiglik kery,” “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor en inligtingsekuriteit. Pierre-Jeanne se beskerm gesin hetnie. ookKuberkrakers later opgeaanVolgens hom verskaf. en data nie hom hou die gebruik van telefone, inligting daage-posse om die projek met advies en morele onderdie destydse win- kan en baksake onderskep, virusse op die Volgens internet,hierdie sosialeartikel media,ise-posse, rekenaars, steuning te onderskraag. hulle kelgeboutjie wat daar aangekoop aflaai en toegang totUiteindelik jou data enhet stelsels selfone, tablette, sowelgestaan as die het, feit dat mense toestel die restourasie van die kloktoring voltooi en die en in omskep. Die fondse wat verkry,” het hy verduidelik. nie net‘ninSendingkerkie kantore nie, maar ook in koffiewinkels daarvan hiervoor gebruikbesigheid is, is uit doen die boedel van wyle struktuur Jan-Hendrik hetversterk. ook die terme “phising” en en restaurante talle voordele, “Hopelikverduidelik hou die en kloktoring ‘n eeu. mevrou Joubertin.(Hauptfleisch) ontvang. “spoofing” wenke virnog die voorkomaar ookBeatrix talle gevare Gedeeltes vangegee. die kloktoring sal nie geverf word “Diehet erfenis waarde van die oukuberdiefstal kloktoring is ming daarvan Hy ook na die gevare van nieBesighede om die patina behou. voetspoor Dit was ‘n voorreg enorm. se te digitale en die en kuberkrakers verwys. om dit te kon daarvan doen en ek is dankbaar vir Japie, "Vir meer as ‘nis eeu hierdie kloktoring die belangrikheid is bespreek. “Wagwoorde sooshet onderklere. Calvinaspekte vir die groot en tydsame werk,” sosiale, geestelike en skolastiese aktiwiteite van Pietie Die en wetlike rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien sê Pierre-Jeanne. ‘n groot plaaswerkergemeenskap en platforms en wenke rondom hierdie kwessie is nie, jy moet dit gereeld verandergereguleer en jy moet herstel van die kloktoring het nie net die is dit deel met van die baie hoofstukke ons het onontbekyk. dit nooit vreemdelinge deel in nie,” hy ookDie van Wellingtonners op hierdie het, kosbare dekte erfenis-geskiedenis wat smeek om ontdek aandag Die dames wat die sessie bygewoon het geskerts. deelbaie van ons erfenis gevestig en Hy gedokumenteer te word virsterk die wat na ons dit insiggewend gevindnie en- Pierre-Jeanne kon rondom het die kenmerke van ‘n wagwoord is selfs gevra om diehul storie van dieen kloktoring op kom,” sê Pierre-Jeanne. eetgoed ervaring idees ten verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike 28 Mei van op RSG se Spektrum program te deel. gaan besefophet genoop om inbreuk met ‘n opsigte die gebruik van sosiale media vindHierdie of iemand jouhom kubersekuriteit instandhoudingspan na die kloktoring te gaan en vertel.

NUUS • • NEWS NEWS NUUS


2

Aflaaifasiliteite help met onwettige storting

Die Drakenstein Munisipaliteit help inwoners van Mbekweni om hul afval en die onwettige storting van vullis, sowel as die verspreiding van siektes en peste te verminder - dít alles terwyl hul ook plaaslike werkskeppingsgeleenthede ‘n hupstoot gee. Drie “mini”-vullisaflaaifasiliteite word opgerig waar die meeste rommelstrooiing en onwettig storting van huishoudelike en ander vullis plaasvind. Hierdie plekke is dikwels langs voetgangerpaadjies op pendelroetes en veroorsaak peste soos rotte, wat tot die verspreiding van siektes kan lei. Inwoners sal nou hul vullis by die fasiliteite, wat daagliks skoongemaak sal word, kan los. Die vullis sal dan na die vullisgate wat vir verantwoordelike storting bedoel is, geneem word. Dit word in samewerking met die regering se Uitgebreide Publieke Werke Program gedoen. Die fasiliteite sal volgens beplanning deur

NUUS • NEWS

5 Junie 2019

De Kock se “Daggaboer” op Wellington bekendgestel

onafhanklike kontrakteurs, wie se personeel uit die plaaslike gemeenskap verkry sal word, bestuur word. “Ons is bly dat ons entrepreneurskap in die plaaslike gemeenskappe kan ondersteun, terwyl ons ook na die gesondheid en siektevoorkoming van die mense in die area omsien - veral dié van moeders met jong kinders. Terselfdertyd moedig ons die gemeenskap aan om Drakenstein skoon te hou,” sê raadslid Gert Combrink, Waarnemende Uitvoerende Burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit. Die “mini”-aflaaifasiliteite in Mbekweni is die eerste van ‘n reeks wat binne die volgende drie jaar in die munisipale area beplan word. Die doel hiervan is om meer effektiewe vullisbeheer en die vermindering van onwettige vullisstorting en rommelstrooiing teweeg te bring, terwyl daar ook gehelp word om Drakenstein skoon en gesond vir sy inwoners te hou.

Dr. Amanda Swart gesels met Jean-Pierre de Kock oor sy nuwe boek, Daggaboer. Die Breytenbach Boekklub het op Donderdag 23 Mei ‘n gesellige en interessante byeenkoms in die Bôrdienghuis gehad. Jean-Pierre de Kock se nuwe boek, Daggaboer, is tydens die geleentheid bekendgestel en doktor Amanda Swart het met hom oor sy boek gesels. Jean-Pierre is ‘n jong man in sy vroeë dertigerjare. Hy het ‘n B.Mus-graad op Stellenbosch behaal, maar werk tans in die houtbedryf. Die Daggaboer is sy debuurtoman en het pas by Human en Rousseau Uitgewers verskyn. Tydens die bekenstelling het Jean-Pierre vertel dat hy van die begin af geweet het wat die titel van sy boek sou wees. “Ek het nie, soos baie ander skrywers, eers die boek klaar geskryf en toe gewonder wat die titel moet wees nie,” het hy gesê. Tydens die skryf van die verhaal was Dvorak se negende simfonie die hele tyd in sy agterkop en volgens hom het hierdie simfonie die ritme van die boek beïnvloed. Die Daggaboer is die verhaal van Lennet Loots

wat sy beroep as rekenmeester en sy voorstedelike bestaan vaarwel toeroep om op Baardskeerdersbos in ‘n karavaan te gaan woon. “Die karakter is ‘n tipiese buitestaander of randfiguur wat net graag off the grid wil leef. "Hy plant groente en vrugte en kweek ook dagga wat hy aan ‘n handelaar in Hermanus verkoop,” het Jean-Pierre verduidelik. Die buitewêreld kan egter nie weggehou word nie en Lennet se pastorale bestaan word deur onder meer deur ‘n besoek van sy broer uit Kanada, sowel as van sy pa, wat in ‘n Alzheimer-inrigting opgeneem word, versteur. Na afloop van die bekendstelling het Jean-Pierre met plaaslike leesentoesiaste gesels en eksemplare van sy boek geteken. Daar is nog ‘n paar getekende boeke by The Book Traders beskikbaar. Die Breytenbach Boekklub se volgende byeenkoms vind op Donderdag 6 Junie plaas wanneer Bertus (Osbloed) van Niekerk met Reney Warrington oor haar boek, Smit Motors, kom gesels.

Kultuuraktiwiteite in Junie by Breytenbach-sentrum Wellingtonners kan in Junie na heerlike aktiwiteite, besprekings en geleenthede by die Breytenbach Sentrum uitsien. ‘n Verskeidenheid interessante besprekings, kuns- en kultuuraktiwiteite, vertonings, sowel as ‘n viering van ons plaaslike wyne sal vir heerlike warmte in die winter sorg. Die maand se bedrywighede skop op Donderdag 6 Junie af wanneer Bertus Osbloed van Niekerk met Reney Warrington oor haar boek, Smit Motors, kom gesels. Die bekendstelling van Reney se boek by die Breytenbach Boekklub beloof om baie spesiaal te wees. Die bekende Bertus, wat wyn by sy huis maak, en Reney is jarelange vriende en leesentoesiaste sal tydens hierdie gesprek meer oor die storie, karakters en skryfproses van die boek te wete kan kom. Op Saterdag 8 Junie vind daar ‘n rondleiding en informele gesprek oor die kunsuitstalling, Sensuur: verbied, verban, in die Breytenbach Galery plaas. Besoekers sal meer oor die denkproses agter elke unieke kunswerk deur Ceramic Matters en Frans Mulder, wat by die uitstalling te sien is, kan uitvind. Die onderwerp lei tot vele gesprekke oor die ou sensuurraad en die verbanning van kuns, taal, musiek en leefstyl. Óók op 8 Junie, kan dorpenaars in die Bôrdienghuis Teater gaan aansit vir ‘n vertoning deur Gian Groen en die Amerikaanse sangeres, Camille van Niekerk. Gian, wat veral bekendheid verwerf het met sy liedjie, Vier Seisoene Kind, se pad het onlangs met dié van Camille, ‘n Amerikaans-gebore sanger wat ‘n besondere liefde vir die Afrikaanse taal ontwikkel het nadat sy met ‘n Afrikaans-gebore man getroud is, gekruis. Haar Afrikaanse weergawe van bekende treffers het ’n internet-sensasie geword nadat sy dit aanvanklik net vir haar man en sy ouers gesing het. Die twee se vertoning sluit bekende treffers van Gian, sowel as van Camille se gunsteling

Afrikaanse treffers in. Gaste kan hul vir ’n hele paar musikale verrassings tydens die vertoning regmaak. Die boek, Die Braambos bly brand, wat onlangs verskyn het, is ‘n bundel verhale oor verskillende bekende Suid-Afrikaners se godsdiensbelewenisse. Hierdie boek word op 13 Junie by die Breytenbach Boekklub bekendgestel. Chris Jones en Pieter Malan is die samestellers van die boek en Jones en ‘n paneel, bestaande uit mense wat bydraes in die boek gelewer het, sal tydens die bekendstelling oor die boek gesels. Die Paarliet Alma Rossouw se debuutroman, Sypaadjie, het onlangs die lig gesien. Op 20 Junie kom gesels sy met Saartjie Botha oor haar boek wanneer dit by die Breytenbach Boekklub bekendgestel word. Alma is ‘n student by Rachelle Greeff se skryfskool by die Breytenbach Sentrum en Saartjie is die direkteur van die US Woordfees en WOW. Die plaaslike kunstenaar, André Terblanche, sal ook by die geleentheid musiek maak. Op 22 Junie open ‘n nuwe kunsuitstalling, On Beauty, op die grondvloer van die Breytenbach Sentrum. Werke deur die kunstenaars Jaco Benade, Jennifer de Charmoy en Marieke Prinsloo sal in die uitstalling te sien wees. Die openingspreker is Ashraf Jamal. Die maand se aktiwiteite word oudergewoonte afgesluit met die gewilde maandelikse wynproe wat deur die wynkelders van die Wellington Wynroete by die Breytenbach Sentrum aangebied word. Musikante op die buiteverhoog sal vir ‘n heerlike kuieratmosfeer sorg terwyl besoekers by die tafels onder die bome voor die Bôrdienghuis gesellig kan verkeer. Alle besprekings en navrae kan aan 021 873 2786, galery@breytenbachsentrum.co.za, teater@breytenbachsentrum.co.za of thebooktraders@gmail.com gerig word.


NUUS • NEWS

5 Junie 2019

Drakenstein se 2019/2020 begroting “reg vir die gemeenskap” Met toegewyde programme om die basiese infrastruktuur, water- en sanitasiedienste te bou, sowel as om ekonomiese groei, ontwikkeling en werkskepping deurlopend in Drakenstein te stimuleer, het die Drakenstein Munisipaliteit hul jaarlikse begroting by die Munisipale Raadsvergadering op Vrydag 31 Mei uiteengesit. “Hierdie begroting is werklik ‘n bewys van hoe Drakenstein Munisipaliteit aandag gee aan al ons aandeelhouers en ‘n poging om, na die beste van ons vermoë en op ‘n besorgde wyse, te doen wat goed is vir ons gemeenskap,” het raadslid Gert Combrink, Waarnemende Uitvoerende Burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, gesê. Die R2,857 biljoen begroting bestaan uit ‘n R2,479 biljoen operasionele en ‘n R378 miljoen kapitale begroting. “Omdat ons na ons gemeenskap luister, verstaan ons dat daar ‘n groot behoefte vir laekoste-behuising, elektrisiteit vir ons informele- en agterplaas-strukture, die opgradering en vestiging van parke, veiligheid en sekuriteit, padveiligheid in landelike gebiede, pad-infrastruktuur, die teer van sypaadjies, werkskepping en talle ander dinge is. Ons het ons, met ‘n begroting wat as pro-armes beskryf kan word, opnuut daartoe toegewy om hierdie kwessies aan te spreek,” het Waarnemende Burgemeester Combrink gesê. Gebaseer op die Drakenstein Munisipaliteit se vyf jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP), sluit die 2019/2020 begroting se grootste uitgawes toekennings aan die volgende in: Die herstel van gemeenskappe se trots en menswaardigheid deur middel van basiese dienste en infrastruktuur Die Munisipaliteit sal R107 miljoen op basiese en grootmaat-infrastruktuurdienste vir ongeveer 667 erwe in die Vlakkeland Behuisingsprojek, sowel as die konstruksie van 487 nuwe huise in die volgende finansiële jaar spandeer. Om die trots en menswaardigheid van gemeenskappe in informele nedersettings te herstel, sal die Munisipaliteit voortgaan om deure van ablusie-geriewe met herwonne, saamgepersde plastiek, wat geen herverkoop-waarde het nie, vervang. Werk om die toegang tot basiese dienste in die Janfiskaal en Bosbok informele nedersettings te verbeter, word tans voltooi, terwyl die Grysbok en Spooky Square area volgende hiervoor aan die beurt kom. Die doelwit is om uiteindelik om al 43 informele nedersettings in Drakenstein van waardige basiese dienste te verskaf. Om gemeenskappe se lewensomstandighede verder te verbeter, sal die Munisipaliteit voortgaan om sy “Paint my Story” projek, waardeur munisipale woonstelle geverf word, sowel as die teer van die areas rondom die woonstelle, deur te voer. Meer skoon drinkwater en sanitasie, beter paaie en stormwater-infrastruktuur In hul poging om basiese dienste ten opsigte van skoon drinkwater en sanitasie te verskaf, sal die Drakenstein Munisipaliteit R121,4 miljoen aan, onder andere, ‘n groot waterpyplyn en watersuiweringswerke in Saron, die opgradering van infrastruktuur by die Wellington en Paarl Rioolsuiweringswerke en die installering van watersuiweringstoerusting by boorgate spandeer. “Geïntegreerde stedelike beplanning, ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling begin by ‘n goed-ontwikkelde, geïntegreerde padnetwerk wat goedonderhou word,” het Waarnemende Burgemeester Combrink gesê. Om hierdie rede sal die Munisipaliteit altesaam R27,5 miljoen aan ‘n reeks projekte, wat die konstruksie van Oosboschstraat van Bergrivier Boulevard tot by Jan van Riebeeck straat, verkeerswalle, verkeerstekens en robotte, sowel as die teer van sypaadjies insluit, spandeer. Elektrisiteit aan nog 250 informele strukture Alhoewel geen nasionale fondse vir die installering van elektrisiteit by strukture in informele nedersettings beskikbaar gestel word nie, ken die Drakenstein Munisipaliteit R10 miljoen vir die elektrifisering van informele nedersettings toe. Hierdeur sal ongeveer 250 informele strukture in 2019/2020 van toegang tot elektrisiteit voorsien word. “Ons is bewus daarvan dat die afwesigheid van elektrisiteit mense in armoede gevange hou. Dit veroorsaak dat hul toegang tot sleutel-geleenthede soos opvoeding, vaardigheidsontwikkeling en werksgeleenthede ook in die slag bly,” het Waarnemende Burgemeester Combrink

gesê. Die Munisipaliteit sal ‘n verdere R36,9 miljoen aan die opgradering en/of vervanging hoë, medium en lae spanningsnetwerke, die opgradering van elektriese substasies en grootmaat elektrisiteitsvoorsiening aan die Vlakkeland Behuisingsprojek spandeer. Om ‘n verskil aan die lewens van Drakenstein se armes en haweloses te maak “’n Groot uitdaging in Suid-Afrika is die stygende hoeveelhede haweloses en straatmense,” het Waarnemende Burgemeester Combrink gesê. “Ons sal op ‘n multi-aandeelhouer intervensie, wat die maatreëls om genoegsame skuiling te bied sal ondersteun, fokus. "Verder sal werkskeppingsmaatreëls om hierdie mense pro-aktief te bemagtig ook aandag geniet. "Ons doel is om hul in sosiale familie-strukture terug te bring,” het hy voortgegaan. Combrink het ook uitgewys dat die Munisipaliteit se huidige Krediet Kontrole Beleid voorsiening maak vir subisidies van hulpbehoewende huishoudings met ‘n maandelikse inkomste van R4 250. Dit word nou voorgestel dat die Munisipaliteit hierdie beleide en tariewe volgens ‘n glyskaal aanpas om finansiële bystand aan alle huishoudings (mense wat SASSA-toelaes ontvang, waar kinders aan die hoof van ‘n huishouding staan, afgetredenes, gestremdes en werkloses) te bied. Hulp aan mense om ‘n volhoubare lewensbestaan te skep Die Drakenstein Munisipaliteit sal in 2019/2020 op sy Uitgebreide Publieke Werke Program se suksesse van die vorige finansiële jaar uitbrei. “Dit is vir ons belangrik om die werkskeppingsgeleenthede op ‘n regverdige en deursigtige wyse te fasiliteer, die kanse van begunstigdes om ‘n volhoubare lewensbestaan te skep te verhoog en om dienslewering te verbeter,” het Combrink gesê. In 2019/2020 maak die Munisipaliteit voorsiening vir ongeveer 1 030 werksgeleenthede, teen ‘n benaderde koste van R10,4 miljoen. Daarby bewillig hulle ook bykans R1 miljoen vir landelike ontwikkelingsprogramme wat vaardigheidsontwikkeling en beurse insluit. Slimmer oor veiligheid Die eerste fase van die Drakenstein Smart Safety Network (DSSN) Projek sal gedurende 2019/2020 teen ‘n bedrag van R2,1 miljoen van stapel gestuur word. Deur ‘n vennootskap-projek tussen Drakenstein Munisipaliteit, die Provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, die SAPS, gemeenskapsgebaseerde veiligheidsorganisasies en die privaatsektor, sal die DSSN ‘n platform bied om saam te werk en inligting rakende veiligheids- en sekuriteitsaangeleenthede vinnig deur middel van nuwe tegnologie te deel. Bevordering van toerisme as ‘n ekonomiese dryfveer ‘n Begroting van R12,6 miljoen in bewillig vir die ondersteuning van verskeie sport- en ander geleenthede, spreiligte by die Boland Park Krieket Stadion, sowel as infrastruktuur vir informele handelaars. Meer aangename openbare ruimtes Omdat die Munisipaliteit die belangrikheid van plekke en ruimtes waar die mense van Drakenstein mekaar ontmoet en tyd saam met mekaar en hul families deurbring besef, sal hulle bykans R26 miljoen aan die opgradering en konstruksie van parke, swembaddens, sport-infrastruktuur en die fasiliteite by Boy Louw, Newton, Dal Josaphat, Fairyland, De Kraal en Parys spandeer, sowel as ‘n verdure R3,3 miljoen aan die opgradering van speelparke en oop ruimtes. Daarby is R12 miljoen vir die ontwikkeling en opgradering van begraafplase bewillig. “In ‘n poging om op ons suksesse van die afgelope agt jaar voort te bou, is die voorgestelde finale begroting pro-armes, gemik op ekonomiese groei, die sosio-ekonomiese behoeftes van die inwoners van Drakenstein, sowel as ons finansiële volhoubaarheid,” het Waarnemende Burgemeester Combrink saamgevat. Hy het sy toespraak afgesluit deur die gemeenskap van Drakenstein te bedank en hulle te eer vir hul betaling van diens- en eiendomsheffings. “Die kwaliteit van die dienste wat ons lewer is net moontlik danksy die samewerking van ons gemeenskap in die nougesette betaling van hul munisipale rekeninge,” het hy gesê. Die volledige begroting kan by www.drakenstein.gov.za besigtig word.

3

Bo: Waarnemende uitvoerende burgemeester Gert Combrink, speaker Aidan Stowman stadsbeplanner Dr Johan Leibbrandt by die begroting. Foto: Drakenstein Munisipaliteit


4

5 Junie 2019

NUUS • NEWS

Mooi moontlikhede

Ek het ‘n hekel aan stroperige motiveringskwinkslae wat die werklikheid in ‘n laag spookasem wil verdoesel. Die hersenskimme en feëverhale wat met soetsappige vlakhede gekamoefleer en saam met die pot goud aan die einde van die reënboog, die gelukkige einde en ‘n utopia aan hoopvolle, naïewe massas verkwansel word, grens amper aan bedrog. Die feit dat soveel mense boonop hierdie onrealistiese foefies hoopvol en sonder voorbehoud vir soetkoek opeet en aanhang, is ‘n bietjie hartseer. Jy kan ‘n kilogram versiersuiker om ‘n baksteen smeer - iewers gaan jy ‘n tand breek as jy dit probeer eet. Gunsteling-gesegdes soos “almal is wenners” en “as jy dit kan droom, kan jy dit doen” skep net onbehoorlike verwagtinge. Jy kan tog nie ‘n kleurkonsultant vir Gucci word as jy kleurblind is , Idols wen as jy jou oupa se toondoofheid geërf het of ‘n loopplankmodel word as jy met jou familie se donderdye geseën is nie. Donkies kan nie die July wen nie, al droom hulle ook hóé. Miskien is die mense wat wel sukses behaal, dié wat bloot werk met wat hulle het, wat soms moeilike oplossings vir uitdagings moet vind en ‘n groot hoeveelheid sweet en deursettingsvermoë op pad na hul doel moet inploeg. Daar is sekerlik mooi moontlikhede in almal, maar die ontginning daarvan is nie altyd in versiersuiker gehul of met ‘n mooi strik versier nie. In Wellington weet mense hoe om mooi moontlikhede raak te sien, kanse te benut en potensiaal te ontgin - al verg dit soms bloedsweet en trane. Pierre-Jeanne Gerber het die betekenis van die ou kloktoring buite Wellington se erfenis, sowel as die moontlikheid rondom die restourasie daarvan, raakgesien. Al was dit nie ‘n maklike taak nie, is die kloktoring nou weer herstel en kan dit weer as ‘n baken van ons vallei se moontlikhede dien. Met die Drakenstein Munisipaliteit se nuwe begroting wil hulle die moontlikhede van ons gemeenskappe help ontlsuit. Waar daar tekorte, armoede en ‘n gebrek aan dienste is, wil die nuwe begroting hierdie behoeftes aanspreek sodat meer mense se potensiaal ontgin kan word en nuwe moontlikhede vir hulpeloses en hopeloses geskep kan word. Hugenote Laer- en Hoërskool se redenaars, skaakspelers, sowel as sportmanne en -vroue het deur middel van harde werk en deursettingsvermoë geleenthede aangegryp en met hul prestasies nuwe moontlikhede ontgin. Met plaaslike instansies en besighede se skenking van skoene, klere en sweetpakke aan die leerders van Soetendal Primêr, ontsluit hulle ‘n nuwe wêreld van moontlikhede vir hierdie kinders en maak hulle ‘n positiewe bydrae tot hul lewens. Die Partners for Possibility inisiatief wat skoolhoofde en besigheidsmense in ‘n vennootskap met mekaar verbind, skep baie moontlikhede vir alle partye. Nie net het die Groenberg Primêre skool onlangs nuwe rekenaars deur hierdie projek bekom nie, maar die jaarlange verbintenis wat tussen die skool en die skenker geskep word, lei tot beter begrip, samewerking en groei vir almal wat hierby betrokke is. Gifford Pinchot het geskryf dat die moontlikhede van ons toekoms ‘n werklikheid kan word wanneer ons verantwoordelikheid daarvoor neem. Mag elkeen hierdie week die mooi moontlikhede in ander, in ons dorp en in hulself raaksien - en verantwoordelikheid daarvoor neem.

Museum se fotokompetisie:

Hierdie CPUT lektor pas ewe gemaklik in enige rol. Wie is hy? Die antwoord van die vorige kompetisie is Anthony Cavernelis, prinsipaal van Bergrivier Sekondêr.

Hemelvaart by Ma’s vir Wellington gevier

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

Die kinders by Ma’s vir Wellington het deur middel van helium-ballonne meer oor die Hemelvaart-verhaal geleer. Die kinders by Ma’s vir Wellington kon op Don- sy werk te doen wanneer hy teruggaan na sy derdag 30 Mei nie net in verwondering na die Vader,” het sy gesê. Ter illustrasie van die Hemelvaart is heliumstorie van Hemelvaart luister nie, maar dit ook op ‘n konkrete wyse beleef toe ‘n spesiale les -ballonne losgelaat en die kinders het in verwondering na die stygende ballonne gekyk totdat hieroor aangebied is. Al die kinders het op die grasperk in die bin- hulle dit nie meer kon sien nie. “Anders as die ballonne wat weggaan en nie nehof van die perseel bymekaargekom waar Rosa Whitehead, een van die fassiliteerders by weer terugkom nie, gaan Jesus weer terugkom,” Ma’s vir Wellington, hulle die storie van Hemel- het Rosa hulle verseker. ‘n Paar van die kinders was ook gelukkig vaart vertel het. Sy het hulle aan die uitbeelding van Jesus se dood en opstanding vroeër die jaar genoeg om helium-ballonne te kry wat hulle ten aanskoue van hul maats die lug in kon laat tydens hul Passiespele herinner. “Na 40 dae het Jesus opgestaan en aan mense opstyg. “Jesus se Hemelvaart gee ons die geskenk van verskyn en hulle die merke van die spykers aan sy hande gewys. Hy het hulle opdrag gegee om die ewige lewe,” het Rosa ter afsluiting gesê.


NUUS • NEWS

5 Junie 2019

Hugenote se Orff orkes tree by Breytenbach-sentrum op Die Orff orkes van Hugenote Laerskool het op Woensdag 29 Mei in die binnehof van die Breytenbach Sentrum opgetree. Hierdie orkes, wat uit ‘n hele aantal graad 4 tot 7 leerders bestaan en onder leiding van Christelle Rosant staan, het vir ‘n uur lank vir vermaak tydens die Wine Wednesdays wat maandeliks by die Sentrum aangebied word, gesorg. Hugenote Laerskool spog alreeds jare lank met ‘n Orff orkes. Hierdie soort orkes en manier van musiek maak, is deur die Duitse komponis Carl Orff ontwikkel en behels ‘n samespel op verskeie melodieuse en nie-melodieuse slaginstrumente. Tromme, verskillende xilofone en glockenspiels, sowel as ander slaginstrumente vorm alles deel van die Orff orkes. Hugenote se Orff-leerders werk elke jaar hard aan hul repertoire en het al verskeie kere

trofees by die Paarl Vallei Eisteddfod ingeoes. Hulle het onlangs ook ‘n spesiale oefennaweek gehou waartydens hul hul liedjies afgerond het. Van die liedjies in hul repertoire sluit The lion sleeps tonight, Skeleton move, die Click song en Despacito in. Besoekers aan die Wine Wednesdays kon die afgelope Woensdag heerlik onder die bome voor die Breytenbach Sentrum se Bôrdienghuis kuier, aan ons vallei se wyne teug, pizza eet en na die pragtige klanke van Hugenote se Orff orkes luister. “Ons het al baie voor ons skool en ‘n saal vol ouers opgetree, maar dit was lekker om in die buitelug voor vreemde mense op te tree en te sien hoe hulle ons musiek geniet,” het een van die orkeslede na afloop van hul optrede laat hoor.

Partners for Possibility help plaaslike skole Plaaslike skole, waaronder Groenberg Primêr (regs), is besig om voordeel te trek uit die ongelooflike werk wat die Partners for Possibility Organisasie doen. Hierdie Organisasie, wat deur middel van ‘n ondersteuningsprogram hulp aan skole met ‘n hulpbronne-tekort bied, het hul visier nou ook op die skole in ons omgewing gestel. Partners for Possibility is in 2010 as ‘n leierskapontwikkeling- en ondersteuningsprogram vir skoolhoofde begin. Dit poog om skoolhoofde van skole met beperkte hulpbronne met besigheidsleiers in aanraking te bring sodat ‘n jaarlange ontwikkelingsvennootskap gesluit kan word. Albei leiers neem aan ‘n geakkrediteerde leierskapsontwikkelingsprogram deel terwyl hul ook saamwerk om uitdagings in hul spesifieke skool aan te spreek. Hierdie organisasie het sedert 2010 reeds meer as 1 000 sulke vennootskappe regoor Suid-Afrika bewerkstellig. Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte en stigter van Partners for Possibility, dr. Louise van Rhyn, is hul hoofdoelwit om ongelykheid in opvoeding te probeer verminder. “Ons is toegewyd om die ongelykheid in Suid-Afrika se opvoedingstelsel te laat krimp sodat al die kinders in ons land toegang tot kwaliteit-onderrig het. "Die sleutel om dit reg te kry, is om te verseker dat alle skoolhoofde, en nie net dié in skole met genoegsame hulpbronne nie, toegerus en ondersteun word in hul krities-belangrike taak om ons kinders vir ‘n beter toekoms voor te berei,” sê sy. Hierdie doelwit het nou ook deel van Groenberg Primêr se toekomsvisie geword. Die skoolhoof van Groenberg Primêr, Sohail Morris, het in Maart by die program aangesluit. Volgens Jessica Batts, fasiliteerder van die program in die Wynland Streek, is hulle passievol en opgewonde om Sohail met die program by te staan. “Meneer Morris is ‘n dinamiese, talentvolle leier met ‘n visie om te leer, te bemeester, te deel en verandering te bewerkstellig in ‘n skool met soveel uitdagings en tekortkominge,” sê sy. ‘n Tekort aan geriewe soos ‘n sportvelde en ‘n biblioteek, vandalisme aan die skoolgeriewe, die instandhouding van infrastruktuur, werkloosheid in die gemeenskap en die groot probleem rondom vervoer is maar ‘n paar van die probleme waarmee die skool op ‘n daaglikse basis te doen kry. “Die skool is buite die dorp geleë, wat beteken dat die gemeenskap afhanklik is van duur publieke vervoer en taxi’s, of hulle moet maar voetslaan. Werkloosheid het ook ‘n merkbare invloed op die vooruitgang van ons skole, aangesien ouers nie bemagtig is om finansiële bydraes tot hul kinders se opvoeding te maak nie,” verduidelik Jessica. “As ‘n Partners for Possibility gemeenskap het ons toegang tot baie geleenthede, en is dit altyd die strewe van ons vennote om uit te reik en te help waar ons kan. "So het Deon Myburgh, die Manager, ICT Operations, Mediclinic SA, wat weer in vennootskap is met Cloetesville Hoërskool in Stellenbosch, te hore gekom van Groenberg Primêre Skool se uitdagings en nie geskroom om uit te reik nie,” gaan sy voort. Volgens Jessica het Deon Myburgh hulle verskaffers genader en hy was baie bly toe een van hulle verskaffers aanbied om Groenberg Primêr as een van hulle gemeenskapsprojekte aan te neem. “Die lank en die kort van die storie is dat TCM Tegnologie verlede week 20 rekenaars aan die skool oorhandig het. Die huidige rekenaarsentrum sal opgegradeer word met die nuutste rekenaars en tegnolgie. Dit sal beteken dat die leerders nou hulle skooltake by die skool kan afhandel, en sommer ook leer om die internet te

bemeester vir projete en ander take,” verduidelik Jessica. Sohail Morris en sy leerders is opgewonde en sien daarna uit om ‘n pad saam met die nuwe vennote van Mediclinic SA en TCM te stap. “’n Deel van die skoolhoof se besigheidsplan vir sy skool is om met die plaaslike sakesektor, boeregemeenskappe en professionele korps ‘n forum te vestig waar hulle kan saam dink en merkbare oplossings kan beding en saam die skool kan bestuur,” sê Jessica. Sy is baie opgewonde oor die samewerking en hoop dat ander sakeleiers ook by die program en projekte betrokke sal raak. Sy is tans met die werwing van nuwe Skoolhoofde en Sakeleiers vir die program besig en hoop om binnekort ‘n nuwe groep met hierdie inisiatief te bemagtig. Die Partners for Possibility Organisasie se goeie werk het hul al talle nasionale en internasionale toekennings en erkenning besorg. Hulle het onder andere verlede jaar ‘n World Innovation Summit for Education (WISE) Toekenning in New York gewen. Hierdie toekenning erken ses wen-projekte uit vyf verskillende lande waar honderde innoverende projekte wat die uitdagings van opvoeding aanspreek, beoordeel word. Buiten die WISE-toekenning het die staatspresident, Cyril Ramaphosa, ook al erkenning aan die Partners for Possibility inisiatief gegee. Hy het in ‘n persoonlike brief sy dankbaarheid teenoor en sy bewondering vir die werk wat hulle doen, betoon. “Die uitnemende werk wat deur Partners for Possibilities gedoen word om die kwaliteit van opvoeding in ons land te verbeter, bewys dat ons, deur middel van die samewerking van die burgerlike samelewing, die doel van ons Nasionale Ontwikkelingsplan kan bereik. Ons salueer die werk wat julle doen en wens julle alle sukses met julle programme toe,” het president Ramaphosa geskryf. Die Partners for Possibilities se programme word ook deur ‘n wye spektrum van invloedryke individue en rolspelers onderskryf. Onder hierdie mense tel mense soos Desmond Tutu, advokaat Thuli Madonsela, Pravin Gordhan, Trevor Manuel, Jean de Villiers, professor Jonathan Jansen, professor John Volmink, Tony Leon, Graham Power en F.W. de Klerk. Enigeen wat belangstel om by die Partners for Possibilities se internasionaal-erkende programme betrokke te raak en ‘n verskil in die opvoeding in ons land te maak, kan Jessica Batts by Jessica@symphonia.net of 082 496 3228 vir meer inligting kontak.

5


6

5 Junie 2019

Hugenote Laer se redenaars blink uit

Nikolaas Smit, Hazel Marais, Mialé Bindemann, Marilu Zeeman en Phumi Dyonta by hul onderwyseres, Andriëtte Smit. Hugenote Laerskool se redenaars het onlangs puik presteer. Altesaam vyf van hul leerders het na die semi-finale ronde van die ATKV se Nasionale Redenaarskompetisie deurgedring. Hierdie vyf sprekers het op Vrydag 17 Mei tydens die semi-finale ronde by Bellville Hoërskool hul staal teen die ander beste sprekers vanoor die hele Wes-Kaap gewys. Mialé Bindemann, ‘n graad 5-leerder, het in die graad 4 en 5 afdeling vir Afrikaans Huistaal deelgeneem en Phumi Dyonta, ‘n graad 6-leerder, het in die graad 6 en 7 afdeling vir Afrikaans Addisionele Taal meegeding. Drie leerders, Hazel Marais in graad 7, Nicolaas Smit in graad 7 en Marilu Zeeman in graad 6, het die tonge in die afdeling vir graad 6 en 7 Afrikaans Huistaal laat klap. In hierdie afde-

ling moet sprekers ‘n voorbereide, sowel as ‘n onvoorbereide toespraak lewer. Die onvoorbereide toespraak bepaal uiteindelik 80% van hul finale punte. Hugenote se redenaars het uitstekend presteer. Nicolaas Smit het onder die top 20 sprekers in die Wes-Kaap geëindig, terwyl Hazel Marais ‘n sesde plek en Marilu Zeeman ‘n tweede plek in die Wes-Kaap behaal het. Phumi Dyonta, sowel as Mialé Bindemann het as Wes-Kaap kampioene uit die stryd getree. Mialé Bindemann en Marilu Zeeman dring met hierdie prestasie deur na die ATKV Nasionale Redenaarsfinaal wat op 1 Augustus by Goudini in Rawsonville gehou word. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Hugenote Laerskool by die Nasionale finaal verteenwoordig word.

NUUS • NEWS

Skenkings van sweetpakke, skoene aan Soetendal

Die Soetendal Primêre Skool buite Wellington het die afgelope week baie steun uit die gemeenskap ontvang toe plaaslike instansies sweetpakke en skoene aan hul leerders geskenk het. Kaap Agri het 36 paar skoene aan die leerders van die skool geskenk. Die verteenwoordigers van die onderneming wat die skoene aan die skool oorhandig het, het ook 3,3km te voet afgelê om te beleef wat die leerders elke dag moet trotseer om by die skool te kom. Die SA Voedingsprojek, onder leiding van Ada Joubert, het ook skoolsweetpakke vir die skool se leerders laat maak en dit aan die skool oorhandig. Hulle het boonop bokse vol klere aan die skool geskenk wat die skool onder behoeftige leerders sal versprei. “Ons doel is om skenkings by ondernemings, instansies en ondernemings te kry om dit aan te wend waar daar nood is. Op hierdie manier kon ons die sweetpakke vir die kinders laat maak en die klere insamel wat ons nou aan Soetendal kan

skenk,” het Ada tydens die oorhandiging verduidelik. Volgens een van die onderwyseresse by die skool, Waylita Dampies, is hulle baie dankbaar vir die skenkings en ondersteuning wat hulle uit die gemeenskap ontvang. “Die skoene en sweetpakke is broodnodige items vir die kinders in ons skool. Dit is lekker om te weet dat die gemeenskap ons op hierdie manier ondersteun en ‘n positiewe verskil in ons kinders se lewens maak. "Ada van die SA Voedingsprojek help gereeld ons kinders. Hulle het nou die dag aan ‘n landloopbyeenkoms in Porterville gaan deelneem en sy het vir hulle kospakkies vir die uitstappie daarheen voorsien,” het sy gesê. Volgens Ada wil hulle deur die SA Voedingsprojek poog om nog kinders van sweetpakke te voorsien. “Die sweetpakke is nogal duur en ons sal graag nog skenkings bymekaar wil maak om meer kinders, veral nou in die winter, met sweetpakke toe te rus,” het sy haar wens uitgespreek.


NUUS • NEWS

7

5 Junie 2019

Spesiale besoek aan toeristebestemmings in Wellington Verskeie mediapersoonlikhede, skrywers en verteenwoordigers van die reis-bedryf, sowel as plaaslike en provinsiale regering het Wellington op Vrydag 31 Mei besoek. Hierdie besoek is deur Wellington en Paarl se Toerismekantore georganiseer en die besoekers kon nie uitgepraat raak oor die gasvryheid en talle ongelooflike wyne, kos en produkte wat ons dorp en omgewing bied nie. Nadat die besoekers eers op Donderdag 30 Mei ‘n smakie van alles wat die Paarl bied gekry het, kon hulle Vrydag Wellington se gasvryheid geniet. Na ‘n ontbyt by die Zomerlust Gastehuis, het Villamar hul op ‘n heerlike middagete getrakteer.

Die koffiewinkel, sowel as die olyfolie-, roomys- en koffie-proesessies wat by Villamar aangebied word, het die besoekers in vervoering gehad. Die heerlike fillet en tiramisu wat in die restaurant bedien is,sowel as ‘n spesiale koffie-proesessie, het boonop tot die heerlike ervaring bygedra. Vanaf Villamar is die besoekers na die Alkmaar Wynplaas geneem. Hier kon hulle nie uitgepraat raak oor die wonderlike wyne, mooi omgewing en ongelooflike gasvryheid nie. “Wellington is soos ‘n onontdekte skat. Hier is die wonderlikste plekke en ervarings weggesteek en dit is beslis ‘n volgende besoek werd,” het een van die gaste in verwondering gesê.

Die Drakenstein Munisipaliteit streef daarna om ‘n balans te handhaaf tussen die regte van individue en organisasies om ekonomiese voordeel te trek of om gemeenskapsbetrokkenheid vir produkte, dienste, geleenthede en aktiwiteite te bekom, sowel as om die bewaring van visuele-, toerisme-, omgewings- en erfeniskaraktertrekke te bewaar en verkeersveiligheid te verseker. Die bestuur van sulke aktiwiteite word in die Drakenstein Munisipale Bywet No. 1/2008 vervat en daardeur gereguleer. Die voorsiening van Skedule 9: Koerantopskrif-plakkate, en Skedule 11: Tydelike plakkate, baniere en vlae langs publieke paaie en publieke areas, moet saam die toepaslike afdelings van die Bywet gelees word. Dit sluit die volgende regulasies in: Die vertoon van plakkate die regte en verantwoordelikhede van dié wat sulke plakkate wil opsit; en die regstellende stappe beskikbaar vir die Munisipaliteit indien hierdie riglyne nie gevolg word nie. Koerantopskrif-plakkate Plakkate met koerantopskrifte mag, na goedkeuring van ‘n voorgeskrewe aansoekvorm en die betaling van ‘n jaarlikse fooi en deposito, deur koerantgroepe opgesit word. Die goedkeuring sal skriftelik gekommunikeer word en die vereistes en beperkings wat van toepassing is op so ‘n aansoek, sowel as die totale jaarlikse fooi verskuldig en die deposito wat betaal moet word, uiteensit.

Die deposito sal weekliks oorgedra word en enige kostes wat verband hou met die verwydering van die plakkate wat nie aan die Bywet voldoen nie, sal van die deposito verhaal word. Indien die deposito uitgeput raak, kan die vertoon van plakkate verbied word totdat ‘n verdere deposito aan die Munisipaliteit betaal word. Aansoekers word aangemoedig om die Bywet noukeurig te bestudeer en veral op Skedule 9 ag te slaan om te verseker dat hulle aan die vereistes, wat die volgende insluit, voldoen: die grootte van die plakkate; die proporsies van kommersiële-, versus nie-kommersiële inhoud op die plakkate; die koerantgroep se inligting wat op die plakkate moet verskyn; die wyse waarop plakkate aan munisipale lamppale vasgemaak moet word; waar die plakkate vertoon mag word; teen watter afsnydatum die plakkate verwyder moet word; en die stappe wat die Munisipaliteit in geval van ongehoorsaamheid aan die vereistes mag neem. Nie-hoofopskrif plakkate Daar word voorsiening in die Bywet gemaak vir die vertoning van nie-hoofopskrif plakkate wat derde party advertensies, die advertering van spesifieke funksies of geleenthede vir geloofs-, opvoedkundige-, maatskaplike-, dierebeskermings-, sport-, gemeenskaps- of kulturele doeleindes, of vir ‘n funksie of geleenthed wat met munisipale, provinsiale of Parlementêre verkiesings of

Moets en moenies van plakkate in Drakenstein referendums verband hou, insluit. Aansoeke moet op ‘n voorgeskrewe vorm gedoen word en die aansoeker sal, wanneer dit goedgekeur word, ‘n brief met die voorskrifte en beperkings ontvang. Aansoekers word aangemoedig om die Bywet noukeurig te bestudeer en veral op Skedule 11 ag te slaan om te verseker dat hulle hulle aan die volgende vereistes in hierdie verband voldoen: die grootte van die plakkate; die proporsies van kommersiële versus nie-kommersiële inhoud op die plakkate; die wyse waarop die plakkate aan munisipale lamppale vasgemaak moet word; waar die plakkate vertoon mag word; teen watter afsnydatum die plakkate verwyder moet word; en die stappe wat die Munisipaliteit in geval van ongehoorsaamheid aan die vereistes mag neem. Ongeag die hoeveelheid plakkate waarvoor toestemming verleen word, moet ‘n deposito van R3 500 deur die geleentheidsorganiseerder aan die Munisipaliteit betaal word. Indien die Munisipaliteit enige plakkate wat nie aan die vereistes voldoen nie moet verwyder, sal die kostes hiervan van die deposito verhaal word. Bykomend tot die deposito, sal ‘n spesiale plakker uitgereik word waarop die presiese aantal plakkate wat vir vertoning goedgekeur is, aangedui word. So ‘n plakker moet aan die onderste linkerkantste hoek van elke plakkaat verskyn voordat dit opgesit mag word. Enige plakkate wat sonder so ‘n plakker vertoon word, sal deur die Munisipali-

teit verwyder word en die kostes daarvan van die deposito verhaal word. Geleentheidsplakkate mag 14 dae voor die aanvang van die geleentheid opgesit word en moet binne twee dae na afloop van die geleentheid verwyder word. Die Drakenstein Munisipaliteit se Bywet-toepassers sal ‘n inspeksie hou om te verseker dat alle plakkate op die regte wyse verwyder is voordat die deposito terugbetaal word. Enige plakkate wat nie binne twee dae na afloop van die geleentheid verwyder word nie, sal tot die verbeuring van ‘n terugbetaling van die deposito lei. Plakkate wat sonder toestemming vertoon word, sal as onwettig beskou word, deur die Munisipaliteit verwyder word en elke plakkaat sal ‘n boete van R90 kry. “Die advertering en bemarking van koerante bevorder die verspreiding van nuus, terwyl die advertering en bemarking van geleenthede verskeie sektore van ons gemeenskap inlig. Beide speel ‘n belangrike rol in die groei van ekonomiese ontwikkeling en besigheidsgroei,” het Waarnemende Burgemeester Gert Combrink gesê. “Die Buitelug Advertensie en Naambord Bywet is ontwerp om hierdie doel te bereik, terwyl dit terselfdertyd die vertoning van plakkate in hierdie verband reguleer sodat visuele, toerisme, omgewings- en erfeniskaraktereienskappe, sowel as verkeersveiligheid nie in die slag bly nie. Ons moedig almal wat van plakkate gebruik maak om dit ooreenkomstig die Bywet te doen en die bepalings en gees daarvan te eerbiedig,” het hy afgesluit.


courant 5 Junie 2019

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

5 Junie 2019

Tweestryd: Die Boland Kavaliers het Saterdag op Wellington die span van Zimbabwe die stryd aangesê. Boland het met 43-28 geseëvier. Foto: Roswall de Vries

Die rugbyspan van Hillcrest United het Saterdag kragte gemeet teen Roses United. Foto: Roswall de Vries


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.