407 die courant swartland en bergrivier

Page 3

NUUS • NEWS

15 Februarie 2017

• TWEELING OP RIEBEEK

Paardeberg se luiperd perdfris ‘n Luiperdwyfie van ongeveer drie jaar, wat die naweek in 'n strik in die Paardeberg beland het, is ongedeerd. Volgens Justin Lawrence, woordvoerder van Cape Nature, het die luiperd glo onderdeur ‘n draad probeer kruip, maar in ‘n strik wat in die draad gestel was, vasgesit. Volgens boere in die omgewing, is sy per ongeluk gevang. Cape Nature is saam met ‘n veearts na die plaas ontbied. Die luiperd is verdoof en deur die veearts ondersoek vir enige beserings. Sy het ongedeerd van die voorval afgekom en is kort daarna op dieselfde plek vrygelaat. Volgens die Cape Leopard Trust, ‘n navorsingsorganisasie wat hulle beywer vir die bewaring van die roofdiere in die Wes-Kaap en wat in ‘n raadgewende hoedanigheid optree, is dit moeilik om te sê hoeveel luiperds tans in die Paardeberg woon, omdat hulle territoriale en enkellopende diere is. Volgens Jeannie Hayward van die Cape Leopard Trust Boland-projek, is daar moontlik tans drie volwasse luiperds wat in daardie omgewing beweeg. Die Boland-projek se doelwit is om te bepaal hoeveel luiperds daar nog in die Bolandse berge vry rondloop, hulle bewegings te monitor, hul habitat en dieet te ondersoek en areas waar boere en luiperds in konflik is, te identifiseer. Sy verduidelik verder dat elke luiperd ‘n unieke kol-patroon op die linker- en regtersy het. Daar is al in die verlede kameras in die Paardeberg opgestel om die luiperds te monitor. Sedert die ontstaan van die Boland-projek in 2010, is daar reeds 65 volwasse luiperds op kamera, tussen die Bainskloof-omgewing en Kogelberg, op film vasgevang. Lawrence verduidelik dat wanneer ‘n luiperd gevang word, hulle gewoonlik gebel word om die eiendom en situasie te evalueer.

Ná die veearts die betrokke luiperd ondersoek het, word daar ook foto’s van hulle geneem vir toekomstige uitkenning. Hy sê egter dat hierdie ‘n uitsonderlike voorval is en dat luiperds nie sommer in die Paardeberg en Swartland-area gevang word nie. “Vir die Swartland/Paardeberg-area is daar nie so baie natuurlike habitat nie. As gevolg daarvan, is daar nie so baie voorvalle nie, want die luiperd kom in die natuurlike habitat voor,” verduidelik hy. Hy kon nie bevestig of daar tans enige luiperds in die omgewing van Kasteelberg is nie. Volgens hom was daar al in die verlede verlies van vee deur ‘n luiperd in dié berg. Daar is egter geen soortgelyke gevalle in die afgelope 10 jaar in die omgewing van Kasteelberg aangemeld nie. In die geval van ‘n luiperd wat skade aan vee sou rig, word ‘n langer proses gevolg, sê Lawrence. “Indien skade gerapporteer word, word die eiendom deur CapeNature besoek om die situasie te evalueer. "Dit word gedoen in samewerking met die grondeienaar. Daar word onder andere gekyk na vrookomingsmaatreëls om verliese te beperk. Indien nodig, word die luiperd in ‘n hok geplaas en deur ‘n veearts ondersoek. "Afhangende van die situasie, kan die luiperd op die eiendom vrygelaat word of verplaas word." Hulle is egter nie ten gunste daarvan om luiperds te verplaas nie. Hayward verduidelik dat wanneer een luiperd verwyder word, ‘n gat vir ‘n ander gelaat word. So word die hele territoriale struktuur versteur. Lawrence voeg by dat die gebruik van strikke as 'n jagmetode onwettig is. “Dit word nog onwettig gebruik, veral deur mense wat vir die pot jag.”

Dawie Roodt by sakekamer Die Malmesbury Sakekamer se eerste ledevergadering vir die jaar word Dinsdag in die Malmesbury Stadsaal gehou. Die ekonoom Dawie Roodt sal die lede toespreek oor die huidige stand van die ekonomie en hoe dit hulle raak. Vir meer inligting of besprekings, kontak die kantore van Basson en Louw Prokureurs by 022 487 1919. • Die sakekamer hou ook op 31 Maart 'n gholfdag op Malmesbury en van die fondse sal ten bate van Jo Dolphin-sorgsentrum wees. Bespreek nou jou vierbal by 022 487 1919.

Laaste kans vir ekspo-kaartjies Hierdie week gee dié courant vyf naweekkaartjies na die komende Buite Ekspo op Môreson buite Malmesbury weg. Sms die antwoord op die onderstaande vraag saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor 16 Februarie om 15:00 om in aanmerking te kom hiervoor.

VRAAG: Noem een van die kunstenaars wat by die ekspo optree.

FA_KAAP_AGRI_12908

3

Opwinding oor Buite-ekspo propvol aksie en vermaak

Die tyd het aangebreek vir die jaarlikse kykNETBuite-ekspo wat weer vir oud en jonk hope vermaak, buitelewe-uitstallings, volop te eet en drink, opwindende vertonings in plaasatmosfeer beloof. Ná verlede jaar se rekord-besoekertal van 15710, mik die organiseerders vir 16 000 dié naweek op die Môresonplaas buite Malmesbury. Saam met 'n groot aantal uitstallers met die heel nuutste toerusting en ook 'n groot verskeidenheid kuns en kos spesiaal vir die vroue in die Deli & Kunsmark. Kyk hoe sepiesterre se braai "geveg", tag-rugby saam met die Breyton Paulse-stigting, valskerm-, 4x4- en motorfietsvertonings of sit terug en geniet die kunstenaaroptredes op die Tip-Trans-verhoog. Onder die top-uitstallers en borge wat verlede week deur die drukkersduiwel uit die program gelaat is, is Makro en Forever Resorts. Nuwe uitstallers sluit in Kubota en Barrel Surfwear. Bespreek jou toegangskaartjies op Computicket of koop dit by die hek. Vir meer inligting, sien die advertensie op bl 4. Moet ook nie dié courant se Plaaskombuis vergeet nie. Hier kan jy heerlik kuier en smul aan plaaskos, gebak en heilsame koffie. *WEN SONDAGETE: dié courant se Plaaskombuis by die kykNET

Buite-ekspo bied 'n heerlike kuiertent met smaaklike kraakvars-etes en plaasgebak. Daar is ook van die lekkerste koffie uit die kontrei met Beans About Coffee. Sondagmiddag sit Two Food Fundies 'n buffet voor wat in die tent of as wegneem-etes gekoop kan word. Een gelukkige leser kan vier etes vir 'n gesin van vier losslaan deur hul naam en van, tuisdorp en die naam van dié kuier-tent te sms na 084 8333 813 voor 16 Februarie.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.