Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 263

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

19 Maart 2014

tel: 022 487 3221

Ondersteun Shavathon

Besighede/Skole: Kom kleur en skeer

Kansa bied op 26 Maart in samewerking met die courant en Pick n Pay Malmesbury ‘n heeldag-shavathon aan in die De Bronsentrum. Kom ondersteun Kansa teen R20 (R10 vir kinders) vir kleur of R25 vir skeer (skeer slegs vir volwassenes). Kansa doen reusewerk om kankerpasiënte in die Swartland te ondersteun. Kom sterk só Kansa se hand in hul taak. Marené Kemp, Sakkie Rumboll en Benita Bester het gister saam met James Michaels en Hester Smith hul steun aan die projek toegesê.

26 Maart De Bron-Sentrum, Malmesbury •Het Fleur du Cap-toekenning nie verwag

Dean-John oorstelp Dean-John Smith het na die ontvangs van sy Fleur du Cap-toekenning merkbaar oorstelp aan die courant vertel hoe sy Matie-klasmaats hom in die lesingsaal toegejuig en uitbundig opgelig het om te deel in sy vreugde. Dean-John (20), ‘n oud-leerder van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury en tans dramastudent in sy finale jaar aan die Universiteit Stellenbosch, het hiermee een van Suid-Afrika se mees gesogte teatertoekennings ver­ ower. Hy het sy toekenning Sondag­ aand in die Baxter-teater in die kategorie Belowendste Student ontvang. Prysgeld vir die Fleur du Cap-toekenning beloop nagenoeg R15 000. Daar is 20 kategorieë. ‘’Die wenner in my kategorie is sommer eerste aangekondig. Ek het nie ‘n toespraak voorberei nie. Ek het net die Here en my pa (John) en ma (Helen) bedank. Ek wou nie meer name noem nie, want dan laat ek name uit. Dit was so nice om my pa en ma so gelukkig te sien. Dit was so goed dat ek hulle daar saam met my kon hê en so kon trots maak. Toe ek terugkom van die verhoog het hulle my gedruk. Dit was so ‘n groot oomblik. ‘’Daarna was ons by die ‘after-party’ in die foyer. Dit was so lekker, al die mense wat jou

kruip, maar toe hardloop van hulle na my toe en een het selfs biltong vir my gebring. ‘’Ek kry steeds boodskappe op BBM, Whatsapp en Facebook. Dis lekker.’’ Benewens sy pa en ma, het Dean-John se Links: Dean-John Smith vriendin, Vashti Prins, hom na die prysuitdelingsaand vergesel. Onder: Helen Smith Kobie Jacobs, sy drama-onderwyseres by Schoonspruit, het gesê sy werk spreek vir hom vanself! “Hy staan kop en skouers uit bo almal rondom hom. Omdat hy hierdie passie vir die verhoog het en ‘n ongelooflike persoonlikheid, maak hy almal om hom trots. Sy nederigheid, sy opregte verbasing dat dié eer hom te beurt val en dat hy nog onaangeraak is deur roem. Dis beslis nie die laaste keer dat ons van hom gaan hoor nie!’’ Dean-John se ma, Helen, het gesê: ‘’Dis iets groots, maar hy bly net daai plat nederige seun. Hy het nie eers ‘n speech reg gehad nie, want hy het nie gedink hy gaan wen nie. Hy het toe maar uit sy hart gepraat. Hy het net dan­ kie gesê vir sy Hemelse Vader wat dit vir hom Dit voel lek­ker,’’ het Dean-John Maandag aan die moontlik maak om te kom waar hy vandag is. En vir almal wat hom ondersteun en gehelp het courant gesê. ‘’Toe hulle so begin hande klap met die in- om sy droom te bewaarheid. Ek sê altyd vir hom stap in die teaterwetenskapklas, het ek eers so watter hoogtes hy ookal bereik, hy moet net al ongemaklik gevoel en was seker bloedrooi van laer sak en dankie sê.’’ Sien nog ‘n berig op bl. 4. skaamte. Ek het amper onder ‘n tafel gaan wegkom gelukwens. En vanoggend al die mense wat my hier op die kampus gelukwens. Ek was maar versigtig en het gedink hier sal seker afguns wees, maar almal het my kom gelukwens.


nuus • news

2

Skaaphond speel groot rol in unieke skilpad-projek Brin, ‘n speurhond om te help met natuurbewa­ ring, is ‘n nuutjie vir Suid-Afrika en is nou in ‘n loodsprojek aan die werk op die Elandsberg Natuurreservaat naby Hermon. Brin is ‘n twee jaar-oue Malinois (‘n Belgiese skaaphond) en is die heel eerste hond in SuidAfrika wat opgelei is om te help met natuurbewaring. Hy werk tans spesifiek aan die uitsnuffel van die bedreigde geometriese skilpad in die Elandsberge sodat hul presiese getalle bepaal kan word. Dit vorm deel van ‘n projek om dié skaars skilpad se getalle in die streek te bepaal. Ná die brand wat in 2012 dié bewaringsgebied verrinneweer het, is dié skaars skilpad die laaste jare feitlik nie meer opgemerk nie en dit het bewaringsbewustes baie bekommer. CapeNature se ekologie-koördineerder, Vicki Hudson, vertel dat Brin oor ‘n sesmaande tyd­ perk opgelei is om die geometriese skilpad uit te snuffel. Sy beloning is dat hy dan met sy bal kan speel, en dis die één ding wat Brin die heel gelukkigste maak, vertel sy. “Brin het binne ‘n kort tydjie ‘n baie be­langrike deel van CapeNature se span geraak. Honde wat help met bewaring, is hoogs ge­spesialiseerd en hierdie projek in die Elandsberge is vir ons almal splinternuut. “Brin is opgelei om skilpaaie uit te snuffel op enige moontlike terrein en sy is bereid om dit oor en oor te doen!” CapeNature het dié projek in Februarie geloods uit kommer oor die dalende getalle van dié endemiese skilpad. Die Belgiese skaaphond word internasionaal erken as ‘n uitstekende werkshond en sy kort bruin pels maak dié dier geskik vir hul werk in die lae, doringagtige bossies van die streek. Die geometriese skilpad is Suid-Afrika se mees bedreigde skilpad en wêreldwyd is dit

Die ekologiese speurhond, Brin. (Foto: Sapa) gelys as een van die 25 mees bedreigde skilpadspesies. Dié skilpad kom slegs voor in die Kaapse renosterveld en van die grootste bedreigings vir die spesie is veldbrande, indringerplante en die uitroei en fragmentasie van dié skaars tipe habitat, wat eie is aan die Swartland. Die waardevolle rol wat Brin as snuffelaar­ ­lewer, lê daarin dat dié skilpad moeilik opgemerk word weens sy rustige geaardheid, wat net beweeg wanneer dit regtig nodig is. Dus verg dit baie man-ure wanneer personeel of vrywilligers daarna soek en met Brin se lewendige geaardheid, spaar dié projek baie ure.

19 Maart 2014

• braille-masjien by HSS

Skool gee sy steun By die skool maak die revolusionêre Apex “Pieter-Jans se gesondheid het die skuif na die skool naaste aan sy huis nodig gemaak. Vandat Braille-masjien Pieter-Jans se aanpassing makek Oktober verlede jaar die eerste keer met liker, deurdat dié masjien alle inligting wat per skoolhoof Dirk Marais by Hoërskool Swartland, geheuestokkie in die rekenaar ingevoer word, self hieroor gepraat het, was hy positief. Hy het omskakel tot braille-teks. Elke vak dra inligting op gesê: ‘Bring hom!’ Die positiewe ingesteldheid sy eie geheuestokkie en vraestelle vir take, toetse van die personeel van dié skool het dié skuif vir en eksamens word op dié manier tussen PieterJans en die nasiener oorgedra. ‘n Gesiggestremde, ons baie makliker gemaak.” Só vertel John Dürr van Malmesbury nadat sy Gerhard Erasmus, moes dié masjien bemeester en jongste seun in Januarie vanaf die Pionierskool help nou vir Pieter-Jans baie hiermee. Sodra Pieter-Jans sy take of antwoordstelle in braille gestoor op Worcester na Swartland geskuif het. het, word die teks weer “Ons as ouers wil mos omgeskakel sodat dit per gegraag hê dat ons kinders uit heuestokkie na die nasiener die huis uit skoolgaan.” deurgegee kan word. Pieter-Jans het sy skoolDie leerkrag by HSS wat ‘n loopbaan by Laerskool Swartoorsigrol speel oor Pieter-Jans land begin, waar hy kon en sy gesonde aanpassing by vorder tot graad 3, maar hy die skool, Marinel Theron, sê: was vanaf graad 4 tot graad 8 “Dit is alles nuwe terrein vir ‘n leerder by die Pionierskool ons én vir Pieter-Jans. Harde op Worcester. Hy het Januwerk lê voor vir hom en vir arie sy graad 9-jaar weer op ons om die masjien ten volle eie bodem aangepak. te leer ken en benut! Intussen Marais het aangedui dat skakel hy met die ondersteu­ Swartland inklusiewe onderning van maats so normaalrig aanmoedig, daarom is weg as moontlik in by al die Pieter-Jans die vierde leerder klasse en só ontwikkel sy selfmet spesiale behoeftes tans standigheid baie mooi.” in die skool. Oor dié groot skuif sê sy “Só leer kinders dat diegene met spesiale behoeftes Pieter-Jans Dürr sing by HSS-opedag. pa: “Vandat hy uit die huis skoolgaan, kan ek reeds die nie noodwendig akademies verskil aan hom en sy gedrag sien! ge­stremd hoef te wees nie,” glo John. “Wat ek en my vrou, Mari, nou gereeld sien, “Verder leer Pieter-Jans nou hier hoe om gebalanseerd te ontwikkel binne die redelik be- is dat die wêreld propvol simpatie is, maar selde skermende omgewing van die skool - ‘n ware empatie het! En empatie - die bereidheid om die voorbereiding op die minder beskermde ekstra myl te loop - is wat ons elke dag by Hoërskool Swartland beleef!” naskoolse lewe daarbuite.”

Malmesbury Toyota stel Corolla 11 bekend

Promosie

Die span van Malmesbury Toyota is agter Gerhard Bester, Thomas Orchard, Koos O’Kennedy, Jacques Van Reenen, Theo Zandberg, Alwyn Koen, Herman Aucamp, Louise Oelofse, Robert Orchard en Rossouw Januarie. Voor sit Gerrit Nel, Fritz De Jager, Manus Bester, Charmaine Louw en Dirk Van Zijl.

Gerhard Bester, Harold Truter en Dirk van Zijl.

Pieter Janse van Rensburg, Koos O’Kennedy en Eugene Smith.

Die eienaars van Malmesbury Toyota, Gerhard Bester (links) en Robert Orchard (naasregs), het by die bekendstelling ook ‘n trofee van Toyota Suid-Afrika ontvang. Die trofee is deur Peter Stevens en Liezl Dodkins oorhandig om die belegging in die nuwe handelaarskonsep vier.

Pieter Nortjé, Dedrei Nortjé en Runé Louw.


3

nuus • news 19 Maart 2014

BO: Die rolspelers in die stigting van die SSDF verlede week, saam met minister Albert Fritz (voor in die middel).

Tijmen van Essen en Maude Goliath (burgeen onderburgemeester), saam met minister Albert Fritz.

REGS BO: Die Khulisa Dramagroep het aspekte van die besprekings kundig uitgebeeld. Hier is hulle saam met burgemeester Tijmen van Essen en minister Albert Fritz.

•swartlandforum gestig

Hou op bal ‘pass’ na ander - minister “Kom ons staan saam en werk saam om maatskaplike ontwikkeling te bevorder. Hou op om te sê dis die polisie of ‘n ander departement se werk om ‘n sekere taak uit te voer, hou op om die verantwoordelikhede soos ‘n bal aan te ‘pass’ en neem saam verantwoordelikheid vir dit wat ons moet doen!” Só het Albert Fritz, die minister van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, verlede week op Malmesbury gesê tydens die amptelike stigting van die SSDF (Swartlandse Sosiale Ont­­ wikkelingsforum). Die doel van dié forum is om die dienste van verskillende welsynsorganisasies, diensorganisasies en welsynsdepartemente in die Swartland te koördineer. “Nuwe denke is uiters noodsaaklik om die maatskaplike probleme te kan aanspreek. Wees innoverend en sorg dat die teikengroep (die jeug) se gedrag geleidelik ver­ander. “Ons is in die besigheid van ‘hoop gee’ aan ons mense. Tog is dit vir ons departement noodsaaklik dat mense nie net gunste en gawes ontvang nie, maar dit veral verdien. Om mense te bemagtig, middelafhanklikheid, vroeë skoolverlating en molestering is van die grootste probleme wat aangespreek moet word. “Ek wat bedags in die parlement sit, is baie gelukkig daarmee om vandag die praktiese te sién gebeur; dat mense, welsynsorganisasies en departemente die vermoë het om saam te werk vir ‘n beter samelewing.”

Fritz het verwys na sekere streke in die gebied en gesê: “Darling fassineer my altyd - ek sal graag wil sien dat daar werk geskep word! Verder is ek geneë om te help by Huis van Heerde, waar kinders se versorging dringende finansiële steun benodig om te kan voortbestaan.” Die minister het ook erkenning gegee aan die korporatiewe besighede vir hul insette om gemeenskapsdienste te versterk. “Ek sê dankie vir alle besighede wat vandag hier teenwoordig is, wat dit moontlik maak om die gemeenskap op te hef. Kom ons neem hande op ‘n konstruktiewe manier. Kom ons maak ‘n verskil!” het Fritz afsluitend gesê. Johannes Steenkamp (direkteur: Ontwikkeling by die Swartland Munisipaliteit) het die ge­skiedenis van die forum voorgehou: “Ons het sedert 2007, toe die forum in sy babaskoene was, soms kleigetrap, maar Marguerite Holtshauzen se tesis oor die hulpbronne in die omgewing en ‘n maatskaplike beleid in die verband, het vir ons rigting en wysheid gegee.” Afsluitend het die verskillende verenigings wat verteenwoordig was, op interaktiewe wyse besluit oor die pad vorentoe. Die Khulisa Theatre Dramagroep van Atlantis het die gemeenskap se gevoel oor die verwarring wat soms bestaan oor die oorvleueling van sekere organisasies se dienste, effektief weergegee. ‘n Groot aantal verenigings het die stigting bygewoon.

Moorreesburg is weer die gasheer vir die tweede jaarlikse Swartland Charity Run and Biker’s Braai wat op 4 en 5 April op die skou­ gronde plaasvind. Dit beloof twee dae van pret, musiek en stalletjies, terwyl die opbrengs gestort word in die koffers van plaaslike welsynsorganisasies.

Vrydag van 16:00 tot 24:00 is die gewilde Swannie die DJ aan die beurt terwyl die kunstenaars wat Saterdag optree, wissel van Voices du Bois, Viljoen Retief en Burger le Roux, asook ‘n orkes tot laat. Die hekke open Saterdag om 8:00. Skakel Francois by 083 956 0606 vir meer inligting.


courant

die

4

Oorlopens van die goeie Die langste reis begin met die eerste tree. Wanneer die nood op sy hoogste is, is die uitkoms naby. Op die platteland vind jy dikwels die grootste talent. Almal ware gesegdes - en daar is illustrasie van elke een in hierdie week se courant. Nie net het die nederige Dean-John Smit van Malmesbury sy stem behoorlik dikgemaak in die nasionale kultuur-omgewing deur ‘n Fleur du Cap-toekenning as belowendste student te wen nie, maar die courant kan ook berig oor redding uit ‘n onverwagte oord, toe ‘n goed-opgeleide hond professioneel begin snuffel om die getalle van ‘n bedreigde skilpad in die Elandsberge buite Hermon te help bepaal. Die droogtetrein bring nie net voer en voeding in die droë Noordwes en Noord-Kaap nie, maar ook vreugde, verligting ... en die voortsit van ‘n tradisie in die landbougemeenskap wat buitestaanders telkemale verstom. Want om sulke groot skenkings te maak, is nie iets wat aldag in die gewone omgang plaasvind nie. Die minister van maatskaplike ontwikkeling wat aandui dat daar geld bespaar is en hy dus die beleërde kinderhuis op Moorreesburg finansieel kan ondersteun, val motiverend op die oor, want van moedverloor wil dié instansie se bestuur niks weet nie. Inklusiewe onderwys en empatie by ‘n skool teenoor mense met gestremdhede, sodat jou kind weer uit die huis kan skool gaan, die wen van ‘n taaltoekenning vir ‘n landelike skool waar pryse nie sommer vanself aan die deur kom klop nie. Lees lekker aan ‘n uitgawe oorlopens vol van goeie, positiewe nuus stories wat die hart verwarm.

Its Good News

dr. Marc Blackwell Snr.

How does the Spirit of God produce change? When the Holy Spirit regenerates a man or woman, or boy or girl, He is liberating them from the habitual slavery they have yielded their lives to follow. He breaks the control of sin and death over the individual’s lifestyle. The Holy Spirit also produces a new and genuine love for His righteousness. Romans 6:22 “But now having been set free from sin, and having become slaves of God, you have your fruit to holiness, and the end, everlasting life. 23 For the wages of sin is death, but the gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord.” Through the operation of the Holy Scriptures in our inner selves the true Truth accomplishes change in our hearts and minds. The Holy Spirit works in our inner thoughts and enables us to desire and enjoy Truth and the fellowship of communication and life built on Truth - loving fellowship with God. The Holy Spirit also creates a desire in us to love one another and want to have fellowship with other believers. We are declared as the “adopted” Children and heirs of God, and we are set free from any past dread of God and we are drawn to Him as our Father. The Holy Spirit encourages and enables us to be joyful and to desire to talk with God (to pray) and to live our lives in such a way that others will want to praise Him. Romans 8:9 “But you are not in the flesh but in the Spirit, if indeed the Spirit of God dwells in you. Now if anyone does not have the Spirit of Christ, he is not His.” The Biblical truth is clear that the Holy Spirit indwells every man, woman, and child that He raises to new life in Christ. He is our Comforter and Helper. The Holy Spirit seals us until we are in heaven, protects us and completes what He has begun in us. The Holy Spirit empowers us to overcome fear and encourages us so we can be an encouragement and comfort to others.

menings•nuus

19 Maart 2014

Musiek-skouspel op Bloues-veld ‘n Musiek-skouspel wag Saterdag op Swartlanders wanneer nagenoeg 25 koperblaasorkeste van die Ou Apostoliese Kerk op Bloues se rugbyveld op Malmesbury byeen kom vir ‘n dag van Christelike musiek. Die aksie begin reeds om 9:00 en sal na verwagting tot 15:00 voortduur. Orkeste van gemeentes vanoor Kaapstad, die Boland en Swartland sal opdaag met hul beuels, klarinette, saksofone, trompette, kitare, banjo’s en tromme om musiek

te maak. By verre die gunstelinglied wat die meeste orkeste as inleiding gebruik, is “For You I am enchanted.’’ Daar sal ‘n verbymars wees en elke deelnemer sal volgens Raymond Wentzel van die Malmesbury-Wes-gemeente geleentheid kry om die skare op ‘n individuele vertoning te trakteer. Die orkeste kan wissel van 30 tot 80 lede. Toegangsgeld is R10 pp en R2 per motor.

•Repeteer nou vir ‘Braai’ by kknk

Smith speel met grotes Dean-John Smith, jong akteur van Malmesbury en tans ‘n dramastudent in sy finale jaar op Stellenbosch, het oor vanjaar se Fleur du Cap-toekenning aan hom aan die courant vertel hoe me. Kobie Jacobs hom as ‘n Schoonspruit-leerder in 2009 by die Stad Kaapstad se toneelkompetisie vir hoërskoolleerders gaan inskryf het. “Dis ‘n jaarlikse toneelkompetisie wat landwyd strek en waar daar elke jaar omtent 500 plus leerders vir oudisies gaan. Na verskillende rondes in KunsteKaap van die top 60, top 30, top 16 en dan die finale top 8 word daar elke jaar ‘n professionele produksie wat na ‘n bekende fees toe gaan, op die planke gebring. “In 2009 het ek aan die kompetisie deelgeneem en maak dit toe tot by die top 60. Ek was toe in graad 10 en wen toe die aanmoedigingsprys.’’ Deur die kompetisie word hy toe gekies in die een produksie genaamd ‘‘Vaselinetjie’’ waar hy werk onder die regie van Henry Mylne (regisseur by 7de Laan) en tree op saam met talle bekendes soos 7de Laan se Charmaine, Xander, Vanessa en Libby asook Kim Cloete van Isidingo, David Louw van Villa Rosa en nog ander. Die volgende jaar, in 2010, sy graad 11-jaar, is Dean-John weer daar, hierdie keer as ‘n duidelik meer gesoute tiener-akteur. En hy wen so wrintiewaar die kompetisie. Die gevolg is dat hy gekies word vir die produksie ‘’Hel op Hemel en Aarde’’, waarin hy die hoofrol speel onder regie van die Vicky Davis, ook bekend as Pasella-aanbieder op televisie. Hy kry toe geleentheid om saam met Ivan Botha (Pieter in 7de Laan) en Elma Postma (Dezi) te speel. Die produksie maak verskeie deure oop deurdat Dean-John by feeste soos die KKNK, Suidoosterfees, Woordfees, Aardklop en Volksblad optree. Na skool is dit toe Maties toe, waar

Die Malmesbury Depressie en Angs-onder-

steuningsgroep word op 26 Maart gehou. Dit is gratis en almal wat depressie of angs ervaar, is welkom. Pasiënte en hul families kan van

Dean-John Smith op die verhoog aan die toneelspeel - dít waarvoor hy Sondagaand ‘n Fleur du Cap-prys losgeslaan het.

hy gekies word om in ‘n professionele produksie van Marthinus Basson te speel – hierdie keer onder meer saam met Stian Bam (Dawid Greeff van 7de Laan). Verlede jaar, as tweedejaarstudent, wag daar “nogal ‘n skok’’ op hom toe hy met die dramadepartement se toekenning “Akteur van die Jaar” uit al die jaargroepe bekroon word. Intussen is Dean-John aan die repeteer vir die professionele produksie “Braai” deur Lara Bye vir vanjaar se KKNK. Ander akteurs wat hierin te sien sal wees, is Edwin van der Walt, Marli van der Merwe, Leon Kruger, Es-

tor von Waltsleben en Gys de Villiers. Oor vanjaar se benoeming vir ‘n Fleur du Cap-toekenning, saam met vier ander van die Universiteit Kaapstad, het hy gesê: ‘’Dis ‘n skok, want dis die eerste keer dat hulle iemand vir sy werk as tweede jaar-student benoem. Dis gewoonlik net finalejaars en honneurs- en meester-studente. Die ander vier benoemdes het ook reeds klaar studeeer. ‘’ En sedert Sondagaand, toe hy in die Baxter-teater as wenner vorentoe geroep is, is hy stomgeslaan van verwondering oor die groot eer wat hom te beurt geval het.

18:30 tot 19:30 inskakel. Navorsing het bewys dat ondersteuningsgroepe mense help om hul angs- en depressiesimptome te hanteer wanneer hulle deel raak van so ‘n groep. Gassprekers en kenners sal ook

elke laaste Woensdag van die maand optree. Om dié gratis groep by te woon, skakel Erna by 084 6022 719 of 022 448 1696, of skakel die SuidAfrikaanse Depressie- en Angsgroep by 0800 21 22 23 met jou vrae en lees meer by www.sadag.org

#Imagine lok 1000e tieners

Ondersteuning

: Die tweede byeenkoms van die ondersteuningsgroep vir ouers met kinders op die outistiese spektrum is bygewoon deur Sandra Snyman (Opvoeder by LSS Junior Hulpbronklas), Syveno Cloephas, Christina Ruiters, Chantel Nel, Caroline Arries, Nellie Perrang, Zulfah Kasu, Ikraam Kasu en Babs Tuswa-Mapena (Maatskaplike werker Outisme Wes-Kaap). Voor is Maureen Kani, Florine Kobo, Mosa Mzanywa, Yolanda Williams en René Perrang.

Van Vrydag af kom duisende tieners en ondersteuningspanne by twee #Imagine-kampe - een buite Malmesbury en een in Gauteng - bymekaar. By die naweekkamp vir tieners op die plaas Môreson buite Malmesbury word meer as 4 000 jongelinge vanuit die Wes-Kaap en Namibië verwag. Die doel is om jongmense en jeugwerkers geestelik te bearbei. “Die program gaan baie vol wees, met ‘n laser-vertoning, ‘n aanslag op die Guiness-wêreldrekord van Air Guitar, ‘n reuse-kettie wat pryse in die gehoor inskiet, baie lofsang en aanbidding met die Imagine-orkes bestaande uit kinders van 13 tot 25 en bekende kunstenaars - dit gaan ‘n ongelooflike ondervinding wees,” beloof die hooforganiseerder, Julita Kok. “Gaan loer gerus op ons FB-blad (#imagine2014). Daar is onder meer ‘n Samsung-selfoon te wen vir oor-

spronklike videos oor Imagine.” Kinders kamp met hul eie tente en etes werk met voorafgepakte maaltye. Die kinders word opgedeel in 30 “dorpies” en hulle kry ook daar kos. Geen eetgerei is nodig nie, slegs ’n beker vir drinkgoed. Sekuriteit word toegepas deur ’n professionele maatskappy en daar gaan 24/7 toegangsbeheer wees. Daar is ook vrywilligers wat die terrein beveilig en seker maak dat seuns nie in meisiekampe kom nie en omgekeerd. “Almal wat inkom het ’n identifikasiebandjie wat ons in staat sal stel om hul gegewens oombliklik op ’n rekenaar op te tel. Hoewel ons net die beste gedrag van die kinders verwag, gaan hul gedrag gemonitor word deur groepleiers. “ Julita by NueLight (079 716 4593) of julita@nuelight.co.za het meer besonderhede of loer by www.imaginemovement.co.za


nuus • news 19 Maart 2014

Vlug: Al is die hektare graanlande nou geel en halfvaal vergeleke met die tyd wanneer hulle grasgroen pryk, maak dit steeds ‘n mooi prentjie, veral as jy jou kamera vir ‘n bietjie ekstra kleur stel. Hierdie geel-en-blou-kontras is tussen Hermon en Wellington geneem.

•sê nog oom Thys de Beer op

Organies geheim van haar lang lewe

Organies lewe, groente uit die tuin, vrugte van kan woon,’’ het Jordaan gesê. die boom, melk reguit uit die koei se speen en Sy het haar skoolopleiding ondergaan aan die die berge en natuurskoon rondom McGregor. McGregor Metodiste Laerskool en daarna is sy Dis die agtergrond tot ‘n ryk, lang lewe van Dor- na die Hoërskool Trafalgar in Kaapstad, waar sy othy Jordaan, wat gister haar 96ste verjaarsdag dikwels haar huiswerk na skool in die Tuine sit gevier het. en doen het. Sy word tans versorg deur haar dogter, AmanJordaan skryf haar lang lewe voorts toe aan ‘n da Witbooi. gesonde en gebalanseerde dieet. Op McGregor Hoewel Alzheimer se siekte die afgelope twee het sy tot groot mate organies grootgeword, verjaar stadig begin posvat het, beleef sy nog goeie tel Amanda. gesondheid. ‘’Daar het sy groente uit die tuin geëet, vrugte Twee van haar vyf kinders is reeds oorlede. van die bome en melk uit die koei se speen geDie drie wat nog leef, is Witbooi en Esme Samu- drink. Dan was die berge en natuurskoon ‘n byels (73) van Parow en Eugene Jordaan (61) van draende faktor tot haar lang lewe,’’ vertel WitElsiesrivier. Sy het ook ‘n broer wat nog leef, booi. Tobias Jordaan (83), ‘n afgetrede skoolhoof wat op McGregor woon. Jordaan is in 1918 op McGregor naby Robertson gebore en het na haar skoolopleiding as bibliotekaresse daar begin werk en daar gewoon tot die ouderdom van 84 jaar. Witbooi vertel hoe hulle as kinders op groot erwe daar gewoon het en haar ma nog self ge­ reeld koeie gemelk het. Op die erf was ook vrugtebome en hoenders. Haar langtermyngeheue is nog uitstekend. Sy kan vandag steeds gedigte opsê wat sy 80 jaar gelede geleer het, soos “Moeder Marie” en “Oom Thys en die Bobbejaan”. “Ek wil net my Hemelse Vader bedank vir die lang lewe en die kleinkinders en agterkleinkinders. Ek is ook baie dankbaar teenoor my dogter, Amanda en haar man Abe (oud-hoof van St. Michaels), Van links is Abe Witbooi, Dorothy Jordaan, wat gister 96 gedat ek sedert 2003 hier by hulle word het, en haar dogter, Amanda Witbooi.

5


sotheby’s • promotion

6

Sotheby’s open nuwe kantoor op Malmesbury Met die aanwins van die Swartland Franchise van Lew Geffen Sotheby’s International Realty dek ons die boog vanaf Yzerfontein tot Strandfontein deur Malmesbury en die binnelandse strook al langs die N7. Só gesels Sandelé en Ian Wilkinson, prinsipale van Lew Geffen Sotheby’s International Realty Weskus, ná die opening van hul nuwe kantoor op Malmesbury verlede week. Lew Geffen Sotheby’s Weskus-area is nou twee jaar aan die gang. In Maart 2012 het die hoofkantoor in Vredenburg geopen en ses maande later het die Paternoster-kantoor gevolg. Nog ses maande later is die Langebaankantoor (nou die vlagskip) bygevoeg. “Vanaf die hoofkantoor in Vredenburg hanteer ons die hele Weskus-area vanaf Langebaan tot Elandsbaai. “Ons groei stadig maar seker. Goeie agente is wat ons die nodigste het en wat altyd die moeilikste bekombaar is, so die supersterre wat deel is van hierdie besigheid, dra ons op die hande. Wit Handskoen-diens is ook ons motto as dit kom by verkopers en kopers. “Sotheby’s is nie net in die telefoongids nie,

Herman Louw van Sotheby’s en Eddie Mostert.

Werner Schreiber, Anet Thompson en Fanie Malherbe.

ons is die enigste eiendomsmaatskappy gelys in die Britannica-ensiklopedie. Om met die Lew Geffen Sotheby’s International Realty handelsmerk geassosieer te word, is ons trots en ons strewe daarna om gestand te doen aan die naam.” Oplewing en groei in die Wes-Kaap in die algemeen, en in die besonder ná die padverbete­ ringe aan die N7, word die Swartlandkontrei ‘n gewilde fokus-area vir verhuising vanaf Kaapstad en Gauteng. “Ons is trots op die Malmesburykantoor in Piet Retiefstraat. Besoek ons gerus vir ‘n gratis waardasie vir jou huis, of kom geniet ‘n heerlike koppie koffie,” nooi die personeel.

Anet Thompson, Ian en Sandelé Wilkinson.

19 Maart 2014

Promosie

Johan Truter, Sandelé en Ian Wilkinson saam met Anet Thompson.

Die Sotheby’s-span wat die opening bygewoon het, is Johan Truter (agent Yzerfontein, Swartland), Louise Meyer (admin Vredenburg, Weskus), Wendy Wesbrook (Verkoopsondersteuning Vredenburg, Swartland en Weskus), Lizette Wiseman (agent Saldanha, Weskus), Natashia Kotze (operasionele bestuurder Weskus en Swatland), Herman Louw (Sotheby’s hoofkantoor) Susan Conradie (agent Vredenburg, Weskus), Lizette Truter (agent Yzerfontein, Swartland), Ian Wilkinson (prinsipaal Weskus en Swartland), Sandelé Wilkinson (prinsipaal Weskus en Swartland), Jason Rhoode (Sotheby’s hoofuitvoerende beampte) en Anet Thompson (agent Malmesbuy, Swartland).


1 1 8 4 5 5 6 B_ 3 9 X6

-

1

2 0 1 4 - 0 3 - 1 3 T1 4 : 5 8 : 0 2 + 0 2 : 0 0

7

nuus • news 19 Maart 2014

Nog eenrigting vir Hugenote bekyk Nog ‘n gedeelte van Hugenotestraat op Malmesbury gaan baie moontlik verander word in ‘n eenrigtingstraat vanweë die verhoogde verkeersvo­ lumes wat tans daar ondervind word. Dit volg op die groter aantal besighede wat nou daar gevestig word, sodat Hugenotestraat eerder ‘n sakeas residensiële karakter begin aanneem het. Die gedeelte tussen Lowry Cole- en Croeserstrate, rigting Croeserstraat, is hier ter sprake. Die doel hiervan is om veilige verkeersbewe­ ging moontlik te maak, met inagneming van die toenemende behoefte vir parkering in Huge­ notestraat. Hugenotestraat is nie breed genoeg om opstraat-parkering mét tweerigting vloei te onderhou nie. Die behoefte word ondervind weens die groei in besighede en die toekomstige hersonering van residensiële erwe na besigheidspersele in die spesifieke gebied. Die voorstel is reeds verlede jaar tydens ‘n raadsvergadering in beginsel goedgekeur, maar is tans in die publieke deelname-proses. Of en wanneer dit sal voortgaan, sal afhang van die kommentaar wat uit die publiek ontvang word. Kontak Johan Venter by 022-487 9400 of per e-pos: venterj@swartland.org.za. Kommentaar en/of beswaar hierop moet op skrif gestel en op die laaste teen 4 April gerig word aan die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury of stuur jou kommentaar per e-pos na swartlandmun@swartland.org.za

Droogtetrein: Voerhulp is ‘waardevol’ Die droogtehulp uit die Wes-Kaap is “geweldig waardevol”, het Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, aan die courant gesê. ‘’Daardie 183 ton graan en hawer wat reeds op Vryburg afgelaai is, is geweldig baie werd. Dit het ons nie ‘n sent gekos nie.’’ Die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap het mekaar in die verlede in tye van nood onder­ steun, maar nog nooit so omvattend nie. “Ek dink nie ons het dit al op hierdie skaal reggekry nie,’’ het Du Toit aan die courant gesê. Droogtehulp, waarvan baie uit die Swartland, word ook uit die Wes-Kaap aan boere in die Noord-Kaap gestuur. Dit word by stasies op Kimberley en Upington besorg. Noordwes se droogtehulp stroom in vanoor die hele Suid-Afrika. Daar het onlangs 900 bale veldgras aangeland uit Komatipoort in Mpumalanga. Dan het daar ook hulp aangekom uit die Vrystaat, Limpopo en die Oos-Kaap. Die meeste droogtehulp is egter uit die Wes-Kaap daar besorg. Die droogteramp in die Noordwes volg op ondergemiddelde reën die afgelope vier jaar, sê Du Toit, met die gevolg dat die krisis geleidelik opgebou het, met die mielie-oeste wat al hoe swakker geraak het en die veevoer wat geleidelik weggekwyn het. Vanjaar het die reën net betyds geval om die boere te red van ‘n tweede en selfs derde misoes met die mielies en sonneblomme. Op plekke het dit vanjaar in die somerreënvalstreek binne ‘n week gereën wat dit normaalweg in ‘n seisoen daar reën. Bonsmara, brahmane en simbras is die beesrasse waarmee meestal geboer word in die Kalahari-wêreld neffens Vryburg, wat op ‘n tyd bekend gestaan het as die Texas van Suid-Afrika. ‘’Daar is geweldig baie vee geproduseer in die jare wat verby is, maar nou is dit geknou deur die droogte.’’ Volgens Du Toit het die landbougemeenskap van Suid-Afrika mekaar al in die verlede ondersteun, ‘’maar dis nog nie op hierdie skaal reggekry nie – ek dink dis die eerste keer’’. Die totale droogtehulp uit die Wes-Kaap vir die rampgebiede in die Noordwes en NoordKaap is oor die 2300 ton. Dit word oor die volgende weke per trein daarheen vervoer.

B O N Y A S D BIRTHcky vouchers to be fU ound. 1M n lu illio . Check your till slip

smart shoppers o nly. **Terms and

Conditions

Apply.

Garnish and decor not included

59

R

Bulk T-Bone and Club Steak Mixed Pack Per kg

29

48

R

R

Bulk Oukraal Wors Per kg

24

R

90

89 R 10 Toks & Tjops Braai Pack Consists of: Ultimate Braai Master Boerewors, Lamb Loin Chops and Porterhouse Steak Per kg

SAVE R7

Dairy Princess Creamy Cheese Wedges 125g

SAVE R6

Blossom Canola Margarine or Medium Fat Spread 1kg Tub Each

Fairview Chevin Assorted 100g Each

12

95

Crown Blended Cooking Oil 750ml

17

90

Golden Cloud Cake Wheat Flour 2.5kg

20

BUY BOTH FOR

R

Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 470g and All Gold Tomato Sauce 700ml

Tastic Parboiled Rice 2kg

38

R

90

SAVE R30

SAVE R9

Huggies Gold Boy or Girl Disposable Nappies Size 4 - 60s, Size 3 - 72s, Size 4+ - 54s or Size 5 - 50s Per Pack

Earn

Double Points

ON

SAVE R9

Nescafé Classic Dawn 200g Jar

45

R

SAVE R20

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

ING TH Y ER EV

90

SAVE 4.30

SAVE 2.90

159

32 49 90 0

Omo Auto Washing Powder 2kg, Auto Liquid 1.5 Litre or Concentrated Liquid 750ml Each

Valid from 21 - 23 March 2014 Get your voucher at the kiosk in store or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and Conditions apply.

**Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.

PRICES VALID 18 - 23 MARCH 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS IN WESTERN CAPE ONLY

Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme

Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express and Daily stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1184556


nuus • news

8

19 Maart 2014

Piketbergse Posman trap:

Pieter Dirks, Piketberg se posman wat die Argus-fietswedren voltooi het, het dit op 26 April verlede jaar vir die eerste keer weer op ‘n fiets gewaag na ‘n val op ‘n fiets 36 jaar gelede toe hy 8 jaar oud was. Sedertdien was hy te versigtig. Op 8 April 2013 het hy sy werk as posman begin met die idee om die pos te voet af te lewer. Die posbeskrywing sê jy het ‘n keuse tussen stap of fietsry. Na drie weke het hy so las van eelte gehad dat daar vir hom geen ander keuse was as om weer te begin fietsry nie. In September het hy ‘n wedren in Stellenbosch gery met ‘n geleende fiets van Nico Blanckenberg, wat hy nog ‘n dag voor sy deelname moes regmaak. Verlede naweek was dit ‘n groot droom wat waar geword het toe hy die Argus voltooi het. Foto: Marietha Goosen

Halfeeu: O. J. Erasmus Primêr het vanjaar baie rede om fees te vier: Nie net word hierdie skool in Kalbaskraal, suid van Malmesbury, vanjaar ‘n volle 50 nie, maar wen hulle ook verlede week ‘n spesiale toekenning vir ‘n derde plek in Afrikaans Huistaal in die Weskus Onderwysdistrik. Dit is vir die Sistemiese Evalueringstoetse wat verlede jaar Oktober 2013 geskryf is by alle skole in die distrik. Op die foto staan die trotse leerders wat die toets geskryf het met hulle klasopvoeder, Me. C. P. Gardener, S. J. Borman (Departementshoof) en prinsipaal, Mev. D. S. Hopley.

Wat het gebeur by Prima Bande Malmesbury? Nou BLOU én ROOI

Promosie

Die Prima Groep is ’n familiebesigheid wat gesetel is in die Wes-Kaap en reeds vanaf 1968 in Beaufort-Wes begin handel dryf het. Die Prima Groep het ontwikkel uit die Prima Bande-handelsnaam, wat ses SupaQuick en vier TyreMartkonsessies en een Prima Bande kommersiële en agri-tak bedryf. Twee van die TyreMart-takke is in Bellville, nog een word eersdaags in Malmesbury geopen en een in die Paarl. Wat die Prima Bande maatskappye so uitsonderlik maak, is die feit dat hul deurgaans daarna streef om hul kliënte se verwagtinge daagliks op ’n doeltreffende en eer-

Prima Bande TYREMART like manier te oortref. Fanie Malherbe, die stigter van die besigheid, se seuns Pieter en Febbie en skoonseun Johan Louw, het ook sedertdien by die besigheid aangesluit, wat getuig van die onuitspreeklike waarde van dekades se harde werk. Soos genoem, bedryf die Prima Bande-filiaal van die Prima Groep ses SupaQuick-winkels, wat takke in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en SuidKaap insluit. Hierdie SupaQuick-winkels verkoop bande teen die beste moontlike pryse en beskik oor werkswinkels wat bande-passings en –balansering doen, asook uitlate, skokbrekers en ander verwante produkte verkoop. TyreMart-winkels word offisieel erken as die vinniggroeiendste motorband-konsessie in SuidAfrika. Vier van hierdie winkels val ook binne die Prima Bande-filiaal, aangesien die groter verskeidenheid handelsmerke teen die beste moontlike pryse hier die deurslag bied. Tesame met die feit dat hulle die voorkeur-verskaffers van Continen-

tal, Michellin, Pirelli en Good Year-bande is. Die feit is, die kliënt kom altyd hier eerste - so waarom elders gaan soek? Prima Bande is al 40 jaar deel van die Malmesbury-gemeenskap en Nico Pieterse, die bestuurder van die nuwe TyreMart, reeds 23 jaar werksaam by die maatskappy. Hy sê: “Die gemeenskap was nog net altyd goed vir ons, veral die landbou-en boeregemeenskappe. Dit het ons in staat gestel om deel te word van belangrike gemeenskapsprojekte oor die jare, soos die bou van die Pre-Primêre skool en as die hoofborg van skolerugbyspanne. Paarl het sy eerste Prima Bande-winkel in 1990 gekry en die nuwe TyreMart word bestuur deur Callie Nel, wat al 15 jaar deel van die groep is. Hy waarborg steeds doeltreffende, eerlike diens, met ‘n groter verskeidenheid handelsmerke teen die beste moontlike pryse! Besigheidsure gedurende die week is van 8:00 tot 17:00 en op ‘n Saterdag: 8:00 tot 12:00.


9

nuus • news 19 Maart 2014

Wen met Musiekaand onder die Sterre ‘n Aand van musiek, kos, wyn en vriende word aangebied deur plaaslike talent van Malmesbury. Ligte klassieke tot jazzmusiek en kos, wyn en verversings wat te koop aangebied sal word, beloof ‘n aand om nog lank te onthou. ‘n Uurlange program asook wyn van pryswenner Adi Badenhorst en etes deur Southern Smoke sal te koop wees. Bring jou piekniekkombers en stoele en

kinders saam en besoek die plaas Kalmoesfontein, ongeveer 20 km buite Malmesbury (Paardeberg, R45). Hoewel die program om 19:00 begin, open die hekke om 17:30 - die ideale geleentheid om die soel herfsaande saam met vriende en familie deur te bring. Kaartjies kos R80 per volwassene en R20 per kind onder 14 en is beskikbaar by

Malmesbury Toerismekantoor (022 4827 1133) of besoek: aabadenhorst.com Twee lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie wen na dié konsert: SMS voor Maandag 24 Maart jou antwoord op ons maklike vraag, jou naam en van asook tuisdorp na 084 8333 813. Vraag: Waar word die konsert ‘Musiekaand onder die Sterre’ aangebied?

Nuwe sakekamerbestuur:

Die Malmesbury Sakekamer het verlede week sy algemene jaarvergadering gehou. Die nuwe begroting is by die geleentheid bespreek en die nuwe bestuur is verkies. Die bestuurslede is Johan Viljoen, Rico Kruger, Oddette Boshoff, Patrys Bester, Margot Kemp, Werner Schreiber, Wessel Badenhorst, Johan Albertyn, Rudolf Knoetzen, Thys Cronje, Erik Louw en Theo Kleynhans. Foto: Nelia Kirsch

R376 000

MALMESBURY

R620 000

PORTERVILLE

R660 000

MALMESBURY

R749 000

ALLEENMANDAAT

LIEFLIKE HUISIE!

WEB 316703

Slaapkamers 3 Badkamer 1

Ideale aftree huis wat maklik is om te onderhou. Erf van 552vkm met pragtige vrugte bome agter. [K] 022 433 3444 ANDRÉ 082 218 3636

MOORREESBURG

R865 000

WEB 305596

Genoeg akkommodasie vir die groter gesin met volop parkeerplek vir voertuie.

[K] 022 487 3905 HAJIRAH 072 072 4303

R900 000

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

VICTORIAANSE

GARDEN VILLAGE

Slaapkamers 4 Badkamers 2

MOORREESBURG

WEB 318076

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

FAMILIE WONING

WEB 317655

GOU SPRING!

WEB 316108

FAMILIE HUIS

WEB 312340

OU KLASIEKE HUIS

WEB 316860

Slaapkamers 3 Badkamer 1 Motorhuis 1

Slaapkamers 3 Badkamers 3 Motorhuis 1

[K] 022 931 2761 INA 082 921 8316

[K] 022 487 3905 HAJIRAH 072 072 4303

[K] 022 931 2761 INA 082 921 8316

Lekker woonhuis met 4 lugverkoelers in ‘n stil en rustige area naby skole, kerk en besighede.

Woonhuis met al die ekstras! ‘Solar’ geyser, alarm, outomatiese hek en buite braaiarea.

MOORREESBURG R1 350 000

MALMESBURY

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

PRAGTIGE HUIS

WEB 318075

KLEINHOEWE

Slaapkamers 4 Badkamers 2 Motorhuise 4

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuis 1

Slaapkamers 2 Badkamers 2

[K] 022 433 3444 ANDRÉ 082 218 3636

[K] 022 433 3444 ANDRÉ 082 218 3636

[K] 022 433 3444 ANDRÉ 082 218 3636

GERHARD 082 048 3400

Prag vier slaapkamer huis met studeerkamer, oopplan ontvangs en lapa-braai.

ALLEENMANDAAT

Slaapkamers 3 Badkamer 1 Motorhuis 1

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuise 2

Ideale woning vir die groot gesin. Groot erf met gevestigde tuin in plattelandse stilte.

R765 000

PORTERVILLE

VERKOOP

VERKOOP

MOORREESBURG

Gemaklike woonhuis met luukse woonstel op ‘n grootte erf van 1 355vkm.

R2 800 000

Pragtige gerestoureerde huis met hoë plafonne. Buitebraai en solder asook buitegebou.

MALMESBURY

R3 800 000

ALLEENMANDAAT

WEB 309594

Swartland varkplaas met gelisensieerde slaghuis. 20 Ton vrieskas en 40 ton koelkamer.

5 HA KLEINHOEWE

Slaapkamers 4 Badkamers 3

WEB 317101

Gemaklike vier slaapkamer huis. Oopplan kombuis met ingeboude kaste. Binnebraai en swembad.

GERHARD 082 048 3400

SA se gekose tuiste vir meer as 33 000 eiendomme te koop of huur.


nuus • tomis

10

19 Maart 2014

Die Malmesbury VLV het verlede week vergader en hulself verryk met sprekers en uitstallings. Die nuwe bestuur is voor Steffie Brink, Mia Louw (voorsitter) en Helena Visser. Agter is Jeanette Orchard, Lillebet Slabber, Huibrè Retief, Sophia Duvenage en Rita Kruger. Afwesig met die neem van die foto is Lizette Lewis en Hanna­lize Louw.

Steynville

: Hierdie leerders van Steynville Sekondêr op Piketberg, het aan die jaarlikse Cape Argus Pick ‘n Pay-fietswedren deelgeneem. Saam met die skoolhoof, Ferdinand Saal, is agter Justin Goedeman, Charlton Faroa, Adriaan Kouter, Houston Rosenberg en Dylan Rhodes. Voor is Abraham Engelbrecht, Jenobian Engelbrecht, Brandon Van der Merwe en Bradley Klaasen.

HSS: Leerders van Hoërskool Swartland wat aan die Cape Argus deelgeneem het, het soos volg presteer: Megan Barnard (5.47.00), Deoné van Dyk (3.59.55), Cornel Hanekom (4.00.24), Brad-Lee Siebrits (5.00.25), Wynand Hofmeyr (3.38.46), Eaden May (3.19.50), Willy-John Kriel (4.11.19) en Michael Cotter (4.33.24).

Tomis Abattoir met gesogte Malmesbury SuperSpar weer onder beste supermarkte Tomis Slaghuis op Hermon pronk vanjaar met ‘n Cleaver-toekenning vir uitnemendheid. Slaghuise en besighede met slaghuis-afdelings landwyd in Suid-Afrika word met Cleavertoekennings bekroon. Dit word wyd beskou as ‘n teken van voortref­

likheid van produkte en dienslewering. Tomis is deur die paneel van beoordelaars, wat deur die loop van die jaar besighede landwyd onaangekondig besoek, aangewys as die streekwenner in die Platinaklas. Tomis is 21 jaar gelede begin deur Tommie Moolman, besturende direkteur. Volgens Tomis se visie-uiteensetting streef die besigheid daarna om die onbetwiste markleier in Suid-Afrika te wees in die voorsiening van gehalte lam- en lamprodukte. Met die onderneming se viering van sy 20ste bestaansjaar verlede jaar, het Moolman die besigheid se lewenslesse soos volg uiteengesit: • Dat integriteit, eerlikheid en etiese waardes

Albie Coetzee (regs, mede-eienaar van Malmesbury Superspar) en slaghuisbestuurder Dirk Oosthuizen met ‘n vorige Cleaver-toekenning.


11

cleaver toekennings 19 Maart 2014

Cleaver-toekenning bekroon

Bo: Tommy en Isabel Moolman. Links: Tomis Abattoir vanuit die lug gesien. www.tomis.co.za die basis moet wees waarop jou besigheid gebou moet word. • Dat ons van die begin af besef het, sukses is nie om buitengewone prestasies te behaal nie, maar om die gewone dagtake met buitengewone toewyding te vervul. • Bou brûe in die lewe - indien jy brûe afbreek, sit jy later op ‘n eiland. • Dat die enigste plek waar sukses voor werk kom, in die woordeboek is! • Dat sukses ‘n reis is en nie ‘n bestemming nie. • Dat om die beste te wees ten opsigte van kwaliteit en diens, ononderhandelbaar in die vleisbedryf is. • Malmesbury SuperSpar het vanjaar ook weer so gemaak deur met ‘n Cleaver-toekenning vir sy slaghuis bekroon te word.

SA se voorste verskaffer van voedselbestanddele, derms en toerusting tot die vleisindustrie h/v 11de Laan & Voortrekkerweg Maitland

Tel 021 5074500 www.freddyhirsch.co.za

Baie geluk aan TOMI’S ABATTOIR met die wen van die 2013 Platinum Cleaver Streeks toekenning. Ons wens julle baie sukses toe.

Our nutrition unlocks your animals’ genetic potential

Meadow Feeds is proud to be the preferred feed supplier to TOMIS Congratulations TOMIS on winning the Cleaver Awards PEOPLE

PEDIGREE

PASSION

PURPOSE

PROCESS

PROMISE

meadowfeeds.co.za 572MEA_TOMIS_Congrats_Advert_FA.indd 1

2014/03/17 4:52 PM


nuus • news

12

19 Maart 2014

Die Wes-Boland se o.12-krieketspan het op Malmesbury hul slag gewys. Voor is Luke Raubenheimer (Riebeek-Kasteel), PW van Heerden (Dirkie Uys), Pethrin Owies (Steynville Primêr), Nathan Goossen (Curro Langebaan), Lyle Booyse (Piketberg) en Jacques Theron (Topolino). Agter staan Nazro Cleophas (Vredenburg), Anro Marais (Vredenburg), Matthew Somers (Piketberg), afrigter Danie van der Nest (RiebeekKasteel), Dirk Bester (Dirkie Uys), Andre van der Merwe (Curro Langebaan), Jano van Wyk (Riebeek-Kasteel) en Declan Braaf (Riebeek-Kasteel).

Dié leerders van Laerskool Swartland op Malmesbury het as lede van die Bolandspan aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap deelgeneem. Agter: Rachelle van Waardhuizen (hoogspring o.11), Ansune Smit (spiesgooi, o.13), Michayla Ritter (gewigstoot o.13) en Jana Relihan (800m) en voor Darren Brown (80m en 100m, 0.11) en Eli Phillips (100m o.10). Jana Relihan is opgeneem in die Wes-Kaapspan en het deurgedring na die SA-byeenkoms.

HSS: Die leerders van Hoërskool Swartland op Malmesbury het gekwalifiseer om as deel van die Boland Junior atletiekspan aan die ASA Junior kampioenskap op Stellenbosch deel te neem van 3 tot 5 April. Agter is Petro Bower, Riaan Theron, Tando Magingxa, Annereen Malan, Ester van der Merwe en Althea Eksteen. Voor is Elroy van Harte, Allison de Wet, Sam Walters en Lebo Masinga.

Promosie

Laerskool Swartland kermis in beeld

Die Laerskool Swartland het die afgelope naweek sy jaarlikse Kermis op die skool se sportvelde gehou. Saterdagogggend het die fikse deelnemers soos René en Marius Kotze (links bo) en Gerhard en Mariska Joubert (foto bo middel regs) die 5km pretloop kafgedraf. Links: Onder die stappers

was Jana Relihan, HeikeMari Kotze, Andrea Nel, Thea Nel en Liza Eksteen.

Marissa Cotter, Dané en Mané Visser, Dané Viljoen en Danielle Thompson (voor) was vroegoggend slaggereed vir die pretloop.

Vrydagaand se kareoke in die courant-tent is ingelui deur onderwysers Sandra Snyman, Arjanné Heydenrych en Nina Steenkamp.

REGS BO: Die kaskarwedrenne was weer baie gewild by seuns en meisies. Hier laat Lunelle Basson, Ané Snyman en Karien van Wyk die wiele rol vir hul span.

BO: Kop aan kop spook karre nommer twee en drie Die kermis is afgesluit met ‘n tekkie-kerkdiens in die tent. Hier- sake uit. Links is die groep, Salomé Walters, Kaylin Stallenberg, Mari Borman, Liza Liam O’Calaghan, Eksteen, Chelsea Grabé, Jahni Rabbets, Anke Claassen, Chris- Reneé Joubert en Tony Louw, terwyl mari Malan en Heike-Mari Kotze het die sang gelei. Jana Viljoen, George Wolfaardt en Bertus Malan die binnebaan kies. Jahni Rabbets was een van die deelnemers aan die Laerskool Swartland en die courant se Idols. LINKS: Sanger Waldo Lotz het die kermisgangers Vrydag vermaak in die courant se tent en ook saam met Gwendoline Kriek as beoordelaar vir die gewilde Idols opgetree. Hy het Matthew Cullum geroep om te kom saamsing.

Jana du Plessis het haar prys as Mej Kermis Gr 5 van Elmien Engelbrecht ontvang.

Laerskool Swartland bedank al die ondersteuners en borge wat bygedra het om vanjaar se kermis weer ‘n reuse-sukses te maak.


13

nuus • calender 19 Maart 2014

swartland kalender/diary

Gesondheid:

Die Maranatha-projek in Chatsworth het verlede week behels dat dokters uit Amerika mediese dienste gratis aanbied aan die mense van die omgewing. Die projek is ge­reël deur die aanbieders van die sopkombuis, Renee en Adam Jacobs. Op die foto is Renee en Adam (staande). Foto: Derick Young

Bemagtig: Skog hou Voorsaai-Boeredag 19 Maart - Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep (Skog) se Voorsaai-Boeredag in die Jan Basson Sentrum, Sentraalstraat, Moorreesburg. Die ekonoom dr. Roelof Botha is die hoofspreker. Hy sal praat oor groeivooruitsigte en die toekoms van die landbou. Kontak Gert Conradie by gertc@elsenburg.com of 022 433 2370. AGS hou biduur 19 Maart - AGS Riebeek-Wes hou biduur om 19:30 met die tema: “Gebed verander nog sake”. Vroue-oggend by Aandskemering 19 Maart - Annique Vroue-oggend om 9:30 ten bate van mediese aankope vir Aandskemering in Die Herehuis op Malmesbury R80 pp. Kaartjies by mev. Bredenhand. Kontak 022 482 1920 of suster Jooste by 0828256993. Drankforum hou vergadering 20 Maart - Swartland Drankforum vergader om 14:00 by Bloues Klubhuis. Aanbieding deur Wes-Kaapse Drankowerheid. Kontak Henfre Brand by 0827038666 vir inligting. Gesprek oor dwelmplan 20 Maart - Tijmen van Essen, burgemeester, reël ‘n Stigtingsvergadering van ‘n Plaaslike Dwelm-Aksiekomitee vir Swartland. Die komitee gaan ‘n geïntegreerde Dwelm Aksie Plan opstel en implementeer. Organisasies of indiwidue wat by dwelmbekampingsinisiatiewe betrokke wil raak. Kontak Gertrude van der Westhuizen by 022-4879400 vir nog inligting. Konsert by kleuterskool 21 Maart - Die Dramagroep “Up in Smoke” tree op saam met Boerstryk en Hip Hopdansers, asook plaaslike sangers op by die Esterhof Pre-Primêre Kleuterskool, Riebeek Kasteel vanaf 19:00. Toegang R10 p.p. Kom en ondersteun so die toekoms van ons kinders. Kontak Annalie Daffnee 0734395848. Kansastap op Piketberg 22 Maart - Die skilderagtige plaas Moutons­ hoek, (Scheppie Saus) by Piketberg. Inskrywingsfooi is R60.00 vir volwassenes/hoërskoolleerlinge en R30.00 vir laerskoolleerders. Dit sluit ‘n visbraai met slaai, gebakte brood en drinkgoed in. Inskrywings vanaf 07:00, stap begin 08:00. Trekker en wa vir ouer persone na Haarwegkloof, Scheppie Sous se kampeerterrein. Gewone voertuie kan ook ry tot daar. Jammer, geen troeteldiere. Kampeerfasiliteite beskikbaar. Kontak Danie Smit – 083 233 7772 / Annatjie Smit – 083 460 4051 of 022 942-1848. AGS hou kerkdiens 23 Maart - Die AGS Riebeek-Wes hou om 10:00 ‘n erediens met die tema: “Soek jou kragte in die Here”. Kerkdiens op Malmesbury 23 Maart - Die AGS Corpus Christi hou om 09:30 hul oggenddiens met die prediker: Roderick Onverwacht Die aanddiens volg om 18:30 met die prediker: Nellie Mentoor. Navrae: 073 447 2902

Moorreesburg-biblioteek vier 10 jaar 24 tot 28 Maart - Gasspreker Hanlie van Wyk, skrywers E. Kotze en Alta Cloete is die gaste by die vieringe van dié mylpaal. Verder is daar stalletjies, potjiekoskompetisie en verdere pret. Skakel Cecilia vir verdere navrae. Shavathon op Malmesbury 26 Maart - die courant en Kansa bied ‘n shavathon aan in die De Bronsentrum teen R20 kleur of R25 skeer (volwassenes) en R10 kleur vir kinders. Kom raak betrokke en doen jou deel vir Kansa. Ure: 9:30:00 tot 16:00. 022 4821111 vir navrae. Musiekaand onder die sterre 26 Maart - Paardeberg Musiekaand op die plaas Kalmoesfontein buite Malmesbury (Paardeberg, R45), vanaf 19:00; hekke open 17:30. Ligte Klassieke tot Jazzmusiek en Kos, wyn en verver­ sings te koop. R80 per volwassene, R20 per kinders onder 14 Kaartjies te koop by Malmesbury Toerismekantoor (022 4827 1133) of besoek: aabadenhorst. com Oorslaap op Kasteelberg 28 Maart - Vertrektyd vanaf die AGS Corpus Christi Malmesbury (Baroccastr. 19) is 17:00. Daag asb. voor 17:00 op, want sonsondergang is 18:45. Noodhulp toerusting sal by my beskikbaar wees. Navrae: Piet Smit by 073 447 2902 Verkoping op Moorreesburg 29 Maart - Bootsale/ markdag op die terrein van die Moorreesburg koringbedryfmuseum-terrein vanaf 8:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30 elk en almal is welkom. Skakel Hermien: 022 433 1072. Gholfdag op Moorreesburg 29 Maart - Vierbal American Scramble - R200 per speler (steak-ete ingesluit). Baie goeie pryse vir almal! Skakel Ilza van Niekerk (022 433 1042) of admin@heerde.co.za Projek ter wille van die voortbestaan van Huis van Heerde. Sporttoernooi by Laerskool Riebeek-Kasteel 31 Maart - Netbal- en rugbytoernooi tussen die spanne van 26 skole, ongeveer 950 skoliere van so ver as Richardsbaai, Betlehem en Pretoria. Alle belangstellendes is welkom. Skakel die skool (022 448 1228) vir nog navrae. Charity Run op Moorreesburg 4 en 5 April - Dié tweede jaarlike insameling vir plaaslike welsyn op die skougronde beloof twee dae van pret, musiek en stalletjies. Vrydag van 16:00 tot 24:00 en Saterdag vanaf 8:00 met Voices du Bois, Viljoen Retief en Burger le Roux, met Live Band tot laat. Skakel Francois by 083 956 0606 vir meer inligting. Sangmiddag op Moorreesburg 6 April - Die GPF reël ‘n sangmiddag te Rosenhof Gemeenskapsaal. Verskillende sangitems sal gelewer word en die hele gemeenskap word uitgenooi om die sangmiddag te ondersteun. Tyd: 15:00. Volwassenes - R10-00 en kinders - R5-00.

‘n Naaldwerkprojek op Chatsworth bemagtig nou die vroue van die streek én dien ook as ‘n potensieel nuwe bron van inkomste: Jasmine Fortune (regs) is die kundige wat met naaldwerkmasjiene die vroue van die dorp leer om dié kundigheid te ontwikkel. Van links is Sarah Cumberleye, Gabriele Oppelt, Skyline Jacobs en Lee Jacobs. Foto: Derick Young


14

smalls • dienste 19 Maart 2014

Streek se Kavaliers: Die Swartlanders in die Boland Kavaliersgroep, Andre Coetzee (Wesbank), Juwell Samuels (Never Despair), Jason Kriel (Moorreesburg) en Tiaan Radyn (Malmesbury), was Saterdag tydens die Kavaliers se kragmeting op Malmesbury in aksie.

Career Opportunity The CSIR (Council for Scientific and Industrial Research) is a leading scientific and technology research organisation, implementing projects throughout Africa and making a difference in people’s lives.

Storeman The CSIR Defence, Peace, Safety and Security (DPSS) unit, based in Langebaan, has this vacancy in the Technology for Special Operations (TSO) competence area. The successful candidate will maintain and control the store system for a particular interest group to ensure availability on an operational, reliable level. Candidates should hold a Grade 12 (Matric) with 2-3 years’ relevant experience as a Storeman, computer literacy (MS Windows, Word, Excel) and knowledge of current defence policy and policy issues, as well as of the Department of Defence as a whole. Good problem-solving experience, the ability to work well under pressure (to deadlines) and as part of a team, and role-related physical fitness, are also essential. They must also be fully bilingual in at least 2 languages, one being English, and should boast good organisational and time management skills. (Ref. 303974) Should you meet the above requirements, please go to https://candidate.csir.co.za and select the relevant reference number, complete the application form and attach your CV. Closing date: 31 March 2014 Please note that feedback will be given to short-listed candidates only. Should you experience any problems in submitting your application, please contact the CSIR Recruitment Centre at Recruitmentqueries@csir.co.za (please do not submit your application to this mailbox).

www.humanjobs.co.za

Human Communications 107508


15

smalls & dienste 19 Maart 2014 Gesoek Wanted SOEK DRINGEND 2de handse melktenk of chiller om te koop @ ‘n redelike prys. Kontak 071 332 1843. ----------------------------SAAMRYGELEENT­ HEID gesoek - iemand wat in Paarl werk en petrol deel. Maandag tot Donderdag 7:3016:30 en Vrydag 7:3016:00. Kontak 079 512 7060/022 482 3058 (na 18h00). ----------------------------VOORGESKREWE sonbril verloor op Saterdagmiddag, 1 Februarie 2014 by Absa bank. Skakel 082 832 2458.

Gesoek Wanted

ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. ----------------------------ALLES in een tuindiens- JK Skoonmaakdiens- Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine. Verkoop en le van gras. Verwydering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. ----------------------------ASSORTED edible photos/pictures for cakes and cupcakes @ R50.00 per sheet. Contact 022 482 2741. ----------------------------IS JOU KIND se take ‘n kopseer? Hier is hulp. School projects getting you down? I can help! 022 482 2741 of stoffbergr@ yahoo.com ----------------------------JUST 4 FUN BALLOONS- (Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak 082 565 3722. ----------------------------KONTANTLENINGS geswartlys welkom. Kontak 061 460 6669/021 910 4743. ----------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleentheidskoeke. ----------------------------MS’S MIN Cleaning Services: Cleaning of houses, businesses, offices, vehicles,

windows, carpets, etc. Supervision, chemicals, equipment provided. Openings left in Malmesury and Riebeek. Contact 072 271 2881 or email amorettemeyer@ gmail.com -----------------------------SKULD KONSILIDASIE Geswartlys welkom. Ons reël vir slegs een bekostigbare paaiement. 061 460 6669/021 910 4743. -----------------------------VOORSIEN en Installeer van Laminating, Matte, Novilon, Teëls, en Blindings. Ons doen ook omso­ming van los matte. Vir gratis kwotasies skakel 022 482 2100. -----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. Diens en installeer ook lugversorgers. New Freeze, Royalstraat 44, Moorreesburg. 022 433 3831 / 071 953 1292 of 082 573 1589 ----------------------------VERDIEN EKSTRA as survey assistente. Wonderlike geleentheid. SMS asb u volle naam, tel, faks en/ of epos adres na 074 114 2554 vir meer inligting.

Te Huur To Let

GROOT familiehuis te huur, sentraal Riebeek Kasteel. Loopafstand van skool @ R9500 pm. Beskikbaar vanaf 1 April 2014. 4/5 slaapk, stoorkamer, bediende kamer, dubbel garage, diere & kinders welkom, groot omheinde tuin met vrugtebome, kombuis, 2 groot leefareas, kaggel, buitebraai en 4 x aircons. Skakel Este Smit by 072 777 7225. -----------------------------PROPERTY SELLERSR6 900 - Baie netjiese 3 slaapkamerhuis, 2 badkamers, oopplan

kombuis/sit/eetkamer, binnebraai, onderdak kuierarea met pizza oond, dubbel motorhuis. Bergzicht area. Netjiese huurders gesoek. Skakel kantoor 022 487 1264.

Te Koop For Sale

ISUZU Kappie @ R4500 asook tralies vir Isuzu bakkie @ R3500 te koop. Kontak 072 245 1850.

Betrekking Vacancy

SENTRAAL BAKWERKE soek: Paint shop-Putty boys. Tel: 022 487 1283. Faks: 022 487 2504. Epos CV na: sentrabak@telkomsa.net -----------------------------VERDIEN EKSTRA as freelancer by Ellerines in Malmesbury. Kontak Maxie vir meer inligting by 022 487 2078.

Besigheid te koop Business for sale

WINKEL TE KOOP. Verskeidenheid lekkers, chips, roomyse, koeldranke, ens. Vrieskaste, yskaste en voorraad ingesluit. Skakel 072 471 8655.

Geluk Congratulations

Dean John Smith. Baie geluk met jou Fleur du Cap-toekenning vir die mees belowende student. Ons is baie trots op jou. Bly soos jy is. Van: Daddy, Mammie, Lynn en Jill.

Dankie Thank You

Hiermee wil die familie baie dankie se aan Rev Beck vir die troosdiens wat gehou is, dit

het soveel berusting gebring. Duidelik het ons die boodskap gekry dat sy baie geliefd was in die gemeenskap. Baie dankie dat u haar gedra en verdra het. Sy het altyd vertel van haar goeie vriende en dan haar liefde vir “haar kinders” wie sy in die onderwys-jare gehad het. Ons glo dat haar liefde altyd met u en met ons sal bly, want pyn en hartseer is daar nie meer. Seënwense Paarl-familie

Eiendom te Koop Property for Sale

MOORREESBURG- 2 slaapkamer woonstel te koop @ R220 000. Het tans ‘n huurder. Uitstekende belegging. Kontak 084 569 7795.


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

19 Maart 2014

Rabie trap puik in Argus Johann Rabie is die Swartlandse fietsryer wat die beste gevaar het in die Argus-wedrenne. Hy het uitstekend gery deur algeheel vierde te kom in die Argus-padwedren en ‘n 11de plek in die Argus-bergfietswedren behaal.

Onder die Swartlanders wat die Argus-padwedren oor 109km voltooi het, was: Johann Rabie 2.39.32, Glenn Norrie 3.05.52, Manus Bester 3.42.29, Lodiaan Fouche 3.44.17, Charl Malherbe 3.45.32, JJ Basson 4.09.21, Riaan van Zyl 3.18.15, Nantes Zwiegelaar 3.20.46, Kobus Duminy 3.21.12, Jaco Geldenhuys 3.26.20, Hildegarde Geldenhuys 3.26.21, Charl Cooper 3.33.07, Elfriede Wolfaardt 3.33.59, Johann Loubser 3.36.30, Pompies van Niekerk 3.40.13, Pieter Malherbe 3.40.13, Fietie Rocher 3.44.04,

Chris Auret 3.51.00, Karen Duminy 3.52.57, Friederich Claassen 3.53.10, Herman Wolfaardt 3.57.37, Gerhard van Dyk 3.59.23, Deoné van Dyk 3.59.55, Stefan le Roux 4.00.59, Jean du Plessis 4.04.04, John Lofty-Eaton 4.11.47, Michael Cotter 4.33.06, Gerrit Cotter 4.34.22, Marlene Hanekom 5.09.13, Jurie Hanekom 5.09.14, Cornel Hanekom 5.09.14, Zander Bain 5.21.08, Mariata Malherbe 5.35.08, Willem Wentzel 6.26.40, Jorrie Jordaan 5.50.32, Johan McKinnon 5.42.29, Hercu Hofmeyr 4.44.05, Wynand Hofmeyr 3.38.46 en Willie Taylor 5.55.39. Onder die Swartlanders wat die Argus-bergfietswedren oor 55 km voltooi het, was: Johann Rabie 2.19.05, Glenn Norrie 2.45.45, Manus Bester 3.41.04, Lodiaan Fouche 3.14.05, Carl Malherbe 3.24.17, JJ Basson 4.13.01, Chrispin Fourie 2.53.00, Thomas Orchard 3.44.00, Juan Pearson 3.48.05, Shane Ketel 4.10.57 en Guillaume Orchard 4.17.36.

•Gemeenskapstryd in Swartland

Wesbank pak Hamiltons

Nadat Wesbank Rugbyklub sy eerste proesel van die Gemeenskapbekerkompetisie op Saterdag, 8 Maart gehad het, kom hy eerskomende Saterdag te staan teen die gedugte span van Hamiltons van Kaapstad. Soos reeds vroeër berig, het Wesbank hom baie goed van sy taak gekwyt teen die span van Shumba Ferros van Witbank en het net homself te blameer vir die verloor teen die span van Witbank. Wesbank het vier drieë gedruk teenoor die drie van die span van Mpumalanga. Wesbank het die afgelope Saterdag die span van Moorreesburg met 40-15 verslaan. Eerskomende Saterdag se wedstryd vind plaas op Wesbank sportgronde te Malmesbury en behoort die tuisveldvoordeel in Wesbank se guns te tel. Hamiltons het die afgelope Saterdag sy wedstryd teen die span van Katu in die Noordkaap met 49-9.gewen. Hamiltons, die oudste rugbyklub is Suid Afrika, se span is gelaai met baie ervare spelers soos Morgan Newman en Justin Wheeler wat al voorheen Superrugby vir die Stormers gespeel het. Volgens Ian Adams van Wesbank gaan dit be­ slis ‘n fisieke wedstryd wees en Hamiltons gaan probeer gesag afdwing met sy sterk pak voorspelers. Wesbank se voorspelers het al talle kere bewys dat hy skouer teen skouer kan staan met die mees fisieke voorspelers in die land. Sy onlangse wedstryd teen die Boland Kavaliers behoort ook vir hulle ‘n duidelike prentjie te gee wat hulle kan verwag. Agterlangs gaan Wesbank sy verdeging moet opskerp en in die gesig van die Hamiltons se agterspelers moet speel. Daar kan verwag word dat Wesbank se fana­ tiese ondersteuners in groot getalle sal opruk om hul span te ondersteun. Die wedstyde begin reeds om 12:00 met die hoofwedstryd wat om 16:00 afskop •Never Despair het Saterdag op Wesbank die span van Darling met 19-0 getroef. Volgens Albertus Goliath, wedstrydsekretaris,

Wesbank was Saterdag te sterk vir Moorreesburg. Regs probeer Johan September van Wesbank die verdedigers van Moorreesburg Ashley Amon en Ruan van Rooy klop.

Never Despair het Darling Saterdag met 19-0 geklop. Links ontwyk Never Despair se Regan Fluks (met Marno Hart aan sy buitekant) die Darling-hande van Gerald Thomas. Agter is Darling se Chrizano Blignaut en Lodewyk Lingeveldt. het die driedrukkers heelwat slaankrag aan Never Despair verleen. Dit was die vleuels, Dennis Phillips en Lee-Donovan April, asook Dylan Strydom, heelagter. Sherwin Dyson het ‘n doelskop bygedra. Lance Lievendal en Reagan Fluks, flanke, verdien ook uitsondering vir hul aanvalle en verdediging. Afrigter Hilton Adonis het nog twee vrienskap­ like wedstryde oor om sy kombinasies te toets

voordat Never Despair op 12 April in sy eerste Premierligawedstryd teen Villagers Worcester op Malmesbury te staan kom. Die span se volgende vriendskaplike wedstryd is op 29 Maart teen Hands and Hearts van Kraaifontein, ook op Malmesbury. • In die hoofwedstryd die afgelope Saterdag in die Wesbankstadion het die Vrystaat die Boland Kavaliers met 28-20 geklop.

Sportuitslae - Sports results Malmesbury Gholfklub Woensdag: Enkel-Stableford: ROLA SUNDOWNER Donato Stelluto 20 Wynand Britz 19 George Prinsloo 18 Marcelle Prinsloo 17 Appie vd Merwe 17 Vrydag: Enkel-Stableford: KLIPDRIFT SUNDOWNER Okkie Basson 23 Dawie Horn 21 Frans Destroo 21 George Prinsloo 20 McNeil Hendricks 20 Saterdag: Enkel-Stableford: Brent vd Merwe 41 Peter Willemse 38 Leon Karstens 38 Andre Ackerman 37 Paul Hardcastle 35 Sondag: 36 putjies Houespel: Breyten Meyer (George) 142 Herman Loubser (Paarl) 145 Karl Ochse (Stellenbosch) 145 Peter Willemse (Malmesbury) 145 Trevor Mahoney (Pearl Valley) 145 Pierre de Villiers (Stellenbosch) 146 Philip Spies (Stellenbosch) 147 Erhaard Lambrechts (Lutzville) 149 Malmesbury Tennisklub MALMESBURY A TEEN BRACKENFELL A 4 wedstryde elk.Malmesbury wen met 9 stelle teen 8 Braam Isaacs v O.McIntyre 6-7; 0-6 Dmitri Marais k R.Maree 6-1;7-5 Demi Rose v T.Diedericks 5-7;2-6 Lize-Marie Lategan v M.van Wyk 0-6;2-6 David Isaacs & Annette De Wet k J.Theron & H. Theron 6-2;6-3 Braam Isaacs & Demi Rose v O.McIntyre & T. Diedericks 6-2;4-6;6-7 Dmitri Marais & Lize-Marie Lategan k J.Theron & H.Theron 6-3;6-3 David Isaacs & Annette De Wet k R.Maree & M.van Wyk 6-4;6-3 MALMESBURY B TEEN VLOTTENBURG B Malmesbury verloor 5 wedstryde teen 3 Dirk Lategan & Irvan Turner k W. Du Toit & D. Kotze 6-3;1-6;7-6 Kristoff Isaacs & Daryl Blom v D.van Niekerk & B. Coetzee 6-7;7-6;6-7 Antoinette Snyman & Leria De Jongh v N.Du Boas & M. Bothma 4-6;3-6 Mariata Malherbe & Elizma White k C.Scholtz & M.Ter Hurne 6-4;6-2 Dirk Lategan & Antoinette Snyman v W. Du Toit & N Du Boas 7-6;4-6;6-7 Irvan Turner & Leria De Jongh v D.Kotze & M.Bothma 2-6;6-3;6-7 Kristoff Isaacs & Mariata Malherbe v D.van Niekerk & C.Scholtz 1-6;5-7 Daryl Blom & Elizma White k B.Coetzee & M.Ter Hurne 2-6;6-2;7-6 MALMESBURY C TEEN STRAND C Malmesbury verloor 5 wedstryde teen 3 Divan Robertson & Melt Smit k J. Vos & JP Kock 6-4;6-2 Carel de Jongh & Morne Van Zyl v B.Bekker & A.Rossouw 2-;2-6 Marlene Hanekom & Reese Neethling v L. Rossouw & Sue Jooste 0-6;4-6 Jessie Liebenberg & Sunette Botha v A.Steenkamp & A.Morkel 2-6;1-6 Divan Robertson & Marlene Hanekom k J.Vos & L. Rossouw 6-2;5-7;7-6 Melt Smit & Reese Neethling k JP Kock & A. Steenkamp 6-2;1-6;7-6 Carel de Jongh & Jessie Liebenberg v B.Bekker & S.Jooste 1-6;7-6;6-7 Morne Van Zyl & Sunette Botha v A.Rossouw & A.Morkel 2-6;1-6 MALMESBURY D TEEN PAARL HUGENOTE B Malmesbury wen 4 wedstryde teen 2 Johan Moller & Andrae Gouws k Johan Africa & Nadine Gordon 6-2;6-1 Alec Viljoen & Theresa Borcherds k Charl Carolus & Mariska Jacobs 6-3;6-1 Edgar Petersen & Eric Hoffman v Julian Blankenberg & Elston Erasmus 4-6;3-6 Andrea Gouws & Theresa Borcherds k Nadine Gordon & Mariska Jacobs 6-0;6-0 Johan Moller & Alec Viljoen k Julian Blankenberg & Elston Erasmus 6-1;6-2 Edgar Petersen & Eric Hoffman v Johan Africa & Charl Carolus 1-6;6-7

uitslae geborg deur


Die courant 19 maart 2014  
Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you