469 dié courant swartland

Page 7

NUUS • NEWS

16 Mei 2018

Louw-familieboerdery: Tweekuil 315 jaar

Louw-boere vier Tweekuil se 315de jaar

Links bo: Regs onder: Bo: Jan en Marleine Louw is die patriarg en matriarg van die Louw-familie.

Die vyfde, sesde én sewende generasie Louw-boere van Tweekuil in die Swartland, vier vanjaar dié plaas se 315de bestaansjaar. Ja dit is reg. Twee Kuilen, soos dié plaas oorspronklik genoem is, is die oudste plaas in die streek nádat dit as die eerste weidingsplaas as veepos in die Swartland deur WA van der Stel in 1703 uitgegee is. Die Kaap die Goede Hoop was toe maar ‘n skamele 51 jaar oud. Volgens die Louws is geloof in God en eerlikheid teenoor jouself en jou werksmense die rede hoekom dié boerderye na meer as drie eeue steeds vandag van krag tot krag gaan. Johannes Vos, die eerste eienaar, is daardie jare toegelaat om vee aan te hou en vanaf 1716 het hy toestemming gekry om koring te saai vir eie gebruik; ‘n reëling wat sou voorkom dat hy meeding met ander groter boere van die des-

tydse Kaap die Goede Hoop. In 1801 het Lambertus PJ Lochner daar begin boer en die grond is in 1834 wettig aan hom toegestaan. Hy en sy vrou het groot grond besit, maar net een dogter gehad. Dit was armoede-jare en daarom het Lochner en sy vrou hulle oor meer as een jong arm dogter in die dieper platteland ontferm deur te help dat die jong meisies skool voltooi en daarna ook verder gaan leer. Sommige van hulle kon later goeie huwelike sluit en só het menige jong vrou nuwe, groter vooruitsigte beleef as wat andersins moontlik sou wees. Lochner se dogter is in 1842 getroud met Johannes Michiel Adriaan Louw - die eerste Louw op Tweekuil. Hierdie skoonseun het nie die luukse gehad om die plaas van toe 3000 morg sommer so te erf nie. Hy het die plaas in 1855 teen ‘n baie goeie markverwante prys gekoop.

"

Geloof is die belangrikste, die res is nie belangrik nie. Die res kom vanself.

Vandag, 163 jaar later, boer Lammie Louw (die sesde generasie) saam met sy seun Jan, die sewende generasie op die plaas. Die eerste generasie Johannes Louw het later jare sy groot uitgebreide plaas verdeel tussen sy twee seuns. Lambertus Petrus Johannes Louw het Tweekuil gekry, waarby die plase Drostersnes, Môrester en Rondomskrik ingesluit was. Die tweede seun (Johannes Paul Louw) het Diepkloof en Klipfontein asook omliggende grond gekry. Lambertus Petrus Johannes Louw het vier seuns gehad en hy verdeel Tweekuil en die huidige plase Drostersnes aan Willie Louw, Môrester aan Lambertus Louw en Rondomskrik aan Koos Louw. Sy oudste seun Johannes MA het Tweekuil gekry en was die derde generasie Louw op Tweekuil.

7


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.