Weslander 28-02-13

Page 6

6 Weslander Transnet het groot planne vir Saldanhabaai­hawe 28 Februarie, 2013

Nuus News

HELÉNE MEISSENHEIMER Saldanhabaai-hawe, as die land se grootste en diepste natuurlike hawe, bied geleenthede, maar is nog nie die olie- en gasbedryf se eerste keuse vir dienste nie. Transnet het planne om fasiliteite geskik vir ’n verskeidenheid van dienste aan dié hoogs puntenerige bedryf te ontwikkel en sal indien nodig, selfs voorstelle van internasionale rolspelers as eindoperateurs oorweeg. Willem Roux, hawebestuurder, het onlangs aan die Weskus Sakekamer ’n breë oorsig van dié planne oor die kort- en langtermyn gegee. Hy het gesê Transnet se besluitnemingsprosesse word dikwels as burokraties ervaar. Sulke besluite oor planne neem tyd, maar deursigtigheid is noodsaaklik omdat die planne belangrik is. “Ons moet die gemeenskap inlig oor dit wat ons beplan. Ons moet oop en eerlik wees.” Die beoogde projekte vir die uitbou van dienslewering aan die olie- en gasbedryf behels beleggings van miljoene, selfs miljarde rande. Tenders sal dus nasionaal, en waar nodig, selfs internasionaal geadverteer word. Die tenderproses sal streng volgens voorskrifte (Artikel 56) hanteer word. “Daar gaan geen kortpaadjies wees nie.” Die hawe-reguleerder sal oor die verloop van dié prosesse waghou. Die volgende planne is tans op die tafel: . Gas (VPG en LNG): brandstof van die toekoms Roux het gesê hy glo gas is ’n groeiende mark. Sunrise Energy het reeds ver gevorder met die omgewingsimpakstudie-proses om die bou van ’n reuse-terminaal vir vloeibare petroleumgas (VPG of LPG in Engels) goedgekeur te kry. Hy voorsien dat hierdie terminaal teen 2015/16 operasioneel sal wees. In die langtermyn voorsien die Nasionale Hawe-owerheid ’n fasiliteit vir vloeibare natuurlike gas (VNG, of Engels: liquid natural

Die langtermynplanne sluit ook ’n vraghouerterminaal in.

Transnet se korttermyn-planne vir Saldanha-hawe. Semi en submersibles verwys na vaartuie wat gebruik word in die olie- en gasbedryf. GRAFIKA: VERSKAF gas, LNG), ook naby die hawe. “Dit is die brandstof van die toekoms vir skepe en dit kan ook gebruik word om byvoorbeeld elektrisiteit op te wek om ’n ontsoutingsaanleg aan te dryf.” Volgens Roux kan dit meeding met elektrisiteit wat deur steenkool opgewek word. Die gas is geskik vir die aandryf van turbines om krag op te wek. Dangerbaai (naby die Militêre Akademie), waar die Weskus-distriksmunisipaliteit oorweeg om ’n reuse-ontsoutingsaanleg te bou, word vir so ’n VNG-fasliteit oorweeg. Een van die petroleum-kaaie kan aangepas word vir ’n groter verskeidenheid skepe om petroleum produkte in- en uit te voer. Tans is dit net geskik vir groot vragdraers (VLCCs – very large cargo carriers).

. Verhoogde ysterertsuitvoer Altesame 60 miljoen ton ystererts kan tans per jaar by twee kaaie uitgevoer word. Transnet wil teen 2018/19 die uitvoer na 82,5 miljoen per jaar verhoog. Buiten Kumba en Assmang, is daar, volgens Roux, moontlik ’n nuwe rolspeler wat ook ystererts wil uitvoer. Ysterertsstof-besoedeling is egter ook ’n uitdaging. “Nog baie huiswerk moet gedoen word. Ons doelwit is om stofuitval binne aanvaarbare vlakke te hou.” Die ontsoutingsaanleg, wat teen R70 miljoen in die hawe opgerig is om goedkoper water te verskaf om die ysterertshope nat te spuit, ondervind “tegniese probleme” en is daarom nie operasioneel nie. . Olie- en gasontwikkelings

Om internasionale rolspelers in die olie- en gasbedryf te lok, moet Saldanha mededingend wees met omvattende fasiliteite. Volgens Roux sal dié fasiliteite deur middel van die Artikel 56-proses voorsien kan word. “Ons beskik oor die ruimte om dié planne te laat werk.” ’n Voorrade-basis, diens-terminaal (by die ou Mossgas-basis), drywende droogdok en bunkers asook ander dienste word vir die olieen gasbedryf in die vooruitsig gestel. Die planne om die Afdeling 56-proses van stapel te stuur is reeds aan Transnet se groep uitvoerende hoof vir goedkeuring voorgelê. Altesame R90 miljoen is reeds begroot vir die voorrade-basis, maar Roux voorsien dat ’n geraamde bedrag van R140 miljoen nodig mag wees. Die plan is om die voorrade-basis (langs die veeldoelige terminaal) gelyktydig met die uitbreiding van fasiliteite vir verhoogde ystererts-uitvoer te laat saamval. Dit sal beteken dat bagger-materiaal as invul-materiaal tydens konstruksie benut kan word. Daar word sterk gefokus op die uitbou van geriewe wat vir dienslewering aan oliebore sal voorsiening maak, beide by die ou Mossgas-perseel en langs die ysterertskaai.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.