Donderdag, 4 April 2013 | Prys: R5.50
40 jaar vir gewapende roof
2
www.weslander.co.za
SBM munisipale tariewe styg min 4
Weston wen Bolandrugby toernooi
28
Drankverkope op Sondae 6
Verkrag en verwurg TRISH GOOSEN
S
y is anderkant die treinspoor in die veld gevind.
’n Man wat Saterdagoggend oor die bebosde veld tussen Witteklip en Louwville gestap het, het Lena Williams se lyk ontdek. Williams (36) van Spreeustraat, Louwville, is vermoedelik reeds ’n paar dae tevore verkrag en verwurg, sê kapt Thembela Mgudlwa van Vredenburg-polisie. “Die lyk het reeds begin ontbind,” sê hy. Haar lewensmaat, Denzil Arendse, het Dinsdag aan Weslander gesê dat hy Lena laas Donderdagoggend kort voor 07:00 gesien het, net voor hy werk toe is. Lena
het glo Donderdagaand nie huis toe gekom nie. Sy het soms by haar tannie gekuier, maar toe hy Vrydag soontoe is, was daar geen teken van haar nie. “Sy was ’n lieflike kind,” sê Salie Cox, Williams se pa. Haar ma, ook Lena Williams, sê haar dogter het altyd grappies gemaak en “almal het haar geken”. Arendse is baie hartseer en soek antwoorde. Die Vredenburg-speurafdeling ondersoek die moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Williams is die vierde vrou wat in ’n kort tydperk in Saldanhabaai-gebied wreed aangerand is. Een van hulle, Sinodia Schutt, is in Februarie in haar huis in Saldanha met ’n skerp voorwerp doodgesteek. Vier mans is in hegtenis geneem.
Lena Williams. FOTO: VERSKAF
Nuuskierige inwoners kyk hoe die bakkie van Vredenburg se forensiese span die toneel verlaat kort nadat hulle Williams se lyk uit die veld verwyder het. ’n Polisievoertuig volg. FOTO: TRISH GOOSEN