Die courant well 19 okt 2016 392

Page 2

NUUS • NEWS

2

19 Oktober 2016

Bo en regs: Frank Opperman op die verhoog en in ligte luim saam met die Breytenbachsentrum se twee bobaas-pizzamakers. Bo is Estelle Mars, Frank Opperman en Rachelle Floors.

Frank bring sy hond na Wellington

Frank Opperman het sy splinternuwe eenmanvertoning, “Hond”, op Dinsdag 11 Oktober by die Breytenbachsentrum se Bôrdienghuis-teater opgevoer. In hierdie nuwe vertoning vertolk Opperman die rol van ‘n man wat besig is om afskeid te neem van sy hond wat te oud en siek is om veel langer te leef. Die man se huwelik is boonop besig om te wankel. Nes Frank Opperman se vorige eenmanstukke, Die uwe Pottie Potgieter,

Reik na Herstel: Die Paarl-tak van die Reik na Herstel-organisasie het Saterdag-

oggend ‘n oggendtee in Hugenote Hoërskool se skoolsaal aangebied. Met hierdie geleentheid het Reik na Herstel, wat borskankerpasiënte bystaan, geld ingesamel vir hul werk. Talle vroue wat borskanker oorwin het en ander gaste, het hierdie uithaal-geleentheid ter viering van Oktober se kankerbewusmakingsveldtog bygewoon. Hulle kon ‘n tjek van R3000 aan die Ditto-projek, wat vroue uit agtergeblewe gemeenskappe met prostese en rekonstruksie help, oorhandig. Vir navrae en ondersteuning van die Reik na Herstel-inisiatief, kontak Annalien Vollgraaff by 083 263 3678. Onder: Annalien Vollgraaff (voorsitter Paarl Reik na Herstel), Ilza Allies (komiteelid), Stephanie Van Deventer (nasionale bestuurder Reik na Herstel) en Alison Ayre (visie-voorsitter Raad van Direkteurs Reik na Herstel) met die donasie.

Rooikaart en die Klaagliedere ds. Tienie Benade, is Hond se teks ook deur Dana Snyman geskryf. Die gehoor kon, te danke aan Opperman se uitnemende toneelspel, deel word van die karakter se lief en leed, sy verhoudings met sy vrou, huishulp, werkgewer en hond en die relevante afkeidsproses. Soos gewoonlik het plaaslike wyne en die Breytenbachsentrum se heerlike pizzas tot ‘n heerlike aand bygedra.

Hou dié courant se Facebookblad dop vir al jou nuus en gebeure!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.