BASUIN Jan-Maart 2025

Page 1


Dit is wonderlik hoe die Here werk met elke uitgawe. Ja, daar word altyd ‘n tema voorgelê, en baie van die skrywes hou daarmee verband Maar dan is daar ook mooi stories uit die gemeenskap en terugvoer van heerlike geleenthede waar ons bymekaar kon kom om as medemens mekaar met die Woord te bemoedig

Wanneer elke woord voor my neergelê word, gebeur daar iets kragtigs wanneer al hierdie woorde weer aanmekaar geweef word om ‘n uitgawe te vorm. God se stem en ‘n spesiale boodskap word hierin vir jou opgesluit

Mag hierdie uitgawe vir jou ‘n persoonlike ontmoeting wees met God. Wanneer jy Hom ontmoet, wees stil en geniet God se nabyheid en die vrede wat dit bring. Dis kosbaar!

Liefde,

Thea Stopforth

LERAAR

Ds Wouter van Velden

LERAAR

Ds Suzette Turner

ONTVANGS

Estéa van Deventer 081 270 9378

082 961 2004

023 614 1530 1968wouter@gmail.com suzetteluwes@gmail.com ontvangs@ngkmontagu.org

SKRIBA

Elsabé Wright

KOSTERS

Elizma Brand

BANKBESONDERHEDE

NG Kerk Montagu 023 614 1530

Jurie Swart

ABSA Montagu skriba@ngkmontagu.org

071 388 7527

Ondanks oom Kotie Kriel

se teenspoed hierdie oesjaar, sal hy altyd eerste vir die kerk sorg, hy sal altyd vrugte of groente bring en sê: “deel uit vir die mense, ek moet altyd eers vir die Here gee dan na my sak kyk”

Baie dankie oom Kotie vir die voorbeeld wat jy stel deur jou geloof.

Rekening nr: 1050148161

BASUINREDAKSIE

LEDE: Thea Stopforth (Red), ds Wouter van Velden, ds Suzette Turner, Petro Jordaan, Ernie Oosthuizen, Lize Rossouw, Francois Tredoux, Jean-Marie van der Walt en Elsabé Wright.

Die artikels en inligting wat in Basuin gepubliseer word weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie of van alle gemeentelede nie. Die redaksie behou hom die reg voor om alle materiaal te verwerk of te verkort om met begrip gepubliseer te word. Ons verwelkom bydraes uit die gemeente en ontvang dit verkieslik per e-pos in MS Wordformaat. Handgeskrewe stukke is egter ook welkom en kan by die kerkkantoor ingehandig word. Sperdatum – 27 Junie 2025.

Thea Stopforth theastopforth@gmail.com

Ernie Oosthuizen ernieo@telkomsa.net

Daagliks kry ons mense wat instap wat net ‘n Bybel soek. “Maak nie saak nie, dit kan ‘n ou Bybel ook wees”, is die opmerking van ‘n persoon wat wil voorlees vir haar kleinkind of die kleinkind vir haar ouma.

Ons kry ook soms dat ‘n persoon sy Bybel bring en kom wys hoe stukkend die Bybel is van elke dag gebruik. Selfs mense wat gou ietsie herstel of selfs haal by die kantoor wat vra: “het mev nie dalk ‘n Bybel vir my nie”. Nadat ons hierdie behoefte raak gesien het het ons begin op die aankondiginge Bybels te vra. Hierdeur het die mooiste

stories gekom wie se Bybel dit is wat die persoon bring of waar die Bybel vandaan kom – elke Bybel het ‘n storie. Toe tannie Susan van der Merwe haar oorlede man, oom Wouter se Bybel bring het dit ons diep geraak. Sy het gesê ek bring die oom se Bybel hy sou dit so wou hê dat iemand anders ook Jesus se liefde kan leer vanuit sy Bybel.

Baie dankie vir elke Bybel vir ‘n “stil word” tydjie.

Deur Ds Wouter van Velden

Die woord “Wêreldbiddag” is nie aan ons onbekend nie. Vir baie jare word die woord geassosieer met vroue en weet ons dat vroue oor die wêreld op dié dag saamkom om te bid.

Hoewel minder bekend, is daar ook ‘n Wêreldbiddag vir Mans. Dit vind gewoonlik plaas die dag net na die wêreldbiddag vir vroue. Hierdie jaar het dit in ons gemeente plaasgevind op 8 Maart by die Natuurtuin.

Rustig op ons kampstoele, met sommige wat ‘n beker koffie saamgebring het, het ons die skepping geniet. Ons het 4 van Jesus se gebede in die Bybel gelees en saam gewonder oor wat dit vandag sou beteken om so ‘n gebed in ons tyd te bid. ‘n Mens kon nie anders as om te besef dat Jesus se gebede uitdagend vir sy tyd was, maar net so uitdagend is as ons dit vandag bid nie.

Die eerlike gesprek tussen die klein groepie mans was voorwaar ‘n geloofservaring. Ek het maar net besef hoe gestroop ‘n gelowige voor God staan wanneer jy bid soos Jesus gebid het. Gestroop - maar veilig in jou God se hande…

Dankie aan die manne wat bygedra het tot die seën wat ek ontvang het die oggend saam in die natuurtuin by die Wêreldbiddag vir Mans.

Die eerste kwartaal van 2025 vir die jeugbediening het ingesluit die Kickstart kamp te Proteaplaas vir hoërskoolkinders, kategese, ‘n belydenisklas ken-mekaar kuiergeleentheid, #Imagine (die grootste christelike jeugkamp in ons land) en jeugaande.

Ons is die Here dankbaar dat MONTAGU JEUG ‘n plek geraak het vir die hele gemeenskap se kinders!

Ons kom elke Vrydagaand bymekaar en enige iemand is welkom. Met elke geleentheid is daar iets anders op die program: wandel in die Woord, lofprysing, speletjies, fliekaande, uitreik, waterkaskenades, en vele meer.

Elke jaar is ek opgewonde as Lydenstyd aanbreek met Aswoensdag. Hierdie jaar was Aswoensdag op 5 Maart 2025. So het die 40 dae voor Paasfees afgeskop. Dalk is opgewonde ‘n verkeerde woord om te gebruik vir Lydenstyd. Dalk moet ek eerder sê “Ek het groot verwagtinge vir dié 40 dae. Lydenstyd het soveel potensiaal om vir ons as gelowiges ‘n tyd te wees wat ons nader aan ons Verlosser bring.

Ongelukkig is ek gewoonlik aan die einde van die 40 dae teleurgesteld. Die tydgees waarin ons leef, die gebrek aan selfdissipline of dalk bloot ‘n gebrek aan kennis oor Lydenstyd veroorsaak dat gelowiges hierdie wonderlike geleentheid van groei mis. Ons (ek) is net te besig. Daar is net te veel vakansiedae gedurende hierdie tyd. Kinders se programme wat sport en toetse betref, is net te vol. Dit is bykans onmoontlik om in te haak by hierdie 40 dae.

Tradisioneel is Lydenstyd ’n tyd vir afskaal, opoffer, stilword, stadiger beweeg, dieper asemhaal, dieper kyk, fyner luister, intenser voel, proe en ruik. Die doel daarvan is om God se teenwoordigheid te soek en meer tyd saam met God te spandeer – om uiteindelik ‘n bietjie nader te groei aan ons Verlosser.

Hoe wonderlik sou dit nie gewees het as ons vol programme nie ons dag bepaal het nie, maar dat ons deur die oomblik beweeg kon word. Om beweeg te word deur wat ons beleef, sien, hoor, ruik, proe en voel. Om tyd te kan hê om vir God te soek en saam met God te wees. Iets te kan beleef van Jesus se lyding in hierdie wêreld - met die diepe wete van sy dood en opstanding.

Juis daarom is die tema van die Basuin so aktueel vir die tyd van die jaar: Wees stil en weet. Wees stil en weet dit is Lydenstyd. Wees stil en weet jy kan jou Verlosser ontmoet in hierdie tyd. Wees stil om te groei. Wees stil om van jouself ontslae te raak en eerder Jesus se lydensweg raak te sien.

Soms het ons ‘n bietjie hulp nodig om Lydenstyd ‘n werklikheid in ons besige lewens te maak. Die gebruik om te vas, kan ons help om stil te word. Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu (in navolging van die Oosterse kerk) begin om as voorbereiding vir Paasfees ’n vastydperk van 40 dae in te stel. Die vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd per dag sonder vleis geëet is. Vandag nog sal gelowiges dikwels in hierdie tyd van iets vas (soos sosiale media, alkohol, koffie, vleis ens) of tyd opoffer in gebed met die doel om introspeksie te doen en te bid. Vas, wees stil en weet my Verlosser loop na die kruis ter wille van my verlossing.

My gebed is dat ek hierdie jaar in Lydenstyd sal stil word om al meer te weet en te besef dat ek ‘n Verlosser het. My gebed is ook dat hierdie gemeente ‘n tyd van stil wees sal belewe waar gemeente-lede ‘n persoonlike ervaring met hulle Verlosser het. Sodat ons kan WEET…

Wat ‘n voorreg om deel te mag wees van die kerk oor die wêreld wat glo in die kruisiging en die opstanding. Ons is nie dieselfde na Paasnaweek nie. Ons is nuwe mense en word geroep om as nuwe mense hier te lééf! Ons eerste Paasnaweek op Montagu was vir ons geseënd.

Deur

In die gejaag van hierdie lewe vind meeste mense, wat ek in elk geval teëkom, dit moeilik om ‘n oop naweek, ‘n af dag of ‘n oomblik van stilte te geniet. Mense se werke, die kinders se skool, buitemuurs en sosiale kalenders is besig om eksponensieel al hoe voller te word. Om ‘n oop naweek te vind is byna onmoontlik.

Baie het dan alreeds die jaar tot en met kersfees beplan. Kan jy dit glo? Iemand sê selfs die ander dag vir my waar hul gesin kersdag 2025 se middagete gaan eet! Wanneer daar wel ‘n oop naweek is, is dit rus tyd vir meeste. Die kerk moet nie ook nóg iets beplan op daardie dun gesaaide naweke nie.

Hierdie uitgawe van die Bassuin se titel is: ‘Wees stil en weet!’ Ek deel graag met jou my gedagtes hieroor.

Ek het soveel begrip vir die mens wat ek hierbo beskryf omdat ek myself ook daarin raaksien. Ek vind dit moeilik in hierdie seisoen van my lewe om tyd te maak vir stil-wees. Rus. Luister. Niks doen.

Hier is my vraag: is dit nie juis ons grootste struikelblok nie?

Psalm 46:11 sê: ‘Wees stil en weet Ek is God.’

Verder in vers 12: ‘Ons skuilplek is die God van Jakob.’

Ek glo dat die Here vir ‘n baie spesifieke rede vir ons sê: ‘Wees stil…’. Ek glo nie dit staan verniet daar geskryf nie.

Dis vir my belangrik om stil te wees omdat ek dan slegs op een ding fokus. God. Sonder die geraas of iets wat my aandag kan aftrek. Wanneer ek stil is, gee ek oor en maak ek plek vir God om met my hart te werk. Wanneer ek stil raak vind ek vrede in God se teenwoordigheid. Die tipe vrede wat die vrees en angstigheid in die res van my dag verdryf. Die stilte laat my toe om God se beloftes aan my te oordink. Stilte maak my ore oop.

Ek raak bang wanneer my skuilplek (vers 12) wankel en onstabiel raak. Dit gebeur gewoonlik wanneer ek nie genoeg stil raak nie. Die Bybel leer ons dan só.

Kry ek stil-wees genoeg reg? Beslis nie. Ek skryf dit juis hier vir jou sodat jy, liewe leser, my ook veratwoordbaar kan hou.

Ek nooi jou uit na die stilte.

“Wees stil en weet. Wees stil. Wees…”

Jesus beweeg… ook in my stilte.

Ek het darem ook al ‘n hele klompie jare in die boerdery beleef. Ek’t gedink ek weet van alles: droogtes, reën, vloede, ryp, hael en alles. Maar vanjaar het hierdie seisoen ons darem maar ‘n taamlike ‘googly’ geboul. Ons het ‘n lieflike aanloop na die oestyd gehad met genoeg reën en die goeters was gesond. Toe kom die die eerste vruggies (perskes) daar sit. Een nag daal die temperature tot -5/-6 grade, waarna die resultate toe na so ‘n paar dae was dat die vruggies afval van die bome af.

Ek dink toe, toemaar wat, daar is darem nog die appelkoos oes wat wag. Die appelkose lyk mooi, die bome is mooi vol. Dit begin al so effens wit te raak. Toe kom hier ‘n haelbui deur – ag aarde, dit was sommer sulke klein ou haelkorreltjies, min of meer soos ertjiekorrel groottes. Daar is niks om oor te bekommer nie.

Die volgende oggend het die pitte oral oor die appelkose se wange sommer so 5 tot 6 fyn merkies gemaak. Toe die appelkose groter word, sien ons meer en meer die skades. In die tussentyd laat weet die fabriek dat hulle ons kwotas inkort. Ons kan nie meer al ons vrugte daar lewer nie. Ons sukkel toe maar taamlik, en loop met ‘n knop in my keel of op my maag.

Ek kry toe nog ‘n terugslag deur my eie agtelosigheid. Ek het ‘n hele klomp bome bespuit met chemiese stof wat nie daarop mag wees nie. Toe ons by die oestyd kom, was die grootste gedeelte van die appelkose ongeskik vir lewering en die perskes was met meer as 30% minder, ook as gevolg van die merke van die hael. Ons het baie perskes gedroog.

Die druiwe-oes begin ook later. Die druiwe raak al mooier en die goed is so gesond. Ons begin oes en dis werklikwaar ‘n oes soos wat ek tot op hierdie stadium ‘n druiwe-oes nog nie beleef het nie.

Ek sit toe in stilte en terugdink: Ek, wat darem al ‘n taamlike stukkie van die lewe beleef het, wat al soveel kere opgetel is, wat al soveel kere saam met die Vader net een spoor in die sand gelos het, toe Hy my opgetel en gedra het. Hoe kon ek so kleingelowig wees?

Dit bring my net weer daarby dat met al die gewoel en gewerskaf en geraas, ons eintlik maar net kan stil raak en weet dat die Here weet wat ons nodig het en die Here voorsien. Daar op die meer van Galilea het Hy ook die storm stil gemaak en net die sagte gesuis van die wind laat oorbly.

So is ons lewens ook. Vader ruim vir ons tyd in waarin ons ons stilwees en kontak met Hom kan uitbrei. Ons moet net Sy Hand vat en tyd maak om stil te wees saam met Hom.

Ek is so dankbaar dat ek weet my naam is ook in Sy handpalm gegraveer. Prys die Here!!

The World Needs A Father is 'n wêreldwye beweging, met meer as 100 lande wat aktief betrokke is. Meimaand skop hierdie kursus ook in ons gemeente af. Die kursus het ten doel om gemeenskappe van mans op te lei om die waarde van hul rolle as vaders te verstaan en om hulle die gereedskap te gee om ‘n verskil te maak in hulle portuurgroep.

Die kursus bemagtig Vaders om die tipe Vaders te wees wat die Here Vaders bedoel het om te wees. Vaders word voorsien van die nodige opleiding, vaardighede, hulpbronne en ondersteuning om ‘n verskil in hulle huise te maak.

Klem word geplaas op die holistiese ontwikkeling van kinders en wat die kind se behoeftes is in elke jaar van die kind se ontwikkeling. Vier primêre rolle van vaderskap kom op die tafel:

1. Om morele gesag te vestig.

2. Om identiteit te verleen.

3. Om emosionele sekuriteit te verskaf.

4. Om jou kind se potensiaal te bevestig.

Kinders word vandag soms getipeer as ‘n vaderlose generasie. Juis daarom word die belangrikheid van vaders beklemtoon en kan dit ‘n groot verskil maak in ons samelewing as vaders hulle rol beter begryp en verantwoordelikheid aanvaar vir dié rol.

• Wat verwag die Here van my as pa?

• Hoe kan ek bydra dat my kinders ontwikkel om hulle volle potensiaal in die lewe te bereik?

The World Needs a Father kursus word in 2025 aangebied oor 8 sessies. Dit begin Donderdag 8 Mei en eindig 26 Julie 2025. Die kursus is nie net gemik op gemeente-pa’s nie, maar enige pa word genooi. Juis daarom wil ons gemeente-lede aanmoedig om mans te nooi om hierdie kursus by te woon. Enige ouderdom is welkom. Pa’s, stiefpa’s, oupas, pa’s in wording word almal ingesluit byd ie uitnodiging. Bevestig asb u bywoning teen Donderdag 24 April 2025.

Plek: NG Kerk Montagu Kleinsaal

Tyd: 18h30

Koste: Kursus is gratis. Indien ‘n eie werkboek bestel word, sal daar kostes wees.

Datums: 8, 15, 22,29 Mei en 5, 12, 19 26 Junie

Vir meer besonderhede oor die kursus kontak gerus vir Wouter van Velden by 081 270 9378 of epos by 1968wouter@gmail.com

- Deur Jean-Marié van der Walt

Lied 519 is die eerste wat in my kop op kom toe ek die tema lees, ek sit die lied se woorde hieronder sodat ons net dit weer kan lees en bedink.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek, en wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag. Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou kommer en vrees. Ek sal vir jou ‘n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof.

Ons word in die lied op geroep om stil te word en net te glo en vas te hou aan God want Hy sal voorsien in alle omstandighede en situasies.

Dis so eenvoudig ons sing gereeld die lied, maar sit ons daad by die woord? Ons moet net stil word en vertrou, vergeet van die wereld en al sy dinge en eise wat hy aan ons stel.

Vergeet van die druk van die nou. Vergeet van die bekommernisse van nou. Fokus, raak stil, kry weer jou prioriteite reg. Hou op kla en moun oor wat was, wat is en wat nog sal wees. Vertrou eenvoudig op God en weet Hy sal vir jou deurkom elke keer.

Daar is ‘n engelse liedjie wat se “God is good all the time”. Kom ons raak stil en weet God is in beheer ALTYD.

Psalms 46:11 uit Die Boodskap se: Wees stil en weet Ek is God. Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde. Elke mens sal erken dat ek die belangrikste is. Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie.

Bid asseblief soos u hart u lei ook vir ons gemeente en sy lidmate veral ook vir die gene op die Afkondigingsblad en verskeie ander platforms. Die Gebedsgroep nooi u ook uit om deel te kom word van ons span op verskeie maniere. Vir meer inligting skakel of whatsapp my gerus by onderstaande nommer. Gebedsversoeke en bydraes kan ook deur whatsapp gestuur word na die nommer, maak asseblief net dood seker van u feite voor u enige iets stuur en hou dit asseblief kort.

Gebeds groete

Jean-Marié van der Walt 072 243 1364

- Deur Ernie Oosthuizen

Afslag op Munisipale eiendomsbelasting. Neem asb kennis dat hierdie afslag jaarliks hernu moet word. Afsnydatum 31 Julie. Aansoekvorms by kerkkantoor, Munisipale kantoor en myself.

Parameters:

• Ouer as 60 jaar.

• Slegs een eiendom besit.

• Inkomste nie R 8 500 / maand oorskry.

• Munisipale rekening nie langer as 60 dae uitstaande.

• Afslag: 60% - R0 – R4400

50% - R4400 – R7000

40% - R7000 – R8500

Ernie Oosthuizen

023 614 1264/ 082 809 3182

- Deur Jean-Marié van der Walt

Spieëls wat diep in jou siel kan kyk. Die jaar het die vroue van die Wêreld bietjie gaan inloer en saam gebid met die vroue van die Cook eilande, 'n pragtige tropiese eiland.

Die dag het gegaan rondom om jouself te sien in' n spieël en bietjie self ondersoek in te stel oor hoe jy jouself sien. Elke vrou het 'n stukkie spieël gekry om in te kyk en huistoe te neem om elke dag weer te kyk en diep in jouself, jouself te bekyk.

Dit was nogals 'n intense tydjie om te kyk in die spieël en jouself so diep te kon sien, om te kon sien waar jy te kort skiet maar ook wie jy regtig is die diep waar jy as vrou nooit regtig uitkom nie want jy is net te besig om Ma, huisvrou, vrou en vriendin te wees.

Baie keer gee ons as vroue nie onsself genoeg krediet en tyd nie. Ons is so besig met ons lewens en om almal rondom ons gelukkig te hou en ons is so hard partykeer op onsself. Ons vergeet so dikwels dat God ons geskep het perfek volgens Sy beeld. Mag elke vrou elke dag in 'n spieël kyk iewers deur die dag en net weereens besef hoe kosbaar en perfek sy in God se oë is.

Op Donderdag, 20 Februarie 2025, is Montagu se vrouens bederf met ‘n vroueaand wat deur Annette de la Porte, maatskaplike werker en barader, aangebied was. Haar tema was “Emosies – My vyande of my vriende?” iets waaruit elke vrou meer van haarself kon leer.

Die aand is afgesluit met ‘n gesellige kuier waar smullekker versnaperings geniet is.

Ek deel vandag ‘n stukkie van my hart, ‘n stukkie van my storie. Dalk werk die Here al ‘n rukkie met jou oor jou lewensdoel, jou roeping. Dalk kan my storie en my paadjie jou inspireer.

In 2004 gaan studeer ek maatskaplike werk. My wil om mense te wil help is die motivering. In 2007 vang ek graad. Die lewe stap sy draaie en ek werk by verskillende welsynsorganisasies. Ek draai selfs ‘n jaar in Londen. Ek trou in 2012. In 2013 lei ons paadjie na Montagu. Ek begin daardie jaar by die Departement Justisie as hoftussenganger te werk.

Ons twee kinders word gebore. In my tyd by die staat kry ek die geleentheid om wonderlike mense te ontmoet, maar later is my passie vir my werk nie meer wat dit moet wees nie. Iewers in 2020 begin ek myself afvra of ek nog op die regte plek is… Die atmosfeer in my werksplek is nie lekker nie. Ek kry die gevoel ek maak nie meer ‘n verskil in enige iemand se lewe nie. Die pandemie speel seker ook ‘n rol in almal se gemoed.

Dit gaan vir ‘n rukkie beter, maar aan die einde van 2021 ervaar ek weer die gevoel dat ek dalk nie op die regte plek in my loopbaan is nie. Ek besluit om met iemand te gesels om my te help om bietjie perspektief te kry. Ds. Rupert begin ‘n mentorprogram met my deurstap. Hy daag my uit om weer na my waardes, my gawes, my passies, my roeping te kyk. En die Here begin ‘n besonderse pad met my stap. Hierdie persoonlike pad loop ook hand aan hand met die gemeente se In Pas-reeks.

Behalwe dat ek voel ek maak nie meer ‘n verskil nie, is daar nie meer groeigeleenthede vir my nie. Gedurende 2022 kom daar ‘n paar geleenthede op my pad. Ek gaan vir drie onderhoude –een daarvan is vir ‘n pos as maatskaplike werker by die Herberg Kinderhuis. Twee van die onderhoude is suksesvol, maar ek wys dit van die hand. Die oortuiging is net nie daar nie. Met die derde onderhoud is ek onsuksesvol en my teleurstelling is groot, maar as ek nou terugkyk. besef ek “rejection was God’s protection”.

Aan die einde van 2022 sien ek die advertensie vir die huidige pos waarin ek nou is. Ek is egter terselfdertyd in ‘n proses met ‘n ander geleentheid (die een wat ek nie gekry het nie) en ek besluit om nie aansoek te doen nie. Februarie 2023 stuur ‘n vriendin weer die advertensie vir my aan. Skielik is dit asof die advertensie vir my bedoel is.

Ek begin met die Here praat – hoekom adverteer hulle weer? Hoekom kom die Herberg elke keer oor my pad? Is dit waar U my wil gebruik? Ek stuur my aansoek vir hierdie pos in ‘n dag voor die aansoeke sluit.

Die Sondag sit ek in die kerk. Ds. Suzette preek oor hoe ons God se stem hoor. Sy noem dat Hy nie noodwendig harde woorde gebruik nie, maar dikwels in ‘n fluisterstem praat. Ek wil nie hê God moet hierdie keer fluister nie, ek wil Hom hard en duidelik hoor. As dit sy wil is, wil ek seker wees. Ek vra God om vir my ‘n duidelike teken te gee. Ek wil die woord Herberg soos ‘n donderstorm hoor.

‘n Paar dae later sit en kyk my kinders ‘n fliek. Ek gee nie eintlik aandag nie, maar op ‘n stadium kyk ek op – die karakter in die storie staan by ‘n venster en uitkyk. Op die gebou se muur staan die woord “orphanage” in reuse letters. Nog ‘n paar dae later luister ek die oggend padkosboodskap. Die teksvers vir die dag – Lukas 10:34 – Dit is die bekende storie van die barmhartige Samaritaan.

Vir die eerste keer tref die woorde my, asof die Here direk met my praat. “Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na ‘n herberg toe geneem…” Ek word genooi vir ‘n onderhoud by die Herberg. Die aand voor my onderhoud vra ek my kinders om oudergewoonte ‘n storieboek te kies vir hulle slaaptydstorie. My seuntjie kies ‘n Kersfeesstorie. Dis Engels en mamma moet vertaal… Die storie gaan oor Jesus se geboorte. Die woord ‘inn’, oftewel herberg, verskyn ‘n totaal van vier keer in die storie. God het lankal nie meer gefluister nie.

Op 3 April 2023 begin ek by die Herberg Kinderhuis as vakkundige bestuurder. Dis nie elke dag maklik nie en ons het beslis ons uitdagings, maar ek glo met my hele hart ek is waar die Here my wil gebruik. Verlede jaar is daar ‘n besonderse moeilike dag met kinders met uitdagende gedrag.

Ek ry by die kinderhuis weg om gou my eie kinders by die nasorg op te tel. Ons gaan weer terug kinderhuis toe om ‘n krisis te gaan afweer. My dogtertjie hoor hoe ek vir ‘n kollega sê dat ek met die Here ‘n stryd voer. Op pad huis toe, vra sy: “Mamma, hoekom baklei Mamma met Liewe Jesus?” Ek verduidelik dat Hy my by Die Herberg geplaas het, maar dat dit soms baie moeilik is. En daar kom die wysheid uit my 7-jarige se hart: “Mamma, partykeer sit Liewe Jesus ons op plekke en ons verstaan nie hoekom nie, maar eendag sal ons verstaan dat Hy ons met ‘n rede daar gesit het”.

Hy het ‘n plan met my daar. En so ook met jou. Raak sensitief vir sy stem in jou lewe. Gaan vra Hom waar en hoe Hy jou wil gebruik. En onthou, as jy wil groei, klim uit jou gemaksone. Raak gemaklik met jou ongemak, want dis daar waar God jou gebruik om wonderlike dinge te doen.

GEMEENTE NTBYT

- Deur Estéa van Deventer

Op Saterdag, 1 Maart 2025, is die sewentiende jaar wat Toit en JD van Deventer aan die stuur van die gemeenteontbyt was.

Ongeveer 320 ontbytkaartjies is verkoop. Een en elk het gesmul aan die heerlike ontbyt en niemand het honger uit die saal gestap nie. Ons waardeer almal wat hard gewerk het om van hierdie oggend ‘n reusesukses ta maak!

Daar was ook vars vrugte en groente, wors en heerlike wildspastei verkoop.

Dankie aan almal wat skenkings gemaak het!

Sonneblom

- Deur Deonette de Kock

“Almal noem my Mej. Sonneblom, Sonneblom of Sons,” sê Angelique Butler (33) van Montagu, ma van Enrique (14) en Leané (11). “Want ek is gaande oor sonneblomme en hierdie blomme draai altyd terug na die son waar daar nie lig is nie.”

Angelique is tans op haar derde surrogaatreis en vier maande swanger met haar derde surrogaatbaba. ‘n Jong vrou wat die donker kant van die lewe leer ken het toe sy as tiener geboelie is (sy het op pdf-formaat ‘n boek daaroor geskryf) en haar eie lewe probeer neem het.

Hierdie enkelma met haar groot omgee-hart vir mense, woon die afgelope 22 jaar in Montagu en is tans ‘n versorger en doen ook nek- en rugmasserings in haar tuisdorp.

Om ‘n surrogaat-ma te wees is ‘n vreemde konsep vir baie mense. Waarom doen ‘n vrou dit as sy reeds twee kinders van haar eie het?

Angelique verduidelik: “Ek het reeds 5 jaar gelede hardop gewonder of ek nie ‘n surrogaat-ma moet wees nie? Ek wou nie nog kinders van my eie hê nie, maar ek wou graag mense help om kinders van hul eie te kry. En om die regte redes, ongeag wat die mense daaroor te sê het.”

Mejuffrou

Om in aanmerking te kom as surrogaat-ma, moet jy kinders van jou eie hê. Jy word glad nie finansieel vergoed nie en moet deur sielkundige evaluasies gaan om seker te maak jy is geskik om surrogasie te doen. Die regte kanale word dus tydens die proses gevolg.

Die ouers betaal wel haar mediese onkostes, lewensversekering, die hospitaalonkostes, alles wat Angelique vir die swangerskap nodig het asook die keisersnit-bevalling.

“Ek werk deur ‘n prokureur van Johannesburg, Robin Freedman, wat spesialiseer in surrogasie. Sy stel die kontrak op, gaan namens ons Hooggeregshof toe en sorteer alles uit.

“In April 2021 was ek swanger met my eerste surrogaatbaba. Hierdie surrogaatskap het baie goed afgeloop. Die ouers het met elke sonar afgevlieg en was ook daar met die geboorte op 9 Desember 2021. Ek kon die baba vashou voordat ek haar aan die ouers teruggegee het. Ek het selfs ‘n foto van die baba en ons behou steeds kontak.”

Die tweede surrogaatreis wat weer deur Angelique se prokureur gereël is, was minder aangenaam omdat die ouers onbetrokke was en nie tydens die swangerskap die pad saam met Angelique geloop het nie.

Hulle was nie daar met sonars nie en het buite die teater gewag met die geboorte op 14 Desember 2023. Haar ma, Debbie Butler, het haar in die teater bygestaan. Angelique kon nie die babadogtertjie sien of vashou ná die geboorte nie.

Sy vertel: “Ek was teen die grond, neerslagtig, maar het vrede gemaak. Ek het vir die Here gesê dat ek nie my surrogaatreis op so ‘n negatiewe noot wil afsluit nie. Ek wil nog ‘n familie help, maar dié keer gaan ek hulle kies.

“Ek is nou vier maande swanger met ‘n derde surrogaatbaba vir die twee wonderlikste mense. Ek het hulle op sosiale media raakgesien, ons het ontmoet en ek het dadelik besluit dat ek hulle babatjie sal dra. Ek het my prokureur gekontak en het weer die surrogaatreis aangepak. Hierdie keer ondersteun die ouers my en is baie betrokke. Ek weet dis weereens ‘n dogtertjie.

“Al wat ek wil hê is om die baba ná geboorte te sien en die baba vas te hou. Dan wil ek ook graag kontak behou,” sê Angelique.

“Want ek dra die baba vir 9 maande veilig onder my hart. En ná elke geboorte gee ek die baba terug aan die ouers. Ek gee die baba nie weg nie, want dis nie my baba om te hou nie. En hoewel ek lief is vir die baba, is ek nie emosioneel betrokke by die baba nie.

“Ek gee vir hierdie ouers die grootste geskenk ooit. ‘n Seëning van die Here.”

• Angelique is op TikTok Mej. Sonneblom en op Facebook onder die naam Mej. Sonneblom –sy bring lig. Meer oor haar surrogaatreise: www.mejsonneblom.co.za

29/12/2024 gedoop

Ouers: Rihaan en Lisa Plomp

04/01/2025 gedoop

Ouers: Gideon & Nicolette Maree

13/04/2025 gedoop

Ouers: Jaco en Theresa Erasmus

06/04/2025 gedoop

08/12/2024 gedoop

Ouers: Anandi & Duan van Brouwershaven

19/01/2025 gedoop

Ouers: Pieter-Jan & Sonja Rossouw

Ouers: Nico en Leoni Kriel

23/03/2025 gedoop

Ouers: Carel & Janica Mongie

“Jy is Myne. Ek het jou op die naam geroep”

Merwe

en Linette

aan die oorblywende familie en vriende van

James Thomson 28/11/1944 – 11/12/2024

Jean Vermeulen 06/08/1942 – 28/01/2025

Louis Bruwer 27/05/1955 – 11/02/2025

Michael Adriaan Oosthuizen 07/10/1951 – 04/02/2025

Pieter Mohr Burger 18/11/1938 – 18/03/2025

Jan Stephanus Johannes Vos 25/12/1942 – 02/04/2025

Thomas George Bell 12/05/1932 – 03/04/2025

Beste Marita, leraar en gemeente

Hiermee spreek ons, ons opregte dank en waardering uit vir Huis B se groot bederf.

Al u liefde en omgee gaan beslis nie ongesiens verby nie en word opreg waardeer. Woorde kan nooit ons dankbaarheid genoeg beskryf nie.

Dankie dat u ‘n verskil maak in die lewe van ons kinders. Dit beteken vir ons kinders geweldig baie om te weet dat daar mense is wat omgee vir hulle en aan hulle dink.

Vriendelike Kinderhuis-groete

Minette De Villiers

Tel: 023 626 3140/3170

E-pos: bemarking@herberg.co.za

Webblad: www.herberg.co.za

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.