Page 1

courant

gratis

Uitgawe 165

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

21 Maar t 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Nuwe oesjaar begin vloei Darling Cellars

Hoof uitvoerende beampte van Darling Kelder, Riaan de Waal, en produksiebestuurder, Marius Botha, was by toe die eerste 2012 oesjaar Maandag gebottel is.

Swartland bottel eerste 2012 Sauvignon Blanc vir buiteland By die Swartland Wynkelder buite Malmesbury is die eerste 2012 Sau-

165.indd 1

Die eerste wyne van die 2012-oesjaar is vandeesweek in die Swartland gebottel. By Darling Kelder is die splinternuwe Bertolaso Olimpia-vulmasjien ook in gebruik geneem. Die masjien het ‘n kapasiteit van 7000 bottels per uur en volgens hoof uitvoerende beampte, Riaan de Waal, is die masjien teen ‘n paar miljoen rand juis aangekoop vir sy “no-oxygen cycle” om te verseker dat die wyn sy goeie gehalte behou tot by die verbruiker. Hoofwynmaker Abé Beukes het gesê hy is baie tevrede met die sauvignon blanc wat gebottel is, gegewe die laer opbrengste vanjaar. “Daar is goeie balans tussen alkohol en suur.” Die wyn is gemaak deur Welma Visser.

vignon Blanc ook vandeesweek gebottel vir die buiteland. Volgens produksiebestuurder Andries Blake is die aanvraag vir nuwe wyne groot en word daar beoog om binnekort ook vir die plaaslike mark van die 2012-oesjaar te bottel. “Ons sal dan waarskynlik beide Chenin (Blanc) en Sauvignon (Blanc) bottel. Saam met Blake (links) is Stiaan Swatton wat in die botteleringsafdeling werk.

2012/03/20 09:57:52 PM


courant

die

2

courant menings/nuus

21 Maart 2012

Biblioteekweek: As deel van Biblioteekweek het 120 kinders van pre-primêre klasse gister die Malmesbury biblioteek besoek om na ‘n poppekasvertoning te gaan kyk.

Baie geluk en Baie Dankie Dit gebeur só dikwels dat mense weghardloop met ‘n storie as dit nie eers ‘n storie is nie. Net so dikwels word persepsies gevestig op grond van ‘n storie wat soos die telefoontjie-speletjie verskriklik verdraai aan die ander kant uitkom. Die uwe wil in die lig hiervan nie hase opjaag of verkeerde afleidings maak nie, maar dit voel so asof die groot “K” ál meer en ál nader aan ons kom kop uitsteek. Asof Kanker elke dag ‘n groter realiteit word. Daarom is dit baie verblydend as aksies om hierdie siekte hok te slaan of slagoffers te ondersteun, met oorgawe ondersteun word. Só kan ons baie geluk sê aan Kansa met hul grootse poging om die afgelope naweek ‘n groot bedrag van oor die R164 000 in te samel met die Ralay for Life op Malmesbury. Baie ure se baie harde werk, oop hande uit die gemeenskap en “survivors” van 4 tot 95 jaar wat saamgespan het om die baie liggies van hoop helder te laat skyn. Namens die gemeenskap - en daar is bitter min wat nog nie persoonlik baie naby deur dié siekte geraak is nie - ‘n groot dank aan diegene wat soveel opgeoffer het om ‘n verskil te maak. Relay for Life was weer presies dit - ‘n Tasbare aksie van hoop. ‘n Aflos vir die Lewe - Nou én Hierna! Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur: Dr. Andrew Bosman

En waarom het jul ons uit Egipte laat optrek? Paulus skryf aan die Korintiërs dat hierdie dinge wat die volk Istrael oorgekom het, vir ons op wie die einde van die eeue gekom het as ‘n voorbeeld en ‘n waarskuwing moet dien. As ons lees in Numeri waar die volk Israel met Moses en Aaron stry: Waarom hulle uit Egipteland weg is - daar was water en kos. Hulle moes liewer gesterf het, hulle moes liewer teruggegaan het. Hulle en hulle vee sal nou in die woestyn van dors moet sterf. Die Here het ‘n plan, veral as die volk dit nie kan raaksien, sien die Here dit. Die volk is ongelukkig met die Here maar haal hulle frustrasie op Moses en Aaron uit, dan slaan Moses teen die rots en water vloei daaruit, so het hulle en hulle vee kon drink. Jesus sê self dié wat in Hom glo, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Jesus bied die Lewende water waarvan Hy in Johannes vier praat. Is ons verhouding met die Here ook gebaseer op omstandighede?

165.indd 2

Hoe jou rande Kansa help Lisna Hugo, van KANSA sê oor die fondse van die Relay die volgende: Kanker raak meer as net die mense wat gediagnoseer is. Dit het ‘n impak op almal rondom hulle. Dit is waarom die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) daarna streef om mense te help met die stryd teen die siekte deur navorsing, opvoeding, voorspraak en diens. KANSA Relay For Life Malmesbury help om dit moontlik te maak. ‘N GEMEENSKAP VAN ONDERSTEUNING - om kanker te hê is swaar - om hulp te soek is nie. Dit is hoekom KANSA gratis programme en dienste aan gemeenskappe regoor die land bied, om te verseker dat kankerpasiënte en geliefdes nie kanker alleen in die gesig hoef te staar nie. Danksy ruim ondersteuning, bied KANSA aan kankerpasiënte en hul families verskeidenheid van hulp met die stryd teen kanker, insluitend die volgende: • mosionele onderste ning aan n t gedi agnoseerde kankerpasiënte en -oorlewendes (Survivors)

• n is vir diegene wat ver van die is is vir behandeling • ors rostese ank en r ik estellings • l middels gratis eskik aar os itaal ed dens/rolstoele/eierdop matrasse/kommodes/bedpanne) • Re l klinieke vir vroeë opsporings • o inligtings praatjies en uitstallings • ew smaking van kanker simptome aan publiek. Die afgelope jaar het KANSA Malmesbury (Weskus-kantoor) oor die 500 geregistreerde kankerpasiënte bedien en ook 2500 vroeë opsporingstoetse gedoen met 45 000 mense is ingelig rondom die waarskuwingstekens van kanker en hoe jy dit kan voorkom. Vier nuwe ondersteuningsgroepe is gestig en ‘n nuwe Kanker-sorgsentrum is in Vredendal geopen. U ondersteuning bring ons nader aan die verwesenliking van hierdie uitdagende doelwitte en maak ‘n verskil in die stryd teen kanker. 1 dag, 1 nag, 1 gemeenskap, 1 geveg, 1 hoop deur KANSA Malmesbury Relay For Life.

WENNERS: Baie geluk aan ons 5 gelukkige lesers wat elkeen ‘n kopie van die splinternuwe coun-

try-cd van Dee-Dee, Ly aan die Liefde, wen. Hulle is S Rheeder van Malmesbury, Martha Smit van Porterville, Pieter de Wet van Moorreesburg, D le Roux van Piketberg en Joey August van Malmesbury. U kan ons kantoor (022 487 3221) kontak tydens kantoorure om u CD af te haal. Baie geluk.

Sarah Theron: Die twee lesers wat elkeen ‘n dubbelkaartjie gewen het na vanaand se vertoning

van Sarah Theron in die De Bron Kleinteater, is Yvette Rust van Moorreesburg en Johan Beukes van Malmesbury. Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar vir die vertoning van Theron, wat verlede weke ‘n Ghoema-toekenning ontvang het vir die beste country-album met haar CD, Storm in ‘n D-cup.

2012/03/20 09:58:15 PM


courant nuus

21 Maart 2012

3

Aksie vir Bemagtiging vandag op Malmesbury gehou “Terwyl ekonomiese ontwikkeling en werkskepping kwessies is waaroor almal baie ernstig is, moet elkeen moeite doen om geleenthede soos vandag by te woon en te ondersteun,” só sê Chris Hunsinger, organiseerder van die bemagtigingsinisiatief van die Swartland Munisipaliteit wat

vanoggend in die Malmesbury Stadsaal plaasvind. Bekendes soos minister Alan Winde en René Whiteman sal ook as sprekers optree. Ter ondersteuning aan diegene wat van ver kom, stel die Swartland Munisi-

paliteit vervoer beskikbaar van die volgende plekke (wat om 8:30 sal vertrek): Riverlands & Chatsworth vanaf Riverlands Laerskool & Chatsworth Kerk Darling vanaf Darling Fokus; Moorreesburg vanaf Rosenhof Gemeenskapsaal; Riebeek-Kasteel & -Wes vanaf die

POP-sentrums; Kalbaskraal & Abbotsdale vanaf Die Kraaltjie & gemeenskapsaal Koringberg & Ruststasie vanaf die Primêre skool. Al die busse vertrek om 8:30. Almal is baie welkom om te kom luister na dié dag met die tema: ‘Werkskepping.’

Program vir vandag se bemagtigingsinisiatief 09h00 Registrasie begin 10h00 Opening en verwelkoming 40min-Spreker: Dir. John Peters: “Red Tape to Red Carpet” Vrae [tot 11h00] 40min-Spreker: PB. Rene Whiteman: “Jobs Fund” Vrae [tot 11h40] By die Swartland drankforumvergadering verlede week was agter Inus Viljoen (verteenwoordiger, vervaardigers en verspreiders), Morris Uberstein (voorsitter), Henfre Brand (ondervoorsitter), Sumyne du Preez (hotel/gastehuise) en Marius de Kock (drankwinkels). Voor staan a.o. Trompie Koegelenberg (drankoffisier, Malmesbury), Johan Kieser(sekretaris), a.o. Theresa Basson (skakelbeampte Malmesbury), John Smith (binneverbruik), Debbie Swart (kruidenierswinkels), Alwyn Zaayman (Swartland Munisipaliteit) en Janno Viljoen (restaurante).

Drankforum sit voor nuwe wetgewing van 1 April By die Swartland Drankforumvergadering wat verlede week op Malmesbury gehou is, het die voorsitter, Morris Uberstein, die volgende aspekte van die nuwe wet van die Wes-Kaapse Drankraad beklemtoon: Dié wet tree op 1 April in werking, en die wetgewing het die mag na die plaaslike munisipale rade afgewentel om die omstandighede, bepalings en tye, en reëlings vir sonerings self te bepaal. Hoewel dié wet baie strenger sal wees in terme van boetes en sonering en ure, is die voordeel daarvan dat die Swartlandse Drankforum en die plaaslike owerheid saam kan beding vir maatreëls wat die Swartland pas. Só sal die ure vir Kaapstad baie anders lyk as dié van die Swartland.

165.indd 3

12h20 Afsluiting en opsomming: Rdl. Hunsinger [tot 12h30] 12h30 tot16h00 Publiek: Informele gesprek & Interaksie met Uitstallers

“Sonerings gaan van nou af baie belangrik wees,” het die sekretaris van die forum, Johan Kieser ná die vergadering beklemtoon. As iemand aansoek doen om die perseel te laat hersoneer, sal die wyksraadslid ‘n baie belangrike rol daarin speel om die bepalings en moontlike beperkings te evalueer voordat ‘n finale besluit geneem kan word. “Maar onthou, die wetgewing tree eers April in werking, en die ordonnansies en praktiese uitvoerbare reëlings soos byvoorbeeld ure oop, sal eers later vasgemaak kan word,” het Kieser gesê. Daar was 71 lede teenwoordig by die vergadering, met 17 verskonings. Die volgende vergadering is op Donderdag 17 Mei om 14:00 by Allesverloren buite Riebeek-Wes.

Só sê ons dankie! Albie Coetzee en Des Moller, eienaars van Malmesbury Superspar die afgelope 4 jaar het besluit om ‘n BESPARINGSPROJEK weekliks (Maandag tot Donderdag) van stapel te stuur om die KLANT te help veral in die huidige moeilike ekonomiese klimaat en pryse wat styg. Elke dag van Maandag tot Donderdag word daar iets spesiaal vir die klant (oud en jonk) aangebied. (Die Spesiale aanbiedinge van die Spar-groep is uitgesluit.) Malmesbury Superspar deel baie met die Gemeenskap en is by 25 instansies/organisasies plaaslik betrokke die afgelope 4 jaar en daarom het hul verder gegaan om meer betrokke te raak by die KLANT en HUISGESIN. Volgens die eienaars is besigheid tans, soos almal weet, nie meer maklik soos ‘n paar jaar gelede nie, maar “ons wil tog d.m.v. hierdie GEBAAR dankie sê aan al ons getroue ondersteuners die afgelope 4 jaar. “U ken ons en ons wil u nie teleurstel nie en net die beste bly bied, ongeag die ekonomie of aanslae. Ekonomiese ontwikkeling en groei is tans kommer-

40min-Spreker: Min. Alan Winde: “LED, My Vision” Vrae [tot 12h20]

wekkend, veral teen die uitgawes wat uit verhouding styg en waaroor ons nie werklik beheer het nie. “Ons moet dus deurlopend planne maak, aanpas en aktiveer om sodoende te verseker standaarde en kwaliteit word gehandhaaf en bly in pas.” Albie en Des bly egter positief, trots en gefokus op hul besigheid met sy eiesoortige identiteit en hanteer elke situasie/geleentheid soos dit hom voordoen. “Ons is steeds baie dankbaar en bevoorreg om deel te wees van die Malmesbury Gemeenskap waarvan die klant ons belangrikste BATE is. “En vir almal wat wonder se kennisname, die winkel is definitief nie verkoop of amptelik in die mark nie, alhoewel verskeie aanbiedinge ontvang is, waarvan verskeie baie vreemd en komies is,” aldus die eienaars. Nogmaals baie dankie Malmesbury vir die ondersteuning en vertroue in Malmesbury Superspar die afgelope 4 jaar!

Ons slaghuis wen PLATINUM

Met vandag se ekonomie verwag klante meer en meer gehalte vir hul aankope. Hulle wil top-gehalte vleis koop in ‘n higiëniese omgewing met vriendelike personeel en goeie diens. Die Cleaver-toekennings het in 2005 begin en vra die publiek vir nominasies elke jaar vir die beste slaghuis. Die verbruiker word meer kun-

dig oor wat om te verwag en gee krediet aan dié wat die kriteria nakom. Vir 2012 moes daar van 22 000 nominasies ‘n kortlys gemaak word van 75 finaliste.

Die kontrolelys met 212 punte was gebruik om die 75 finaliste onafhanklik (sonder kennisgewing) te evalueer op die volgende: “Instore” higiëniese evaluering; Verskaffers volgens voorgeskrewe wetgewing; Goeie klantediens, advies ens en Goeie reeks (snitte). Elke provinsie se slaghuise word beoordeel in drie kategorieë: Slaghuise met 4 of meer kasregisters; 3 of minder kasregisters en Supermark slaghuise of “Foodmarket butcheries” Malmesbury Superspar is die Wes-Kaap se Wenner en gaan die Platinumtoekenning op 18 April in Johannesburg ontvang by die Suid Afrikaanse Rooivleisvereniging. Die slaghuisafdeling bevestig met die toekenning die aanbiedinge van uitstekende reeks en produkte wat beskikbaar is by Malmesbury Superspar. Die kwaliteit is deurgaans van baie hoë gehalte insluitend SPESIALE AANBIEDINGE! waartydens SLEGS die PRYS VERSKIL! Malmesbury Superspar bedank weereens alle klante vir u getroue ondersteuning en wees altyd verseker van die BESTE DIENS! En ‘n slaghuisafdeling op wie jy kan staatmaak en altyd kan vertrou!

2012/03/20 09:58:56 PM


4

Malmesbury Sakekamer kies nuwe bestuur

Die nuwe bestuur van die Malmesbury Sakekamer is pas tydens die jaarvergadering verkies. Daar is nog geen portefeuljes toegeken nie en die voorsitter sal tydens die volgende vergadering aangewys word. Die bestuur is: Erik Louw (Basson Louw), Patrys Bester (Bester & Vennote), Tertius Viviers (Built It), Johan Coetzee (Battery Centre), Yolande Vorster (Yolande Vorster Films), Rudolf Knoetzen (Swartland Multimedia), Jan van Wyk (JB’s Nissan), Martin van der Merwe(MSM Kitchens), CJ Loubser (Cardelli’s), Attie Visagie (Raiel), Thys Cronje (RSA Agri Makelaars) en Lizl Coetzee (Blomgogga).

Waak teen slenters

‘n Inwoner van Malmesbury het die courant daarop gewys dat jongmense wat au pair-werk in die buiteland wil gaan doen, baie versigtig moet wees om nie deur slenters gevang te word nie. Nadat dié gesin reeds foto’s van die kinders wat sy moet oppas, gekry het, asook kontrakte met bevredigende salarisvoordele, het ‘n vriendin haar gevra om beter te kyk na die kinders se foto’s. Nadat hulle dit ondersoek het, het hulle duidelike waarskuwingstekens begin sien dat hierdie ‘n slenter was. Op die webwerf www.scamwarners. com, het hulle baie duidelike waarskuwings gesien dat dié mense vermy moet word. “En op die foto’s lyk dié mense so ordentlik, nes ek en jy!” het dié vrou, wie se identiteit aan die courant bekend is, gesê.

165.indd 4

courant nuus

21 Maart 2012

Ons Kan steeds aktief op Moorreesburg

Die bemagtigingsprojek ‘Ons Kan’ lei reeds vir sewe jaar studente op om hulle gereed te maak vir die arbeidsmark. ‘Ons Kan’ het ontwikkel toe ‘n maatskaplike werker die behoefte aan opleiding op Moorreesburg raakgesien het. Dit behels ‘n basiese huisbestuurkursus en word aan voltydse studente aangebied oor ‘n tydperk van sewe weke. Die klasse vind plaas in ‘n huis van Huis van Heerde en sluit die volgende dienste in: Lewensvaardighede/persoonlike gesondheid en welstand/ skoonmaakvaardighede/was- en strykvaardighede/kombuisvaardighede en enterpreneurskap en

persoonlike geldbestuursvaardighede. ‘Ons Kan’ die foto spog twee kursusgangers van 2011 met hul sluit die kur- Op tuisgebakte produkte. sus af met ‘n formele sertifiagt tot 12 lede. kaat en help ook hul studente met “Ons kombuis is pragtig ingerig, raad en hulp vir verdere werk- of ons studente doen ‘n baie prakstudiegeleenthede. tiese kursus en ons enterpreneursVolgens die kursusleier, Jean- vaardighede is baie opwindend,” nette Kotzé, is ‘Ons Kan’ nou in hul vertel Jeannette. Die houers vol sewende jaar en bied vier kursusse yskamagnete, oorgetrekte boekies, per jaar aan. versierde penne en versierde blikke Elke kursus kos R50 per kan- getuig van die studente se ywerigdidaat, strek oor sewe weke en is heid. beskikbaar vir mense van MoorVir navrae, skakel Jeannette reesburg sowel as die omliggende Kotzé by 022-433 4777. dorpe. Elke groep akkommodeer

2012/03/20 09:59:22 PM


21 Maart 2012

courant nuus

5 Promosie

Hyundai Elantra 1.8 GLS oes louere as SA Motor van die Jaar Hyundai se Elantra Elantra 1.8 GLS is verlede week by ‘n spoggeleentheid in Johannesburg as Motor van die Jaar aangewys deur die land se motorjoernaliste. Die Elantra ding mee teen motors soos die Toyota Corolla, VW Jetta, Honda Civic en sy niggie, die Kia Cerato. Die Elantra se vloeiende lyne met die hoë skouers en kort voor- en agteroorhange laat die motor vars en sportief vertoon. Die nuwe Elantra is heelwat groter en

breër as sy voorganger. Hy is eintlik net ‘n raps korter as die Sonata. Van die 420-literbagasieruim tot die 842mm-beenruimte vir die agterste passasiers, troef die Elantra die meeste van sy klasmaats. Daar is oorgenoeg sitplek vir vyf volwassenes in die motor en dan kan al vyf nog ‘n groot reistas ook saamneem. Kopen skouerruimte is verbasend vir ‘n motor met so lae daklyn. Die Elantra is in sy geheel ‘n nuwe ontwerp, dit geld vir die binneruim ook.

Hyundai Malmesbury het verlede sy splinternuwe 2012 SA Motor van die Jaar aan nuwe eienaar Daniël Liebenberg van Yzerfontein oorhandig. Bo ontvang hy sy sleutels van Cobus Edas van Malmesbury Hyundai.

SA Motor van die Jaar 2012

165.indd 5

Met vloeiende, swiepende lyne en gehalte plastiekinsetsels herinner die binneruim jou aan dié van die Sonata. Daar is gemaklike armleunings en bêreplekkies vir al die los goedjies wat altyd in die motor kan rondlê. Die klankstelsel is ook puik en verder is die binneruim toegerus met alles wat ‘n mens in die klas verwag. Elektriese kantruite, outomatiese klimaatbeheer met aparte kontroles vir die bestuurder en die voorste passasier, die hoofligte gons en gaan ook self af wanneer die motor afgeskakel word. Die Elantra se binneruim is ‘n baie aangename plek, veral omdat die pad en windgeraas ook heel effektief gedemp word.

2012/03/20 09:59:18 PM


6

courant fokus

21 Maart 2012

Malmesbury VLV speel gasheer

Erina Myburgh (voorsitter van Malmesbury VLV), Carien van Zyl (spreker), Uys van der Westhuizen (Landbouvereniging), Jean Rosenstein (Sirkel-tesourier), Annalize Loubser (Sirkel-sekretaris), Marinda Rall (Sirkel-president), Elna von Schlicht (Hoofspreker), Francina Marais (Vise-president) en Swartland burgemeester, Tijmen van Essen. Die Malmesbury Vroue Landbouvere- meester) en Uys van der Westhuijzen niging het verlede week in die Stad- (voorsitter van die Malmesbury Landsaal op Malmesbury gasheer ge- bouvereniging), het die konferenspeel vir die 60ste konferensie van siegangers ook geluister na inligting die Paarl-sirkel, waaronder Malmes- oor diamante en na ‘n praatjie deur dr. bury val. Benewens plaaslike sprekers Elna von Schlicht van die Hugenote soos Tijmen van Essen (Swartland burge- Kollege op Wellington.

Dié vyf leerlinge van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs die moordende Argus-fietstoer kafgetrap. Van links is Surene Cotter, Deoné van Dyk, Corne Hanekom, Eaden May en Raymond Jennings.

Emma Louw (spiesgooi) en Kyle Geldenhuys (1200m) van Laerskool Swartland op Malmesbury neem hierdie naweek deel aan die SA-atletiekbyeenkoms in Durban.

Marina van der Merwe (middel) is die gelukkige wenner van ‘n nuwe ysmaker wat geborg is deur Malmesbury Superspar en QualiJuice. Hier oorhandig Justin van Reenen van QualiJuice en Magda Booyens van Malmesbury Superspar die prys.

165.indd 6

2012/03/20 10:00:43 PM


7 courant arive alive Padveiligheid vir ouer persone Waak teen mak raak agter stuur 21 Maart 2012

Maak staat op eerlike vriende, familie Dis die veiligste om vroegtydig vir jou vriende en familie te vra om eerlik met hulle te wees wanneer hulle waarneem dat jou bestuursvermoë afneem en ‘n risiko op die pad word. Bejaarde persone wat steeds van eie vervoer gebruik maak, kan gerus die volgende raad volg: • o die aaie wat goed ken • oenie na donker est r nie • o die motor se vensters toe en die deure gesluit. • e lan roete voor it en verm e sige kruisings. • ees iters versigtig wanneer ar keer en van verkeersbaan verwissel. • anneer o n vreemde lek is, is dit raadsaam om eers rondom die motor te loop en te vergewis van enige moontlike obstruksies. • o ril sorgv ldig skoon, asook al die vensters van die motor. • aak seker dat kontaknommers o jou selfoon het van familielede, vir ingeval van nood. • aat motor gereeld versien sodat dit in ‘n goeie padwaardige toestand

bly. Moenie probeer bespaar op remme, bande en skokbrekers nie. Laat die ligte ook nagaan. • oenie elangstelling toon in straat verkopers se produkte nie. • Plaas alle akkies, andsakke en kos baarhede in die motor se kattebak. • o sel oon ite sig en moenie opsigtelike juwele dra nie. • ees edag o wat om aangaan k k ook dikwels in die truspieëltjie. • oenie groot edrae geld in kontant o nie o selfoon en sleutels buite sig. • o n a skrikmiddel der hand soos ‘n sambreel, kierie of pepersproei. • Ge r ik alt d n veilig heidsgordel en dring daarop aan dat al die passasiers dieselfde doen. • R diesel de s oed as ander motoriste op dieselfde pad sodat u nie die vloei van die verkeer belemmer nie.

• anneer o die ad is, vergeet van bekommernisse by die werk of tuis en konsentreer op die pad – begin betyds, of wees eerder laat en kom veilig aan. • e lan o reis voora en, indien nodig, ry vroeër om angstigheid en stres te verminder. Luister na verkeersverslae oor die radio voordat jy ‘n rit aanpak, sodat die rit beter beplan kan word. • Kweek n ositiewe o ding aan • oenie ander est rders se o dings

probeer verander nie: jy kan nie! Jy kan net iets aan jou eie doen. • ees o ik en ro eer kalm l as uitgelok word. • est r met o karde re gesl it en moenie die veiligheid van jou voertuig verlaat as jy probleme opmerk nie. • Tel van tot as kwaad egin word (dit is stok-ou raad en dit werk!) • oenie reageer de r o toeter te laas, ligte te ikker o ge are te maak nie,

Dis weer vakansietyd en dan gaan talle mense die lang paaie van Suid-Afrika aandurf. Mense is geneig om ‘n valse sin van veiligheid te ervaar in hulle motors, veral wanneer ’n langafstand reis afgelê word. Soms raak bestuurders te mak agter die stuur van hul motors, veral as’n gewilde liedjie in die motor speel en dit sekere

emosievlakke prikkel. Behalwe vir vakansietye, is almal daagliks baie afhanklik van vervoermiddels vir die alledaagse lewenswyse en bestaan, terwyl niemand die risiko’s en gevare daaraan verbonde kan ontsnap nie. Motor-ongelukke is ‘n onaangename realiteit en sal altyd met ons wees. Dit beteken juis dat veiligheid ‘n prioriteit moet wees wanneer ons agter die stuur van ons motors is. Volgens die Padverkeerskorporasie het fatale motor-ongelukke gedurende 2009 gestyg met ongeveer 52 (0,48%) van 10,805 gedurende 2008 tot 10,857 in 2009 en dit neem steeds toe. Volgens die Nasionale Verkeersinligting Stelsel (eNaTIS), was daar aan die einde van September 2011 ‘n totaal van 9 073 613 geregistreerde selfaangedrewe voertuie op Suid-Afrika se paaie, en hierdie getal word daagliks meer.

Maak só om padwoede te vermy

165.indd 7

dit sal net die situasie vererger. • s n slago er van aggressie is, teken die motor se registrasienommer aan en meld die voorval so gou moontlik by die polisie aan. • est r alt d o ik laat genoeg r imte wanneer jy by verkeer aansluit, gebruik altyd jou rigtingwysers, hou ‘n afstand van drie sekondes tussen jou voertuig en die een voor jou en moenie jou toeter en handtekens onnodig gebruik nie.

2012/03/20 10:00:30 PM


courant courant wat gebeur

8

21 Maart 2012

Sudoku 165 Sudoku 164 antwoord

die courant Maart

Biblioteekweek 19 - 24 Maart is Biblioteekweek en alle boeke kan boetevry terugbesorg word by die biblioteek naaste aan jou. Skakel jou biblioteek vir inligting oor die programme wat vandeesweek oral aangebied word om van biblioteekweek ‘n feesweek te maak. Ekonomiese bemagtiging 21 Maart (Menseregtedag)-Ekonomiese bemagtigingsdag in die Malmesbury Stadsaal waar almal wat ‘n besigheid wil begin, toegerus word en inligting bekom oor beskikbare fondse. Besighede kan ook uitstallings aanbied om hul werk bekend te stel. Die WesKaapse minister van Finansies, Ekonomiese ontwikkeling en Toerisme, Alan Winde, is een van sprekers. Skakel Michelle Morris by 022-482 79400 vir navrae en besprekings.

Ghoema-wenner Sarah Theron op Malmesbury

kalender Sarah Theron @ De Bron Kleinteater 21 Maart - Sarah Theron tree op in die De Bron klein-teater op Malmesbury. Kaartjies by 022 487 2000 @ R100 per persoon. Kaskarre @ HDU 22 Maart - Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg hou ‘n fondsinsameling met kaskarre om 17:30 by die Gene Louw Sportgronde. Stalletjies met eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees en kaskarre sal voorsien word. Spanne bestaan uit ‘n minimum van nege lede. Kostes beloop R40 per lid en gelde is voor of op 14 Maart betaalbaar. Kontak die skool by 022 433 2253 met navrae. ACVV Speelkasteel Pretloop en Braai 22 Maart 2012- Deelname aan die stap, wat om 18:30 begin by die ACVV Crèche Speelkasteel Lowry Colestraat, is gratis. Braaiete is beskikbaar @ R50 ‘n ete, nagereg @ R10 per porsie en boereworsrolle @ R10 Etes MOET vooraf bestel word. Etes kan vanaf 19:00 die aand afgehaal word. Vir navrae en bestellings, kontak Suzanne van der Merwe by 022 482 3742.

165.indd 8

Bootsale/Markdag 31 Maart - Moorreesburg/Koringberg-toerisme hou ‘n Bootsale/Markdag by die museum, elke laaste Saterdag van die maand. Uitstallers en besoekers, tuisgebak en handgemaakte items is welkom by dié derde agtereenvolgende Bootsale/Markdag. Ons nooi u uit om te kom koop en verkoop. Skakel 022 433 1072 / 082 574 035vir navrae. Musical 1 April - ‘Jesus the musical - die kruisiging van Jesus’ word aangebied deur die Church of Ablaze Ministries. Skakel Adriaan Januarie by 073 025 7170 vir navrae.

ACVV-Dienssentrum 22 Maart -Die ACVV-Dienssentrum op Malmesbury hou hul jaarlikse pretloop en braai. Kaartjies vir braai-etes is beskikbaar by Natalia Steyn (022 48 22245). Polisiëringsforumvergadering 22 Maart - Die polisiëringsforumvergadering op Riebeek-Wes word om 19:00 in die stadsaal gehou. Alle organisasies is welkom om ‘n verteenwoordiger te stuur en ‘n verskil teen misdaad te maak. Die kontakpersoon is Anna Wilschut (072 023 0832). Jeugkamp/-uitreik 23 tot 25 Maart - Die Neria Mission Ministries onder leiding van Pastoor van Harte reël ‘n jeugkamp/-uitreik by die Vooruitsig Primêre Skool op Darling teen R30 pp, alles ingesluit. Skakel mev. van Harte (082 3061748) om te bespreek.

Die gewilde sangeres Sarah Theron tree op vanaand (21 Maart) in die De Bron Kleinteater op Malmesbury op. Kaartjies @ R100 is beskikbaar by 022 487 2000. Theron se album Storm in a D-Cup is Sondagaand by die eerste Ghoema-toekennings aangewys as die beste country-album.

skool. 800 kinders van skole van so ver as Namibië, Rustenburg en Bethlehem neem deel. Netbal en rugby uit die boonste rakke. Vir navrae, skakel die skool by 022-448 1228.

AGS Corpus Christi 25 Maart - AGS Corpus Christi op Malmesbury bied om 09:30 ‘n diens aan met die titel ‘Die Brandende Hart’. Die prediker is past. Piet Smit. Die aanddiens is 18:30 deur Wayne Schuller. Navrae: 073 447 2902. Sporttoernooi 25 tot 28 Maart - Laerskool Riebeek-Kasteel se jaarlikse sporttoernooi vind weer plaas vanaf die 25-28 Maart by die gronde van dié

AGS Corpus Christi Goeie Vrydagoggend 6 April 2012 om 09:30 Danie Botha, gospelsanger AGS Corpus Christi, Malmesbury Navrae: 073 447 2902 Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury 14 April - Lions Potjiekoskompetisie op Malmesbury Die Lions bied hul jaarlikse potjiekoskompetisie by die skougronde aan met vermaak, saamkuier en ‘n lewendige orkes. Inskrywings @ R200 per pot; fondse gaan vir liefdadigheid. Skakel Andy Johnston met navrae ( 083 256 8178)

2012/03/20 10:01:23 PM


courant kos en nuus

21 Maart 2012

9

Cherry Lane in Hugenotestraat op Malmesbury het hierdie week se heerlike somernagereg voorberei. Besoek hulle vir heerlike tuisgebak, ‘n unieke ervaring met koffie en vele meer.

Cherry Lane Paasontbyt Bedien 3 - 4 persone

Bestanddele 6 eiers, geposjeer 3 paasbolletjies 3 velle gerookte salm

Hollandaise-sous:

Breek die eier in ‘n klein espresso koppie of houertjie en laat sak stadig in die borrelende water totdat eier heeltemal uitgeloop het, maak eier bymekaar met ‘n lepel en kook tot gaar.

4 - 5 eiergele 250g botter gesmelt 10ml witwyn-asyn Met ‘n handklitser, meng alles saam tot dubbel in vo- Sny die paasbolletjie in die helfte en rooster. Sny ham lume en glad en romerig. of salm in die helfte deur en plaas op oop paasbolletjie. Hoe om ‘n eier te posjeer: Kook water en 5ml witwyn- Sit een geposjeerde eier op asyn in ‘n potjie, genoeg om elke helfte. Gooi warm hollandaise-sous oor. ‘n eier te laat dryf.

Metode

165.indd 9

Totsiens: Die Laerskool Swartland het gister afskeid geneem van Stephan Bosman, wat vir 37 jaar ‘n musiek-onderwyser by dié skool was. Op die foto is Noeline Bezuidenhout, Stephan Bosman, Franzette Henn, Cobie Weideman en skoolhoof Hennie Weideman.

Die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg se atlete wat aan die Boland-byeenkoms deelgeneem het, is agter: Christiaan Hanekom en FG du Toit. Voor is Berenique Diedericks en Darren Arendse.

2012/03/20 10:00:23 PM


10

courant nuus

21 Maart 2012

Ek leer steeds, aldus boer met beste opbrengs/mm reën ‘Ek het met canola begin in 1995, toe ek en Michiel Smuts (senior) van Grasrug begin soek het na alternatiewe gewasse. Ek moes baie navraag doen, rondbel en lees. Elsenburg het ook vir my raad gegee.’ “Die eerste jaar het ek 16 hektaar canola geplant en die volgende jaar 13 ha. “Ek leer elke jaar nog van canola – die truuk is om aan te pas by die jaar.” Aan die woord is Dirk Lesch van die plaas Elim, buite Malmesbury. Dirk het vir verlede jaar se oes ‘n eerbewys ontvang in die Swartlandse canolakompetisie vir die beste opbrengs per mm reën (9,84 kg/mm).* Hy het verlede jaar by dieselfde kompetisie die tweede hoogste opbrengs per

hektaar gelewer nadat hy in 2010 die kompetisie gewen het. “Maar moenie dink ek weet alles nie – ek bel ook nog om raad te vra!” Dirk beskou canola eerder as ‘n alternatiewe gewas as ‘n wisselbou gewas omdat canola nie die grond verbeter soos ‘n peulplant (medics, klawers en lupiene) nie. “Uit die oogpunt van bio-beroking kan dit ook as ‘n wisselbou-gewas beskou word,” sê hy. Sy wen-opbrengs was uit bastersaad, waarvan hy 3kg per hektaar geplant het, op 27 ha. By die hek van Elim hang Dirk Lesch se kenteken: ‘n perdeploegie, maar omgekeer. “Ek het dié ploegie in 1996 verkeerd-om by my plaashek opgehang. Die rede hiervoor

is dat ek in 1989 ‘n bewaringsbewerkingsproef saam met Pierre Matthee, op daardie stadium van Landbou Ingeneurswese, Stellenbosch gedoen het – daarna het ek vir my my eie planter gebou wat ‘direct drilling’ doen. Dit maak die grond nét op die ry los waar ek saad plant, dan vernietig dit nie die grond tussen die rye nie en die erosie is

baie minder. Sedertdien raak my grond net beter! Die omgekeerde ploeg sê dus wat is my oortuiging oor grondbewaring.”

Dirk Lesch van die plaas Elim naby Malmesbury

• ierdie is n s lin ternuwe afdeling van die kompetisie en Dirk is die eerste wenner hiervan in die Swartland. Dié prys is ingestel nadat die Rûensveldse canola-boere aangedui het dat hulle reënval drasties verskil van die Swartlandse reënsyfers en dus nie ‘n ewekansige uitslag kan lewer nie. Die opbrengs per mm reën is dus ‘n beter, ewekansige maatstaf.)

165.indd 10

2012/03/20 10:01:21 PM


21 Maart 2012

courant nuus

11

Net een kans elke jaar, sê Swartland se Top-Canolaboer

Vroeg plant, ligging, helling en vogbewaring van die belangrikste faktore “In die landbou het jy één kans per seisoen – as jy vanjaar uit jou fout uit leer, kan jy eers volgende jaar die fout regmaak,” só sê AJ Louw, die wenner van die Swartlandse canola-kompetisie. Hy het daarmee die trofeë vir die hoogste opbrengs (2,55 ton per hektaar) én die hoogste bruto marge van R6 058/ha vir verlede jaar se oes ontvang. AJ van die plaas Tweekuil Plase buite Malmesbury en Dirk Hanekom van Agricol het die geheime van ‘n wen-oes met die courant gedeel: Beplanning, bestuur en ‘n ‘hands on’benadering is die basiese beginsels waarin AJ glo. “Die regte plantdatum is baie belangrik. Hierdie oes is baie vroeg geplant, in die droogte. Dit bly ‘n risiko, want as die reën verkeerd val, kan jy jou oes verloor. “Hierdie oes het ‘n goeie wegspring gehad, met genoeg reën kort na plant. “Jy moet altyd die jaar se reënval, temperature en onkruid in ag neem. My pa het

altyd gesê jy moet die golf leer ry – miskien is dit wat ek reggekry het met hierdie kamp se canola! “Eerstens neem ons so vroeg as moontlik grondmonsters sodat behoeftes wat in die grond is, vroeg reggestel kan word. Grondmonsters word geneem op ‘n diepte van tussen 150-200mm. Tweedens is die plantdatum baie belangrik - ek glo daarin om vroeg in April reeds te saai. Die verdigtingslaag moet opgebreek wees voordat jy plant (daar is boere wat eerder hul canola saai, maar ek plant). Bestel jou saad baie vroeg - ek het die

165.indd 11

2011-saad al in 2010 bestel. Koop goeie saad – my wenkamp was ‘n baster-canola (TT jarjee). En as ek nuwe variëteite wil uittoets, doen ek dit vir eers net op ‘n paar hektaar – nooit ‘n baie groot klomp vir ‘n toets nie. “Oestyd gebeur snags en soggens vroeg, as dit koeler is. Canola kan platgesny of doodgespuit word met ‘n trekker of vliegtug. Ek het geleer om nie al my canola op een slag te laat ‘dood’spuit nie. Die ideaal is om net soveel te spuit wat jy in twee dae kan hanteer, anders verloor ‘n mens te veel van die ryp oes.” AJ sien dat die ligging en die helling van die gewasse en vogbewaring ‘n belangrike rol speel. Hy skryf die hoeveelhede van voeding en gifstowwe getrou neer en hou in gedagte dat die jaarlikse reënval afwaarts neig. “Ek voer al my resultate in op die rekenaar sodat ek tendense kan raaksien en dit kan evalueer. “Die lewe is ‘n leerskool, as jy nie wil leer nie, sal jy agterbly!” Daarom benut AJ die voordele van studie- en skog-dae, sodat hy ingelig kan bly. Planttyd loop die planter by tye 24 uur per dag. “Jy as individu doen wat jy kan tot die saad in die grond is. Daarna moet jy verder glo en vertrou!” verklaar AJ. “Die beste advertensie vir die landboukundige is sy kliënt,” verklaar Dirk Hanekom van Agricol. “Ek glo vas in die heilsaamheid van canola as wisselbougewas op die grond. Met canola lê die grootste verlies in jou oestyd, behalwe as jy dit reg kan bestuur.” En oor AJ se top-prestasie, sê Dirk tereg: “As ‘n boer twee ton per hektaar kan oes, dan doen hy beslis dinge reg!” “Canola is beslis nie ‘n minderwaardige landbou-produk nie, dit hét beslis sy plek in die landbou. Die wisselbousisteem help die landbouer baie – as jy goeie canola geplant het vanjaar, is jou koring daarna net soveel beter – ‘n halwe tot een ton per hektaar koring meer as sonder die canola.”

AJ Louw van Tweekuil Plase naby Malmesbury

* ‘n Canola-paspoort is die nuutste vereiste wat die Suid-Afrikaanse verwerker van canola (Southern Soil) pas ingestel het. Dit het noodsaaklik geraak dat landbouers alle detail van chemiese stowwe wat toegedien word, op die ‘paspoort’ aandui, met lot- en bin-nommer ingesluit. Hierdie kontrole-maatreël het nodig geraak nadat ongeregistreerde gifstowwe, wat nie getoets is vir moontlik negatiewe effekte vir die menslike liggaam nie, die mark begin binnekom het.

2012/03/20 10:02:03 PM


12

nuus courant

21 Maart 2012

Oupa se pyp en worsboom vanjaar swaar in drag ‘n Hele tros blomme versier vanjaar die “Oupa se Pyp” by Malmesbury kwekery. George Retief, eienaar, vertel dat die plant, ook bekend as die pelikaanblom of aristolochia ristolochiaceae vanjaar besonder baie blomme dra. Regs is nog ‘n besonderse plant, of eintlik die vrug van een. Retief wys die vrug van ‘n worsboom (Kigelia africana) wat in sy tuin groei by een van die klein worsbome in sy kwekery. Hierdie wors is sowat 35 cm lank en 8cm in deursnee. Die worsboom kom veral baie in die noorde van ons land en die Kruger Wildtuin voor.

165.indd 12

2012/03/20 10:01:51 PM


21 Maart 2012

courant nuus

13

Bennie Lambrechts een van Top-5 Jongboere in die Wes-Kaap Bennie Lambrechts van Nassau buite Malmesbury is deur Agri Wes-Kaap aangewys as een van die vyf 5 finaliste waaruit hul Jongboer van die Jaar vir 2012 aangewys sal word. Die finaliste doen vandag voorleggings aan ‘n paneel van beoordelaars waarna daar ook ‘n reeks plaasbesoeke sal plaasvind voor die wenner op 23 Mei by ‘n spoggeleentheid aangewys sal word. Lambrechts het aan die courant vertel dat hy en sy broer Gawie die derde geslag Lambrechts op Nassau is nadat sy oupa die plaas gekoop het.

Naas graan - spesifiek hawer, lupiene en medics - spekuleer hy ook met skaap en bees en hulle het 120 ha onder wyndruiwe. Die wynkelder op die plaas verwerk sowat 10 ton parsdruiwe - 7 000 liter, wat onder die handelsmerk Black Ridge bemark word. Sy opbrengs per hektaar is ongeveer 10 ton waarvan die balans aan Windmeul Kelder gelewer word. Hulle was vandeesweek nog kliphard aan die pars en hoop om vandag die laaste druiwe van die seisoen te oes.

Bennie Lambrechts en sy broer Gawie het vandeesweek met Gregoire-parsmasjiene Cabernet geoes.

165.indd 13

2012/03/20 10:02:55 PM


14

nuus courant

21 Maart 2012

Relay 4 Life, onthou, gedenk, vier

“Een mens kan nie ‘n Relay maak nie,” sê Hester Smit, projekkoördineerder van Kansa oor die Malmesbury Relay wat die naweek gehou is. Die statistiek van hierdie vierde Relay ondersteun Smit se stelling: ‘n Allemintige R164 000 is ingesamel, 63 oorwinnaars het dit bygewoon en 54 spanne (met elk ongeveer 15 lede) het op die veld oornag en heeltyd gesorg dat iemand in elke span deurentyd om die veld stap op ‘n aflosbasis.

Smit loof die publiek vir hul deelname en ondersteuning. “Ek is baie dankbaar vir die skitterende ondersteuning van die omgewing se mense. Baie dankie vir elke persoon se bydrae, elke sakkie wat verkoop is, elke komiteelid wat hard gewerk het en elke rand wat bygedra is.” Die Marais Support Team van Dolly Marais was vir die derde agtereenvolgende jaar die span wat die meeste geld ingesamel het vir die Relay (R30 500), met

die Cancer Busters wat gevolg het met R18 200, Caring Parents (R7 905) en Wees ‘n Wenner met R6 010. Met die eerste Relaygeleentheid in 2090 was die wen-span dié van Millie Petersen. Ander pryswenners was Cancer Busters (die span met die beste naam om die doel van die Relay te versterk en beste kleredrag) , die Landmark Ninjas (beste spangees), Marais Support Team (tent met die beste Kansa-gerigte uitstalling).

Die Marais Support Team van Dolly Marais het vir die derde jaar die meeste geld ingesamel - R30 500.

Die Landmark Ninjas was die span met die beste gees.

Die Cancer Busters het die tweede meeste geld geïn (R18 200) en hul kleredrag het die KANSA-tema die beste ondersteun.

165.indd 14

2012/03/20 10:10:19 PM


21 Maart 2012

courant nuus

15

die lewe en Ă­n rekord-bedrag

Almal het saamgestaan diĂŠ naweek teen kanker. Die meeste kunstenaars het gratis opgetree om hul deel te doen. ONDER: Die chemradjestry-span se naam is saamgestel uit: With chemo- and radiotherapy and Jesus cancer can be cured.

165.indd 15

2012/03/20 10:07:36 PM


16

nuus courant

21 Maart 2012

Volop pret by LSS se kermis

Die Laerskool Swartland het die afgelope naweek sy jaarlikse kermis gehou. Die waterkaskenades, vroegoggend-pretstap, kampering op die sportterrein, Courant-Idols asook die mnr. en mej. Kermis en “Talent under the Stars” van Saterdagaand was soos gebruiklik weer die hoogtepunte. Die naweek is Sondag afgesluit met ‘n kerkdiens.

DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE

VERHURING VAN PROVINSIALE EIENDOM PIKETBERG: ERF 690: TUINSTRAAT 7 OPM 004/12 Aanbiedinge word hierby gevra vir die verhuring van eiendom vir Residensiële doeleindes vir ’n 12 maande periode “Voetstoots” teen markverwante huur. Die Huurder mag skriftelik aansoek doen vir die verlenging van die huurtydperk vir ’n verdere periode van een (1) jaar. Tendervorms is verkrygbaar by me M van Zyl, Bergrivier Munisipaliteit, Churchstraat 13, Piketberg. Aanbiedinge moet voorgelê word op die voorgeskrewe Tendervorms. Die sluitingsdatum vir die indiening van aanbiedinge is om 11:00 op 19 April 2012. Aanbiedinge moet in die tenderbus wat te Bergrivier Munisipaliteit, Churchstraat 13, Piketberg geleë is, gedeponeer word. Algemene Navrae: Me S Africa: 021 483-4814, faks: 021 483-5353 of per e-pos: Sharon.Africa@pgwc.gov.za Die Departement behou die reg voor om na grondige oorweging geen aanbiedinge te aanvaar.

Uitslae en bepalings MALMESBURY GHOLF

4BALL BETTER BALL STABLEFORD 1. S. McLean & C. Rieder 48; 2. E. Lingefeldt & D. Coetzee 44; 3. D. Erasmus & G. Gianatale 44; 4. M. de Goede & E. Key 43; 5. I. Visser & W. van Niekerk 43.

MALMESBURY RUGBY

Neem asseblief kennis dat geen laat aanbiedinge oorweeg sal word nie. Human Communications C94249A

165.indd 16

Mare Louise Koegelenberg van Laerskool Riebeek-Kasteel het by die Wes-Kaap atletiekbyeekoms op Oudtshoorn die 1500m gewen en ‘n 2de plek in die 800m behaal. Sy neem die naweek in Durban deel aan die SA atletiekbyeenkoms.

BLOUES Bloues vs Voorberg: Bloues 1 wen 32-31 Bloues 2 wen 10-8 Bloues 3 wen 20-0

2012/03/20 10:06:51 PM


21 Maart 2012

courant nuus

17

SA Junior Toutrek lok baie besoekers na Malmesbury Die Suid-Afrikaanse junior toutrek-kampioenskap het die naweek groot getalle mense na Malmesbury gelok, waar ongeveer 40 skole en minstens 200 spanne teen mekaar gekompeteer het. Behalwe vir die deelnemers, het ongeveer 3 0000 mense die twee dae bygewoon. Die finale wenners was die 560 kg-seuns van Oakdale Landbouskool buite Riversdal en die 480-dogterspan van die Paarl-klub, wat in die volgende kompetisie in Switserland sal gaan deelneem. “Die belangstelling van die Laerskool Swartland-leerders dui op ‘n toename in belangstelling in toutrek, wat tot voordeel van dié sport sal dien. Dit is ‘n direkte uitvloeisel van die SA-byeenkoms wat op eie bodem aangebied is,” het Zuna Koen, organiseerder van die byeenkoms en leerkrag van Hoërskool Swartland, gister gesê. Die Hoërskool Swartland was die gasheer vir die geleentheid en Koen het gister aangedui dat die sukses daarvan aan die uitstekende samewerking van die

hele Swartland te danke is. “Die pluimpie moet aan die ouers, die sakemanne, die Swartland Munisipaliteit onder leiding van Joggie Scholtz, baie van die nie-winsgewende organisasies en aan baie indiwidue gaan - en hier praat ek van die wyer Swartlandstreek, nie net Malmesbury nie,” het sy gister gesê. Die minister van ---, Ivan Meyer asook die persoon wat die sportfederasies in Suid-Afrika beheer, Glen Williams, was van die besoekers. “Die gedrag van die Swartlandse leerders asook die besoekende leerders, was volgens gastehuis-eienaars baie goed. Skoolhoofde bel ook steeds om die organiseerders lof toe te swaai vir die groot werk (sedert Augustus verlede jaar) om dié byeenkoms te reël. Die Volkswagen Kewer wat tydens die byeenkoms uitgeloot is, is gewen deur ‘n toeskouer uit die Noorde. Hy het gesê hy koop net ‘n enkelkaartjie Malmesbury toe, dat hy met die Kewer wil terugry - en dis toe presies wat gebeur het!

By die opening van die SA Juniortoutrekkmpioenskap verlede week op Malmesbury was Springbok Anton Botha, Dirk Marais (skoolhoof van die gasheerskool, Hoërskool Swartland), dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister Sport en kultuursake), Zuna Koen (hooforganiseerder) en Paul van der Merwe (President van SAJTU).

165.indd 17

2012/03/20 10:04:45 PM


18

die courant

nuus courant

21 Maart 2012

dienste

By Ritter Paving kom die kliënt se tevredenheid eerste Martin en Elba Ritter, eienaars van Ritter Paving, het in 2004 hul deure geopen en woon nog net twee maande op Malmesbury. Ritter Paving vier dus vanjaar hul agtste verjaardag. Met 20 personeellede lê Ritter Paving klem op kliëntediens en tevredenheid, en roem hulle hulself op goeie na-verkoopdiens. “90% van ons werk volg op verwysings, so ons doen definitief iets reg!” sê Martin. “Ons is al groot kontrakte toegestaan en is onder andere kontrakteurs vir SASOL, Easigas en ook vir die Stad Kaapstad. Ons doen plaveisel (residensieel en industrieel), kitsmure (nuut, verhogings en ook herstelwerk), keermuurstelsels, staalwerk (hekke, heinings en diefwering), asook outo-

165.indd 18

matisering van hekke en motorhuisdeure. Verder doen ons ook gas-installasies (gas ‘geysers’ ingesluit) en die verskaffing van LPG gas. “As jy gas benodig, lewer ons dit vir jou af en doen dan ook ‘n lektoets gratis,” sê Martin. “Verder doen ons ook inspeksies om te verseker dat jou installasie aan die nodige standaarde voldoen en ons kan jou van ‘n Sertifikaat van Wetlikheid voorsien. Ons werk regoor die Skiereiland en geen werk is te klein of groot vir ons nie! Ons kantore in Fordstraat 62 is oop vanaf Maandag tot Vrydag 08:00 to 17:00. Ons kontaknommer is 0860 55 66 66 of e-pos: admin@ritterpaving. co.za. Ons leuse: “For us excellence is a habit - not an art!”

2012/03/20 10:07:07 PM


die courant 21 Maart 2012

Algemeen

1

• TOTSIENS MAAR NIE VAARWEL 1957 - 12 - 18 2012 - 03 - 13

Mnr. Brain September Ons Hemelse Vader het jou kom verlos van jou aardse lyding. Met diepe hartseer neem ons afskeid, maar die mooi herrineringe sal ons altyd bybly. Van jou vrou, Oliver, Gayla, Johan, Guovanni, kleinkinder asook die res van die September & Croy famielies. Roudiens: 21 / 03 / 2012 AME Wesbank. Begrafnisdiens: 24 / 03 / 2012, 09h00 Abelialaan 23, 10h00 AME Wesbank -------------------------• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaatberader ABBO/ Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80 -------------------------• NERIA MISSION MINISTRIES - Onder pastoor van Harte reël ‘n jeugkamp / -uitreik 23 - 25 Maart by Vooruitsig Primêr (Darling) @ R30pp. Skakel 082 306 1748

Gesoek Wanted

2

• GOEDERE GESOEK - 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, asook linne, skoene, handsakke

165.indd 19

en breekgoed. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

Te koop For sake

4

• NUWE LUGVERKOELERS Baie verskillende fabrikate. Skakel 084 575 4707 -------------------------• CRAZY FIT MASSAGE MASJIEN So te sê nuut - R4500. Nuwe masjien kos R8500. Skakel 083 287 5941 -------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

Te Huur To Let

7

• GAS SPIT BRAAI Skakel 083 287 5941 -------------------------• MALMESBURY Middedorp kantoor / winkel met klein komb & badk te huur @ R2000pm, Rainierstr. Bel 083 991 7350 -------------------------• TOP EIENDOMME, MALMESBURY R3 300 - W/S 2slpk, 1badk, teëls; R3000 - W/S 2slpk, 1badk; R2900 - W/S 2slpk, 1badk, R2500 - W/S 2slpk, 1badk. Skakel Kantoor by 022 487 3818 -------------------------• PROPERTY SELLERS, MALMESBURY - R3100 - 2Slaapk woonstel + afdak; R4250 - 3Slaapk + motorhuis (kompleks); R4500 - 4Slaapk + motorhuis;

R1800 - Bachelor w/ stel, k & w ingesluit. Besigheids persele vanaf R2450 tot R6000 in Hugenotestraat. Skakel 022 487 1264 -------------------------• KANTOORRUIMTE - Ruim huis, sentraal geleë in Malmesbury - onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 482 1131

Dienste Services

12

• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meubels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336 -------------------------• NEGOSIKAS KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 -------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 ------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abcpartytjies.weebly.com

moontlik diens kan aanvaar: Vereistes: • Rekenaarvaardig, • Goeie menseverhoudinge, • Tweetalig, • Kode 8, • Praktiesvaardig, • Vorige ondervinding en kennis van nommerplate, sleutels en “signs” sal in jou guns tel. Stuur jou CV na malnoplate@ ddcswartland.co.za of faks: 022 482 2497. Indien ons nie binne 7dae vanaf sluitingsdatum met u in verbinding getree het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Sluitingsdatum: 31 Maart 2012. -------------------------• KASSIER DRINGEND BENODIG Vir besige kafee in Malmesbury. Rekenaarvaardig, Rybewys sal in jou guns tel. Verkorte CV met kontakbare verwysings word benodig. Skakel 082 774 3691 vir afspraak. ------------------------• WAITERS / KELNERS - Benodig by Malmesbury Sabino Canyon Spur. Skakel 022 487 1511

19

mini gigs

& dienste

Betrekking beskikbaar

17

• MALNOPLATE MALMESBURY benodig die dienste van ‘n betroubare, hardwerkende persoon wat sou gou

2012/03/20 10:07:28 PM


courant

Knortjorre brul op Malmesbury

agterblad

die

swartland en weskus

21 Maar t 2012

Water spat by CPM-swemgala

Die knortjorre het Saterdag op Malmesbury weer volop aksie opgelewer. Die klippe het gespat en daar was ook ‘n ongeluk toe een van die deelnemers die voet te swaar ingelĂŞ het.

Nege laerskole het Donderdag aan die Minimark Malmesbury-uitnodigingsgala deelgeneem. Die gala is georganiseer deur die Christelike Privaatskool op Malmesbury. Hier is Hanri Lesch (bo) en Mia Malherbe van CPM hard aan die swem vir hulle skool.

165.indd 20

2012/03/20 10:08:28 PM

die courant 21 Maart 2012  

grootste gratis koerant in die swartland

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you