Weslander 08-03-2013

Page 16

16

Weslander

Skolenuus School News

7 Maart, 2013

LEERLINGE VAAR GOED BY BOLAND­ BYEENKOMS: Minstens 23 van Hoërskool Vredenburg se atlete het die afgelope naweek aan die Boland-byeenkoms in die Paarl deelgeneem. Die atlete het besonder goed gevaar. Vyf van dié atlete gaan eerskomende naweek vir Boland by die Wes-Kaapse byeenkoms verteenwoordig. Hulle is Geno van Schalkwyk, seuns o.15 hoogspring en verspring; Tiaan Henecke seuns o.15 200 m en 400 m; Caleb Dingaan, seuns o.15 800 m; Gezelle van Schalkwyk, dogters o.17 200 m, verspring en 400 m hekkies en Anja Scott, dogters o.19 400 m hekkies. Agter van links is Geno van Schalkwyk, Tiaan Hencke, Ceawin van Rooyen en Caleb Dingaan; voor is Neva Ocks, Gezelle Magerman en Anja Scott. FO­ TO: VERSKAF

VEELSYDIGE ATLEET: JJ Stander het by die Boland-atletiekbyeenkoms vir hoërskole in die 400 m-hekkies gekwalifiseer om aan die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms deel te neem. JJ is ’n veelsydige jongman. Hy is die hoofseun van Piketberg Hoërskool (PHS) en het in die onlangse Mnr. en Mej. PHS-kompetisie die Mnr. Bolyf-titel losgeslaan. FOTO: MARIETHA GOOSEN

ST. ANDREW’S PRIMÊR PRESTEER BY DIE WES­BOLAND IN PORTERVILLE: Agter staan Romano Louw (o.13) eerste plek in 100 m en 200 m, tweede plek in verspring en eerste plek in aflos. Lezandro Basson (o.13) eerste plek aflos, Angeline Brown (o.13) eerste plek hoogspring. Voor is Rasahdien Booysen (o.13) sewende plek in 1 500 m en eerste plek aflos, Lolitha Williams (o.11) eerste plek 1 200 m, Chadley Lackay eerste plek aflos. Heel voor is Isaiah Andreas (o.7) tweede plek 60 m. FOTO’S: VERSKAF

Penelope Snyders, ook van St. Andrew’s Primêr het tydens die Bolandbyeenkoms in Paarl ’n derde plek in gewigstoot vir meisies o.10 behaal. Sy het Saterdag tydens die Wes-Kaapse byeenkoms in Stellenbosch deelgeneem en ’n algehele vierde plek behaal. Hier spog sy met die bronsmedalje wat sy by die Boland-byeenkoms ontvang het.

CURRO­UITBLINKERS: Dié leerlinge van Curro Langebaan is in die Bolandspan opgeneem ná hulle by die onlangse Bolandkampioenskap vir hoërskoolatletiek in die Paarl geskitter het. Amaan Africa (middel) het twee goue medaljes ingeryg vir die 100 m en 200 m seuns o.15, Anke van Dyk (regs) het eerste gekom in hamergooi dogters o.19 en Chevonne Brandt het uitgeblink in spiesgooi vir dogters o.15. Hulle gaan ook dié skool by die volgende WesKaapse byeenkoms verteenwoordig.

FOTO: VERSKAF

PHS NA SA’S: Piketberg Hoërskool (PHS) se Janke van Schalkwyk (75 m hekkies, 150 m hekkies en verspring meisies o.12), Anke Schreuder (diskus en gewigstoot meisies o.13) en Freddie Visser (spiesgooi seuns o.13), gaan van 15–16 Maart vir die Wes-Kaap deelneem by die SA-atletiekkampioenskap. Dit is Janke se derde SA’s, Anke se tweede en Freddie se eerste. FOTO: MARIETHA GOOSEN

MOORREESBURG SE TROTS: Sydney Crow (links) en Tracey Swarts van Laerskool Dirkie Uys het by die onlangse Boland-kampioenskappe uitgeblink en het na die Wes-Kaapse kampioenskappe deurgedring. Crow het tweede in die 75 m-hekkies (o.13) en Swarts was naaswenner van die hoogspring (o.11) . FOTO: VERSKAF

ON SHOW

FICA BIDDER REGISTRATION The new Consumer Protection Act requires all bidders taking part in auctions to bring the following 1) Certified copy of their ID book 2) Proof of residence The Auctioneers may bid on behalf of the seller up to the mandate price and hold the sole madate on this property For further information please go to www.claremart.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.