WeslanderDW_20130425

Page 20

20

Weslander

Nuus News

25 April, 2013

Kol. John Rooi van Vredenburg­poli­ sie sê praat of teks op ’n selfoon terwyl jy bestuur trek jou aandag heeltemal af, trek liewer van die pad af. FOTO: WESLANDERARGIEF

Maryna Erasmus sê “Baie goeie ding. Moenie wag nie, begin dadelik daarmee!” FOTO: GEKRY OP FACEBOOK

Elizna Eigelaar sê sy sal die undercover cop wees. “Sal like om die gesigte te sien as ’n persoon in sivvies hul stop en skryf.”

FOTO: GEKRY OP FACEBOOK

Selfoonpraters sal moet opdok HELÉNE MEISSENHEIMER “Grootmense het nie ore nie. Hulle speel met hul eie lewens en ander s’n.” Dít was een van die reaksies wat Weslander gekry het in ’n vinnige meningsopname op die koerant se Facebookblad. Lesers is gevra of hulle sou wou sien dat die Stad Kaapstad se streng regulasies teen motoriste wat selfone gebruik terwyl hulle bestuur, ter plaatse ook toegepas moet word. Die meeste reaksie was ten gunste hiervan en verskeie het gesê die plaaslike verkeersdepartement kan sommer ook hand in eie boesem steek. Blykbaar is daar plaaslike verkeers- en polisiemanne wat self skuldig is aan hierdie verkeersoortre-

West Coast District Municipality Weskus Distriksmunisipaliteit NOTICES/KENNISGEWINGS

SPECIAL COUNCIL MEETING TUESDAY, 7 MAY 2013

SPESIALE RAADSVERGADERING DINSDAG, 7 MEI 2013

Notice is hereby given in terms of Section 19(b) of the Local Government: Municipal Systems Act, Act 32 of 2000, that a Special Council Meeting will be held on Tuesday, 7 May 2013 at 12:00 in the Council Chambers of the West Coast District Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg. The following documents are tabled: • Draft Integrated Development Plan (IDP) 2012 - 2016: Review 1 • Draft three-year budget • Medium-term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) 2013/2014-2015/2016. For any enquiries in this regard, please contact Mr J Koekemoer (Budget) and Mr FE Williams (IDP) during office hours on tel. 022 433 8400. MUNICIPAL MANAGER West Coast District Municipality 58 Long Street / PO Box 242 Moorreesburg 7310

Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 19(b) van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet,Wet 32 van 2000, dat ’n Spesiale Raadsvergadering op Dinsdag, 7 Mei 2013 om 12:00 in die Raadsaal van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Moorreesburg, sal plaasvind. Die volgende dokumente word voorgehou: • Konsep- Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2012 - 2016: 1ste Hersiening • Konsep- driejaar begroting • Mediumtermyn Inkomste- en Uitgawe Raamwerk (MTIUR) 2013/2014-2015/2016. Vir enige verdere navrae in hierdie verband, kontak asseblief mnre J Koekemoer (Begroting) en FEWilliams (GOP) by tel. 022 433 8400 gedurende kantoorure.

Reference: 4/2/1; 13/1/B

MUNISIPALE BESTUURDER Weskus Distriksmunisipaliteit Langstraat 58 / Posbus 242 Moorreesburg 7310 Verwysing: 4/2/1; 13/1/B 111936SWRTLNDGZT / WSLNDR

www.ayandambanga.co.za

ding. Kol. John Rooi, bevelvoerder by Vredenburg-polisie, het gesê hy sal ook weer toesien dat plaaslik strenger opgetree word teen motoriste wat selfone gebruik terwyl hulle bestuur. “Selfone trek verskriklik aandag af. Mense antwoord nie net nie, maar is op BBM en SMS wat totaal hul aandag van die pad af vat. Hulle moet liefs aftrek.” Die Stad Kaapstad het verlede jaar ’n verordening geïmplementeer dat motoriste wat gevang word terwyl hulle op selfone praat of teks wanneer hulle bestuur, beboet en hul selfone vir 24 uur gekonfiskeer kan word. Volgens onlangse mediaberigte het motoriste blykbaar hulle aanvanklik gedra nadat die wet ingestel is, maar ’n jaar later het dit weinig sigbare uitwerking. Stad Kaapstad het daarom

stywer boetes ingestel. Oortreders van die selfoon-verordening gaan vanaf 1 Julie R1 140 moet betaal om hul selfone terug te kry. (Bron: Eyewitness News). Die verkeersdepartement van Saldanhabaai-munisipaliteit het gesê “enige oortreder wat hom / haar skuldig maak aan hierdie betrokke oortreding (hantering van selfoon terwyl motor bestuur word) word in terme van Regulasie 308 van die Padverkeerswet nr. 93 van 1996 dienooreenkomstig aangekla”. Daar is nog nie ’n studie plaaslik hieroor gedoen nie, maar as ’n tendens ontstaan, “sal die nodige implementeringstappe in plek gestel word”. Tans kry “diegene wat wel oortree en gestop word, die gepaste boete in terme van die Padverkeerswet”. Dit is blykbaar sowat R500.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.