Weslander 6 September 2012

Page 5

Weslander 6 September 2012

Skolenuus ∙ School News

5

Blink uit by Wes-Boland Eisteddfod: Seeskul-

pie het 32 leerders vir die Wes-Boland Eisteddfod ingeskryf. Die kunsuitstalling is by die NG-Kerksaal in Langebaan gehou. Grace Ternent het die beker vir beste skolekuns vir graadR-leerder gewen en die skool se leerders het verder 19 goue en 12 silwer toekennings gewen. FOTO: VERSKAF

Litte roer op Hosannafees: Dit was ’n fees

van sang, dans en toneel by die negende Hosannafees. Sowat 182 kinders van tien kerke se Sondagskole het Saterdagaand die PPK-kerk op Vredenburg volgepak. Elkeen het ’n trofee vir deelname ontvang. Die doel van die aand is om die Here deur sang en dans te loof, het organiseerder Joan Ackerman gesê. Hier wys ’n dansgroepie van die Salkoriane Jeug hul passies.

Mnr en Mej Curro: Die gewilde Mnr en Mej Curro-kompetisie is onlangs in Curro Privaat-

skool, Langebaan se skoolsaal gehou. Daar was agt finaliste elk in die twee kategorieë.Die wenners is: 2e Prinses: Leanne Wesson, 2e prins: Jacques Kotzee, Mej Curro: Juzelle Carroll, Mnr Curro: Coenraad van der Merwe, 1e Prinses: Anke van Dyk en 1e Prins: Lawrence van Rensburg. Die tema van die aand was “Around the world”. FOTO: VERSKAF

FOTO: HELÉNE MEISSENHEIMER

Lentevreugde gedeel: Die leerders van Laerskool Redelinghuys het Vrydag 30 bossies blomme aan inwoners in die dorp uitgedeel.

FOTO: VERSKAF

Eisteddfod-prestasies: Jurie Hayes Primêr se gr 6-leerders het goed gevaar by die Eisteddfod in Porterville en het twee goue, twaalf silwer en twee brons sertifikate verwerf. Rubyn Koopman het twee goue sertifikate verwerf vir Afrikaans en Engelse Voordrag. Agter: Josia Dingaan, Leatithia Uitlander, Rubyn Koopman, Dewald Dirkse, Shauwn-Douglas Constable. Middel: Margerie Cleophas, Marisha Serfontein, Luwellen Swart. Voor: Zandre Bitterbosch, Antonia Mouton en Candice Tieties. FOTO’S: VERSKAF

Graad 7-leerders van Jurie Hayes Primêr het by die Eisteddfod in Porterville as volg presteer: hulle het een goue, drie silwer en vyf brons sertifikate verwerf. Van links: Arancheas Bester, Kyla Philippus, Ursela Brand (opvoeder), Wilmarie Serfontein, Celeste Snyders, Chanell Brand, Gerisca Smith, Tamia Mavusa, Ilse Mentoor, Courtneigh Williams, Louisa Vrolick (opvoeder) en Yolandi Philander.

Foto’s gevra HOEWEL sommige Weskus-skole reeds hul matriekafskeide vroeër vanjaar gehou het, is September en Oktober gewoonlik die tyd wanneer graad 12’s mooi aantrek en die einde van hul skoolloopbane met groot jolyt vier. Skole, leerders en trotse ouers word gevra om hul gunsteling matriekafskeidfoto’s van 2012 so vinnig moontlik na die groot makietie aan Weslander te stuur vir plasing op die skolenuusblad. E-pos jul foto’s aan redakteur@weslander.co.za of bring na Weslander.

Slots Tournament Up to

R60 000

up for grabs

Buy in R1000 at Casino Cash Desk • 8 September 2012

Limited space available. To enter 022 707 6970

Terms and conditions apply. More information available at Mykonos Casino Club Desk. Tsogo Sun Gaming Supports the National Responsible Gambling Programme. Licensed by the Western Cape Gambling & Racing Board. No persons under the age of 18 years allowed in the casino gaming area. Winners know when to stop. Toll free Problem Gambling Counselling line. 0800006008


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.