BASUIN
APRIL – JUNIE 2024
NG KERK MONTAGU
BASUINREDAKSIE
Thea Stopforth (Red), ds Wouter van Velden, Petro Jordaan, Ernie Oosthuizen, Lize Rossouw, ds Suzette Turner, Francois Tredoux, Jean-Marie van der Walt en Elsabé Wright. Die artikels en inligting wat in Basuin gepubliseer word weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie of van alle gemeentelede nie. Die redaksie behou hom die reg voor om alle material te verwerk of te verkort om met begrip te publiseer te word. Ons verwelkom bydraes uit die gemeente en ontvang dit verkieslik per e-pos in MS Word-formaat. Handgeskrewe stukke is egter ook welkom en kan by die kerkkantoor ingehandig word – asseblief teen die sperdatum soos op die kerkkalender aangedui. Stuur asseblief u bydraes aan:
Redaksioneel
Hier is alweer ‘n propvol nuusblaadjie! Ons tema vir hierdie uitgawe is “Die oes is groot”, en weereens het die Here aan elkeen se stukkie van die legkaart gewerk om ‘n volledige en mooi boodskap weer vir ons elkeen te bring. Gaan lees gerus Jean-Marié van die Walt se artikel “Die oes is groot” en kyk hoe mooi dit by die volgende teksvers aansluit:
Romeine 10:13-15 “Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word. Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie?” Kom ons tree daadwerklik op, uit God se onverdiende goedheid, en reik uit na ander met liefde, warmte en deernis, en versprei die Goeie Nuus – dat daar vir ons elkeen verlossing is. Kom ons maak ons gereed om ‘n groot oes in tesamel vir God se koninkryk.
Liefde in Jesus, Thea
AMPSDRAERS
LERAAR
Ds Wouter van Velden
081 270 9378
1968wouter@gmail.com
SKRIBA
Elsabé Wright
023 614 1530
skriba@ngkmontagu.org
BANKBESONDERHEDE
Thea Stopforth
theastopforth@gmail.com of
Ernie Oosthuizen
ernieo@telkomsa.net
NG Kerk Montagu
ABSA Montagu
Rekening nr: 1050148161
LERAAR
Ds Suzette Turner
082 961 2004
suzetteluwes@gmail.com
KOSTERS
Elizma Brand
Jurie Swart
071 388 7527
ONTVANGS
Grieta van der Walt
BELANGRIKE DATUMS
JESUS BEWEEG
- Deur ds. Suzette Turner
Op dertig is ek ook nou ń mamma van die sagste baba dogtertjie!
Livvy is gebore op die aand van 4 Maart en niks het volgens 'plan' verloop nie. Die probleem hiermee was dat dit óns plan was en nie God s'n nie. In 'ons plan' moes sy baie vroeër gekom het, en het sy eers dae later gearriveer; die gewag het soos ń ewigheid gevoel. In 'ons plan' sou die hospitaal verblyf net twee nagte wees en dit was ses. Om nie eers te praat van 'my geboorte plan' nie. En so kan ek aangaan. Selfs na haar geboorte... God se plan en nie ons s'n nie.
Op die oomblik draai ons hele lewe om haar. Sy is die middelpunt waarom alles in hierdie huishouding draai - ons tyd, ons roetine, ons beplanning, ons toekomsdrome... en dit laat my toe baie dink aan die lydingstyd waarin ons nou is. Ons geloofstorie draai ook rondom lydingstyd. Jesus se kruisiging en sy opstanding is die middelpunt waar om ons geloof draai. As dit nie vir hierdie tyd was nie, was die ewigheid geensins ń verwagting vir God se kinders nie. Dít wat op Golgota gebeur het - die oomblik waarom ons hele geloof draai. Mooi né?
Is jy ooit ń ouer as jy nog nooit jou kind se neus met jou eie hemp afgevee het nie? Ek dink jy verstaan baie dinge anders die dag wanneer jy ń ouer word, soos bv. Johannes 3:16:
Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Wanneer ek na hierdie baba dogtertjie kyk wat in my arms lê, dan klink dié bekende vers heel vreemd. Here, hoe is dit moontlik? U enigste Seun? Liefde. Dís wat ek hiér hoor! U was waarlik die grootste offer.
Mag jou planne in hierdie lydingstyd, God se planne wees. Mag jou hele lewe om Hom draai - jou tyd, jou roetine en ook jou toekomsdrome. En mag jy beleef dat die grootste offer ook vir jou was.
Welkom Livvy!
3 April Skole open 5-6 April Montagu Cares-mark 8 April Drafstapbyeenkoms 18 April Esterbedieningsvergadering 22 April Drafstapuitgstappie 29 April Kerkraadsvergadering 1 Mei Werkersdag 9 Mei Hemelvaart 12 Mei Verpleegsterdag 12-15 Mei Pinkster 19 Mei Pinksterfees erediens 23 Mei Esterkommissievergadering 31 Mei Montagu-Cares uitpak 14 Junie Skole sluit 16 Junie Jeug- en Vadersdag 17 Junie Publieke vakansiedag 19-21 Junie Re-Imagine: Plaaslik
DIE OES IS GROOT
- deur Jean-Marié van der Walt
Dis oes tyd in die Boland en dit beteken hard werk en alles insit om die resultaat te kry wat jy verlang. Hoe meer jy insit hoe meer kry jy uit. Dis ook nie altyd so maklik om genoeg en goeie arbeiders te kry om jou te help nie, almal het verskillende redes hoekom hulle nie nou kan help, dis ‘n moeilike tyd in elke boer se jaar want daar is net sekere dinge wat op tyd moet gebeur anders is die oes verlore.
Dit laat my dink aan Mattheus, waar daar ook staan die oes is groot en die arbeiders min. Ons moet ook in ons geestelike lewe deur seisoene beweeg en daar buite in die lewe is daar mense wat soos ryp vrugte aan die bome hang en wat moet geoes word vir God se koningryk voor dit te laat is. Wie gaan hulle haal en bring na God? Wie gaan hulle oes? Wie gaan betyds wees? Dis die vrae wat elke gelowige vir hom/haarself moet vra. Dis ons verantwoordelikheid as Christene om die mense daar buite te gaan oes en te bring na God, maar tog het ons so baie verskonings hoekom ons nie nou kan gaan help met die oes nie.
Dis nog nie my tyd, ek kannie voor mense praat en/of bid, ek is skaam, ek is net te besig, ek is te moeg, ek is te dit, ek is te dat. Verskonnings, verskonnings en tog kan ons as Christene so verstrengel raak in verskonnings soek en maak dat ons heeltemal die punt mis en die oes laat verlore gaan. God vra nie van ons om perfekte mense te wees met perfekte omstandighede nie, inteendeel weet Hy ons kannie perfek wees en wil Hy ons juis net soos ons is gebruik en ons omstandighede net soos dit is, onthou ons gaan uit na gewone mense met gewone omstadighede, nie perfekte mense en perfekte omstandighede nie.
‘Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan dat die Here aan wie die oes behoort om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”
God vra net van ons om gereed te wees om Sy oes te gaan oes want die tyd is min en die arbeiders is ook min. God het klaar die werk gedoen en die plante gesaai en water gegee en versorg, so nou moet ons die arbeiders net ons deel doen en die oes gaan insamel vir God en nie omdat ons prefek is nie, beslis nie maar omdat ons uit dankbaarheid lewe vir God.
Dis ‘n opdrag en nie ‘n opsie nie, so gaan uit en gaan samel daai oes in, want ons word in die Woord gewaarsku dat ons die tyd moet uitkoop want dit is min en kosbaar. Bid asseblief soos u hart u lei ook vir ons gemeente en sy lidmate veral ook vir die gene op die Afkondigingsblad.
Die Gebedsgroep nooi u ook uit om deel te kom word van ons span op verskeie maniere. Ons Gebedsgroepie vergader elke Donderdag om 17:15 te Hofmeyerstraat 10, Montagu en nooi u uit om saam te kom deel in ons gebeds tyd. Vir meer inligting skakel of whatsapp my gerus by onderstaande nommer. Gebedsversoeke en bydraes kan ook deur whatsapp gestuur word na 072 243 1364, maak asseblief net dood seker van u feite voor u enige iets stuur en hou dit asseblief kort.
Nagedink oor Paasfees
- deur Ds Wouter van Velden
Ek wonder altyd hoekom maak ons as kerk in Suid-Afrika so baie van Kersfees en so min van Paasfees? Dit lyk altyd asof kerke in Europa soveel meer dit regkry om Paasfees die groot Christusfees te maak. Ons sien gewoonlik op die TV optogte en uitbeeldings oor die lydensverhaal wat uit Europa kom.
Miskien het dit te doen met die feit dat Kersfees in die somervakansie val, altyd op dieselfde datum (25 Desember) val, almal in ‘n goeie luim is, ons toelaat dat die advertensiebedryf ons insleep en daarom is Kersdag so ‘n groot ding. Dit is dié een dag wat BAIE mense kerk toe kom. Strandoorde se eredienste loop oor en ekstra dienste word gereël. Families kom saam kerk toe – maak nie saak of almal gelowiges is of nie… Ons praat van ‘n familiefees.
Paasfees daarenteen is elke jaar op ‘n ander datum. Dikwels is dit koud en trietserig. Waar mense in Desember langer vakansie neem, glip baie gesinne vir die Paasnaweek weg vir ‘n langnaweek. Wie is dan nou lus om op die wegbreek nog twee eredienste (Vrydag en Sondag) by te woon of jou wegbreek bietjie uit te stel om eers die Vrydagoggend die Nagmaal by te woon? Verder is die karakter van die geleentheid alles behalwe vrolik. Is Goeie Vrydag dan nie reeds die herdenking van Jesus wat gekruisig word nie? Klink ook nie na iets om oor opgewonde te wees nie. Om van ‘n begrafnisdiens die Vrydag in ‘n motor te klim see toe maak nie sin nie.
Tog is Paasfees die kern van ons geloof. Sonder Paasfees het ons nie ‘n christelike geloof nie. So het 2024 se Paasfees ook gekom en gegaan. Hierdie was ons gesin se eerste Paasfees op Montagu.
40…39…38…37 – so het Montagu Gemeente die dae saam met die kerk oor die wêreld afgetel met Lydenstyd. Party gemeente-lede het gevas van een of ander iets gedurende die 40 dae om hulle te herinner aan die lydensweg van die Here Jesus Christus. ‘n Klomp ander (jonk en oud) het deelgeneem aan die Passiespel wat oor twee aande aangebied is en waarna baie mense kom kyk het, ook van buite die dorp. Ons is met Palmsondag herinner aan Jesus se intog in Jerusalem met die palmtakke teen die kruis voor in die kerk. Dit was die laaste week voor Jesus se kruisiging en die Paasmark was vol aan die gang.
Soos ons gewoonte maar is, het ons Vrydagoggend (Goeie Vrydag) Nagmaal kom vier in die kerkgebou. Na die diens wil ‘n mens amper vra wat is dan nou so goed aan Goeie Vrydag? Ons wat by die erediens was, het nie baie van die goedgeit beleef nie, want ons het in stilte daar uitgestap. Voorwaar was ek nie toe in die luim om see toe te gaan vir die res van die naweek nie…
Stilte - omdat daar vir ons geen teken van hoop meer was in die kerkgebou nie: die kerkgebou was gestroop van blomme, nagmaaltafel, doopvont, preekstoel, Kanselbybel, enige vorm van musiek en uiteindelik ook van die Christuskers wat gewoonlik met elke erediens brand. Gestroop omdat Jesus dood is en sonder Hom daar geen hoop is nie.
Sondagoggend het ons in stilte die kerkgebou binnegestap. Dit was seker ook soos Maria en die vroue die Sondagoggend in stilte na Jesus se graf toe is. In stilte het ons op die banke gesit. Daar was nie eers orrelmusiek om die stilte te breek nie. En toe lui die kerkklok. Hard en duidelik verkondig die kerkklok: Jesus het opgestaan uit die dood!!
Skielik het alles in die kerkgebou verander. Dankie tog daarvoor! Ons doopvont en nagmaaltafel is oopgemaak, musiek is weer gemaak, Kanselbybel is ingedra en die preekstoel kon weer gebruik word om die Woord te verkondig. Mooi wit rose voor die kruis het die hoopvolle toneel vir ons afgerond. Ons kon selfs met ‘n grappie herinner word dat ons kan lag - lag omdat die dood nie meer die laaste sê in ons lewens het nie!
Ons kon jubelend sing dat die paasfeesklokke vir ons die opstanding aangekondig het. Ons kon sing van die vergifnis wat ons ontvang het en dat ons so dankbaar is vir verlossing. Ons is herinner dat God Hom met ons doop aan ons verbind het en daarom het ons ons weer aan Hom toegewy. Ons het selfs die kans gekry om getuies te wees hoe God Hom verbind het met die doop van die Beukes seuntjie.
Wat ‘n voorreg om deel te mag wees van die kerk oor die wêreld wat glo in die kruisiging en die opstanding. Ons is nie dieselfde na Paasnaweek nie. Ons is nuwe mense en word geroep om as nuwe mense hier te lééf! Ons eerste Paasnaweek op Montagu was vir ons geseënd.
Die Ring
Gewoonlik as ‘n nuwe predikant in ‘n Ring kom, neem dit lank om die ander predikante te leer ken. Hierdie “leer ken,” vind dan ook gewoonlik plaas by iets soos ‘n Ringsitting of vergadering wat geensins bevorderlik is om iemand te leer ken nie. Hoe leer jy iemand ken as daar net besprekings is en argumente gevoer word?
Ek was bevoorreg om sommer binne die eerste maand in ‘n nuwe gemeente ‘n spanbou van die ringspredikante van die Ring van Swellendam te kon bywoon. Verder was ek gelukkig dat die spanbou hierdie jaar nie ‘n kursus was nie. Hierdie was ‘n geleentheid wat my gehelp het om die predikante te leer ken en ek kan na die tyd met vrymoedigheid sê ek voel tuis in die Ring.
Ons spanbou het afgeskop met ‘n middagete die Sondag na kerk op Swellendam saam met ‘n klompie afgetrede predikante (emiriti) wat in die Ringsgebied woonagtig is. Na die kuier, het ons die pad gevat Agulhas toe waar almal tuisgegaan het by ‘n gemeente-lid van Swellendam se huis by die gety-poel. Hierdie was ons basis vir die volgende paar dae.
Maandagoggend het ons die dorpie Elim besoek. Elim is ‘n Morawiese sendingstasie met ‘n besonderse geskiedenis. ‘n Dorpie waar die gemeente die deurslaggewende rol speel in die funksionering van die dorp. ‘n Mens kan nie sommer kies om Elim toe te trek nie – jy moet aan die Morawiese Kerk behoort om daar te kan bly.
Middagete was by die Arniston Hotel met die pragtige uitsig op die blou see. Aandete was ‘n baie kreatiewe geleentheid en het beslis reg laat geskied aan spanbou. Ons predikante is vooraf ingedeel om verantwoordelikheid te neem vir ‘n drie-gang maal. So het die span ‘n aandete staangemaak wat menige restaurant jaloers sou hê: Verwelkomingsdrankie, versnappering (canape), voorgereg, hoofgereg en nagereg.
Die volgende dag moes ons 10h00 aanmeld op die vliegveld by Struisbaai. ‘n Gemeente-lid van Ashton het die predikante span met sy vliegtuig kom oplaai (ons moes wel vooraf almal ons gewigte deurgee sodat die vliegtuig nie te swaar is nie en gelukkig moes niemand agterbly nie!). Ons het oor die suidelikste punt van Afrika gevlieg, toe na die monding van die Breërivier en geland in die De Hoop natuurreservaat waar ons wild gekyk het en saam geëet het voor ons weer teruggevlieg het Struisbaai toe.
Woensdagoggend het ons soos die vorige dae saam stil geword die oggend. Ons het nagmaal gebruik langs die see en so het die spanbou tot ‘n einde gekom. Ek kan voorwaar getuig dat die Here op verskillende maniere met ons predikante besig is. Ons het Hom op hierdie spanbou ontmoet in die natuur, in ons gesprekke, in ander mense, in die geskiedenis en in die gasvryheid wat ons beleef het.
#Imagine 2024
- deur Juanita Swanepoel
Ons het Donderdag 21 Maart 10:00 vertrek met 17 tieners vanaf die Kerksaal, Nampo Park toe op Bredasdorp. Vir 11 van hierdie tieners was dit hulle 1ste keer en vir 6 was dit hulle 2de keer. Die ouderdomme het gewissel van 13-17 jaar (graad 7-12), ons was 4 leiers wat saam was, Andrea, Jaco, Juanita & GJ. Vir Andrea en Jaco was dit hulle 1ste keer, vir my Juanita was dit my 3de keer, vir GJ was dit sy 2de keer as leier, maar hy was in die verlede 3 keer saam as tiener.
Op Bredasdorp gekom het ons geregistreer en daarna het ons tente opgeslaan, seuns help die girls om tente op te slaan en dan hulle eie tente. Dit was baie warm, maar dit het nie die kinders se opgewondenheid gedemp nie.
16h00 het die countdown begin vir die afskop van #imagine 2024. Die kinders het tog te lekker op Lyfie, Jerusalema en nog vele meer gedans en balle rond geslaan. Daarna het die praise & worship begin, dit is hoendervleis mooi om te sien hoe 1166 tieners van 63 dorpe en 206 Kerke saam die Here loof en prys.
Hierdie jaar se tema was PS sjokolades, want PS staan vir Post Scriptum of onthou. Die Bybel verhaal was Lukas 19:1-10, die verhaal van Saggues. Daar was 3 temas van PS:
PS: I see you God sien jou raak maak nie saak wat jy gedoen het nie en ook nie wie jy is nie
PS: I know you God ken jou binneste, hoe jy voel en wat in jou lewe aangaan
PS: I call you God roep jou want Hy wil jou gebruik
Ek dink nie die tieners gaan ooit weer ‘n PS sjokolade eet of sien sonder om aan hierdie tema’s te dink nie.
Nadat ons in klein groepies verdeel en gesels het, gaan die tieners die “encounter stations” (gebeds staties) bywoon, daar is 8 van hulle, hier kan die tieners bid vir dit wat hulle pla, hulle probleme los by Jesus se voete, hulle self in die oë kyk en vir hulle self sê God het my lief. Hierdie is ‘n baie emosionele tyd, die trane loop en almal hou mekaar net vas.
Daar is dan ook ‘n Care Team waarna die tieners kan gaan as hulle met iemand wil gaan gesels, hierdie span bestaan uit Maatskaplike Werkers, Sielkundiges en Dominees.
#Imagine is ‘n save space vir elke tiener wat dit bywoon om sy/haar eie ontmoeting met God te ervaar, waar hy/sy net hulle self kan wees en weet ek behoort erens, hulle vind ook uit dat dit nie net ek is wat sukkel met sekere dinge van Godsdiens of tiener wees nie, daar is nóg wat so voel en wat ook nie die antwoord het nie.
Daar word ook 13 Workshop’s aangebied vir die Tieners, hier is 3 voorbeelde:
• I am (not) ok - wat gaan oor hoe om ander/jouself te ondersteen as jy depressief voel.
• Green Feet - waar en hoe ontmoet ek vir Jesus in die natuur.
• Reading the Bible 101 - waar begin ek om my Bybel te lees, hoe lees ek my Bybel.
Ons leiers woon ook hierdie workshops by, want selfs ons leer baie daar uit.
Wat my getref het is Vrydag-aand het hulle al die ligte afgesit en ons het almal ons selfone se liggies aangesit en dit het gelyk of die saal gloei, jy kon voel dat God daar is.
#Imagine is een groot Christus jol, waar elke tiener veilig kan voel en net hulle self kan wees. Hulle maak nuwe vriende, leer hulle ou vriende op nuut ken. Hulle word gehelp om hulle diepste seer, swaarkry en dit wat jou pla by Jesus se voete neer te sit en dit daar te los om dan weer oor te begin op ‘n skoon bladsy, saam met Jesus.
Twee woonstel inwoners het teddiebere gebrei en uitgedeel aan inwoners in die tehuis
Uitnodiging
Bediening aan plaaswerkers
Die Getuienis-diensarm nooi alle plase uit om deel te wees van ons aksie om plaaswerkers met die Woord te bedien. Daar is alreeds 11-15 plase wat deelneem.
Ds. Eric Malgas kom besoek ons maandeliks (seisoentyd uitgesluit) en bring dan boodskappe aan alle werkers in die werkplek. Dit neem minder as een uur. Hierdie diens is gratis.
Dit gaan suiwer daaroor om die werker in die werkplek te bedien en is geensins in kompetisie met plaaslike kerkgenootskappe nie.
Kontak gerus die kerkkantoor of vir Rika Joubert (082 456 2795) om deel te wees van hierdie projek.
Wondelike getuienisse het al voortgespruit danksy hierdie bediening.
Die Drafstapklub
- Deur Sarie van Wyk
Ons het die jaar afgeskop met die gebruiklike vrugtefees. Ons boere het ons weereens bederf met heerlike vars vrugte. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het.
Februarie het ons ’n interessante en leersame fliek oor Japan
gesien, en in Maart het Edwill van Overberg Rekenaardienste al ons vrae oor selfone, wi-fi en sosiale media beantwoord. Ons gaan ook soos elke vorige jaar die Paasmark besoek waar ons op tee en verversings trakteer word.
Ons beplan allerhande interessante praatjies en uitstappies vir 2024. Die hoogtepunt is ’n blommetoer van ’n paar dae na die Weskus in Augustus. Kom sluit gerus aan. Die klub is oop vir enigeen in die dorp ouer as 60. Daar is elke maand ’n byeenkoms by Huis Uitvlucht en een keer per maand ’n uitstappie vir diegene wat meer mobiel is.
Hoekom KAMPSTOELKERK?
Kampstoelkerk
Wat is KAMPSTOELKERK?
ń Selgroep vir jong werkendes wat ń paar maande gelede afgeskop het op ń Dinsdagaand om 19:00.
Waar kom die naam, KAMPSTOELKERK, vandaan?
Die idee is dat kerk nie noodwendig nét in die groot, wit gebou is nie, maar dat jy jou kampstoel vat en op enige plek kan neersit en kerk wees. Op die grasperk, in die straat, by iemand se huis of selfs in die berg of langs ń dam.
Ek is só bewus dat tradisionele kerkwees, soos wat ons dit altyd geken het in die NG Kerk, se grense besig is om te verskuif met die inbeweeg van ń jonger generasie - en dis okay! Hiérdie informele, gasvrye manier van kerkwees maak my, inteendeel, baie opgewonde. By KAMPSTOELKERK kan jy kom net soos wat jy is; in jou werks-/oefenklere en met al jou bagasie en vrae. Ons drink ń glasie wyn en eet ń broodjie, wat natuurlik die nagmaaltekens verteenwoordig. Die idee is om hiér ook iets van Jesus se oorvloed te ervaar.
Hoe hou ons KAMPSTOELKERK?
Hiér word nie ń preek gegee nie, maar eerder ń wandel in die Woord en ń groepsbespreking oor relevante kwessies waaroor jongmense wonder. Hiér word ook nie raad of antwoorde uitgedeel nie, maar leer ons eerder saam deur na mekaar se stories te luister.
Vir wie is KAMPSTOELKERK?
Vir enige iemand (van enige denominasie of selfs as jy geen plek het waar jy tans behoort nie) van na matriek tot en met laat dertigs.
My gebed is dat KAMPSTOELKERK vlerke sal kry en sal groei in die behoeftes van Montagu se jonger generasie. Dat dit ń plek sal wees waar ons nie skaam is om ons geloof uit te leef nie en dat dit ń veilige hawe sal word waar ons selfs ons broosheid met mekaar deel.
Ek nooi jou uit om eerstens saam te bid vir hierdie bediening - dat God se wil vir KAMPSTOELKERK sal geskied; en tweedens nooi ek jou uit om te kom deel wees!
Kontak my asseblief vir meer inligting: Suzette 082 961 2004
Japan Sending
Goeie dag liewe vriende, ons hoop u het elkeen 'n betekenisvolle Paasnaweek beleef. Ons was bevoorreg om Eden paaskonferensie by te kon woon en was opnuut bewus van die groot geskenk en genade van Jesus se kruisdood vir ons. Ons eer die Here vir Sy voorsiening en is dankbaar om terugvoering te kan gee dat ons finansies besig is om te groei. Bid asseblief nogsteeds dat ons finansies so sal groei dat ons die 6de Mei sperdatum vir ons finansiële goedkeuring sal kan maak. Ons is besig om 'n lied in Japanese voor te berei vir ons besoek in Ermelo hierdie komende Sondag.
Die liedjie getuig juis dat Jesus gekom het om ons te red. Wat 'n blye boodskap. Ons sien so uit om hierdie boodskap in Japan te gaan verkondig.
Baie liefde, Elmar, Nadine en Leah. Huis
Namakwaland
Bespreek jou plek vroegtydig vir die Senior blomme toer! R4500 pp wat deel vir 4 nagte.
Vir meer inligting kontak Marlene
012 614 1480
NOODNOMMERS
(Vra dat jy by groep kan aansluit. Daar is al meer as 1 000 persone wat deel is van diè groep. (Slegs noodgevalle). Hulle help gou.
Uitvlucht blommetoer
19 – 24 AUGUSTUS 2024
Brand – Munisipaliteit Slangvanger 023 615 8911 / 065
7822 063 556
Polisie – betrokke skofbevelvoerder aan diens 079 894 1672
WhattsApp-groep
211
6338
Montagu Emergencies
- 071 639 9333
My belewenis van die Passiespele
John Wright skryf:
Dit was die eerste keer wat ek dit beleef het: so spesiaal. Nooit gedink ek sal voor mense so kan praat nie.
Die eenraak van so ‘n groot groep mense. Die blywees om mekaar aand na aand weer te sien – regtig bly.
Die meng met so ‘n groot verskeidenheid persoonlikhede wat almal toelaat dat jy maar net jouself kan wees. Niemand hoef voor te gee nie.
Stiptelik 18:00 is ek elke aand via whatsapp ge-“facetime” in my kamer in Dagbreek, Stellenbosch. Met my studies aan die regterkant en my toneelwoorde aan die linkerkant het ons ge-oefen.
Die karakters: Petrus (Regard Krause) was baie spesiaal en sy energie was aansteeklik. Die ander dissipels (veral Jacobus, Japie van den Berg) het ons mooi op koers gehou.
Nikodemus se RRRRRabi laat my lekker lag. Hy was soos ‘n vader vir ons. Die Jode en kinders met hul grappies was so kosbaar. Maria, moeder, my tyd het nog nie gekom nie. Die sagte kyk in jou oë sal altyd by my bly.
Elke aand het sy eie karakter gehad. Lig-senuagtig tot mak-voorbarig! En die lekker lag na die tyd sal niemand verstaan nie. En dan die hartseer: dit is verby……. Die vriedskapsbande wat gesluit is is defnitief vir ewig. Dankie vir elkeen wat my ondersteun het deur gebed in hierdie tyd. Daar het altyd ‘n klein kersie in my gebrand, nou het ‘n vuur binne my vlam gevat na hierdie passiespele. Die Gees is aan die werk!
Tot ons mekaar weer sien – net ‘n voorreg om as Jesus se karakter te kon instap saam met wonderlike ander vriende.
Groete
Nikodemus skryf:
Wat van die passiespel? Die vraag om mee te speel het ek gou-gou beantwoord met “ja”, as die rol nie te omvangryk is, “En met die eerste lesing het ek gedink, dis nie te erg nie. Onderwyl vergeet ek my gehoor probleem en daarnaast wel sedert enkele jare wat probleme om te kan fokus op iets. Maar nou ja dit is altyd weer lekker om ‘n nuwe uitdaging aan te gaan! Ook lekker om meer mense/gesigte te leer ken in hierdie gemeenskap van ons wêreldwye kerk. Die veelvuldigheid van oefening het my oplaas moeg gemaak. En dit het vir my gevoel my ook nie baie gehelp nie om my teks in my kop te kry.
Wel het die verhaallyn gaande weg steeds meer duidelik geword en daarop kan jy dan mee en meer antisipeer. Het ek steeds meer in gesprek gekom met my mede-speler. Ook het die bewuswording van die grootsheid van die verhaal steeds meer vir my gaan spreek. So kan ek sê uiteindelik dankbaar te wees vir die ervaring wat ek opgedoen het om die lydensverhaal op ‘n manier naderby te bring. Met baie dank aan alle betrokkene.
Willem Lintenk (Nederland)
Regard Krause skryf:
Dit was vir my baie lekker om die rol van Petrus te kon speel by die passiespel. Die spesiale band wat daar tussen Petrus en Jesus was het my baie nader aan die Here gebring. Ek het selfs die krag van gebed in die tyd ervaar.
Daar was ‘n paar glipsies ook in die spel wat die gehoor dalk nie agtergekom het nie. By toneel 2 waar Johannes en Petrus die Fariseërs uitgeskel het het ek byna al my woorde vergeet en het vir Johannes onderlangs aangemoedig om maar sy woorde te praat, toe praat hy gelukkig anders sou daar ‘n baie ongemaklike stilte gewees het.
By die laaste toneel van die Saterdagaand waar die dissipels die boot na die kus toe moes roei, was daar ‘n groot struikelblom in ons pad, die “propmaster” (ek gaan maar nie name noem nie) het die reuse klip op die verhoog vergeet. Toe moes ek maar improviser om die reuse klip deel te maak van die toneel en die manne te waarsku om nie in die klip vas te roei nie.
Die passiespel het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van my geloof, nie net om nader aan my Here te wees nie, maar om die mense wat saam met my gespeel het vir die res van my lewe te onthou en dankbaar te wees dat ek die voorreg gehad het om saam met hulle te kon deelneem aan iets so spesiaal.
Irma Krause skryf:
Ek het nou wel nie ‘n rol in die passiespele gehad nie, maar was elke oefening daar om te sien hoe elkeen hom in sy rol inleef met elke oefening. Dit was amazing om te dink hoe min het John fisies saam met die res geoefen en Annatjie, wat ook op baie kort kennisgewing kom uithelp. My hart kon bars van trots die Vrydag en Saterdagaand op elkeen van julle wat deelgeneem het. Julle was elkeen amazing.
Maar wat my aangeraak het is met hoeveel passie en geduld Elsabé en haar span hierdie passiespele en paasmark gedoen het. Geen opoffering is te groot nie. Dieselfde aand wat die passiespele klaargemaak het is daar alweer aan die paasmark begin werk. Ons het geen idee hoeveel organisering daar in gaan nie. Dat ons ‘n wenspan het – dit is so- en ek kyk defnitief na die passiespel en die paasmark met ander oë na hulle. Elsabé, julle is tops!!
Japie van den Berg skryf:
Dit was regtig ‘n besonderse belewenis om deel te wees van die 2024 Passie spele. Ons het 17 Januarie begin oefen en sommige van ons was maar baie op hulle senuwees toe hulle ‘n boek van 38 bladsye kry met hulle woorde wat geleer moes word. Daar was 8 hoofstukke.
Ek het ‘n klomp nuwe mense ontmoet. Ons was ook deel van die 2010 se spele, maar wat hierdie een meer besonders maak, was die jeug se deelname. Hulle het hul goed van hul taak gekwyt.
As mens deel was van so ‘n opvoering, dan leef en dink jy anders oor wat presies daar by die Kruis gebeur het. Vir veral die kleiner kinders wat deel was, sal dit vir die res van hulle lewe onthou.
Dankie vir almal wat die opvoerings kom bywoon het.
Wenk van die maand
- deur Ernie Oosthuisen
Die styging in elektrisiteit pryse vanaf 1 Julie hierdie jaar (12,74%), het gemaak dat ons gaan kers opsteek het rakende maniere om krag te bespaar. Indien die maandelikse verbruik onder 350 eenhede is, oorweeg gerus om koopkrag te installeer. Dit sal beslis besparing teweeg bring. Verbruik kan maklik gemonitor word. Die warmwater silinder verteenwoordig rofweg 40% van die maandelikse verbruik.
Daar is paar opsies:
1. Tyd skakelaar (timer) - Elektroniese skakelaar - rondom R 1 500. Behoort rofweg 25% op die warmwater onkoste te spaar.
2. Heat pump. Sal warmwater rekening met ± 60 % snoei. Nie so duur en betroubaar.
3. Daar is ook opsie om sonpanele op te sit waarvan die krag opgewek, aan die warmwater silinder se element gekoppel word. Goedkoper as die bestaande stelsel met buise op jou dak.
MINDER ONDERHOUD
• “Inverters “ is baie gewild en help baie met beurtkrag.. Dit skep die moontlikheid om krag te spaar, maar sonder panele is dit nie moontlik nie.
• Sonpanele se pryse is baie kompeterend, en met vandag se pryse, kan die koste van panele binne 2-3 jaar verhaal word. (Dit is slegs die panele). Maak net seker dis goeie panele met behoorlike waarborg.
• Ongelukkig is die terugverhaling op krag wat terug in die Munisipale netwerk gesit word, baie laag. Jy word verlpig om nuwe meter te laat installer, en hulle betaal 0,7562 c terug vir elke kw/uur. Jou aankoopsprys is R 2,67 kw/uur! Daar is beter terugbetalings by ander dorpe rondom ons.
• Normale huishouding, met drie kinders sal regkom met ‘n stelsel van ongeveer 8 kw. Dit kan jou enigiets van R 85 000 tot R 150 000 uit die sak jaag!
• Hou in gedagte dat bostaande belegging in jou eiendom is, en die waarde daarvan verhoog. Die belegging in stelsel is eenmalige uitgawe met 25 jaar leeftyd en dat elektrisiteit tariewe elke jaar opgaan. Die terugbetaal tydperk van so stelsel is baie moeilik om te bepaal.
• My eie stelsel loop al 11 jaar. Ek deel graag inligting indien iemand sou belangstel.
• Neem net kennis dat bostaande syfers slegs beramings is, en kan wissel. Sterkte met nuwe uitdagings rondom krag besparing.
Leed
Die Here se troos en krag word toegebid aan die families van:
• Christof Brand 22/07/1962 – 14/03/2024
• Risna de Kock: 23/08/1947 – 29/03/2024
• Sakkie Jacobson: 03/07/1939 – 25/02/2024
• Sakkie Laufs: 08/07/1942 – 19/03/2024
• Ina Stassen: 21/10/1948 – 15/01/2024
Eerste jaar by Stellies
- deur Franco de Kock
Baie geluk Johanna!
Johanna was die gelukkige lootjie wenner van ‘n pragtige kwilt wat deur Ria Labuschagne, ‘n inwoner by Huis Uitvlucht en lid van die Langeberg Laslapgilde, gemaak is. Dit was deel van die Laslapgilde se projek om fondse in te samel en ander te seën.
Ek was nogal gestres gewees vir my eerste jaar in Stellenbosch. Eerste keer in’n koshuis. Eerste keer wat ek ‘n kamermaat het. Universiteits vlak vakke. Die nuwe tempo en om net weg te wees van die bekende huis en nou ‘n student wees. Dit laat jou twyfel of jy die regte keuse maak, maar jy is op dieselfde tyd opgewonde vir die nuwe hoofstuk in jou lewe.
Maar selfs in hierdie vreemdheid kan ek nou met trots sê dat Stellenbosch en Dagbreek my tweede huis is. Dit het nie oornag gebeur nie. Dit het my die eerste semester gevat (eerste helfte van die jaar) om gewoond te raak aan die tempo, volume werk en net om aan die kampus gewoond te raak. So moenie hard op jouself wees as die universiteitslewe te veel raak nie. Dis ‘n groot aanpassing van skool na Universiteit.
Koshuis gewys was ek in Dagbreek geplaas. Die dag toe ek moes intrek was ek opgewonde gewees, maar ook gestres. Heeltyd gedink of ek sal in pas of nie. Daar was mense van groter skole daar en mense wat beter presteer het in sport en akademie, maar daar is almal eerstejaars. Dit maak nie saak waarvan jy kom nie almal is in dieselfde situasie. Dit wat jy reggekry het word eenkant gesit. Die werk self was baie meer en baie vinniger as op skool. Maar dit was vir my baie interessant gewees. Die fisika en wiskunde het my aandag getrek en was altyd opgewonde om nuwe werk te doen. Maak dus seker dat jy iets studeer waarvan jy hou en nie noodwendig ‘n veld waar daar baie geld betrokke is nie. Die jaar gaan dan lank raak, want jy gaan nooit lus wees om jou werk te doen nie.
Belangrikste is om aan te hou vertrou op die Here. Daar gaan baie uitdagings wees en jy gaan getoets word. Volg altyd jou stemmetjie (Heilige Gees) wat om te doen. Moenie toelaat dat ander jou in ‘n hoek druk nie. Doen ook jou deel. Die Here sal Sy kant bring as jy joune bring.
Na ‘n lang jaar van emosionele, fisiese en geestelike uitputting het ek baie uit my ervaring geleer. Ek het nuwe vriende gekry wat saam met my studeer, doen interessante werk en het goeie memories gemaak. Die oes was groot.
My laaste raad aan die eerste jare sal wees dat Stellenbosch of baie warm is of bewolk en nat. So moenie soos ek wees en die sambreel en sonroom by die huis vergeet nie.
90+ Verjaarsdae 80+ Verjaarsdae Awie van Zyl 4 Feb 1934 Daniela van Rensburg 29 Januarie 1934 Rosaline Snyman 16 Maart 1934 Nettie Marais 2 Mei 1934 MAART 1 Sophia Smalberger 1 Thys Swart 2 Rina Erasmus 6 Elsje Cronje 7 Annette Dusterhoff 10 Barbara de Kock 10 Johannes Rossouw 13 Kobus Vos 16 Belie King 16 Rosaline Snyman 18 Issie Volschenk 24 Freddie Joubert 27 Katie Visser 28 Sarie Conradie 29 Retha Botha 31 Gustav Biesenbach APRIL 3 Sipora Beukes 5 Laetitia Rossouw 8 Martin van Zyl 9 Jean Retief 10 Josie Gildenhuys 11 Sylvia Trim 24 Bertha Marais 27 Frikkie Louwrens MEI 1 Sarie van Wyk 2 Nettie Marais* 3 Heleen van der Watt 12 Tommy Bell 12 Giepie Rossouw 15 Tim Alston 18 Johan Joubert 20 Letitia Conradie 22 Annatjie Jeken 24 Marie van der Merwe 26 Tinus Siebert 30 Pieta van der Merwe 31 Martie Hansen
Dope – 31 Maart 2024