Solidariteit Tydskrif Uitgawe 6 van 2019

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

ONS BEWEEG

Uitgawe 6 van 2019 w w w . s o l id a r ite i t. co. za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

Vyfjaarplan in rekordtyd verwesenlik




06/2019

10

Toekomsberaad

12

WerkNet

14

Brian Molefe & Hlaudi Motsoeneng

15

Haatspraaksaak

16

Bankkosteverslag

18

MRK-gelykheidsverslag

20

Solidariteit sak saam in Etzebeth-skrum

22

Vals rassismeklagtes in SAPD

24

Julius Malema & Tom Moyane

25

Toekomskundige oor tegnologie

26

Internasionaal

Mikpunte blitsig behaal

Nuuswaardig

Nuuswaardig Jou Afrikaanse werksoekportaal

Veldtog om rasboelies te ontbloot

AfriForum wil privaat vervolg

Tikkie kreatiwiteit = groot sukses

www.so

Die sake teen Molefe en Motsoeneng is simbolies van ’n onstuitbare stand teen die oneerlikheid en bedrog wat ons land en sy mense wil stroop van welvaart, integriteit en hoop.

12

~ DR. DIRK HERMANN ~

Beweging ontmoet met top-politici

Soek werk in Afrikaans!

Bedryfsnuus 28

JeugPro-intreelidmaatskap

30

Indemniteitsversekering

31

Nasionale Gesondheidsversekering

32

Beroepsgilde vir Regslui

33

Beroepsgilde vir Ingenieurs

34

Beroepsgesondheid en veiligheid

Bedryfsnuus

Pak MRK oor ondeurdagte ondersoeke

S

in Oktober olidariteit het is van gesê dat hy bewuse waar minstens 13 gevall rassisme vals klagtes van lede gelê is. teen wit polisie e word gevall e meest In die lede die nie so voortd r dat die polisie valslik bewee kan eenvoudig SAPD sulke ik het. r waarop die oorhandig word. k-woord gebru Deur die manie is besig verdere van rassisme kommissie (MRK) moedig hy net Barnard, sektor “Vals klagtes en sake hanteer, frikaanse Volgens Renate iese gedrag aan sien die in die Suid-A k-woord om sistemies verdelende, rassist vir werknemers om r van Solidariteit, ) te raak. Die ntlik koördineerde e van werknePolisiediens (SAPD dissiplinêre optrede maak dit onmoo nd al meer gevall ras as ’n troefwerk.” te om vakbo word ’n wapen SAPD wat vreedsaam saam emosiodie klimers binne die veroordeel ook hou ingrypende ’n kollega só riteit om ik Solida slagof en stel te vermy. Dit die gebru er. kaart probeer aangevolge vir in die SAPD heers, ag om nele en loopb maat wat tans sasie te laat verwyd e aaklik Daar moet in. s organi noods die dit klagte uit riteit s juis omdat daardi er fers van dié vals diegene dit dat Solida behandeling “Dit is dikwel ee word teen probe eid en gelyke net so ferm opgetr woorde misbruik as aanspreeklikh verantwoordbaar hulle die SAPD e kollega hulle gevalle waar om wat onaanvaarbar af te dwing in drag of poog dr. Dirk Hergebruik,” het hou vir wange hul plig self toe te pas. g het teen dié wat dit weier om dit iteit, gesê. wanneer hulle vir ons veldto te dissiplineer rshoof van Solidar g beaan. “Die beweegrede feit dat ons ’n mann, bestuu voer Barnard ook ’n veldto versuim het,” met die sy kommer van Solidariteit het nie net te make riteit het verder vals aantygings doel het om rasseures Solida ten aantal re wat prosed ot en die interne kendgestel onaanvaarba eneem uitgespreek oor die SAPD waarg die SAPD te ontblo e van d met boelies binne nsie rassisme binne SAPD in verban gevolg wat deur die dat hulle die ook dat die frekwe r ons Barnard verseker te maak het nie, maar teenoo ings sake gevolg word. ’n dra. so sulke aantyg op drag daarop hul wange waarteen sulke stelsel is tans toeneem. veldtog gaan duidelik: “Die k word, elke jaar persoon wat gemaa enige om e ’n Deel van die g dat lede gevall rp moedi lede aan te manier ontwe van die tallose bykans le stanfokus om polisie Tog, ten spyte beskuldig word, verdedig, rping rassisme en dubbe ing van rassisme lede suksesvol wantroue, verwe vals klagtes van hanter waar ons ons aantygings opsigte van die niks om sulke onmiddellik met Dit terwyl daarde wat ten doen die SAPD by Solid gemeld. hanteer word. en veragting die SAPD geld, nie,” het Barnar gevolge is vir van rassisme in te ontmoedig , indien enige, ’n omvattende verskynsel weinig sodat hierdie daar aantymeld hoe te r valse Al manie dariteit aan opgestel die hele tyd diegene wat aangeleentheid g van sake verslag oor die die SAPD Hierdie toedra gings versprei. verslag gaan aan kan word. Dié regte.co.za frikaanse Mense www.solidariteit 22 en die Suid-A 06 / 2019

te maak dat daar aan, is deur seker d hou met voer Barnard verban beveg kan word, wanneer leuens gs. “Die blote leuens – veral gevolge is vir rassistiese uitlatin skade leenthede soos onherroeplike r iemand kan ernstige aange aantyging teenoo persoonlike lewe inhou. Dit en maak van so ’n an te n se loopba sasie hanteer vir daardie persoo e misdryf binne die organi ernstig behoort as ’n iteit binne gesê. veldtog wat Solidar van dige word,” het sy tweele van die ander slagoffers Die eerste deel om sy lede en die veldtog deel stapel stuur, is om aktief aan die SAPD van iteit ’n aan te moedig deel sodat Solidar soortgelyke gedrag Solidariteit te hul storie met kan saamstel. te neem deur oor sulke gevalle g van die probleem vas te volledige verslag onis om die omvan inkom, is reeds “Die eerste stap sulke klagtes sien sake ons en waarte oor die aantal vang. Die tempo is dus geweldig bekommerd ondersoek elike Mens ’n oorsigt nd. rusbare Voorlopige gebring,” uitkom nie. ’n sake aan die lig wat nooit by ons kommerwekkende het reeds 13 uiters seker gemaak d. daar Barnar sal g elik veldto verduid lgens almal – e deel van die Met die tweed pas word waarvo reg geniet. Die konsekwent toege deling voor die word dat reëls g wat hierdie r – gelyke behan uit die inligtin ongeag velkleu estel gaan word oorhandig word. verslag wat saamg aan die MRK en die SAPD arde wat er, sal die dubbele standa die SAPD. veldtog oplew e in gefrustreerd met rassism uiters is van ing “Ons hanter voorkom, word dit kom by die geld wanneer e van wit op swart ree, maar as ings van rassism ondersoek opget Wanneer bewer en sonder nadere swart polisielid gemaak word, stig oorhaa daar deur ’n het reeds sewe ese uitsprake n te maak. Ons growwe rassisti r om werk daarva l van walglike word daar gesloe MRK oor ’n voorva nie. Die SAPD ’n klag by die nie afgehandel p maande gelede en, en dit is steeds is, sy voete geslee haatspraak ingedi ie klagtes gelê het, nadat verske het Barnard gesê. as werkgewer ke lid op te tree,” betrok die teen om 23 06 / 2019 lidariteit.co.za

Só beskerm ons jongmense

JeugPro

NUWE INTR EELIDMAATS KA BESKERM JO NGMENSE P

Nuwe voordeel vir verpleegkundiges

W

Solidariteit sal aanhou druk toepas

Regslui kry eie beroepstuiste

Só staan Solidariteit jou by

Modernisering van die mynbedryf

FOTO: ISTOCKP HOTO.COM

Solidariteit wil Grondwethof toe

wat geld dubbele standaardeSAPD. streerd met die in die “Ons is uiters gefru die hantering van rassisme by swart voorkom, wanneer dit kom me van wit op opgetree, rings van rassis Wanneer bewe nadere ondersoek r sonde en polisielid astig word daar oorha ake deur ’n swart rassistiese uitspr an te maak.” maar as growwe r om werk daarv word daar gesloe gemaak word, uur nie.

FOTO’S: ISTOCKP

Capitec kraai koning

É MALA N DEUR MORN

HOTO.COM

Hof sê later oor BLF se uitlatings

T TAKEL VALS SOLIDARITEI GTES IN SAPD LA RASSISMEK

Regsfonds met R1,3 miljoen versterk

DEUR ELZET BESTE R

erkbeskerming is om bystand te noodsaaklik vir lewer in die oorgangstydperk enigeen wat tussen reeds skool en studie werk of begin , of werk. Intreelidma skool en werk. Solidariatskap is dus geskep as teit het daarom ’n manier om intreelidmaatskap jongmense by genaamd JeugP te staan in die ingestel sodat ro jy van die begin werkomgewing. af bekostigbare Dit bou ’n prys in die werko teen ’n verhouding van mgewing lojaliteit sodat beskerm word. Solidariteit sy lede lewenslank Deur intreelidma kan bystaan. kry jy bekostigbar atskap te bekom, e Solidariteit wil toegang tot inligti werkbeskerming en jongmense graag om hul voete ng oor jou regte help te vind terwyl jongmens in as hulle kennis die werkplek. opdoen oor die voordele van Die nuwe intree ’n vakbond en hul regte in die is ideaal vir jongm lidmaatskapkategorie oorskakel na volwa werkplek voordat hulle ense tussen 18 jaar wat as deel ardige Solida en 25 maatskap. Intree riteit-lidvan hul studie s internskappe of klerks lidmaatskap is geldig vir een jaar, waarn kappe moet voltoo maar enige perso a volle Solida i, riteit-lidmaatskap begin on tussen die . dom van 18 en ouder25 jaar kan daarv Intreelidmaatskap aansoek doen. oor bied spesifieke voordele teen As jy besluit het slegs R50 per direk ná skool om nie maand. Bete gaan stude palings en voorw er nie, maar om dadelik te aardes geld vir begin werk, kan van die spesifi elkeen eke voordele. jy ook in aanmerking Dit sluit in: kom. Indien jy • Telefoniese egter regsadvies (geen ’n maatskappy werk wat ’n kollek vir verteenwoordigin ooreenkoms tiewe met Solidariteit • ’n Vakansievoo g nie) het, sal jy nie daarvoor rdeel kwalifiseer nie. • Afslag by S-leer Intreelidmaatskap • Toegang is ’n belangrike tot Solidariteit skakel tussen se Solidariteit Jeugberoepsgildes lede en die vakbo ndlede en is • Finansiële juis daar raad • Studiekortin g by Akademia. 06 / 2019

28

www.solidarite

it.co.za

Die behoefte vir hierdie kategorie het ontstaan by jongmense wat as hul studies onder deel van meer praktiese opleiding moet doen. Hulle benodig ’n mate van arbeidsregsb ystand, maar het nie noodwendig die geld om vir volle dariteit te betaa lidmaatskap van Solil nie. Met die JeugProintreelidmaatskap voorsien ons behoefte en bied in hulle ons selfs meer jong werkende vir die persoon. Solidariteit Jeug het verskeie klagte ontvang van s jongmense wat in die werkplek uitgeb uit word. Omda desperaat is om t hulle ’n of ’n permanente goeie indruk te skep aanstelling te verrig hulle noodg bekom, edwonge take in hul kontrakte wat nie ingesluit is nie of werk hulle onder onwet tige Intreelidmaatskap omstandighede. gaan jou leer met selfvertroue om in sulke moeil ike sies op te tree en gaan jou toerus situakennis oor jou regte in die werkp met • Om aanso ek te doen, besoe lek. k Solidariteit Jeug se webtuiste www.jeug.solidar by iteit.co.za/Jeugpr of skandeer o/ die QR-kode op hierdie bladsy.


Gereeld

06

Redakteursbrief

08

SpreekBuys – Flip Buys

42

My rights

58

Solidariteit-voordele

62

My werk

64

Webwys

Ons planne bly nie net ‘n droom nie

Afrikaner se droom vir 2030 Consultation on policy changes Só dien & beskerm Solidariteit sy lede

Werk jy tussen Kersfees & Nuwejaar?

Volkleur – Chris Chameleon

66

My geld

68

My gesin

70

Histories gesproke

72

in Retrospek

73

Solidariteit-kantore

Vrolike, toegewyde eenvoud

Watter petrol is beter vir jou motor? Tradisies die grondslag van hegte gesin Eugene, Racheltjie en Annie

Diep, donker, geduldig

Ons is landwyd tot jou diens!

48

in Beweging

Hou dié webontwerptendense dop

65

DONNALEE ROBERTS EN IVAN BOTHA.

RICUS NEL EN SNOTKOP VERMAAK DIE SKARE MET HUL TREFFER “BOEREPO MPIE”.

JO BLACK

ROOM VAN AFRIK AA MUSIEK BEKROO NSE N

FOTO’S: REINT DYKEMA

D

DEUR LIZE-MAR I LABUSCH AGNE

ie heel eerste Aitsa Afrikaanse Musiektoe kennings was ’n wêreldkla s vertoning waar die room van Afrikaanse kunstenaars opgetree het en vereer is. Dié splinternu we Afrikaanse musiektoekenningsgeleentheid het op 16 Oktober by die Moreleta-ouditorium in Pretoria plaasgevi nd en is deur 4 576 mense bygewoon. Dit is, na wat vermoed word, die meeste mense wat nog ooit ’n Afrikaanse musiektoekenningsgeleent heid bygewoon het. Tydens hierdie spoggeleentheid is uitsonder like kunstenaars, lirieke, skrywers en produksies met dié nasionale toekennin g vereer. Nadat kunstenaars vir die toekennings ingeskryf het, is aanhangers ’n tydperk gegee om vir hul gunsteling in die verskillende kategorieë te stem. ‘n Beoordelaarspaneel was ook deel van die beoordelingsproses. Die toekenningsgeleent

heid het sy

ontstaan te danke aan die radiostasie Pretoria FM.

“Afrikaanse musiek sal altyd deel van ons bestaan en menswees bly,” sê Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van Pretoria FM. “Daarom bied Pretoria FM die Aitsa-toekennings aan om erkenning te gee aan elkeen wat Afrikaanse Suid-Afrik aners op hierdie wyse met gehaltemusiek vermaak.” Die toekenningsgeleentheid is aangebied in die formaat van ‘n musiekproduksie. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Elandré, Nadine, Elvis Blue Wasserfall het opgetree en Dewald tydens dié wêreldklas musiekpro duksie, wat vervaardig is deur Rex van Deventer en ‘n allemintige produksie span van Die Solidariteit Beroepsg 140 lede. ilde vir die Kunste het tydens dié spoggeleentheid eretoekennings aan die volgende kunstenaars gegee: • Baanbrekers in die rolprentbedryf: Ivan Botha en Donnalee Roberts 06 / 2019

36

Bydrae tot die Afrikaans e letterkunde: Deon Meyer Prestasie op kultuurge bied: Rustenburg Hoërskoo l, vir hul vertolking van Queen se “Bohemian Rhapsody.” Die video van dié vertolking is meer as 1,7 miljoen keer op Facebook gekyk en meer as 48 000 keer gedeel. Vir die eerste keer ooit is ‘n toekenning gemaak vir die beste Afrikaanse musiek in ‘n Afrikaanse televisieprogram of -reeks. Dié toekennin g het gegaan aan Jo Black saam met Freesolo Creative vir “Kom ons gaan groot” (van Die Groot Ontbyt). Black het ook die toekenning vir die beste kontemporêre album van die jaar ingepalm . Sonja Herholdt en Kosie is vereer vir hul lewenslan van Niekerk ge bydrae tot Afrikaanse musiek. Volgens Koortzen is Afrikaans die taal waarmee ons ons gedagtes op die mooiste denkbare wyse kan weergee. “Die klank van Afrikaans val altyd sag op die oor en saam met die regte note sorg dit vir meer as vermaak; dit streel die gemoed, laat ’n traan oor die wang rol en sit soms daardie broodnodige huppel in die stap!” •

www.solidariteit.co.za

Unieke trofee

D

DEMI LEE MOORE

STEVE HOFMEYR EN RUHAN DU TOIT.

ANDER KUNSTENA

ARS WAT GEWEN

Beste album van die jaar asook beste pop-album van die jaar: Mis Eet Slaap Herhaal – Demi Lee Moore. • Kunstenaar van die jaar asook beste alternatiewe of rockalbum van die jaar: Spoegwo lf met Koma. • Gewildste liedjie van die jaar: “Die Land” – Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit; geskryf deur Johan Oberholzer. • Beste Afrikaans e lirieke van die jaar: Juan Boucher •

HET

• Nuweling van die jaar: Douvoord ag • Beste Afrikaans e musiekvideo: “Vuur op die water” deur vervaardig deur Christian Elandré, Wolf • Liedjieskrywer van die jaar: Elandré • Beste Afrikaans e humoristiese album: Sorina Erasmus (die Flooze) • Beste Boeremu siek-album: Die Ventertjies • Beste Afrikaans e hip hop-album: Early B se album Aangenam e kennis

Beste instrumentale album: Rocco de Villiers

ie unieke Aitsatrofee, ontwerp deur die bekende beeldhou er Francois Visser, is ’n uitbeelding van twee klankgolw e. Die een klankgolf beeld die pols van musiek uit, terwyl die teenstellende klankgolf die kunstenaa rs se uitsonderlike prestasies in die onderskei e kategorieë in Afrikaanse musiek vereer. ’n Klankgolf of pols beweeg teen ongeveer 340 m per sekonde deur lug. Die omvang daarvan verminde r soos die klankgolf verder van die weerklinkende voorwerp wegbewe eg. In die geval van die trofee weergalm die verbeelde klankgolwe vanuit ’n “blaasbalk” of konsertinavormige voorwerp . Hierdie voorwerp word deur die drie punte van die boonste vlak van die seshoekige basis van die trofee uitgebeeld. Die drie punte smelt weer saam in een punt. Die drie punte is ’n verwysing na Pretoria FM wat oorsprong gegee het aan die musiektoe kennings se leuse: Hoop, glo en lééf in Afrikaans. Die bronsgegote spogtrofe e is op ’n silindriese basis van mingerhout gemonteer. Mingerhout, wat in Engels “matumi” heet, is tans ’n beskermd e boomspesie in Suid-Afrika en mag slegs geoes en verwerk word wanneer die boom van nature omval. Die houtbasis simbolise er só die Afrikaanse taal wat ook gekoester en beskerm moet word. Die Aitsa-trofee versinneb eeld Afrikaans, haar regmatige plek, haar onskatbare waarde en haar toekoms in die musiekbedryf.

Asemrowend • Indru kwekkend • Toona angewend • Skitte rend • Afrikaans www.solidariteit.co.za 37

06 / 2019

~ RENÉ ROUX, SOLIDARITEIT HELPENDE HAND ~

in Beweging 36

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings

38

Spaar

39

Solidariteit Finansiële Dienste

40

S-Leer

44

AfriForum

46

Boomplantmaand

47

AfriForum-streekberade

48

Solidariteit Helpende Hand

49

Solidariteit Helpende Hand

Room van Afrikaanse musiek bekroon

Die sielkunde van spaar Voorgeskrewe bates en my pensioen

Fees vir kommunikasiepraktisyns

Watergehalte verbeter ná druk

Oase in die woestyn

Krag lê in lede en strukture

Hoendervelle haar Kersmaal

Daardie laaste Kersfees

Die verligting van armoede begin by jou en my. Wat gaan jy hierdie Kersfees opdis vir jou gesin? Wat gaan jy opdis vir die mense wat nie so bevoorreg is soos jy nie?”

50

Kantoorkampioenkompetisie

51

Skoleondersteuningsentrum

52

Akademia

54

Sol-Tech

56

Solidariteit Dienssentrum

57

Loopbaankompas

60

Maroela Media

61

Maroela Media

71

Kraal Uitgewers

Administratiewe staatmakers vereer

Vier stappe tot gehoorsame kinders Bande gesmee met universiteite in VSA

Eerste sooi gespit vir nuwe kampus

“Lede is ons hartklop”

Jongmense só gehelp om koers te kies

Dis ‘n fees!

Afrikaanse digitale braaivleisvuur

39

Flip Buys se boek bied hoop en toekomsvisie


Redakteursbrief

Rede vir feesvier! M

Ons planne bly nie net ’n droom nie

Rig vir jou ’n binnekamer in Vir alle moeë, moedelose mense is ’n binnekamer noodsaaklik, veral aan die einde van ‘n wilde jaar soos hierdie een. Dis ’n plek waar jy alleen met God kan wees, alleen by Hom kan stil raak. In jou binnekamer ervaar jy elke keer hoe God die swaar probleme van jou skouers lig en jou van sy krag voorsien. Daar kan jy Hom vertel van elke liewe ding wat jou pla en alles en almal wat jou hinder met Hom bespreek. Jy kan ook getuig hoe lief jy Hom het en voel hoe Hy jou met sy liefde omvou. Daar verdwyn die angstigheid wat jou keel wil toetrek as jy dink aan alles wat in die toekoms op jou wag soos mis voor die middagson. Saans kan jy die dag wat verby is met God bespreek, dankie sê vir die kere dat Hy jou gehelp het en vra dat Hy jou in die nag sal veilig hou. So ’n alleenplek met God en alleentyd saam met Hom sal ’n geweldige verskil maak – nie net aan jou huidige gemoedstoestand nie, maar ook aan jou hele lewe. Moenie langer wag om vir jou só ’n binnekamer in te rig nie.

et die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou is, is daar ook allerlei planne vir die daaropvolgende vyf jaar op die tafel gesit. By vanjaar se beraad is terugvoer gegee oor die vordering wat met hierdie planne gemaak is. Hierdie sesde, en laaste uitgawe van die Solidariteit Tydskrif vir 2019, laat die kollig val op die rede waarom daar vanjaar reeds, net vier jaar later, weer ’n Toekomsberaad gehou is. Die rede: Alle doelwitte wat in 2015 gestel is, is voortydig bereik. Dis nie net die feit dat alle teikens ’n jaar voor die afsnypunt bereik is wat noemenswaardig is nie. Ook die uitkoms van al dié planne is regtig indrukwekkend. Die harde werk wat ingesit is, stuur ’n duidelike boodskap: Ons gemeenskap bou om te bly. Ons sit ons voet neer en sê: Ons gaan nêrens heen nie. Dit is te midde van al die uitdagings wat ons mee te kampe het, voorwaar ‘n rede om fees te vier! Hierdie planne is egter nie alleen ’n werklikheid gemaak deur die klein groepie mense wat werksaam is by die verskillende instansies van die Solidariteit Beweging nie. Dit is

Twee vaar beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. Iemand kan die een aanval, maar twee kan weerstand bied.” ~ PREDIKER 4:9, 12 ~

06 / 2019

6

www.solidariteit.co.za

elke leser van die Solidariteit Tydskrif, lede van die verskillende lede-instellings en mense wat vrywillig betrokke is by instellings van die Beweging. Dit is julle wat gehelp het dat hierdie planne nie net drome bly nie, maar ’n tasbare werklikheid kon word. Kry vir jou ’n stil hoekie en ’n koppie koffie (of dalk eerder ‘n glas yskoue koeldrank in die somerhitte), en lees waarmee Solidariteit homself die afgelope paar jaar, asook die laaste paar maande besig gehou het om ’n “ek-bly-hier-toekoms” vir die gemeenskap te bou. Vier saam met ons die welslae waaraan jy help bou het! Dan maak ek ook sommer van die geleentheid gebruik om jou te groet vir vanjaar. Baie dankie dat jy deur die Solidariteit Tydskrif saam met ons bou. Elke leser is vir ons belangrik en maak ons sterker. Mag jy en jou gesin ‘n geseënde Kersseisoen hê en, as julle ‘n wegbreek beplan, reis veilig. Ons maak volgende jaar weer só.

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


Lees ook die artikel op bladsy 22. Solidariteit-hoofkantoor | Head Office H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za Redakteur | Editor Cilleste van Dyk Webredakteur | Online Editor Lindie de Beer Advertensies | Advertisements Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design Martie Maree Intekenare | Subscriptions Heleen Nortjé Rekeninge | Accounts Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee

K-WOORD WORD AL MEER ʼN WAPEN

Gespreksgenote

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

Solidariteit het ’n veldtog geloods teen vals klagtes van rassisme in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. “Vals klagtes van rassisme is besig om sistemies in die polisie te raak. Die k-woord word nou ʼn wapen om dissiplinêre optrede te vermy. Dit hou ongelooflike emosionele gevolge en gevolge vir die loopbane van die slagoffers van dié vals klagtes in. Daar moet net so ferm opgetree word teen diegene wat onaanvaarbare woorde misbruik as teen dié wat dit gebruik,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Só het ons Facebook-vriende gereageer: “Solidariteit en AfriForum, baie dankie vir die goeie werk wat julle doen!” – Jan Calitz

“Judith Swanepoel, dit is baie waar. Jy as besigheidseienaar werk vir hulle, nie hulle vir jou nie.” – Valerie Le Roux

“Because of the double standards in our justice system it has now become too easy for the real racists to cry ‘K’ word. They need to be exposed for their lies!” – Gerhard Redman

“Daar moet bewyse wees dat die k-woord gebruik is, want dis nou net verskonings as hulle iets verkeerd gedoen het. As daar nie bewyse is deur ’n video nie, dan is dit onaanvaarbaar. Moenie ’n getuie roep nie, want dié lieg saam.” – Elma Botha

“Jou integriteit as wit mens word oral in twyfel getrek, veral as jy enigiemand in ’n werksituasie moet dissiplineer. Min van die jonges kan deesdae die werk doen. Hulle dink jy kan heeldag sit en mooi lyk, maar jy moet nie aangespreek word oor jou werksetiek nie, want dan word die raskaart onmiddellik uitgehaal.” – Judith Swanepoel

“Jip, hou hulle verantwoordelik vir aksies of ‘non-performance’ dan kom daai kaart so vinnig soos ’n rugby-ref s’n uit.” – Lida Oosthuizen “Body Cams gaan soos soetkoek begin verkoop.” – Bach Breytenbach www.solidariteit.co.za

7

06 / 2019

Medewerkers | Contributors Jacques Benade, Carina Bester, Elzet Bester, dr. Danie Brink, Wilmarie Brits, Phillip Bruwer, Flip Buys, Chris Chameleon, Reint Dykema, Marisa Engelbrecht, Inge Janse van Rensburg, Reon Janse van Rensburg, Jaco Kleynhans, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Connie Mulder, Monica Mynhardt, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Nicolette Ras, Alexa Reinecke, René Roux, Mia Slabbert, Mandy Thackwray, Paul van Deventer en Zydelia Venter Ontwerp & redigering | Design & editing

www.aksentmedia.co.za Drukwerk | Printing

Verspreiding | Distribution Prosort

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.


Afrikaner se droom vir Dit is 10 Oktober 2030. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Die Suid-Afrikaanse regering teken vandag ’n omvattende kultuurakkoord waardeur Afrikaners se selfbestuur amptelik erken word. Die akkoord is in wese die erkenning van die uitgebreide kulturele selfbestuur wat Afrikaners reeds in die praktyk met sterk selfdoenorganisasies verwerklik het.

FOTO’S: REINT DYKEMA & ISTOCKPHOTO.COM

D

it het alles begin met die Toekomsberaad van 10 Oktober 2019, toe daar besluit is dat groeiende selfbestuur die enigste antwoord vir die mislukking van staatsbestuur is. Afrikaners het destyds besluit om nie langer te wag dat dinge vanself regkom nie, maar om ’n kulturele selfdoenplan te waag. Hulle het geweet dit sal nie help om vooraf toestemming te probeer vra nie, maar dat hulle op ‘n wettige wyse praktiese werklikhede sou moes skep en ná die tyd erkenning daarvoor sou kry. Hoewel die Grondwet ruimte vir selfbestuur gehad het, wou die regering dit nie van “bo” af gee nie en het Afrikaners dit van “onder” af boontoe gebou. Die verwesenliking van selfbestuur was dus nie ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar het deur ’n proses van groeiende selfbestuur geskied. Die Ankerdorpstrategie en Konsentrasieplan het gaandeweg Afrikaners se verbeelding aangegryp. Die deurslag het gekom toe die besef wyd posgevat het dat die uitdaging nie ons klein getalle is nie, maar ons yl verspreiding. Die verval van die meeste dorpe en plattelandse gebiede het tot ’n nuwe “Groot Trek” gelei na waar Afrikaners in sowat 30 streekdorpe en stede saamgetrek het. Die groter getalle op minder plekke het dit makliker gemaak om dienste soos skole, opleidingsentrums, veiligheidstelsels, munisipale dienste, maatskaplike sorg en werkverskaffing daar te konsentreer.

5. Kantons 4. Ankergebiede 3. Dorpe & stede 2. Instellings 1. Persoonlik

KULTURELE SELFDOENPIRAMIDE

Staatkundige argitekplan

Die model vir die “argitekplan” wat as die bloudruk van die selfbestuursprojek gebruik is, het uit ’n driehoek met vyf vlakke bestaan. • PERSOONLIK: Die basis van die driehoek was die beskerming en die bevordering van die persoonlike regte en vryhede van Afrikaners, ongeag waar hulle gebly het. • INSTELLINGS: Die tweede vlak was die uitbou van die veiligheids-, munisipale, maatskaplike, werk-, onderwys-, opleidings- en ander instellings waarmee selfbestuur gebou is. • DORPE EN STEDE: Dienste soos veiligheid, water, maatskaplike hulp en ander noodsaaklike dienste is vanaf stede en groter ankergebiede aan Afrikaners in klein dorpe gebied. • ANKERGEBIEDE: Die groter getalle Afrikaners in dié 30 stede en dorpe het dit moontlik gemaak om ’n verskeidenheid dienste te verskaf. • KANTONS: Die vlak van selfbestuur het om verskeie redes die hoogste in drie gebiede ontwikkel – Pretoria, 06 / 2019

8

www.solidariteit.co.za

die Suid-Kaap en die Orania-gebied. Pretoria se groot getalle Afrikaners het gehelp om dienste te ontwikkel wat in Switserse kantons aangetref word. In die Suid-Kaap het genoegsame getalle en sterk gemeenskapsenergie dit moontlik gemaak, en in Orania en die omgewing rondom die Vanderkloofdam het die bevolkingsamestelling dit vir Afrikaners moontlik gemaak om met 15 000 mense ’n bepalende meerderheid in die gebied te vestig.

Magsbalans

Hoewel die ANC-regering aanvanklik alles in sy vermoë gedoen het om Afrikaners se regmatige strewe na kulturele vryheid en selfbestuur te dwarsboom, het die vermoë van die staat só vinnig afgeneem dat hulle dit nie meer kon keer nie. Daarby het die land se krisis só verdiep dat die ANC dit nie kon waag om Afrikaners as wetsgehoorsame en belastingbetalende gemeenskap so te vervreem dat spontane belastingboikotte die staatskas se kraantjie nog kleiner kon draai nie. Groeiende buitelandse druk uit veral Europa en die VSA, en die buitelandse beleggingsgemeenskap se waarskuwings dat die regering opgeleide minderhede nie verder moes vervreem nie, het die regering se beweegruimte verder beperk. Saam met die groeiende protesaksies van Afrikaners wat nie langer bereid was om net onderdanige melkkoeie te wees sonder bepalende inspraak oor sake wat hulle raak nie, het die gesamentlike gewig van al hierdie faktore die magsbalans teen die ANC begin swaai.


“Moenie klein plannetjies maak nie; dit het geen magiese krag om mense te begeester nie en sal nie werk nie. Maak groot planne; mik hoog, onthou dat ’n edele, logiese plan wat een maal uitgespel is, nooit sal doodgaan nie, maar lank nadat ons weg is steeds lewend sal wees, en homself toenemend hardnekkig sal laat geld.”

Ontwikkelingshulp

Die buiteland se aanvanklike ontnugtering met die ANC het gaandeweg verskuif na praktiese steun vir Afrikaners. Hoewel dit begin het by Europese state se beleidstandpunte teen onwettige ANC-wetgewing soos dié oor onteiening sonder vergoeding, het die regering se miskenning van Afrikaners se menseregte tot finansiële steun vir Afrikaanse onderwys en opleiding gelei. Daar was ná ’n paar jaar ook ’n deurbraak op munisipale vlak, toe ’n hele paar buitelandse dorpe en stede “tweelingstad”-ooreenkomste begin sluit het om van die aangewese ankerdorpe met ontwikkelingsprojekte te help. Die feit dat hierdie hulp deur die Afrikanerdorpforums gekanaliseer is, het meegewerk dat die ontwikkelingshulp doeltreffend gebruik is en ’n groot verskil gemaak het. Dit het die Solidariteit Beweging ook gehelp om brugbouprojekte na ander gemeenskappe te finansier deur byvoorbeeld noodsaaklike dienste te verskaf. Mense het besef dat daar ’n regstreekse verband is tussen vryheid, veiligheid en voorspoed. Sonder vryheid is ’n kultuurgemeenskap se veiligheid en voorspoed afhanklik van ’n vyandige regering. Veiligheid en voorspoed kan net deur vryheid gewaarborg word. Sonder vryheid kan mense moeilik hulself beveilig en is hulle voorspoed in gedrang omdat die regering hulle pensioengeld kan gebruik of hulle eiendom sonder vergoeding kan onteien.

Medepligtiges, nie slagoffers

Kiesers wat aanmekaar vir ’n swak regering stem wat almal in die land laat ly, is nie slagoffers nie, maar medepligtiges.

Die Solidariteit Beweging kon nie sonder staatsinkomste oral verantwoordelikheid vir alles en almal aanvaar nie. Die suksesresep was dat daar nie tyd was om te wag tot almal soos ’n hegte eenheid saamstem nie, want vordering lei vinnig tot ’n samebindende eenheid. Afrikaners het opgehou om mekaar moedeloos te maak oor wat in die verlede gewerk het of in die hede afgebreek is, en het mekaar eerder begeester oor wat in die toekoms gebou kan word. Afrikaners het saam gebind, saam gebou, saam beskerm, met die owerhede beding en brûe na ander gemeenskappe gebou. Dit beteken nie dat daar volkome eenstemmigheid was nie. Die klem is net op “volksveelheid” eerder as “volkseenheid” geplaas, wat beteken het daar was ruimte vir verskille, maar dat dít waaroor verskil is, nie tot verlammende verdeeldheid gelei het nie. As mense nie met iets saamgestem het nie, het hulle dit minstens nie teengestaan nie.

Kuberkanton

Dít was die resep waarmee Akademia tot ’n wêreldklasuniversiteit in Afrikaans uitgebou is, met internasionale bande met verskeie universiteite in die VSA, Wes- en Oos-Europa en privaat universiteite in Afrika. Daarmee saam is Sol-Tech tot ’n omvattende beroepsopleidingskollege uitgebou, het Solidariteit ’n hele netwerk van werk ontwikkel, het Afrikaans weer tot ’n volle funksionele taal herleef, is daar saam met vennote ’n landwye netwerk onafhanklike Afrikaanse privaat skole ontwikkel, het AfriForum se buurtwagte en sekuriteitsmaatskappy misdaad onder beheer gebring, het www.solidariteit.co.za

9

06 / 2019

Afrikaanse gemeenskapsmedia miljoene lesers en luisteraars in ’n gemeenskap saamgebind, het die ankerdorpe ligpunte midde-in die verval van baie ander geword, het finansiële steun vir Afrikaner-selfbestuur deur die kuberkanton ingevloei vanaf ondersteuners wêreldwyd, het Afrikaanse sakelui deur goed georganiseerde sakekringe werk aan jongmense gegee, het ’n digitale geldeenheid Afrikaanse koopkrag gemobiliseer, het ’n genoteerde eiendomsmaatskappy landwyd leefruimtes vir Afrikaans en beleggingsgeleenthede geskep, het die drie Afrikanerkantons praktiese selfbestuur begin geniet, het Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike sambreel duisende verdienstelike behoeftiges landwyd bygestaan, en is sterk bande met die Afrikanerdiaspora gebou tot wedersydse voordeel. Die somtotaal van al hierdie ontwikkelings was dat die omstandighede geskep is waarin Afrikaners ook blywend vry, veilig en voorspoedig in SuiderAfrika kon en kan voortbestaan, tot voordeel van hierdie landstreek en al sy mense. Dit was die hoofrede hoekom die regering uiteindelik nie anders kon nie as om die werklikheid van selfbestuur wat opgebou is, formeel te erken. Hierdie geskiedkundige gebeure het weer die waarheid bewys van Daniel Burnham se stelling: “Moenie klein plannetjies maak nie; dit het geen magiese krag om mense te begeester nie en sal nie werk nie. Maak groot planne; mik hoog, onthou dat ’n edele, logiese plan wat een maal uitgespel is, nooit sal doodgaan nie, maar lank nadat ons weg is steeds lewend sal wees, en homself toenemend hardnekkig sal laat geld.”


Nuuswaardig

DR. DIRK HERMANN

FLIP BUYS

Toekomsberaad

MIKPUNTE BLITSIG BEHAAL

D

ie Solidariteit Beweging het oor die afgelope vyf jaar verskeie welslae bereik, en het homself op talle gebiede gevestig as ’n groot rolspeler waarmee daar rekening gehou moet word. Die Beweging het in 2015 ‘n omvattende vyfjaarplan bekendgestel waarmee hy verskeie kwessies in Suid-Afrika wou aanpak. Al die doelstellings is bereik voor 2020, en daarom kan daar nou al terugvoer gegee word oor die uitkoms van hierdie doelstellings wat bereik is.

FOTO’S: REINT DYKEMA & MIA SLABBERT

Solidariteit

Een van die mikpunte was om meer regsaksies van stapel te stuur wat tot voordeel van belastingbetalers sal strek. Solidariteit het gevolglik talle sake gewen. Eerstens het Solidariteit vir Hlaudi Motsoeneng, voormalige uitvoerende hoof van die SAUK, arbeidshof toe gesleep nadat hy agt joernaliste wat nie met die SAUK se protesbeleid saamgestem het nie, summier afgedank het. Motsoeneng is ook in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou vir die kostes van die saak. Voorts het Solidariteit vir Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, eers in die hooggeregshof en daarna in die Konstitusionele Hof pakslae gegee, nadat hy onregmatige pensioenuitbetalings ontvang het. Molefe het onlangs die geld wat hy aan Solidariteit verskuldig was, vereffen. Solidariteit-lede het ook hul stem teen Sasol se rasbeleid dik gemaak. Daarbenewens is die veldtog teen regstellende aksie verskerp deurdat Solidariteit die afgelope vyf jaar twee keer by die Verenigde Nasies en die

DEUR MIA SLABBERT

CERD, die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle rassediskriminasie, besoek afgelê het om ’n aanbieding en skaduverslag ter tafel te lê rakende die Suid-Afrikaanse regering se toepassing van regstellende aksie. Die CERD het ná afloop hiervan sterk kritiek gelewer teen Suid-Afrika se rasbeleid. Die Menseregtekommissie (MRK) het intussen bevind dat die wyse waarop regstellende aksie toegepas word, nie grondwetlik is nie.

Schweizer-Reneke te beveilig. Ook die onwettige besetting van grond, aangehits deur ‘n moontlike aanpassing van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het ‘n groter kopseer vir die span, gemeenskappe en grondeienaars begin raak. In plekke soos Pretoria en Witrivier kon AfriForum die slagoffers en gemeenskap bystaan totdat die Rooimiere die onwettige strukture kon verwyder.

AfriForum

Helpende Hand

In 2015 het AfriForum beloof om meer gemeenskappe te help om buurtwagte te stig. Die organisasie wou sodoende ‘n nasionale netwerk van gemeenskapstrukture tot stand bring wat Suid-Afrikaners teen misdaad en onrus beveilig. Dié strukture behels patrollie ry, reaksieen gebeurlikheidsplanne, nasionale en plaaslike radionetwerke, en die vestiging van verskeie beheerkamers. Die aantal buurtwagte het van 68 in 2015 tot 140 teen September vanjaar toegeneem, terwyl die aantal buurtwaglede van 1 874 in 2015 tot 9 500 tans gegroei het. Meer as 7 900 buurtwaglede het sedert 2015 opleiding in onder meer regsaspekte, toneelhantering en noodhulp ontvang. In 2018 het ‘n stryd oor taalbeleid daartoe gelei dat ‘n hoërskool in Vereeniging vir meer as twee weke onder beleg van gewelddadige betogers was. In samewerking met die gemeenskap en sekuriteitsmaatskappye kon AfriForum-gemeenskapsveiligheid verseker dat klasse grootliks kon voortgaan. Aan die begin van 2019 moes dié afdeling weer inspring, dié keer om ‘n laerskool in 06 / 2019

10

www.solidariteit.co.za

Die tydperk tussen 2015 en 2019 was vir Helpende Hand uitdagend, geseënd en vol genade. Die groei in die Studiefondssentrum, waar studente gehelp word om te studeer, is ‘n riem onder die hart. In 2015 is R25 miljoen tussen behoeftige studente verdeel en in 2019 is die beskikbare bedrag al ongeveer R41 miljoen. Die droom was om teen 2020 ‘n studiefonds van R160 miljoen op te bou en ons is dankbaar om te kan sê dat die fonds tans R185 miljoen sterk staan. Sedert 2015 is R145,1 miljoen aan studente uitbetaal. In 2015 kon Helpende Hand deur sy voedingsprojekte 4 000 kleuters daagliks versorg. In 2019 het dit verdubbel tot 8 000 en hulle mik na 12 000 in die volgende paar jaar. Helpende Hand spog tans met 150 takke in 10 streke wat daarop gefokus is om die funksionering van hul aktiwiteite so doelgerig en vaartbelyn as moontlik te maak. Voorts het die instelling onlangs sy 50ste Ons Winkel geopen, ‘n projek wat die sukses van die instelling verseker.


Sol-Tech

Sol-Tech het reeds in 2013 van sy vorige kampus in Booysens na die Kirkney-kampus geskuif om meer kapasiteit vir die toename in studentegetalle te skep. Dit was egter altyd duidelik dat ‘n nuwe, groot kampus die volgende groot tree vir Sol-Tech sou wees. Op 13 September vanjaar is die eerste sooi van hierdie nuwe kampus gespit met die vooruitsig om die kampus teen Januarie 2021 in gebruik te neem. Ter voorbereiding vir die nuwe kampus is daar die afgelope vyf jaar op gehalte en uitnemendheid in alle fasette gefokus. Sowat 1 200 studente word tans deur Sol-Tech opgelei.

Akademia

Akademia het ook baie goeie vordering getoon sedert die Toekomsberaad in 2015. Akademia was toe slegs vier jaar in bedryf en het skaars haar voete gevind in die hoëronderwyswêreld. In 2019, vier jaar later, is dit goed om te sien op hoeveel terreine die instelling goeie groei getoon het. Akademia spog tans met 1 050 studente landwyd wat in sowat 13 sentrums klas ontvang. Voorts het die instelling reeds vyf geakkrediteerde grade en een nagraadse kwalifikasie. Sowat tien verdere kwalifikasies het reeds akkreditasie ontvang.

Maroela Media

In 2013 was die fokus vir Maroela Media om gevestig te raak as ‘n internetnuusdiens wat nuus en inligting oor verskeie kwessies in die Afrikaanse leefwêreld publiseer. Die beplanning was om binne vyf jaar, 2 miljoen lesers per maand te hê. Die doelwit van 2 miljoen lesers per maand is in Mei 2019 bereik, en Maroela se lesersgetalle groei elke maand. Maroela Media het ook aangedui dat verskeie projekte ter wille van Afrikaans in die vyf jaar aangepak sal word, waaronder die Afrikaanse Wikipedia. Teen die einde van Augustus 2019 was daar, danksy Maroela Media en ander Afrikaanse instansies en individue, reeds 84 000 Afrikaanse artikels op Wikipedia. Maroela skep ook steeds op ‘n daaglikse basis inhoud vir radiostasies, en het ‘n hele paar vennote wat in Maroela se ateljees produksies opneem wat ook as Maroela se aanbod aan radiostasies gestuur word. Ons kan met trots terugkyk na die vooruitgang van die Solidariteit Beweging in sy pogings vir ‘n vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika. Ons bou om te bly. www.solidariteit.co.za

11

06 / 2019


Nuuswaardig

WerkNet

JOU AFRIKAANSE

werksoekportaal

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

W

erkNet is ‘n gratis Afrikaanse werksoekportaal wat vir werknemers wat op soek is na nuwe loopbaanmoontlikhede die geleentheid bied om hul CV in Afrikaans te adverteer, en terselfdertyd ook vir werkgewers die geleentheid gee om beskikbare poste te adverteer. WerkNet is dus die middelman wat die werknemer en werkgewer verbind. Dié platform bied geleenthede vir beide partye omdat moontlike kandidate gereed staan om potensiële werkgewers te ontmoet. WerkNet is van stapel gestuur om ’n daadwerklike verskil in die lewens van werknemers en werkgewers te maak.

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Daar is ’n reuse-aanvraag na ordentlike werk en ook werknemers. WerkNet is gebou met die gedagte: “Die wat wíl werk, móét werk!” ’n Diens soos hierdie is broodnodig as ’n mens in gedagte hou dat die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika in die tweede kwartaal van 2019 tot 29% gestyg het. Dit was tot dusver die hoogste werkloosheidskoers sedert die eerste kwartaal van 2003, met die aantal werkloses wat sedert toe met 455 000 tot 6,65 miljoen gestyg het. ’n Jaar gelede was die werkloosheidskoers 27,2%. Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika was gemiddeld 25,71% vanaf 2000 tot 2019. Die besluit om WerkNet uit te brei, is geneem omdat die aantal werkloses daagliks styg en die behoefte vir só ‘n 06 / 2019

12

www.solidariteit.co.za

diens groter raak onder Solidariteit-lede en die breë publiek. Die platform, wat in Afrikaans aangebied word, is gratis vir werknemers en werkgewers. Al wat nodig is, is ’n vinnige registrasie op die WerkNet-webtuiste. Die webtuiste bied egter meer as net werkgeleenthede. WerkNet help ook werknemers om hul CV’s op te knap en bied uitstekende raad rakende werkverwante kwessies soos voorbereiding vir onderhoude, opleiding en algemene werkverwante probleme. Daar word daagliks nuwe poste deur verskeie werkgewers op WerkNet gelaai. Die verskeidenheid poste sluit alles in vanaf poste wat min ervaring benodig tot spesialisposte vir ervare kenners op verskeie gebiede.



Nuuswaardig BRIAN MOLEFE

HLAUDI MOTSOENENG

MOLEFE, MOTSOENENG VERSTERK REGSFONDS MET R1,3 MILJOEN

H

oewel daar duisende mense is wat maandeliks bydra tot Solidariteit se Regsfonds, was daar vanjaar twee individue wat vir die grootste bydrae tot nog toe gesorg het. Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, en Hlaudi Motsoeneng, voormalige SAUK-bedryfshoof, het nie minder nie as R1,3 miljoen tot dié fonds bygedra – twee van Solidariteit se grootste suksesverhale vir die jaar. “Benewens die feit dat Solidariteit twee belastingsplunderaars aanspreeklik gehou het vir hul oortredings, het die vakbond daarin geslaag om dié twee te kry om by te dra tot die geveg teen belastingsboewe,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. In 2017 reeds het Solidariteit ’n hofproses teen Molefe begin om hom aanspreeklik te hou vir die R30 miljoen waarmee hy homself onregmatig vergoed het uit die Eskom-pensioenfonds. Molefe se verryking vanuit die pensioenfonds was nie die gevolg van een of ander administratiewe misverstand nie, maar eerder die vrug van korrupsie en staatsplundering. Daarom het Solidariteit die saak aangepak, nie net in belang van Eskomwerknemers nie, maar ook in belang van alle Suid-Afrikaners. Hierdie saak het tot by die Kontitusionele Hof gevorder, waar die finale uitspraak was dat Molefe nie net die pensioenvoordeel moet

DEUR MONICA MYNHARDT

“Die sake teen Molefe en Motsoeneng is simbolies van ’n onstuitbare stand teen die oneerlikheid en bedrog wat ons land en sy mense wil stroop van welvaart, integriteit en hoop.” terugbetaal nie, maar ook aanspreeklik is vir Solidariteit se regskoste. Molefe het in September vanjaar ’n finale betaling van R283 758,96 gemaak om sy totale regskoste van net minder as R800 000 te vereffen. Hoewel die Molefe-hofsaak oor twee jaar gestrek het en die wiel van geregtigheid maar stadig gedraai het, het die wiel nietemin gedraai. Hlaudi Motsoeneng se hofstryd het in 2016 begin toe die arbeidshof beslis het dat hy aanspreeklik gehou moet word vir die drama met die sogenaamde SAUK 8. Motsoeneng was regstreeks verantwoordelik vir die onregmatige afdanking van agt SAUK-joernaliste wat nie bereid was om stil te bly oor die toegepaste politieke sensuur van daardie tyd in die SAUK nie. Tydens Motsoeneng se appèl teen hierdie uitspraak het tien regters van die Konstitusionele Hof eenparig beslis dat hy verantwoordelik is vir die regskoste van Solidariteit en Bemawu wat die SAUK 8 verteenwoordig het. In Januarie vanjaar het Motsoeneng ’n eerste paaiement van R300 000 opgedok en met sy laaste paaiement in Augustus vanjaar het hy sy totale skuld van R460 426,77 vereffen. 06 / 2019

14

www.solidariteit.co.za

“Motsoeneng het homself as onaantasbaar en polities oppermagtig beskou. Hy het hom egter lelik in die gereg vasgeloop en is in sy spore gestuit in sy openlike aanval op persvryheid en gepoogde politieke sensuur van binne die SAUK en baie spesifiek die betrokke agt joernaliste,” aldus Hermann. Solidariteit het besluit om die geld wat deur Motsoeneng en Molefe betaal is, aan te wend vir soortgelyke sake teen belastingmisbruik. “Misdadige politici wat wegkom met al hul wandade gaan nie langer geduld word nie,” sê Hermann. “Waar politici aanspreeklik is, sal Solidariteit hulle aanspreeklik hou. Maandeliks versterk duisende Regsfondslede ons geveg teen onreg, maar in 2019 het hierdie twee teësinnige skenkers onverwags ons hande én moed versterk.” Die sukses van hierdie twee hofsake is veel meer as net ’n wen in die hof vir Solidariteit. “Die sake teen Molefe en Motsoeneng is simbolies van ’n onstuitbare stand teen die oneerlikheid en bedrog wat ons land en sy mense wil stroop van welvaart, integriteit en hoop.”


HOF SÊ LATER OOR BLF WAT DRIEHOEK-KINDERS SE DOOD ‘VIER’

FOTO: MIA SLABBERT

S

olidariteit se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) is onlangs in die gelykheidshof aangehoor waar regter Ratha Mokgoathleng uitspraak voorbehou het. Adv. Dirk Groenewald (namens Solidariteit) het aangevoer dat daar tot op hede nog geen verskoning voor die hof gemaak is nie, en dat die BLF slegs sy posisie verdedig en volstrek weier om skuld te beken. “Die meeste Suid-Afrikaners was geskok en het oor die dood van hierdie onskuldige kinders by Hoërskool Driehoek gerou, maar die respondente (BLF en kie) het nie tyd gemors om die dood van hierdie kinders, na wie hulle as ‘gronddiewe’ en ‘die vyand’ verwys, te vier nie. Hierdie inligting is algemene kennis en in die media beskikbaar,” het Groenewald aangevoer. Die leier van die BLF, Andile Mngxitama, het vir die eerste keer in die posisie as verteenwoordiger in die hof namens

DEUR MIA SLABBERT

die respondente, onder wie Lindsay Maasdorp, die BLF se woordvoerder, opgetree. Hy het, ná verskeie mislukte pogings om die regter van sy politieke ideologie te oortuig, die hof gevra om met betrekking tot die uitspraak in ag te neem dat sy organisasie ’n revolusionêre organisasie is wat weens wit bevoorregting bankrot is. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, is Solidariteit hoopvol vir ’n positiewe uitspraak. “Ons is baie positief oor die hofverrigtinge. Ons is van mening dat geregtigheid moet seëvier vir Hoërskool Driehoek se ouers en dat rassiste soos Andile Mngxitama en die BLF in die bek geruk moet word. Solidariteit sien uit na die uitspraak.” Tydens die hofverrigtinge het Groenewald aangevoer dat dit verregaande is om aan te neem dat die uitlatings wat die BLF oor die Driehoek-tragedie gemaak het, nie skadelik of pynlik teenoor die

slagoffers se ouers sou wees nie, en dat enige argument daarteen absurd is. Solidariteit het die haatspraakklag teen dié party op 14 Februarie 2019 by die gelykheidshof ingedien nadat ’n mandaat van die slagoffers van die Driehoek-skoolramp se ouers ontvang is. Die eerste verskyning was op 22 Augustus vanjaar, maar die saak is uitgestel omdat die BLF nie opgedaag het nie. Die klag het gevolg nadat Maasdorp die tragiese dood van vier jong leerlinge tydens die Hoërskool Driehoek-tragedie op sosiale media gevier het. Hy het geskryf: “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.” Hy brei dan verder uit: “If our God has finally intervened and our ancestors have petitioned and seen that these white land thieves have now died then I definitely celebrate it. I celebrate the death of our enemies, their children, their cats and their dogs. That is our position.”

ANDILE MNGXITAMA, LEIER VAN DIE BLF, EN ADV. DIRK GROENEWALD IN DIE HOF.

www.solidariteit.co.za

15

06 / 2019


Nuuswaardig

Bankkosteverslag

CAPITEC KRAAI KONING Goedkoopste rekening vir lae-inkomstegebruikers, bied goeie rente

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

D

ie Solidariteit Navorsingsinstituut se tiende Bankkosteverslag word vanjaar vrygestel. In vanjaar se verslag word die vyf grootste banke in die land volgens transaksievolume – Absa, First National Bank (FNB), Standard Bank, Nedbank en Capitec – met mekaar vergelyk ten einde ’n oorsig van die onderskeie banke se bankkoste te bied. Daar word na die bankkoste van transaksierekeninge vir lae-, medium- en hoë-inkomstegroepe gekyk. In 2019 het Capitec sy titel teruggeneem as die goedkoopste rekening vir lae-inkomstegebruikers met gebruikers wat gemiddeld 12 transaksies per maand doen en wat ongeveer R31,10 se bankkoste betaal. Capitec is steeds die enigste bank wat goeie rente op transaksierekeninge bied, wat ’n gebruiker kan help om met ’n minimale balans in hul bankrekening, bankkoste nog meer te verlaag. In ’n omgewing waar verskeie banke sukkel en groot afleggings in die gesig staar, het Capitec sedert 2018 daarin geslaag om regstreekse bankkoste vir gebruikers te verlaag. Vir die middelklas- en hoërmiddelklasgebruiker bied Capitec steeds ’n

DEUR CONNIE MULDER EN MONICA MYNHARDT

goeie aanbod indien só ‘n gebruiker nie veel waarde uit ’n beloningsprogram sou kry nie. Indien gekyk word na rekeninge met beloningsprogramme, dan is FNB se Gold Cheque-rekening die goedkoopste opsie wat jou toegang tot eBucks bied – behalwe vir gebruikers wat bereid sou wees om ’n balans van R30 000 in ’n rekening te hou, in welke geval Absa se Gold Bundle en Capitec uitstekende waarde sou bied. Die gebruikersprofiele is nie volgens inkomstevlak saamgestel nie, maar eerder volgens die aantal transaksies vir elke profiel. Die aantal transaksies wat ’n gebruiker doen, behoort met inkomstevlakke ooreen te stem, en dit is waarom die duurder bankrekeninge by die hoër transaksieprofiele gebruik word. Die rekeninge en opsies wat in die verslag gedek word, is in drie kategorieë ingedeel: 1. Rekeninge wat bemark word aan mense met ’n lae inkomste en wat basiese bankbehoeftes het (profiele met 12 en 17 transaksies per maand) 2. Rekeninge wat bemark word aan mense met ’n middelklasinkomste en wat gesofistikeerde bankbehoeftes het (profiele met 25 transaksies per maand) 06 / 2019

16

www.solidariteit.co.za

3. Rekeninge wat bemark word aan mense met ’n hoërmiddelklasinkomste en wat gesofistikeerde bankbehoeftes het (profiele met 30 transaksies per maand). Hoewel bankkoste ’n groot rol speel in mense se keuse van bank, is dit egter nie altyd die deurslaggewende faktor nie. Beloningsprogramme speel toenemend ’n rol in gebruikers se keuse van ‘n bank, veral vir gebruikers met ‘n middelklasinkomste. Programme soos FNB se eBucks en Absa Rewards maak dié banke meer mededingend en belonend vir diegene met ‘n middelklasinkomste. ’n Bonuskategorie in vanjaar se verslag is ’n ontleding van die globale rekeninge wat banke aanbied. Verskeie banke bied die opsie om gratis ’n globale rekening aan ’n bestaande tjekrekening te koppel waarmee die gebruiker buitelandse valuta kan aankoop en spaar. Die bankkosteverslag beoog nooit om as finansiële advies of kritiek teen banke te dien nie, maar eerder om ’n oorsig te bied van die transaksierekeninge wat die banksektor aan sy gebruikers bied ten einde gebruikers te bemagtig om beter besluite vir hul unieke finansiële situasie te neem.



Nuuswaardig

SOLIDARITEIT NA GRONDWETHOF OOR MRK-GELYKHEIDSVERSLAG

S

olidariteit oorweeg dit om die Konstitusionele Hof te vra om uitsluitsel te gee oor die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) se verslag oor regstellende aksie. Dit volg nadat die arbeidshof in Johannesburg op 8 Oktober bevind het die verslag kan op tegniese gronde nie as bindend beskou word nie en kan dus deur die staat geïgnoreer word. Die MRK het in ’n gelykheidsverslag bevind dat die Suid-Afrikaanse program van regstellende aksie nie aan die Grondwet en internasionale reg voldoen nie. Die verslag het ook aanbeveel dat die regering die Wet op Gelyke Indiensneming moet verander. Solidariteit het die arbeidshof gevra om die regering te dwing om te voldoen aan die aanbevelings nadat die regering versuim het om dit te doen. Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit Regsdienste, sê dit is jammer dat die arbeidshof nie uitsluitsel oor die kwessie gegee het nie, maar dit is egter

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

bloot ’n taktiese terugslag. Die saak gaan hoogs waarskynlik in die Konstitusionele Hof voortgesit word, het hy gesê. Hy het aangevoer dat die MRK se gelykheidsverslag nie deur die arbeidshof ongeldig verklaar is nie en dat die aanbevelings van die verslag dus steeds geld. Solidariteit beplan om volgende jaar weer die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle rassediskriminasie (CERD) te nader om die saak verder op ’n internasionale platform te voer. Ten spyte van die arbeidshof se bevinding dat hierdie verslag op tegniese gronde nie as bindend beskou word nie, gaan die regering die MRK na die hooggeregshof neem oor dié menseregtewaghond se verslag. Die regering het reeds stukke by die hof ingedien. Die regering argumenteer hulle is nie gebonde aan die verslag nie, maar wil nou die verslag na ‘n ander hof neem om dit te hersien. Solidariteit sal die hersieningsaansoek opponeer, en het buite die arbeids06 / 2019

18

www.solidariteit.co.za

hof in Johannesburg bekend gemaak dat hy ook gevoeg is tot die aansoek om die MRK se gelykheidsverslag by die hooggeregshof te hersien. “Ons is verstom dat die regering in die arbeidshof argumenteer dat hy nie gebonde is aan die MRK se verslag nie, maar terselfdertyd bring die regering ’n aansoek in die hooggeregshof dat die bevindings en aanbevelings daarvan nietig verklaar word,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Volgens Solidariteit sal dit artikel 9-instellings irrelevant maak indien sy aanbevelings geïgnoreer kan word. Die MRK se gelykheidsverslag het bevind dat sekere dele van die Wet op Gelyke Indiensneming nie aan die Grondwet en internasionale konvensies voldoen nie. Die MRK het ook aanbeveel dat die regering binne ses maande ná die verskyning van die verslag moet terugvoer gee oor hoe die Wet op Gelyke Indiensneming verander gaan word. “Die regering het 60 dae gehad om


op die verslag te reageer. Dit is nou 18 maande later. Die regering het sy reg op hersiening verloor. Solidariteit gaan die hersieningsaansoek beslis teenstaan,” het Hermann gesê. Die verslag van die MRK volg op aanbevelings van die CERD wat skerp kritiek op Suid-Afrika se stelsel van rassediskriminasie gelewer het. Die aanbevelings van die VN-komitee volg nadat die departement van justisie en Solidariteit in 2016 voorleggings aan dié komitee in Genève gedoen het. Solidariteit het daarna ook ’n petisie by die MRK ingedien waarin gevra is dat Suid-Afrika se voldoening aan internasionale vereistes ondersoek word. Volgens Hermann is die kern van die MRK-verslag dat regstellende aksie meer genuanseerd toegepas moet word; dat behoefte en sosio-ekonomiese aanduiders in ag geneem moet word; en dat die manier waarop regstellende aksie tans toegepas word, aanleiding gee tot ’n praktyk van rassekwotas. Die Gelykheidsverslag meld: “Die definisie van aangewese groepe in die Wet op Gelyke Indiensneming voldoen

nie aan Grondwetlike of internasionale regsverpligtinge nie.” In hoofstuk 1 van die MRK-verslag word aangedui dat “spesiale maatreëls tans nie in ooreenstemming met Grondwetlike doelstellings is nie. Waar spesiale maatreëls nie op grond van behoefte en met inagneming van sosio-ekonomiese faktore ingestel word nie, kan die maatreëls nie substantiewe gelykheid bewerkstelling nie.” Die MRK neem verder daarvan kennis dat ’n konteks-sensitiewe benadering dus in ooreenstemming is met die vereistes wat die CERD vir spesiale maatreëls stel. Die regering het nog geen wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming aangebring nie, ten spyte daarvan dat die land se menseregtewaghond bevind het ’n ongenuanseerde rassebenadering is ongrondwetlik. “Om 18 maande te wag en dan ’n hersieningsaansoek te bring, is minagtend teenoor ’n instelling wat deur die Grondwet ingestel is, en

minag ook die Grondwet self,” het Hermann verduidelik. Die Konstitusionele Hof het dit al by ’n vorige geleentheid duidelik gemaak dat artikel 9-instellings van die Grondwet nie sonder tande behoort te wees nie. In ’n onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof is bevind dat daar van artikel 9-instellings verwag kan word om onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe te wees. Toe die Konstitusionele Hof byvoorbeeld moes beslis oor die magte van die openbare beskermer, ook ’n artikel 9-instelling, het die hof soos volg bevind: “Geen besluit wat in die Grondwet of die reg gesetel is, mag verontagsaam word sonder dat beroep op ’n geregshof gedoen is nie.” Dié hof het voorts bevind dat die vraag of ’n artikel 9-instelling onpartydig is, al dan nie, “irrelevant sou wees as die uitvoering van die besluite wat die instelling neem, aan die genade oorgelaat word van diegene teen wie die besluite geneem is.”


Nuuswaardig

Rasseretoriek en dubbele standaarde het deel van die MRK se modus operandi geword.”

Patroon van ondeurdagte ondersoeke deur MRK wat ongeregtighede skep

SOLIDARITEIT SAK SAAM IN ETZEBETH-SKRUM

FOTO: STEVE HAAG SPORTS VIA HOLLYWOODBETS

S

olidariteit het in Oktober bekend gemaak dat hy sy veldtog teen rassisme en dubbele standaarde verskerp deur in die gelykheidshof aansoek te doen om toegelaat te word as ’n vriend van die hof in die Eben Etzebeth-saak wanneer dit aangehoor word. Verder gaan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) ondersoek instel na die onafhanklikheid en onpartydigheid van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) in die hantering van ondersoeke (lees ook die artikel op bladsy 18). Die MRK het met die Eben Etzebeth-aangeleentheid gewys dat dit steeds onder dieselfde leemtes gebuk gaan as wat die SNI in Februarie 2017 uitgewys het. Onewewigtige en eensydige ondersoeke was net enkele van die gevolgtrekkings in die verslag getiteld “Rassisme, Haatspraak en Dubbele Standaarde”. Daar is by die MRK ’n patroon van eensydige, ondeurdagte ondersoeke wat

DEUR ALEXA REINECKE

ongeregtighede skep, soos ook nou in die Etzebeth-saak. Die MRK was blitsig uit die blokke om Etzebeth te veroordeel en het verklaar dat Etzebeth “gewoond geraak het om met moord weg te kom” en dat hy van poging tot moord aangekla moet word. Hierdie stellings is gemaak nog voordat enige proses teen Etzebeth in die gelykheidshof ingestel is. “Die MRK doen sy reeds bedenklike reputasie gestand deur Etzebeth as ’n skuldige voor te hou nog voordat enige ondersoek afgehandel of bevinding gemaak is. Dit is in werklikheid die MRK wat skuldig is aan partydigheid en tot rassespanning bydra eerder as dat hy dit bekamp,” het Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê. Solidariteit het die aansoek in die gelykheidshof onder oë gehad, en die vier klaers eis onderskeidelik tussen R300 000 en R350 000 van Etzebeth. “Rasseretoriek en dubbele standaarde het deel van die MRK se modus operandi geword. Ons kan nie toelaat dat ’n Hoofstuk 9-instelling – wat veronderstel is om 06 / 2019

20

www.solidariteit.co.za

verbind te wees tot die waardes van ’n regverdige en billike proses – ongehinderd op hierdie wyse voortgaan nie,” het Human gesê. Solidariteit maak daarom die volgende stappe bekend: • ’n Verskerping van Solidariteit se internasionale veldtog by die CERD (die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie); • Die loods van ’n ondersoek deur die SNI na die onafhanklikheid en onpartydigheid waarmee die MRK ondersoeke aanpak; • Solidariteit sal die MRK aanmaan om terugvoer te gee oor uitstaande sake; en • Solidariteit sal ’n aansoek bring om as vriend van die hof toegelaat te word in die verrigtinge voor die gelykheidshof. Solidariteit ondersteun Etzebeth se hersieningsaansoek vir die tersydestelling van die MRK se besluit om gelykheidshofverrigtinge teen hom in te stel.



Nuuswaardig

SOLIDARITEIT TAKEL VALS RASSISMEKLAGTES IN SAPD DEUR MORNÉ MALAN

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

S

olidariteit het in Oktober gesê dat hy bewus is van minstens 13 gevalle waar vals klagtes van rassisme teen wit polisielede gelê is. In die meeste gevalle word valslik beweer dat die polisielede die k-woord gebruik het. “Vals klagtes van rassisme is besig om sistemies in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te raak. Die k-woord word ’n wapen om dissiplinêre optrede te vermy. Dit hou ingrypende emosionele en loopbaangevolge vir die slagoffers van dié vals klagtes in. Daar moet net so ferm opgetree word teen diegene wat onaanvaarbare woorde misbruik as teen dié wat dit gebruik,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Solidariteit het ook ’n veldtog bekendgestel wat ten doel het om rasseboelies binne die SAPD te ontbloot en seker te maak dat hulle die gevolge van hul wangedrag dra. ’n Deel van die veldtog gaan daarop fokus om polisielede aan te moedig om vals klagtes van rassisme en dubbele standaarde wat ten opsigte van die hantering van rassisme in die SAPD geld, by Solidariteit aan te meld sodat ’n omvattende verslag oor die aangeleentheid opgestel kan word. Dié verslag gaan aan die SAPD en die Suid-Afrikaanse Menseregte-

“Ons is uiters gefrustreerd met die dubbele standaarde wat geld wanneer dit kom by die hantering van rassisme in die SAPD. Wanneer bewerings van rassisme van wit op swart voorkom, word daar oorhaastig en sonder nadere ondersoek opgetree, maar as growwe rassistiese uitsprake deur ’n swart polisielid gemaak word, word daar gesloer om werk daarvan te maak.” kommissie (MRK) oorhandig word. Volgens Renate Barnard, sektorkoördineerder van Solidariteit, sien die vakbond al meer gevalle van werknemers binne die SAPD wat ras as ’n troefkaart probeer gebruik om só ’n kollega uit die organisasie te laat verwyder. “Dit is dikwels juis omdat daardie kollega hulle verantwoordbaar probeer hou vir wangedrag of poog om hulle te dissiplineer wanneer hulle hul plig versuim het,” voer Barnard aan. Solidariteit het verder sy kommer uitgespreek oor die interne prosedures wat deur die SAPD in verband met sulke sake gevolg word. Barnard verduidelik: “Die stelsel is tans op so ’n manier ontwerp dat enige persoon wat van rassisme beskuldig word, bykans onmiddellik met wantroue, verwerping en veragting hanteer word. Dit terwyl daar weinig, indien enige, gevolge is vir diegene wat die hele tyd valse aantygings versprei. Hierdie toedrag van sake 06 / 2019

22

www.solidariteit.co.za

kan eenvoudig nie so voortduur nie. Deur die manier waarop die SAPD sulke sake hanteer, moedig hy net verdere verdelende, rassistiese gedrag aan en maak dit onmoontlik vir werknemers om vreedsaam saam te werk.” Solidariteit veroordeel ook die klimaat wat tans in die SAPD heers, en stel dit dat Solidariteit dit noodsaaklik ag om aanspreeklikheid en gelyke behandeling af te dwing in gevalle waar die SAPD weier om dit self toe te pas. “Die beweegrede vir ons veldtog het nie net te make met die feit dat ons ’n onaanvaarbare aantal vals aantygings van rassisme binne die SAPD waargeneem het nie, maar ook dat die frekwensie waarteen sulke aantygings teenoor ons lede gemaak word, elke jaar toeneem. Tog, ten spyte van die tallose gevalle waar ons ons lede suksesvol verdedig, doen die SAPD niks om sulke aantygings te ontmoedig nie,” het Barnard gemeld. Al manier hoe hierdie verskynsel


beveg kan word, voer Barnard aan, is deur seker te maak dat daar gevolge is vir leuens – veral wanneer leuens verband hou met ernstige aangeleenthede soos rassistiese uitlatings. “Die blote maak van so ’n aantyging teenoor iemand kan onherroeplike skade vir daardie persoon se loopbaan en persoonlike lewe inhou. Dit behoort as ’n ernstige misdryf binne die organisasie hanteer te word,” het sy gesê. Die eerste deel van die tweeledige veldtog wat Solidariteit binne die SAPD van stapel stuur, is om sy lede en ander slagoffers van soortgelyke gedrag aan te moedig om aktief aan die veldtog deel te neem deur hul storie met Solidariteit te deel sodat Solidariteit ’n volledige verslag oor sulke gevalle kan saamstel. “Die eerste stap is om die omvang van die probleem vas te vang. Die tempo waarteen ons sulke klagtes sien inkom, is reeds onrusbarend. ’n Mens is dus geweldig bekommerd oor die aantal sake wat nooit by ons uitkom nie. ’n Voorlopige oorsigtelike ondersoek het reeds 13 uiters kommerwekkende sake aan die lig gebring,” verduidelik Barnard. Met die tweede deel van die veldtog sal daar seker gemaak word dat reëls konsekwent toegepas word waarvolgens almal – ongeag velkleur – gelyke behandeling voor die reg geniet. Die verslag wat saamgestel gaan word uit die inligting wat hierdie veldtog oplewer, sal aan die MRK en die SAPD oorhandig word. “Ons is uiters gefrustreerd met die dubbele standaarde wat geld wanneer dit kom by die hantering van rassisme in die SAPD. Wanneer bewerings van rassisme van wit op swart voorkom, word daar oorhaastig en sonder nadere ondersoek opgetree, maar as growwe rassistiese uitsprake deur ’n swart polisielid gemaak word, word daar gesloer om werk daarvan te maak. Ons het reeds sewe maande gelede ’n klag by die MRK oor ’n voorval van walglike haatspraak ingedien, en dit is steeds nie afgehandel nie. Die SAPD as werkgewer het, nadat verskeie klagtes gelê is, sy voete gesleep om teen die betrokke lid op te tree,” het Barnard gesê. www.solidariteit.co.za

23

06 / 2019


Nuuswaardig KALLIE KRIEL EN ADV. GERRIE NEL.

AFRIFORUM PAK MALEMA, MOYANE

FOTO: REINT DYKEMA

A

dv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het op ‘n mediakonferensie in Centurion aangekondig dat ’n mandamus-aansoek op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die minister van justisie beteken is om die NVG deur die hof te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van EFF-leier Julius Malema. Dié vervolging hou verband met die On Point Engineering-skandaal waar Malema by beweerde korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery betrek word. Malema se familietrust het ’n belang by On Point gehad wat aangestel was om die departement van paaie en vervoer in Limpopo in 2009 met infrastruktuurontwikkeling, -onderhoud en -beplanning te ondersteun. Die mandamus-aansoek volg nadat die NVG vir langer as ’n jaar versuim het om sy ondernemings aan AfriForum na te kom en ’n besluit oor Malema se vervolging te neem. “Dit is vir ons uiters teleurstellend en frustrerend dat ons hof toe moet gaan om die NVG te dwing om net hul werk te doen. Dit is die NVG se plig om te verseker dat die saak teen Malema weer op die rol geplaas word. “Die feite rondom hierdie saak het nie verander nie, maar die politieke landskap wel. Ons wil nie die NVG in ’n

DEUR ALET RADEMEYER

verleentheid stel nie, maar ons billike versoeke, skrywes, opvolgnavrae en waarskuwings het geen betekenisvolle reaksie van die NVG ontlok nie,” meen Nel. Die saak sloer sedert 2011 toe AfriForum ’n klag teen Malema by die polisie ingedien het. Die datum wat die aansoek aangehoor sal word, is 20 Julie 2020. “Dit is ook vir ons problematies dat dit so lank moet neem om ’n saak van dié aard op die rol geplaas te kry. Deur die saak oor meer as agt maande aan te hoor, verydel die hof die doel van ’n mandamusaansoek, aangesien ons hiermee bloot die NVG wil verplig om ’n besluit oor die vervolging van Malema te neem. Dít is ’n besluit wat reeds lank agterstallig is en dit laat vrae ontstaan oor die NVG se onwilligheid om daadwerklik teen Malema op te tree,” sê Nel. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die organisasie is wel bly dat die NVG besluit het om Malema in twee ander sake te vervolg. Die een is die aanrandingsaak op ’n senior polisiebeampte en die ander die afvuur van ’n vuurwapen tydens ’n saamtrek van EFF-ondersteuners. Nel het ook aangekondig dat sy eenheid ’n nolle prosequi-sertifikaat bekom het om Tom Moyane, voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), privaat te vervolg. 06 / 2019

24

www.solidariteit.co.za

Die klaer in die saak is Lerato Maila, die ma van Moyane se kleinkind. Die klagtes teen hom is aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook saakbeskadiging. Volgens Maila het Moyane haar in Mei 2018 by sy huis in Roodepoort, Gauteng, aangerand deur haar op haar maag te krap, rond te stamp en in die gesig te skop. Moyane het ook haar selfoon voor die beweerde aanranding teen ’n muur stukkend gegooi toe hy besef dat sy besig is om hom op te neem. Sy het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar die NVG het egter besluit om Moyane nié te vervolg nie, omdat daar volgens die NVG nie genoeg bewyse teen hom is nie. “Gesien in die lig van die vlaag geweld teen vroue en kinders in die land is hierdie ’n baie belangrike saak waarby AfriForum se privaat vervolgingseenheid moet betrokke raak. Sulke beweerde gedrag is aanduidend van ’n boelie en Moyane moet eenvoudig daarvoor verantwoording doen,” het Nel gesê. Kriel het gesê daar mag nie toegelaat word dat sommige mense dink en glo hulle is bo die wet verhewe nie. “Mense wat die wet oortree, moet vervolg word. Al voel dit of die wiele van geregtigheid stadig draai, moet ons voortgaan en verseker dat oortreders verantwoordelik gehou word.”


TIKKIE KREATIWITEIT = GROOT SUKSES

FOTO: MIA SLABBERT

“D

aar is talle geleenthede wat jy kan ontsluit in alle areas van die ekonomie deur bestaande tegnologie te gebruik om nuwe, innoverende sakemodelle te vorm.” Só meen Pieter Geldenhuys (foto), ‘n toekomskundige en direkteur van die Institute for Technology Strategy and Innovation (ITSI). “Suid-Afrika is bekend daarvoor dat ons bestaande tegnologie hervorm en ontvorm om nuwe sakemodelle te ontsluit,” meen Geldenhuys. Hy sê daar lê ’n magdom geleenthede opgesluit vir entrepreneurs wat “buite die boks” dink en tegnologie in ’n nuwegenerasie-sakemodel omskep. “Die internet maak my geweldig opgewonde. Daar is ’n baie groot nuwe geleentheid op die gebied van die internet van dinge waar ons vandag huise kan outomatiseer.

DEUR MIA SLABBERT

Ons kan byvoorbeeld ’n geleentheid skep waarmee jy vir jou foon kan sê: ‘Hey Google, emergency,’ en onmiddellik word sekere persone in geval van ‘n krisis ontbied. Jou stem is dus jou paniekknoppie,” sê Geldenhuys. Hy meen ’n goeie voorbeeld van hoe entrepreneurs buite die boks kan dink, is om intelligente luidsprekers in huise te begin gebruik. Wanneer die luidspre-

kers in ’n huis geïnstalleer word, kan dit vir veiligheids- en mediese redes benut word. “‘n Mens kan deur middel van dié tegnologie om hulp roep, maar in Suid-Afrika beteken dit mense wat kom help, moet eers deur jou veiligheidshek en motorhek kom. Met die internet van dinge kan ons dit egter só opstel dat jou voordeur en hek outomaties oopgesluit word as jy in die huis sê jy het ’n mediese noodgeval.” Geldenhuys sê innoverende denke soos hierdie kan veral voordelig wees vir pensioenarisse of mense wat alleen woon wat dan, danksy tegnologie, hulle stem sal kan gebruik om hulp te ontbied. “Dit is maar een van die ongelooflike geleenthede vir entrepreneurs om sulke modelle uit te rol in die slim-huise in Suid-Afrika.” Geldenhuys moedig jong entrepreneurs aan om nie vas te kyk in die muur voor hulle nie, maar om eerder te kyk watter tipe leer hulle die vinnigste bo gaan kry.


Nuuswaardig

Steun gewerf vir brandpunte in SA en oplossings wat Solidariteit bied

BEWEGING ONTMOET MET TOP-POLITICI IN EUROPA

D

ie Solidariteit Beweging het in September sy skakelwerk in Europa verder verdiep met ’n reeks ontmoetings met politieke leiers, vakbondleiers, joernaliste en gemeenskapsleiers in Europa. Die Beweging se netwerk in Europa is hierdeur verder uitgebrei. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, en Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling, het Nederland, België, Duitsland, Oostenryk en Italië saam met ’n afvaardiging van 15 persone besoek. Die fokus van die besoek was om verdere bande in Europa te smee ten einde politici en regerings te oortuig om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen en om steun vir projekte in Suid-Afrika te werf. Volgens Kleynhans is dit belangrik dat Europese leiers op hoogte moet bly van wat in Suid-Afrika gebeur. “Ons doelwit is om politieke leiers en regerings oorsee te oortuig om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen om nie met grondonteiening sonder vergoeding voort te gaan nie en om meer te doen om misdaad en korrupsie te bekamp. Ons skakeling in Nederland en Vlaandere in België is ook sterk gefokus op die bevordering van Afrikaans en op akademiese en ander samewerking tussen byvoorbeeld Akademia en instellings en individue in Europa.” Vakbonde in Nederland en Italië, met wie Solidariteit reeds bande het, is besoek en toekomstige samewerking sal op verskeie terreine plaasvind. Die Christelijk Nationaal Vakverbond in Nederland en die Autonomer Südtiroler Gewerkschaftsbund in Suid-Tirool het albei in ontmoetings sterk begrip getoon vir die werk wat Solidariteit doen. In Oostenryk het die afvaardiging Sebastian Kurz, leier van die Oostenrykse Volksparty, se toespraak tydens die viering van die party se verkiesingsoorwinning bygewoon. Die afvaardiging het ook met senior lede van die party gesprek gevoer oor samewerking met Oostenryk. Hoëvlak- politieke ontmoetings was ook

FLIP BUYS, ANTON VAN DER BIJL, HANNES NOËTH, WERNER HUMAN EN JACO KLEYNHANS WAS DEEL VAN ‘N AFVAARDIGING VAN DIE SOLIDARITEIT BEWEGING WAT ONDER MEER DIE NEDERLANDSE PARLEMENT BESOEK HET OM REEDS BESTAANDE BANDE VERDER TE VERSTERK. DIE BINNENHOF DATEER UIT DIE DERTIENDE EEU EN IS VANDAG STEEDS DEEL VAN DIE MODERNE NEDERLANDSE PARLEMENT-KOMPLEKS IN DEN HAAG.

in Nederland, België en Italië moontlik. In België is die Vlaamse parlement besoek en is gesprekke gevoer met politici van drie politieke partye. In Suid-Tirool is gesprek gevoer met verteenwoordigers van die grootste politieke party. Nadat die Nederlandse Parlement in Julie ’n mosie teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika aanvaar het, is daar heelwat belangstelling in ander Europese lande in hierdie omstrede, rassistiese beleid wat deur die ANC voorgestel word. Terwyl die Europese Unie steeds Suid-Afrika se belangrikste handelsvennoot is en Europese maatskappye, instellings en individuele burgers wesenlike belange in Suid-Afrika het, heers daar ook toenemende kom06 / 2019

26

www.solidariteit.co.za

mer in Europa oor die staatlike verval, probleme met infrastruktuur, misdaad en korrupsie in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging beplan om oor die volgende paar maande sy internasionale netwerk van steun na verskeie ander lande toe uit te brei. Volgens Kleynhans is dit nie net belangrik vir die res van die wêreld om van die probleme in Suid-Afrika te hoor nie, maar om ook te hoor van die oplossings wat die Beweging bied. “Ons wil soveel as moontlik steun vir ons politieke, maatskaplike en ekonomiese projekte in Suid-Afrika werf en wil ook groter internasionale betrokkenheid by onder andere Sol-Tech en Akademia bewerkstellig,” het Kleynhans gesê.



Bedryfsnuus

JeugPro

NUWE INTREELIDMAATSKAP BESKERM JONGMENSE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

W

erkbeskerming is noodsaaklik vir enigeen wat reeds werk of begin werk. Solidariteit het daarom intreelidmaatskap genaamd JeugPro ingestel sodat jy van die begin af teen ’n bekostigbare prys in die werkomgewing beskerm word. Deur intreelidmaatskap te bekom, kry jy bekostigbare werkbeskerming en toegang tot inligting oor jou regte as jongmens in die werkplek. Die nuwe intreelidmaatskapkategorie is ideaal vir jongmense tussen 18 en 25 jaar wat as deel van hul studies internskappe of klerkskappe moet voltooi, maar enige persoon tussen die ouderdom van 18 en 25 jaar kan daarvoor aansoek doen. As jy besluit het om nie direk ná skool te gaan studeer nie, maar om dadelik te begin werk, kan jy ook in aanmerking kom. Indien jy egter vir ’n maatskappy werk wat ’n kollektiewe ooreenkoms met Solidariteit het, sal jy nie daarvoor kwalifiseer nie. Intreelidmaatskap is ’n belangrike skakel tussen Solidariteit Jeug-lede en die vakbondlede en is juis daar

DEUR ELZET BESTER

om bystand te lewer in die oorgangstydperk tussen skool en studie, of skool en werk. Intreelidmaatskap is dus geskep as ’n manier om jongmense by te staan in die werkomgewing. Dit bou ’n verhouding van lojaliteit sodat Solidariteit sy lede lewenslank kan bystaan. Solidariteit wil jongmense graag help om hul voete te vind terwyl hulle kennis opdoen oor die voordele van ’n vakbond en hul regte in die werkplek voordat hulle oorskakel na volwaardige Solidariteit-lidmaatskap. Intreelidmaatskap is geldig vir een jaar, waarna volle Solidariteit-lidmaatskap begin. Intreelidmaatskap bied spesifieke voordele teen slegs R50 per maand. Bepalings en voorwaardes geld vir elkeen van die spesifieke voordele. Dit sluit in: • Telefoniese regsadvies (geen verteenwoordiging nie) • ’n Vakansievoordeel • Afslag by S-leer • Toegang tot Solidariteit se beroepsgildes • Finansiële raad • Studiekorting by Akademia. 06 / 2019

28

www.solidariteit.co.za

Die behoefte vir hierdie kategorie het ontstaan by jongmense wat as deel van hul studies onder meer praktiese opleiding moet doen. Hulle benodig ’n mate van arbeidsregsbystand, maar het nie noodwendig die geld om vir volle lidmaatskap van Solidariteit te betaal nie. Met die JeugProintreelidmaatskap voorsien ons in hulle behoefte en bied ons selfs meer vir die jong werkende persoon. Solidariteit Jeug het verskeie klagtes ontvang van jongmense wat in die werkplek uitgebuit word. Omdat hulle desperaat is om ’n goeie indruk te skep of ’n permanente aanstelling te bekom, verrig hulle noodgedwonge take wat nie in hul kontrakte ingesluit is nie of werk hulle onder onwettige omstandighede. Intreelidmaatskap gaan jou leer om met selfvertroue in sulke moeilike situasies op te tree en gaan jou toerus met kennis oor jou regte in die werkplek. • Om aansoek te doen, besoek Solidariteit Jeug se webtuiste by www.jeug.solidariteit.co.za/Jeugpro/ of skandeer die QR-kode op hier die bladsy.



Bedryfsnuus

Indemniteitsversekering vir verpleegkundiges

NUWE VOORDEEL VIR ONS LEDE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

D

DEUR MANDY THACKWRAY

• Goeie Samaritaan-aanspreeklikUnderwriting Managers (Edms.) Bpk. ie Solidariteit Beroepsgilheid: Behandeling of versorging Hierdie dekking is beding vir gildelede de vir Verpleegkundiges wat jy op die toneel van ’n mediese en bied omvattende versekering teen het bekostigbare pronoodgeval, ongeluk of ramp toedien, beter tariewe as enige ander versekeraar. fessionele indemniteitshetsy toevallig of na aanleiding van versekering vir verpleeg’n SOS-oproep ná ’n ramp. WAT SLUIT DIE DEKKING IN? kundiges beding met • HPCSA-, SANC-, strafregtelike en • Professionele aanspreeklikheid: Jy beter dekking as enige ander vakbond! ondersoekverdedigingskoste: Die geniet dekking vir dagvaardings teen Verpleegkundiges kan nie bekostig versekeraar sal die koste van jou jou vir nalatigheid in die verskaffing om sonder professionele indemniteitsverdediging en regsverteenwoordivan jou diens, met ’n aanspreeklikversekering te praktiseer nie. Dié ging betaal in geval van – heidslimiet van tot R7,5 miljoen. versekering beskerm jou teen eise vir • dissiplinêre verrigtinge deur skadevergoeding weens die Raad vir Gesondheidsnalatigheid in die uitvoeberoepe van Suid-Afrika en ring van jou werk. Die Hoeveel kos dit? die Suid-Afrikaanse Raad afgelope dekade het die op Verpleging, aantal eise vir mediese • kriminele vervolging, en wanpraktyke met 900% • geregtelike ondersoeke toegeneem en meer as teen jou, of met betrekking R5 miljoen bedra. tot jou beroepsbeoefening. Die Beroepsgilde vir Verpleegkundiges stel beKRY DIT VANDAG NOG! kend NurseInsure, ’n produk VERPLEEGKUNDIGES STUDENTE • Besoek ons webtuiste by wat aan Solidariteit-lede www.verpleeg.co.za en gebied word deur Maple R225 per jaar R275 per jaar klik op die Indemniteit-skakel. Group (Edms.) Bpk., ’n • Stuur ‘n e-pos na gemagtigde finansiëlePryse onderhewig aan verandering deur verskaffer. Premies is jaarliks solidariteit@maplediensverskaffer, en ontwikbetaalbaar en die versekering moet elke 12 maande hernu word. group.co.za kel is deur Camargue 06 / 2019

30

www.solidariteit.co.za


Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns veg vir jou regte in die werkplek

SOLIDARITEIT SÊ STEEDS NEE VIR NGV

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

S

olidariteit se veldtog teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) kom al ’n geruime tyd. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het al ongeveer drie jaar gelede die skadelike uitkomste van hierdie beleid uitgewys en aan Solidariteit-lede en die publiek gekommunikeer. Die NGV sal verreikende en geweldig negatiewe gevolge vir feitlik alle Suid-Afrikaners inhou, maar veral vir gesondheidspraktisyns wat onder só ’n stelsel onuithoudbare vlakke van inbreuk op hul regte sal moet verduur. Daarom het Solidariteit dit in 2018 noodsaaklik geag om ’n beroepsgilde op die been te bring, spesifiek vir die bevordering van praktisyns se regte binne die gesondheidsektor. Hierdie gilde het reeds duisende lede gewerf en is daagliks

DEUR MORNÉ MALAN

besig om namens praktisyns as individue op te tree, te veg vir die bevordering van die beroep as geheel én om ’n netwerk van gesondheidspraktisyns daar te stel

sodat elke lid van dié beroepsgilde volkome in die werkplek kan floreer. Die geveg teen die NGV bereik tans ’n hoogtepunt. Op 29 November moet kommentaar op die NGV-beleid aan die Portefeuljekomitee op Gesondheid ingedien word. Die Departement van Gesondheid het ook aangekondig dat daar openbare verhore reg oor die land gehou sal word waarin die publiek hul menings op dié voorstel kan lug. Solidariteit het reeds onderneem om aan die openbare verhore deel te neem en sal skriftelik kommentaar lewer. In dié kommentaar sal al die grondwetlike en praktiese kwessies wat met die NGV verband hou, uitgewys word. • Voeg jou stem by tot Solidariteit se kommentaar teen die NGV. Steun ons saak. Sê nee vir die NGV! SMS die woord “nee” na 34802.


Bedryfsnuus Word vandag nog deel van dié unieke regsfamilie! Besoek https://gildes.solidariteit.co.za/regslui/

Solidariteit Beroepsgilde vir Regslui tydens spoggeleentheid bekendgestel

REGSLUI KRY BEROEPSTUISTE

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

D

ie Solidariteit Beroepsgilde vir Regslui is op 17 September tydens ’n spoggeleentheid in Centurion bekendgestel. Solidariteit bied reeds verskeie beroepsgildes waar lede waarlik ondersteun word en by mekaar leer. Die Beroepsgilde vir Regslui gaan poog om ’n ware beroepstuiste vir lede van die regsberoep te wees. Dié gilde is die nuwe tuiste vir alle gegradueerdes in die regte – hetsy regstudente, klerke, regsadviseurs, prokureurs, advokate of regters – waar lede hul beroep vry, veilig en voorspoedig kan beoefen. Die gilde is gestig in die lig van aansienlike skuiwe in die regsberoep en die behoefte om opbouende en selfstandige inspraak daarin te bekom. Die fokus van die gilde is om lede te dien op verskeie gebiede, wat insluit die akademie, studente, regsadviseurs en praktiserende prokureurs en advokate. Lede van die Beroepsgilde vir Regslui kry korting by S-Leer om hulle professionele en persoonlike kennis te verbreed deur S-leer se programme vir

DEUR ELZET BESTER

persoonlike ontwikkeling te volg. Die gilde gaan ook jaarliks ’n oorlewingskursus aanbied vir regstudente en klerke om hulle te bemagtig met inligting oor hofprosesse, dokumentasie, die moets en moenies in ’n hofomgewing en vele meer. Dit beloof om ’n onvergeetlike en waardevolle kursus vir alle regstudente en klerke te wees. Die Beroepsgilde vir Regslui het ook op sy webtuiste verskeie artikels en wette wat van toepassing is op die regslui en maklik bekombaar is. Tydens die bekendstelling van die gilde is die volgende aksies aangekondig: • ’n Aansoek wat teen die Regspraktisynsraad geloods is om die kennisgewing van 4 Maart 2019, wat Afrikaans as taal van eksaminering en assessering tydens prokureurtoelatingseksamens afskaf, tersyde te stel. • Die ontwikkeling van ’n alternatiewe geskilbeslegtingsliggaam om toegang tot die reg te vergemaklik en meer bekostigbaar te maak. • Die vestiging van ’n netwerk van akademici om in Afrikaans akademiese artikels verwant aan die regsberoep te skryf. 06 / 2019

32

www.solidariteit.co.za

• Die vestiging van ’n Netwerk van Werk vir regstudente wat aansoek doen om klerkskap, as deel van geleenthede vir klerkskap landwyd. “Die Solidariteit Beroepsgilde vir Regslui poog om ’n tuiste te wees vir regslui deur verdienstelike sake namens lede aan te veg, maar terselfdertyd selfstandige en volhoubare projekte aan te pak wat ons lede in die regsberoep dien en Afrikaans as ’n beroepstaal bevorder,” het Werner Human, woordvoerder van die Solidariteit Beroepsgilde vir Regslui, gesê. Tydens die bekendstelling van die regsgilde is Dawie Beyers aangewys as Sameroeper van die Adviesraad van die Solidariteit Beroepsgilde vir Regslui. Beyers het beklemtoon hoe belangrik dit is dat dié gilde ’n geloofwaardige en onafhanklike stem in die regsberoep sal wees. “Ons tuiste hier is skaamteloos en trots in Solidariteit, waar gildegenote gemaklik tuis kan wees en met die lede van ander gildes kan skakel om só onderlinge ondersteuning en verwysing van werk na bekwame persone te fasiliteer,” het hy bygevoeg.


GILDE STAAN INGENIEURS BY

I

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

ngenieurs pas die beginsels van wetenskap en wiskunde toe om ekonomiese oplossings vir tegniese probleme te ontwikkel. Hulle werk is die skakel tussen wetenskaplike ontdekkings en die kommersiële toepassings wat voldoen aan die samelewing en verbruiker se behoeftes. Dit is hierdie slimkoppe wat gereeld nuwe produkte ontwikkel wat jou lewe vergemaklik en wat jou ook geld kan spaar. Solidariteit wil terugploeg deur minder ervare ingenieurs die geleentheid te gun om by hul ervare vennote in die bedryf te leer en skouers te skuur met die meesters in die bedryf. As jy ’n jong ingenieur is, is dit die doel van die Beroepsgilde vir Ingenieurs om jou toe te rus met die soort kennis wat reg deur jou loopbaan vir jou van nut gaan wees. Die ingenieursberoep is ook een van die vinnigste groeiende en opwindendste loopbane en bied aan nuwe gegradueerdes baie potensiaal vir ’n bogemiddelde inkomste, werkbestendigheid en baie persoonlike bevrediging. Ontwerp jou eie toekoms en maak op Solidariteit staat om enige probleme in die proses saam met jou op te los! HOE KAN DIE BEROEPSGILDE VIR INGENIEURSWESE MY HELP? In ’n wêreld wat deurlopend besig is om te verander en te verbeter, lyk die toekoms van werk dalk onseker. Dié onsekerheid moet aangegryp en benut word, juis omdat dit nou die tyd is waarin die regte opleiding jou in ’n beter posisie gaan plaas vir die toekoms. Met die koms van die vierde industriële rewolusie gaan mense nie noodwendig slegs vervang word met rekenaars nie, maar die beste werknemers in hul onderskeie industrieë gaan kop en skouers uitstaan bo die res. Sorg daarom vandag al dat jy die beste is! Daar is vandag reeds ’n groot hoeveelheid behoeftes wat by werknemers in dié industrie bestaan. Dit is Solidariteit se doel om in hierdie verskillende behoeftes te voorsien. Tradisioneel gesproke is ons denkpatroon dat die vervulling van hierdie belangrike behoeftes die verantwoordelikheid van die werkgewer of die regering is. Dit is egter gevaarlik om jou eie toekoms in die

hande van ander te plaas. Wat as daar ’n nuwe soort organisasie is wat se doel nie is om ’n spesifieke produk te vervaardig nie, maar om te voorsien in die menslike behoeftes van hul lede wat op geen ander manier bevredig kan word nie? Die Solidariteit Beroepsgilde vir Ingenieurs dien as bestendige tuiste vir ingenieurs in die Suid-Afrikaanse bedryf, van hul studentedae af reg deur hul www.solidariteit.co.za

33

06 / 2019

loopbaan. Die Beroepsgilde vir Ingenieurs bied praktiese opleidingsdienste en moedig interaksie aan tussen mense in die industrie om gesamentlik jonger kollegas by te staan en ook ander toepaslike probleme in die industrie aan te pak en op te los. • Besoek die webtuiste https://gildes.solidariteit.co.za vir meer inligting.


Bedryfsnuus

Beroepsgesondheid en veiligheid

VEILIGHEID EN MODERNISERING VAN DIE MYNBEDRYF

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

E

lke werknemer verwag en verdien dat sy of haar werkplek veilig en vry is van gevare en dat sy of haar gesondheid en welstand beskerm word. Volgens die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 het die werkgewer ’n verpligting om, sover dit redelik uitvoerbaar is, ’n omgewing te skep en te onderhou wat veilig en vry is van risiko’s vir die werknemer se veiligheid, gesondheid en welstand. Aangesien sekere industrieë groter risiko’s en gevare inhou in die werkomgewing, soos die mynbedryf, moet daar strenger maatreëls en regulasies gestel word sodat die werknemer steeds in ’n veilige omgewing kan werk. Die Wet op Veiligheid en Gesondheid in Myne 29 van 1996 beskryf die verpligtings van die werkgewer om te verseker dat die werknemers, sover dit redelik uitvoerbaar is, in ’n veilige en gesonde omgewing werk. Dit is baie duidelik dat die maatreëls waaraan daar in die mynbedryf voldoen moet word, heelwat strenger is as dié in ander bedrywe, omdat die risiko’s asook die erns van die moontlike beserings wat kan lei tot die verlies van lewe, eksponensieel groter is. Ingevolge artikel 23 van die Wet op Veiligheid en Gesondheid in Myne het werknemers die reg om te weier om in gevaarlike of ongesonde werktoestande

DEUR JACQUES BENADE

te werk en hulle kan hierdie reg uitoefen deur die werkplek te verlaat. Daar moet wel omstandighede bestaan wat redelik regverdigbaar is vir werknemers om die werkplek in hierdie verband te verlaat. Verder moet daar prosedures bestaan vir werknemers om hierdie reg te kan uitoefen, en indien hulle dit wil uitoefen, mag daar nie teen hulle gediskrimineer word nie. Natuurlik sal dit konflik veroorsaak tussen die werkgewer en werknemer, en dit moet dus met groot omsigtigheid benader word. Die voorafgaande laat dan die vraag ontstaan of die tegnologie wat deesdae beskikbaar is om die lewe makliker te maak, nie ’n oplossing vir hierdie soort probleme kan bied nie. Die antwoord is dalk nie so eenvoudig nie. Daar is wel tans goeie vooruitsigte en planne om die mynbedryf in Suid-Afrika te moderniseer en nuwe tegnologie te implementeer wat sal behels dat areas waar die grootste risiko’s bestaan, eerder deur masjiene bewerk word terwyl werknemers dié masjiene vanuit ’n veilige area beheer. Werknemers sal byvoorbeeld nie meer self boor nie, maar sal die boor vanaf ’n veilige afstand beheer. Dit sal die risiko’s van rotsstortings op werknemers uitskakel en sal gevalle van gehoorverlies as gevolg van die daaglikse blootstelling aan die harde geluide ondergronds, asook verskeie gesondheidskwessies as gevolg van die inaseming van 06 / 2019

34

www.solidariteit.co.za

gevaarlike stowwe en gasse, verminder of uitskakel. ’n Verdere voordeel van die modernisering van myne is dat die areas wat voorheen nie toeganklik was nie omdat die risiko te hoog was, nou bereik kan word aangesien die menslike aspek ondergronds verwyder word. Dit skep werk omdat die myn vir ’n langer tydperk aktief kan bly deur dieper te myn. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die modernisering van myne ook nadele kan hê. Die toerusting gaan steeds onderhou moet word en dit sal interaksie tussen mens en masjinerie verg. In hedendaagse mynbou is dié interaksie een van die grootste oorsake van ernstige beserings en die verlies van lewe. Suid-Afrika se mynbedryf het ’n enorme aandeel in die land se ekonomie. Volgens die Minerale Raad het die mynbedryf R351 miljard bygedra tot die land se bruto binnelandse produk in 2018 en 453 543 mense in diens geneem. Nodeloos om te sê, is die mynbedryf noodsaaklik in Suid-Afrika en is dit dus net so belangrik om die omstandighede waaronder dit bedryf word so doeltreffend en veilig as moontlik te maak. Alle myne, organisasies en komitees wat by mynbou betrokke is, poog om die doelwit van “Zero-harm” te bereik. Hierdie wetgewing asook die modernisering van myne help die industrie om vorentoe te beweeg.



in Beweging

RICUS NEL EN SNOTKOP VERMAAK DIE SKARE MET HUL TREFFER “BOEREPOMPIE”.

ROOM VAN AFRIKAANSE MUSIEK BEKROON DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

FOTO’S: REINT DYKEMA

D

ie heel eerste Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings was ’n wêreldklas vertoning waar die room van Afrikaanse kunstenaars opgetree het en vereer is. Dié splinternuwe Afrikaanse musiektoekenningsgeleentheid het op 16 Oktober by die Moreleta-ouditorium in Pretoria plaasgevind en is deur 4 576 mense bygewoon. Dit is, na wat vermoed word, die meeste mense wat nog ooit ’n Afrikaanse musiektoekenningsgeleentheid bygewoon het. Tydens hierdie spoggeleentheid is uitsonderlike kunstenaars, lirieke, skrywers en produksies met dié nasionale toekenning vereer. Nadat kunstenaars vir die toekennings ingeskryf het, is aanhangers ’n tydperk gegee om vir hul gunsteling in die verskillende kategorieë te stem. ‘n Beoordelaarspaneel was ook deel van die beoordelingsproses. Die toekenningsgeleentheid het sy

ontstaan te danke aan die radiostasie Pretoria FM. “Afrikaanse musiek sal altyd deel van ons bestaan en menswees bly,” sê Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van Pretoria FM. “Daarom bied Pretoria FM die Aitsa-toekennings aan om erkenning te gee aan elkeen wat Afrikaanse Suid-Afrikaners op hierdie wyse met gehaltemusiek vermaak.” Die toekenningsgeleentheid is aangebied in die formaat van ‘n musiekproduksie. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Elandré, Nadine, Elvis Blue en Dewald Wasserfall het opgetree tydens dié wêreldklas musiekproduksie, wat vervaardig is deur Rex van Deventer en ‘n allemintige produksiespan van 140 lede. Die Solidariteit Beroepsgilde vir die Kunste het tydens dié spoggeleentheid eretoekennings aan die volgende kunstenaars gegee: • Baanbrekers in die rolprentbedryf: Ivan Botha en Donnalee Roberts 06 / 2019

36

www.solidariteit.co.za

• Bydrae tot die Afrikaanse letterkunde: Deon Meyer • Prestasie op kultuurgebied: Rustenburg Hoërskool, vir hul vertolking van Queen se “Bohemian Rhapsody.” Die video van dié vertolking is meer as 1,7 miljoen keer op Facebook gekyk en meer as 48 000 keer gedeel. Vir die eerste keer ooit is ‘n toekenning gemaak vir die beste Afrikaanse musiek in ‘n Afrikaanse televisieprogram of -reeks. Dié toekenning het gegaan aan Jo Black saam met Freesolo Creative vir “Kom ons gaan groot” (van Die Groot Ontbyt). Black het ook die toekenning vir die beste kontemporêre album van die jaar ingepalm. Sonja Herholdt en Kosie van Niekerk is vereer vir hul lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek. Volgens Koortzen is Afrikaans die taal waarmee ons ons gedagtes op die mooiste denkbare wyse kan weergee. “Die klank van Afrikaans val altyd sag op die oor en saam met die regte note sorg dit vir meer as vermaak; dit streel die gemoed, laat ’n traan oor die wang rol en sit soms daardie broodnodige huppel in die stap!”


DONNALEE ROBERTS EN IVAN BOTHA.

JO BLACK

D

STEVE HOFMEYR EN RUHAN DU TOIT.

DEMI LEE MOORE

ANDER KUNSTENAARS WAT GEWEN HET • Beste album van die jaar asook beste pop-album van die jaar: Mis Eet Slaap Herhaal – Demi Lee Moore. • Kunstenaar van die jaar asook beste alternatiewe of rockalbum van die jaar: Spoegwolf met Koma. • Gewildste liedjie van die jaar: “Die Land” – Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit; geskryf deur Johan Oberholzer. • Beste Afrikaanse lirieke van die jaar: Juan Boucher

Unieke trofee

• Nuweling van die jaar: Douvoordag • Beste Afrikaanse musiekvideo: “Vuur op die water” deur Elandré, vervaardig deur Christian Wolf • Liedjieskrywer van die jaar: Elandré • Beste Afrikaanse humoristiese album: Sorina Erasmus (die Flooze) • Beste Boeremusiek-album: Die Ventertjies • Beste Afrikaanse hip hop-album: Early B se album Aangename kennis • Beste instrumentale album: Rocco de Villiers

ie unieke Aitsatrofee, ontwerp deur die bekende beeldhouer Francois Visser, is ’n uitbeelding van twee klankgolwe. Die een klankgolf beeld die pols van musiek uit, terwyl die teenstellende klankgolf die kunstenaars se uitsonderlike prestasies in die onderskeie kategorieë in Afrikaanse musiek vereer. ’n Klankgolf of pols beweeg teen ongeveer 340 m per sekonde deur lug. Die omvang daarvan verminder soos die klankgolf verder van die weerklinkende voorwerp wegbeweeg. In die geval van die trofee weergalm die verbeelde klankgolwe vanuit ’n “blaasbalk” of konsertinavormige voorwerp. Hierdie voorwerp word deur die drie punte van die boonste vlak van die seshoekige basis van die trofee uitgebeeld. Die drie punte smelt weer saam in een punt. Die drie punte is ’n verwysing na Pretoria FM wat oorsprong gegee het aan die musiektoekennings se leuse: Hoop, glo en lééf in Afrikaans. Die bronsgegote spogtrofee is op ’n silindriese basis van mingerhout gemonteer. Mingerhout, wat in Engels “matumi” heet, is tans ’n beskermde boomspesie in Suid-Afrika en mag slegs geoes en verwerk word wanneer die boom van nature omval. Die houtbasis simboliseer só die Afrikaanse taal wat ook gekoester en beskerm moet word. Die Aitsa-trofee versinnebeeld Afrikaans, haar regmatige plek, haar onskatbare waarde en haar toekoms in die musiekbedryf.

Asemrowend • Indrukwekkend • Toonaangewend • Skitterend • Afrikaans www.solidariteit.co.za

37

06 / 2019


in Beweging

DIE SIELKUNDE VAN

W FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

onder jy soms waarom jy op ’n sekere manier met jou geld werk? Is daar ’n rede waarom sommige mense byvoorbeeld elke maand wil sien dat hul bankrekeningsaldo groei, terwyl ander glo dat geld bedoel is om uit te gee? Jy dink dalk dat jy jou finansiële gewoontes by jou ouers geleer het, maar navorsing bewys dat mense se bestedingsgewoontes nie net deur kondisionering en lesse oor finansiële bestuur bepaal word nie. Daar is in werklikheid “spandeerders” en “spaarders” in dieselfde gesin. LEER JOU BREIN OM TE SPAAR Dit is moontlik om doeltreffende spaarmetodes aan te leer. Die sleutel is om klein te begin deur realistiese spaardoelwitte te stel. Jy kan byvoorbeeld elke maand vir drie maande lank R200 spaar om ’n noodfonds mee te begin. Wanneer jy hierdie klein, maar realistiese doelwit bereik het, sal jy die vrymoedigheid en selfvertroue hê om maandeliks nog meer te spaar sodat

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

jy aan die einde van die jaar jou groter spaardoelwit sal bereik. KIES JOU SPAARPLAN SLIM ’n Suksesvolle spaarplan vereis dat jy die koste verbonde aan die plan van jou keuse verstaan. Hierdie koste is dikwels nie duidelik nie. Maak dus seker by jou bank of makelaar dat jy die beste opsie vir die regte doelwit kies. STEL DOELWITTE EN PAS JOU LEEFWYSE DAARBY AAN Sodra jy aan jouself bewys het dat jy kan spaar en die regte spaaropsie gekies het, is dit tyd om spaardoelwitte vir die kort, medium en lang termyn te stel. Moenie net vir ’n noodfonds spaar nie, maar identifiseer ’n aantal doelwitte en stel duidelike tydsraamwerke om dit te bereik. Dié doelwitte kan byvoorbeeld wees ’n vakansie aan die einde van die jaar of ’n deposito vir ’n huis of ’n kar ná drie jaar. Volg dan ’n leefwyse wat jou sal help om hierdie doelwitte te bereik. As jy iemand is wat impulsief geld bestee, volg hierdie wenke om dié gewoonte af te leer: • Moenie met ’n kredietkaart koop nie. Deur slegs kontant te gebruik, dwing

spaar jy jouself om te besin oor hoeveel jy bestee. • Gaan trek self geld by die kitsbank sodat jy kan sien hoeveel geld daar nog in jou bankrekening is. • Betaal dadelik vir jou inkopies en moenie op rekening koop nie. Dis nie ’n goeie gewoonte om geld uit te gee wat jy nog moet verdien nie. • Beplan vir die toekoms, al is dit nie maklik nie! • Beloon jouself wanneer jy ’n bepaalde spaardoelwit bereik het, maar slegs deur ’n verantwoordelike persentasie van jou spaargeld te bestee. Begin vandag nog om te spaar deur ’n gepaste spaarrekening oop te maak en geld outomaties maandeliks daarin te deponeer (byvoorbeeld met ’n aftrekorder van jou salaris). Dit sal verhinder dat jy geld bestee voor jy dit kon spaar en is veral nodig vir mense wat sukkel om te spaar. Moenie moedeloos word as jy nie dadelik sukses behaal nie. Erken dat jy sukkel om te spaar en fokus daarop om ’n oplossing te vind, sodat jy beter finansiële vooruitsigte kan hê!

Kontak Spaar vandag nog by tel: 010 040 7634, stuur ’n WhatsApp na tel: 068 007 9608, of stuur ’n e-pos na info@spaar.co.za. Besoek gerus ook die webtuiste www.spaar.co.za 06 / 2019

38

www.solidariteit.co.za


Voorgeskrewe bates

HOE RAAK DIT MY PENSIOEN?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

V

olgens kenners het Suid-Afrika meer pensioenbates as enige ander opkomende ekonomie. Met meer as R4 000 miljard in Suid-Afrika se pensioenfondse is dit voorwaar ’n groot pot goud wat die regering met sy nuwe voorgestelde beleid oor voorgeskrewe bates tot voordeel van die staat wil ontsluit. Die voorstel in die ANC se verkiesingsmanifes vroeër vanjaar dat ’n beleid van voorgeskrewe bates ondersoek moet word, kan beteken dat dit regeringsbeleid word om pensioenfondsgeld te belê waar die regering wil hê jy moet en nie waar jy die hoogste opbrengs kan kry nie. Die term “voorgeskrewe bates” beteken die regering dwing die spaarbedryf om staatsvoorraad en effekte uitgereik deur staatsbeheerde ondernemings namens beleggers, soos aftreefondse, te koop. Die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa) het in samewerking met verskeie relevante partye, insluitend regeringsministers wat met die ontwikkeling van infrastruktuur gemoeid is, Business Unity South Africa (Busa), die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) en die CEO Initiative, ’n uitgebreide ondersoek geloods na die potensiële impak van voorgeskrewe bates. Volgens Leon Campher, uitvoerende hoof van Asisa, is die vereniging en sy lede gekant teen voorgeskrewe bates en glo hulle dat daar nie ’n dreigende gevaar is dat dit wel gaan plaasvind nie. Asisa verteenwoordig batebestuurders en versekeraars in die spaar- en beleggingsbedryf, onder meer groot pensioenfondsbestuurders soos Alexander Forbes, Liberty, Old Mutual en Momentum. Asisa-lede het reeds meer as R1,3 biljoen aangewend ter ondersteuning van die regering, plaaslike owerhede en maatskappye in staatsbesit. HOE WORD VOORGESKREWE BATES TANS TOEGEPAS? Suid-Afrikaanse pensioenfondse is reeds onderhewig aan ’n mate van voorskrif

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

deurdat regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse perke aan aftreefondse stel ten opsigte van die kategorieë waarin hulle bates mag belê. Die belangrikste perke is soos volg: • Nie meer as 75% van totale fondse mag in aandele belê word nie. • Nie meer as 25% mag in genoteerde eiendom wees nie. • Nie meer as 30% mag in buitelandse bates wees nie. • Nie meer as 10% mag in verskansingsfondse belê word nie. WAAROM DIE TEENKANTING TEEN VOORGESKREWE BATES? Waarom is Solidariteit Finansiële Dienste en sy batebestuurder, Asisa, gekant teen voorgeskrewe bates? • Dit sal die spaar- en beleggingsbedryf dwing om die spaargeld van gewone Suid-Afrikaners te belê in ondernemings wat die afgelope tyd deur staatskaping en ‘n gebrek aan prestasie gekenmerk is. As bewaarders van mense se geld, moet die bedryf dit teenstaan. • Die grootste deel van die bates wat geraak sal word, word besit deur pensioenfondslede soos staatsamptenare, wat ongeveer die helfte van hierdie bates in die GEPF (die pensioenfonds van staatsamptenare) hou. As die eienaars van hierdie bates, kies en stel hulle trustees aan om batetoewysingsbesluite te neem wat in hul beste belang is. Batebestuurders is nie bate-eienaars nie en deur beleggingsvoorskrifte aan hulle op te dwing, kom hulle fidusiêre plig in gedrang. • Dit belemmer die kapitaalverdelingsfunksie van die kapitaalmarkte, wat altyd objektief moet wees en deur prestasie gedryf moet word. Batevoorskrifte dwing die mark om in projekte met ‘n lae opbrengs en/ of ’n hoë risiko te belê, wat twee direkte gevolge kan hê: • Die aansporing vir hierdie projekte om te presteer, sal wegval omdat dit gewaarborgde finansiering ongeag ’n lae opbrengs sal hê. www.solidariteit.co.za

39

06 / 2019

• Verdienstelike projekte sal ontneem word van finansiering, wat hul groei en potensiële bydrae tot die ekonomie sal kortwiek. • Dit sal ’n negatiewe invloed op die land se kredietgradering hê. As Suid-Afrika sy beleggingsgraad verloor, sal buitelandse beleggers, waarvan baie pensioenfondse is, gedwing word om hul geld uit Suid-Afrika te onttrek. Dit is iets wat die land nie kan bekostig nie. HOE LYK JOU OPSIES VORENTOE? Die plan vir voorgeskrewe bates is slegs voorgestel en nog nie geformaliseer nie. Dit sal egter nie ’n wetswysiging behels wat deur die parlement goedgekeur moet word nie, maar bloot die promulgering van ’n regulasie onder die bestaande pensioenfondswetgewing en kan dus vroeër ’n realiteit word as verwag. Beleggers behoort ’n behoorlike begrip te kry van die implikasies wat voorgeskrewe bates vir hul pensioenfondse kan inhou. Kontak jou finansiële adviseur en vind uit hoe om jou pensioen teen ‘n lae opbrengs te beskerm. Dit kan byvoorbeeld gedoen word deur jou portefeulje te diversifiseer, in die buiteland te belê en ander opsies.


in Beweging

FREEK ROBINSON

DIE GONSFEES HET KOMMUNIKASIEPRAKTISYNS MET WAARDEVOLLE INLIGTING EN KENNIS TOEGERUS.

BARNARD BEUKMAN

Gonsfees FEES VIR KOMMUNIKASIEPRAKTISYNS

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE

V

erbeel jou die volgende situasie: ‘n Vertrek vol gemotiveerde werknemers in dieselfde soort beroep as jy, vyf wonderlike sprekers met wêreldklaskennis om te deel, ’n geleentheid om nuwe mense te ontmoet en idees uit te ruil en wenke om jou daaglikse take makliker te maak. Klink dit nie na ’n ideale geleentheid nie? Dit is presies wat vanjaar se Gonsfees was! Solidariteit het ’n Netwerk van Werk begin waarmee mense in verskillende beroepe en gildes ingedeel word. Die Gonsfees, aangebied deur S-leer, het gefokus op kommunikasiepraktisyns. S-leer en die Solidariteit Beroepsgildes werk saam om mense in die werkplek by te staan. Die Solidariteit Beroepsgildes groepeer mense saam in gildes, gee wenke en help hulle met beskerming in die werkplek. S-leer is op sy beurt verantwoordelik vir lede se opleiding en verdere voortgesette leer in hul spesifieke veld van kennis. Die Gonsfees het die gaste meer geleer oor die kommunikasiebedryf, met die fokus op die vierde industriële rewolusie en alles wat daarmee gepaard gaan. Verskeie

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

sprekers soos Barnard Beukman, Freek Robinson, Anni Coetzee, Nico Louw en Mynhardt van Pletsen het opgetree en die kommunikasiepraktisyns met hul kennis geïnspireer. Verskeie onderwerpe is onder die loep geneem. JOERNALISTIEK: Die dagblad Beeld se redakteur, Barnard Beukman, het gesels oor joernalistiek, vandag se nuus en die omstandighede waarin dit plaasvind. Hy het vertel hoe nuusgebeure vandag verskil van jare gelede en wat dit verg om ’n suksesvolle joernalis in hierdie wêreld te wees. LUISTER AS DEEL VAN KOMMUNIKASIE: Die motiveringspreker Anni Coetzee het gepraat oor die rol van luister in die lewe van ’n kreatiewe persoon. Sy het verduidelik om kreatief te wees, beteken om werklik anders as die res te wees. Die kreatiwiteit van die kommunikasiepraktisyns is behoorlik in dié sessie wakker gemaak, en Anni het elkeen aangemoedig om dit in hulle alledaagse werkomgewing te bevorder. DIE INVLOED VAN TEGNOLOGIE OP DIE NUUSBEDRYF: Die bekende Freek Robinson, hoofanker van eNuus, het gesels oor “toeka tot nou” in die nuusbedryf. Hy het gepraat oor hoe 06 / 2019

40

www.solidariteit.co.za

tegnologie die nuusbedryf deur die jare beïnvloed het, en hoe nuuslesers by die nuwe tendense moet aanpas. BEMARKING IN ‘N DIGITALE OMGEWING: Nico Louw is die verkoopsbestuurder by Meltwater Suid-Afrika, en sy sessie het gehandel oor bemarking in ons nuwe digitale realiteit. Dit is belangrik dat kommunikasiepraktisyns gedurend op hoogte bly van die nuutste tegnologiese tendense en digitale veranderings om die hart van bemarking te behou. DIE KRAG VAN ‘N GOEIE STORIE: Kommunikasie-argitek en stigter van KRAFT Insights, Mynhardt van Pletsen, het met die praktisyns gesels oor die ongelooflike krag van ’n goeie storie. Dié sprekers het dit beslis ’n dag gemaak wat die praktisyns nog lank aan die gons gaan hou. As jy ‘n kommunikasiepraktisyn is wat nie vanjaar se Gonsfees kon bywoon nie, maak solank ‘n nota om dit volgende jaar by te woon. • Om meer oor Solidariteit se beroepsgildes uit te vind, besoek https://gildes.solidariteit.co.za. Vir S-Leer se opleidingsgeleenthede, besoek www.s-leer.co.za.



MY

RIGHTS Talk to one of our legal advisors – call 0861 25 24 23 or send an e-mail with your questions to diens@solidariteit.co.za

Is consultation a must before

CHANGING POLICIES?

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

A

n employer had a policy in place stipulating that employees who retired, whether normal or early retirement, qualified for transport costs to their retirement address, provided that three quotations were submitted. The policy was however changed before the employees retired, to the effect that the employer would no longer contribute to any transport costs. Meetings were held and the policy change was communicated to the affected employees. The question arose whether the employer was obliged to consult with the employees before it decided to change the policy. In terms of legislation, there is no obligation on an employer to hold intensive consultation with trade unions and/ or employees regarding the changing of policies. If employees can however prove that a policy is part of the terms and conditions of their service contract and that the change will influence their remuneration and/or benefits, the employer is obliged to hold formal discussions and to consider alternative suggestions from employees. Policies are drawn up at the discretion of the employer to maintain standards and uniformity in the workplace. Employers may review policies from time to time

BY NICOLETTE RAS

in order to ensure alignment with legal requirements. They need not formally discuss any changes to policies with employees. Policies should however be accessible to employees and once the employer has communicated the changes, it is the duty of the employees to familiarise themselves with the new policies. In the case described earlier, a right would have been established once retirement occurred. Before retirement, there would have existed no right for an employee to claim this “benefit”. If the policy change was already implemented before an employee retired, no right was established, and the “benefit” could not be claimed. If the policy was changed after an employee retired and the employer then refused to pay the transport costs, it would have been unfair because the right to the benefit had already been established. However, this would apply only if there was no collective agreement or constitution which required the employer to consult with employees and/or trade unions about the change in policy. In conclusion, I refer to the matter of Staff Association for the Motor and Related Industries (SAMRI) v Toyota of SA Motors (PTY) LTD - Revelas J inter alia, where the following was determined: “Any variation to an employee’s salary, irrespective of whether it is increased 06 / 2019

42

www.solidariteit.co.za

or decreased, amounts to a change in the basic conditions of employment and cannot be affected unilaterally. The use of a motor vehicle by an employee granted by an employer is in my view a quid pro quo for the work rendered and is a form of remuneration. It is in fact part of the employee’s salary albeit on a somewhat different basis. One can imagine that the motor vehicle benefit scheme by the Respondent was and still is a serious consideration for several prospective employees when deciding whether or not to take up employment through the Respondent Company. Any changes to this benefit have the result that the employee’s salary or remuneration package is potentially or in fact affected and therefore constitutes a change to the employee’s terms and conditions of employment.” If it can thus be proved that a policy does not form part of any service contract, and if there is no collective agreement or constitution that regulates the changing of policies, the employer may make changes to policies in the workplace at its discretion and it would be regarded as fair. The sole duty of the employer is to communicate these changes and to ensure that the employees have adequate access to all policies. It is the duty of employees to familiarise themselves with the employer’s policies.


www.solidariteit.co.za

43

06 / 2019


in Beweging

VERBETER DANKSY AFRIFORUM-DRUK DEUR CARINA BESTER

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

A

friForum het vanjaar as deel van die organisasie se jaarlikse blou-engroendruppelprojek die water (bloudruppelgehalte) in 206 dorpe en die riool (groendruppelgehalte) by 124 rioolsuiweringsaanlegte getoets. Die resultate toon dat sommige munisipaliteite steeds artikel 24 van die Grondwet – wat ’n gesonde omgewing vir Suid-Afrikaners verseker – verontagsaam. Dit is ’n bewys van die regering en munisipale amptenare se swak dienslewering, veral wat die instandhouding van rioolaanlegte betref. Luidens die verslag voldoen vier dorpe (Brits, Delareyville, Sannieshof en Stella) se drinkwater en 65 rioolstelsels nie aan die nasionale standaarde nie. Nadat AfriForum hierdie vier dorpe se munisipaliteite daarvan in kennis gestel het, is opvolgwatertoetse gedoen wat bevind het dat die water weer geskik is vir menslike gebruik. Die betrokke dorpe se gemeenskappe is by die toetse betrek en lede van die gemeenskap is opgelei om die toetse te kan uitvoer. AfriForum het ook die nodige toerusting om die toetse te doen aan elke AfriForum-tak verskaf. “Gemeenskappe moet hul reg op toegang tot skoon, lopende water uitoefen en moet die onderskeie munisipaliteite tot verantwoording roep deur die gehalte van drink- en rioolwater gereeld te moniteer. “Die blou-en-groendruppeluitslae is kommerwekkend, veral ten opsigte van swak rioolbestuur, en dui op die verdere verval van Suid-Afrika se infrastruktuur. ’n Tekort aan bekwame personeel om dié infrastruktuur te bestuur en die

gebrekkige instandhouding van aanlegte is ook kommerwekkend,” het Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder van omgewingsake, gesê.

Rioolramp

Altesaam 65 van die 124 rioolsuiweringsaanlegte wat in 2019 getoets is, voldoen nie aan die gestelde standaarde nie en daar is steeds ’n probleem met die bestuur van rioolsuiweringsaanlegte. “Dit is ’n groot bron van kommer dat soveel aanlegte rioolvuil in ons riviere stort. Dit gaan noodsaaklik wees vir die toekoms dat kundiges vrywillig betrokke raak en self die infrastruktuurkwessies oplos om waterbesoedeling hok te slaan. “Die regering is nie ernstig oor die gesondheid van Suid-Afrikaners nie. Dit blyk duidelik uit die feit dat die departement van water en sanitasie bankrot is en ’n parlementêre ondersoek oor wanbestuur in die gesig staar. Die laaste amptelike blou-en-groendruppelverslag is in 2014 gepubliseer. “Die ANC-regering probeer sy onbevoegdheid wegsteek deur inligting van die publiek en selfs die parlement te weerhou, terwyl gewone mense daagliks onder dié waterkrisis gebuk gaan. Ons kan nie langer op die staat vertrou om veilige water te verskaf nie en daarom toets ons self die watergehalte,” het De Klerk gesê. 06 / 2019

44

www.solidariteit.co.za

*52%

rioolsuiweringsaanlegte voldoen nie aan die gestelde standaarde nie.

Het jy geweet? Die aantal slaggate wat die Vanderbijlpark-tak in Oktober vanjaar herstel het teen ‘n koste van sowat R90 000. Altesaam 35 ton teer is aangekoop. Een van die slaggate was ongeveer 2 m by 0,8 m groot!

8 dorpe

Die aantal dorpe wat as deel van AfriForum se #Ankerdorppadskou besoek is. Tydens dié veldtog is gras gesny, vullis verwyder, padtekens geverf, veiligheidsoudits by skole gedoen, ouetehuise opgeknap en verskeie uitreikaksies van stapel gestuur.



in Beweging

DEUR MONICA MYNHARDT

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

A

friForum het vanjaar 2 530 bome landwyd geplant as deel van sy boomplantmaandprojek. Ter afsluiting van dié projek het AfriForum, tesame met Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand, 500 bome in Orania geplant. Suid-Afrika vier jaarliks boomplantweek gedurende die eerste week van September. Daar word ’n beroep gedoen op alle Suid-Afrikaanse burgers om deel te neem aan die projek om sodoende te belê in die omgewing en die toekoms. Dit is immers presies wat die plant van ’n boom simboliseer – ’n belegging in die toekoms. Bome word geplant met die vooruitsigte en geloof dat daar ’n toekomstige generasie sal wees om die vrug en skadu daarvan te geniet. Bome is simbolies van lewe en is daarom ’n belegging in toekomstige lewe, welvaart en groei. Die belegging in hoop en lewe wat spruit uit die boomplantprojek is tweeledig in Orania – letterlik en simbolies. Enigeen wat al in Orania was, of selfs net in die Noord-Kaap, sal weet dat die aarde daar nie maklik is om te tem nie. Kilometers plat, grys, warm aarde is die daaglikse werklikheid van die mense wat daar woon. Hoewel die skoonheid en vreedsaamheid daarvan onmiskenbaar is, maak dit die uitdagings wat dit bied, ongelukkig nie makliker nie. Dit is byna onmoontlik om

’n beskawing daar te vestig sonder om in bome te belê. Alvorens ’n produktiewe gemeenskap kan ontstaan, moet daar eers ’n letterlike oase geplant word. Die 500 bome wat AfriForum daardie naweek in Orania geplant het, en die bykomende 500 wat daarna deur die dorp self geplant is, is ’n belegging in die oase wat Orania is. Dit dra by tot die herbevestiging van geloof in die lewe wat daar floreer te midde van skynbare hopeloosheid in omliggende dorpe. Die simboliese belegging is een in die toekoms van Orania. Hoewel Orania ’n klein plattelandse dorpie is, word dit tans gekenmerk deur ongeëwenaarde groei. Met ’n jaarlikse bevolkingsgroei van meer as 10% en meer as 20 bouprojekte tans aan die gang in die dorp, lyk die vooruitsigte van Orania allermins hopeloos. AfriForum se belegging in Orania se toekoms is ’n eggo van die gemeenskap se geloof in die toekoms. Dié goed onderhoude dorpie funksioneer met ’n groot mate van onafhanklikheid van die staat. Die boomplantnaweek in Orania spreek van toekomstige hoop wat sy oorsprong het in teenswoordige dade. Elke boom wat geplant is, is ’n lewenskragtige belegging in vooruitgang en lewe. Te midde van die dorre landskap van hopeloosheid waarmee ons dikwels in Suid-Afrika gekonfronteer word, is dié oase in die woestyn ’n verkwikking vir die siel.

“ Hoe langer jy vir die toekoms sit en wag, hoe korter word dit.


AFRIFORUM SE STREEKBERAAD IN CENTURION WAT DEUR DIÉ ORGANISASIE SE TAKSTRUKTURE BYGEWOON IS.

Streekberade

KRAG IN LEDE & STRUKTURE

FOTO: VERSKAF

A

friForum het die afgelope maande streekberade in Pretoria, Bloemfontein en die Wes-Kaap gehou wat deur die organisasie se takstrukture bygewoon is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n kragtige boodskap vir beraadgangers gehad. “Julle is AfriForum se hande en voete. Ons krag is in ons lede en strukture. Sonder julle kan ons net soveel planne by hoofkantoor maak soos ons wil sonder om suksesvol te wees.” Hy het gewys op AfriForum se ledetal wat die 233 000-kerf verbygesteek het asook die organisasie se meer as 140 buurtwagte en 9 500 vrywilligers. Kriel het gesê geen organisasie is perfek nie en daarom het AfriForum onlangs sy personeelstruktuur aangepas om meer vaartbelyn te wees. “Twee elemente is nodig vir sukses. Die eerste is ’n baie goeie plan en die tweede die vermoë om dit uit te voer. Ons het ’n plan vir die toekoms – ’n veg-en-bouplan. Ons veg teen onreg en agteruitgang en ons pak dinge self aan en bou.” Hy het die agteruitgang van Afrikaans op universiteit as voorbeeld genoem en gesê die Solidariteit Beweging bou voort deur die oprigting en uitbou van Akademia, ’n privaat Afrikaanse hoëronderwysinstelling. Barend Uys, hoof van navorsing en ontwikkeling, het meer lig op AfriForum

DEUR ALET RADEMEYER

se konsentrasiestrategie en ankerdorpplanne vir die toekoms gewerp. “As toekomsgerigte organisasie moet ons weet waar ons lede in die toekoms gaan wees. Ons kan nie die demografiese werklikhede in die land ignoreer nie.” Volgens Uys toon navorsing dat daar 29 plekke in die land is waar natuurlike konsentrasie van Afrikaners plaasvind. Teen 2030 sal 53% van Afrikaners in slegs 10 munisipale gebiede bly. ’n Verdere 14% sal in 19 munisipale gebiede woon. Uys het gesê belangrike werk lê voor om Afrikaanse gemeenskaps- en breër dorpsforums te skep. Die betrokkenheid van gemeenskappe en belangegroepe wat bymekaar kom om planne te maak, is van kardinale belang. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid, het gepraat oor die noodsaaklikheid dat gemeenskappe hulself beveilig. “Veerkragtige gemeenskappe is nodig wat toegerus is om teen geweld op te tree. Ons moet weerbaar wees, kennis van bedreigings hê en waar ons van eksterne kundigheid gebruik kan maak om onsself te beskerm.” Alana Bailey, hoof van kultuursake, het ’n pleidooi gelewer dat ouers hul kinders vir ’n toekoms in die land moet voorberei en nie vir emigrasie nie. Sy het verwys na die talle veldtogte wat AfriForum vir kinders en die jeug aanbied, soos die teenboelieveldtog, debatskompetisie en Besigheidsbytjies wat selftrots, selfontwikkeling en entrepreneurskap bevorder. www.solidariteit.co.za

47

06 / 2019

2 000 ondernemings op AfriForum Netwerk

D

ie aantal ondernemings wat op die AfriForum Netwerk geregistreer is, het sedert Maart vanjaar byna verdubbel. Die AfriForum Netwerk (voorheen bekend as Afrikaans-Vriendelik) is ’n aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans dienste lewer en dit word deurlopend uitgebou. Dié ondernemings strek van klein koeksisterbakkerye en organiese velsorgreekse tot gevestigde regsfirmas. Daar is tans sowat 2 000 geregistreerde sakeondernemings op dié gids geregistreer. Dié databasis is maar een van vyf inisiatiewe van AfriVriendelik. Ander inisiatiewe sluit onder meer ‘n aanlyn kletskamer vir AfriForum-lede en entrepreneurs, die jaarlikse Tinteltong Toekennings, ‘n entrepreneurskompetisie asook opleidingsessies vir entrepreneurs en besigheidseienaars in wat op hoogte wil bly met die nuutste tendense op die entrepreneursfront.


in Beweging

Jy het altyd drie opsies: Gee in, gee op of gee alles!

HOENDERVELLE

D

it is amper Kersfees, en Kerstyd vir Suid-Afrika se middelklasgesinne is propvol vreugde. Die tafels is gedek met skaapboud, slaaie, die beste silwer eetgerei en kerse. Onder die Kersboom is daar vir elke kind minstens twee geskenke. In ons huis speel die CD-speler en die kinders baljaar buite saam onder die groot boom terwyl ek en my man nagereg voorberei. Daar is ’n gevoel van hoop en liefde in die lug en die huis is vol van God se genade. Ek sit graag Laurika Rauch se lied “Kyk hoe glinster die maan” op en heimwee na my pa en Kerstyd by Jeffreysbaai vul dan my gedagtes as ek luister na die woorde: In ’n brief van later jare, skryf ek: “Liewe Kersfeesvader Elke meisie het ’n spesiale wens Vir ’n man so soet soos suiker, met ’n motor sonder duike En soen hy jou dink jy dis net ’n droom.”

Volgens Helpende Hand se navorsing bevat ’n middelklasgesin in Suid-Afrika se kosmandjie per maand sowat R1 000 se kos terwyl behoeftige gesinne se kosmandjies slegs R250 se kos bevat wat ten minste ’n gesin van vyf moet voed. Daar is geen geld vir vleis wat so nodig is nie, dus het Helpende Hand twee jaar gelede #HelpJag geskep om hierdie nood te help verlig. Die #HelpJag-projek het sedertdien 39 ton vleis ingesamel en versterk die #Stophonger-veldtog wat daagliks kosblikke aan kleuters by skole voorsien. Desondanks het talle kleuters wat ná die somervakansie terugkeer skool toe minstens 8% van hul liggaamsmassa verloor gedurende die feestyd. Die blonde meisiekind wat skaars vier jaar oud is, se blou ogies sal dus ná hierdie Kersfees dieper in haar oogkaste sit en haar haartjies sal bros en droog wees. Ons bid, ons bid baie en ons werk; ons vertel vir die land hierdie kinders se stories en ons maak planne om hulle te help. Verligting van armoede begin steeds by die gemeenskap, by jou en my. Wat gaan jy hierdie Kersfees opdis vir jou gesin? Wat gaan jy opdis vir die mense wat nie so bevoorreg is soos jy nie? • Rene Roux is adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand.

IN

G

D

L

ND

SO LI

Elke jaar sien ons uit na Kersfees, want ons eet tot ons lam is en geniet dan ’n middagslapie. Daarna eet ons vir ’n week nog kouevleistoebroodjies. Ek is dankbaar. Ons is dankbaar. My kind leer om hard te werk sodat sy ook eendag Kersfees kan hou soos ons al vir jare doen. EL My hart pyn in my borskas as EIT H PENDE RIT HA DA ek dink aan die blonde krulkopdogtertjie net buite Pretoria wat so baie soos my kind lyk. Ek sien haar groot blou oë wat diep in myne kyk toe ek haar vra wat sy vir Kersfees gaan eet en sy antwoord: “Tannie, ek sien uit na die hoendervelle wat pappa elke jaar vir ons maak”. Daar daal ’n skuldgevoel op my neer wat moeilik is om te beskryf. Ons kan nie almal help nie, maar hoe kan ek gaan slaap met die wete dat dié kind vir haar Kersfeesmaaltyd net hoendervelle gaan eet? EE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

haar Kersmaal

DEUR RENÉ ROUX

VA N

D IE

S O L I D A R I T EI T

BE

W

EG

06 / 2019

48

www.solidariteit.co.za

Wenke hoe jy kan help 1.

Begin ’n groentetuin soos wat Helpende Hand se Gauteng-tak gedoen het – loer gerus na hulle Facebook-blad. 2. Help by jou naaste sopkombuis. 3. Maak ou skoenbokse vol niebederfbare kos en laai dit by jou naaste Helpende Hand-tak af. 4. Dra by tot die #Stophonger projek by www.stophonger.co.za 5. Bid dié Kersfees saam met jou gesin vir behoeftiges. 6. Skenk ou klere aan jou naaste Ons Winkel – besoek die web tuiste www.onswinkel.co.za 7. Maak ’n spaarbussie vol kleingeld en seën iemand daarmee. 8. Besoek ’n tehuis vir bejaardes. 9. Vra vir ’n paar behoeftige kleuters wat hulle Kersfeeswense is en laat dit bewaarheid word. 10. Sluit by jou naaste Helpende Hand-tak aan.


Daardie laaste

KERSFEES

G

een toekoms kan gebou word sonder ’n goed gegronde hoeksteen wat in die geskiedenis gegiet is nie. Dit dien as anker vir die fondasie van ons lewens wat moet verseker dat ons staande sal bly wanneer dit voel of ons wêreld in duie gaan stort. Die hoeksteen is sterk, want dis gevorm deur die bydrae – hoe gering ook al – wat elke pa, oupa, ouboet, ma, ouma, tannie of oom deur die jare tot ons geskiedenis gemaak het, in goeie en slegte tye. Sarie se lewe was stewig geanker toe sy en haar man verlede jaar op Kersdag gekyk het hoe hulle kinders opgewonde in hul slaapklere om die Kersboom sit en geskenke oopmaak. Maryke, haar oudste dogter, was so gelukkig toe sy haar pop sien en Liesel, skaars twee jaar oud, wou sommer dadelik haar Frozen-prinsesrok aantrek. Sarie moes net keer, en as sy nou terugdink, is sy spyt dat sy haar

DEUR PHILLIP BRUWER

stem moes verhef en Liesel se opgewondenheid met ongeduld vertrap het. Daarna het hulle as gesin kerk toe gegaan, toe na Ouma se huis waar hulle lekker geëet het aan ’n verskeidenheid vleise en bykos ... en natuurlik Ouma se bekroonde koekstruif. Dit was die laaste keer wat almal as ’n hegte gesin saam gelag het. Sarie sal nou enigiets gee om dié tyd weer oor te hê. Die jaar wat gevolg het, was bitter. Aprilmaand het meer as net die winter na haar lewe gebring. Sy onthou hoe haar wêreld se fondasie geskud is toe sy die nuus gehoor het: Die motor waarin haar man en dogters terug huis toe gekom het ná ’n skooluitstappie, het trompop met ’n dronkbestuurder se motor gebots en al drie se toekoms is op een slag met ’n whiskyasem uitgewis. Sarie het gesukkel om te keer dat die hoeksteen van haar lewe se fondasie kantel,

www.solidariteit.co.za

49

06 / 2019

maar danksy God se genade en die bystand van goeie vriende en familie het sy staande gebly en weer begin om haar lewe op te bou. Helpende Hand se ondersteuningsnetwerk FroueVonds (so gespel omdat alles nie altyd reg loop nie) het haar gehelp om krag te put uit die geskiedenis van haar lewe se hoeksteen. Nou bou sy voort aan ’n selfs sterker fondasie vanwaar sy tientalle ander vroue help om ook te bou aan ’n toekoms waar daar vir almal ’n plekkie in die son is. Sarie sê ons wat hier bly, gaan bou, want ons geskiedenis leer ons van uithou en aanhou. Ons geslag gaan nie daardie geskiedenislyn verbreek nie. Ons mag, ons kan, ons wil en ons moet. Ons bou om te bly en ons onthou elke pa en sy dogters se laaste Kersfees saam – maar dan kyk ons vorentoe en gaan die toekoms in met ’n stewige grondslag waarop ons sterk staan. • Om meer oor die FroueVonds te wete te kom, besoek die webtuiste helpendehand.co.za/frouevonds/


in Beweging BO: VAN DIE KANTOORKAMPIOENFINALISTE. REGS BO: LINDIE STRYDOM WAS DIE GASSPREKER BY DIE SPOGGERIGE GELEENTHEID.

KANTOORKAMPIOEN GEKROON

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE

E

lke onderneming het ‘n kantoorpraktisyn wat die ekstra myl loop, ander inspireer, ‘n meester met administrasie en organisasie is, en erkenning vir sy of haar uitsonderlike bydrae tot die beroep verdien. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns het tydens ‘n spoggerige geleentheid administratiewe beamptes oor die land vereer. Die Kantoorkampioen is vanjaar vir die eerste keer aangewys in Pretoria waar Lindie Strydom as gasspreker opgetree het. Meer as 60 praktisyns is vir die kompetisie ingeskryf. Enigiemand kon ’n kantoorkampioen met ’n volledige motivering vir hierdie toekenning nomineer. Uit die tientalle nominasies wat ontvang is, is daar 12 finaliste aangekondig. Die finaliste was: • Sus Gerber (Wenner) • Desireé Boyens (2de plek) • Gwen Slater (3de plek) • Audrey Ludick (4de plek) • Nicoleen Rall • Yolandi Theron • Marietjie Potgieter • Melanie Delport • Anneke Benade • Zelda Shawe • Annemarie Venter • Linda van Schalkwyk. Die wenner, Sus Gerber, het verblyf

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

BRIGITTE RAATH, AMBASSADEUR VAN DIE SOLIDARITEIT BEROEPSGILDE VIR KANTOORPRAKTISYNS, BY DIE KANTOORKAMPIOEN VIR 2019, SUS GERBER.

vir een week vir ses mense by die Santana Vakansieoord gewen. Volgens Brigitte Raath, ambassadeur van die Solidariteit Beroepsgilde vir Kantoorpraktisyns, was die kompetisie ’n reuse-sukses en die positiewe terugvoer was oorweldigend. “Ons het met hierdie 06 / 2019

50

www.solidariteit.co.za

geleentheid ons eerste verjaardag gevier, maar ook ’n hele aantal welslae wat ons reeds bereik het,” het sy gesê. “Met mense soos dié wat aan ons beroepsgilde behoort, kan ons nie volgende jaar anders as om nog groter en sterker te wees nie.”


Vier stappe tot

GEHOORSAME KINDERS

(sonder pak slae)

DEUR DR. DANIE BRINK

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

C

hristene in Suid-Afrika kan met goeie rede voel dat hul reg tot vryheid van godsdiens ernstig aangetas is deur die Konstitusionele Hof se uitspraak van 18 September teen lyfstraf. Bybelse tugtiging soos toegepas deur gelowige ouers in die liefdevolle omgewing van die gesin word met hierdie uitspraak as’t ware saamgevoeg met alle vorms van kindermishandeling en skeefgetrekte weergawes van pak slae, en is onwettig verklaar. Hoe maak ’n kultuur- of geloofsgroep nou? Is goeie dissipline en gehoorsame kinders moontlik sonder pak slae? Die antwoord is – baie beslis. Eerstens, straf is die logiese gevolge van verkeerde keuses en dade. Dit is hoe die lewe werk vir volwassenes én kinders. Straf vir ’n kind moet nooit venynig of liefdeloos wees nie en moet nooit gegee word deur ’n radelose ouer wat besef dat om te praat nie gaan help nie. Tweedens, die samelewing is baie kindgesentreerd en vanuit hierdie kindgesentreerde posisie is straf gereeld verkeerdelik in die spervuur. Wat is kindgesentreerdheid? Dis die negatiewe situasie in ’n gesin waar die kinders voel en daagliks prakties ervaar dat hulle

die middelpunt van die gesin en die samelewing is. Derdens, dit is moontlik om kinders aan die hoë standaard van eerstekeergehoorsaamheid te laat voldoen. Deur konsekwente, kreatiewe straf kan ons daarin slaag om die kinders in ons sorg belangrike opdragte en instruksies te laat gehoorsaam. So, hoe bly ons stry teen die euwel van kindgesentreerdheid?

GEE WERK Kinders in ’n gesin (en hopelik by skole) moet elkeen ’n aantal takies verrig. Hierdie vorm van straf is bedoel om aan kinders ekstra werk te gee om te dien as die logiese gevolge van hul verkeerde keuses en dade. Ouers wat hierteen skop, is onnadenkend en tree onopvoedkundig op.

WEERHOU VOORREGTE Die kinders van vandag het baie vryheid, baie besittings en baie voorregte. Hierdie vorm van straf is uiters maklik om toe te pas en dit verg min kreatiwiteit. Deur ’n bepaalde voorreg of vryheid vir ’n week of twee te weerhou, is ’n baie sterk afskrikmiddel teen verkeerde keuses en dade.

NATUURLIKE GEVOLGE Soms verg die lewe van ons om terug te staan, diep asem te haal en toe te laat dat kinders die gevolge van hul verkeerde keuses en dade moet ervaar. Kinders wat nie leer vir ’n toets nie, sal die gevolg van ’n swak akademiese punt ervaar. Volwassenes wat gedurig tussenbeide tree om kinders teen die gevolge van swak keuses te beskerm, tree onopvoedkundig op. Jy sal dit nie kan volhou nie en op ’n dag gaan die lewe met jou kind begin gebeur. Kinders het ’n reg om goeie leiding te ontvang en volwassenes het ’n plig om goeie leiding te gee. • Dr. Danie Brink is uitvoerende direkteur van die Skoleonder steuningsentrum.

ISOLASIE Kinders is sosiale wesens en om hulle te isoleer, is veral vir kleiner kinders ’n doeltreffende straf. Boeties en sussies of klasmaats kan ontmoedig word om onaanvaarbare gedrag te toon deur vir ’n ongemaklike lang tyd geïsoleer te word. www.solidariteit.co.za

51

06 / 2019


in Beweging

AKADEMIA STEEK KERS OP IN VSA Smee waardevolle bande met klassieke opvoedingsuniversiteite

FOTO: VERSKAF

A

kademia wil die beste uit die wêreld na Afrikaans bring en die beste uit Afrikaans na die wêreld neem. Dié hoëronderwysinstelling bereik hierdie doelstelling onder meer deur akademiese bande met veral internasionale universiteite te smee. Verskeie bestuurslede en akademici van Akademia het vanaf 8 tot 14 Oktober ’n studietoer na die VSA onderneem. Dit was die instelling se tweede studietoer na Amerika, nadat ’n soortgelyke reis in 2017 afgelê is. Tydens die onlangse toer is drie prominente selfstandige universiteite in die klassieke onderrig besoek met die oog op wederkerige toekomstige akademiese meewerking. Die studietoer is aangepak deur Akademia se besturende direkteur (Marthinus Visser), direksievoorsitter (Henk Schalekamp), akademiese hoof (prof. Danie Goosen) en drie dekane (dr. Saretha Brüssow, prof. Hannes Rautenbach en prof. Pieter Duvenage). Hulle is vergesel deur ander prominente lede van susterinstellings in die Solidariteit Beweging. Die akademiese besoek het afgeskop met ’n kampustoer van Hillsdale College in Michigan, gevolg deur ’n studiereis na Grove City College in Pennsilvanië en Patrick Henry College in Virginië. Hierdie universiteite staan bekend as drie van die mees vooraanstaande klassieke opvoedingsuniversiteite (liberal arts colleges). Hoewel die name verwys na “kolleges”, verduidelik prof. Goosen dat daar in Amerika nie streng tussen die begrippe “universiteit” en “kollege” onderskei word nie. Verskeie gesprekke met bestuurslede en akademici van hierdie universiteite het plaasgevind om te help dink, praat en droom oor Akademia as gemeenskapsuniversiteit, en om dié instelling nog verder in die klassieke opvoedingsideaal te verdiep. Prof. Goosen verduidelik dat die

DEUR ZYDÈLIA VENTER

DIE AFVAARDIGING VAN SOL-TECH EN AKADEMIA IN DIE LEESKAMER VAN DIE HILLSDALE COLLEGE-BIBLIOTEEK IN MICHIGAN IN DIE VSA.

belangrikste oogmerke van die besoek was om die nuwe dekane van Akademia eerstehands aan die klassieke opvoedingsuniversiteite bloot te stel, asook om goeie verbintenisse met internasionale akademici verder uit te bou. Albei oogmerke is met groot sukses bereik. Die afvaardiging van Akademia is oorweldig deur die talle uitnemende eienskappe van hierdie universiteite, insluitend die wyse waarop ’n sin vir gemeenskap onder studente en dosente gekultiveer word, die lewensbeskoulike grondslae, die sin vir tradisie wat gekweek en met nuanse oorgedra word, asook dosente se uitnemende klasaanbieding. Hierdie eienskappe word nie net in die klaskamers aangemoedig nie, maar ook prakties op sportvelde, in koshuise en in onderlinge verhoudings op kampus. Studente aan al drie opvoedingsuniversiteite word geleer om grondig en selfstandig te dink en hulleself nie deur die jongste intellektuele giere en modes te laat beïnvloed nie. Prof. Goosen reken dat studente wat hulle kwalifikasies aan enigeen van die bogenoemde instansies voltooi het, in staat is om by die diepste intellektuele bronne van ons geestelike erfenis aan te sluit. “Nog meer, hulle 06 / 2019

52

www.solidariteit.co.za

weet hoe om hedendaagse intellektuele modes met die nodige kritiese voorbehoud te hanteer.” Akademia is juis verbind tot hierdie klassieke ideaal van opvoeding soos wat dit in tradisionele universiteitswese na vore getree het. Die sentrale gedagte van die klassieke opvoedingsideaal is dat studente nie net spesialiste binne ’n bepaalde dissipline sal wees nie, maar tegelyk insig in die geheel van dinge sal hê. Daarom is Akademia toegespits om afgeronde studente – vakkundig onderrig en in interdissiplinêre samehang opgevoed – aan Suid-Afrikaanse gemeenskappe te lewer. “Dit was ’n geweldige voorreg en ’n besonder leersame besoek,” meen prof. Goosen. Die afvaardiging van Akademia is diep getref deur die vriendelikheid en openhartigheid van hierdie universiteite. Meer as een van die dosente en leiersfigure aan hierdie universiteite het die hoop uitgespreek om Akademia in die toekoms te besoek, en wil graag op verskillende wyses betrokke raak en hulle ondersteuning bied. Die moontlikheid dat Akademia in die toekoms sowel studente as dosente met genoemde universiteite sal ruil, het met hierdie besoek ’n selfs groter werklikheid geword.



in Beweging

BO: DIÉ GROEP STUDENTE IS BAIE OPGEWONDE OOR DIE NUWE SOL-TECH-KAMPUS. REGS BO: HENK SCHALEKAMP, BESTURENDE DIREKTEUR VAN KANTON, DIREKTEUR VAN SOL-TECH EN VOORSITTER VAN AKADEMIA; STEVE SCOTT, SOLIDARITEIT-PRESIDENT; PAUL VAN DEVENTER, BESTURENDE DIREKTEUR VAN SOL-TECH; EN DR. DIRK HERMANN, BESTUURSHOOF VAN SOLIDARITEIT, HET DIE SIMBOLIESE EERSTE SOOI GESPIT.

EERSTE SOOI GESPIT VIR SPLINTERNUWE SOL-TECH-KAMPUS Die Sol-Tech-boompie het so welig gegroei dat dit tyd geword het om die boompie na ’n groter pot te verskuif, vertel PAUL VAN DEVENTER, besturende direkteur van Sol-Tech, ná die onlangse sooispitseremonie van dié beroepsopleidingskollege se splinternuwe kampus.

FOTO’S: REINT DYKEMA & VERSKAF

O

ngeveer 12 jaar gelede het Solidariteit besluit om ’n nuwe boompie te plant: die Sol-Techberoepsopleidingskollege, wat nou reeds ’n wêreldklas-instelling is. Destyds was dit nie net die omstandighede wat ongunstig was om nuwe boompies soos hierdie te plant nie – dit was ook ’n tyd waarin daar duidelike tekens was dat die hewige storms wat op pad was selfs groot, gevestigde bome sou omwaai. Skeptici was van mening dat die risiko om hierdie nuwe boompie te plant, eenvoudig net te groot was. Die dryfveer was – en is steeds – om self te doen en self te bou. Indien boompies soos Sol-Tech nie geplant en dan gekoester word tot dit ’n groot, sterk boom is nie, kan daar met redelike sekerheid gesê word daar sal nie in die toekoms sulke bome wees nie. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het by geleentheid opgemerk: “Die krag van ons (bou)plan lê daarin dat ons doen wat ons sê. Dit is

nie ’n droom nie, maar ’n plan. Ons gaan nêrens heen nie, en daarom neem ons self verantwoordelikheid om ’n toekoms hier te skep. Die sentrale idee van ons plan is selfstandigheid. Ons het lankal agtergekom ons kan nie op ander vertrou om ’n toekoms vir ons te skep nie. Ons moet self die verantwoordelikheid daarvoor neem.” Sol-Tech het in 2007 met slegs drie personeellede afgeskop, aanvanklik net om opleiding te fasiliteer – maar dit het gou duidelik geword dat sukses net haalbaar is indien gehalte die dryfveer is. Die personeel is gedurende 2008 vermeerder na vyf, en vier ambagte is geakkrediteer. Die Sol-Tech-boompie het so welig gegroei dat dit tyd geword het om die boompie na ’n groter pot te verskuif. Nuwe werkswinkels is ingerig, nog nuwe ambagte is geakkrediteer en die personeelkorps is verder uitgebrei. Sol-Tech het ook ’n unieke opleidingsmodel die lig laat sien en teen 2011 het die eerste Sol-Tech-studente hul kwalifikasie verwerf. Teen 2013 moes daar weer na groter 06 / 2019

54

www.solidariteit.co.za

fasiliteite verskuif word – hierdie keer na Kirkney in Pretoria-Wes, waar die kollege tans geleë is. Dit was geen maklike skuif nie, aangesien die Sol-Tech-boompie toe reeds tot ’n heelwat groter boom gegroei het. In die Kirkney-pot het die boom deur ’n aantal vinnige groeifases gegaan waar nie net studentegetalle stewig gegroei het nie; Sol-Tech het vir die regte redes begin bekend raak as een van die grootste privaat kolleges in die land – die enigste wat nog opleiding in Afrikaans bied – met gehalteopleiding wat werkgewers laat toustaan. Vandag het Sol-Tech bykans 60 bekwame, goed gekwalifiseerde personeellede, en op enige tydstip 1 200 studente in verskillende fases in die opleidingsproses besig om te kwalifiseer. Natuurlik is gehalte steeds die dryfveer bo getalle, omdat die mark uitdagend is en slegs gehalteopleiding die deurslag vir ’n goeie werk gee. Ajani is Sol-Tech se eie plasingsmaatskappy wat studente plaas vir hul praktiese werkplekervaring, met meer as 400 aktiewe werkgewers wat die kollege


KUNSTENAARSVOORSTELLINGS VAN DIE NUWE SOL-TECH-KAMPUS.

se studente in diens neem. Ajani plaas al vir die afgelope 12 jaar 100% van Sol-Tech se studente, en deesdae gebeur dit selfs dat werkgewers studente in diens neem reeds maande voor hulle by Sol-Tech afstudeer.

Tyd vir uitplant is hier

Het jy geweet? • 94,7% van Sol-Tech se studente kry suksesvol werk. • 20,2% werk vir hulself en 37,2% vir maatskappye met meer as 250 werknemers. • 56,7% afgestudeerde studente word onmiddellik aangestel en die res binne ses maande. • Studente begin met ’n salaris van tussen R22 000 en R28 000 per maand, terwyl baie van hulle vinnig tot senior posisies bevorder word.

Die klein boompie van 12 jaar gelede het gegroei tot ‘n jong, sterk boom, en hierdie Sol-Tech-boom gaan nou in sy eie stuk aarde uitgeplant word. Dit is presies waaroor Sol-Tech se Skoudag en sooispitseremonie in September werklik gegaan het. Sol-Tech het die afgelope 12 jaar daarin geslaag om homself as gehalte-opleidingsinstelling in die ambagsfeer te vestig, met ’n reputasie as die voorkeur beroepsopleidingsinstelling in die industrie en in Suid-Afrika. ’n Eie, groter, wêreldklaskampus is dus die regte en logiese volgende stap. Danksy Solidariteit se lede asook die gemeenskap kon Sol-Tech tot dusver R50 miljoen se moderne opleidingstoerusting aankoop – toerusting wat Sol-Tech die leier op sy gebied in die land maak. Deur middel van die Solidariteit Boufonds het die gemeenskap ook ’n groot aandeel in Sol-Tech se welslae, en saam met die studiefonds is hierdie bedrag nader aan R84 miljoen. Indien alles verder volgens plan verloop, kan Sol-Tech in Januarie 2021 in sy nuwe kampus intrek. Die proses om tot hier te kon kom, was geensins sonder uitdagings nie. Hofsake van die afgelope vyf jaar om die regte te kon bekom, is slegs een daarvan.

Hoe gaan die kampus lyk?

Die ontwerp van die kampus het twee jaar gelede reeds begin met die fokus op studente, personeel, die gemeenskap, erfenis, identiteit en volhoubaarwww.solidariteit.co.za

55

06 / 2019

heid. Die argitekte van die projek is Jeremie Malan-argitekte wat, ná baie navorsing, ’n eg Suid-Afrikaanse argitektoniese styl gekies het. Dit is ’n kampus in die gemeenskap, vir die gemeenskap. Die kampus se geboue sal sowat 13 000 m2 beslaan. Dit sluit onder meer in moderne werkswinkels en klaskamers, ’n amfiteater asook ’n gemeenskaplike samekomsarea wat die hart van die kampus gaan wees. Hierdie samekomsarea is ontwerp om in lyn te wees met Sol-Tech se nuwe selfgerigte leer- en omgekeerde klaskamer-modelle, waar tegnologie ingespan word as ondersteuning in die proses waar studente groter verantwoordelikheid vir voorbereiding voor fisiese klasse neem. Die kafeteria sal só ingerig word dat studente en personeel saam etes sal kan geniet, wat natuurlik die leerervaring en toeganklikheid na lektore verhoog. Onderrig en leer is dus nie slegs beperk tot klaskamers nie. Studente- en sosiale geleenthede is belangrik en word aangemoedig, en sal ook verder gestalte kry met die oprig van koshuise in die toekoms. Met die steeds groeiende vraag na beroepsopleiding, bied die kampus nie net die geleentheid vir uitbreiding na ander ambagsrigtings nie, maar ook na ander beroepsgerigte opleiding. Kampusure kan by die nuwe terrein bykans verdubbel word, met beskikbare opleidingstyd tot 22:00 saans. Hiermee word deeltydse studies vir werkende mense nou ook ’n moontlikheid. Sol-Tech, die klein boompie van twaalf jaar gelede, het inderdaad gegroei tot ’n jong reus van ’n boom wat oor net meer as ’n jaar van nou af uitgeplant gaan word. As alles volgens plan verloop, word die deure van die nuwe kampus in Januarie 2021 geopen.


in Beweging

Solidariteit Dienssentrum “LEDE ONS HARTKLOP!” DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

D

FOTO’S: REON JANSE VAN RENSBURG & ISTOCKPHOTO.COM

ie term “dienssentrum” roep by ’n mens ’n prentjie op van vervelige hokkies vol mense wat met oorfone op die kop en hande op die sleutelbord sit terwyl die dreuning van honderde stemme opklink – amper soos dié wat ons dikwels op TV sien. Sien jy die prentjie in jou kop? Gelukkig lyk dinge in Solidariteit se dienssentrum heelwat anders. Solidariteit het nie ’n gewone dienssentrum nie, juis omdat ons nie dinge op die gewone manier aanpak nie. Solidariteit het gewone mense met bogemiddelde talente. Ons kan tongin-die-kies na hulle verwys as die Power Rangers – almal het dieselfde doel, maar verskillende talente, en só pak hulle die uitdagings wat Solidariteit-lede in die gesig staar, saam as ’n span aan. Hulle doel is om ’n doeltreffende diens aan Solidariteit-lede te bied en om jou as lid in die werkplek te beskerm. Hulle steek nie hul talente, krag en omgee-harte weg nie; inteendeel, hulle wys dit met durf en daad op ’n daaglikse basis. Hulle veilige hawe is hul kleurvolle kantore met groen grasmatte en helder mure wat by hul persoonlikhede pas.

KAROLIEN VAN WYK

SÓ SÊ “ORANJE HELDE” “Ek het nog nooit na myself verwys as ’n belsentrumagent nie. Posspesifikasie en werkplekhiërargie het vir my van minder en minder belang geword soos ek besef het ons almal in dié instansie werk vir een doel. Op negentien jaar oud het ek reeds ’n gevoel gekry dat ek nooit in die normale korporatiewe mark sal kan werk waar almal wins najaag nie. Hoewel ek baie agting daarvoor het, lê my passie elders. Sonder twyfel het God my hierheen gestuur en hier is waar ek sal bly,” vertel PB Roos, opleidings- en kontrolebeampte. “Kwaliteit teenoor kwantiteit is baie belangrik vanuit my perspektief en ek probeer dit altyd in gedagte hou wanneer ek ’n taak aanpak. Gooi nou ’n bietjie vriendelikheid en geduld ook daarby en daar het jy dit! My weergawe van dienslewering,” sê Christine Muller, inbelagent, op haar beurt. Volgens Karolien van Wyk van Solidariteit Regsdienste is dit hulle verantwoordelikheid om die lid se beste belange op hart te dra en hulle so effektief as moontlik te adviseer. “Dit gaan nie net daaroor om arbeidsregsadvies te gee nie, maar ook soms oor iemand wat luister en die lid ’n

bietjie moed kan inpraat. “Daarom is dit vir lede wat inskakel baie bemoedigend om ’n vriendelike stem aan die ander kant van die foon te hoor wat bereid is om te luister en boonop ook jou regte vir jou kan verduidelik,” meen Van Wyk. “Ek het skaars hier begin, toe word ek deur een van ons lede gekontak wat weens ekonomiese omstandighede afgelê is. Dis waar my waardering en respek vir mense se situasies ontstaan het. Min het ek geweet dat ek en dié lid ’n pad van twee jaar saam sou stap en mekaar op die voornaam sou leer ken. Die persoon het my deurlopend op hoogte gehou van sy vordering terwyl hy werk soek, en ek het begin duim vashou wanneer hy vir ’n onderhoud gaan. Johan (die lid) het my toe aan die begin van 2019 geskakel en meegedeel dat God hom geseën het met ’n werk. Hy het gesê die moed wat ek hom ingepraat het, het hom gehelp om weer lig aan die einde van die tonnel te sien,” vertel Roos trots. Solidariteit se dienssentrum is die hart van die vakbond se omgeekultuur. Die dienssentrum is gerat en gereed om Solidariteit se duisende lede by te staan met regsadvies, en hulle ore en harte is vir seker in pas met mekaar.

CHRISTINE MULLER

PB ROOS

06 / 2019

56

www.solidariteit.co.za


Jongmense bemagtig om die regte vak-, studie- en loopbaankeuses te maak

LOOPBAANKOMPAS HELP KOERS KIES

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

A

s ouer het ek my kinders al gereeld gevra: “Wat wil jy eendag word?” Oor die jare heen het die antwoorde gereeld verander: “’n Mamma, ’n veearts, my eie besigheid ...” Later was dit enigiets van advertensievervaardiger tot ouditeur. Vir kinders is hierdie beslis een van die grootste besluite wat hulle ooit sal neem. Tog is daar bitter min kinders wat op so ’n jong ouderdom die regte besluit daaroor neem. Solidariteit het onlangs met sy nuwe Loopbaankompas afgeskop met die doel om jongmense te bemagtig met soveel moontlik akkurate inligting waarmee hulle ’n loopbaanbesluit sal kan neem. Loopbaankompas is die kompas vir jou loopbaan, want by Solidariteit is ’n loopbaan nie net ’n beroep nie, dis ’n

DEUR MARISA ENGELBRECHT

roeping en ’n passie. Solidariteit het onlangs 59 hoërskoolkinders oor ‘n paar dae getoets. Die kinders het gewissel van graad 9, waar hulle vakkeuses moet maak, tot graad 11 en graad 12, waar hulle studie- en

loopbaankeuses moet maak. In Stap 1 van dié proses is die kinders met behulp van die Loopbaankompas se belangstellingsbepaler getoets onder toesig van die voorligtings- en bedryfsielkundige. In Stap 2 word die kinders ook met onder andere aanleg- en persoonlikheidstoetse deur die sielkundige geëvalueer. Stap 3 bestaan uit individuele terugvoersessies met die kinders en hul ouers, asook inligtingsaande waar Solidariteit se Wêreld van werk, nuwe loopbane, tersiêre studieopsies en die aansoekprosesse van werk bespreek is. Solidariteit beoog om sy Loopbaankompas verder uit te brei om soveel moontlik kinders nasionaal te kan bystaan met hierdie proses. • Vir meer inligting oor die Loopbaankompas, stuur ’n e-pos na loopbaan@solidariteit.co.za


Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hieronder opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

LIDMAATSKAPKATEGORIEË KOLLEKTIEWE LEDE

01

INDIVIDUELE LEDE

02

Kollektiewe lede is werksaam by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele, ongeag hul ouderdom.

Individuele lede van Solidariteit is

Nog nie ‘n lid nie? Skakel 0861 25 24 23 en kry die beskerming in die werkplek wat jy verdien. Besoek https://solidariteit.co.za

individuele lid. Individuele lede kwalifiseer

lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n vir alle Solidariteit-voordele.*

06 / 2019

58

www.solidariteit.co.za

ONDERSTEUNINGSLEDE

03

Dié kategorie van lidmaatskap is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.


• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. • Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

IN DIE WERKPLEK

Studievoordeel *

Arbeidsake Gratis regshulp: Arbeidsake

Sterftevoordeel *

Lede word van advies bedien deur kenners op die gebied van alle arbeidsake, bv. dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidskwessies. Gratis regsverteenwoordiging word voorsien vir arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys is.

Begrafnisvoordeel (Martin’s of Avbob)

’n Waardige begrafnis word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. • Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste Bystand met ondersoeke voorsien. Bystand word verleen met ondersoeke • ’n Begrafnis van dieselfde gehalte deur die Mediese Buro vir Beroepsiek as vir volwassenes is ingesluit vir ’n tes en met navrae oor voordele by die kwalifiserende lid se kinders onder die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, ouderdom van 21 jaar. asook met werkverwante ongeskiktheids• Ná die lid se afsterwe mag sy of haar eise. Alle eise moet binne ses maande huweliksmaat aansoek doen om steeds ingedien word. lid van Solidariteit te bly. • Die swaar las van begrafnisreëlings Kollektiewe bedinging word verlig deurdat Solidariteit en Bekwame en ervare Solidariteit-personeel Martin’s of Avbob al die reëlings sal tref. beding kollektief vir beter diensvoor• Solidariteit het 10% korting op die waardes en salarisse vir lede. koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. • Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatander begrafnisondernemer vir die skap wat verslae van spesialiste en bewyse van begrafnis gebruik word, sal Solidariteit die werkgewer indien dat hulle permanent meSolidariteit Solidariteit Finansiële Dienste isslegs ’n gemagtigde R500 tot verskaffer die begrafniskoste byBeweging dies ongeskik is om in die arbeidsmark tedienste werk, • FSP-nommer: van finansiële 15556 dra. (Bepalings en voorwaardes geld.) ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 900. Eise •

Skakel ons vandag nog by Permanente ongeskiktheid *

0861 10 10 05

moet binne ses maande ingedien word.

Bykomende kontantuitbetalings

Bevallingsvoordeel *

’n Bevallingsvoordeel van R1 600 word met elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 maande ononderbroke lidmaatskap betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT

tydskrif

ITEIT

SOLIDAR

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

ITY SOLIDAR

magazine

Ons

D

!

EN

vir unieke tyd Unieke antwoord

En jy?

Veranderende tye vra vernuwende denke

w w w . s o l i d a r i t e i t . co . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

Uitgawe 2 van 2019 riteit.co.za www.solida ingesluit) R16,95 (BTW lede Gratis aan I SSN

Deel van die Solidariteit Beweging

1683562

6 9 771

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

k NetWer DINK NUUT Uitgawe 3 van 2019

Uitgawe 1 van 2019 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

-X

20 83 56

Só staal Solid

ariteit sy

lede om self

toekoms Deel van

te bou

I SSN 1683562 -X

die Solidariteit

Solidariteit NetWerk omskep uitdagings in geleenthede

Beweging

9 771683 562000

Deel van die Solidariteit Beweging

00

Solidariteit Tydskrif

Lede ontvang ses uitgawes per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite word ook daarin gepubliseer.

• Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R3 800 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. • Met die afsterwe van die huweliksmaat van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld betaal, word ’n bedrag van R2 550 aan die lid uitbetaal. • Kontantbetalings aan volle lede met die afsterwe van ’n kind is soos volg: • ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R1 900; • ’n Kind van 14 jaar en jonger – R1 300; • ’n Gestremde kind (20+) – R1 900.

Vakansievoordeel *

Solidariteit-lede (asook lede van Solidariteit Helpende Hand en AfriForum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santana-strandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

* BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD. VIR MEER INLIGTING, SKAKEL 0861 25 24 23. www.solidariteit.co.za

59

06 / 2019

Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteit-lede geniet voorts tot en met 40%-afslag op alle kursusse by S-leer. Besoek ons webtuiste by www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes.

ANDER DIENSTE

Motor- & huisinhoudversekering

Dié groepskema bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes geld wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. • Skakel 0860 101 005, SMS “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Regsversekering

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R125* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R100 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75) • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

Mediese gapingsdekking

Mediese fondse bied dikwels beperkte voordele vir mediese dienste en jy moet self vir die gapings betaal. Tenda Health bied Admedgapingsdekking wat deur Guardrisk onderskryf word en wat die verskil dek tussen wat mediese fondse betaal en wat diensverskaffers vra. • E-pos – gapcover@solidarity.co.za

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300


Dis 'n fees! Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy jou skoene kan uitskop, jou voorskoot kan aansit, op ‘n seepkis kan klim of sommer net alles wat Afrikaans is, kan vier!

Uit: Koskaskos deur Francois Ferreira, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

DIE VLV-KOOKBOEK: RESEPTE VAN TOE & NOU

D

ie VLV-kookboek bevat ’n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter KOOP viering van hul 90ste DIÉ bestaansjaar. Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud en geniet weer smullekker melktert, gemmerkoekies en gemmerbier, om maar net enkeles te noem. Die VLV-kookboek word uitgegee deur Human & Rousseau en kos R350.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Ramkat

Betekenis • ’n Man wat besonder

goed presteer (het), wat ’n uithaler is: Jy’s sommer ’n ou ramkat! • Uitroep van bewondering: Ramkat! Dit wil gedoen wees.

TAAL– WYS

Kaaspoeding Dit is nie regtig ’n poeding nie, maar bedien dit gerus saam met ingelegde of gestoofde vrugte vir gaste wat nie gaande is oor soet nagereg nie. Dié resep lewer vier porsies.

Bestanddele • 600 ml melk • 75 g vars broodkrummels • 175 g beleë Cheddar-, Edamof Pecorinokaas, gerasper • 10 ml Dijon‑mosterd • 4 eiers, geskei • Sout en witpeper na smaak 06 / 2019

60

Metode

MAAK SELF

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 1,5 ℓ oondvaste bak. 2. Verhit die melk tot kookpunt en roer dan die broodkrummels en kaas deur. Klits die eierwitte tot sag. Vou in drie sarsies by die broodmengsel in. 3. Skep die mengsel in die oondvaste bak en bak vir 30 tot 45 minute tot goudbruin en gestol.

www.solidariteit.co.za


4 MILJOEN

Maroela Media se visier is daarop ingestel om dié aantal Afrikaanssprekendes te bereik.

Die Afrikaanse gemeenskap se

DIGITALE BRAAIVLEISVUUR

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

G

emeenskapsmedia is onontbeerlik vir enige taalen kultuurgemeenskap. In ’n era waar tegnologie en sosiale media hoogty vier, vervul dit die rol van Sondagmiddagkuiertjies by die bure, saamkuier om ’n braaivleisvuur en familiebyeenkomste op die plaas. Net soos dié tipe byeenkomste met eendersdenkende geliefdes en vriende (en dié wat soms van jou verskil) noodsaaklik is om jou identiteit te vorm, is gemeenskapsmedia noodsaaklik vir jou om te weet wie jy is, en waar jy in die groter prentjie inpas. Maroela Media het die afgelope agt jaar groot sukses behaal in sy strewe om die digitale braaivleisvuur van die Afrikaanse gemeenskap te word. Vir Afrikaanssprekendes is Maroela die plek waar hulle saamkuier, idees uitruil, dikwels van mekaar verskil maar mekaar net so dikwels ondersteun, op hoogte bly met die nuus van die dag, hoop en moed skep, en geestelike voedsel kry. In die afgelope agt jaar het dié unieke Maroela-gemeenskap gegroei tot meer as 2 miljoen maandelikse lesers. As ’n mens na syfers van ander Afrikaanse mediaformate kyk, lyk die prentjie ongelukkig minder rooskleurig. Daarom soveel te meer rede vir Maroela om volstoom te werk aan die droom om ’n eg Afrikaanse, alternatiewe

DEUR SUSAN LOMBAARD

gemeenskapsmediahuis te skep. In ’n digitale era is dit bykans onmoontlik om te weet hoe die mediaprentjie teen 2030 gaan lyk, watter mediaformate nog gaan bestaan, watter nuwe mediaformate tot ons beskikking gaan wees, en watter mediaformate glad nie gaan oorleef nie. Wat wel dieselfde gaan bly, is die Afrikaanse gemeenskap aan wie die media inhoud bedien. Maroela se onderneming aan die Afrikaanse gemeenskap is om gebalanseerde, betroubare nuus en inhoud te vervaardig – in watter formaat ook al – wat Afrikaanssprekendes in staat stel om ingeligte besluite te neem, en wat vir hulle hoop skep. Maroela Media droom daarvan om teen 2030 ’n huishoudelike naam te wees in ’n groot persentasie Afrikaanssprekende huishoudings – iets waarmee daar reeds goeie vordering gemaak word. Daar word beoog om ’n totale mark van sowat 4 miljoen Afrikaanssprekendes te bereik, met ’n verdere sosialemediavoetspoor van minstens 1 miljoen. Hierdie droom kan nie behaal word sonder samewerking met ander partye wat dieselfde droom koester nie. Daarom is Maroela se bestaande verhouding met veral gemeenskapsradiostasies van kardinale belang. Maroela het tans goeie verhoudings met 61 gemeenskapsradiostasies reg oor die land en in Namibië www.solidariteit.co.za

61

06 / 2019

wat óf uitsluitlik óf gedeeltelik in Afrikaans uitsaai. Hierdie stasies bereik ’n gesamentlike luisteraarsmark van sowat 1,6 miljoen mense. Op pad na 2030 sal Maroela voortgaan om met radiostasies soos hierdie hande te vat en hulle te ondersteun en geleenthede te skep waarmee die Afrikaanse gemeenskap via gemeenskapsradio bereik kan word. Terselfdertyd kan Maroela, onderweg na 2030, nie uit die oog verloor watter belangrike rol media speel ter wille van Afrikaans as taal nie. Die funksionering van enige taal in die media is lewensnoodsaaklik vir die oorlewing daarvan. Daarom hou Maroela met elke inisiatief, projek en vennootskap in gedagte dat Afrikaans nie toevallig ons voertaal is nie, maar dat dit die taal van ons hart is. Projekte soos Maroela Media se Afrikaans op Wikipedia-projek, waarmee Maroela meewerk om Afrikaanse inligting op Wikipedia te publiseer ter wille van die digitalisering van inligting in Afrikaans, is daarom van kardinale belang in die volgende 10 jaar. Ons vertrou dat ons, met groot genade van Bo, in die volgende tien jaar daarin sal slaag om vir die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n veilige tuiskomplek te wees. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.


MY WERK

Moet jy tussen Kersfees en Nuwejaar werk?

JOU OORLEWINGSGIDS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Raak georganiseerd Die paar dae tussen Kersfees en Nuwejaar is ’n wonderlike tyd om reg te maak vir die nuwe jaar wat om die draai is. Skrap al die ou e-posse en dokumente op jou rekenaar se hardeskyf wat jy nie meer nodig het nie en maak plek vir die nuwe jaar se werk. Maak seker dat jy belangrike dokumente stoor sodat dit veilig bewaar bly.

Gebruik hierdie tyd om te beplan watter doelwitte jy in die volgende jaar by die werk wil bereik, en doen navorsing oor die stappe wat jy moet doen om dit te laat gebeur.

2

“andAltoughmake noa brandone cannewgostart,back

anyone can start from now and make a brand new ending. 06 / 2019

62

1

Leer iets nuut

Dink oor wat jy in 2020 wil bereik

I

n die laaste paar weke voor die einde van die jaar is almal naarstiglik besig om al die los drade bymekaar te bring sodat hulle die jaar op ’n hoë noot kan afsluit by die eindjaarfunksie en met vakansie kan gaan. As jy egter tussen Kersfees en Nuwejaar moet werk terwyl daar ’n vakansiegees orals elders heers, voel jy waarskynlik minder opgewonde oor die feesseisoen en nie juis gemotiveerd om topuitsette by die kantoor te lewer nie. Om gedurende die feesseisoen te werk, kan onverwagse voordele inhou – jy moet net bereid wees om dit raak te sien. Daar is byvoorbeeld minder verkeer op pad werk toe en jy het ’n geleentheid om te wys wat in jou steek wanneer jy op jou eie probleme moet oplos wat gedurende die vakansie opduik. Indien jy gevra is om gedurende die vakansie te werk of geen keuse het nie, probeer om dit as ’n geleentheid eerder as ’n las te sien. Maak die beste van die situasie: Wie weet, dit maak dalk net deure oop tot beter geleenthede in die nuwe jaar. Volgens Marsha Egan, ’n werkpleken e-posproduktiwiteitsafrigter, kan jy jouself in hierdie tyd taakgeoriënteerd hou deur ’n balans tussen werk en vakansiepret te vind. Pas gerus hierdie wenke toe om te oorleef as jy tussen Kersfees en Nuwejaar moet werk.

DEUR WILMARIE BRITS

www.solidariteit.co.za

As jy nog altyd meer wou weet oor sekere sisteme by jou werk, is dit nou die tyd om dit te verken. Gaan loer in by jou kollegas in ander departemente en vra uit oor hoe hulle sisteme en prosesse werk. So sal jy meer kennis opdoen en kan jy beter bystand aan kliënte bied sou dit nodig wees.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R125 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy Beperk, FSP-nommer: 75


WEB WYS

TUISTE B E W U JO IN 2020 OUD DE EENV

TREFFEN

WEBONTWERPTENDENSE

om dop te hou in 2020 DEUR INGE JANSE VAN RENSBURG

D FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

ie jaar is so te sê verby en dis tyd om die gewilde tendense van 2019 en die vooruitsigte vir 2020 in oënskou te neem. Die gebruik van webtuistes en digitale media neem steeds toe en lewer indrukwekkende opbrengste op beleggings op hierdie platforms. Die tendense wat in 2019 die beste gevaar het en wat beslis in 2020 dopgehou moet word, is soos volg:

1

DOELGERIGTE, MINIMALISTIESE ANIMASIE Soos die naam sê, is dit beperkte animasie wat nie die webtuiste oorweldig nie. Dit lei gebruikers deur die webtuiste en maak dit interaktief. Dit help ook om ’n webtuiste prettig en minder oorweldigend te laat voorkom.

2

VORMS In 2019 is vorms soos sirkels dikwels gebruik om dele van ’n webtuiste te beklemtoon, en hierdie tendens sal na verwagting in 2020 meer gewild raak omdat dit so eenvoudig is maar tog ’n groot impak maak.

3

MINIMALISME Minder is inderdaad meer! Oop webtuistes met skakels waarop jy kan klik om meer inligting te kry, bly gewild. Gebruikers wil nie oorweldig word deur inligting nie en wil eerder self besluit wat hulle wil weet.

4

HELDER, STERK KLEURE Helder, sterk kleure is hier om te bly. Kleure wat sekere emosies prikkel, is ook gewild. Pas gerus hierdie tydlose tendens op jou eie webtuiste toe in 2020. 06 / 2019

64

www.solidariteit.co.za

5

VIDEO’S Video’s is lank reeds gewild, maar dit moet nou slimmer geplaas word. Een video van hoë kwaliteit is beter as tien swak video’s. Gebruik dus jou video’s in 2020 slimmer deur korter, gehaltevideo’s strategies te plaas.

6

MAKLIKE DUIMNAVIGASIE Om webtuistes te ontwerp wat ook op ’n selfoon gelees kan word, is nie meer ’n bonus nie maar ’n vereiste. Die nuwe tendens is om jou webtuiste só te ontwerp dat gebruikers dit maklik met hul duime kan navigeer. Probeer om hierdie tendense in 2020 op jou webtuistes in te werk. Digitale media is die toekoms, met webtuistes wat net so gewild soos sosiale media is, en dis belangrik om dit wat gewild is by gebruikers deel van jou digitale aanbod te maak.


Volkleur

Vrolike, toegewyde eenvoud

ILLUSTRASIE: ISTOCKPHOTO.COM

E

k kan aanvanklik nie met sekerheid sê of die urienreuk dié van ’n kat of ’n mens is nie. Die mense wat naby die ingang voor die televisie gesit het, het allerlei geurtjies afgeskei, en in ons agterkoppe is juis die wete dat ons daar is om buiten die kuiertjie, ook ’n sak vol luiers af te gee. By die gang af, op pad na Katrina se kamer, sien ons die skuldige – ’n mannetjieskat wat miaau om by een van die kamers in te gaan. Dat dit hier toelaatbaar is om ’n kat aan te hou, is vreemd maar ook lief, menslik. Verder af in die blinkgepoleerde gang flits beelde van my jeugdige koshuisdae verby. Die gees hier is in baie opsigte anders, maar tog ook dieselfde: streng reëls; matrones wat vrees inboesem en ander wat liefderyke gemak uitstraal; hoë standaarde van gemeenskaplike higiëne; klokslag tye vir eet, bad, medisyne; tye vir ontspanning en aktiwiteite. Ons draai regs in die kamer in. Katrina deel dit met twee ander. Dis sesuur in die aand, maar sy lê reeds onder die komberse. Ek skrik effens: Daar waar sy in ’n bondeltjie opgekrul lê – ’n 30 kg brokkie mens van meer as 90 jaar. “Katrina?” lui my neef se vriendelike stem soos ‘n klok, altyd met ’n tikkie humor en draaksteek in ’n Kaapse brei. Sy draai om. “Is dit nou die tyd om hier aan te kom?” Sy brei nog meer as hy en ek wonder of hy dit by haar geleer het (nie sy ma of sy pa het gebrei nie). Haar stem kabbel helder, lewendig by haar mond uit. Sy het min plooie en sy lyk presies soos in die 1970’s, toe ons elke jaar by die familie in Gordonsbaai gaan vakansie hou het. “Kyk wie het ek saamgebring, Katrina,” sê my neef. “Klein Chris. Onthou jy hom nog?” “Klein Chris?” “Ja, Katrina,” sê ek. “Van die kitaar met die tjoing-tjoing!” “Tjoing-tjoing!” sê sy dadelik, sonder aarseling. Toe ek in matriek begin kitaar speel het, het ek vir ure lank ook daar by die familie gesit en speel, en het Katrina graag gepraat van hoe Kleinbaas Chris net heeldag sit en tjoing-tjoing.

DEUR CHRIS CHAMELEON

tjoing-tjoing Die gesprek verloop soos dit altyd verloop wanneer my neef by haar gaan inloer. Hy skerts met haar en sy skerts met hom terwyl hy verneem hoe dit met haar gaan, ’n gesonde dosis “onthou jy nog?” en navrae oor wat sy nodig het. Op die laaste vraag antwoord sy telkens (want die rondomtalie van die gesprek draai ’n paar keer daarlangs) dat sy ’n paar pennies nodig het. “Waarvoor, Katrina?” vra hy. “Ek wil ’n sak wyn koop!” antwoord sy vinnig. (Sy drink nie, sy skerts net. Die geld gee sy vir die kerk en koop lekkernye vir die ander oumense in die tehuis.) Ek voel die trane opwel. My gedagtes haas helder deur die afgelope bykans 50 jaar van my lewe, waarin Katrina se kameerol ’n gereelde verskyning gemaak het. Die tydsgees van die 70’s, 80’s, 90’s en daarna: hoe ons almal kinders in dungarees was wat baie van haar sorg nodig gehad het, hoe ons tieners geword het, gejol het, meisies gekry het, met haar wat soms raas, soms agter ons skoonmaak en www.solidariteit.co.za

65

06 / 2019

altyd eerlike en eenvoudige een-sin-kommentaar op ons doen en late gelewer het, soos oor hoe die huis verander het met my neefs, haar “seuns”, wat grootgeword het, vrou geneem het, die volgende geslag in die lewe gebring het … Ons groet, ’n drukkie van die verrimpelde en deur artritis kromgetrokke handjie; groete vir die twee ander ou dames in die kamer wat ook graag ’n stukkie van die sonskyn van ons besoek wil vang om die koue skaduwee van die alleenheid van bejaardes te verdryf. Stil stap ons in die blinkgepoleerde gang terug, terwyl my gedagtes raas. Katrina het vir tannie Ada grootgemaak, daarna het sy al tannie Ada en oom JC se kinders grootgemaak. Beide tannie Ada en oom JC is jare gelede reeds oorlede, en hulle seuns het die lief en leed, suksesse en teleurstellings van die dikwels onvriendelike, wispelturige wêreld vol onstuimigheid beleef en stry nou nog daarmee, soos die meeste van ons, op soek na … wel, dit weet ons nog nie. Katrina het al haar tydgenote, maar ook haar “baas” en haar “mies”, oorleef. Ek dink die hoofrede was dat sy baie eenvoud en min stres geken het. Haar lewe was in baie opsigte soos dié van ’n lid van ’n koninklike familie: Dit was nooit vir haar nodig om te wonder oor ’n dak oor haar kop of oor kos in haar maag nie. Sy het nooit gesoek na ’n doel in die lewe nie. Haar roeping was diens aan die familie. Daarin het sy vervulling en geluk gevind. Sy het nooit getrou of gebaar nie, maar sy het baie kinders en kleinkinders gehad vir wie sy lief het, wat haar lief het. Sy was altyd ’n gelukkige mens wat die huis se donker hoekies met humor en Kaapse kwinkslae verhelder het. En hier, op haar stokoudag, het sy veiligheid, word sy goed versorg, kry sy gereeld besoek van vyf seuns, kom sy niks kort nie en baai sy op die skemeraand van haar lang, lang lewe in ’n gemak en ’n vervulling wat vir weinig van hoër afkoms beskore is. Sonder om haar ’n enkele dag oor haar toekoms te besorg, het sy in haar vrolike, toegewyde eenvoud enduit die beste toekomsplan geleef.


MY GELD

Watter petrol is beter: 93 0F 95 OKTAAN?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

L

esers wat die petrolprys dophou, sal agterkom dat die gaping tussen petrol van 93 oktaan en 95 oktaan oënskynlik besig is om te rek. Vyf jaar gelede, in Oktober 2014, het ’n mens in die binneland R13,43 per liter betaal vir 93-oktaanpetrol en R13,61 vir 95 oktaan. Dit verteenwoordig ’n premie van 1,34% (18 sent) ten opsigte van 95 oktaan bo 93 oktaan. Tans, in Oktober 2019, is hierdie premie byna twee maal so hoog. 93 oktaan kos R15,79 per liter en 95 oktaan R16,21, ’n premie van 2,66% of dan ’n prysverskil van 42 sent. Die prys van 93-oktaanpetrol, terloops, het oor hierdie tydperk met gemiddeld slegs 3,3% per jaar gestyg. ’n Paar vrae duik op wanneer motorbestuurders die keuse tussen 93 oktaan en 95 oktaan moet maak: • Wat presies is die verskil tussen 93- en 95-oktaanpetrol? • Watter tipe enjin vereis 95-oktaan-

DEUR APPIE PIENAAR

petrol? • Is 95 oktaan ’n beter kwaliteit brandstof en sal my motor se enjin langer hou indien ek 95 oktaan gebruik? • Het 95-oktaanpetrol ’n beter werkverrigting sodat dit moontlik, ten spyte van die hoër prys, tot ’n algehele besparing kan lei? Die argument sou dan wees dat die addisionele afstand wat per liter afgelê kan word, vergoed vir die ekstra uitgawe. DIE VERSKIL TUSSEN 93- EN 95-OKTAANPETROL Anders as wat die meeste van ons mag dink, hou die oktaaninhoud van petrol nie verband met die energie-inhoud van petrol nie. Dit dui ook nie aan hoe “skoon” die petrol van onsuiwerhede is nie. Die oktaaninhoud is ’n aanduiding van die petrol se weerstand teen selfontbranding. Hoe hoër die oktaaninhoud, hoe hoër is die weerstand teen selfontbranding. Petrol met ’n hoë oktaan06 / 2019

66

www.solidariteit.co.za

inhoud kan dus hoë druk en hitte weerstaan sonder om te ontbrand. Die meeste voertuie (sowat 84% van alle voertuie op Suid-Afrikaanse paaie) word egter so ontwerp dat dit nie vir die enjin nodig is om onder buitengewone hoë druk te funksioneer nie. WATTER TIPE ENJIN VEREIS 95-OKTAANPETROL? Sowat 16% van Suid-Afrikaanse voertuie het hoëverrigting- of turbo-aangedrewe enjins. Turbo-enjins is ontwerp om onder hoër druk as ander enjins te funksioneer omdat die enjin spesifiek ontwerp is om ’n hoë werkverrigting te lewer. Hierdie enjins is wel ontwerp vir die benutting van 95-oktaanpetrol, en hoewel hulle goed sal funksioneer op 93 oktaan, is die werkverrigting beter op 95 oktaan. Hierdie voertuie se handleidings sal dan ook gewoonlik die bestuurder sterk aanraai om die hoër oktaan petrol te gebruik.


IS 95-OKTAANPETROL VAN ’N BETER GEHALTE AS 93 OKTAAN? 95-oktaanpetrol is nie “skoner” as 93 oktaan nie. Daar bestaan reeds vir jare voldoende standaarde en regulasies om te verseker dat petrol so suiwer as moontlik gelewer word. Stellings dat ’n enjin “skoner” brand met 95 oktaan as met 93 oktaan is dus gewoon nie geldig nie.

IS 95 OKTAAN MEER EKONOMIES? Daar is nie ’n merkbare verskil in ’n voertuig se brandstofverbruik wanneer 93-oktaanpetrol met 95 oktaan vergelyk word nie. Vir gewone vergasservoertuie sal daar ook nie ’n merkbare verskil in werkverrigting wees nie. Daar bestaan dus geen rede waarom die meeste voertuie (turbo-enjins uitgesluit) nie met 93-oktaanpetrol behoort te ry nie.

Wat is die regte brandstof vir my motor?

R33,90 per liter

Hongkong was volgens globalpetrolprices.com in Oktober 2019 die land met die duurste petrol. www.solidariteit.co.za

GEVOLGTREKKING Teen huidige pryse sal ’n 60-litertenk ongeveer R25 duurder kos om met 95 oktaan vol te maak as met 93 oktaan. ’n Persoon wat twee tenks per maand uitry, kan dus sowat R600 per jaar spaar deur bloot aan te dring op 93-oktaanbrandstof – ’n besparing wat nie te versmaai is in hierdie tyd van finansiële druk vir die meeste Suid-Afrikaners nie. BRON: NICOL LOUW

Dieselprys oor dekade Die prys van diesel (50ppm) het sedert Oktober 2009 van R6,72 (binneland) tot R14,88 in Oktober vanjaar opgeskiet. 67

06 / 2019


MY GESIN

TRADISIES FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

die grondslag van 'n hegte gesin

D

ie Desembervakansie is só naby dat jy al amper die sand tussen jou tone kan voel, die vars seebries kan ruik en die kinders se gelag op die strand kan hoor eggo deur die lug.

DEUR WILMARIE BRITS

die samelewing inpas. “Kinders wat gesinstradisies en positiewe herinnerings het, pas makliker in die samelewing aan en kan meer doeltreffend met ander mense omgaan.” Elke gesin het ’n stewige grondslag nodig om die aanslae van die lewe te oorleef en te verseker dat hulle nie in die gejaagde wêreld verby mekaar leef nie. Gesinstradisies kan dié fondament wees. Om saam met jou gesin uit te sien na ’n vakansie en ’n tyd van saamwees, dien as breekwater vir ons besige lewens. Tradisies ontstaan uit egte verbintenisse en word meestal oor ’n lang tyd gevorm. Enige geleentheid of gebeurtenis kan ’n tradisie word, byvoorbeeld etes, vakansiedae, Sondae of verjaarsdae. Gesinstradisies tydens Paasfees is gewoonlik gerig op die versterking van die gesin se geloofslewe, terwyl ontbyt “Tradisies gee karakter aan ‘n gesin in die bed vir die hele gesin saam wanneer omdat dit eie aan elke gesin is, ongeag verjaar meer of dit laf of diep, gevestig of ernstig is.” iemand op die versterking van gesinsbande fokus. Gesinne is kosbaar, en daarom moet Dimitris Xygalatas, ’n professor aan jy dié vakansie tyd maak om saam met die Universiteit van Connecticut, jou gesin nuwe dinge te ervaar en ryke meen dat hegte familiebande en herinnerings op te bou. Eindelik is tyd tradisies uiters belangrik vir kinders ons grootste geskenk aan mekaar. is omdat dit hulle leer waar hulle in

Vakansies bied vir jou uitgebrande siel ’n kans om te rus en herlaai, maar dis ook gesinstyd. Tyd is ongetwyfeld die grootste en kosbaarste geskenk wat jy aan jou gesin kan gee en bring ware vervulling. Van my beste herinnerings as kind, is ons Desembervakansies by die see. Ons het voor sonop reeds in die pad geval en het ’n paar uur later langs die pad stilgehou om blou gekookte eiers en koue hoenderboudjies vir ontbyt te eet. By ons bestemming aangekom, het ons aan draairoomys weggelê, klipvisse gevang en strandkrieket gespeel – dit het alles bygedra tot onvergeetlike grootwordjare. Volgens die kliniese sielkundige Elizma van der Smit skep gesinstradisies ’n veilige hawe en ’n gevoel van samehorigheid vir gesinslede.

06 / 2019

68

www.solidariteit.co.za


www.solidariteit.co.za

69

06 / 2019


Histories gesproke

EUGÈNE, RACHELTJIE & ANNIE DEUR ILZE NIEUWOUDT

R

KYK DIÉ

acheltjie de Beer se beweerde heldedaad het onlangs weer onder die soeklig gekom danksy die uitreiking van ’n gelyknamige rolprent oor dié volkslegende. Daar word lank reeds daaroor gegis of Racheltjie se verhaal feit of fiksie is. Maar hoe steek die Afrikaanse skrywer Eugène Marais in dié storie? En wie op aarde was Annie Lotrie? FEIT OF FIKSIE? ‘N ILLUSTRASIE VAN RACHELTJIE EN HAAR BOETIE.

FOTO’S: IMDB.COM & VERSKAF

Racheltjie de Beer

Die eerste verwysing na die verhaal van Racheltjie de Beer is opgeteken in Die Boerevrou van April 1921. Onder die opskrif “Twee dapper Afrikanermeisies” het Eugène Marais eers die lof van vroue se dapperheid in die verlede in die algemeen besing. Marais verwys na gevalle van “hoër dapperheid” en verduidelik dit soos volg: “[O]poffering van die lewe sonder enige dwang van selfbeskerming, alleen uit liefde vir die naaste gebore.” Die “twee dapper Afrikanermeisies” waarna Marais in sy artikel verwys, was Racheltjie de Beer en Annie Lotrie. Hoewel Racheltjie se verhaal dekades lank as die waarheid voorgehou is, het genealoë en historici sedertdien sterk argumente teen die historiese betroubaarheid van dié verhaal aangevoer. Daar is ook gewys watter sterk ooreenkomste Marais se Rachel-verhaal met die Amerikaanse heldin Hazel Miner toon. Miner is in Maart 1920 (sowat ’n jaar vóór Marais se Rachel-verhaal die eerste keer verskyn het) op 15-jarige ouderdom in Noord-Dakota dood. Die ooreenkomste tussen haar dood en Racheltjie s’n is onmiskenbaar – albei het in ’n sneeustorm saam met een of meer boeties en sussies vasgeval en albei het gesterf in ’n poging om die ander kind(ers) warm te hou. Die ooreenkomste én die tydsberekening van die dood van Miner en die eerste verskyning van Rachel in Suid-Afrikaanse skryfwerk kan moeilik toegeskryf word aan toeval.

Annie Lotrie

Annie Lotrie se verhaal het nie dieselfde kultusstatus behaal as Racheltjie se skynbaar fiktiewe verhaal nie. Wie was Annie?

DIE VERHAAL VAN RACHELTJIE DE BEER IS ONLANGS IN ROLPRENTTEATERS VRYGESTEL.

EUGÈNE MARAIS

In Marais se vertelling is Lotrie se voornaam as “Annie” aangegee, maar elders is dikwels na haar as “Helena” verwys. Haar heldedaad speel af op Sondag 8 Julie 1888 – toe Lotrie, “’n meisie van besondere skoonheid en minlikheid”, volgens Marais 18 jaar oud was. Die jeuggeskiedenistydskrif Historia Junior het later aangevoer dat sy 15 jaar was ten tyde van die voorval. Die Lotries was saam met ’n trekgeselskap van die Transvaalse gesant P.J. (Piet Jentelman) Grobler in Matebeleland (in die weste van die teenswoordige Zimbabwe) op pad na die Waterberg. Hier is hulle deur ’n plaaslike groep gewapendes omsingel. ’n Skermutseling het gevolg en Frans, Annie se pa, word ernstig gewond. Annie kon nie toekyk hoe haar pa weerloos afgemaai word nie en het hom te hulp gesnel, gewapen met sy poena. Frans het Annie probeer keer, maar hiervan wou die dogter niks hoor nie. 06 / 2019

70

www.solidariteit.co.za

Hieroor skryf Marais in 1921: “Maar in die hart van die edele meisie klink ’n hoër, luider roepstem; die dood is geen verskrikking meer nie. Sy hardloop tot by haar vader en spring voor om hom met haar eie lyf te beskerm. Sonder om skuiling te soek, sonder die minste teken van vrees of verwarring, begin sy op die stormlopende swartes [sic] te vuur … [Hul] hele vuur is vir oomblikke op die dapper meisie alleen gerig.” Daar is volgens oorlewering etlike kere op Annie geskiet en haar rok is getref, maar sy het ongedeerd daarvan afgekom. Kort voor lank het die aanvallers die aftog geblaas. Marais hou vol dat Annie deur haar heldedaad “almal se lewe gered het”. Die wete dat Racheltjie se verhaal dalk fiksie is, is ’n ontnugtering vir talle. Tog het haar storie deur die jare waardevolle lesse geleer oor dapperheid, veiligheid en liefde, en verdien dit steeds ’n plek in ons volkslegendes.


Flip Buys se nuutste boek bied pad van hoop &

TOEKOMSVISIE

B

edrog, korrupsie, misdaad. Suid-Afrika se magdom probleme klink soms soos vergesogte fiksie. Intussen staan die Afrikaner midde-in dié storm en is uiteraard nie onaangeraak deur die uitdagings van die dag nie. Inteendeel, die Afrikaner staan voor ’n ernstige bestaanskrisis. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, is op 9 Oktober in Pretoria bekendgestel. Dié boek ondersoek op ’n brutaal eerlike wyse die redes vir die Afrikaner se bestaanskrisis en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon. Buys verskaf ook ’n padkaart na die enigste beskikbare én werkbare oplossing – groter selfbestuur – met planne om uitvoering daaraan te gee. Volgens die demograaf en oudrektor van die Universiteit van Pretoria, prof. Flip Smit, lewer Die pad na selfbestuur ’n toekomsvisie en ’n pad van hoop. “Dit is ryk aan internasionale en nasionale voorbeelde van selfbestuur wat die skrywer, soos altyd, op ewewigtige, beskeie maar kristalhelder wyse oordra. Dié boek kom in ’n tyd waarin wit mense (by name Afrikaners) onder geweldige druk verkeer. Dit verdien derhalwe nie net ’n wye leserskring nie, maar doelgerigte aansporing.” • Die pad na selfbestuur is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R300.

DEUR ILZE NIEUWOUDT

Maak 2020 propvol kleur met kalender

B SPEEL SAAM

Prettige bordspel vir die hele gesin

A

s jy dié Desembervakansie bietjie tyd saam met jou gesin weg van selfoon- en televisieskerms wil deurbring, is BogWoordKies die antwoord. Dié prettige woordbordspel is volgens die skeppers daarvan ’n kombinasie van die bekende bordspeletjies Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary, maar strek terug tot die 17de eeu. Spelers span hul beste bluftegnieke, mimiekkuns, sketsvaardighede, algemene kennis én natuurlik ’n goeie dosis geluk in om die nagenoeg 1 000 vreemde woorde wat in die speletjie gebruik word, baas te raak. BogWoordKies is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R400. • Bestel dié bordspeletjie aanlyn by www.kraaluitgewers.co.za www.solidariteit.co.za

71

06 / 2019

oekliefhebbers weet een ding – byna enige stukkie papier, strokie of kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n Boekmerkkalender met die wyse en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk. Dié kalender het 12 afsonderlike geperforeerde kaartjies wat jy maklik kan afskeur sodra die maand verby is om dan as ’n boekmerk gebruik te word. Dit kan ook as geskenkkaartjie ingespan word. Kleurvolle ontwerpe laat die woorde van beminde skrywers soos M.E.R., Eugène Marais en N.P. van Wyk Louw herleef én voortleef in dié Kraal Uitgewers-boekmerkkalenders vir 2020. • Besoek www.kraaluitgewers.co.za om jou bestelling te plaas.


in Retrospek

Diep, donker, geduldig D

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

DEUR MARIETHA MALAN

iep, donker en geduldig – dis my garage. Dis meer as ’n dubbelgarage. Agter die een helfte is ’n ekstra diep gedeelte, maar ongelukkig weet my vyf kinders dit ook. Elkeen wat trek of deur ’n nuwe lewensfase gaan, kom los “tydelik” ’n vraggie goed in die garage. Klaar matriek geskryf? ’n Boks ou skoolboeke kom in die garage. Trek terug van die koshuis af? ’n Klomp ou joolblaaie, foto’s, briefies van ’n vergete liefde, ou gordyne en opgebruikte skryfbehoeftes kom in die garage. Klaar getrou? ’n Versameling botteltjies, stokballe en oorskiet bedankingskaartjies word in kratte of bokse in die garage gebêre. Van stukkende, halwe en leë goed praat ek nie eers nie. Die wasmasjien breek, maar kan dalk nog reggemaak word en dit wag dus geduldig in die garage. Vir jare. ’n Ou lamineermasjien; ’n rolstoel, later twee; ’n klitser; ’n stokou naaimasjien; verf wat nie heeltemal opgebruik is nie – die blikke wag in die garage tot die verf kliphard is; ’n ou voëlhok wag vir ’n nuwe voël wat nooit gaan kom nie; ’n fiets met net een wiel; drie vergane stoele; twee opgebruikte matrasse; ou planke; stapeltjies teëls en halwe sakke sement. Daar is selfs ’n sak swart kole wat wie-weet-waarvandaan kom. Kort, hardwerkend en geduldig – dis my William. William is my getroue, flukse tuin-cum-nutsman wat al donkiejare lank my tuin in orde hou en dinge regmaak. William haat wanorde. Die diep, donker garage vervul hom dus met wrewel, maar geduldig stapel hy bokse opmekaar, maak hake waaraan die stukkende goed kan hang, maak selfs ’n ekstra platform vir nog nuttelose goeters wat redelik netjies gestoor kan word, maak rakke vir die blikke. Tot selfs sy planne opraak en hy eendag met gevoude arms my voor die garage inwag toe ek van die winkel af kom. “Wanner,” wil hy weet, “gan ons hierie garage nou regpak. Hier is baaie goete wat nie werk nie.” Ek stel die taak uit en uit. My gedul-

dige garagepakker begin met ’n sluwe sloerstaking. Die goed wat in die garage beland, word nie meer netjies op stapels gepak nie maar onordelik gelos. Naderhand kan ek dit self nie meer uitstaan nie. “Die garage is onherstelbaar,” kla ek by my kinders. “Julle moet julle goed kom vat, of ek gaan sommer ’n stok dinamiet daar insteek en ’n nuwe garage bou.” Almal lag lekker en belowe halfhartig om hulle goed te kom kry. Eendag. Wat ’n nooit-kom-dag is. Eindelik staan ek op ’n Saterdag op en besluit: Vandag is die dag. Ek huur ’n sleepwa. William glimlag van oor tot oor. Van douvoordag af dra ons bokse uit. Ek probeer nog ’n bietjie deurkyk en uitsorteer, maar William slinger voor die voet dinge op die sleepwa. Ek herontdek heelwat kosbaarhede: foto’s waarvan ek al vergeet het, kinders se sertifikate, ’n sak sagte speelgoed wat nog heeltemal mooi is en wat dalk nog kinderharte kan bly maak, ’n vingerbakkatel-bord wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Ek maak ’n hopie vir elke kind, maar smyt weg wat stukkend en nutteloos is. Teen die einde van die dag lyk die garage stukke beter. Dis nog nie dolleeg nie, maar ordelik, ligter en skoongevee. Toe ek die volgende oggend kreunend uit my bed orent kom met pyne in spiere waarvan ek nooit eers geweet het nie, vra ek myself die onvermydelike vraag: Hoekom, o hoekom het ek dit so lank uitgestel? Hoekom het ek soveel nuttelooshede versamel? Hoekom hou ’n mens stukkende dinge en pak leë blikke op rakke? En ek besef dat my diep, 06 / 2019

72

www.solidariteit.co.za

donker binneste dieselfde soort regpak nodig het. Ek hou onnodig vas aan ’n klomp bitter herinneringe, lank vergane moeilikhede wat ek nou op ’n sleepwa moet slinger sodat ek my gedagtes kan orden, skoonvee en vorentoe gaan. Dan praat ek nie eers van lank gekoesterde slegte gewoontes, ja sondes wat in bokse in die donker hoekies van my hart gestapel word nie. Dit veroorsaak dat ek die kosbare goeie gawes wat die Here vir my gee, nie eers meer raaksien nie. Dit is toe onder die stof van my eie dwaasheid. Ek wil orde skep, die vensters oopgooi, die lig laat inkom! Ewig, liefdevol en geduldig – dis ons hemelse Vader. Hy is die bron van lig, van vreugde en verlossing. Hy het Sy Seun gegee vir ons sonde-pakkaas. Die garage het nou twee jaloerse bewakers. William en ek is nou ewe ongeduldig wanneer iemand dit wil waag om ’n ding daar in te dra. Ons hou van die orde en die lig. Dis mos soos dit hoort!


Solidariteit kantore

LANDWYD TOT JOU DIENS Bellville

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Bloemfontein

Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg

Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee en Jannem Goussard • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville

André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

Kathu

Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Santie Pearson • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Richardsbaai Klerksdorp

Coenie Rheeder, Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

Lydenburg Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Port Elizabeth Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Pretoria (Centurion)

Etienne Janse van Vuuren, Renate Barnard, Zirk Gouws, Fanus Maritz, Helgard Cronje, Johan Botha, Danielle van Heerden, Marike Pitzer, Sanri Stone, Linda Senekal, Nadine Botha, Henco Breytenbach en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 011 388 9828 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA • 0861 25 24 23

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg

Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda

Andy O’Toole Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

Welkom

Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Toit Roux, Pieter van Zijl en Jo-Ann Potgieter • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


in Beweging

Hand vir hand

DIE TOEKOMS TEGEMOET

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

S

o, hoe gaan ons nou in Suid-Afrika vorentoe? Ons praat graag oor alles wat gedoen moet word. Om ’n lys te maak van alles wat verkeerd is, is maklik. Maar praatjies en gedagtes en baie slim menings oor hoe om ons omstandighede te verander, bring geen oplossings nie. Sommige mense vind hul sekuriteit daarin deur dít wat wel gedoen word, te kritiseer. Self doen hulle nie veel om dinge te verander nie. Kla is maklik. Die vraag is dus: Hoe maak ons werklik ’n verskil? Die antwoord is eenvoudig, tog ingewikkeld: Dít wat die hart voel en die mond praat, moet die hande doen. Ons by Solidariteit Helpende Hand besef dit terdeë. ’n Mens kan nie die hele wêreld red nie en jy kan nie orals ’n verskil maak nie, maar daar waar jy doen, moet jy doeltreffend, opreg en met gevoel doen. Die fokus is op doen. Vra jouself af: Wat doen jy met jou hande? Ons kan tot in oneindigheid praat oor alles wat gedoen moet word, of ons kan opstaan en iewers begin. Daarom is Helpende Hand begin – om te doen. As ons terugkyk, is presies dít gedoen: gedink, gepraat en toe gedoen. En vandag doen ons steeds. Hand vir hand skep ons strukture, brei ons die organisasie se maatskap-

DEUR HANNES NOËTH

like been uit, hef ons gemeenskappe op en stig ons studiefondse. Ons maak soms foute, soms moet ons oor begin. Meestal is ons hulpbronne te min en ons kapasiteit ’n uitdaging. Ons moet vrae beantwoord oor wat ons doen en wat ons nie doen nie. Ons ken die Afrikaner met sy baie vrae, onafhanklike denke en behoefte na vryheid – so ’n gemeenskapsplan is nie noodwendig maklik nie. Tog het ons hand vir hand begin. Ja, ons verander soms rigting en ons erken as iets nie werk nie. Ons huil oor waar ons nie kan doen nie, maar ons is opgewonde oor waar ons kan doen. Ons bid. Ons bid baie – vir die mense met wie ons werk, vir die middele wat daar moet wees, vir die mense wat die werk moet doen, maar ons bid veral vir hande wat nie verskonings soek vir wat gedoen moet word nie. Elke hand van die Beweging is ’n doen-hand – as dit nie so is nie, verloor ons die stryd, ook teen armoede. Ons moet leer doen met die hande wat ons het. Die beste Helpende Hand is die een aan die einde van jou arm. Ons moet mense leer om vir hulself te doen. Ons moet mekaar herinner om vir mekaar te doen. Ons moet leer onthou dat bou saam gebeur en nie alleen nie. As mense ophou praat, kom min mense dit agter. As iemand egter ophou doen – iemand wat opreg en doelge06 / 2019

74

www.solidariteit.co.za

drewe doen – dan is dit ’n reuseverlies. Daar is net een manier vir die Afrikaner in Suid-Afrika om die toekoms in te gaan en dit is deur te doen – self en vir mekaar. Daarsonder is die grootste armoede ons voorland. Ons voorgeslagte het self gedoen, self gebou, self geskep. Daarom moet ons hoor, oordink en begin doen. Solidariteit Helpende Hand sê die werk is baie, maar as ons begin om hand vir hand ’n verskil te maak, gaan ons saam vorentoe: • Hand vir hand na ons bejaardes (wanneer laas het jy by ’n bejaarde gekuier?) • Hand vir hand na ons kinders (het jy al bygedra vir ’n graadeentjie se skooltassie vir 2020?) • Hand vir hand na ons studente (is jy deel van ’n gemeenskap wat werk vir ’n studiefonds?) • Hand vir hand na ons gestremdes (het jy al op ’n manier probeer om ’n gestremde te ondersteun?) • Hand vir hand na maak nie saak waar nie (het jou hand vandag gedoen, gewerk of het jy net gekla?) Helpende Hand sê ons wil nie deel wees van die probleem nie, ons wil deel wees van die oplossing – hand vir hand. • Hannes Noëth is besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.


www.solidariteit.co.za

75

06 / 2019



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.