Die courant well 19 okt 2016 392

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

19 Oktober 2016

Uitgawe 392

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

•SAKEVERNUF VIR TOEKENNING BEOORDEEL

Magdel se ‘Kamers’ skitter in die kollig •Jaomi Zeeman

Die Wellingtonner Magdel Kemp het onlangs haar verskyning op Elle Magazine se rooi tapyt gemaak toe sy as eregas en een van hul “Boss of the year” finaliste by die gala-toekenningsgeleentheid opgedaag het. Sy was een van slegs ses vroue landwyd wat as ‘n finalis aangewys is. Magdel, wat oorspronklik van George kom en BA Regte by die Universiteit van Stellenbosch studeer het, het aan die einde van 2014 die mede-eienaar van “Kamers vol geskenke” geraak. “Kamers” is ‘n suksesvolle konsep waar handgemaakte kuns en ander artikels van verskillende verskaffers jaarliks op sentrale plekke aan die publiek gebied word. Volgens Magdel was die dinge wat sy voor “Kamers” gedoen het ‘n goeie leerskool vir waar sy haar vandag bevind. “Ek het al baie dinge gedoen. Ek het die Woordfees se finansies bestuur, vir drie jaar die Bôrdienghuis-teater op Wellington bedryf en oorsee administrasiewerk gedoen. Ek het selfs op ‘n stadium in Papua Guinea geëindig,” sê sy. Sy is reeds 10 jaar lank al by “Kamers” betrokke, maar het eers aan die einde van 2014 ‘n mede-eienaar geword. Volgens Magdel het haar jarelange betrokkenheid by “Kamers” haar baie dinge geleer. “Ek het alles by Kamers geleer: deursettingsvermoë, geduld, simpatie, wanneer om te baklei en wanneer om op te hou. Vergifnis. Ware vriendskap. Die feilbaarheid van mense – van myself. Ek moes groot borge en media-vennote sien toe ek nog nat agter die ore was, maar ek besef dat die diepkant-eerste-benadering my moontlik goed gepas het,” vertel sy. Daar is ook vele ander dinge wat haar op ‘n persoonlike vlak vir haar rol as suksesvolle besigheidsvrou voorberei het. “Ek was altyd ‘n goeie sportvrou en het baie dissipline in sport geleer. Sport en reis is steeds vir my soos terapie. "Die meeste van my besigheidskennis het ek by my pa geleer – hy is ‘n ongelooflike besigheidsman. By my ma, ‘n emosionele omgee-mens, het

ek passie gekry,” vertel Magdel oor die boustene van haar sukses. Volgens haar is die verantwoordelikheid wat met ‘n groot projek soos “Kamers” gepaard gaan, astronomies. “Vandat ek die mede-eienaar is, is ek skielik verantwoordelik vir 10 permanente mense se salarisse en vir 250 verskaffers se lewens-inkomste in ‘n jaar. Ek en Wanda, my vennoot, dra soveel verantwoordelikheid. By shows kruip ons weg as iemand swak verkoop want dit breek ons harte. Die kapitaal en tyd wat in handgemaakte produkte ingaan is bitter groot,” sê sy. Die Elle-nominasie as “Boss of the year” is ‘n groot eer vir hierdie bedrywige raakvatter. “Ek het ‘n e-pos ontvang wat my gevra het om

aansoek te doen vir die ‘ELLE Boss of the year’-toekenning. Die toekenning is gefokus op 25-45 jarige sterk besigheidsvroue in Suid-Afrika. Dit is ook gefokus op vroue wat vir ander vroue geleenthede skep en ook betrokke raak by die gemeenskap. Daar was amper 100 aansoeke en ek is as een van die top-ses gekies,” vertel sy. “Ek voel ongelooflik opgewonde en geërd om ‘n finalis vir so ‘n toekenning te kan wees. Dit is goeie publisiteit vir Kamers en SHOPSTAR (my nuwe aanlyn-besigheid). Ek en Theo, my man, kon in Sandton aan veuve clicquot sjampanje teug en soveel inspirerende vroue ontmoet. Wat kan dan beter wees?” lag sy. Volgens Magdel was die gala-toekenningsgeleentheid iets waaraan sy gewoond kan raak. “Dit was ‘n wonderlike aand met wonderlike sprekers – groot name in die bedryf. Ek is gemake-up deur Stutterfords in Sandton City en het masserings en alles gekry. Die span van ELLE is natuurlik stylish verby. Ek dink ek’s gemaak vir die rooi tapyt!” skerts sy. Magdel vertel dat sy graag ‘n blywende nalatenskap met “Kamers” wil laat. “Ek wil hê dat vrouens en entrepreneurs ‘n sterk hartklop in Suid-Afrika sal hê. En dat Kamers ‘n bydrae tot die ekonomie sal lewer. Kamers is juis geskep dat vroue suksesvolle besigheidsvroue, maar tog ook ‘n vrou vir haar man, ‘n moeder vir haar kinders en ‘n wêreld-verkenner kan wees,” sê sy. Ten spyte van al haar suksesse bly Magdel se voete stewig op die aarde en is die belangrikste dinge in haar lewe haar verhoudings met die mense van haar hart. “My suster is my rolmodel en my man is my rots en my hawe. My kinders is my genot. Ek het ongelooflike mense in my lewe – besigheidsvennote, lewenslange vriendinne en vele mentors. Ek is gelukkig as ek goeie wyn drink, my tyd produktief kan gebruik en my kinders kan sien ontwikkel en lag. My lewe tuis is baie belangrik vir my. Ek en Theo kan ure gesels oor absoluut niks,” sê sy. Oor die toekoms is sy optimisties en opgewonde. “Ek is tans besig met planne vir ‘Kamers Internasionaal’ en ek werk aan my nuwe aanlynbesigheid SHOPSTAR. En verder is baba nommer drie dalk ook iewers in die toekoms. Wie weet?”

NUUS • NEWS

19 Oktober 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.