Die courant 27 november

Page 5

nuus • news

5

27 November 2013

SMS nou vir Riebeek-wyn Ons vra vandag die derde en laaste vraag in die kompetisie vir ‘n gemengde 12-bottelkis van Riebeek Kelder se heerlike wyne. Die kompetise val saam met die onlangse bekendstelling van die nuwe “baadjie” waarin die kelder se Riebeek Cellars Collection deesdae op winkelrakke pronk. Dit is nou somer en tradisioneel meer witwyn-tyd, maar daar is altyd die geleenthede en disse wat perfek paar met ‘n rooiwyn soos die Riebeek Cellars Collection Merlot. Wynmaker Alecia Boshoff, ‘n gebore Swartlander, vertel dat die wyn gemaak word van wingerde wat teen die koeler hellings aangeplant is. Die wyn is gemaak in ‘n vrugtige styl en het op die meeste ‘n dag of twee dopkontak gehad. Ons voeg 10% ouer wyn by vir die karakter

asook ‘n gedeelte ongehoute wyn.” Die kelder ontvang sowat 500 ton van dié kultivar per jaar. * Om in aanmerking te kom vir die 12-bottelkis van die Riebeek Cellars Collection, SMS voor Maandag 2 Desember die antwoorde op die drie vrae, saam met jou naam, dorp en ouderdom na 084 8333 813. Sms’e se pryse is NIE gelaai nie. Vraag 1: Van watter kultivar word die Riebeek Cellars Collection se pienk Rosé gemaak? (die courant, 13 November) Vraag 2: Hoeveel spesiaal-uitgesoekte tenke Chenin Blanc is versny en vroeg gebottel vir die Riebeek Cellars Collection? (die courant, 20 November) Vraag 3: Met watter woord beskryf wynmaker Alecia Boshoff die styl van haar Riebeek Cellars Collection Merlot? (Vandag se vraag)

Windplaas toe:

‘n Reuse-vragmotor met ‘n byna 80 meter lange windlaaier op sy bak, kry sy draai vanuit die Hopefieldpad op die N7 hoofweg by Malmesbury, op pad na ‘n wind­plaas by Koekenaap. Verkeersowerhede het motoriste gemaan om versigtig te wees terwyl die toerusting oor die volgende jaar aangery sal word vanaf Saldanha in die noordelike rigting.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.