Weslander 28-02-13

Page 9

Weslander

Menings Opinions

28 Februarie, 2013

As twiets die akkuraatheidstoets faal – tyd ryp in SA dat twieters tronk toe gaan? Is enigiets nog verborge vir die nuuskierige oë en ore van die publiek wat gewapen met selfone, tabletrekenaars en ander elektroniese toerusting nuus onmiddellik versprei? En hoe raak hierdie burgerlike vorm van joernalistiek die gehalte van die inligting wat versprei word? Dié vrae het die afgelope twee weke weer ter sprake gekom met die media-soeklig skerp op die Oscar Pistorius-moordsaak. Dit het ook die vooren nadele van twitter- en Facebookjoernalistiek en die rol wat die sosiale media speel om inligting – waar, of blote gerugte en skinderstories – te versprei uitgelig. Dat die dood van Reeva Steenkamp die eerste keer in die media gebreek is deur ’n twiet op ’n hoogs gerespekteerde koerant soos Beeld se twitterplatform, is nie verbasend nie. Die gedrukte en uitsaai-nuusmedia moes die afgelope dekade drastiese verstellings maak in die wyse waarop hulle met hul lesers-, luisteraars- en kykerspubliek kommunikeer en swem deesdae vloeiend in die twitterwaters. Voor die koms van die Internet was radio die oombliklikste van die nuusmedia en kon dit, nes vandag, vars inligting gereeld opdateer en aan luisteraars voer soos gebeure ontvou, of dit nou verkiesingsuitslae was, of die biep-biep kort ná twee die

middag van 6 September 1966 toe die sluipmoord op dr. Hendrik Verwoerd in die parlement aangekondig is. Een van die grootste voordele wat die sosiale media in die proses van nuusverspreiding bring, is die wyse waarop dit die sensuurboelies en onderdrukkende owerhede se gesag ondergrawe, ook in plaaslike owerheidsbestuur. Die Arabiese Lente se ontwaking is en word veral moontlik gemaak deur die onstuitbaarheid van burgerlike vingers op selfone wat geskrewe en visuele boodskappe en beelde binne oomblikke wêreldwyd versprei, as profetiese vervulling van die Kanadese kommunikasiesosioloog Marshall McLuhan se global villageidee, sover terug as die 1950’s uitgespel. Twitter, Facebook en die elektroniese toerusting waardeur dit geaktiveer word, het dus ’n magtige wapen geword teen outoritêre heersers en onverantwoordbare munisipale amptenare – ’n mens kan met sekerheid vandag die spreekwoord “die pen is magtiger as die swaard” aanpas na “die selfoon en iPad is magtiger as die swaard”. Maar dit bring ook groot gevare mee vir die geloofwaardigheid van die joernalistiek as beroep. Een van die grondbeginsels van betroubare en deurdagte joernalistiek is dat geen

“feit” as die waarheid aanvaar en versprei kan word voordat dit nie bevestig is deur dit aan akkuraatheidstoetse te onderwerp nie. Elke gerug en elke skinderstorie – waarvan daar duisende getwiet is tydens die eerste dae van die Pistorius-Steenkamp-tragedie – moet die lakmoestoets van verifiëring deurloop. Jong joernaliste leer dikwels op die harde manier dat hulle nie enige gerug as die waarheid kan versprei nie, maar met twitter en Facebook het die hekwagters om onbevestigde bewerings uit koerante en nuusbulletins oor die lug te hou, bykans verdwyn in die era van waar etiese beginsels grootliks afwesig is. Die eerste vraag wat senior redakteurs aan verslaggewers met ’n goeie storie vra, is “Wie is jou bron?” Daardie vrae het verdwyn omdat die media wat onder geweldige finansiële druk is weens die Internet, nie meer die senior hekwagter-redakteurs kan bekostig om potensieel ernstige laster- en skinderstories deur hul twittervoere te voorkom nie. Die tyd is ryp vir so ’n toetssaak in SA-howe, soos dit reeds oorsee begin gebeur het en twieters reeds tronk toe gestuur is.

GEORGE CLAASSEN IS DIE OMBUDSMAN VAN MEDIA24 SE GEMEENSKAPSKOERANTE

Mag jeugdiges met misdaad wegkom? Dinsdagaand 19 Februarie 2013 luister ek na die nuus op SABC 2. Daar word berig dat jeugdiges van 12 en 13 jaar ’n misdaad gepleeg het. Omdat hulle as ontoerekeningsvatbaar gereken word, word hulle nie agter tralies geplaas nie, maar wel onder toesig van hul ouers. In dieselfde nuusgleuf word berig van ’n pa wat sy 12-jarige stiefdogter verkrag het en hoe sy hul baba borsvoed. Nou hoe pas jy hierdie twee stories by mekaar? As oud-polisieman is ons geleer dat ’n kind van die ouderdom van sewe jaar toerekeningsvatbaar is. Dan kan hulle onderskei tussen reg en verkeerd, na gelang van die kind se fisieke toestand en verstandelike ontwikkeling. Die kind kry tot die derde oortreding lyfstraf en dit word op hul kriminele rekord aangebring. Daarna gaan hulle na ’n verbeterskool vir skoolopleiding tot matriek. Voorsiening is gemaak vir vakopleiding en daar is streng volgens die

opvoedingsprogram se riglyne gewerk. Alle kinders onder die ouderdom van 18 jaar is gedaag voor ’n kinderhof en die verrigtinge het “in camera” plaasgevind. Hier op Verlorenvlei, Elandsbaai, was daar ’n geval van jeugdiges van nege jaar en ouer wat by huise ingebreek en baie skade aan meubels en ander artikels aangerig het. Daar is selfs vuur gemaak binne en buite een huis. Hierdie selfde jeugdiges het voorheen soortgelyke oortredings begaan. Ek weet van een wat onder sy ouers se toesig geplaas is en ’n ander is weggestuur, maar was na drie maande weer terug. Albei kinders se ouers misbruik drank en is glad nie ’n voorbeeld vir hul kinders nie. Een van die ouers van ’n jeugdige is ook aan diefstal skuldig bevind. Hierdie ouers is na my mening onbevoeg om na hul kinders om te sien. Watter maatreëls gaan die welsyn toepas? Hierdie kinders word vir die

verderf grootgemaak. Waar gaan dit eindig? Sal dit eindig wanneer daar ’n verkragting of moord plaasgevind het, soos aan die begin van my storie? Waar trek ’n mens nou die streep? Ten eerste begin opvoeding mos by die ouerhuis. As hulle nie kan nie, gryp die welsyn mos in. Tweedens word opvoeding in die skole voortgesit. Die probleem is: hierdie kinders kom niks oor nie en hulle weet dit. Daarom sal daar net nog groter misdade plaasvind. Hoe lank kan ’n mens sulke wetteloosheid hanteer? Is die welsyn onbevoeg om hul werk te verrig? Die ou stelsel het reg gewerk. Daar sal weer drasties gekyk moet word na toepaslike wetgewing ten opsigte van jeug en die bevoegdhede van die ouers en skole, anders sit ons dalk met nog groter probleme. Die mensdom wat in wetteloosheid lewe, sal nooit bly voortbestaan nie.

M. MÜLLER ELANDSBAAI

Let the general public be the objective arbiters “Co-operation better than continuous aggressive demands”, Weslander 21 February 2013: Jim Law labours under many misapprehensions. He claims paid-up membership of the LRRA is 85. As a past member of the executive he should know that these are households, not individuals. Entities such as Longacres Home Owners’ Association comprise 250 properties but are reflected by the LRRA as a single member. And on what objective basis does he claim that 50% of LRRA members do not support its actions? Has he polled them or is this mere mischievous speculation? Mr. Law’s arguments are disingenuous. After all, what is the paid-up membership of the DA in Langebaan – 90 to 100 individuals? Is that a measure of its local support? Mr, Law appears to have difficulty with the oversight role of civil socie-

ty where those in public office and recipients of public money are called by citizens to give proper account of their actions. No one in the public space is above public accountability, irrespective of political affiliation. Why then did the LRRA have to resort to the Public Access to Information Act to extract tourism performance information that should have been readily accessible for scrutiny by the taxpayers that fund it? Mr. Law claims that the SBTO has performed effectively. By what measure does he determine that? Many questions remain unanswered. Let the general public be the objective arbiters. If he regards the pursuit of public accountability variously as “attack”, ”war” or “conflict”, as it would seem, then his problem is with the South African Constitution and the Public Finance Management Act and not with the LRRA.

Accountability and performance are not negotiable. It is a pity that he insists on confusing substance with fancied vendetta. Mr. Law served on the Exco that took the decisions on the successful LRRA White Road court action. I don’t recall his dissociating himself from any of them. The LRRA position on Shark Bay also enjoyed support in and beyond the LRRA. I am not aware that he objected to the LRRA’s actions as an I&AP there either. Generous donors with the courage of their convictions continue to fund both actions in the public interest, not the LRRA. He should know that. And yes, we tried to negotiate but our efforts with those of SANParks were spurned. He seems to have missed that important point too!

JOHAN ACKRON EXCO MEM­ BER: LANGEBAAN RATEPAYERS’ AND RESIDENTS’ ASSOCIATION

9


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.