courant
dié
Bergrivier 11Swartland Swartland •• Bergrivier Wellington Wellington
• Free •• Free Gratis • Gratis Wes-Kaap se #1 Wes-Kaap se #1
12 Junie 2019 12 September 2018
Bou saam met goeie nuus Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 522 Uitgawe 486
•PLAASLIKE ONDERWYSER MNR SA 2019 •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM
12 Junie 2019 12 September 2018
Heinrich vrou dra kroon Moderne se rol in samelewing
•Jaomi Zeeman ‘n Wellingtonner, ‘n passievolle onderwyser, ‘n kranige sportman, ‘n oud-inwoner van Huis Andrew Murray, ‘n oud-leerder van Hugenote Laer- en Hoërskool, ‘n man met ‘n hart van goud en nou ook iemand wat met die Mnr. Suid-Afrika kroon spog: dít is Heinrich Gabler. •Jaomi HeinrichZeeman is die afgelope naweek as die nuwe Die het, samewerMnr.Drakenstein Suid-Afrika Sakekamer gekroon toe hyindié gesogte king met die CS neuse Cybershield, Sanlamfinaliste en Golden titel voor van 19 ander wegThread Communications, ‘n spesiale inligtinggeraap het. sessie plaaslike sakevroue aangebied Tallevirgelukwense en boodskappe vanwaar oordie voordele en gevarehet van na sosiale media en stelpte ondersteuners sy kroning op die kuberruim 8onder geneem is. Saterdagaand Juniedie virloep Heinrich ingestroom. op Dinsdag Hy Hierdie het in insiggewende die aanloop sessie tot diehetkroningsaand 4gereeld September byoor diedie Boschenmeer Landgoed plasings aktiwiteite waaraan die plaasgevind. finaliste in die laaste week moes deelneem, op Talle media plaaslike besigheidshet sosiale geplaas en uiten diesakevroue kommentare die bygewoon baatdat gevind watgeleentheid daarop gelewer is, wasen ditgroot duidelik hy ‘n by die interessante praatjies. horde aanhangers agter hom verenig het. Anine van volg der opWesthuizen Golden Sy prestasie die lang padvan wat hy reeds Thread Communications, ‘n spesialis op die met hierdie kompetisie gestap het. Heinrich het gebied vanvorige die Mnr. suksesvolle aanwending van5 tydens die SA-kompetisie in die Top sosiale die besigheidswêreld, hethoër die geëindigmedia en hetinbesluit om die lat ‘n bietjie dames oorweer die voordele van die gebruik van die te stel en vir die kompetisie in te skryf. kuberruim in die werkplek ingelig. Hierdie voormalige inwoner van Huis Andrew Volgens Anine kan media Murray en leerder van sosiale Hugenote Laer-platforms en Hoërbaie die sakewêreld tot mater, voorskoolsuksesvol is tans ‘ninonderwyser by sy en alma deel van besighede word. Hugenote Laerskool.benut Tussen sy verpligtinge in platfoms soos die“Sosiale skool en media op die sportveld, het hyfacebook, tyd ingeinstagram en linkedin is ‘n kragtige ruim om aan die uitdagings vir die hulpmiddel deelnemers om jou Mnr. besigheid te adverteer netwerke aan die SA kompetisie deel teen neem. Deelmet ander besighede moontlike te nemers is tydens hierdieenuitdagings opkliënte grond van bewerkstellig. hul vertonings uitgeskakel. "Instagram het uitdagings byvoorbeeld 3,8 miljoen ver“Ons het talle voltooi wat beoorbruikers, 80% moes van verbruikers besighede deel is. Ons byvoordeeldvolg ‘Random acts op hierdie platform envir30% of kindness’, elke dag, 30 van dae verbruikers doen. Ons koop produkte wat ishulle bemarkingsvermoë ookop opinstagram die proef gesien gestel het,” sy te gesê. deur het borge werf. Die publiek se stemme deur Aninevan hetsms’e hierdie as ‘nhet plek middel het platform ook baie ook gehelp,” hy waar hul kreatiwiteit kan uitbeeld, tydensbesighede ‘n vorige onderhoud verduidelik. ‘n Heinrich besigheidsblad kandie skep, hutsmerkeopgekan het voor kroningsaand skep, kanhyplaas subtiele wondetreffende gevoel oorfoto’s hoe ver in dieenkompetisie handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, gevorder het. voorgehou. “Ek is dankbaar vir die platform wat die Mnr. haarvir is Twitter goeie platform SA Volgens kompetisie my biednogen‘n ook baie opgewat deur sakevroue gebruik kan wonde oor die pad vorentoe,” hetword. hy gesê. “Met 7,7 was miljoen gebruikers, 83%dievan die Sy fokus daarop gestel om laaste wêreld se leiers platform uitdagings wat wat aan op diehierdie finaliste gestel in is,aksie met is en 76%aan van verbruikers wat handelsmerke oorgawe te pak. hier“My na vriendelike diens aanbeveel,uitdagings is dit ‘n doelwit is om toekomstige kragtige in van enige het sy voluit eninstrument tot die beste mybesigheid,” vermoë te voltooi gesê. en om soveel as moontlik stemme te werf. Ek is Linkedin professiowilVolgens ‘n goeie Anine rolmodel te wees ‘n enmeer natuurlik mik ek nele, ernstige daarna om dieplatform. titel te verower,” het hy kort voor hetgesê. 6,1 miljoen verbruikers en 94% die“Linkedin kompetisie vanTydens werwersdie is op hierdie platform omwat kandikroningsgeleentheid, op date te vind. Saterdag 8 Junie in Kaapstad plaasgevind het, "Ditdie is finaliste die effektiefste media platmoes hul staalsosisale op die verhoog wys form en was leidrade,” het sy nadatvir ditwebwerf-verkeer hul laaste uitdaging om soveel as moontlik kaartjies vir hierdie spoggeleentheid te
Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van Sanlam. gemaak het, gegee. gesê. tydens sy verkoop. Die publiek kon ook hul gunsteling Hy het was ook sy die grootste voor- endryfvere nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CSvir Cybershield het steuning, deelname. deur middel van ‘n sms-stelsel vir kliënte en besighede bespreek. Anine se praatjie opgevolg metstem. ‘n inligtingsessie Wi-Fi se sms-stemme het uiteindelik “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oorDie die publiek kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. “Ek isen so data dankbaar vir almalnie. se ondersteuning 30% van diehom telling waarvolgens aange- inligting nie beskerm Kuberkrakers Volgens hou die gebruikMnr. van SA telefone, en motiveringsboodskappe. My doel is omop ‘n wysinternet, word, bepaal. publiek se ondersteuning e-posse en baksake onderskep, virusse die sosialeDie media, e-posse, rekenaars, kan positiewe verskil in die daaglikse leween van ander was dus van deurslaggewende aflaai en toegang tot jou data stelsels selfone, tablette, sowel as diebelang. feit dat mense toestel te maak.hetDie se ondersteuning gee my gelukkig om ongelooflike ondersteu- verkry,” hypubliek verduidelik. nie “Ek net was in kantore nie, maar ook in koffiewinkels en dryfkrag my “phising” beste te gee ningrestaurante van talle mense te kry en talle daarvoor is ek moed Jan-Hendrik hetom ookelke die dag terme en en besigheid doen voordele, in die proses,” het hy kort voor vir diedie kompetisie baie dankbaar. Ek hoopin.hulle hou daarmee vol!” “spoofing” verduidelik en wenke voorkomaar ook talle gevare gesê. daarvan gegee. hetHy Heinrich voor gesê. het ook na die diefinaal gevare van kuberdiefstal ming Die hoop hetverwys. beslis nie beskaam nie, want Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers Noudat Heinrich die titel van Mnr. Suid-Afrika Heinrich het, buiten hy die beoordelaars belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soosdat onderklere. kanwetlike hy hierdie platform gebruik om dít wat met"Jysymoenie passievolle geaardheid, goeie werkseaspekte rondom sosiale media toelaat dat ander mense dit sien dra,Die in sy hart en brand, naamlik om hierdie ‘n verskil in ander tiek jy enmoet innemende geaardheid oorrompel het, platforms wenke rondom kwessie is nie, dit gereeld verander en jy moet mense se lewens te maak, ‘n bydrae tot kinders ooknooit genoeg van die deel publiek agte bekyk. dit metstemme vreemdelinge nie,” hethom hy ook se lewens te sessie maak bygewoon en mense het, te motiverenig om as die wenner van die kompetisie in nood Die dames wat die het geskerts. veer,baie ten insiggewend volle uitleef. gevind Met die aangewys te word. enondersteuning kon rondom Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit van al sy aanhangers die hele Wellington Heinrich en het ook voorwenke die kompetisie eetgoed hulenervaring en idees wat ten verduidelik oor hoegesê om dat uit dit te heerlike baie trots op gebruik hom, salvan hy sosiale definitief in sydeel. doel sy passie is om op ‘n jou positiewe invloed op ander opsigte vanisdie media vind of iemand kubersekuriteit inbreuk mense te hê. Dít, sowel as die publiek se onder- slaag.
NUUS • • NEWS NEWS NUUS
2
12 Junie 2019
NUUS • NEWS
Stapper vir renosters vertoef in Wellington
Bo: Francois en Mara Scholtz van die Wellington Country House wat hom gehuisves het.
Regs: Só lyk die voete van ‘n man wat besigis om 3000km vir renosterbewaring te stap. ‘n Man wat al duisende kilometers te voet afgelê het om geld vir renosterbewaring in te samel, het onlangs tydens sy staptog in Wellington aangedoen. Die 29-jarige Francois Myburgh, wat namens die Walk for Rhinos organisasie geld vir die bewaring van renosters bymekaarmaak, het op Maandagaand 3 Junie by die Wellington Country House oorgebly, vanwaar hy weer verder op sy staptog noordwaarts vertrek het. Mara Scholtz, die eienaar van Wellington Country House, het Francois as borg van blyplek voorsien. Die direkteure van Walk for Rhinos organiseer Francois se verblyf langs sy staproete en toe hul Mara hieroor nader, het sy dadelik ingestem. “Dit is ‘n wonderlike inisiatief en dit is ‘n voorreg om so iets te ondersteun. Ek het nie twee keer gedink om my deure vir hierdie verdienstelike saak oop te gooi nie,” sê sy. Dit is nie die eerste keer dat Francois, wat eintlik voltyds in Roodepoort as ‘n administratiewe klerk in die gesondheidsbedryf werk, die langpad ten bate van renosterbewaring aandurf nie. Volgens hom is dit al die vyfde keer dat hy vir hierdie doel stap. “Ek het al altesaam 5 000km te voet vir renosterbewaring afgelê. Hierdie keer gaan ek probeer om 3 000km met een staptog te voltooi. Ek is vasbeslote om R11 miljoen, belasting uitgesluit, voor 31 Desember vir renosterbewaring in te samel,” vertel hy. Francois se staptog het op 1 Junie in die V&A Waterfront afgeskop. Hy probeer om sowat 30km per dag af te lê. Sy staptog sal in Limpopo eindig. “Die staptog is geskeduleer om op 12 September te eindig, maar ek gaan probeer om teen 31 Augustus klaar te maak,” sê hy moedig. Alhoewel die roete van sy staptog vooraf beplan word, is die detail daarvan altyd onvoorspelbaar. “Ek hoor partykeer eers ‘n dag of twee vooraf waar ek die volgende nag sal slaap. Ek stap alleen met geen hulp of amptelike sorg langs die pad nie en beplan nie die detail nie. Ek weet net dat ek op ‘n spesifieke dag van punt A na punt B gaan stap. Dit is eintlik vir my die lekker deel van die hele ding - om nie te weet nie,” vertel hy. Volgens hom neem dit hom sowat 6 ure om elke dag 30km af te lê. Dit gee hom genoeg tyd
om darem te rus ook. Alhoewel hy nie hulp of begeleiding langs die pad het nie, plaas hy gedurig sy vordering op ‘n lewendige whatsapp-groep en vra mense gereeld na sy welstand en vordering. Vanaf Wellington sou hy via Bainskloof na Worcester stap. Geen weersomstandighede stuit hom terwyl hy stap nie. “Ek gee regtig nie om vir reën en wind nie. Dit is net wanneer dit baie warm is dat dit my partykeer vang,” sê hy. Francois dra alles wat hy nodig het vir die volle staptog saam met hom. “Ek reis maar lig. Ek het my klere, water, kos, fone en power banks by my terwyl ek stap. ‘n Mens het eintlik minder dinge nodig as wat jy dink,” sê hy. Hy het in 2013 bewus geword van die toenemende renosterstroping wat oral in ons land plaasvind. Dit het hom laat besluit om die Walk for Rhinos organisasie op die been te bring en gereeld vir hierdie doel lang afstande te voet af te lê. Hy poog om soveel as moontlik borge vir elke staptog te kry en het al miljoene rande op hierdie wyse vir renosterbewaring ingesamel. “Dit is nogal interessant dat 95% van die borge uit die Kaap kom. Daar is ook talle oorsese mense wat my borg,” sê hy. Volgens hom het hy nog nooit vir sy veiligheid langs die pad gevrees nie. Hy oefen ook glad nie vir hierdie lang staptogte nie. “Ek is nie juis iemand wat van oefening hou nie,” lag hy. “Die eerste paar dae van ‘n staptog is my lyf maar seer, maar dan raak ek gewoond daaraan. Ek dink ek stap myself fiks terwyl ek daarmee besig is,” sê hy. Hy het wel spesiale stapskoene vir sy tog aangeskaf. “Hierdie skoene sal vir die hele pad hou,” sê hy hoopvol. Wanneer ‘n mens hom vra wat hom motiveer en dryf om so ‘n uitmergelende avontuur aan te pak, is sy antwoord eenvoudig. “Ek is lief vir diere. Ek kan eenvoudig nie die lyding van diere aanskou nie. Diere is sonder afguns of ‘n ego en ek sal enigiets doen om hulle te help,” sê hy. Belangstellendes kan Francois op sy facebookblad, Walk For Rhinos 197-024 NPO, op twitter by Rhinos_walk of op Instagram by #walkforrhinos volg en ondersteun.
NUUS • NEWS
12 Junie 2019
“Smit Motors”-boek bekendgestel Reney Warrington se nuwe boek, Smit Motors, is op Donderdag 6 Junie by die Breytenbach Boekklub bekendgestel. Talle boekliefhebbers en belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Bertus Osbloed van Niekerk, ‘n voormalige dominee, tans ‘n wynmaker en ‘n ou vriend van Reney, het met haar oor haar boek gesels. Gaste kon ook tydens die bekendstelling aan Bertus se wyne teug. Volgens Bertus is hy en Reney al vir baie jare lank vriende. Hy het 12 jaar gelede, as ‘n dominee op Carltonville, vir Reney en haar vriendin in die eg verbind. Kort daarna het hy sy amp neergelê en na die Wes-Kaap getrek. Bertus het tydens die gesprek erken dat hy homself in die boek “raakgelees” het en Reney gevra of sy baie karakters en ervarings uit haar eie ervaringswêreld in die boek gestalte laat kry het en of dit moeilik is om soveel van jouself in ‘n boek bloot te lê. “Daar is ‘n hele paar karakters in die boek wat jy sal ken, Bertus,” het Reney gelag. “Dit is nie moeilik om dit wat jy skryf op dié dinge wat jy ken te baseer nie. Herman Lategan het opgemerk dat die boek baie van my onderbewussyn weggee, en ek dink hy het ‘n punt beet,” het sy gesê. Volgens Reney het die boek met ‘n beeld in haar kop begin. Die storie het gegroei en dit het bykans 5 jaar se skuur en skaaf gekos voordat die boek uiteindelik die lig gesien het. “Ek dink ek was baie arrogant aan die begin met wat ek my hoofkarakter wou laat doen en wees. Ek het die boek omtrent 10 keer oorgeskryf en met die laaste keer is die arrogansie gelukkig by die deur uit. Toe het dit begin stabiliseer en werk. Die karakters is gebaseer op mense wat ek ken en al die gebeure in die boek is dinge wat ek al ervaar het of baie nou kontak mee gehad het,” het sy verduidelik. Bertus het ook na die uitgewer wat die boek
uitgegee het, Wenkbrou, verwys. Wenkbrou is ‘n nuwe been van Lapa waar hulle boeke wat nie in ‘n bepaalde ander genre val nie, publiseer. Hy het Reney gevra of sy dink dat “Wenkbrou” ‘n aanduiding is dat haar boek miskien ‘n paar “wenbroue sal laat lig”. “Alhoewel die uitgewers bloot boeke wil publiseer wat nie noodwendig in ‘n bestaande genre pas nie, is die keuse van die naam ‘Wenkbrou’ miskien ‘n aanduiding van wat mense se reaksie daarop sal wees,” was Reney se mening. Bertus het, nadat hy ‘n voorlesing uit die boek gedoen het, erken dat die boek sý wenkbrou laat lig het. “Die manier waarop jy die karakter teken en haar huiwering, of haar onwilligheid of onttrekking het my getref. Dit het my laat dink en wonder en dít het my die wenkbrou laat lig,” het hy gesê. Bertus het na sy ervaring tydens sy studiejare met die dissektering of eksegese van tekste verwys. Vir hom is daar ‘n parallel tussen Smit Motors en die Lukas-evangelie. “’n Mens leer om vir gelaagdheid, lasplekke en spesifieke, unieke motiewe te soek. Die unieke motief binne die Lukas-evangelie, en jy gaan dit nêrens anders kry nie, gaan oor uitgestotenes en randfigure. Vir my, met my maatskaplike hart, gaan Smit Motors presies hieroor - oor die randfigure en die uitgestotenes,” was sy mening. Reney het Bertus se aanname verrassend gevind en beaam dat hy in die kol is. Sy het ook die agtergrond van die storie en die karakters geskets om hierdie motief te illustreer. “Die gestremde karakter in die boek is uit die aard van die saak een van die randfigure. Ek het ‘n gestremde boetie gehad en kén die uitdagings van ‘n gesin met so ‘n kind, sowel as die uitdagings van ‘n gestremde persoon. Dit gaan ook oor verlies. Ons sien soms die gehawende
Damestee ten bate van Sunfield gehou
Cara Smit, wat haar ma, Dalene Leipoldt met die reëlings vir die oggend bygestaan het, saam ‘n paar dames wat heerlik saamgekuier het. Sunfield Home het op Saterdag 8 Junie hul jaarlikse Oggendtee aangebied. Hierdie geleentheid het in die saal van die Wellington-Noord Gemeente plaasgevind. Die koel winterweer kon die dorp se dames nie keer om in groot getalle vir ‘n oggend van heerlike saamkuier, vermaak en eetgoed op te daag nie. Die Wellingtonner Dalene Leipoldt is die meesterbrein wat jare gelede die inisiatief vir die tee ten bate van Sunfield laat posvat het. Sy het ‘n seun wat ‘n inwoner van Sunfield is en bied elke jaar, met die hulp van gasvroue uit die gemeenskap, hierdie groot geleentheid aan. Na baie jare wat sy aan die hoof van hierdie geleentheid gestaan het, het sy nou besluit om die leisels aan die jonger garde oor te gee. Vanjaar se Tee was geen uitsondering as dit by keurige versierings, liplekker gebak en ‘n jolige atmosfeer gekom het nie. Soos wat elke jaar die geval is, het elke gasvrou uitgehaal en gewys om van hierdie fondsinsamelingsprojek ‘n groot sukses en ‘n onvergeetlike ervaring te maak. Ronel van Wyk, wat as seremoniemeester opgetree het, het die dames in die regte stemming gekry. Sy het na Sunfield se onlangse optrede by die Suidoosterfees verwys en die tema van hul opvoering by hierdie fees, “Ek het
‘n droom”, as wegspringpunt vir die inspirasie wat elkeen uit die oggend kon put, gebruik. Drie van Sunfield se inwoners het ook hulle drome met die gehoor gedeel. Een van hulle wou nog altyd sing, die ander een wil dans en die derde een wou nog altyd in ‘n kombuis werk. Al drie se drome het al gedeeltelik waar geword. “Ek bak nou koekies, beskuit en muffins. Julle is welkom om dit by Sunfield te kom bestel,” het die een inwoner gespog. Ronel het ook almal wat by die organisasie van die geleentheid betrokke was, bedank, waarna Cara Smit vir almal wat skenkings vir die tientalle gelukkige trekkings gemaak het, dankie gesê het. “In 2017 het ons net oor die R25 000 met hierdie geleentheid vir Sunfield ingesamel en in 2018 het ons, ten spyte van moeilike finansiële omstandighede, daarop verbeter. Dit is alles te danke aan ondernemings en individue wat hul harte vir hierdie goeie doel oopmaak. Wat op hierdie manier in Sunfield gesaai word, laat ‘n mens met ‘n bril van dankbaarheid kyk,” het Cara gesê. Elke tafel het wenners vir die gelukkige trekkings van pryse opgelewer - iets wat deur talle skenkings van besighede en individue in die dorp moontlik gemaak is en tot groot opwinding
3
Bertus Osbloed van Niekerk in gesprek met Reney Warrington oor haar nuwe boek, Smit Motors. sypaadjies, ons sien die verwaarloosde kind, en die resensies oor jou boek getuig ook van die maar ons doen nie altyd iets daaraan nie,” het liefde van mense, juis omdat jy die dapperheid gehad het om oor goed te praat wat waarskynlik sy verduidelik. “Wellington is lief vir jou vanaand. Die in ons almal se huise lê,” het Bertus afgesluit. Die gaste kon ook vrae uit die gehoor stel en opkoms hier is baie beter as in Kaapstad. Hierdie dorp is ‘n wonderlike, kultuurryke plek met almal het agterna heerlik rondom Bertus se wyn diversiteit en denkers en die liefde van mense. gekuier terwyl Reney eksemplare van haar boek Die liefde van mense is ook ‘n motief in jou boek geteken het. onder die gaste gelei het. Die Tygerberg Mannekoor het as gaskunstenaars tydens die geleentheid opgetree. Een van hul lede het ook ‘n kind in Sunfield en hulle het al voorheen by dié geleentheid opgetree. Die koor, wat onder leiding van Liz Carstens staan en deur Wilna Kotzé begelei word, het vir
groot vermaak gesorg en die gaste gaande gehad met hul pragtige vertolking van bekende en spesiale liedere. Na afloop van die formaliteite kon die dames heerlik saamkuier, aan die lekker eetgoed smul en gesels en op dié manier ‘n waardevolle bydrae tot elke inwoner van Sunfield se lewe lewer.
4
12 Junie 2019
NUUS • NEWS
Mooi moontlikhede Rondleiding, gedenking by Breytenbach Galery
Ek het ‘n hekel aan stroperige motiveringskwinkslae wat die werklikheid in ‘n laag spookasem wil verdoesel. Die hersenskimme en feëverhale wat met soetsappige vlakhede gekamoefleer en saam met die pot goud aan die einde van die reënboog, die gelukkige einde en ‘n utopia aan hoopvolle, naïewe massas verkwansel word, grens amper aan bedrog. Die feit dat soveel mense boonop hierdie onrealistiese foefies hoopvol en sonder voorbehoud vir soetkoek opeet en aanhang, is ‘n bietjie hartseer. Jy kan ‘n kilogram versiersuiker om ‘n baksteen smeer - iewers gaan jy ‘n tand breek as jy dit probeer eet. Gunsteling-gesegdes soos “almal is wenners” en “as jy dit kan droom, kan jy dit doen” skep net onbehoorlike verwagtinge. Jy kan tog nie ‘n kleurkonsultant vir Gucci word as jy kleurblind is , Idols wen as jy jou oupa se toondoofheid geërf het of ‘n loopplankmodel word as jy met jou familie se donderdye geseën is nie. Donkies kan nie die July wen nie, al droom hulle ook hóé. Miskien is die mense wat wel sukses behaal, dié wat bloot werk met wat hulle het, wat soms moeilike oplossings vir uitdagings moet vind en ‘n groot hoeveelheid sweet en deursettingsvermoë op pad na hul doel moet inploeg. Daar is sekerlik mooi moontlikhede in almal, maar die ontginning daarvan is nie altyd in versiersuiker gehul of met ‘n mooi strik versier nie. In Wellington weet mense hoe om mooi moontlikhede raak te sien, kanse te benut en potensiaal te ontgin - al verg dit soms bloedsweet en trane. Pierre-Jeanne Gerber het die betekenis van die ou kloktoring buite Wellington se erfenis, sowel as die moontlikheid rondom die restourasie daarvan, raakgesien. Al was dit nie ‘n maklike taak nie, is die kloktoring nou weer herstel en kan dit weer as ‘n baken van ons vallei se moontlikhede dien. Met die Drakenstein Munisipaliteit se nuwe begroting wil hulle die moontlikhede van ons gemeenskappe help ontlsuit. Waar daar tekorte, armoede en ‘n gebrek aan dienste is, wil die nuwe begroting hierdie behoeftes aanspreek sodat meer mense se potensiaal ontgin kan word en nuwe moontlikhede vir hulpeloses en hopeloses geskep kan word. Hugenote Laer- en Hoërskool se redenaars, skaakspelers, sowel as sportmanne en -vroue het deur middel van harde werk en deursettingsvermoë geleenthede aangegryp en met hul prestasies nuwe moontlikhede ontgin. Met plaaslike instansies en besighede se skenking van skoene, klere en sweetpakke aan die leerders van Soetendal Primêr, ontsluit hulle ‘n nuwe wêreld van moontlikhede vir hierdie kinders en maak hulle ‘n positiewe bydrae tot hul lewens. Die Partners for Possibility inisiatief wat skoolhoofde en besigheidsmense in ‘n vennootskap met mekaar verbind, skep baie moontlikhede vir alle partye. Nie net het die Groenberg Primêre skool onlangs nuwe rekenaars deur hierdie projek bekom nie, maar die jaarlange verbintenis wat tussen die skool en die skenker geskep word, lei tot beter begrip, samewerking en groei vir almal wat hierby betrokke is. Gifford Pinchot het geskryf dat die moontlikhede van ons toekoms ‘n werklikheid kan word wanneer ons verantwoordelikheid daarvoor neem. Mag elkeen hierdie week die mooi moontlikhede in ander, in ons dorp en in hulself raaksien - en verantwoordelikheid daarvoor neem.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, saam met Gerhard Swart van Ceramic Matters tydens die rondleiding. Die uitstalling wat tans by die Breytenbach Galery te sien is, Sensuur: verbied, verban, is deur die kunstenaars Frans Mulder en die duo, Gerhard Swart en Anthony Harris, van Ceramic Matters. Frans Mulder is die afgelope week onverwags oorlede. Op Saterdag 8 Junie het daar ‘n rondleiding en bespreking van die kunswerke in die galery plaasgevind. Die lewe en werk van Mulder is ook tydens hierdie geleentheid gevier en gedenk. Talle kunsliefhebbers en belangstellendes het die rondleiding en bespreking bygewoon. Die hartseer nuus van Frans Mulder se skielike afsterwe het die afgelope week skokgolwe deur die kunsgemeenskap gestuur. Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, het die hartseer nuus op facebook gedeel. “Kom steek ‘n kers aan vir Frans Mulder, wie se lewe ons gaan gedenk,” het sy as uitnodiging na die geleentheid geskryf. Tydens die opening van die geleentheid het Anne-Ghrett almal welkom geheet. “Ek wil net sê dat hierdie nie ‘n memorial is nie. "Ons vier iemand se lewe en kuns. Ons dink sommer ook aan Cloete Breytenbach, Willem Strydom en een van die ander kunstenaars by hierdie uitstalling, Anthony Harris, se ma wat ook hierdie week oorlede is,” het sy gesê. Gerhard Swart van Ceramic Matters het hul kunswerke vir die uitstalling in perspektief gestel deur die agtergrond van sensuur, veral ten opsigte van homoseksuele mense, tydens die Apartheidsjare te skets. Volgens hom het die beperkende invloed hiervan ‘n groot rol op talle
kunstenaars se lewens en kuns gehad. Hy het veral die geheime taal en kommunikasie-tekens wat as gevolg hiervan ontwikkel het, belig. Gerhard het ook na die werksproses en betekenis van sy en Anthony se kunswerke by die uitstalling verwys. Volgens hom bedink hulle eers talle aspekte van die tema voordat hulle met die kunswerke begin. Hulle het ook beide ‘n notaboek waarin hul aantekeninge maak en idees vir hul kunswerke, sowel as konsepte rondom ‘n spesifieke tema en die uitbeelding daarvan neerpen. “Dit is belangrik dat mense verstaan dat ons onsself allemins as slagoffers van sensuur sien. Alhoewel dit ons lewens onherroeplik verander het, ‘n groot invloed op ons gehad het en sekere dinge ‘n blywende indruk op ons gemaak het, sou ons niks wou verander nie. Dit het ons gebring waar ons nou is,” het hy gesê. Anne-Ghrett het na Frans Mulder se grootste kunswerke, onder andere sy Wilde Honde reeks verwys en ook die werk waarmee hy tydens sy dood besig was, bespreek. “Hy wou ses dekades van sy lewe deur middel van beelde en houtskoolwerke uitbeeld. Oor twee of drie jaar sou hierdie projek dié tydperk in sy lewe vergestalt het. Met sy kunswerke wat in die Sensuur uitstalling te sien is, het hy sy styl verder gevat en begin speel met verskillende angles en metodes. Dit is so jammer dat hy weggevat is voordat hy dit kon voltooi,” het sy gesê. Die gaste kon vrae aan Gerhard ten opsigte van die kunswerke vra, waarna almal gesellig tussen die kuns en op die galery se stoep saamgekuier het.
NUUS • NEWS
12 Junie 2019
Stokkies Draai blaas nuwe lewe in ou baken
Bo: ‘n Heerlike kuier en braaiarea is buite ingerig. Regs bo: Die pragtige nuwe stoep wat by die agterste kamers gebou is. Regs: Die nuwe funksielokaal wat in die solder ingerig is. Die voormalige Huis Lizelle, wat nou Stokkies Draai heet, spog al ‘n geruime tyd met ‘n splinternuwe baadjie. Die opknappingswerk en verbeterings wat aan hierdie nasionaal gedenkwaardige gebou aangebring is, is te danke aan die nuwe eienaars, André Coetsee en Roulé Eloff, se visie en werksvernuf. Dié twee dinamiese mense het nie net die veiligheid en lewensomstandighede van die inwoners verbeter nie, maar ook talle nuwe moontlikhede op die perseel ontgin. Toe ‘n brand in die vroeë oggendure van Dinsdag 4 Julie 2017 in Huis Lizelle uitbreek, het 16 kamers in hierdie wooneenheid brandskade opgedoen. Een inwoner het ook in die brand gesterf. Inwoners was erg getraumatiseerd en geskok oor die lewensverlies. Nadat die brand geblus is, het die realiteit van die verlies van hulle laaste aardse besittings boonop ook uit die as voor hul opgedoem. Die Courant het destyds oor die brand en die gemeenskap se hulp in hierdie verband berig. In die week na die brand het die gemeenskap en plaaslike besighede ingespring om al hierdie slagoffers te help. Talle skenkings is gemaak, kos is aangedra en hulpmiddels beskikbaar gemaak om die verliese wat gedurende die brand gely is, te verlig. “Die brand het erge skade aan die hele ry agterste kamers aangerig en ook in die gang af skade gemaak. "Terwyl die brand geblus is, het alles in hierdie areas sopnat geword en is met roet en as deurdrenk,” het Janet Myburgh, destydse bestuurder van die ACVV Dienssentrum net oorkant die straat tydens ‘n onderhoud gesê. Die inwoners wat in die gedeelte gewoon het wat nie deur die brand beskadig is nie, kon na die brand na hul blyplek terugkeer. Die woonomstandighede was, veral na die brand, egter nie baie wenslik nie. André en Roulé het die gebou in Oktober 2017 gekoop. “Die eiendom was in ‘n baie swak toestand. Groot dele het brandskade opgedoen en die instandhoudingswerk was ook nie op datum nie. "Die water vir bad of stort was boonop dikwels koud, die inwoners het elkeen net een kragpunt in hul kamers gehad en moes al hul wasgoed met die hand was,” onthou hulle. André en Roulé wou graag ‘n verskil aan die mense se lewensomstandighede maak en ook die gebou tot haar vorige glorie herstel. Hulle het besluit om die uitdaging van hierdie groot restourasieprojek aan te pak. “Ons hoofdoel was om goeie, bekostigbare verblyf vir ouer, selfversorgende mense te voorsien,” vertel André. Met ‘n span bestaande uit twaalf permanente, ervare en hardwerkende elektrisiëns, loodgieters, verwers en nutsmanne het hulle hierdie groot projek aangepak.
Boumateriaal en -benodigdhede is van plaaslike bouverskaffers verkry en talle plaaslike subkontrakteurs het ook hulp met die projek verleen. Agt maande en honderde duisende rande later is die projek voltooi en die ou Huis Lizelle is tot die nuwe Stokkies Draai herdoop. Tydens die restourasieproses is ekstra gemeenskaplike fasiliteite soos ‘n waskamer en ‘n sitkamer vir die inwoners se gerief ingerig. Die kombuis is ook verbeter en met ‘n goeie stoof, yskaste en mikrogolfoonde toegerus. Vier groot watertenks is geïnstalleer om die nuwe tuin te besproei, die ou bome op die perseel is gesnoei en die veiligheid is opgeskerp. Elke kamer is met ‘n rookalarm toegerus, die brandblussers is gediens en vermeerder en brandslange is oral op strategiese plekke geïnstalleer. Die hele gebou se elektriese bedrading is vernuwe en elke inwoner het nou ten minste drie kragpunte tot hul beskikking. Daar is boonop ‘n nuwe televisiestelsel geïnstalleer, die warmwatersilinders is gediens en, waar nodig, vervang en ‘n paar baddens is met storte vervang. ‘n Heerlike braaiplek is ingerig en ‘n pragtige lang stoep is langs die agterste kamers gebou. “Die inwoners kan nou weer met trots sê dat hulle by Stokkies Draai woon,” sê André en Roulé tevrede. Die nuwe naam van die gebou is ook betekenisvol. Nie alleen sinspeel dit op die Afrikaanse gesegde “om stokkies te draai”, wat sy oorsprong in Wellington het nie, maar die verwysing na die wingerd is ook tekenend van die nuwe groei en moontlikhede wat by dié plek ontgin word en sigbaar is. Buiten die verbeterings en opgraderings wat André en Roulé die laaste tyd op die perseel bewerkstellig het, het hulle boonop ook nou die ou solder van ‘n deel van die gebou in ‘n pragtige funksielokaal omskep. Die solder, wat vol bourommel en ou implemente gestaan het, het ‘n splinternuwe vloer gekry. Die houtwerk en mure is gerestoureer, maar die ou patina en karakter daarvan het behoue gebly. Die lokaal, wat ongeveer 44 mense kan akkommodeer, het boonop ook ‘n woonstel met twee slaapkamers en ‘n ten volle toegeruste kombuis tot sy beskikking. “Ons is baie opgewonde oor die moontlikhede van hierdie nuwe funksielokaal. Ons hoop dat dit ‘n heerlike toevoeging tot die geleenthede wat ons aan die gemeenskap kan bied, sal wees,” sê Roulé en André. Met al die restourasiewerk, verbeterings, opknappings- en herstelwerk wat die afgelope tyd by hierdie gebou aangebring is, sowel as die nuwe funksielokaal wat nou ook tot die beskikking van die gemeenskap is, is daar sowaar nuwe lewe in hierdie stukkie erfenis op ons dorp geblaas.
5
courant 12 Junie 2019
dié
6
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
12 Junie 2019
Rugbytoernooi geopen
Die volgende spelers is opgeneem in Boland-spanne: Damian Herholdt (O/18C), Darren Adams en Matthew de Jager (O/18B), Daniël van Eeden en Francois Retief (O/14-streekspan) en Otha Tasana (O/16C). Afwesig: Lino Farmer (O/16C en Gino Storm (O/14 Streekspan).
Maretha Brink Mija Zeeman, Jana Retief en Kendall le Cordeur dring deur die die landswye finaal van die ATKV Redenaars-kompetisie. Vanjaar is vind dit van 1-2 Augustus by ATKV Goudini plaas. Hul afrigter is me. Annalize Swart.
Die volgende hokkiespelers van Hugenote Hoërskool is op geneem in die onderskeie Boland-spanne: Zoë Hendriks (O/18 IPT B), Zoë Keyser (O/16 IPT A), Lyn Carr (O/18 UPT B) en Adele Vermaak (O/16 IPT B). Afwesig: Blaine Cavernelis (O/16 IPT B)
Die Wes-Kaap Korrektiewe Dienste se jaarlikse rugbytoernooi vir gevangenes het op Maandag 10 Junie op Bolandstadion afgeskop. Honderde gevangenes uit verskeie bestuursareas sal gedurende die week aan die toernooi deelneem. Verskeie mans- en vrouespanne sê mekaar die stryd aan tydens die toernooi. Hierdie toernooi is in 2015 deur die Voorberg Gevangenis begin en het die eerste keer in Julie 2015 by Pella Park in Porterville plaasgevind. Na die sukses van die eerste toernooi het Boland Rugby, wat ‘n waardevolle rolspeler in die Voorberg Bestuursarea is, besluit om hul aandeel en bydrae tot die toernooi te vergroot en ‘n permanente vennoot daarvan te word. Sedertdien is hulle die gashere vir die toernooi en talle ander rolspelers het al, nadat die rehabilitasie wat deur middel van sport bewerkstellig kan word duidelik geword het, hul voorbeeld gevolg. Met hierdie toernooi word sport as ‘n tuig gebruik waarmee daar gepoog word om positiewe verandering in die gevangenes se lewens te bewerkstellig. Spanne van Korrektiewe fassiliteite soos Allandale, Brandvlei, Breede Rivier, Goodwood, Pollsmoor, Overberg, Suid-Kaap, Voorberg en die Weskus sal tydens die toernooi op die rugbyveld kragte meet. Hierdie kragmeting sal beteken dat meer as 300 gevangenes van regoor die Wes-Kaap onder die waaksame oog van die Departement van Korrektiewe Dienste se Noodondersteuningspan, sowel as ander wetstoepassingsagentskappe in die Wes-Kaapse omgewing na Wellington ver-
voer word. Uiteindelik sal die top vier spanne met die hoogste punte na die semi-finale vorder. Die laaste twee spanne sal dit dan vir die eerste en tweede posisie uitbaklei. Die wenspan sal die voorreg hê om Vrydag die glansryke Wes-Kaapse Gevangenes Rugby Toernooi se trofee omhoog te hou. ‘n Span, bestaande uit gevangenes uit die verskillende Korrektiewe fassiliteite wat aan die toernooi deelgeneem het, sal as verteenwoordigers na afloop van die week gekies word. Hierdie span sal ‘n openingswedstryd tydens ‘n Boland o/20 wedstryd speel. Daar het groot opgewondenheid geheers toe die spanne op Maandag 10 Junie vir die luisterryke openingseremonie aangetree het. Elke span is voorgestel en talle hooggeplaastes en eregaste het die geleentheid bygewoon. Daar is ook hulde gebring aan die vorige jare se wenspanne wat hul trofees vir die doel van hierdie jaar se toernooi seremonieel moes teruggee. Uit die aard van die saak is sekuriteit by so ‘n toernooi baie streng en al die nodige voorsorgmaatreëls word noukeurig getref. Volgens die organiseerders kan enige veroordeelde in aanmerking kom om vir ‘n span uit te draf, maar hulle gaan eers deur ‘n uiters streng keuringsproses om hulle geskiktheid vir so ‘n aktiwiteit en die blootstelling te bepaal. Dit is dus net die streng gekeurde gevangenes wat uiteindelik toegelaat word om in die spanne te speel en aan die toernooi deel te neem. Die toernooi duur van 10 tot 14 Junie.