die courant 19 desember 2012 204

Page 14

14

dienste•services

19 Desember 2012

Kontak 022 487 3221 vir advertensies!

BELANGRIKE KENNISGEWING OMGEWINGSBESTUURSRAAMWERK (EMF) VIR DIE MUNISIPALITEIT SALDANHABAAI EN ’N GEDEELTE VAN DIE MUNISIPALITEIT BERGRIVIER: KENNISGEWING VAN ’N OPENBARE OORSIG VAN DIE ONTWERP OMGEWINGSBESTUURSRAAMWERK-DOKUMENT Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het ’n span spesialiste aangestel, gelei deur MEGA (Morris Environmental and Groundwater Alliances) om ’n Omgewingsbestuursraamwerk (EMF) vir die Munisipaliteit Saldanhabaai en ’n gedeelte van die Munisipaliteit Bergrivier saam te stel. Chand Environmental Consultants is aangestel om die Openbare Deelnameproses te onderneem. Hierdie projek word onderneem in noue samewerking met die Munisipaliteite Saldanhabaai, Bergrivier en die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning. Die studie-area dek die Saldanhabaai munisipale regsgebied, die Weskus Nasionale Park en ’n gebied noord van die Bergrivier, wat binne die regsgebied van die Munisipaliteit Bergrivier val. Die EMF se primêre doel is riglyne te verskaf ter ondersteuning van besluitneming ten opsigte van die EIA-regulasies in die gebied wat deur die EMF gedek word. Dit kan ook ondersteuning aan munisipaliteite bied ten opsigte van hul grondbeplanningsgebruik en besluitnemings-aktiwiteite. Die EMF is basies ’n hulpmiddel wat geskikte ontwikkeling in geskikte identifiseer. ’n EMF is daarop gemik om grondgebruik en ontwikkeling op so ’n wyse te verseker dat dit omgewing skade vermy, veral ten opsigte van skoon lug en water, en ander hulpbronne waarvan alle mense afhanklik is. Die konsep-EMF sal vanaf 22 Desember 2012 tot 29 Maart 2013 aanlyn beskikbaar wees vir openbare oorsig en kommentaar by www.chand.co.za/saldanhaemf.asp, asook in die volgende openbare biblioteke tydens dieselfde tydperk: Biblioteek

Kontak

St Helena-baai

022 736-1043

Laingville (St Helena-baai)

022 736-1043

Diazville

022 714-8025

Saldanhabaai

022 714-8010/022 701-6910

Paternoster (Saldanha)

022 752-2084

Vredenburg

022 701-6955

Louwville (Vredenburg)

022 701-6950

Langebaan

022 707-5030

Hopefield

022 723-0384

Noordhoek

022 783-8339

Velddrift (Bergriver)

022 783-1112

In die samestelling van die EMF is die volgende faktore deur die span oorweeg: • Die aard van die omgewingsbronne binne ’n gebied, insluitend sensitiwiteit en spesifieke eienskappe • Die ekonomiese aktiwiteite en ontwikkeling (insluitend sosiale infrastruktuur ontwikkelings) prioriteite, behoeftes en wenslikheid • Die effektiewe verteenwoordiging van inligting oor omgewingsbronne in ’n ruimtelike formaat, wat onder andere as insette kan dien in die Ruimtelike Ontwikkelingsplanne of Raamwerke en Soneringskemas • Die omgewingsbestuursprioriteite vir die studiegebied • Die identifisering van gebiede van aanpasbaarheid tussen ontwikkelingstipes en omgewingsbronne, sowel as die gebiede van spanning tussen die omgewing en ontwikkeling • Die ontwikkeling van kriteria waardeur gebiede geïdentifiseer word of hul geskik is, al dan nie, vir spesifieke soorte ontwikkeling • Die toekoms-visie ten opsigte van die studie-gebied. Indien u en u organisasie kommentaar wil lewer of by die proses betrokke wil raak, kontak asseblief vir: Kim Diedericks (Openbare Skakelbeampte) van Chand Environmental Consultants by: Posbus 238, Plumstead 7801; tel: 021 762-3050, faks: 021 762-3240, of epos: kim@chand.co.za Human Communications C96313A


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.