Die courant 19 maart 2014

Page 8

nuus • news

8

19 Maart 2014

Piketbergse Posman trap:

Pieter Dirks, Piketberg se posman wat die Argus-fietswedren voltooi het, het dit op 26 April verlede jaar vir die eerste keer weer op ‘n fiets gewaag na ‘n val op ‘n fiets 36 jaar gelede toe hy 8 jaar oud was. Sedertdien was hy te versigtig. Op 8 April 2013 het hy sy werk as posman begin met die idee om die pos te voet af te lewer. Die posbeskrywing sê jy het ‘n keuse tussen stap of fietsry. Na drie weke het hy so las van eelte gehad dat daar vir hom geen ander keuse was as om weer te begin fietsry nie. In September het hy ‘n wedren in Stellenbosch gery met ‘n geleende fiets van Nico Blanckenberg, wat hy nog ‘n dag voor sy deelname moes regmaak. Verlede naweek was dit ‘n groot droom wat waar geword het toe hy die Argus voltooi het. Foto: Marietha Goosen

Halfeeu: O. J. Erasmus Primêr het vanjaar baie rede om fees te vier: Nie net word hierdie skool in Kalbaskraal, suid van Malmesbury, vanjaar ‘n volle 50 nie, maar wen hulle ook verlede week ‘n spesiale toekenning vir ‘n derde plek in Afrikaans Huistaal in die Weskus Onderwysdistrik. Dit is vir die Sistemiese Evalueringstoetse wat verlede jaar Oktober 2013 geskryf is by alle skole in die distrik. Op die foto staan die trotse leerders wat die toets geskryf het met hulle klasopvoeder, Me. C. P. Gardener, S. J. Borman (Departementshoof) en prinsipaal, Mev. D. S. Hopley.

Wat het gebeur by Prima Bande Malmesbury? Nou BLOU én ROOI

Promosie

Die Prima Groep is ’n familiebesigheid wat gesetel is in die Wes-Kaap en reeds vanaf 1968 in Beaufort-Wes begin handel dryf het. Die Prima Groep het ontwikkel uit die Prima Bande-handelsnaam, wat ses SupaQuick en vier TyreMartkonsessies en een Prima Bande kommersiële en agri-tak bedryf. Twee van die TyreMart-takke is in Bellville, nog een word eersdaags in Malmesbury geopen en een in die Paarl. Wat die Prima Bande maatskappye so uitsonderlik maak, is die feit dat hul deurgaans daarna streef om hul kliënte se verwagtinge daagliks op ’n doeltreffende en eer-

Prima Bande TYREMART like manier te oortref. Fanie Malherbe, die stigter van die besigheid, se seuns Pieter en Febbie en skoonseun Johan Louw, het ook sedertdien by die besigheid aangesluit, wat getuig van die onuitspreeklike waarde van dekades se harde werk. Soos genoem, bedryf die Prima Bande-filiaal van die Prima Groep ses SupaQuick-winkels, wat takke in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en SuidKaap insluit. Hierdie SupaQuick-winkels verkoop bande teen die beste moontlike pryse en beskik oor werkswinkels wat bande-passings en –balansering doen, asook uitlate, skokbrekers en ander verwante produkte verkoop. TyreMart-winkels word offisieel erken as die vinniggroeiendste motorband-konsessie in SuidAfrika. Vier van hierdie winkels val ook binne die Prima Bande-filiaal, aangesien die groter verskeidenheid handelsmerke teen die beste moontlike pryse hier die deurslag bied. Tesame met die feit dat hulle die voorkeur-verskaffers van Continen-

tal, Michellin, Pirelli en Good Year-bande is. Die feit is, die kliënt kom altyd hier eerste - so waarom elders gaan soek? Prima Bande is al 40 jaar deel van die Malmesbury-gemeenskap en Nico Pieterse, die bestuurder van die nuwe TyreMart, reeds 23 jaar werksaam by die maatskappy. Hy sê: “Die gemeenskap was nog net altyd goed vir ons, veral die landbou-en boeregemeenskappe. Dit het ons in staat gestel om deel te word van belangrike gemeenskapsprojekte oor die jare, soos die bou van die Pre-Primêre skool en as die hoofborg van skolerugbyspanne. Paarl het sy eerste Prima Bande-winkel in 1990 gekry en die nuwe TyreMart word bestuur deur Callie Nel, wat al 15 jaar deel van die groep is. Hy waarborg steeds doeltreffende, eerlike diens, met ‘n groter verskeidenheid handelsmerke teen die beste moontlike pryse! Besigheidsure gedurende die week is van 8:00 tot 17:00 en op ‘n Saterdag: 8:00 tot 12:00.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.