die courant 21 Maart 2012

Page 17

21 Maart 2012

courant nuus

17

SA Junior Toutrek lok baie besoekers na Malmesbury Die Suid-Afrikaanse junior toutrek-kampioenskap het die naweek groot getalle mense na Malmesbury gelok, waar ongeveer 40 skole en minstens 200 spanne teen mekaar gekompeteer het. Behalwe vir die deelnemers, het ongeveer 3 0000 mense die twee dae bygewoon. Die finale wenners was die 560 kg-seuns van Oakdale Landbouskool buite Riversdal en die 480-dogterspan van die Paarl-klub, wat in die volgende kompetisie in Switserland sal gaan deelneem. “Die belangstelling van die Laerskool Swartland-leerders dui op ‘n toename in belangstelling in toutrek, wat tot voordeel van dié sport sal dien. Dit is ‘n direkte uitvloeisel van die SA-byeenkoms wat op eie bodem aangebied is,” het Zuna Koen, organiseerder van die byeenkoms en leerkrag van Hoërskool Swartland, gister gesê. Die Hoërskool Swartland was die gasheer vir die geleentheid en Koen het gister aangedui dat die sukses daarvan aan die uitstekende samewerking van die

hele Swartland te danke is. “Die pluimpie moet aan die ouers, die sakemanne, die Swartland Munisipaliteit onder leiding van Joggie Scholtz, baie van die nie-winsgewende organisasies en aan baie indiwidue gaan - en hier praat ek van die wyer Swartlandstreek, nie net Malmesbury nie,” het sy gister gesê. Die minister van ---, Ivan Meyer asook die persoon wat die sportfederasies in Suid-Afrika beheer, Glen Williams, was van die besoekers. “Die gedrag van die Swartlandse leerders asook die besoekende leerders, was volgens gastehuis-eienaars baie goed. Skoolhoofde bel ook steeds om die organiseerders lof toe te swaai vir die groot werk (sedert Augustus verlede jaar) om dié byeenkoms te reël. Die Volkswagen Kewer wat tydens die byeenkoms uitgeloot is, is gewen deur ‘n toeskouer uit die Noorde. Hy het gesê hy koop net ‘n enkelkaartjie Malmesbury toe, dat hy met die Kewer wil terugry - en dis toe presies wat gebeur het!

By die opening van die SA Juniortoutrekkmpioenskap verlede week op Malmesbury was Springbok Anton Botha, Dirk Marais (skoolhoof van die gasheerskool, Hoërskool Swartland), dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister Sport en kultuursake), Zuna Koen (hooforganiseerder) en Paul van der Merwe (President van SAJTU).

165.indd 17

2012/03/20 10:04:45 PM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.