Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 van 2012

Page 31

D

bedryfsnuus

BGVB’s belangrik vir veiligheid by werk Deur Moira-Marie Kloppers

ie Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid maak werkgewers verantwoordelik vir die veiligheid en gesondheid van almal wat die werkperseel betree, maar ook vir mense wat buite die perseel deur die werkgewer se werksaamhede, deur byvoorbeeld geraas of besoedeling, geraak word. Hoewel werkgewers nie wetlik verplig is om beroepsgesondheidsen -veiligheidsbeamptes (BGVB’s) aan te stel nie, speel hierdie werknemers toenemend ’n belangrike rol in die nakoming van beroepsgesondheids- en -veiligheidswetgewing. Solidariteit Tydskrif het met adv. Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, oor die rol en belangrikheid van BGVB’s gesels.

Waarom is BGVB’s belangrik?

Werkgewers wat nie hulle verantwoordelikheid ten opsigte van beroepsgesondheid en -veiligheid nakom nie, kan strafregtelik vervolg word. Wetgewing word tans ook gewysig sodat bestuurslede, wat uiteindelik vir die korrekte instelling van beroepsgesondheids- en beroepsveiligheidsmaatreëls verantwoordelik is, ook persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir beserings en siektes by ’n werkplek. Hoewel die wet nie vereis dat elke werkgewer ’n BGVB moet hê nie, verkies die meeste groot maatskappye om ’n toegewyde BGVB te hê.

en die begroting vir beroepsgesondheid en -veiligheid bestuur. ’n BGVB doen gereelde inspeksies om te verseker dat daar aan veiligheidstandaarde voldoen word. Die BGVB moet ook alle voorvalle wat by ’n werkplek plaasvind, ongeag die erns daarvan, aanteken en ontleed sodat stappe ingestel kan word om ’n herhaling van enige voorval te probeer voorkom.

Hoe word BGVB’s gereguleer?

Omdat die aanstelling van BGVB’s nie ’n wetlike vereiste is nie, word BGVB’s ook nie gereguleer nie. BGVB’s ontvang gewoonlik indiensopleiding vir ’n spesifieke werkplek. Die gebrek aan regulering en formele opleiding is nog ’n groot leemte in dié beroepsrigting. Veiligheid en gesondheid, ook by die werk, is ’n noodsaaklike bestanddeel van ’n normale samelewing. Die funksie van ’n BGVB is baie omvattend en die verantwoordelikheid vir

veiligheid en gesondheid by die werkplek kan nie slegs aan die BGVB toegedeel word nie. Die beginsels van gesondheid en veiligheid behoort op elke vlak van opleiding, selfs skoolvlak, ingesluit te word sodat dit ’n leefwyse word. Solidariteit is die enigste vakbond in die land met ’n afdeling wat hom toespits op die hantering van eise vir beroepsbeserings en -siektes en die beskerming van werknemers.

Voldoen my werk aan die standaarde?

Werkplekke met meer as twintig werknemers is wetlik verplig om beroepsgesondheids- en -beroepsveiligheidsverteenwoordigers te verkies. Indien jy twyfel of jou werkplek aan al die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen, kan jy ’n e-pos met jou navraag na diens@solidariteit.co.za stuur. • Also read the article on the benefits of the mining industry on page 34 as well as Solidarity’s take on mine safety on page 35. S

Foto: iStockphoto.com

Wat doen ’n BGVB?

BGVB’s beskik oor spesialiskennis wat werkgewers nie net help om hulle verantwoordelikhede ten opsigte van die wet na te kom wanneer daar ’n voorval by die werk is nie, maar help ook om voorkomende maatreëls in te stel om beserings en siektes by die werk te voorkom. BGVB’s se primêre taak is om bedreigings en risiko’s by ’n werkplek te identifiseer en te evalueer en dan stappe te neem om die bedreiging of risiko uit te skakel of minstens te verminder en te beheer. Die BGVB moet ook gereeld aan die bestuur verslag doen oor veiligheid in die werkplek, as getuie optree in litigasie oor beroepsgesondheids- en beroepsveiligheidsvoorvalle by die werkplek www.solidariteit.co.za • 01/2012

31


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.