die courant 16 mei 2012

Page 16

courant agterblad

die

swartland en weskus

16 Mei 2012

Wesbank se held skouerhoog afgedra

Nevin Edas, held van Wesbank in Saterdag se stryd, word skouerhoog van die veld gedra nadat hy in die laaste sekondes ‘n oorwinning vir sy rugbyspan beklink het deur ‘ n strafskop deur die pale te jaag. Op die foto regs bo ondersteun André van Reenen vir Emgee Fredericks om oor die doellyn te gaan vir ‘n drie. Wesbank het die wedstryd teen Roses United met 25-24 gewen. Roses United het rustyd nog 12-10 voorgeloop.

Swartland-netbal lewer goeie spel LINKS: Bonita Malgas (HV) van Malmesbury A is die ene konsentrasie in Saterdag se netbalwedstryd waarin Malmesbury A met 21-29 teen Vredenburg A verloor het.

REGS: Die aanvalstrio van Porterville D – Anneline Fortuin (S), Izette Afrika (AV) en Muriel Williams (HD) loods ‘n aanval. Vredenburg D het die wedstryd met 39-5 gewen.

perdeberg


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.