Solidariteit Tydskrif 2014 Uitgawe 1

Page 1

VRY,

VEILIG, VOORSPOEDIG

Helpende Hand

belê R1,5 miljoen in gemeenskappe AfriForum:

Safe, prosperous communities possible

Vakbond gee pas aan met veiligheid en gesondheid 01 • 2014

www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683

562000

FOKUS

BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID BLADSY 34

Solidariteit

APP Renate Barnard:

“Ek’s dankbaar ondanks die diskriminasie”

IS UIT

DIE MOU Solidariteit nou in die palm van jou HAND

EKONOMIE

* SA het groter koek nodig

* Is there hope for economy? * Gesonde bestuur maak vakbond voorspoedig

Solidariteit Beweging

* Financial freedom to retire

* Spaar nou vir kind se opleiding




inhoud

01 2014

14

GEREELD

6 7 8

54 68 70 73

Met die intrapslag Vry, veilig en voorspoedig in 2014 Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Die pad na vryheid, veiligheid, voorspoed Jy & die reg Diensbeëindiging by voorlopige likwidasie Membership Buckets full of benefits for our members Dienskantore Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep In retrospek Oor skool, hamsterwiele en liefde

NUUSWAARDIG

10 12 13 14 16 18 20 22 24 25 26 28 28

Solidariteit nou in die palm van jou hand Gesonde bestuur maak vakbond voorspoedig Ons kán vry, veilig en voorspoedig hier voortleef Maak SA se ekonomie-koek groter Is there hope for the South African economy? Swak argumente soos gif vir goeie saak ’n Saak van struikelblokke, hoop en geloof Vang vandag vryheid in foto vas Baie dankie aan al ons getroue lede! Lidmaatskap: Groeiende boom van hoop Sakeplankompetisie bemagtig entrepreneurs Begin solank sak skud vir jou kind se opleiding Never see matric as the be-all and end-all – Solidarity

BEDRYFSNUUS

30

31 32 33 42 42

25

’n Jaar propvol uitdagings lê voor vir alle bedrywe Shop stewards important links in the Solidarity chain Onwrikbare organiseerders sorg vir puik resultate High Court orders commissioner to adhere to agreements Financial freedom to retire A big blue discovery at Cullinan

IN BEWEGING

43 44 45 46 47 48 50 51 56 58 60 62 64 65 66 71 72

Raak aktief en red jou dorp Free, safe, prosperous communities possible Bewaar druppel vir druppel Armoede: R1,5 miljoen in gemeenskappe belê Boerbokke laat klein entrepreneur Eddie groot wen Bekendes maak tas(sie)bare verskil Ambagsopleiding: Só het wetgewing verander Sol-Tech steeds die beste keuse Sosialisme in Kuba: Waarom werk dit nie? Teken jou toekoms as ’n argitek oop Voorspoedig in 2014 – by huis en werk Betrokke burgers kan tweede Zim verhoed Mapstieks, dis lekker by Maroela Media Vele variasies van vryheid, veiligheid en voorspoed Konsentrasiekampherinneringe Solidariteit-lid verwys en wen wiele ’n Juweel van ’n (Taal)monument

50

“Ons voorouers het deur koeksisterverkopings, muntleggings en straatkollektes talle hospitale, skole, kerke en ouetehuise gebou. Ons het hul SUKSESRESEP gemoderniseer en dit is ’n strategie waarmee ons van magtelose staatsafhanklikheid na GROEIENDE SELFSTANDIGHEID beweeg.” ~ Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit ~



met die intrapslag

N

Johan Kruger is hoof van kommunikasie en die Solidariteit Navorsingsinstituut.

FOTO’S: REINT DYKEMA; ISTOCKPHOTO.COM

Vry, veilig en voorspoedig in 2014

6

amens ons almal by Solidariteit wens ek al ons lesers en ondersteuners ’n voorspoedige en geseënde 2014 toe! Mag ons almal in die jaar wat voorlê vry, veilig en voorspoedig wees in ons geliefde land Suid-Afrika. Met die eerste weke van die nuwe jaar wat reeds vinnig verbyflits, begin die herinneringe aan die afgelope feestyd en vakansie saam met geliefdes en vriende stadig maar seker ook weer vervaag. Onthou jy nog die lui agtermiddae, wandelings op die strand of in die natuur, lag en gesels om die braaivleisvuur, stiltye om te dink aan die jaar wat verby is en die een wat voorlê? Dis mooi herinneringe wat ons moet koester om ons deur 2014 te sien. Die Desembervakansie is ook mos wanneer daar ’n “wapenstilstand” heers en almal ’n onuitgesproke ooreenkoms aangaan om vir ’n paar dae of weke net eers ’n blaaskans te vat voordat die stryd weer hervat word. Maar elke ding in hierdie wêreld het sy tyd, sê die prediker, en so het die tyd van rus nou weer plek gemaak vir roetine en werksverantwoordelikhede. Sommige van ons se kinders is terug skool toe en al die skoolaktiwiteite het reeds in erns afgeskop. Ander begin dalk by ’n nuwe werk met nuwe uitdagings, terwyl diegene wat werkloos is, met nuwe ywer na ’n betrekking soek. Hoe dit ook al sy, die nuwe jaar laat jou maag sommer op ’n knop trek – deels weens die onsekerheid oor wat in die toekoms lê, maar ook weens die opwinding oor ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings wat voorlê. Solidariteit se strewe is om in 2014 weer ons beste te doen om daartoe by te dra dat ons lede en hul gemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan wees. Ons werk is om vir jou te werk deur te verseker dat hierdie oogmerk in die komende jaar ’n groter werklikheid word. Maar wat beteken hierdie woorde “vry, veilig en voorspoedig” en wat gaan ons doen om dit ’n werklikheid te maak? Ons wil hê dat ons lede vry moet wees –

DIT VAT DIE KOEK! Lees op BLADSY 16 wat Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, oor Suid-Afrika se ekonomie-koek skryf.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

vry om te gedy te midde van die politieke en ekonomiese werklikhede in ons land; vry van onbillike regstellendeaksiemaatreëls en rasbehepte wetgewing; vry om keuses te maak oor hul loopbane, hul gemeenskappe, hul taal, hul skole en hul toekoms; vry om die regering tot verantwoording te roep. Ons wil hê dat ons lede veilig moet wees – veilig in die wete dat hul werk veilig is, maar ook veilig in ’n land wat deur misdaad geteister word. Ons moet veilig wees in ’n werk waar ons werkgewers die belangrikheid van beroepsgesondheid en -veiligheid verstaan; ons moet veilig wees om vrae te kan vra, om te kan bevraagteken en om standpunte te opper. Ons wil hê dat ons lede voorspoedig moet wees – voorspoedig in hul werk, hul huisgesinne en hul persoonlike lewens; voorspoedig in hul gemeenskappe en sakeondernemings; voorspoedig met die skep van hul eie ruimtes en werklikhede in omstandighede waar die staat steeds groter inmenging in die ekonomie en eiendomsreg voor oë het. Ons gaan in 2014 aanhou fokus op werkbeskerming en beroepsgesondheid en -veiligheid. Ons regsafdeling sal voortgaan om ons lede in regsake en met regsadvies by te staan. Ons stryd teen onbillike regstellende aksie en onbillike swartekonomiesebemagtigingspraktyke sal in felheid toeneem en ons gaan verskeie sake in die arbeidshof, die arbeidsappèlhof, die hooggeregshof, die gelykheidshof en die konstitusionele hof beveg. Ons organiseerders, dienskantore, verteenwoordigers en dienssentrums staan reg om ons lede landwyd te bedien en by te staan binne die onderskeie bedrywe waarin ons kollektief organiseer. Akademia, Solidariteit se tersiêre opleidingsinstansie, sal gedurende 2014 voortgaan om opleiding te gee wat ons lede en ander sal bemagtig om die arbeidsmark suksesvol te betree. Hier vat ons hande met Sol-Tech, die tegniese opleidingsinstelling binne die Solidariteit Beweging, en Helpende Hand, wat besef dat opheffing FOKUS OP BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID

34

Solidariteit onderteken nuwe verdrag, slaan slag teen kommissaris en gee die pas aan in bedryf.

deur opleiding van kardinale belang is. Solidariteit sal in 2014 sy belastingveldtog verskerp en meer indringend fokus op verbruiker- en munisipale sake om ons lede te beskerm en te bemagtig. Ons sal ons stryd teen korrupsie en misdaad verskerp om hierdie twee bedreigings wat verhinder dat ons lede veilig en voorspoedig kan wees, saam met ander instansies binne die Solidariteit Beweging teen te werk. Dit en nog vele meer lê in 2014 vir ons voor. Kom lees meer in hierdie uitgawe van wat aan die gebeur is binne Solidariteit en die Solidariteit Beweging. Mag die reis van 2014 vir ons almal ’n gelukkige een wees, en mag u hierdie volgepakte uitgawe van ons tydskrif geniet.

JOHAN KRUGER REDAKTEUR

APP IS UIT DIE MOU!

Laai Solidariteit se splinternuwe app af en staan die kans om ’n Samsung Galaxy Tab 2 7”-tablet te wen! ~ BLADSY 10


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.blog.soldariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE

H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300

0861 25 24 23

REDAKTEUR

EDITOR

Johan Kruger

KOPIEREDAKTEUR

COPY EDITOR

NUUSREDAKTEUR

NEWS EDITOR

Nico Strydom

Cilleste van der Walt

Land van melk en heuning?

Jy moet Suid-Afrika tydens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland aan die res van die wêreld VERKOOP. Hoe sal jy die land beskryf? • Jan Roodt: Fantastiese vooruitsigte, as ons die regering kan verander. • Amicus Alberts: Die land in Afrika met die meeste potensiaal, afhangende van die menslike faktor. • Louwrens Nieuwoudt: ’n Land met uiteenlopende en ryk kulture, die mooiste natuurskoon, ’n bestepraktyk-grondwet en regstelsel en die finansiële hart van Afrika. • Dereck Le Roux: Suid-Afrika is nie meer die land van melk en heuning wat dit was nie. Moenie dat politici julle bedrieg nie. • Cecilia O’Connell Behrens: ’n Land wat baie werk en tyd nodig het om reggeruk te word.

MENINGSPEILING

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Dink jy Suid-Afrika is vry, veilig en voorspoedig? A Ja, ek voel vry, veilig en voorspoedig hier. B Nee, daar is nog ’n ver pad om te stap. C Ja en nee, sekere aspekte bied vryheid, veiligheid en voorspoed, maar nie almal nie. Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

• Jamien van Heerden: Suid-Afrika is die toonbeeld van demokrasie, ryk aan minerale, edelgesteentes en ontginbare energiebronne. Ryk aan grond vir saai-, vee- en wildsboerderye. Ryk aan infrastruktuur soos hawens, lughawens en padnetwerke om bogenoemde te benut en te ontgin. Maar arm aan produktiwiteit. Arm aan veiligheid en arm as gevolg van ’n regering wat korrup is. • Yvonne van der Linde: Dis die pragtigste land in die wêreld, maar ook die gevaarlikste. • Sonja van Meyeren: Die ware omstandighede sodat almal kan sien wat hier aangaan, want hulle het ’n verkeerde beeld.

www.solidariteit.co.za

WEBREDAKTEUR

WEB EDITOR

Daleen Gouws

ADVERTENSIES

ADVERTISEMENTS

Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP

Martie Maree

TAALVERSORGING

Aksent Media

INTEKENARE

Elna Botes

LANGUAGE EDITING

SUBSCRIPTIONS

Heleen Nortjé REKENINGE

DESIGN

ACCOUNTS

MEDEWERKERS

CONTRIBUTORS

Sebastian Biehl, Alana Bailey, Danie Brink, Flip Buys, Johan Böning, Ian Cameron, Gideon du Plessis, Chris du Plessis, Juanita du Preez, Reint Dykema, Daleen Gouws, Mariné Jacobs, Julius Kleynhans, Moira-Marie Kloppers, Kallie Kriel, Paul Mardon, Philip Minnaar, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Ernst Roets, Francois Smit, Inge Strydom, Nico Strydom, Herman Toerien, Anton van der Bijl, Cilleste van der Walt en Karin Venter. UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE LAYOUT, DESIGN, REPRODUCTION

VRYHEID IN DIE WERKPLEK Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. Ons beskerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! • Om jou adres te verander, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za

Tel: 082 445 4513 DRUKWERK

aksentmedia@vodamail.co.za

PRINTING

Paarl Media Gauteng VERSPREIDING

DISTRIBUTION

Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

7


SPREEKBUYS

vryheid,

D I E PA D N A

’n

veiligheid, voorspoed

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Die doel van die Solidariteit-vakbond is om ons lede met ’n GOEIE WERK te help. Dit spruit uit wêreldwye meningspeilings dat die grootste behoefte onder mense is om ’n goeie werk te hê. Die rede hiervoor is dat ’n goeie werk ’n voorwaarde is om ’n goeie lewe te kan lei. Elke mens het sy of haar eie siening van wat ’n “goeie werk” en ’n “goeie lewe” behels, maar daar is ook baie ooreenkomste, skryf FLIP BUYS, uitvoerende hoof van Solidariteit.

8

Goeie werk behels vir die meeste mense werksekerheid, ’n billike inkomste, bevredigende werk, ’n redelike gehalte van werkslewe, gelyke geleenthede, regverdige behandeling, veilige en gesonde werksomstandighede, ’n sinvolle werk, opleiding- en ontwikkelingskanse, en inspraak in sake wat hulle raak. ’n Goeie lewe beteken vir die meeste mense dat hulle werk hulle in staat moet stel om hul

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

gesinne na behore te versorg. Daarom verwag hulle ’n billike vergoeding in ruil vir hul werk, wat aan hulle ’n goeie lewensstandaard kan bied. Almal wil voorspoedig wees, wil graag ordentlike huisvesting hê en byvoordele soos ’n mediese en ’n pensioenfonds om vir hul oudag te kan sorg. Daarby wil hulle lewensmiddele soos kos, vervoer en ander noodsaaklikhede kan bekostig, en darem nog geld oorhê om die lewe te geniet. Daarom is ons besig om seker te maak dat alles

wat ons in Solidariteit doen, daartoe moet bydra om ons lede met ’n goeie werk te help. Solidariteit glo dat ’n goed opgeleide, goed betaalde en produktiewe werkmag ’n noodsaaklike voorwaarde is vir Suid-Afrika om te werk. Dit is ’n voorwaarde vir die verbetering van ons nasionale lewensstandaard, wat die eintlike doel van ’n ekonomie is. Derdens is ’n topgehaltearbeidsmag ’n voorwaarde vir die oplossing van brandpunte soos armoede en werkloosheid.


SPREEKBUYS

R16,6 miljoen

Omdat die welstand van ’n land deur die welstand en gehalte van sy werkmag bepaal word, doen ons by Solidariteit alles in ons vermoë om ons lede met hul werk te help.

Welstand Omdat die welstand van ’n land deur die welstand en gehalte van sy werkmag bepaal word, doen ons by Solidariteit alles in ons vermoë om ons lede met hul werk te help. Omdat mense in die praktyk betaal word volgens hul bydrae tot die maatskappy, glo ons dat opleiding die belangrikste sleutel tot ’n beter werk is, en word opleiding ’n al groter fokus van die vakbond. Ons droom is dat alle lede en hul gesinne die geleentheid moet kry om hul vermoëns ten volle te ontwikkel deur meer opleidingsgeleenthede beskikbaar te stel. Daarom onderhandel ons op maatskappyforums vir toegang tot opleiding, stel ons rentevrye lenings aan lede en hul kinders beskikbaar, en bou ons Solidariteit se eie tegniese kollege en Akademia as ’n universiteit-in-wording verder uit.

Zimbabwe-les Maar ons moet ook na die groter prentjie kyk. Die les van Zimbabwe is dat werkersregte afhang van burgerregte. Die aantasting van burgerregte het daar tot ’n skrikwekkende werkloosheidskoers van 94% op sy hoogtepunt gelei. Die bekende arbeidsekonoom dr. Frans Barker het gesê dat burgerlike en politieke vryhede ’n voorvereiste vir werkersregte is. Daarom het Solidariteit ook die Solidariteit Beweging gestig, ’n moderne helpmekaarbeweging wat die dienste aan ons lede en hul gemeenskappe help lewer wat die staat nie meer wil of kan lewer nie. Die probleem is dat die staat al meer op grond van ras teen minderhede diskrimineer, wat hul grondliggende belange en grondwetlike regte in die gedrang bring. Vir ’n land om suksesvol te wees, moet die staatsektor, privaat sektor en gemeenskapsektor suksesvol wees. Ons werkterrein is hoofsaaklik die gemeenskapsektor, hoewel ons doen wat ons kan om die ander twee sektore ook te help om te slaag.

se rentevrye studielenings kon danksy ons lede se bydraes vanjaar toegeken word. Boonop gaan Helpende Hand vanjaar 1 200 wiskunde-onderwysers oplei en ’n Wiskunde-sentrum gaan saam met Virseker by Sol-Tech geopen word.

Menseregtehandves Die Suid-Afrikaanse Grondwet se Handves van Menseregte staan op drie pilare, naamlik vryheid, gelykheid en menswaardigheid. Hoewel dit vir almal in die land moet geld, is minderhede se vryheid, gelykheid en menswaardigheid in die gedrang. Die groeiende sosialisme in die land stel mense se vryheid en gelykheid in gevaar, en deur onbillike diskriminasie word hul menswaardigheid aangetas. Hoewel die regerende party baie doen om hierdie regte vir sy ondersteuners te bevorder, word dit ongelukkig in die praktyk ten koste van die regte van minderhede soos Afrikaners gedoen. Daarom is ons strategie nie uitsluitend nie, maar insluitend: Ons wil sorg dat hierdie regte vir ons lede en minderheidsgroepe ook geld. Ons gun alle Suid-Afrikaners hul grondwetlike regte, maar ons eis dit vir onsself ook op. Die Solidariteit Beweging se droom is om te help dat Afrikaners en ander Westerlinge ook ’n toekoms kan hê waar hulle blywend vry, veilig en voorspoedig kan bestaan. Dit sal hulle in staat stel om ’n volhoubare bydrae te lewer tot die vryheid, veiligheid en voorspoed van almal in die land. Vermenigvuldigingstrategie Die strategie om hierdie doelwitte te bereik, is ’n “vermenigvuldigingstrategie.” Ons beskik nie oor die staat se belastinginkomste of maatskappye se aandelekapitaal nie, daarom gebruik ons die klein bydraes van duisende lede doeltreffend deur dit in die praktyk te vermenigvuldig. Kom ons kyk na drie voorbeelde van hierdie strategie in aksie. Solidariteit-lede dra elkeen R5 per maand tot die Opleidingsfonds by, terwyl baie lede ook maandelikse skenkings aan Helpende Hand maak. Duisende lede is ook kliënte van die Solidariteit Groep se korttermynversekeringskema wat Auto & General vir ons bedryf, met die doel om vir lede ’n goedkoper premie te bied waarop ’n

klein kommissie verdien word. Hierdie bydraes is maar klein, maar saam maak dit ’n groot verskil. Danksy almal se gesamentlike bydraes kan Helpende Hand vanjaar sowat R16,6 miljoen aan rentevrye studielenings uitbetaal. So maak ons saam grootgeld van kleingeld! Helpende Hand se projek om wiskunde te bevorder, is ook ’n goeie voorbeeld van vermenigvuldiging. Ons Skolesentrum gaan vanjaar 1 200 wiskunde-onderwysers oplei. Hulle gee elk skool vir ten minste 150 kinders, wat beteken ons opleiding raak 180 000 hoërskoolkinders. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), wat deel van Helpende Hand se Skolesentrum is, gaan ook ’n Wiskundesentrum by Sol-Tech bedryf, wat deur Virseker gefinansier gaan word om vakleerlinge met opleiding te help. AfriForum is ook ’n goeie voorbeeld van vermenigvuldiging. Die direksie van die Vegkop Monument naby Heilbron het by AfriForum om hulp aangeklop omdat die terrein geen staatsubsidie vir instandhouding ontvang nie. Die gemeenskap by Vegkop het saamgestaan en naamlyste vir AfriForum gestuur van mense wat bereid was om maandelikse bydraes te maak. AfriForum se oproepsentrum het in ’n rekordtyd die R12 000 per maand ingesamel wat nodig is om die monumentkompleks in stand te hou. Groeiende selfstandigheid Hierdie selfhelpstrategie is nie ’n kitsresep vir alles nie, maar ons voorouers het deur koeksisterverkopings, muntleggings en straatkollektes talle hospitale, skole, kerke en ouetehuise gebou. Ons het hul suksesresep net gemoderniseer, en dit werk! Dit is ’n strategie waarmee ons van magtelose staatsafhanklikheid na groeiende selfstandigheid beweeg. Ons uiteindelike mikpunt is om ’n toekoms te skep waarin ons ook tuis is. Dit is ’n toekoms waarin ons ook blywend vry, veilig en voorspoedig sal wees. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

9


NUUSWAARDIG

Die app is uit die mou

Solidariteit nou in die palm van jou hand

D

Solidariteit het ’n nuwe fase in die digitale era en vakbondwese betree met die bekendstelling van sy toepassing (app) vir slimfone. Solidariteit is die eerste Suid-Afrikaanse vakbond om ’n app bekend te stel en neem sodoende die voortou in MODERNE VAKBONDWESE.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

aleen Gouws, hoof van Solidariteit se afdeling vir elektroniese kommunikasie, sê die app sal Solidariteit-lede bemagtig deur hulle in staat te stel om maklik met die vakbond te kommunikeer en toegang tot hulpmiddels vir administratiewe en informatiewe doeleindes te verkry. “Die doel van die app is onder meer om te verseker dat die vakbond – ons lede se ouboet in die werkplek – altyd byderhand is en om Solidariteit-lede se lewens te vergemaklik deur hulle tyd te bespaar. Dit verseker ook dat Solidariteit tred hou met die jongste neigings en sal help om jongmense op ’n byderwetse wyse bewus te maak van die belangrikheid van beskerming in die werkplek.” Gouws sê die app kan byvoorbeeld gebruik word om by die vakbond aan te sluit.“’n Lid kan ook vinnig die vakbond se ledegids naslaan om hom of haar te vergewis van die voordele wat lede geniet. Die app stel lede verder in staat om ’n arbeidsprobleem aan te meld en die nodige regsbystand te verkry. Solidariteit Tydskrif is nou net ’n klik weg, terwyl lede ook vinnig na al die nuutste nuus rakende die vakbond se bedrywighede kan loer.” Gouws sê daar sal deurlopend daaraan gewerk word om die bestaande app op te skerp, te verbeter en te vergemaklik ten einde te verseker dat dit aan Solidariteit-lede se behoeftes voldoen.“Ons werk reeds aan die volgende fase waar ons baie meer wil bied, soos die moontlikheid dat lede elektronies hul lidmaatskapinligting op datum kan bring en ledekaarte kan besigtig.” Die Solidariteit-app is beskikbaar in ’n Android- en ’n iOS (Apple)-weergawe. S

10

Laai dit af by app.solidariteit.co.za Jy staan die kans om ’n Samsung Galaxy Tab 2 7”-tablet te wen! Bepalings en voorwaardes beskikbaar by www.solidariteit.co.za

APPLE GEE COCA-COLA GAS

Apple het Coca-Cola onttroon as die waardevolste handelsmerk ter wêreld. Coke was vir 13 jaar boaan dié lys. Volgens Interbrand is Apple se handelsmerkwaarde $98,3 miljard, gevolg deur Google op $93,3 miljard en Coca-Cola op $79,2 miljard in die derde plek.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

TIEN KERSIES VIR FACEBOOK Facebook is tien jaar oud! Mark Zuckerberg (29) het dié sosiale netwerk in Februarie 2004 in sy Harvard-koshuiskamer as “theFacebook” begin. Faceboek spog nou met 1,2 miljard gebruikers. Twitter, wat sedert 2006 bestaan, het op sy beurt 240 miljoen aktiewe gebruikers.



NUUSWAARDIG

Gesonde bestuur maak vakbond voorspoedig

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Solidariteit gaan van krag tot krag ondanks die druk van ’n verswakte ekonomie en finansiële struikelblokke wat ander vakbonde onderkry. APPIE PIENAAR, die vakbond se finansiële hoof, vertel wat Solidariteit se wenresep is wat die vakbond in staat stel om finansiële struikelblokke te oorkom. CILLESTE VAN DER WALT het met hom gesels.

12

Wat is Solidariteit se wenresep? Solidariteit probeer sover moontlik om die teoretiese beginsels van gesonde finansiële bestuur in die praktyk toe te pas. Dit sluit die volgende kernbeginsels in: • Behoorlike begrotingsbestuur. Ons doen moeite om ’n realistiese begroting op te stel waarby die onderskeie afdelingbestuurders kan inkoop. Die begroting word streng bestuur en afdelingbestuurders doen maandeliks verslag oor afwykings binne hul begrotings. • Verslagdoening. Die finansiële afdeling doen maandeliks verslag aan die vakbond se uitvoerende komitee asook aan die hoofraad, en jaarliks aan die nasionale raad. Alle belangrike finansiële besluite word binne hierdie vergaderings geneem. • Goeie korporatiewe bestuur. Solidariteit het ’n doeltreffende finansiële en risikobestuurskomitee wat die rol van ’n ouditkomitee vervul. Hierdie komitee bestaan uit Solidariteit se finansiële bestuur, finansiële kundiges binne die hoofraad en ’n onverbonde geoktrooieerde rekenmeester. Dié komitee keur die begroting, risikobestuursplan en finansiële state goed en doen aanbevelings aan die hoofraad met betrekking tot die vakbond se finansies. • Oudit. Solidariteit se finansiële state word jaarliks deur onafhanklike ouditeure geoudit, en jaar ná jaar ontvang ons ’n ongekwalifiseerde ouditverslag. • Interne beheermaatreëls en gedokumenteerde finansiële beleid. Hierdie beheermaatreëls word jaarliks deur die ouditeure beoordeel. Die ouditeure maak ook voorstelle ter verbetering van die beheeromgewing. • Opbou van bates. Solidariteit belê in ander instellings wat mettertyd weer finansieel kan bydra tot voordeel van ons lede. ’n Voorbeeld hiervan is Solidariteit Helpende Hand wat studiebeurse beskikbaar stel vir ons lede se kinders. Solidariteit belê ook in groeifondse, aandele en eiendom waarop ons sou kon terugval indien nodig. • Personeel. Solidariteit doen moeite om die regte personeel in sleutelposisies aan te stel. Hoe verskil dit van ander vakbonde? ’n Mens wil jou nie graag te veel uitlaat oor die UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Ons sien baie uit na die jaar wat voorlê en glo ons strategie vir die groeifase waarin Solidariteit hom tans bevind, gaan nuwe energie in die vakbond losmaak.

bestuur van ander vakbonde nie. Tog is dit so dat ’n mens soms in die media lees van beskuldigings van korrupsie teen die leierskap van sommige van die groter vakbonde in ons land. Hoeveel hiervan waar is en hoeveel politiek is, is moeilik om te beoordeel. Solidariteit se finansiële bestuur is egter bo alle verdenking soos wat ons ongekwalifiseerde ouditverslae jaarliks aandui.

Is Solidariteit ’n moderne organisasie wat sy finansiële bestuur betref? Beslis. Solidariteit belê groot bedrae om te verseker dat sy stelsels op peil is en veral ons ledeadministrasiestelsel is wêreldklas. Die lof wat ons van ander vakbonde, plaaslik en internasionaal, ontvang, getuig hiervan. Solidariteit belê ook in sy personeel en moedig hulle aan om hulle verder te bekwaam en op hoogte te bly met die nuutste ontwikkelinge in die finansiële omgewing. Hou Solidariteit se finansiële bestuursmodel vir sy lede enige voordeel in? Indien ons ons lede se ledegeld behoorlik bestuur, hou dit uiteraard groot voordele vir ons lede in. Die oogmerk is om elke rand sover moontlik te rek ten einde die beste moontlike diens aan ons lede te lewer. Hierdie diens sluit regsadvies, sterfte- en begrafnisvoordele, ’n bevallingsvoordeel, studiehulp deur middel van Akademia, gereelde nuusbriewe en ons tydskrif in, om net ’n paar te noem. Die belangrikste is dat ons lede beskerming in die werkplek geniet. Ons lede ervaar boonop die bevrediging dat instellings soos Solidariteit Helpende Hand, Afriforum en Sol-Tech wat met hul bydraes op die been gebring is, nie net ’n diens lewer aan die breër gemeenskap waarvan hulle deel is nie, maar ook terugploeg in Solidariteit se aktiwiteite. Wat is jou vooruitsigte vir die jaar wat voorlê? Dit bly maar altyd ’n uitdaging om ’n begroting te bestuur en 2014 gaan geen uitsondering wees nie. Die skielike verswakking van die rand teen die einde van verlede jaar gaan ’n groter invloed hê as wat ’n mens besef – dit is nie net regstreekse uitgawes soos reiskoste wat geraak word nie, maar dit verhoog ook die lewenskoste vir ons lede en potensiële lede. Dit plaas weer druk op die behoud van bestaande lede en werwing van nuwe lede. Ons sien egter baie uit na die jaar wat voorlê en glo ons strategie vir die groeifase waarin Solidariteit hom tans bevind, gaan nuwe energie in die vakbond losmaak. Spesifieke doelstellings binne die Solidariteit Beweging is om instellings soos die FAK, Akademia en Maroela Media tot groter finansiële selfstandigheid te lei. S


V

NUUSWAARDIG

Ons kán vry, veilig en voorspoedig hier voortleef ry, veilig en voorspoedig! Hierdie drie woorde is vandag meer as goud werd en beskryf dít wat noodsaaklik is vir die skep van ’n toekoms waarin ons Westerse kultuurgemeenskap in Suid-Afrika kan voortleef. Ons glo dat ons as ’n minderheid nie moet fokus op hoeveel ons tel nie, want dan sal ons altyd aan die verloorkant wees. Ons moet eerder fokus op hoeveel ons weeg, want ons weeg swaarder as ons getalle. Ons gewig word bepaal deur die vlakke van ons onderwys en opleiding, werkywer, ondernemerskap, produktiwiteit, en kultuurkrag waardeur ons gemeenskap verantwoordelikheid vir homself en sy toekoms neem. Ons gewig word nie bepaal deur wat ons as organisasie sê nie, maar deur wat ons doen. Daarom is die vakbond en die Solidariteit Beweging ’n moderne helpmekaarbeweging,

Deur Cilleste van der Walt

’n selfdoenbeweging wat nie sit en wag vir beter dae nie, maar aktief aan sy toekoms werk. Die toekoms van werk is deurslaggewend as ons nie werkloos in die verlede wil agterbly nie. Die feit is dat onstuitbare dryfkragte soos nuwe tegnologie en globalisering die wêreld én die werkplek verander. Daar gaan in die toekoms net twee klasse mense wees, naamlik opgeleide kenniswerkers en ’n groot massa werkloses. Hierdie historiese omwenteling – wat in omvang en gevolge groter as die Nywerheidsrewolusie gaan wees – kan en gaan nie gekeer word nie. Die sleutel tot oorlewing in die toekoms gaan goeie onderwys en opleiding wees – nie net eenmalige opleiding nie, maar lewenslange leer in ’n tyd waar alles bykans daagliks verbeter en verander. Daarom het ’n vakbond wat sy lede en hul kinders se belange op die hart dra, geen ander

keuse as om vir hulle geleenthede te skep om aan die voorpunt van hul vakgebied te kom en te bly nie. Die ideaal is dat almal wat verdere opleiding wil ondergaan, toegang daartoe moet hê. In ’n tyd waarin ons gemeenskap nie op ’n gelyke speelveld meeding nie, sal ons as minderheid die meerderheid kennis moet hê om blywend voorspoedig te kan wees. Singapoer se jare lange leier, Lee Kuan Yew, het die land se suksesresep soos volg saamgevat: Almal moet hul volle potensiaal verwesenlik en geen talent mag vermors word of verlore gaan nie. Daarom moet die vakbond daarop toegespits wees om sy lede en sy gemeenskap te help om hul volle potensiaal te verwesenlik. Dít is ons taak waarmee ons ’n goeie toekoms vir die volgende geslag moet skep. S


NUUSWAARDIG

Maak SA se ekonomie-koek groter

S

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; AKSENT MEDIA

Volgens die drieparty-alliansie moet aggressiewe transformasie en radikale ekonomiese skuiwe plaasvind om die driedubbele uitdaging van ongelykheid, armoede en werkloosheid te beveg. Benewens reeds erkende struikelblokke staan hindernisse waaroor geswyg word, soos omgekeerde rassisme, etnisiteit en ’n uitgediende ideologie, in die pad van die edele doelwit wat die alliansievennote nastreef. Dié drie hindernisse is nie net vernietigend nie, maar onderstreep ook die geweldige uitdaging om ARBEIDSVERHOUDINGE in die land te verstaan en te stabiliseer, skryf GIDEON DU PLESSIS.

14

olidariteit moes onlangs inderhaas ingryp om ’n plofbare situasie te ontlont toe ’n prominente Cosatuvakbond en sy lede gedreig het om die Medupi-projek tot stilstand te bring as gevolg van bewerings dat Solidariteit se voltydse verteenwoordiger ’n hoër vergoeding ontvang as die ander vakbond se voltydse verteenwoordigers. Die ondersoek het egter getoon die totale kostepakket van die gegriefde vakbond se voltydse verteenwoordigers is R8 000 hoër en hul byvoordele R15 000 meer as wat Solidariteit se verteenwoordiger ontvang. Hoewel die teendeel dus waar was, naamlik dat Solidariteit se amptenaar ’n reusagtige

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

R23 000 slegter daaraan toe is, is geen verskoning aangebied nie en die teleurstelling was duidelik groot dat die bewering vals was. Hierdie en vele soortgelyke voorvalle van omgekeerde rassisme wat Solidariteit-lede en -verteenwoordigers gereeld ervaar, laat ’n mens besef hoe die verlede steeds tot wantroue in die hede lei. Die realiteit is dat een voorval normaalweg die kunsmatigheid van verhoudinge in die werksplek blootlê. ’n Ander sensitiewe verskynsel wat in die verlede op die een of ander wyse bestuur is, maar in die hede polities en kultureel te sensitief is om aan die groot klok te hang, is die voorkoms van etniese bewustheid.

WHAT IS THE CAKE THEORY? The Cake theory is a metaphor for economic development and the redistribution of wealth in the political discourse of China. It emerged in 2010 as problems with an increased wealth gap became gradually more apparent. If economic development is seen as analogous to baking a cake, one side of the debate suggests that development should focus on ‘dividing the cake more fairly,’ while the other says development should be focused on ‘baking a bigger cake.’


NUUSWAARDIG

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe het onlangs aan Solidariteit verduidelik hoe die hostelle in sy tyd as mynwerker volgens etniese groepering ingedeel was en hoe die afskaffing van dié praktyk en die huidige spanning tussen trekarbeiders en die plaaslike myngemeenskap onderliggend is aan die huidige toename in geweld. ’n Baie prominente mynbouwerkgewer het juis onlangs aan Solidariteit geopenbaar watter groot uitdaging die wrywing tussen etniese groepe vir hulle geword het. Dit is ook duidelik waarneembaar in die dinamika en magspel tussen die etniese groepe binne Amcu-geledere by hierdie betrokke werkplek, deurdat hierdie vakbond se lede in drie afsonderlike etniese groepe om die onderhandelingstafel gegroepeer is. Die dominansie van een etniese groep bo ’n ander ten opsigte van leierskapposisies in ’n vakbond, is ’n knelpunt wat van buite duidelik sigbaar is, maar waaroor daar nog nooit openlik gepraat is nie. Hierdie verskynsel het egter die potensiaal om hernude spanning in veral die platinumgordel te laat herleef as dit nie ontlont word nie. Die derde diepliggende uitdaging vir arbeidsverhoudinge is die ideologiese onderbou van ’n vakbond. Solidariteit is gebou op die Christen-Demokratiese tradisie van vakbondwese en ons ondersteun die vryemarkstelsel as ekonomiese model, ten spyte van die enkele gebreke daarvan. Cosatuvakbonde en ander vakbonde soos Amcu steun die sosialistiese ekonomiese model en poog deurgaans om dit te bevorder. Volgens laasgenoemde model is die werkgewer die uitbuiter van die werker en die simbool van ongelykheid. Die aanval op die vryemarkstelsel het ook ’n ekonomiese asook ’n rasgedrewe invalshoek. Hierdie groepering slaag tans in hul doel om die vergoeding tussen ongeskoolde en vaardige werknemers te verklein en gepaardgaande onoordeelkundige transformasieprogramme te steun wat vaardige werknemers ontmoedig of uit die land dryf. Die hartseer ironie is dat besigheid oor die algemeen nie die “geveg om

idees” verstaan nie en in gebreke bly om die vryemarkstelsel te verdedig. Die diepliggende aard van die sosialistiese ideologie binne die drieparty-alliansie is ervaar toe ’n prominente regeringsleier onlangs te velde getrek het teen Solidariteit se weerstand teen die beoogde koolstofbelasting wat na ons mening oorbelaste werkgewers verder benadeel. Die regeringsleier se argument was dat die nuwe vorm van belasting noodsaaklik is om onder andere maatskaplike toelae te finansier, ’n argument waarmee Solidariteit lynreg verskil omdat maatskaplike toelae ’n afhanklike en onproduktiewe samelewing skep. Volgens Solidariteit skep hierdie omgekeerde rassisme, etnisiteit en ’n uitgediende ideologie ’n plofbare arbeidsverhoudingeklimaat en gee dit aanleiding tot ’n sakeomgewing wat beleggers afskrik en tot gevolg het dat die ekonomiese koek verklein word. ’n Groter ekonomiese koek is nodig om meer werksgeleenthede, bevorderingsgeleenthede en beter vergoeding vir werknemers te skep en daarmee saam die middelklas te groei. ’n Groter ekonomiese koek beteken ook meer belastinginkomste vir die regering om daardeur leemtes in dienslewering aan te pak en verkiesingsbeloftes na te kom. Die oplossing vir armoede, ongelykheid en werkloosheid kan slegs gevind word deur pragmatiese leierskap van alle belanghebbende partye wat diepliggende verskille en ideologieë vir ’n tyd lank opsyskuif en ’n gemeenskaplike doel nastreef om die koek te vergroot, sodat daar uiteindelik meer is waarmee “benadeeldes” deur vaardigheidsopheffing bevoordeel kan word. Die alternatief is dat dit eers baie slegter sal gaan weens vakbondgeweld en -wedywering, afleggings, tenderkorrupsie en ondoeltreffende dienste en produkte wat verder toeneem; vakbondlidmaatskap en kapitaaluitbreidingsprojekte wat verder afneem; meer beleggers wat onttrek; maatskappye en instansies wat verder afgegradeer word en werkers en kiesers wat aanhou om vakbonde en politieke partye se valse beloftes te glo. As die realiteitsbesef dan uiteindelik intree, soos in Kuba die geval was, kan die stadige ommekeer begin. Dit is egter nooit te laat vir ’n tydige oplossing nie. Suid-Afrika hét die wenresep beet – ons leiers moet net bereid wees om agter die stoof in te skuif om die groter koek te bak, en ’n goeie voorbeeld te stel deur daarna self op te ruim. • Gideon du Plessis is hoofsekretaris van Solidariteit. S

PYNLIKE PETROLPRYS

Stygende brandstofpryse ruk verbruikers se sak behoorlik. Die prys van 93 oktaan (binneland) het begin Februarie op R13,75 per liter te staan gekom, terwyl die prys van diesel R13,11 per liter is. Die prys van petrol en diesel was ’n jaar gelede onderskeidelik R12,06 en R11,29 per liter. Bron: www.aa.co.za

Nuwe koers inslaan Die Reserwebank het ontleders en leners einde Januarie verras met ’n repokoersverhoging van 0,5 persentasiepunte tot 5,5%. Dit is die eerste repokoersverhoging sedert 2009 toe Gill Marcus president van die Reserwebank geword het. Daar word verwag dat dié stygende siklus teen middel 2015 ná stygings van 2 tot 2,5 persentasiepunte tot ’n einde sal kom.

ALLEMINTIGE AMCU-AMOK Meer as 70 000 Amcu-lede het teen druktyd reeds twee weke lank by Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin gestaak. Volgens dié drie platinumreuse verloor hulle daagliks R200 miljoen in produksie as gevolg van die staking. Platinumaandele het in Januarie op hul laagste vlak in agt jaar verhandel. www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

15


NEWSWORTHY

Is there hope for the South African economy?

P

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

At the beginning of the new year, numerous South African economists painted a rather gloomy picture of this year’s economic outlook. The writing is on the wall: South Africa has the WORST ECONOMIC GROWTH in the world, while the unemployment figure leaves much to be desired.

16

aul Joubert, senior researcher at the Solidarity Research Institute, is of the opinion that there is no reason to believe that the local economy as a whole would experience a notable boom or a sharp downswing this year. “It looks as if the sideward drift in the economy will continue. Many an inhibitor, such as the inability to meet the demands for electricity and appropriate skills, are still putting the brakes on the economy,” he explains. “Furthermore, the efficiency of companies and small businesses is still being hamstrung unnecessarily by the arbitrary implementation of rules and regulations and the general red tape associated with the former.” But what can government do to get the South African economy back on track? Joubert is of the opinion the question should rather be rephrased to ask what government should stop doing in order to create a favourable climate for economic progress. He suggests the following: • The state should fully or partially privatise state institutions such as Transnet and the South African Airways (SAA), or should allow more competition in these industries. Fact is the majority of state companies are managed in an inefficient manner and exclude the possibility of healthy market competition. • Government should relieve general tax. In Joubert’s opinion, a lighter tax burden would increase employment and would result in an increase in sustainable investment. • Many pieces of legislation that could potentially undermine private property rights must be reformed or abolished, including legislation such as the draft Expropriation Bill, as well as the draft Promotion and Protection of Investment Bill.“The latter will not promote investment in the country but would indeed achieve the opposite,” Joubert holds.“Moreover, in the long run, workers will suffer as a result of the legislation because growth and development of companies and organisations will be impeded by a reduction in investment.” • Arbitrary legislation creates an unfavourable investment environment. “For example,

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

By Inge Strydom

various pieces of legislation contain clauses in terms of which important aspects pertaining to an issue are simply left to the discretion of a minister or a government official. Such arbitrary practices create huge uncertainty amongst potential and existing investors.” • Joubert is also of the opinion that the South African Police Service (SAPS) would have to play a bigger role in the prevention of violent labour unrest.“The police will have to start distinguishing between protected strikes, which are simply the lawful withholding of labour, and violent riots.Those who are guilty of crimes such as damage to property or assault during such events must personally be brought to book,” Joubert suggests. Mike Schüssler from economists.co.za shares the opinion that unnecessary red tape should be abolished to counter the inhibitory effect it has on businesses. “Rules and regulations should facilitate the running of businesses and should not make things more difficult,” is Schüssler’s advice. Furthermore, he is of the opinion that all state monopolies ought to be dissolved to ensure healthy competition. S

BULL AND BEAR MARKETS The terms “bear” and “bull” are thought to derive from the way in which each animal attacks its opponents. That is, a bull will thrust its horns up into the air, while a bear will swipe down. These actions were then related metaphorically to the movement of a market: If the trend was up, it was considered a bull market; if the trend was down, it was a bear market. Historically, the middlemen in the sale of bearskins would sell skins they had yet to receive. As such, they would speculate on the future purchase price of these skins from the trappers, hoping they would drop.The trappers would profit from a spread – the difference between the cost price and the selling price. These middlemen became known as “bears”, short for bearskin jobbers, and the term stuck for describing a downturn in the market. Because bears and bulls were widely considered to be opposites due to the once-popular blood sport of bull-and-bear fights, the term bull stands as the opposite of bears.


Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.* • • • •

Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

aksent media • 082 445 4513

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Skakel ons vandag nog by

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277


NUUSWAARDIG

Swak argumente soos gif vir goeie saak

T

Suid-Afrikaners is terdeë bewus van die groeiende gaping tussen die wêreldwye ophemeling van Nelson Mandela en die swak ANC-regering wat hulle daagliks ervaar. Die ikoniese status van oudpres. Mandela het die regering tot nou toe grootliks beskerm teen die normale INTERNASIONALE KRITIEK wat swak regerings toekom, maar die onlangse uitjouery van pres. Jacob Zuma voor die oë van die hele wêreld is ’n teken dat hierdie politieke wittebrood tot ’n einde gekom het, en dat ons regering nou soos enige ander een geoordeel gaan word, skryf FLIP BUYS. erwyl wêreldleiers in hoogs idealistiese terme oor Mandela se nalatenskap van grondwetlike demokrasie, nierassigheid en menseregte praat, beleef Suid-Afrika die groeiende Zumafisering van die land. Waar Mandela die simbool van ’n waardige staatshoof was, struikel Zuma van die een skandaal na die ander. Hoewel dit nie hier ter sake is hoe die verheerliking van Mandela met sy werklike historiese rol vergelyk nie, is die kontras tussen die aansien van die twee staatshoofde duidelik vir almal om te sien.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Van “wonderwerk” tot gewoon Daar is veral vier onderliggende kwelpunte oor die huidige stand van Suid-Afrika. Die eerste is dat die “wonderwerkskikking” van 1994 nou net ’n gewone meerderheidsregering geword het met die gepaardgaande geldige kommer oor meerderheidstirannie. Die tweede kwelling is dat Suid-Afrika nou net ’n gewone Afrikastaat geword het met die “gewone” probleme soos korrupsie, wanbestuur en selfs staatsverval. Derdens blyk dit al duideliker dat die ANC tydens die Kodesa-onderhandelings net toegewings gemaak het om die mag te kry, en dat hulle dié mag nou gebruik om hul oorspronklike sosialistiese doelwitte te verwerklik. Laastens kon ’n mens nie help om verbaas te luister hoe wêreldleiers ons nierassige bedeling prys terwyl ras weer ’n sentrale beleidsbepaler in die land geword het nie.

18

Edele bepalings vs harde werklikheid Dit lyk of hierdie kwelpunte tot ’n groeiende vervreemding tussen talle Afrikaners en die ANCregering gelei het. Mense voel dat die gaping tussen die edele grondwetlike bepalings en die harde werklikheid al groter raak. Baie Afrikaners voel dat die ANC “teen” hulle regeer, en dat hul grondliggende belange skade ly. Die feit dat ’n invloedryke deel van die liberale Afrikaner-elite nie hierdie gevoel van benadeling deel nie en dit bykans aktivisties ontken, vererger die gevoel van uitsluiting wat baie Afrikaners ervaar. UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Geen sprake van kleurblindheid ’n Kommerwekkende gevolg van hierdie vier kwelpunte en veral die omvattende herinstelling van rassebeleidsrigtings, is dat baie Afrikaners hulle geregtig voel om rassisties daarop te reageer. Dis veral die feit dat die ANC hoogheilig opgee oor sy kleurblindheid terwyl ras in die praktyk ’n sentrale uitgangspunt van sy beleid is, wat baie Afrikaners woedend maak. Hierdie rassistiese woede is veral in die elektroniese media sigbaar, waar mense veiliger voel omdat hulle anoniem is. Die probleem is dat die gebruik van rassistiese argumente Afrikaners se saak ernstig benadeel. Dit help nie om ANC-rassisme as regverdiging vir Afrikaner-rassisme te gebruik nie. Dis veel beter om eerder aan die regte kant van die argument te bly en die ANC toe te laat om homself te diskrediteer. Afrikaners is net soos alle ander landsburgers volgens die Grondwet geregtig op vryheid, gelykheid en menswaardigheid. Daarom het Afrikaners ’n goeie saak, en dis stiksienig om dit self met swak rassistiese en moreel-tereggestelde argumente te benadeel. Al wat sulke mense regkry, is om gematigde Afrikaners te vervreem

en vyande van ander rassegroepe te maak. Rasse-argumente bevestig die vooroordele wat daar teen Afrikaners bestaan, dis ’n politieke doodloopstraat en ’n verleentheid vir die oorgrote meerderheid Afrikaners wat rassisme soos ’n aansteeklike siekte vermy. Wedersydse erkenning en respek Die Solidariteit Beweging se droom is om ’n toekoms te help skep waarin Afrikaners ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees. Die voorwaarde hiervoor is wedersydse erkenning en respek tussen al die groepe in die land. Dit kan slegs bereik word as mense mekaar se menswaardigheid respekteer. Dit help nie om teen rassisme te veg, maar dan self rassisties te wees nie. Afrikaners is vandag gewilde teikens van talle wette, beleide en regeringsuitsprake.Ten spyte van of selfs as gevolg daarvan, het ons ’n goeie saak en groeiende aansprake op regmatige beskerming en die bevordering van ons ideale. Maar dan moet ons nie polities selfmoord pleeg deur die goeie saak waarvoor ons staan met swak argumente te vergiftig nie. Ons toekoms verdien beter. S



NUUSWAARDIG

Renate Barnard vs SAPD

’n Saak van struikelblokke, hoop en geloof

R

“Die wete dat die enigste struikelblok tussen jou en die volgende hoër rang jou VELKLEUR is, is ’n ongelooflike magtelose gevoel. My werk is nie vir my net ’n bron van inkomste nie, maar werklik ’n roeping. Die gevoel wat ’n mens ervaar as jy waarlik ’n verskil in ander se lewens kan maak, kan nooit met geld gekoop word nie.” Só sê lt.kol. Renate Barnard. NICO STRYDOM het met haar gesels.

FOTO’S: REINT DYKEMA

TYDLYN

enate Barnard veg al die afgelope agt jaar om in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevorder te word. Ná die hoogste hof van appèl se uitspraak ten gunste van Barnard, het die SAPD onlangs aangedui dat hy appèl gaan aanteken en beplan om die saak tot in die konstitusionele hof te beveg. “Ek is nou al so lank met die litigasieproses besig dat ek werklik geen illusies meer het nie. Ek weet dit is presies wat dit is – ’n proses. Die konstitusionele hof is net die laaste stap in hierdie lang proses. Ek staan verstom oor die vasberadenheid van die polisie om die saak te bly opponeer, maar aan die ander kant besef ek as dit ons was, sou ons beslis ook die saak verder gevoer het,” sê Barnard. Sy het haar grootwordjare in ’n polisiekantoor deurgebring.“Ek was ses jaar oud toe die eerste vrou as volwaardige polisielid in die destydse SAP ingesweer is en daar het my groot droom ontstaan om ook eendag daardie blou uniform met trots en waardigheid te kan dra.” Barnard het ’n passie vir mense, veral dié in nood.“Ek het geweet dat ek in die polisie my roeping sou kon uitleef – om te beskerm en te dien.” Barnard het goed presteer op skool en kon verder by ’n universiteit studeer het, maar sy het gekies om ná matriek by die polisie aan te sluit.“Ek het vinnig deur die range gevorder, van onderoffisier (konstabel, sersant, adjudantoffisier) tot offisiersrang (luitenant en kaptein). Sedert 1997 tot 2010 het ek die rang van kaptein gedra – ek het in hierdie tydperk vir meer as 70 poste aansoek gedoen, maar was nooit suksesvol nie.

20

1976

Duveen Botha word die eerste polisievrou in Suid-Afrika. Die sesjarige Barnard sê aan haar pa (haar pa en oupa was albei polisielede) dat sy ook eendag by die polisie gaan aansluit.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

1989

Barnard begin haar loopbaan van 24 jaar by die polisie in Januarie 1989.

1997

Barnard kry bevordering tot die rang van kaptein.

2005

Die SAPD skep ’n nuwe superintendentpos (volgens die ou range) om normale en prioriteitsklagtes nasionaal te hanteer. Barnard gaan in November vir ’n onderhoud en word as die beste kandidaat deur ’n paneel aanbeveel.

2006

Geen aanstelling word gemaak nie en die pos bly vakant. Dit word in 2006 weer geadverteer. Sy word weer as die beste kandidaat aangewys en haar aanstelling deur die afdelingskommissaris aanbeveel. Die nasionale polisiekommissaris weier die aanstelling op grond van diensgelykheid.


NUUSWAARDIG

“Ek was deur en deur gekwalifiseer (deur God se genade) vir die poste waarvoor ek aansoek gedoen het en die multikulturele onderhoudpaneel het my kwalifikasies, ervaring en gesindheid jeens my werk (in daardie stadium was dit om klagtes teen die polisie te ondersoek) in hul motivering aan die nasionale kommissaris weergegee. Tog was ek telkemale die pos ontsê as gevolg van die feit dat ek ’n wit vrou is.” Ondanks dié terugslae is dit vir Barnard steeds belangrik om die publiek se vertroue in en siening van die SAPD te herstel.“Daar was soveel aangrypende en hartseerverhale in die sake waarmee ek te doen gehad het. ’n Verwese boere-oom van Piketberg het byvoorbeeld sy enigste seun as gevolg van ’n wrede moord verloor en die moordenaars se enigste ‘buit’ was ’n goedkoop selfoon. Ná jare se gesukkel met die ondersoekbeampte wat nie in die saak belanggestel het nie, het die oom ons genader, die dossier is nagegaan, nuwe opdragte is uitgereik, ’n ander ondersoekbeampte is aangestel en die verdagtes is opgespoor.” Die saak dien tans in die hooggeregshof in Pretoria. Barnard onthou ook die geval van ’n tienermeisie wat as vermis aangegee is.“Ná ons toetrede tot die saak, meer as drie jaar nadat sy weggeraak het, is daar gevind dat sy op dieselfde dag van haar verdwyning wreed verkrag en vermoor is en as ’n naamlose begrawe is.” Barnard se verhaal is ’n storie van hoop.“Die Renate-verhaal is nie uniek nie. Daar is duisende ander Renate Barnards daar buite. Baie het soortgelyke ervarings. Die reaksie van die publiek is snaaks en ek staan soms verstom. Mense sal my op straat voorkeer en vra of dit ek is wat die polisie hof toe vat. Ek en my ma het eendag in ’n restaurant gesit en ’n man en sy vrou het naby ons gesit en die heeltyd na ons gestaar. Toe ons opstaan en wou loop, het hulle my voorgekeer en gevra of ek Renate Barnard is. Dit blyk toe dat hulle albei onderwysers in die staatsdiens is en hulle was verheug oor die uitspraak. “Dit is ongelooflik om te sien hoeveel swart mense my ook ondersteun en aanmoedig. Dit is dan wanneer ek opnuut besef dat almal net ’n plekkie in die son wil hê.”

2007

’n Saak van onbillike diskriminasie (op grond van ras) word na die arbeidshof verwys.

2010

Die Johannesburgse arbeidshof beslis op 26 Februarie 2010 in Barnard se guns.

Ek weet dat Hy my die krag en genade gee om my doel hier in ons land na die beste van my vermoë uit te leef. En as dit is om op te staan teen ’n onreg soos die huidige toepassing van regstellende aksie, dan sal ek dit doen met die toerusting en hulpmiddele wat Hy my gee.

Barnard sê dis nie maklik om ’n grief teen jou werkgewer in te stel nie, maar as jy in jou saak glo dan moet jy vasbyt en nooit tou opgooi nie. “Ek weet dat Hy my die krag en genade gee om my doel hier in ons land na die beste van my vermoë uit te leef. En as dit is om op te staan teen ’n onreg soos die huidige toepassing van regstellende aksie, dan sal ek dit doen met die toerusting en hulpmiddele wat Hy my gee. “Die proses is lank, die pad soms baie swaar en moeilik, maar dan weer – ‘God doesn’t call the qualified, He qualifies the called’. As ek terugkyk oor die agt jaar wat ons die pad stap, staan ek net verstom oor die Here se goedheid, sy goddelike beskerming en dan weet ek Hy sal ons deursien en deurdra tot eer van sy naam.” • Die SAPD het in Januarie vanjaar aansoek gedoen om verlof tot appèl. Solidariteit staan dit teen en die saak word op 20 Maart 2014 in die konstitusionele hof aangehoor. S

2011

Die respondente word verlof tot appèl toegestaan. Die appèl word op 4 Mei 2011 aangehoor.

2012

Die arbeidsappèlhof beslis op 2 November 2012 in die SAPD se guns.

2013

Solidariteit se appèl word op 6 November 2013 aangehoor. Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein beslis op 28 November 2013 in Barnard se guns.

SAAT-lugvaarttegnici: Stel drie vakbondlede aan óf vergoed hul, beslis hof

S

Deur Nico Strydom

olidariteit en South African Airways Technical (SAAT), die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het ’n skikking bereik waarvolgens drie van die vakbond se lede in lugvaarttegnikusposte aangestel moet word of vergoeding moet ontvang. Die skikking is ’n bevel van die hof gemaak. Solidariteit het namens die drie lede ’n saak van onbillike diskriminasie op grond vas ras aanhangig gemaak. Die SAAT het kort ná die aanvang van die verhoor by die arbeidshof in Johannesburg aangedui dat hy met Solidariteit wil skik. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê volgens die hofbevel moet Casper Hendrik Mulder met onmiddellike effek in die pos van lugvaarttegnikus, ’n pos waarin hy reeds waarneem, aangestel word. “Daar is ook verder beveel dat Marthinus Cornelius Coetzer, wat intussen die diens van SAAT verlaat het, vergoeding van meer as R159 000 moet ontvang. Dit het gevolg nadat daar vroeër ’n skikking met Ettienne van der Berg bereik is waarvolgens hy terugwerkend tot April 2011 as lugvaarttegnikus aangestel sal word. Hy het ook reeds in die pos waargeneem. Die hof het beveel dat SAAT die grootste gedeelte van Solidariteit se regskoste moet betaal.” Groenewald sê die skikking met SAAT is ’n bewys daarvan dat poste nie gereserveer kan word nie.“Poste kan nie vakant gelaat word in omstandighede waar daar nie geskikte swart kandidate is nie, maar waar daar wel wit kandidate is wat aansoek doen en geskik is vir aanstelling. Dit is eenvoudig onbillike praktyk onder die vaandel van regstellende aksie. Daar is openlik aan die kandidate bevestig dat, hoewel hulle bevoeg is om in die poste aangestel te word, ’n besluit geneem is om die poste te reserveer. “Ons is van mening dat werkgewers, strydig met wetgewing, eenvoudig ’n wiskundige benadering tot regstellende aksie volg ongeag die impak daarvan op bekwame individue wat ooglopend geskik is vir aanstelling,” het Groenewald gesê. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

21


NUUSWAARDIG

WEN MET JOU KIEKIES!

May we think of freedom not as the right to do as we please, but as the opportunity to do what is right. ~ Peter Marshall ~

” Vang vandag vryheid in foto vas

Suid-Afrika is ’n land met baie moontlikhede om vry, veilig en voorspoedig te wees. Tog fokus ons dikwels op die negatiewe aspekte van ons land. Ons gaan nie ’n positiewe bydrae maak met ’n negatiewe houding nie. Daarom is hierdie jaar se tema van Solidariteit Tydskrif se FOTOKOMPETISIE “Vry, veilig en voorspoedig”. Vang daarom vandag nog die mooi van ons land Suid-Afrika met jou kamera vas. Hoe neem ek deel? Skryf in by https://tydskrif.solidariteit.co.za/fotokompetisie-2014/. Al wat jy hoef te doen, is om jou foto op dié webtuiste te laai met jou naam, van, telefoonnommer, e-posadres, adres en ’n goeie beskrywing. Dit is so maklik soos een, twee, drie. Op die webtuiste is stap-virstap-leiding om jou inskrywing te laai.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Tema en punteverdeling Vanjaar se tema is “Vry, veilig en voorspoedig”. Die foto wat ingestuur word, tel 60% van die totale punt vir die beoordeling. Die ander 40% word toegeken vir die beskrywing oor hoekom dit vryheid, veiligheid of voorspoed uitbeeld.

22

Sluitingsdatum Die sluitingsdatum vir vanjaar se kompetisie is 1 Augustus 2014. Lesers sal oudergewoonte die geleentheid kry om vir ’n lesersgunsteling te stem. Die wenner van die kompetisie sal in die UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

vyfde uitgawe van Solidariteit Tydskrif (in September) bekend gemaak word. Hou die volgende uitgawe dop om meer oor vanjaar se heerlike pryse te wete te kom. Reëls • Die kompetisie is oop vir enigiemand. • Daar is ’n beperking van vyf inskrywings. • Geen inskrywingsfooi word gehef nie. • Elke inskrywing moet die volgende bevat: • Jou foto; • ’n kort beskrywing van jou foto; en • jou persoonlike inligting (naam,van, volledige kontakbesonderhede). • Die beoordelaars se beslissings is finaal. • Enige teken van plagiaat is gronde vir diskwalifikasie. • Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir verdere publikasie te gebruik. Erkenning sal wel aan die betrokke persoon gegee word. S

FOTOKOMPETISIE

2014

VRY, VEILIG, VOORSPOEDIG



NUUSWAARDIG

Baie dankie aan al ons getroue lede!

B

FLIP BUYS skryf in hierdie brief aan ons lede oor wat Solidariteit met hul ledegeld vermag, en hy bedank die lede vir hul bydraes wat dit moontlik maak om ’n vryer, veiliger en voorspoediger Suid-Afrika te help skep.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Geagte Solidariteit-lid

24

aie dankie dat jy lid van Solidariteit is. Jou bydrae het gehelp om ’n groot verskil in duisende mense se lewens te maak. Daarmee kon ons Solidariteit uitbou tot ’n moderne helpmekaarbeweging, sodat ons ’n reeks dienste aan ons lede en aan die gemeenskap kan lewer. Ons ouers en voorouers het altyd vertel hoe hulle die land deur selfhelporganisasies soos die ou Helpmekaar- en Reddingsdaadbewegings opgebou het. Die talle skole, universiteite, hospitale, sakereuse en ouetehuise is vandag nog lewende monumente van hoeveel hulle deur saamstaan, saamwerk en selfhelp vermag het. Hulle prestasies is ons geslag se inspirasie om verantwoordelikheid vir ons eie tyd te neem. Hulle het hul kant gebring, en dis nou ons beurt. Daarom werk ons op ’n moderne manier aan oplossings vir die probleme van ons tyd. Ons doel is om mekaar by te staan deur saam te werk, en om soos hulle ’n toekoms vir die volgende geslag te skep. Ons volg ’n “vermenigvuldigingstrategie,” wat beteken dat ons met die helpmekaarstrategie die ledegeld wat ons inkry se waarde vir ons lede wil verdubbel. Ek noem graag die belangrikste welslae wat Solidariteit met jou en ons duisende ander lede se steun kon vermag. • Studiehulp: Solidariteit Helpende Hand het verlede jaar altesaam R12,3 miljoen aan rentevrye lenings en beurse uitbetaal. Die goeie nuus is dat dit hierdie jaar verhoog na R16,6 miljoen, waarmee ons 948 jongmense kan help om hul drome te bewaarheid. Meer as die helfte hiervan is ingesamel danksy elke lid se R5-bydrae tot die studiefondse, wat deel van jou ledegeld uitmaak. Die res is deur Helpende Hand en ons vennote ingesamel. • Sol-Tech: Ons tegniese opleidingskollege lei reeds 1 000 vakleerlinge op en het onlangs in nuwe geboue ingetrek. Danksy ons lede se maandelikse bydrae van R10 wat ook by die ledegeld ingesluit is, kon ons die afgelope jare R30 miljoen bestee om Sol-Tech tot ’n spogkollege uit te bou. Daarmee saam het ons Akademia teen sowat R10 miljoen as die eerste fase van ’n eie universiteit begin, met

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

da Baie nk ie!

sewe landwye opleidingsentrums. Ons eerste graadkursus is geregistreer en die klasse het vanjaar begin. Regsake: Solidariteit het verlede jaar weer ’n 90%-sukseskoers behaal met die 1 450 sake waarmee ons namens ons lede besig is. Danksy jou lidmaatskap kon ons belangrike hofsake wen wat die regsgeskiedenis help skryf en wat regverdigheid vir almal wil verseker. Vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes: Ons kon verlede jaar daarin slaag om ’n allemintige R208,6 miljoen te beding vir lede wat beroepsbeserings en -siektes opgedoen het. Daarmee saam het ons, danksy ons lede se ondersteuning, talle voorkomende projekte van stapel gestuur. Begrafniskoste: Solidariteit se begrafnisskema is daar wanneer lede ons die nodigste het. Meer as R7 miljoen is in 2013 aan lede of hul afhanklikes uitbetaal. Onderhandeling: Vakbondonderhandelaars het in 2013 onder baie moeilike omstandighede daarin geslaag om in 65 onderhandelings persentasieverhogings wat hoër as die inflasiekoers was, vir ons lede te beding. Dit is boonop sonder stakings en onrus bereik. Ledediens: Solidariteit se nasionale Dienssentrum het verlede jaar meer as 350 000 ledenavrae hanteer en ons lede van raad bedien oor werkverwante kwelvrae. Daarmee saam het meer as 14 100 lede ons

landwye netwerk van 20 dienskantore besoek vir hulp en raad en 42 435 navrae is hanteer. • Ledekommunikasie: Solidariteit Tydskrif is nou met ’n gedrukte en elektroniese oplaag van 110 000 een van die grotes in die land. Daar word maandeliks nog 480 000 nuusbriewe aan ondersteuners van die Solidariteit Beweging uitgestuur. • Munisipaliteite: AfriForum het as deel van die Solidariteit Beweging gehelp om munisipale dienste in meer as 100 dorpe en stede te verbeter. Talle hofsake is ook gewen wat alles help om van ons land ’n beter en regverdiger plek te maak. • Skolehulp: Danksy ons lede se steun kon Helpende Hand se Kosblikkieprojek verligting by 75 skole en 66 kleuterskole bring. Daarby skenk Helpende Hand jaarliks sowat 4 500 skooltassies met skryfbehoeftes aan behoeftige graad eens. In totaal word meer as 10 000 kinders se lewens deur hierdie twee mooi projekte geraak. Ons kon ook by 23 skole met die salarisse van 57 onderwysassistente help, sodat ons kinders beter onderwys kon kry. Meer as 500 wiskundeonderwysers is in 2013 deur Helpende Hand se Skolesentrum opgelei, waarby sowat 75 000 kinders se wiskunde-onderwys gaan baat vind. AfriForum het ook talle skole waar ons lede se kinders skoolgaan, suksesvol met regskostes teen staatsinmenging gehelp. Hierdie is slegs ’n opsomming van die belangrikste prestasies wat Solidariteit in 2013 danksy jou lidmaatskap kon behaal. Ek hoop dat jy ook voel dat jy waarde vir jou ledegeld kry, omdat ons almal saam mekaar help. Ons glo ook dat dit ’n groot prestasie is om dit alles te kon regkry vir ’n fooi van minder as R100 per maand. Daarom vertrou ons dat jy begrip sal hê vir ons jaarlikse ledegeldverhoging van R6. Weereens baie dankie vir jou lidmaatskap, wat hoop vir soveel mense skep in ’n tyd waarin talle mense oor die toekoms bekommerd is. Dankie dat jy nie net saampraat nie, maar saamdoen. Dankie dat jy saam met ons aan ’n toekoms bou waar ons en ons kinders ook vry, veilig en voorspoedig kan wees. FLIP BUYS Uitvoerende hoof: Solidariteit


NUUSWAARDIG

Lidmaatskap: Groeiende boom van hoop

Jou Solidariteit-lidmaatskapfooi is nie net ’n maandelikse aftrekking van jou bankrekening nie. Dit is enersyds ’n BELEGGING in werksekerheid en andersyds ’n belegging om hoop in die lewe van duisende ander mense te skep.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

SÓ SKEP SOLIDARITEIT HOOP Solidariteit bied jou die geleentheid om jou eie hoop vir die toekoms te skep. Jou maandelikse Solidariteit-lidmaatskapfooi is die saad wat ontkiem om wanneer jy dit die nodigste het ’n welige boom te wees wat vir jou die suurstof (hoop), skadu (beskerming) en vrugte (bystand) bied om te oorleef. Solidariteit se ledegeld word op 1 Maart 2014 met R6,00 verhoog. Die koste van lidmaatskap beloop nou R96,00 vir individuele lede en R94,00 vir kollektiewe lede. R10,00 en R4,00 van elke Solidariteit-lid se ledegeldbydrae word onderskeidelik in die Solidariteit Groeifonds en die Solidariteit Opleidingsfonds gestort.

R6,00

On 1 March 2014, Solidarity’s membership fees increase by

THIS IS HOW WE CREATE HOPE FOR THE FUTURE

The poet says that hope springs eternal, but it’s up to us to create hope for our future. By joining Solidarity, you take the first step towards creating a future filled with promise and prospects for you and your family. On 1 March 2014, Solidarity’s membership fees increase by R6,00.The cost of Solidarity membership for individual members is R96,00 and R94,00 for collective members. R10,00 and R4,00 of each Solidarity member’s contribution will be paid into the Solidarity Growth Fund and the Solidarity Training Fund respectively. www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

25


NUUSWAARDIG

Sakeplankompetisie bemagtig entrepreneurs

D

Met die stygende werkloosheidsyfer, afdankings, nuwe toetreders tot die markplein en bestaande ondernemings wat hul deure moet sluit, het Akademia besluit om toe te tree tot ’n situasie wat skynbaar hopeloos lyk. Só het die AKADEMIA SAKEPLANKOMPETISIE die lig gesien, skryf CHRIS DU PLESSIS. ie Sakeplankompetisie is tydens die Akademia Entrepreneurseminaar bekend gestel. Meer as 240 entrepreneurs het die geleentheid bygewoon om na bekendes in die sakewêreld se raad te luister. Deelnemers aan die kompetisie kon in een van twee kategorieë inskryf: ’n Afdeling vir voornemende entrepreneurs en een vir bestaande entrepreneurs. R150 000 was op die spel. Uit die inskrywings het ’n keuringspaneel ’n kortlys van 25 deelnemers in elke kategorie aangewys wat na die tweede rondte deurgedring het. In dié rondte het die Riskflow-instituut ’n gratis sakeplanwerksessie vir die deelnemers aangebied. Ná afloop van die werksessie het semifinaliste ’n maand en ’n half tyd gehad om hul sake-idee in ’n goed bewoorde sakeplan neer te pen. ’n Paneel deskundiges het die moeilike taak gehad om drie finaliste in elke kategorie te kies. Mededinging tussen die tien topsakeplanne was fel, maar ná intense beoordeling is drie finaliste in elke kategorie aangewys wat hul sakeplanne op 26 November mondelings moes aanbied aan ’n uitgelese paneel beoordelaars.

REGISTREER NOU REEDS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Akademia se aansoeke vir 2015 het reeds geopen! Besoek die webtuiste www.akademia.ac.za, gesels saam op Facebook by akademiakampus, of stuur ’n SMS met Akademia, jou naam en van na 34933. Elke SMS kos R2.

26

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Die finaliste se voorleggings is deur bekendes soos Louis van der Watt (Atterbury-groep), Chris Derckson (Investec), Daniël Appelmans (XChange – België) Theo van Wyk (AHI en Riskflow-instituut), Henk Schalekamp (voorsitter van die Solidariteit Beleggingsmaatskappy) en prof. Bernie van Zyl (internasionale professor in entrepreneurskap) beoordeel. Die wenners is op 26 November tydens ’n glansgeleentheid in die Atterbury-teater aangewys. Justin van der Walt van Just PC’s is as die wenner in die afdeling vir bestaande entrepreneurs aangewys, terwyl Andries Els met sy Almoto-skopfietsies in die kategorie vir nuwe entrepreneurs met die louere weggestap het. Die wenners het elk ’n kontantprys van R75 000, geborg deur Investec Batebestuur, ontvang. Elkeen het boonop ’n driejaarstudiebeurs vir Akademia se diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap, asook 90% afslag op ’n jaar se mentorskap deur die Riskflow-instituut gewen. Ceward Thornhill met sy Thornhill-pynappelbier en Coenie Erasmus met Helendergie-sonpanele is as die gehoorgunstelinge aangewys. S

SKRYF JOU SLIM SAKE-IDEE IN Wil jy met ’n nuwe idee begin, maar weet nie waar om te begin of hoe om die mark te betree nie? Dan is die Akademia Sakeplankompetisie 2014 net die antwoord vir jou. Skryf jou sake-idee vir die uitbreiding van jou bestaande onderneming of vir die aanpak van ’n nuwe onderneming in en staan die kans om behalwe waardevolle kennis met pryse van meer as R200 000 weg te stap. Besoek www.sakeplankompetisie.co.za vir bepalings en voorwaardes, en registreer sommer aanlyn!Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na sakeplan@akademia.ac.za

KOM STEEK KERS OP BY

SAKEKENNERS Kom neem deel aan Akademia se entrepreneurseminaar op 11 Maart 2014 in die Atterburyteater in Pretoria en op 13 Maart in die CR Louw-ouditorium by Sanlam se hoofkantoor in Bellville. Bekende entrepreneurs en kundiges gaan raad gee oor hoe jy ’n sukses van ’n eie onderneming kan maak. SMS “sakeplan”, jou naam en van na 34933 of bespreek jou plek by sakeplan@akademia.ac.za



NUUSWAARDIG

Begin solank sak skud vir jou kind se opleiding

V

60%

Wil jy hê jou kind moet van voorskoolse ouderdom tot op universiteit net die beste opleiding ontvang? Indien wel, maak jou reg om jou beursie behoorlik te skud. Die opleiding van ’n kind van graad R tot ná universiteit gaan jou nagenoeg R1 MILJOEN uit die sak jaag, meen die versekeringshuis Old Mutual. MARINÉ JACOBS berig. olgens Old Mutual beloop die opgehoopte koste van ’n kind se opvoeding ongeveer R950 800 indien hy of sy ’n staatskool bywoon, terwyl hierdie syfer tot R2,2 miljoen kan styg indien die kind ’n privaat skool bywoon. Hierdie vooruitskatting is op laerskool-, hoërskool- en ’n tersiêre opleiding geskoei. Die realiteit is dat die meeste ouers nie hierdie bedrag sal kan bybring nie. Boonop toon Old Mutual se mees onlangse spaar- en beleggingsverslag dat 54% van ouers nie naastenby ’n idee het wat hul kinders se opvoeding gaan kos nie en dat slegs 40% van ouers wel finansieel in staat is om vir hul kinders se onderrig te spaar. Voorts oortref onderwysinflasie reeds algemene inflasie. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, meen dat opleiding die sleutel is tot die verbreking, verligting en voorkoming van armoede. “Juis daarom belê ons in verskeie aspekte van kinders se opleiding. Dit sluit onder meer rentevrye studielenings, aanvullende wiskundeklasse, skryfbehoeftes en handboeke in,” verduidelik hy. S

van ouers is nie in staat om finansieel vir hul kinders se onderrig te spaar nie, terwyl 54% nie ’n idee het wat hul kinders se opvoeding gaan kos nie.

STUDIE-AFSLAG VIR LEDE Solidariteit het ’n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit is sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma of graad inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Dié bedrag is gelykstaande aan sowat 11 jaar se ledegeld.

Never see matric as the be-all and end-all – Solidarity

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

Y

28

es, a matric certificate ought to be the starting point of a bright career. What’s more, our research shows that training equals good job opportunities and career success. With these truths in mind, Solidarity appealed to a group of 2013 matriculants to remain positive and offered them the assurance that a bright future awaits – provided they are prepared to work hard and empower themselves through education. Paul Joubert, senior economic researcher at the Solidarity Research Institute (SRI), advised this group of young people to undergo further education or training in 2014 in order to facilitate their entry into the job market.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

By Nico Strydom

Joubert said that although the improvement in the pass rate of matriculants from 73,9% to 78,2% sounds promising, focusing on this aspect alone would be misleading. “The number of learners progressing from Grade 1 to matric remains very low, with only 34% of the almost 1,2 million Grade 1s of 2002 who passed matric in 2013.” According to Joubert, major issues with the current school system are encountered long before a child reaches Grade 12. In particular, these issues relate to learners’ unsatisfactory language skills, including comprehension, and numeracy skills. “The Department of Basic Education annually requires learners in the

lower school grades to take tests to determine their literacy and numeracy skills. In 2013, only 2% of the Grade 9s achieved more than 50% in numeracy skills, and 17% achieved more than 50% in an additional language subject. These results show why so few eventually pass matric: The problem is not in the matric year, but in the school years prior to matriculation.” According to the report, only 50% of people with a matric certificate as highest qualification are employed.“It is only a slight improvement on the 30% of people with no education who are employed. By contrast, about 80% of people with some or other tertiary qualification are employed.” S


PROMOSIE

Winkelsentrum, avontuurpark vir Orania

A

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

Die snelgroeiende Noord-Kaapse dorp ORANIA spog reeds met talle suksesvolle ondernemings, twee skole en duisende ondersteuners en sal eersdaags ook met ’n splinternuwe winkelsentrum en avontuurpark genaamd Stokkiesdraai spog. Dié R5 miljoen-ontwikkeling beloof om dié dorp aan die oewer van die Oranjerivier ’n reuse-sakehupstoot te gee. dalex Beleggings is in die 1970’s deur Adalbert Ernst en sy seun, Alex Henri Ernst, in die lewe geroep. Aanvanklike ontwikkelings het gefokus op die uitbreiding van behuising en sakeruimtes in Tzaneen. Die bekende Volkskas-gebou hier is een van die beleggings op hul kerfstok en die maatskappy het in ’n stadium drie woonstelblokke hier bedryf. Die agterkleinseun van Adalbert Ernst, Sarel Roets, het onlangs na Orania verhuis en dit was net ’n kwessie van tyd voor sy ouers ook in Orania betrokke sou raak. Hulle het gou gesien dat beleggings in Orania baie lonend kon wees. Teen die einde van 2012 word Sarel direkteur van die maatskappy – die vierde generasie. Sarel se eerste groot projek as direkteur van Adalex Beleggings is die ontwikkeling van ’n nuwe winkelsentrum in Orania, genaamd Stokkiesdraai. Die begrote insetkoste beloop R5 miljoen, waarvan R500 000 net aan die tuin bestee sal word. Die perseel is teenaan die R369 geleë wat vanaf Hopetown deur Orania na die Van der Kloofdam loop. Die park sal uiteindelik bestaan uit vier 100 m2-winkels, vier 50 m2-winkels, vier 50 m2kantoorruimtes, ’n herberg wat 40 mense kan huisves, ’n konferensiesentrum, speelapparate, ’n ontspanningsarea vir jongmense, ’n kortgholfbaan van vier putjies, ’n motorwassery en ’n groot arena vir openbare optredes en funksies. Die sentrum is gemik op die plaaslike inwoners asook die bykans 20 000 besoekers wat Orania per jaar ontvang. Adalex Beleggings bied tans aan voornemende huurders die geleentheid om by dié opwindende inisiatief betrokke te raak. ’n Ystersmid, meubelmaker, ramer, juwelier, restaurant en kontreiwinkel sal reeds volgende jaar hul intrek neem. ’n Reuse-opening word vir einde Oktober beplan waarby groot name in die musiekbedryf ook betrokke sal wees. Die ontwikkelaars het die volgende moontlikhede vir potensiële beleggers geïdentifiseer: • Troeteldierwinkel • Klerewinkel • Skryfbehoefte-, kuns- of naaldwerkwinkel • Apteek

100 ton

pekanneute is in 2010 en 2011 in Orania geproduseer, waarvan sowat 95% na China uitgevoer is.

• Restaurant • Bloemiste • Haarkapper • Speelgoedwinkel • Wapen- en jagtoebehorewinkel • Kantoorruimte. Aansoeke sluit reeds einde Mei 2014. ’n Sakeseminaar sal ook teen die einde van Mei aangebied word waartydens voornemende entrepreneurs meer sal kan uitvind oor die suksesvolle bestuur en bemarking van ’n onderneming in die Bo-Karoogebied, met spesifieke klem op Orania. • Vir meer besonderhede kan Stokkiesdraai Avontuurpark en Winkelsentrum se Facebookblad besoek word. Die ontwikkelaar kan ook direk gekontak word by sarel.roets@gmail.com of 082 481 0691.

Slaan munt uit die unieke Stokkiesdraaiontwikkeling in Orania.

ORANIA IN ’N NEUTEDOP Orania is sowat 164 km van Kimberley en 240 km van Bloemfontein geleë. Die dorp is aan die oewer van die Oranjerivier en word omring deur uitgestrekte Karooveld. Die plantegroei is tipiese Karoobossies en nader aan die oewer word pragtige groot bome aangetref, insluitend karee en witkaree, blinkblaar-wag-’n-bietjie, witgat en soetdoring. In die winter kan ’n aantal inheemse blomsoorte hier gesien word. Kleinwild kom volop voor en ’n groot verskeidenheid voëls, wat watervoëls insluit, is reeds deur voëlkykgeesdriftiges opgemerk. Orania is oorspronklik by die destydse departement van waterwese gekoop met die doel om ’n Afrikanergemeenskap te ontwikkel. Vandag spog die gemeenskap met talle sakeondernemings, twee skole en duisende ondersteuners wat in ander dele van die land en die wêreld woonagtig is. • Vir meer besonderhede oor Orania, besoek www.orania.co.za

www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

29


Bedryfsnuus

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.

’n Jaar propvol uitdagings lê voor vir alle bedrywe

FOTO’S: REINT DYKEMA

Taai loononderhandelings, moontlike afleggings en politiek: Dit is maar ’n paar van die grootste uitdagings wat vanjaar vir Solidariteit in die vernaamste bedrywe voorlê. Maar daar is goeie nuus ook. Solidariteit se drie BEDRYFSHOOFDE vertel aan INGE STRYDOM hoe hulle beplan om vanjaar die bul by die horings te pak.

30

Kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf (KCP)

Metaal-, ingenieurs- en elektriese bedryf

Mynbou-, landbou-, mediese en sementbedryf (MLMS)

Vanjaar gaan verskeie uitdagings vir die kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf inhou. “Verskeie van die grootste maatskappye in die bedryf ervaar tans finansiële druk en moet as gevolg daarvan besparingsmaatreëls in plek stel,” waarsku Marius Croucamp, hoof van die KCP-bedryf by Solidariteit. Dit sluit maatskappye soos Sasol en Telkom in waar kostebesparingsinisiatiewe en herstrukturering reeds begin het.“Dit is in hierdie stadium nog onduidelik wat die presiese omvang van die gebeure by hierdie twee maatskappye gaan wees. Hoewel ons bekommerd is oor afleggings by Sasol, voorspel ons nie dat produksieposte gesny gaan word nie, maar eerder dat sekere bestuursposte in heroorweging geneem gaan word,” verduidelik Croucamp. Van die bedryf se grootste uitdagings is regeringsinmenging wat in ’n politieke magstryd ontaard, die onkonsekwente toepassing van besparingsmaatreëls wat werknemers moedeloos maak, soos by Telkom, en ’n tekort aan vaardige, gekwalifiseerde arbeidslui, soos tans die geval is by Sasol. Die vakbond sal weer in Mei loononderhandelings met die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) vir die papier- en pulpbedryf asook die glas- en chemiese bedryf voortsit.“Hoewel vanjaar se onderhandelings beslis uitdagend gaan wees, is ons bekwame organiseerders in die bedryf meer as opgewasse om namens ons lede die beste moontlike loonooreenkomste te bereik,” sê Croucamp.

Die grootste struikelblokke wat die metaal-, ingenieurs- en elektriese bedryf moet oorkom, is die voortdurende wedywering tussen vakbonde wat mag en posisionering in die bedryf betref. “Met die verkiesing wat voorlê, is vakbonde binne en buite Cosatu besig om hulself vir politieke mag te posisioneer en dit kan tot uitgebreide stakings lei. Laasgenoemde kan groot ongemak veroorsaak vir diegene wat nie by die politieke magspel betrokke is nie,” verduidelik Deon Reyneke, hoof van die metaal-, ingenieursen elektriese bedryf by Solidariteit. Daar is ook onsekerheid in die bedryf as gevolg van bestuurders in hoë posisies by sleutelmaatskappye wat bedank het.“Een so ’n geval is Nonkululeko Nyembezi-Heita, die uitvoerende hoof van ArcelorMittal, wat in Desember haar bedanking aangekondig het. Dit is steeds onduidelik wie haar opvolger gaan wees en dit skep grootskaalse onsekerheid onder werknemers en rolspelers,” verduidelik Reyneke. Dieselfde situasie heers tans by Eskom, aangesien drie van die organisasie se kernbestuurslede onlangs bedank het.“Die uitvoerende hoof, die finansiële hoof en die hoof van mensehulpbronne het almal hul bedankings ingedien.Wanneer al drie persone in hierdie kernposisies van ’n maatskappy bedank, is daar beslis genoeg rede tot kommer,” waarsku Reyneke. Daarby oorweeg Eskom ook om organisatoriese transformasie toe te pas. Laasgenoemde mag ongewenste gevolge inhou wat werknemers negatief kan raak.

Dit is ’n gegewe dat die Marikanagebeure van 2012 ’n radikale impak op die mynbedryf gehad het. Gevolglik sal alle rolspolers, insluitend Solidariteit as vakbond, sy strategie en denkraamwerk moet aanpas om ’n sinvolle bestaan in die bedryf te maak. “Ons is gerat om die uitdagings wat ons vanjaar in die gesig staar, met spesifieke verwysing na radikale vakbonde in die werkplek, suksesvol aan te pak,” verduidelik André van der Merwe, hoof van die MLMS-bedryf. Wat landbou betref, is die huidige droogte waarmee boere worstel, ’n reuse-kopseer wat grootskaalse verliese in die bedryf meebring. “Ons berei ons gevolglik op ’n groot aantal afleggings in die bedryf voor. “Ons uitdaging gaan egter wees om die werknemer én werkgewer (wat weens gebeure buite sy beheer negatief beïnvloed word) se wense in ag te neem,” meen Van der Merwe. Kwessies wat in die mediese bedryf oorbrug sal moet word, sluit onder meer die beskerming van minderheidsregte in, terwyl verhoogde mededinging ten opsigte van vakbondverteenwoordiging in die sementbedryf ’n groot uitdaging gaan wees. Van der Merwe meen egter dat Solidariteit se bekwame personeel meer as bevoeg is om vernuwende oplossings vir al die bogenoemde probleme te vind.“Ons dra ons lede se belange op die hart, maak nie saak hoe groot die uitdaging is en wat dit gaan verg om dit te oorkom nie.” S

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za


E

INDUSTRYNEWS

Shop stewards important links in the Solidarity chain very link forming a part of the Solidarity chain is what gives the trade union its strength. The trade union’s shop stewards constitute one such crucial link. Shop stewards are the trade union’s direct link with members, and their passion is indicative of the trade union’s passion for its members. Some exceptionally passionate shop stewards caught Solidarity Magazine’s eye. Last year, Chris Venter, shop steward in the Metal and Engineering Industry, recruited 80 members at his company. His recruitment secret is to make the people around him aware of the fact that one has to look after one’s own interests.“Every day brings change, and you have to take ownership of your own interests. Solidarity gives everyone that very important opportunity,” Venter says.

By Cilleste van der Walt

Louna Oosthuyzen, shop steward at Telkom, recently used her own annual leave to help with the updating of Solidarity members’ information. It was one of the most ambitious updating projects the trade union has ever undertaken, and Louna walked more than the extra mile by taking a week’s leave to spend time at Solidarity’s Head Office, helping with the project.“As soon as I heard about the updating project, I went to my manager to ask for a week’s leave,” Oosthuyzen explains. “The motivation behind my move was the fact that I am proud to be a Solidarity member and shop steward. With the type of leadership that we at the Solidarity Movement are privileged to enjoy, one cannot but support the projects that they launch,” she adds.“I’m mad about my trade union, and for them I’ll walk through fire.”

Then there are shop stewards who take matters into their own hands, like Okker Greyvenstein did. He is currently involved in a discrimination case, and after having studied Solidarity Executive Dr Dirk Hermann’s book, Affirmative Tears, in one go, he is now using arguments from this book in his court case. For him, Solidarity’s Christian values are the single most important issue.“Solidarity stands up for its people, and all I’m doing is to get my strength and support from Flip Buys, Dirk Hermann, Marius Croukamp and my mentor, Frank Dempsey, and to discuss and market their success. The Solidarity Movement gives us hope and the courage to stand up; people do not realise just how much they need Solidarity,” Greyvenstein says. “Solidarity has leaders with passion who, in turn, awaken our passion,” Greyvenstein concluded. S


BEDRYFSNUUS

Onwrikbare organiseerders sorg vir puik resultate DIEP SPORE

Solidariteit se organiseerders is die HARTKLOP van die vakbond. Hierdie 50 staatmakers by die vakbond se 19 dienskantore landwyd veg daagliks in die voorste linie vir werknemers se regte in die werkplek. INGE STRYDOM deel van Solidariteit se organiseerders se grootste welslae die afgelope jaar.

Verskeie suksesvolle loonooreenkomste is in die mynboubedryf gesluit. Dit sluit in loonooreenkomste van 7% by Sheltam Rail, 5,5% by Shanduka Coal, 10% by Aquarius, 7,5% by Murray & Roberts en 8% by Petra Diamonds se Helam-myn. Ander loononderhandelings vir gouden steenkoolmynwerkers word tans gefinaliseer en die Kamer van Mynwese het ook aan agt van Solidariteit se 10 substantiewe eise gehoor gegee.

JINNE, MAAR JAHNI

WOEKER VIR LEDE

Jahni Cowley, organiseerder in die finansiële bedryf by Solidariteit, het skikkings ter waarde van R1 326 000 namens lede in die bedryf beding. Die skikkings vloei in al die gevalle voort uit vrywillige skeidingspakkette wat die lede by hul werkgewers aanvaar het. Daarby is alle sake in dié bedryf wat na die KVBA verwys is, in Solidariteit se guns beslis.

32

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Die organiseerders in die mediese, mynbou-,

landbou-, en sementbedryf het skikkings

van R17 084 719 vir lede by die Kommissie vir Ver-

R671 285

soening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) beding.

WELKOM(E) VERLIGTING

Skikkings ter waarde van R559 000 is deur die Welkom-dienskantoor namens lede beding. Daarby kon die organiseerders by dieselfde kantoor suksesvol onderhandel dat ses Solidariteit-lede by verskeie maatskappye weer heraangestel word.

Solidariteit se Rustenburgkantoor het in 2013 skikkings beding ter waarde van bykans

R13 miljoen

HIER IS NIKS VAAL

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

BLINK BEDING

Johan Venter, organiseerder in die Vaaldriehoek, het in 2013 die volgende skikkings namens lede beding: • Twee skikkingsooreenkomste van R122 000 en R119 000 is ná ’n lid se onbillike ontslag met ArcelorMittal beding; • ’n Verdere skikkingsooreenkoms van R152 000 is beding namens ’n lid wat onbillik deur sy werkgewer ontslaan is; en • ’n Skikkingsooreenkoms van R31 942 is ná die onbillike ontslag van ’n lid met Machine Tool Promotions beding.

is in 2013 deur die Port Elizabethdienskantoor vir ons lede beding.

ADELE KAP DIT UIT IN KATHU

Adele Liebenberg, organiseerder by die Kathukantoor, het skikkings van R1 658 528 namens 18 Solidariteit-lede beding.

HUL LOON WERD

Die organiseerders in die metaal- en ingenieursbedryf het die laaste ses maande van 2013 ’n skikkingsbedrag van R5,15 miljoen namens verskeie lede in dié bedryf beding. Danksy dié bekwame span se strategiese werkswyse is loonooreenkomste wat wissel tussen 6% en 8,5% ook namens lede in hierdie bedryf beding. S


INDUSTRYNEWS

S

High Court orders commissioner to adhere to agreements olidarity trade union obtained a court order against the Compensation Commissioner, the Labour Minister and the Director-General of Labour in the Pretoria High Court prohibiting the Compensation Commissioner from reviewing a claim after an offer had been made to and accepted by the claimant.The case stemmed from a claim by Mrs Nelson, a Solidarity member, who injured her neck on three different occasions. Adv Hanlie van Vuuren, a litigant in Solidarity’s Division for Occupational Health and Safety, says the second of the three injuries had been rejected by the Commissioner but was later accepted by a tribunal. “The third injury was an exacerbation of the second one and it was also rejected by the Commissioner at a later date. Solidarity objected to the rejection on behalf of Mrs Nelson and pointed out to the Commissioner that the third injury was an exacerbation of the second injury. The Commissioner then made an offer in writing that the claim would be accepted. Solidarity accepted this offer on behalf of Mrs Nelson.” Van Vuuren says the Commissioner, however, withdrew from this agreement and gave new reasons why it could not be put into effect. “The new reasons corresponded with the reasons why the second claim had initially been rejected. Several letters and reminders to the Commissioner did not achieve the desired result and therefore Solidarity turned to the court.” Van Vuuren says Solidarity is pleased that the Commissioner is prohibited from withdrawing from these agreements and that Mrs Nelson will now receive the necessary medical treatment and compensation. S

R205 923 208

In 2013, Solidarity’s Injury on Duty (IOD) Division assisted almost 1 000 members with their claims and a total amount of

was adjudicated as compensation for Solidarity members. www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

33


FOKUS OP

BEROEPSGESONDHEID EN - VEILIGHEID Gesondheid, veiligheid: Vakbond gee die pas aan

Beroepsgesondheid en -veiligheid gaan oor die beskerming van die regte en belange van Solidariteit se lede in die strewe na ’n GESONDE EN VEILIGE WERKPLEK. Dit is een van die belangrikste skakels van Solidariteit se waardeketting wat die omvattende beskerming van ons lede behels. PAUL MARDON, hoof van beroepsgesondheid en -veiligheid by Solidariteit, vertel meer oor dié afdeling se bedrywighede.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA

Waarom is ’n beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV)-afdeling so broodnodig in ’n vakbond? Weens die industriële en derhalwe inherent gevaarlike aard van die bedrywe waarin Solidariteit se lede werksaam is, is die beskerming van ons lede in die werkplek vóór asook ná die opdoening van beroepsiektes en werkplekbeserings van die uiterste belang. Werknemers se regte by die werkplek strek egter veel wyer as blote arbeidsreg wat tradisioneel die enigste fokus was, aangesien werknemers ingevolge verskeie stelle wetgewing nou ook die reg op ’n gesonde en veilige werkomgewing en die billike vergoeding vir werkverwante siektes, beserings en sterftes het. Werkbeskerming vereis egter nie net kennis van wetgewing nie, maar ook goeie kennis van:

34

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

• die tegniese aspekte verbonde aan die onderskeie werkplekke en werkaktiwiteite asook van die onderskeie werkprosesse; en • die instellings en forums waar die beskerming van hierdie regte afgedwing kan word, aangesien dit verskil van die instellings en forums waarvoor ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge voorsiening gemaak word. Dit is vir ’n individu ’n bykans onbegonne taak om self die burokratiese ompaaie van die verskillende forums, soos dié waarby vergoeding vir beserings aan diens (BAD) geëis kan word, te navigeer en daarom bied Solidariteit hierdie diens aan sy lede. Vanweë die spesialiskennis wat vereis word, asook die omvang van die taak om lede se regte te beskerm en af te dwing, is dit dus

Paul Mardon

nodig dat vakbonde wat erns maak met die beskerming van hul lede op alle terreine by die werkplek, ’n toegewyde spesialisafdeling daarvoor het.


Alle navrae kan gerig word aan: Die Hoof: Beroepsgesondheid en -veiligheid, Posbus 11760, Centurion, 0046 Tel: 012 644 4321 E-pos: paulm@solidariteit.co.za

Wat maak Solidariteit se BGV-afdeling vooruitstrewend? Die belangrikste funksie van die BGV-afdeling is eerstens om beroepsbeserings en -siektes in die werkplek te voorkom.Tweedens gaan dit oor die beskerming van die werknemer teen en die vermindering van die negatiewe gevolge van beroepsbeserings en -siektes nadat dit plaasgevind het. Waar ander vakbonde beamptes het wat as deel van hul verpligtinge ook vir die beskerming van die gesondheid- en veiligheidsregte van hul lede verantwoordelik is, is Solidariteit die enigste vakbond in Suid-Afrika wat ’n afsonderlike afdeling het wat net daarop toegespits is om ’n omvattende reeks dienste ten opsigte van beroepsbeserings en -siektes aan sy lede lewer. Benewens die unieke BGV-afdeling by Solidariteit, is daar ook ’n besering aan diens (BAD)-eenheid wat bystand verleen met die

prosesse wat gevolg moet word in die geval van ’n besering wat aan diens opgedoen is. Besoek gerus www.regsdienste.co.za en kyk onder “afdelings” vir ’n uiteensetting van die gespesialiseerde en persoonlike hulp wat Solidariteit jou kan bied. Wat is jou vooruitsigte vir Solidariteit se BGV-afdeling in 2014? Die omkeerstrategieë van veral die vergoedingskommissaris en die kommissaris vir vergoeding van beroepsiektes in myne en bedrywe, word tans in werking gestel, maar dit sal nie oor die kort termyn afgehandel wees nie. Die probleme met dienslewering deur hierdie vergoedingsfondse bly dus steeds ’n groot uitdaging. Arbeidsonrus stel groot eise aan die kapasiteit van ander vakbonde, wat daartoe lei dat vordering met BGV-strategieë wat deur Solidariteit se

BGV-afdeling gedryf word in die eksterne omgewing, byvoorbeeld by Anglo American en by die MHSC, stadiger verloop en dikwels momentum verloor. Hierdie onrus hou ook gevaar in om werkgewers en werknemers se fokus ten aansien van BGV te ontspoor, wat tot onveiliger werkplekke en meer BAD-eise mag lei. Die BGV-afdeling sien egter ook uit na die verstewiging van verhoudings met die onderskeie vergoedingsfondse om toenemend beter ooreenkomste en verbintenisse te bereik. Ons wil meer betrokke raak en ’n groter rol speel by eksterne instansies, soos die BGV-komitees van groot industrieë en myne en by statutêre instellings en komitees om te verseker dat ons lede se belange en regte beskerm word. Daarbenewens wil ons Solidariteit só posisioneer dat hy ’n nasionale rolspeler binne die Suid-Afrikaanse nywerheidsopset is. S www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

35




INFOCUS

New accord for better safety in chemical sector

T

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

Solidarity was amongst the signatories of the CHEMICAL SECTOR OCCUPATIONAL HEALTH AND SAFETY ACCORD.The accord is an agreement between government, organised labour and organised business, as part of an effort to improve occupational health and safety in various sectors in South Africa, amongst others the chemical sector.

38

he signing of the Chemical Sector Occupational Health and Safety Accord took place on 7 November 2013, where Thobile Lamati, the Deputy Director-General of Inspection and Enforcement Services (IES), said the signing of the industry accords was part of a “stamp of commitment” by all role players in the economy to solve problems that beset the labour market – that of occupational injuries to workers. Lamati said the Department of Labour had adopted an industry-specific approach to create safe work environments. Some of the recent accord signings organised by the department include the Construction Health and Safety Accord, the Occupational Health and Safety (OHS) Accord and the Iron and Steel Accord.The accords UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

By Johan Böning

were signed by various social stakeholders, including Solidarity. These accords aim to commit all social partners to the “Zero Harm” initiative in workplaces and to promote a meaningful social dialogue in occupational matters. The accords also commit all stakeholders to report occupational incidents and enhance compliance with occupational health and safety legislation and its regulations. Solidarity was represented by Adv Hanlie van Vuuren, Senior Legal Practitioner: Occupational Health and Safety, at Solidarity Legal Services. Solidarity is proud to have taken part in this event and we are committed to constructively work together, as we already do, to achieve the objectives of the Chemical Sector Occupational Health and Safety Accord.We commit

ourselves to the accomplishment and promotion of the objectives contained therein, which include the following: • To promote good relationships amongst government, organised labour and organised business for the benefit of occupational health and safety (OHS) in the chemical sector; • To strive to eliminate fatalities, injuries and occupational diseases in the workplace; • To raise awareness of, and strive for legal compliance with OHS regulations; • To encourage all stakeholders in the chemical sector to prioritise and promote matters of OHS; • To identify and promote best practices in the management of chemicals; • To promote industry initiatives focused on continual improvement of OHS. S



INFOCUS

Injuries: Be prepared

What is an accident? An accident is any incident of which the time, date and place can be determined and which occurred “as a result of or during an employee’s service and which resulted in a personal injury, illness or death of the employee”.

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

Which accidents should be reported? All accidents or alleged accidents which resulted in medical expenses or absence of more than three days must be reported within seven days to the Compensation Commissioner. Failure to report the accident is a criminal offence and the Compensation Commissioner can penalise an employer by holding him responsible for the full medical cost. What procedure should the employer follow when reporting an accident? 1. Complete Part A of the WCL2 form:“Employer’s report of an accident”, and date and sign it. 2. Tear off Part B and immediately send it to the relevant doctor or hospital. 3. Complete Part A in full. 4. Send the completed WCL2 (both pages), with the First Medical Report (WCL4) and a certified copy of the injured worker’s ID document, to: The Compensation Commissioner, PO Box 955, Pretoria, 0001. S



INDUSTRYNEWS

P

O PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

Financial freedom to retire

42

By Appie Pienaar

ne often hears the question about how much money is needed to retire. Younger people might think their retirement is still a long way off and that there is no need to worry about it now. However, it is a fact that the sooner you start to plan your retirement, the easier it is to reach your retirement goals and the more you can look forward to the second half of your life. A Google search of when a person can retire yields interesting results. One such result is a case study of a certain Bronwyn, who retires at the age of 65 with R5 million in the bank. Her financial needs amount to R20 000 a month with an additional R50 000 a year for unforeseen expenses. These amounts must keep up with inflation, and it is accepted rather conservatively that her capital will grow with inflation plus 2%. According to the retirement expert’s calculations, Bronwyn’s money will last until she is 91 – the assumption being that she will hopefully not get any older! There are two serious objections to this approach: First, there is a material chance that a person might live beyond the actuarial calculation of his or her life expectancy. Those calculations are based on averages, and an individual with the right genes and who leads a healthy life can easily live much longer. The second objection is that this approach accepts that the elderly person, should he or she die at the age

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

of 91 or earlier, will basically have depleted his or her assets. This deprives such a person of the joy of leaving something behind for his or her loved ones. The question of when a person should retire has a very simple answer: Regardless of age, you can retire when your income from your assets is sufficient to meet all your needs and when the capital value of your assets is hedged against inflation. Cash in the bank is not hedged against inflation, and it loses its buying power over time. Property or shares, on the other hand, are hedged against inflation because the value of the asset grows with inflation. Consequently, the income from the asset, rental or dividends is also automatically being hedged against inflation. To get back to our example of Bronwyn: If Bronwyn has a property valued at R5 million at the age of 65 instead of R5 million in cash and said property yields net proceeds of only 5,8% a year, she can provide for all her financial needs – R290 000 in her first year of retirement. In the years to follow, the inflationary increase on the rental would take care of her financial needs. The main difference would be that at the age of 92 (or 100!) she would still own the property, and the property would still provide for all her needs. Moreover, she would be in a position to leave a valuable asset to her descendants. S

A big blue discovery at Cullinan By Cilleste van der Walt

etra Diamonds’ Cullinan mine shines bright when it comes to the discovery of sizable diamonds in South Africa.The latest discovery at this mine is a 29,6 carat blue diamond, one of the rarest and most coveted in the world. This diamond’s price tag could run to tens of millions of dollars. This “exceptional” acorn-sized diamond that was unearthed at the Cullinan mine is said to be small enough to fit into the palm of a hand, said the miner. Solidarity spokesperson Louis Pretorius says Petra Diamonds has four mines in South Africa, one in the Western Cape, one in the Northern Cape better known as Finsch Mine, the mine in Cullinan and another one in Koffiefontein. “We have 41 members at the Cullinan mine where the discovery was made,” said Pretorius.“Moreover, we have 114 members at Finsch and 97 members at the Koffiefontein mines,” he added. According to Reuters, the mine owned by the firm since 2008 was also where the Cullinan Diamond was found in 1905 – described as the largest rough gem diamond ever recovered and weighing 3 106 carats. The 1905 Cullinan Diamond was cut into two stones – the First Star of Africa and the Second Star of Africa – both forming part of Britain’s Crown Jewels held in the Tower of London. Other notable diamonds originating from the mine include a 25,5 carat Cullinan blue diamond, found in 2013 and sold for $16,9 million, and a diamond found in 2008, known as the Star of Josephine, which was sold for $9,49 million. S


in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Raak aktief en red jou dorp

E

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

PLAASLIKE REGERINGS in Suid-Afrika verkeer tans in ’n ernstige krisis. Belastingbetalers word landwyd gekonfronteer met swak dienslewering, korrupsie, wanbesteding, onveilige woonbuurte en ’n natuurlike omgewing wat toenemend besoedel word. Ons kan nou aan die begin van 2014 op een van twee maniere hierop reageer, skryf KALLIE KRIEL. erstens kan ons in moedeloosheid verval en onsself laat glo dat ons niks hieraan kan doen nie. Só ’n reaksie sal beteken dat ons plaaslike regerings net verder sal verval en dat ons maar moet aanvaar dat die omgewings waarin ons bly in 2014 net verder agteruit sal gaan. Die tweede moontlikheid is om 2014 te omskep in ’n waterskeidingsjaar waarin aktiewe gemeenskappe ’n positiewe rol gaan speel om ons dorpe en stede te help red. AfriForum het besluit om hierdie rigting in 2014 met nóg groter vasberadenheid in te slaan. Natuurlik is dit nie ’n maklike pad om te loop nie, maar deur goeie beplanning en toewyding is dit moontlik. Die suksesse wat AfriForum se 125 takke landwyd die afgelope paar jaar in plaaslike gemeenskappe behaal het, bevestig dat aktiewe gemeenskappe nie net plaaslike regerings verantwoordbaar kan hou nie, maar ook self prakties dinge kan doen om hul lewensomstandighede te verbeter. Ná maande se beplanning, navorsing en loodsprojekte het AfriForum tydens sy nasionale takkongres in 2013 ’n gemeenskapplan en handleiding vir gemeenskappe bekend gestel. Die eerste is ’n riglyn vir die ordelike inrigting van gemeenskapsorganisasies en die tweede is ’n lewende dokument wat ’n aantal praktiese “resepte” bevat oor hoe om spesifiek uitdagings in gemeenskappe aan te pak. Dit is onder meer ’n poging om die apatie in gemeenskappe teen te werk deur gemeenskappe en gemeenskapsleiers te bemagtig en by te staan in die stryd teen swak dienslewering. Georganiseerde gemeenskappe kry dit reeds reg om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak: Die gemeenskap van Dealesville in die Vrystaat het ernstige watervoorsieningsprobleme ondervind omdat die munisipaliteit versuim het om die tersaaklike infrastruktuur in stand te hou. Die AfriForum-tak het ’n waterpomp gekoop en

geïnstalleer, en Dealesville se waterprobleme is sedertdien iets van die verlede. Die koste hiervan is van die Tokologo-munisipaliteit verhaal. Ook in Louis Trichardt is die gemeenskap vir maande sonder water gelaat, maar AfriForum het deur middel van bedinging, regsaksies en uiteindelik ’n skikking, wat ’n bevel van die hof gemaak is, die owerhede gedwing om hulle te verbind tot ’n praktiese plan om volhoubare watervoorsiening te verseker. Die Mogalakwena-stadsraad het ’n senior amptenaar van Potgietersrus in sy pos behou ondanks die feit dat hy skuldig bevind is aan 26 aanklagtes wat verband hou met bedrog en wanbesteding. AfriForum het ingetree en die hooggeregshof genader vir die hersiening en tersydestelling van hierdie besluit. Die munisipaliteit het AfriForum gevolglik meegedeel dat hy nie die aansoek sal teenstaan nie en het die amptenaar uit sy pos onthef. Geen belastingbetaler hoef terug te sit en toe te laat dat ons aan onbeholpe owerhede uitgelewer word nie. AfriForum verkies om in vennootskap met owerhede te werk om beter en veiliger dorpe en stede teweeg te bring. Indien owerhede nie hul samewerking gee nie, doen ons nie net regstappe nie, maar organiseer ons gemeenskappe om self hul probleme op te los. Dit het tyd geword dat ons almal in 2014 begin om ons strate, dorpe en stede te help red deur onbeholpe stadsrade verantwoordbaar te hou én self te doen wat ons kan om ons omgewings te verbeter. Jy word uitgenooi om deel te word van die groeiende groep mense wat betrokke wil raak om volhoubaar ’n beter toekoms in 2014 en daarna te help verseker. • Kallie Kriel is die uitvoerende hoof van AfriForum. Hierdie artikel het oorspronklik in Beeld verskyn. S

AfriForum spog met 125 aktiewe takke landwyd en ’n ledetal van bykans

90 000

’N B(EDR)OGSPUL IN BRITS In Brits is bedrog van R250 miljoen in die Madibeng-munisipaliteit blootgelê. Die munisipaliteit het dit eers probeer toesmeer en toe gemanipuleer om die skuldiges te probeer beskerm.

GAT(E)VOL In Piet Retief is ’n ooreenkoms met die Mkhondo-munisipaliteit gesluit om paaie hier te herstel.AfriForumlede het die arbeid en brandstof voorsien en Mkhondo die teer.

GEE MY KRAG!

Krag- en watervoorsiening bly landwyd ’n brandpunt. AfriForum het reeds in gemeenskappe soos Dealesville, Louis Trichardt, Burgersdorp en Lydenburg ingegryp en gehelp.

ONS MAAK SKOON!

AfriForum se tak in Kuruman het ’n skoonmaakprojek geloods om Kuruman reg te ruk sodat die gemeenskap weer trots kan wees op hul dorp. In Volksrust het AfriForum ingetree om boere by te staan met buitensporige heffings op grondbelasting.

• Lees meer by www.afriforum.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

43


INBEWEGING

Free, safe, prosperous communities possible

A

According to www.crimestatssa.com, 42 persons are murdered on average per day in South Africa. It is estimated that this shocking statistic is seven times higher than the global average.AfriForum, therefore, decided to encourage citizens to become actively involved in the safeguarding of their communities by establishing strong CIVILIAN SAFETY NETWORKS. By Ian Cameron

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

friForum’s safety networks were originally established in urban areas but expanded to other areas. Due to the sharp increase in farm attacks, AfriForum has however decided to intensify its focus on ensuring safety in rural areas. In 2011, South Africa had an estimated 60 000 farmers. This figure has since dropped by 50%. Apart from the massive loss of life South Africans have to cope with on a daily basis, farm attacks also threaten the country’s food security. AfriForum is of the opinion that this massive increase in farm attacks can be attributed to the fact that the police has not been actively protecting farms since 2003. In addition, accurate figures reflecting the true extent of farm murders are not available because the South African Police Service (SAPS) does not acknowledge the seriousness of the matter and does not regard farm attacks as a priority crime. As a result, farm attacks are no longer recorded in a reliable manner. For this very reason, AfriForum – in conjunction with other organisations – has decided to become involved in the gathering and recording of such data. The fact that the SAPS do not have accurate statistics on farm murders is, as far as AfriForum is concerned, just one of many signs that the police do not have the ability to fight crime efficiently. In addition, statistics from independent organisations indicate that the crime rate is, in reality, shockingly high. According to statistics obtained from the Institute for Security Studies (ISS), murder in the Western Cape alone has increased by 10%

44

AfriForum came up with a practical solution, namely to give communities the necessary assistance to take care of their safety themselves.

“ over the past year (2012-2013). In fact, violent crime in holiday towns such as Hermanus has increased by as much as 300%. AfriForum has come up with a practical solution, namely to give communities the necessary assistance to take care of their safety themselves. AfriForum has the following plan of action to help communities ensure their safety: Encouraging branches to become the police’s eyes and ears by patrolling their neighbourhoods: It has already been proven that visible policing is extremely effective, as is reflected by these statistics from Elliot in the Eastern Cape: Between 8 November and 8 December 2012, more than 139 cases of stock theft had been reported to the SAPS, whereas only five cases of stock theft had been reported during the same period in 2013.

BUURTWAG BITTER PIL VIR HANDELAAR

AfriForum se buurtwag in Elliot in die Oos-Kaap het in Februarie in samewerking met die plaaslike polisie toegeslaan op ’n Mandrax-handelaar. Inligting is deur gemeenskapslede aan die buurtwag verskaf en taxivereniginglede wat patrolliewerk vir AfriForum doen, is na die gebied ontbied. Die taximanne het dadelik opgetree toe hulle die handelaar sien, die SAPD was kort daarna op die toneel en het die arrestasie afgehandel. UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

This drop in incidences of stock theft came about after AfriForum encouraged the community to establish a neighbourhood watch. Offering basic training at branches where safety structures are needed: AfriForum believes in equipping members of the communities in question with the necessary knowledge so they don’t unknowingly obstruct investigations at crime scenes. Once safety structures and training have been successfully established, AfriForum will even establish a control room from where emergencies can be controlled and managed from a central point. • For more information about AfriForum’s community safety initiatives, send an e-mail to veiligheid@afriforum.co.za. Ian Cameron is the head of community safety at AfriForum. S

MISDAADVRY(BURG) AfriForum het ’n buurtwag in Vryburg saam met die polisie en ondernemings op die been gebring. Die instelling van patrollies, ’n radionetwerk en ’n motorwagstelsel het misdaad reeds met 47% laat afneem.


INBEWEGING

Bewaar druppel vir druppel

Omgewingskenners meen dat die volgende groot oorlog oor water gaan wees. Dit is ’n kommoditeit wat ons as vanselfsprekend aanvaar maar waarsonder geen mens, dier of plant kan oorleef nie. Daarom werk AfriForum kliphard om te verseker dat die OMGEWING ook vry, veilig en voorspoedig vir die volgende geslagte kan voortbestaan.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

S

Deur Julius Kleynhans

uid-Afrika het ongelukkig grotendeels ontaard in ’n gierige samelewing waar streng omgewingswette nie toegepas word nie en natuurlike hulpbronne geplunder en besoedel word. Dit wil ook voorkom of diegene in beheer van omgewingsake se doelwit is om soveel moontlik geld vir ’n handjievol mense te genereer, terwyl SuidAfrikaners die gevolge van vuil drinkwater, besoedeling, siektes, skade aan eiendom en ongesonde omgewings moet verduur. Rioolwater word daagliks onbehandeld in riviere gestort, drinkwater met E. coli word deur dorpe versprei en myne betree sensitiewe vleilande. AfriForum se Omgewingsake-afdeling is juis om hierdie rede op die been gebring: Om te fokus op die bewaring en volhoubare verbruik van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne tot voordeel van elke landsburger. AfriForum se omskrywing van volhoubare ontwikkeling is soos volg: Volhoubare ontwikkeling voorsien in die behoeftes van huidige gemeenskappe sonder om die vermoë te belemmer van toekomstige geslagte om in hul eie behoeftes te voorsien. Dit bevorder die idee dat sosiale, omgewingsen ekonomiese vooruitgang bereikbaar is binne die grense van ons aarde se natuurlike hulpbronne. Om sy visie en missie toe te pas, sal AfriForum se Omgewingsake-afdeling in 2014 die volgende projekte saam met die organisasie se 125 takke landwyd aanpak: • Blou Druppel-projek: Drinkwater sal in alle dorpe getoets word en daar sal tot die nodige optrede oorgegaan word indien dit nie aan vereiste standaarde voldoen nie. Die dorp se inwoners sal gewaarsku word, die munisipaliteit voor stok gekry word en alternatiewe korttermynoplossings vir skoon drinkwater voorsien word. • Groen Druppel-projek: Alle rioolaanlegte se stortingswater sal getoets word. Indien dit nie aan die vereiste standaarde voldoen nie, sal

aksie geneem word om die probleem op te los. Indien dit nie opgelos kan word nie, sal strafregtelike klagtes aanhangig gemaak word en die howe sal genader moet word. • Vullisterreinprojek: Permitte sal ondersoek word. Indien ’n terrein nie aan die wetlike vereistes voldoen nie, sal daar tot optrede oorgegaan word om daardie terrein veilig en gesond te verklaar. • Boomplantweek: ’n Opvoedkundige week oor bome sal aangebied word. Vanjaar sal AfriForum se Omgewingsakeafdeling fokus op gebiede waar ontbossing plaasvind ten einde nuwe inheemse bome te vestig en die belangrikheid daarvan aan gemeenskappe oor te dra. Die omgewing het ’n invloed op almal. Dit is egter ’n stryd om kundigheid en ’n kultuur van bewaring in gemeenskappe te kweek, maar die verskil begin by elkeen van ons. ’n Lig wat afgeskakel word, water wat spaarsamig gebruik word en die herwinning van vullis dra alles by tot ’n volhoubare toekoms, ’n toekoms waarin Suid-Afrika se mense vrye toegang het tot ’n gesonde en veilige omgewing wat voorspoedig bestuur en bewaar word. • Julius Kleynhans is AfriForum se hoof van omgewingsake. Volg hom op Twitter – @JuliusKleynhans. S

Goeie (groen) nuus Daar is hoop vir Mpumalanga se natuurlike erfenis, nadat die provinsie se LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme,Yvonne “Pinky” Phosa, mynmaatskappye gestuit het deur meer as 73 000 hektaar tot “bewaarde omgewings” of “natuurreservate” ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet op Bewaarde Gebiede van 2003 te verklaar.

Geen sê oor skaliegas?

Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, het onlangs gesê finale regulasies op skaliegasontginning sal binnekort bekend gemaak word. Tot dusver het geen behoorlike openbare deelname oor skaliegasontginning in SuidAfrika deur die regering egter plaasgevind nie, ten spyte van herhaalde versoeke van belangegroepe soos AfriForum en die Treasure the Karoo Action Group (TKAG).

Gestraf vir skade

Matome Maponya, uitvoerende hoof van Blue Platinum in Tzaneen, is einde Januarie vyf jaar tronkstraf opgelê vir skade wat dié myn aan die omgewing aangerig het. Maponya se straf is vir vyf jaar opgeskort, op voorwaarde dat hy die beskadigde gebiede binne drie maande rehabiliteer. Blue Platinum Ventures 16 Pty Ltd ontgin sedert 2007 klei buite Batlhabine in Limpopo, en het deur sy bedrywighede wydverspreide omgewingskade aangerig. Die rehabilitasiekoste word op R6,8 miljoen geraam. www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

45


INBEWEGING

Vir 2014 is dit dus opnuut vir Helpende Hand belangrik om weer te bevestig dat ons werk gaan maak van Afrikaner-armoede deur dit te verlig, te voorkom en te verbreek.

“ ’n

Armoede: R1,5 miljoen in gemeenskappe belê Deur dr. Danie Brink

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Russiese slagspreuk waarsku dat indien jy twee (of meer) hase jaag, jy nie een van die twee gaan vang nie. Die boek The One Thing deur Keller en Papasan moedig organisasies aan om op een ding te fokus. In organisasies binne die Solidariteit Beweging, en in enige sakeonderneming, bestaan daar ’n voortdurende gevaar dat té veel doelwitte nagejaag word en nie een daarvan dan suksesvol bereik word nie. Vir 2014 is dit dus opnuut vir Helpende Hand belangrik om weer te bevestig dat ons werk gaan maak van Afrikaner-armoede deur dit te verlig, te voorkom en te verbreek. Trouens, ons één doel is juis dat ons graag wil verseker dat ons impak op Afrikaner-armoede oor die volgende twee jaar sal verdubbel. Een van ons opwindendste 2014-projekte behels dat Helpende Hand vanjaar R1,5 miljoen aan projekte in gemeenskappe gaan bestee. Helpende Hand-takke wat aan sekere

46

kriteria voldoen, gaan R20 000 ontvang om volhoubaar werk van armoede in hul omgewing te maak. Die drie beste projekte gaan daarna onderskeidelik R150 000, R100 000 en R50 000 ontvang sodat dit uitgebrei kan word. Sodoende verseker Helpende Hand dat die skenkings van ons 26 000 ondersteuners by waardige projekte uitkom en dat armoede doeltreffend en volhoubaar binne gemeenskappe die hoof gebied word. Gemeenskappe neem op hierdie manier ook verantwoordelikheid vir werkbare oplossings vir die Afrikanerarmoedevraagstuk. Die 1939-Reddingsdaadkongres en gepaardgaande aksies tot die volhoubare verbreking van Afrikaner-armoede is legendaries. Vanjaar is die 75-jarige herdenking van hierdie Reddingsdaadkongres, en Helpende Hand beplan om hierdie grootse tyd met sy ingrypende planne te herdenk. Hoewel die 1939-planne wat uiteindelik uitgeloop het op die stigting van organisasies soos Sanlam, Volkskas en Santam

R16,6 miljoen

is in studielenings en beurse deur die Afrikaanse Beursinstituut toegeken.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

nie maklik nagedoen sal kan word nie, is ons opgewonde oor die moontlikhede wat ons herdenkingsdag inhou en koester ons groot idees vir oplossings vir ons mense. Meer hieroor in ’n volgende uitgawe van Solidariteit Tydskrif. Dan beoog ons natuurlik om die bestaande Helpende Hand-projekte soos die Kosblikkieprojek en die Skooltassieprojek beter en groter aan te pak en om die impak daarvan verder te vergroot. Nuwe projekte soos die Ouma-enoupa-projek, die onderwysassistentprojek, die uitreik na geëmigreerde Suid-Afrikaners, die stigting van ’n eerste bekostigbare Afrikaanse privaat skool en die vestiging van ’n volwaardige skolesentrum is, onder andere, dinge wat baie potensiaal inhou. In 2014 wil ons by Helpende Hand soos ’n posseël wees: Op een ding plak totdat ons arriveer. • Dr. Danie Brink is uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. S

GEHALTE-ONDERWYS Danksy Projek Leerkrag, kon 11 212 leerlinge by 23 skole landwyd in 2013 baat vind by 57 onderwysassistente. Die projek het ten doel om die druk op oorlaaide onderwysers te verlig terwyl die assistent indiensopleiding kry.


’n

INBEWEGING

FOTO: VERSKAF

Boerbokke laat klein entrepreneur Eddie groot wen

Boerbokboer, ’n erdwurm- en vetplantjieverkoopsman en ’n beskuitbakker het sake in 2013 uitgespook om as wenner van Solidariteit Helpende Hand se Entrepreneurskompetisie aangewys te word. Dié kompetisie het ontstaan uit ’n behoefte om jongmense se entrepreneursingesteldheid te ontwikkel, hul vaardighede op te skerp en om hulle meer oor die sakewêreld te leer. Eddie Pienaar (13) van EHP Bokboerdery is as die wenner van die kompetisie aangewys. Hy is ’n graad 7-leerling aan Laerskool Dagbreek in Carletonville. Eddie boer al met boerbokke vandat hy vyf jaar oud is. Sy aanvanklike drie bokke het intussen aangegroei tot ’n kudde van ongeveer 100. Eddie bring soveel tyd as moontlik saam met sy bokke deur en woon selfs vendusies by om bokke te koop en te verkoop. Stephanus Malan, president van die Suid-

Deur Juanita du Preez

Afrikaanse Boerboktelersvereniging, was so beïndruk met Eddie se suksesvolle boerdery dat dié vereniging vir hom tien stoetooie en ’n stoetram wil skenk. Die kudde sal tydens die Bloemfontein-skou by die vereniging se raadsvergadering aan Eddie oorhandig word. “Ek is geweldig beïndruk met die kind,” sê Malan.“’n Mens kan sommer sien dis hy wat alles self doen; dis nie ’n outjie met ’n pa met ’n klomp geld wat nou suksesvol is nie. Ons het al by van ons lede gehoor dat Eddie ’n besonderse liefde vir die ras het en by die Nampo-oesfees heelwat belangstelling in die bokke getoon het. Dis ’n ras wat my ook na aan die hart lê. “Ons het verneem dat hy met die wengeld van R15 000 vir hom stoetooie wil koop, maar die koste van een ooi beloop sowat R5 050. Ons het daarom besluit om hom hiermee te help. Om in so ’n kind te belê, is ook ’n belegging in die bedryf. Dit is ’n voorreg.” S

TRAP DIEP SAKESPORE Helpende Hand se Entrepreneurskompetisie word in 2014 weer aangebied, en prysgeld ter waarde van R60 000 is op die spel. Skoliere van graad 6 tot 12 kan deelneem. Die kompetisie sluit op 2 Mei. Registreer vandag nog jou skerp sakeidees by www.loopbaan.co.za


INBEWEGING

Bekendes maak tas(sie)bare verskil

S

Deur Mariné Jacobs en Juanita du Preez

Bekende Afrikaanse kunstenaars en akteurs het tyd in hul besige skedules ingeruim om aan Solidariteit Helpende Hand se nasionale SKOOLTASSIEPROJEK deel te neem. Sodoende kon hulle ook deel wees van Helpende Hand se droom om geen graadeentjie sonder die nodige skryfbehoeftes skool toe te laat gaan nie.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM;VERSKAF

owat 4 600 skooltassies, volgepak met al die nodige skryfbehoeftes vir skoolbeginners, is in Januarie aan behoeftige graadeens regoor die land uitgedeel. Verskeie bekendes het sommer self ingespring en gehelp om die tassies aan die kinders uit te deel. Die sanger Chris Chameleon het boonop die kinders van Laerskool Roodebeeck in Gauteng vermaak deur die tassie se inhoud vir vreemde gebruike in te span. Die wysneuskinders het hom egter luidkeels reggehelp. Die Binneland-akteurs Neels van Jaarsveld en Viljé Maritz het by Laerskool Dr. Havinga gehelp om tassies uit te deel en het ook saam met die kinders en onderwysers vir foto’s geposeer, terwyl die sangers Blacky Swart en Jak de Priester saam met die graadeens by Laerskool Danie Malan in Pretoria maskers ingekleur het voordat daar ook tassies uitgedeel is. “Met die nasionale Skooltassieprojek rus Helpende Hand behoeftige Afrikaanssprekende graadeens toe om hul skoolloopbaan op ’n gelyke vlak met klasmaats te begin,” sê Anel du Preez, die projekorganiseerder. “Ons meen opleiding is die sleutel tot die bekamping van armoede en dat kinders reeds op ’n jong ouderdom die nodige hulpbronne moet hê ten einde gehalte-opleiding te kan ontvang.” Elke rugsakkie bevat ’n skêr, gom, liniaal, witbord, inkleurpotlode, uitdraaikryte, klei, waterverf, ’n legkaart, springtou en tennisbal. Du Preez sê dat hierdie projek sedert sy ontstaan van krag tot krag gaan.“Ons het sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is al meer as 21 000 skooltassies uitgedeel. Ons het verlede jaar tassies by 167 skole uitgedeel en vanjaar by 208 skole.” S

48

8etas GEE WISKUNDE, WETENSKAP SKOP

Helpende Hand se 8etas vir graad 8’s is daarop gemik om wiskunde en wetenskap onder jongmense te bevorder. Navorsing wys dat goeie prestasie in wiskunde en wetenskap jou kans om werk te kry met 97% verhoog! Die gratis 8etas (of aktetas) sluit in ’n sakrekenaar en passerstel, ’n wiskundekamp en ’n vakkeusetoets. Lees meer oor dié en ander opwindende projekte by www.helpendehand.co.za UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

21100

tassies is sedert 2007 aan behoeftige kleintjies uitgedeel



INBEWEGING

Ambagsopleiding: Só het wetgewing verander

Die Wet op Mannekragopleiding (Wet 56 van 1981), wat ambagskwalifikasies in Suid-Afrika gereguleer het, is onlangs deur die WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING (Wet 97 van 1998), of die Skills Development Act (SDA), vervang. Wat is die implikasies hiervan vir tegniese opleiding in Suid-Afrika? PHILIP MINNAAR het al die antwoorde. Wat is die verskil tussen artikels 13 en 28 van die ou wetgewing (die Wet op Mannekragopleiding)? In die verlede was daar twee roetes wat persone kon volg om uiteindelik ’n vaktoets te voltooi en ’n opgeleide ambagspersoon te word. Die eerste was die artikel 13-roete waarvolgens ’n mens institusionele opleiding moes ontvang, ’n vakleerlingkontrak binne ’n vasgestelde tydsraamwerk moes voltooi, en dan ’n finale vaktoets moes slaag om ’n artikel 13 Rooiseëlkwalifikasie te verwerf. Die artikel 28-roete het op sy beurt voorsiening gemaak vir mense wat nooit ’n vakleerlingskap begin of voltooi het nie, maar op grond van jare se ervaring in die praktyk (sonder formele opleiding) die nodige kennis en vaardighede bekom het om ’n vaktoets te mag aflê.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Wat is die verskil tussen artikel 13 van die vorige Wet op Mannekragopleiding en artikel 26 van die SDA? Die tradisionele opleidingsroete van artikel 13 van die vorige Wet op Mannekragopleiding is in totaliteit deur artikel 26 van die SDA vervang met dié voordeel dat die nuwe wetgewing kritieke prestasieareas duideliker omskryf sodat opleidingsinstansies en werkgewers sekerheid het oor wat vakleerlinge se vaardighede presies behels. ’n Artikel 13 Rooiseëlkwalifikasie en ’n artikel 26-kwalifikasie dra dus nie net dieselfde gewig nie; die voordeel van die kwalifikasie onder die nuwe wetgewing is dat dit ook meer in lyn is met internasionale neigings ten opsigte van gereguleerde gehalte-opleiding.

50

Wat van die artikel 28-roete? Mense wat geen formele vakleerlingskappe voltooi het nie, maar steeds ’n vaktoets wil skryf, sal die RPL-roete (Recognition of Prior Learning) moet volg en ’n volledige portefeulje met bewyse van sy of haar vaardighede moet voorlê. Die persoon moet UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

praktiese bevoegdheid in elke afsonderlike deel van die kurrikulum bewys voordat hy of sy tot ’n vaktoets toegelaat sal word. ’n Onafhanklike assessor sal die persoon se praktiese en teoretiese kennis en vaardighede evalueer en voorskryf watter bykomende opleiding die persoon by ’n instelling soos Sol-Tech moet ontvang om dan in daardie spesifieke prestasiearea as bevoeg gesertifiseer te word om vir die vaktoets te kwalifiseer. Wie sien toe dat die gehalte van artikel 26-kwalifikasies op peil is? Onder die SDA is daar nou ’n sentrale regulerende liggaam, die National Artisan Moderating Body (NAMB), wat tesame met die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) die vereistes vir die Rooiseëlkwalifikasie reguleer en opleidingsinstellings en vaktoetssentrums akkrediteer. Onder die tradisionele SETA-stelsel het elke SETA die mag gehad om opleidingsinstellings en werkgewers te akkrediteer en prestasieareas vir studente vas te stel. Die standaardisasie van die prestasieareas onder NAMB en QCTO is goeie nuus, omdat ’n gestandaardiseerde Rooiseëlkwalifikasie nou uitgereik kan word. Word die nuwe kwalifikasie reeds deur werkgewers aanvaar? Die SDA is reeds sedert 1998 as nasionale wetgewing uitgevaardig en die meerderheid werkgewers is daarvan bewus dat die nuwe artikel 26kwalifikasie en die ou artikel 13kwalifikasies ewe gesaghebbend is. Maatskappye wat hulle aan diskriminasie op grond van sogenaamde verskille tussen die kwalifikasies skuldig maak, moet by die NAMB of die QCTO aangegee word.

Hoe beïnvloed die nuwe reguleringswetgewing Sol-Tech se opleidingsmodel? Sol-Tech se opleidingsmodel word ten volle deur die NAMB onderskryf en geakkrediteer. Sol-Tech se opleidingsmodel hoef dus glad nie aangepas te word nie en studente kan gerus wees dat hulle ná hul studies by Sol-Tech slaggereed sal wees om hul Rooiseëlkwalifikasie te verwerf. S


Dit bevestig nie net Sol-Tech se geloofwaardigheid as opleidingsinstelling nie; dit skep die beste geleenthede vir ons studente en dit is vir húlle wat Sol-Tech bestaan. ~ Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech ~

S

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; REINT DYKEMA

SOL-TECH GEWIS DIE BESTE KEUSE

ol-Tech mag dalk nog ’n jong instelling wees, maar dié Afrikaanse tegniese opleidingsinstelling van die Solidariteit Beweging het reeds landwyd groot bekendheid verwerf. “Dit is nie net omdat dié instelling met topgehalte toerusting, topstudente, toplektore en topprestasies spog nie, ook nie omdat dit die enigste Afrikaanse alternatief vir tegniese opleiding in Suid-Afrika is nie, maar eenvoudig omdat ons van die bes opgeleide ambagslui in Suid-Afrika lewer,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech. “Ons streef daarna om elke jaar op elke terrein te verbeter. Daarom fokus ons sterk op personeelontwikkeling, tegnologiese uitbreiding, gehalteverbetering en die verbetering van ons administratiewe stelsels terwyl ons enige veranderings in die regulatoriese omgewing van tegniese opleiding fyn dophou om te verseker dat ons aan die voorpunt van tegniese opleiding in Suid-Afrika bly.” Van Deventer sê Sol-Tech wil dié voorkeurinstansie wees vir werkgewers wat ambagslui benodig.“Dit bevestig nie net Sol-Tech se geloofwaardigheid as opleidingsinstelling nie; dit skep die beste geleenthede vir ons studente en dit is vir húlle wat Sol-Tech bestaan.” S

SOL-TECH SE OPE DAG OM DIE DRAAI Datum: Tyd: Plek: Adres: Koördinate: Bring saam:

1 Maart 2014 08:30 vir 09:00 Sol-Tech-kampus, Kirkney Maliestraat 1662, Kirkney 25˚42’52’’S 28˚06’26’’E Vier (4) gewaarmerkte afskrifte van ID, vier (4) gewaarmerkte afskrifte van hoogste kwalifikasie, amptelike graad 9-rapport

Besoek www.sol-tech.co.za vir inligting oor al ons kursusse. www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

51


ROMOSIE APDVERTORIAL

Alles oor jou begrafnisvoordeel

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

BEGRAFNISSE is die een onderwerp wat die meeste mense probeer vermy. Tog is daar belangrike dinge wat jy en jou gesin en geliefdes moet weet om die proses in daardie tyd van beproewing te vergemaklik.

52

WAT IS INGESLUIT? • Die verwydering van die oorskot van die plek van afsterwe (verwydering word enige dag en tyd gedoen). • Die berging en versorging van die oorskot. • Die verskaffing van ’n kis, volgens kontrak. • Die verskaffing van ’n naamplaat vir die kis. • Begrafnisreëlings met ’n Doves-reëlingsbeampte. • Die bespreking van die graf/krematorium by die betrokke munisipaliteit/eienaar. • Die verskaffing van 100 gewone begrafnispamflette (pamflette met foto’s word nie hierby ingesluit nie). • Die gebruik van ’n Doves-kapel (indien beskikbaar). • Die gebruik van ’n ondernemer en lykswa. • Die gebruik van ’n graftent, stoele, grastapyt en neerlaatmasjien by die graf. • Die registrasie van die dood by die departement van binnelandse sake (waar moontlik). • Die voltooiing en indiening van begrafniseisdokumente en alle toepaslike administrasie. • Gratis dekking van vervoerkoste vir die eerste 80 km van die naaste Doves-kantoor. • Afslag van 10% op grafstene wat tydens bespreking van die begrafnis bestel word. • Alle plaaslike oproepe wat vir die begrafnis en ander toepaslike reëlings gemaak moet word. • Die gebruik van die besigtigingskamer. • BTW is op alle bogenoemde koste ingesluit.

is die familie vir die balans verantwoordelik.) • Die huur van ’n kapel (as ’n Doves-kapel nie beskikbaar is nie en die familie verkies om ’n kapel te huur). • ’n Tent by die huis/kleedkamers/busse/ familiemotors. • Doktersgeld, die heffing van die mediese skeidsregter in die geval van ’n verassing (wat die uiteindelike goedkeuring vir verassings gee) en die koste van ’n doodsertifikaat (waar van toepassing). • Bykomende kilometer wat gereis moet word. Die eerste 80 km van die naaste Doveskantoor word gedek, daarna is die familie soos volg verantwoordelik vir die bykomende kilometer gereis: • Van 81 km tot 200 km word R5,15 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • Van 201 km tot 400 km word R4,74 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • Van 401 km en meer word R4,45 per kilometer gehef (BTW uitgesluit). • ’n Bykomende bedrag van R670 word gehef op begrafnisse en verassings wat nauurs, op Sondae of op vakansiedae gehou word. • Blomme vir die kis en die kerk. • Die verwydering van longe (indien nodig). • Kerkkoste asook die vergoeding vir die predikant, orrelis en koster. • Die plasing van doodskennisgewings in koerante.

WAT IS NIE INGESLUIT NIE? • As die oorledene deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer is en Doves dan die oorskot na ’n Doves-kantoor moet verskuif, moet die familie die koste van die ander begrafnisondernemer dek. • As ’n ander kis (as wat volgens die kontrak bepaal word) gekies word, is die familie verantwoordelik vir die verskil in koste. • ’n Houtkissie vir as (indien verkies). • Krematoriumkoste. • Munisipale koste – dus die koop en grawe van die graf. • Die plasing van die oorledene se as in ’n nis in ’n gedenkmuur. • Die verskaffing van bykomende gewone begrafnispamflette teen R2,00 per pamflet. (As die familie pamflette met foto’s in verkies,

EN BYKOMENDE KOSTE? • Begrafnisondernemers: As die oorskot eers deur ’n ander begrafnisondernemer vervoer is en die oorskot dan deur Doves afgehaal word, kan die familie tot R3 420 vir die diens van die ander begrafnisonderneming betaal. • Kis: Word bepaal deur die keuse van ’n kis. • Askissie: Kan tussen R456 en R1 710 kos. • Krematorium: Tussen R1 026 en R2 022. • Munisipale grafkoste: R330 tot R3 846. • Die plasing van as: Die koste hiervan hang af van die perseel waar die as geplaas word. • Bykomende programme: R2,00 per program. • Programme met foto’s: Dié programme kan tot R18,50 per program kos. • Huur van kapel: Die koste van ’n kapel word bepaal deur die keuse van ’n kapel. • Huur van tente en stoele: Dit word bepaal

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

• • • • • • • •

deur die grootte van die tent en die aantal stoele wat gehuur moet word. Huur van busse en ander voertuie: Tussen R969 en R2 850 per bus/voertuig. Doktersgeld: Tussen R399 en R1 800. Bykomende reiskoste: Word bepaal deur die aantal ekstra kilometer wat gereis word. Begrafnisse wat nauurs, op Sondae of op vakansiedae gehou moet word: ’n Bykomende bedrag van R670 word hierop gehef. Vars blomme: Die koste sal afhang van die familie se keuse van ruikers, maar kan tussen R285 en R1 140 beloop. Verwydering van longe: Die koste hiervan beloop ’n minimum van R585, maar hang af van die dokter se heffing. Kerkkoste: Dit wissel, maar die gemiddelde koste strek van R627 tot R1 311. Doodskennisgewings: Die koste hiervan word deur die betrokke koerant bepaal.

Vir meer inligting oor jou Solidariteitbegrafnisvoordeel of om die besonderhede van jou naaste Solidariteit-kantoor te kry, skakel 0861 25 24 23. Of skakel die Doves Careline by 0860 02 55 00.


ADVERTORIAL

Your funeral benefit: All the facts

Most people prefer to avoid the topic of FUNERALS. Yet, there are important things about the process you and your family and loved ones should know to make these trying times easier. WHAT IT INCLUDES • Removal of the deceased from the place of death (this service is offered at any day and time). • Storage and tending to the remains. • Provision of a coffin as per contract. • Provision of a name plate for the coffin. • Funeral arrangements in consultation with a Doves consultant. • Booking of grave/crematorium at the relevant municipality/owner. • The supply of 100 ordinary standard funeral leaflets (brochures with photos not included). • The use of a Doves Chapel (if available). • The use of an undertaker and hearse. • The use of a grave tent, chairs, grass carpet and lowering device at the grave site. • Where possible, the registration of the death at the Department of Home Affairs.

DID YOU KNOW? As a Solidarity member, you receive a discount of 10% on tombstones. Join today! Phone 0861 25 24 23.

• The completion and submission of funeral claims documentation as well as all other relevant administration. • Free coverage of transport costs for the first 80 kms from the nearest Doves office. • A discount of 10% on tombstones ordered when the funeral is being arranged. • All local calls made in respect of the funeral and other relevant arrangements. • Use of the viewing room. • All the above costs include VAT. WHAT IT DOES NOT INCLUDE • If the deceased was transported by another undertaker and Doves have to move the remains to a Doves office then the family would be responsible for the cost of the other undertaker. • Should a casket (other than stipulated in the contract) be chosen the family is responsible for the difference in price. • A wooden ashes casket. • Crematorium costs. • Municipal costs, in others words, purchasing of grave site and digging of grave. • Placing the ashes in a niche in a memorial wall. • A supply of additional standard funeral leaflets at R2,00 per leaflet. (Should the family want leaflets with photos, then the family will be responsible for the balance). • The cost of hiring a chapel (if a Doves chapel is not available and the family prefers to rent a chapel). • A tent at the home/cloakrooms or at bus/family car parking areas. • Doctors’ fees, charges of the medical referee (who gives final approval for a cremation) and, where applicable, the cost of a death certificate. • Additional travel costs for distances exceeding 80 kilometres as follows: • R5,15 p/km for distances from 81 to 200 kilometres (excluding VAT). • R4,74 p/km for distances from 201 to 400 kilometres (excluding VAT). • R4,45 p/km is charged for 401 kilometres and more (excluding VAT). • A surcharge of R670 will be charged for funerals and cremations that take place after

hours, on Sundays or on public holidays. • A coffin spray and floral arrangements in the church. • The removal of lungs (if so required). • Cost of hiring a church as well as paying for the services of the minister, organist and sexton. • Publishing of death notice in newspapers. AND ADDITIONAL COSTS? • Funeral undertakers: If the remains had initially been transported by another undertaker and need to be fetched by Doves, the family could pay up to R3 420 for the services of the other undertaker. • Casket: Depends on the choice of a casket. • Ashes casket: Can vary between R456 and R1 710. • Crematorium: Between R1 026 and R2 022. • Municipal cost of grave site: R330 to R3 846. • Placing of the ashes: The cost will depend on the site where the ashes will be placed. • Brochures in excess of 100 at R2,00 a programme. • Programmes with photos can cost up to R18,50 a programme. • Hire of a chapel: The cost will be determined by the choice of chapel. • Hire of tents and chairs: It will depend on the size of the tent and the number of chairs that need to be hired. • Rental of buses and other vehicles: Costs vary between R969 and R2 850 a bus or vehicle. • Doctor’s charges: Between R399 and R1 800. • Additional travel cost: This is determined by the number of extra kilometres travelled. • Funerals that have to take place after hours or on Sundays: A surcharge of R670 applies. • Fresh flowers: The cost will depend on the choice of floral arrangement but could vary between R285 and R1 140. • Removal of lungs: The cost could be a minimum of R585, but would depend on the doctor’s charge. • Church costs: These costs vary, but on average it ranges between R627 and R1 311. • Death notices: The cost is determined by the relevant newspaper. www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

53


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.

Diensbeëindiging by voorlopige likwidasie

O

Een van ons lede werk vir ’n staalkonstruksiemaatskappy en is in kennis gestel dat sy dienste onmiddellik beëindig word omdat die maatskappy onder voorlopige likwidasie geplaas is. Hy is nie voorheen in kennis gestel dat die maatskappy onder voorlopige likwidasie geplaas gaan word nie, en die werkgewer het geen formele DIENSBEËINDIGINGSTAPPE gedoen nie. Is sy afdanking billik, en wat staan hom te doen indien dit nie billik is nie? Deur Anton van der Bijl

ngelukkig sien ons al meer van hierdie tipe gevalle weens die huidige ekonomiese klimaat. Artikel 38(5) van die Insolvensiewet (Wet 24 van 1936) bepaal dat ’n likwidateur met die werknemers van ’n gelikwideerde maatskappy moet konsulteer voordat hul dienste beëindig kan word. Artikel 197B van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) bepaal verder dat werkgewers hul werknemers in kennis moet stel indien die werkplek onder voorlopige likwidasie geplaas gaan word. In die saak Van Zyl NO & Others v. Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration & Others (2012) 33 ILJ 2471 (LC), waarvan die feitestel soortgelyk is as die feitestel in die lid se geval, het die arbeidshof die KVBA se bevel dat die werknemer se diens onbillik beëindig is, gestaaf. Die KVBA het bevind dat voorlopige likwidasie ’n werkgewer nie die reg gee om ’n werknemer se diens summier te beëindig nie. Hierdie saak stel dit duidelik dat by die voorlopige likwidasie van ’n maatskappy mag ’n werknemer se dienste nie summier beëindig word nie en dat ’n werknemer waarskynlik sal slaag met ’n saak van onbillike ontslag by die KVBA indien hy of sy op hierdie gronde afgedank word. Indien die lid onder soortgelyke omstandighede afgedank is, beveel ons aan dat hy so gou moontlik met die naaste Solidariteit-kantoor in verbinding tree. S

Artikel 197B van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) bepaal dat werkgewers hul werknemers in kennis moet stel indien die werkplek onder voorlopige likwidasie geplaas gaan word.

Poligraaftoets nie deurslaggewend as bewys, bevind hof

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

D

54

ie arbeidshof het in ’n onlangse saak weer bevestig dat poligraaftoetse alleen nie as voldoende bewyse gebruik kan word om ’n werknemer aan diefstal skuldig te bevind nie. Die poligraaftoets moet met bykomende bewyse aangebied word voordat dit oorweeg sal word. Twee werknemers wat albei vir die hantering van voorraad of vrag verantwoordelik was, is deur DHL ontslaan nadat die maatskappy hulle aan diefstal skuldig bevind het. ’n Groot hoeveelheid sigarette is uit ’n stoorkamer gesteel en ’n aantal werknemers wat die skofte gewerk het waartydens die sigarette gesteel is, is versoek om poligraaf-

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Deur Hendrik van der Hoven

toetse af te lê. Slegs twee van die werknemers wat getoets is, het nie die poligraaftoets geslaag nie en albei hierdie werknemers is van diefstal aangekla en ontslaan. Die twee werknemers het ’n saak van onbillike ontslag gemaak wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys is. Die kommissaris het tydens die arbitrasie bevind dat die werknemers onbillik ontslaan is en het beveel dat albei werknemers terugwerkend in hul ou poste heraangestel moes word. Tydens die hersieningsaansoek het die arbeidshof bevind dat die kommissaris korrek was in sy argument dat poligraaftoetse in

isolasie of sonder ander bewyse nie deurslaggewend of voldoende is om skuld te bewys nie. Die enigste onderskeid tussen dié twee werknemers en al die ander werknemers wat tydens die skofte werksaam was, is die feit dat hierdie twee werknemers nie die poligraaftoetse geslaag het nie. Die arbeidshof het dus weereens bevestig dat daar slegs op poligraaftoetse gesteun kan word indien daar ander onafhanklike bewyse teenwoordig is wat die sogenaamde misleiding of “deception” beaam of onderskryf. Die bogenoemde saak se sitasie is soos volg: DHL Supply Chain (Pty) Ltd v De Beer NO & others (2013) 34 ILJ 1530 (LC). S


ADVERTORIAL


INBEWEGING

Sosialisme in Kuba: Waarom werk dit nie?

D

Dit is verstommend dat Kuba, een van die laaste suiwer sosialistiese state op aarde, so dikwels deur die ANC as voorbeeld vir Suid-Afrika voorgehou word. Maar hoe lyk SOSIALISME in die praktyk? SEBASTIAN BIEHL het Kuba onlangs besoek en gee ’n ooggetuieverslag van hoe ’n sosialistiese stelsel werk – of liewer, nie werk nie.

ie stede en alledaagse lewe van die Kubane is die mees opsigtelike eienskap van die sosialistiese stelsel: Die staat beheer alles en ontmoedig enige inisiatief. Huise verbrokkel, want daar is nie winkels waar boumateriaal en verf gekoop kan word nie. Selfs al kry jy verf of boumateriaal iewers deur kontakte in die hande, moet jy ’n burokratiese proses deurmaak om uiteindelik toestemming te kry om jou huis te mag herstel. Omdat almal gelyk is, ontmoedig die regering dit dat sommige mense uitstaan deur inisiatief te neem. Byna almal werk op die een of ander wyse vir die staat en mense word minimale salarisse betaal waarop niemand kan oorleef nie. Om gelykheid te verseker, word ’n mediese dokter byvoorbeeld soveel betaal soos iemand wat hande-arbeid verrig. Die bekende gesegde uit die ou Sowjet-Unie: “Hulle [die staat] gee voor om ons te betaal, en ons gee voor om te werk,” geld ook vir Kuba.

WAAR ’N ROKIE TREK

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

56

Omdat niemand op hul salaris kan oorleef nie, word daar op allerlei maniere gepoog om ’n ekstra inkomste te verdien, veral in die toerismesektor. Waar jy ook al kom, word sigare (wat uit fabrieke “saamgeneem” is) onder die hand aangebied, mense bied hul dienste as taxichauffeurs aan en poog om jou in restaurante en hotelle in te lok vir kommissie wat hulle daarvoor ontvang, en jong vroue verkoop hul lywe onbeskaamd om hul kinders, dikwels buite die huwelik gebore, te kan voed. Melk vir babas is glo uiters moeilik bekombaar, en net teen harde valuta – mense het dikwels by ons kontant gebedel om babamelk te kan koop. In Kuba voel dit of jy teruggereis het in tyd. Vir ’n besoeker mag dit eksoties voel, maar vir die Kubane dra dit by tot hul daaglikse stryd om oorlewing. Die Amerikaanse motors uit die 1950’s is ’n lus vir die oog vir veteraanmotorliefhebbers, maar vir die plaaslike mense is vervoer na hul bestemming ’n daaglikse stryd: Onderdele is baie moeilik bekombaar, en die

Christopher Columbus het in 1492 op die eiland Colba (nou bekend as Kuba) met die brand en inaseming van blare genaamd Cohiba kennis gemaak. Meer as $400 miljoen se Kubaanse sigare word tans jaarliks verkoop.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

invoer van nuwe motors is tot baie onlangs verbied. Al wat jy nog op straat sien buiten die mooi veteraanmotors, is lelike klein Oosblokmotors uit die 1970’s en 1980’s, soos Moskwitsch en Lada. Net mense hoog op in die Kommunistiese Party of die staatsdiens besit nuwe motors. Die internet is byna glad nie beskikbaar nie en word streng gesensor. Net in enkele luukse Westerse hotelle kan jy ten duurste vir ’n kort tyd die internet gebruik. Selfone is skaars en duur. Kuba gebruik boonop ’n dubbele geldstelsel. Die gewone Pesos Cubanos (CUP) wat mense verdien, kan jy net vir die mees basiese goed soos voedsel op die boeremark, of die enkele produkte wat vir gewone mense in staatswinkels beskikbaar is, verruil. Mense staan op talle plekke tou as daar iets buiten die gewone te koop is – produkte wat vir ons vanselfsprekend is en wat hier selfs in die kleinste supermark beskikbaar is. Alles wat effens luukser as die basiese benodigdhede soos brood en groente is (maar ver van luuks of keurig), selfs produkte soos

IN DIE GESKIEDENIS

Met die historiese Bay of Pigs-inval op 17 April 1961 het ’n groep Amerikaansgesteunde uitgewekenes hulle teen Kubaanse militante vasgeloop nadat pres. John F. Kennedy van die VSA lugsteun geweier het.


INBEWEGING

Ek het die toekoms gesien... en dit lyk soos die verlede. ~ Sebastian Biehl ~

langlewemelk en kaas, moet in staatsvalutawinkels vir Pesos Convertibles (CUC), wat 1:1 aan die Amerikaanse dollar gekoppel is, gekoop word. Die gemiddelde salaris wat verdien word, is gelykstaande aan $20. Alledaagse dinge soos batterye en selfs vuurhoutjies kon ons amper nêrens kry nie. CUC’s is net vir toeriste en die mense uit die kommunistiese elite bedoel en die gewone mense kry dit net in die hande deur vir toeriste dienste te lewer. Die spoorweë en staatsbusmaatskappy is in ’n toestand, staatsrestaurante en -hotelle is duur en hul diens swak, en oral staan en sit amptenare net rond en hou mense dop. Geen privaat besit word toegelaat nie, en dus bly beleggers ook weg. Havanna se kilometer lange waterfront bestaan uit bouvalle, waar daar op enige ander plek die een luukse hotel na die ander sou pronk. Op die platteland is geen kommersiële plase nie, net klein lappies grond wat deur gesinne bewerk word, asook die sosialistiese gemeenOmdat Kuba ’n Spaanse kolonie was, is Spaans dié land se amptelike taal. Havana is die hoofstad, belangrike hawe en ekonomiese spilpunt. Havana het ’n inwonertal van byna

3 miljoen

skapsplase waar masjinerie staan en roes. Die eens groot suikerrietplantasies is dikwels met bossies toegegroei, en die suikermeulens is spookagtige geraamtes. Die land het vrugbare grond, maar moet nog steeds voedsel invoer. Die klein tabakboere moet 90% van hul oes aan die staat afstaan teen ’n nominale betaling, en die 10% wat hulle vir eie gebruik mag hou, verkoop hulle onwettig aan toeriste. Al wat in Kuba funksioneer, is die minimale privaat inisiatief wat toegelaat word, soos die private toeristeverblyf. Selfs hier geld streng kontroles en hoë belasting en dit is ’n moeisame proses om goedkeuring vir toerisme-aktiwiteite te kry. Om die land van hongersnood te weerhou, het die regering toegegee aan ’n beperkte hoeveelheid vryemarkhandel en laat hulle op die onderste vlak boere toe om in hul privaat hoedanigheid groente te verkoop. Die regering besing die lof van die gesondheidstelsel wat vir almal beskikbaar is. Dié gesondheidstelsel is egter net moontlik deur hoë

belasting en deur mediese dokters uiters swak salarisse te betaal. Die gesondheidstelsel is relatief goed in vergelyking met ander derdewêreldlande, maar nie in vergelyking met dit waaraan ons gewoond is nie. Mediese dokters en ander professionele mense moet op ander maniere ’n ekstra inkomste verdien om te oorleef. Om op te som: In die praktyk kan sosialisme dit regkry om ’n paar basiese benodigdhede soos brood, openbare vervoer en basiese gesondheidsorg baie goedkoop te verskaf deur diegene wat werk swaar te belas, professionele mense swak te betaal en die vryemark aan bande te lê. Dié voordeel weeg egter glad nie op teen al die nadele soos algehele kontrole, burokratiese rompslomp, verkrummelende infrastruktuur, ontmoediging van inisiatief, die afwesigheid van eiendomsreg, isolasie en niebeskikbaarheid van goedere nie. Die feit dat selfs Kuba nou noodgedwonge afwyk van sosialisme omdat hulle nie meer hul mense kan voed nie, is die beste bewys dat sosialisme nie werkbaar is nie. S

FIDEL SPEEL DIE VIOOL

Fidel Alejandro Castro Ruz was van 1959 tot 2008 aan bewind nadat hy die regering van Fulgencio Batista omvergewerp en die land verander het in die eerste kommunistiese staat in die Westelike Halfrond. Raúl Castro, Fidel se jonger broer, swaai tans die septer.

Die Kubaanse vlag met sy blou en wit strepe, rooi driehoek en wit vyfpuntster is op 25 Junie 1848 in gebruik geneem.

www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

57


INBEWEGING

Teken jou toekoms as ’n argitek oop

A

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

ARGITEKTE, ONTWERPERS EN SIVIELE INGENIEURS het elke dag te make met honderde idees en voorstelle wat verwerk moet word tot ’n uitvoerbare plan, en uiteindelik tot ’n fisieke gebou, of dit nou ’n gewone huis, ’n inkopiesentrum of selfs ’n monument is. Wat behels dié beroepe presies?

58

rgitekte is verantwoordelik vir die ontwerp, beplanning en mooimaak van geboue. Argitekte se taak behels die ontwerp van ’n gebou volgens die kliënt se behoeftes met inagneming van bruikbaarheid, duursaamheid, gemak, skoonheid en die begroting beskikbaar. Tydens hul opleiding word daar in diepte gekyk na verskillende soorte boumateriaal en hoe dit in verskillende ontwerpe aangewend moet word. Dié kennis help ’n argitek om ’n gebou te ontwerp wat nie net mooi is nie, maar ook funksioneel.Tydens die konstruksiefase is die argitek ook verantwoordelik om toe te sien dat sy planne korrek geïnterpreteer en uitgevoer word. Siviele ingenieurswese behels die beplanning, ontwerp en instandhouding van infrastruktuur, asook projekbestuur tydens die oprigting van dié strukture. Siviele ingenieurs werk nou saam met tekenaars en argitekte om die planne in hul kop op papier uit te beeld. Tekenaars is verantwoordelik daarvoor om tegniese en gedetailleerde sketse te teken op

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Deur Karin Venter grond van rowwe tekeninge en spesifikasies wat hulle ontvang. Tekenborde en planne op papier word steeds gebruik, maar CAD-sagteware (computer aided design software) word hoofsaaklik gebruik om die ontwerpe weer te gee. Dié sagteware maak dit moontlik om die ontwerpe te draai en van alle hoeke te besigtig; iets wat nie moontlik is met ’n 2D-ontwerp op papier nie. Sommige van dié beroepe se grootste uitdagings is kliënte wat gereeld veranderings aan planne vereis, gereelde sperdatums, lang en ongereelde werksure en stremming op die oë as gevolg van presiese werk op sketse. Aan die ander kant bied die beroep aan die argitek, siviele ingenieur of tekenaar die

“ ”

Boukuns is gestolde musiek. ~ Johann Wolfgang von Goethe ~

Besoek www.loopbaan.co.za vir nog beroepsgerigte inligting. geleentheid om met uiteenlopende tipes mense in ’n verskeidenheid omgewings te werk, om iets blywends te skep en om hul kreatiwiteit ten volle uit te leef. Individue wat daarvan hou om akkurate en presiese werk te doen, wat vir lang tye aaneen kan konsentreer, wat baie geduld en deursettingsvermoë het, wat goed in ’n span kan funksioneer en wat hou van probleemoplossing, sal dié beroepe baie geniet. Kreatiwiteit en basiese tekenvaardighede kom nuttig te pas in dié rigting. ’n Sin vir akkuraatheid is ononderhandelbaar, aangesien ’n ontwerp- of wiskundige fout in die beplanning van ’n struktuur mense se lewe in gevaar kan stel. Skoolvakke soos wiskunde en fisieke wetenskappe is gewoonlik ’n vereiste, terwyl voornemende ingenieurs verkieslik ook grafika en ontwerp, geografie en selfs kuns as vak behoort te neem. Elke opleidingsinstansie se toelatingsvereistes verskil egter. S


D

PROMOSIE

Nuwe jaar, nuwe kontoere vir jou lyf ie mees algemene kosmetiese prosedure ter wêreld is liposuiging. Liposuiging is ’n prosedure wat die liggaamsvorm kan verbeter deur ongewenste vet vanuit spesifieke areas, insluitende die maag, heupe, boude, dye, knieë, bo-arms en ken te verwyder. Hoewel geen vorm van liposuiging ’n gesonde dieet en oefening kan vervang nie, kan liposuiging hardnekkige vet verwyder vanuit areas wat nie op tradisionele gewigsverliesmetodes en oefening reageer nie. Die beste kandidate vir liposuiging is mense met ’n normale liggaamsgewig en wie se vel ferm en elasties is, maar met areas waar ongewensde vetversamelings gevorm het. Indien jy fisiek gesond, psigies bestendig en jou verwagtings realisties is, is jy ’n goeie kandidaat vir liposuiging. Konvensionele liposuiging word uitgevoer deur ’n kanule deur ’n klein gaatjie in die vel te druk en die vetselle met behulp van ’n sterk vakuumpomp uit te suig. Daar is nou ’n nuwe, gevorderde liposuigingtegniek genaamd Vibro-

liposuiging beskikbaar. Met Vibro-liposuiging word die vetselle eers afbreek of geëmulsifiseer deurdat die kanule vibreer en dan word die vetemulsie geaspireer of uitgesuig. Die belangrikste voordele van Vibro-liposuiging is minder swelling en kneusing, vinniger herstel en ’n gladder vel. Vibro-liposuiging is die mees gevorderde metode om vet te verwyder en kan tereg as die Rolls Royce van liposuiging beskou word. Jy sal reeds kort ná die chirurgiese prosedure ’n merkbare verskil in jou figuur kan waarneem. Binne vier tot ses weke, nadat die meeste swelling gesak het, sal die verskil selfs duideliker sigbaar wees. Ná ongeveer drie maande het die laaste effense swelling gewoonlik verdwyn en kan die finale liggaamskontoer gesien word. ’n Ander baie gewilde kosmetiese prosedure is borsvergrotingchirurgie.Talle vroue wend hulle tot hierdie prosedure om hul figuur se vorm te verbeter. Sommige vroue ondervind dat hul borste ná swangerskap kleiner geword het en wil dit dan regstel. Borsvergroting kan ook uitgevoer word om borste waarvan die grootte verskil,

eenvormig te maak. Die beste kandidate vir borsvergroting is vroue wat hul voorkoms wil verbeter – nie wil vervolmaak nie. Dokters in Suid-Afrika gebruik meestal silikooninplantings om borste te vergroot. Die snit waardeur die silikoonprostese in die bors geplaas word, word só gedoen dat die litteken so onopsigtelik moontlik is. Borsweefsel en vel word opgelig om ’n holte vir elke prostese te skep. Die silikoonprostese kan regstreeks onder die borsweefsel geplaas word, of dit kan onder die spier van die borskaswand geplaas word. Ná chirurgie vertoon die borste voller en die tonus en vorm lyk meer natuurlik. Die littekens vervaag mettertyd. Hoewel die meeste vroue geen komplikasies ondervind nie, moet jy oor die moontlike risiko’s navraag doen en elkeen met jou dokter bespreek om te verseker dat jy die risiko’s en die gevolge van enige kosmetiese chirurgiese prosedure ten volle begryp. • Vir meer inligting oor hierdie en ander prosedures, skakel 012 663 2010 of besoek die webtuiste www.centurionclinic.co.za


INBEWEGING

Voorspoedig in 2014 – by huis en werk Moenie dat 2014 net nóg ’n jaar vol frustrasie en teleurstelling wees nie. Maak vanjaar die moeite werd deur van meet af aan GEORGANISEERD en GEMOTIVEERD te wees – by die huis én in jou werkplek. Deur Inge Strydom

LAAT DIT STROOK Bring jou persoonlike administrasie op datum. Kry byvoorbeeld alle kwitansies vir mediese uitgawes bymekaar en bêre dit in ’n lêer sodat jy dit later as deel van jou belastingopgawe by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kan indien. Dit is ook ’n goeie idee om jou versekering te hersien en te sorg dat jy die regte dekking het. Neem bykomende versekering uit vir noodsaaklikhede indien jou begroting dit toelaat.

2

1

OP DIE KOOP TOE

Beplan etes vir die week gedurende naweke en probeer om al die nodige kruidenierswareinkopies reeds oor die naweek af te handel, meen Terésa Coetzee, ’n leefstyljoernalis vir Beeld. Onthou, hoe meer jy gedoen kry terwyl jy die tyd daarvoor het, hoe minder hoef jy later te skarrel wanneer jy nie die tyd daarvoor het nie.

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

DANS ’N SLAG!

60

Moenie uitstel en afstel nie. Pak die bul by die horings – skryf in vir daardie kursus of dansklas wat jy nog altyd wou doen of besoek jou droombestemming. Lewe nou en lewe voluit. UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Harde werk Roeping Passie

Die enigste mense wat regtig gelukkig is, is die mense wat daarna strewe om ander te dien. ~ Duitse teoloog en filosoof Albert Schweitzer ~

TYD IS GELD – BESTUUR DIT!

Bestuur jou tyd doeltreffend. In die boek Stop wasting your time and start

doing what matters most: A wake-up call for true leadership skryf Jeffrey Krug

4

en Ivonne Alexander dat baie van ons nie werklik beheer oor ons eie tyd

neem nie. Hulle meen dat jy nie moet toelaat dat algemene “tydrowers”, soos mense wat sonder ’n afspraak voor jou deur opdaag, jou tyd steel

nie.“Hoe jy as individu jou tyd aanwend, is jou saak. Sorg egter dat jy dit doeltreffend deurbring,” verduidelik hulle.


INBEWEGING

NOG WEN-WENKE VIR DIE WERKPLEK

GESONDHEID

5

UIT DIE GROND UIT

Eet gesond, oefen en rus genoeg. Goeie gesondheid is een van die belangrikste sleutels tot sukses.

MENSE VAN JOU ASEM

Die boek Thriving in the workplace: All-in-one for Dummies deur Consumer Dummies lys verskeie karaktereienskappe en voorvereistes waaroor die moderne professionele persoon moet beskik om sukses in die werkplek te bereik. Dit sluit onder meer in: • Passie, selfs al hou jy nie van wat jy doen nie. Die skrywers van die boek meen dat jy passievol kan word oor jou beroep deur vas te stel wat jou doelwitte is en wat nodig is om dit te bereik.“Elke stap wat jy doen om daardie doel te bereik, sal jou ’n bietjie meer passievol maak,” sê hulle. • Die regte kontakte. Dit beteken nie dat jy mense moet bevriend wat vir jou professionele deure kan oopmaak nie, maar dat jy in die voetspore van suksesvolle mense met leierseienskappe soos integriteit, eerlikheid, hardwerkendheid, passie en ambisie moet probeer volg.

6

Maak nuwe vriende en probeer om jouself met positiewe mense te omring. Sorg dat jy ’n betekenisvolle rol in ander mense se lewe speel.

• Die regte houding. Mense wat geluk en harmonie uitstraal, is van nature meer suksesvol. Jy kan meer gelukkig wees deur jou perspektief te verander en deur elke dag aan te gryp en die beste daarvan te probeer maak. Indien jy oor eienskappe soos eerlikheid, integriteit, nederigheid en hulpvaardigheid beskik, sal jy van nature meer gelukkig wees omdat jou menseverhoudings meer bevredigend sal wees en jou lewe oor die algemeen verryk sal wees. • Die boek beklemtoon deurlopend die belang van beplanning en prioritisering. “Voordat jy ’n doel kan bereik of ’n taak kan afhandel, moet jy eers jou tyd en hulpbronne organiseer,” verduidelik hulle.“Sodra jy dit gedoen het en jy jou plan volg, sal jou plan (indien dit goed saamgestel is) jou padkaart na sukses wees.” S


INBEWEGING

Betrokke burgers sal tweede Zim verhoed

D

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; AIRLINERS.NET

Vir ’n organisasie wat sewe en ’n half jaar oud is, het AfriForum tot dusver glad nie sleg gevaar nie. As ’n nieregeringsorganisasie wat spesifiek op die beskerming van BURGERREGTE EN MINDERHEIDSREGTE toegespits is, raak AfriForum se rol in ’n vervallende Suid-Afrika al belangriker, meen ERNST ROETS, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

62

it is presies 20 jaar sedert 1994 en daar sal sekerlik groot feesvieringe wees waartydens die “Suid-Afrikaanse wonderwerk” van 1994 gevier sal word. Die vierde nasionale verkiesing sedert “die aanbreek van demokrasie” sal ook plaasvind, en die verwagting is dat pres. Jacob Zuma se presidentskap nie vanjaar tot ’n einde sal kom nie, maar dat daar nog vyf Zuma-jare vir ons voorlê. Benewens die warboel wat ons tans in die parlement beleef, gaan daar ná afloop van die verkiesing waarskynlik ongeveer 20 aggressiewe manne met rooi weermagpette ook by die parlement aansluit. Die e-tolstelsel is (soort van) reeds in werking en 2014 sal ’n beslissende jaar wees om te bepaal of die stelsel gaan bly of gly. Dit is ook nie vergesog om te voorspel dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting (beter bekend as die Geheimhoudingswet) vanjaar deur die president onderteken sal word nie. Plaasmoorde is steeds ’n realiteit en daar is nog geen tekens van ingryping deur die regering nie. Beteken dit dat ons op pad is om die volgende Zimbabwe te word? Daar is al groot debat hieroor gevoer. Die rede vir die meningsverskil hieroor is waarskynlik omdat dit nie ’n “ja-” of “nee-”antwoord is nie. Die antwoord lê iewers tussenin. Dit is eerder ’n “ja, tensy…” of ’n “nee, mits…” ’n Zimbabwiese boer wat nóú by die stryd teen die menseregtevergrype in Zimbabwe betrokke is, het onlangs verduidelik wat die verskil tussen die Suid-Afrika van vandag en die Zimbabwe van 20 jaar gelede is. Talle van die pogings wat tans in Suid-Afrika aangewend word, is destyds ook in Zimbabwe gesien. Een van die eerste dinge wat sommige van die Zimbabwiese boere probeer het, was om by die regering aan te sluit of om die regering nooit te kritiseer nie, uit vrees dat dit hulle moontlik sal ontstel en tot meer radikale optrede sal aanhits. Ons het dit ook in Suid-Afrika beleef, veral onder ’n (taamlik klein) groep Afrikaners wat gereken het dat dit beter is dat ons almal byvoorbeeld by die ANC aansluit en die probleem van binne af aanpak. Dit het nie in Zimbabwe gewerk nie. Daar is ook groot energie in die skepping en versterking van opposisiepartye gevestig.

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Hoewel gesonde opposisiepolitiek ’n basiese voorvereiste vir die doeltreffende funksionering van enige demokrasie is, was die tyd en energie wat daar byvoorbeeld aan Zimbabwe se MDC bestee is, nie genoeg om die regering te verander nie. Daar is ander voorbeelde ook. Die verskil, verduidelik hy, is dat Zimbabwe nooit ’n sterk burgerlike samelewing (burgerlike betrokkenheid buite die partypolitiek) gehad het nie – iets wat Suid-Afrika wel het. Hoewel goeie verhoudings met die regering in baie gevalle waardevol kan wees en hoewel opposisiepartye sterk gemaak moet word (natuurlik met die voorwaarde dat jy jou met die party se beginsels en optrede kan vereenselwig), is dit in ons omstandighede waarskynlik nie genoeg om ’n versekerde toekoms te skep nie. Lesse uit die geskiedenis het geleer dat ’n sterk burgerlike samelewing die belangrikste bestanddeel is om werklike verandering teweeg te bring. Dit is waarom ons by AfriForum ons rol met soveel energie aanpak. AfriForum is beslis nie die enigste burgerlike instelling in hierdie land nie en poog ook nie om die enigste te wees nie. Daar is talle burgerlike instansies wat al ’n groot impak in hierdie land gehad het. Die Treatment Action Campaign se optrede teen oudpres.Thabo Mbeki se destydse ontkenning van die MIV/vigskrisis het wêreldwyd opspraak gemaak. Hoewel die stryd teen die Geheimhoudingswet nog lank nie verby is nie, het die Right to Know Campaign ook reeds ’n groot impak gemaak. Verder kan die rol wat arbeidsbewegings in hierdie land speel, nie onderskat word nie. Solidariteit se reuse-hofoorwinning teen regstellende aksie is maar een van baie voorbeelde. ’n Doeltreffende burgerlike samelewing moet egter nie as vanselfsprekend aanvaar word nie. Die grootste struikelblok vir burgerlike instellings is waarskynlik die feit dat hulle gewoonlik nie, soos politieke partye, deur die staat gefinansier word nie (hoewel die gebrek aan staatsfinansiering in baie opsigte ook ’n voordeel is). Burgerlike instellings vind dit oor die algemeen moeiliker om aan die gang te kom en beduidende groei te toon. Die burgerlike samelewing kan slegs suksesvol wees as die burgery ’n sukses daarvan maak deur betrokke te raak. Burgerlike instellings moet

gemeenskapsorganisasies wees – dit is organisasies wat uit ’n bepaalde gemeenskap kom en onbeskaamd vir ’n bepaalde gemeenskap of saak baklei. Sonder Jan Alleman kan daar nie ’n gemeenskap wees nie en sonder gemeenskappe kan daar nie burgerlike instellings wees nie. Die les uit Afrikalande soos Zimbabwe wys ook vir ons dat burgerregte nie volhoubaar beskerm kan word as daar nie sterk burgerlike instellings is nie. Dit is juis die rede waarom die vestiging en versterking van plaaslike strukture een van


INBEWEGING

Sonder Jan Alleman kan daar nie ’n gemeenskap wees nie en sonder gemeenskappe kan daar nie burgerlike instellings wees nie. Die les uit Afrikalande soos Zimbabwe wys ook vir ons dat burgerregte nie volhoubaar beskerm kan word as daar nie sterk burgerlike instellings is nie.XXXX

SKENKING AAN ZIM @ErnstRoets

AfriForum se grootste prioriteite is. En ons begin nou die vrugte pluk. Waar AfriForum sewe jaar gelede nie ’n enkele lid gehad het nie en minder as drie jaar gelede nie ’n enkele tak gehad het nie, staan die organisasie nou op bykans 90 000 ingeskrewe lede en is daar meer as 125 aktiewe takke regoor die land. Daar is geen ander burgerlike instelling in hierdie land wat in dieselfde tyd soveel groei getoon het nie. Ons moet egter nie in die groei vaskyk nie. Die realiteit is dat regeringsagteruitgang teen ’n

geweldige tempo plaasvind. Die regerende party toon ook geen teken dat hulle van voorneme is om van koers te verander nie, maar eerder dat hulle die sogenaamde “nasionale demokratiese rewolusie” nog vinniger en dringender op die burgery wil afdwing. Ons moet op ons beurt dieselfde dringendheid aanneem en ons aksies met toenemende geesdrif uitvoer. Om werklik ‘n impak te maak, hoef ons nie groter as die regerende party te wees nie, ons moet net meer betrokke en beter georganiseerd wees. S

D

SE VLERKE GEKNIP

ie departement van verdediging se besluit om die beoogde skenking van 12 Alouette-helikopters aan Zimbabwe te kanselleer, is ’n oorwinning vir menseregte in die streek. Dit was die reaksie van AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, nadat dit aan die lig gekom het dat die SuidAfrikaanse Weermag nie meer voortgaan met sy aanvanklike plan om die helikopters aan Zimbabwe te lewer nie, maar dat die helikopters nou aan Namibië geskenk gaan word. ’n Dringende hofbevel wat deur AfriForum verkry is, het verlede jaar verhinder dat die helikopters en onderdele aan Zimbabwe verskaf word omdat gevrees is dat dié regering dit teen sy burgers sou gebruik. Volgens Beeld het die Lugmag gesê die finale goedkeuring vir die skenking aan Namibië word nog afgewag, maar dat dit net ’n formaliteit is. Suid-Afrika het glo in 1998 150 Samilvragmotors en 24 G2 140 mm-kanonne aan Namibië geskenk. In dié tyd was Namibië en Zimbabwe betrokke by die burgeroorlog in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Dit het later aan die lig gekom dat die kanonne na die DRK versend is net nadat dit op Grootfontein aangekom het. S

www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

63


INBEWEGING

Mapstieks, dis lekker by Maroela Media

Het jy al die lekkerste AFRIKAANSE KUIERPLEK OP DIE INTERNET ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld aan ’t gebeur is en selfs jou gunsteling-rugbyspan ondersteun. Hier is ’n lusmakertjie van wat jy nog op Maroela Media kan kry: Eg Suid-Afrikaanse resepte, taaltoffies, en nuus oor die nuutste Afrikaanse boeke. Kuier saam by maroelamedia.co.za, of sluit aan op Facebook,Twitter enYouTube!

PIZZA-OMELET

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM; VERSKAF

BESTANDDELE

6 eiers 125 ml (½ k) water sout en peper 50 ml (4 e) botter 5 ml (1 t) gemengde kruie 10 ml (2 t) tamatiepuree 250 ml (1 k) gekapte ham 2 tamaties, geskil en in skywe gesny 6 skywe Cheddar-kaas

MEESTERLIK VASGEPEN Vertel! Vertel! Dot Serfontein

Alles in hierdie kortverhaalbundel deur geliefde verteller Dot Serfontein is nie noodwendig waar nie, maar alles is moontlik DIE waar mense geslagte LEES lank onder die WERD dassiebruin velkaros van die Noord-Vrystaat slaap teen brak winters en taaibosharde somers. ’n Versameling stories, van toeka tot nou, oor alles van die liefde tot siekte, delwery en dagga. Vertel! Vertel! word uitgegee deur Protea (R165). S 64

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

SMUL SAAM

Uit: Knuppeldik aan koningskos, uitgegee deur Knuppeldik Trust. Bestel by Carien Liebenberg, 083 319 9636

METODE 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak. Smelt die botter in ’n groot pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis. Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop. Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is. Meng tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet. Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat dit smelt onder die element van die oond.

HALSOORKOP VERLIEF OF MUISNESTE?

Uitdrukking: Muisneste hê • Betekenis: Deurmekaar wees van verliefdheid

Waar kom dit vandaan? Muizenissen in Nederlands is afgelei van die Middelnederlands musen wat “peins” beteken (vergelyk met die Engels“to muse”); later het dit die betekenis van“swaarmoedige gedagtes” gekry, wat ’n mens afgetrokke laat raak.Waarnemers sou dan dink dat iemand deurmekaar is. Op soek na die betekenis van nog slim sêgoed en uitdrukkings? Besoek maroelamedia.co.za

LEER MEER!


V

INBEWEGING

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Vele variasies van vryheid, veiligheid en voorspoed ele verkwiklike woorde begin met die letter v. ’n Mens dink aan vrede, voorspoed, vryheid, vriendelikheid, versoening, verdraagsaamheid, verruklik en talle ander. Tog begin verskeie vreeslike woorde ook met ’n v, soos vrees, verskriklik en vrot. Onlangs het ’n werknemer in die verslag waarin hy sy baas verkla het, geskryf sy baas was “vô**en lelik” met hom. Die hoogste demokratiese ideaal is om vry, veilig en voorspoedig te wees, en dikwels word sonder meer aanvaar dat dit onderling verband hou. Vryheid word op vele maniere gemeet. Pas is die Wall Street Journal en Heritage Foundation se ekonomiesevryheidsindeks bekend gestel. Dié indeks word as belangrike barometer gebruik om voorspoed te meet. Hiervolgens beklee Suid-Afrika die 75ste posisie in die wêreld en is die ekonomie van die land effens vryer as die

Deur Herman Toerien

mar ela media

vorige jaar. Tog is die ekonomie minder vry as die twee jaar tevore. Wat betref vryheid om eiendom te besit, kry Suid-Afrika konsekwent ’n telling van 50, wat aan die lae kant is, veral vergeleke met die 68,7 vir fiskale vryheid (wat ook agteruitgeboer het). Met betrekking tot korrupsie, vaar SuidAfrika met ’n telling van 41,6 vrot. Dié telling klop met die byna 20 plekke wat die land die afgelope vier jaar op die korrupsie-persepsie-

indeks ingeboet het. Boonop het Suid-Afrika selfs swakker as die DRK en Nigerië op die omkoopindeks gevaar. Nog ’n belangrike aanduiding van ’n gesonde demokrasie is die persvryheidsindeks. Freedom House beskryf Suid-Afrika se media as slegs gedeeltelik vry. Verslaggewers Sonder Grense het Suid-Afrika erg laat afskuif op sy indeks. In 2003 het Suid-Afrika die 21ste plek op dié indeks ingeneem, en volgens die indeks was die land boonop die mees persvrye land in Afrika. Teen 2013 het die land tot die 52ste plek teruggesak en was verskeie Afrikalande meer persvry as Suid-Afrika. En dit nog voor die omstrede Snoerwet op die wetboek is. Talle faktore, soos die media se weergee van politieke diversiteit en die regering se invloed op die openbare uitsaaier, word gemeet. Só beskou het ons nie vreeslik ver gevorder met vrede, veiligheid en voorspoed nie. S


INBEWEGING

Konsentrasiekampherinneringe

E

In 1989 het Alana Bailey die voorreg gehad om met die honderdjarige tannie Lucy Rabie oor haar HERINNERINGE AAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG te praat. Tannie Lucy het vertel hoe hulle gesin na Kroonstad se konsentrasiekamp geneem is. Hier is haar storie in haar eie woorde. Dit is nog nooit tevore gepubliseer nie. k, Lucy Mathilda Cilliers (nou Rabie) is gebore op 8 September 1889 te Parys. Ek was die tiende kind van Adriana en Jan Cilliers. Hulle het 11 kinders gehad: Sewe seuns en vier dogters. My pa was ’n bouer en die meeste geboue op Parys is deur hom gebou. My ma se nooiensvan was De Waal. Sy het in die Kaap grootgeword en kon goed Engels praat. Die De Waals was baie ryk en stil mense. Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, was ek omtrent tien jaar oud. My pa en vier van my broers is weg oorlog toe. Een oggend vroeg was daar ’n klop aan ons deur. My ma het oopgemaak en daar het ’n Engelse soldaat gestaan. Hy het gesê dat hy opdrag gekry het om ons na ’n konsentrasiekamp te neem. Hy moes ’n goeie mens gewees het, want hy het mooi met my ma gepraat en gesê: “Lady, I am very sorry to tell this to you”. My ma het vir hom koffie gegee en hy het gesê ons moes gou maak en vinnig die nodige bymekaarmaak. My ma het teëgestribbel want my sussie het die nag oorgeslaap by my niggie, wat ook in Parys gewoon het. Hy het gesê dat hulle al vieruur die oggend weggeneem is en dat ons haar later sou sien. Ek het altyd katte gehad. Ek was bekommerd oor my katte en het ou Ginger opgetel en gesê sy moes saamgaan. Die soldaat het gesê dit kan nie, sy sal wel vir haarself kan sorg. Agter die huis het ’n ossewa gestaan en ons en ons goed is daarop gelaai. Saam met my ma en ek was my broers Ryk en Johannes. Ons kinders het gedink dis al te lekker om met die wa te ry! Ons het teen donker steeds gery. Dit was baie koud. In die nag het die Boere die Engelse aangeval. Hulle het nie geweet daar was vroue en kinders by die Engelse nie. Hulle het oor ons koppe geskiet met kanonne of iets. Hulle het seker agtergekom van ons wat by was, want hulle het opgehou skiet en niemand is getref nie. Op Viljoensdrif het hulle ons afgelaai. Ons moes daar slaap. Daar was net hope sand.

66

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

ONS MOET ONTHOU! Duisende gesinne het soortgelyke ontberings tydens die AngloBoereoorlog (1899-1902) gely. Kraal Uitgewers se pragtige boek Onthou! bied aan lesers ’n unieke blik op die ervarings van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe. Met meer as 200 foto’s, waarvan die meeste nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is dié boek ’n versamelstuk. Dit is die vyfde boek in Kraal Uitgewers se Erwe van ons Vaad’re-reeks. Onthou! bestaan uit drie dele wat onderskeidelik die ontstaan van die Britte se verskroeideaardebeleid en oprigting van konsentrasiekampe behandel, meer as 30 vroue wat self die kampe beleef het se verhale vertel, en die geskiedenis beskryf van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein wat opgerig is ter herinnering aan die nagenoeg 27 000 Boerevroue en -kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het. Bestel Onthou! by Kraal Uitgewers teen R520 (R60 posgeld uitgesluit).

My ma het gate in die sand met haar hande gegrawe en daarin het ons geslaap.

My ma het gate in die sand met haar hande gegrawe en daarin het ons geslaap. Dit het gedrup. Ons het ’n ruk daar gebly en toe het ons met ’n wa na Vereeniging se kant gery. Dit was ’n lang rit tot by ’n plek met sinkgeboue. Daar was vroue en kinders van ander dorpe ook. Ons Parys-klomp het op die stoep van ’n sinkgebou in ’n lang ry geslaap. Ons slaapplekke is met kakiekomberse afgeskort. Dis snaaks – ek kan nie onthou wat ons vir toilette gedoen het nie. Die aand toe ons gaan slaap, was daar ’n sagte klop aan die verandapaaltjie. Die vroue was te bang om te kyk, maar my ma het gevra wie daar is. Dit was ’n Engelsman. Hy het gesê my ma moet nie die kombers wegtrek of hard praat nie. Hy het gesê hy het vir haar ’n “parcel for the kiddies”. Dit was ’n groot “parcel” met brood en “jam” in. Hy was seker ’n soldaat wat na die voorrade moes kyk. Elke aand om nege-uur het hy ’n “parcel” gebring. Daar was genoeg vir almal op die stoep. In die dag het die Engelse ons “jam” en brood en vis gegee. Ons het agt dae daar gebly.Toe sê die Engelse vir ons dat ons nou met die trein na Kroonstad toe gaan. By ’n kantoor het ons almal in ’n ry gestaan. Almal moes hul name opgee. Ek dink hulle het ons net ná my verjaarsdag weggevat. Vir my verjaarsdag het my broer vir my ’n blou sambreel en blou handskoene gegee. Ek het toe die dag die handskoene aan en die sambreel oop, want ek gaan mos nou “travel”. Ons is in beestrokke gelaai en dit was vuil en vol mis. Soveel mense is ingelaai dat ons opgedruk gestaan het. Ek het later in die hoek van ’n trok beland. Op Dover het ons stilgehou en toe weer op Kroonstad. By Kroonstad moes ons afklim soos ons name afgelees is. Ons het die nag in die Hollandse Kerk geslaap. Almal het vir hulle banke gesoek om op te slaap. Ons het die dag daar gebly en toe kom sê ’n Engelsman ons moet na die konsentrasiekamp toe gaan. Hy het gesê: “For how long I don’t know, but I hope it will be very soon.” Ag, en toe begin die ellende en siekte... S


ADVERTORIAL


INBEWEGING

Buckets full of benefits for our members

This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion. MEMBERSHIP CATEGORIES

1 Collective members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

68

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Individual members

2

Individual members of Solidarity are members who are 50 years or younger at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns 50 or older after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.*

3 Supporting members

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are 50 years or older at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit.


INBEWEGING WIN! PAGE 10

Have Solidarity in the palm of your hand! Download our brand new app at app.solidariteit.co.za. You can win a Samsung Galaxy Tab 2. Not a member yet? SMS the word “member” to 34388 or phone 0861 25 24 23. Membership costs R96 per month for individual members and R94 per month for collective members.

ADDITIONAL SERVICES

ALWAYS ON YOUR SIDE

Death benefit (Doves)*

Labour matters

Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and their spouses. This includes a coffin as well as the funeral services. • For cremations, a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of the main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements.

Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal representation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. All claims must be submitted within six months.

This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. • Phone 0860 34 62 53 for a free quote.

Solidarity Legal Aid Package

Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of R77 per month. This provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Phone 0861 SOL REG (0861 765 734).

9 7 1 6 8 3 5 2 0 0 2 5 3 8 6 1 7 9 0 2 5 3 8 6 1 7 9

Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

Additional cash disbursements • At the death of paid-up members, a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership, an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: • Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 • Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. • All claims must be submitted within six months.

Permanent medical disability*

Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500. All claims must be submitted within six months. * TERMS & CONDITIONS APPLY – C ALL 0861 25 24 23 • PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM

Car and household insurance

Maternity benefit*

A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within six months after the confinement.

Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

Solidarity Magazine

Solidarity Retirement Plan

Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people who are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Phone 0861 101 005.

Members receive six copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published. 2

2

N R12,3 MILJOE

se

studiehulp aan

belowende jonges K HAATSPRAAsaak

WEN!

RAS-TELLENDE AKSIE

wen AfriForum Jeug

Só vorder DKD-hofsaak

NUUT!

Nuwe BOEK vertel van TRANE; doen OPLOSSINGS aan die hand

Skoksyfers & roerende lle verhale oor plaasaanva Treurgrond in Kraal se nuwe

Waarom dié KLASSIFIKASIE sy RY moet KRY

WEN!

BLADSY 35

WIELE MET

WIN!

woema BLADSY 21

BRAND new

wheels

DIENSLEWER

MEMORABLE

Run the Comrades or climb Kilimanjar o!

SPESIALE VERSLAG Waarheid oor WIT bedelaars

AFRIKAANS

MOEDERTAAL tot in Den Haag bepleit

Opwindende kompetisie

Belasting:

Gee terug ons GELD; ons sal beveilig

sélf

01 • 2013

www.solidariteit.co.za

R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683

562000

Solidariteit Beweging

gerat

WEN met jou KIEKIE of PEN!

Só bou ons hoopvolle TOEKOMS ondanks onstuimige ekonomie, politiek & arbeidsmark in 2013

om nog

groter geleenthede vir ons mense te ontgin

LESSE vir entrepreneuriese instellings

STAKINGS Nuttige wapen, maar doen éérs jou somme!

LEADERSHIP

LADDER

R50 000 Be a better leader

ENTREPRENEURS

Wen met jou blink idees óf met slim sakeplan

R150 000

I SSN 1683562

-X

www.solidariteit.co.za

True colours of

I SSN 1683562 -X

affirmative idactio Ja vir

BEE

Solidariteit Beweging

R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

n

gelykhe eid Nee vir onbillikh

t of all to the detrimen

NUWE SENTRUM

WEN!

ie pak regstelaks

9 771683

562000

VUURWA of

sleepwa 13 bladsy

jou werk is

SOLIDARITEIT-MANIFES

Ons pak morele verwarring deur self HAND BY TE SIT, want

ONS WERK

Gratis aan lede

I SSN 1683562

DAAROM VEG ONS HAND EN TAND VIR JOU REGTE

-X

RAG PROJEK LEERK Hand help Helpende

FRACKING gehalte-onderwys verseker

ONS BOU

VIR SOL-TECH NUWE TUISTE M-GEBOU

DE NUWE AFRIFORU Polisie se nalatigheid ontbloot

04 • 2013

www solidariteit co za R16 95 (BTW ingesluit)

Solidariteit Beweging

Solidariteit Beweging

BLADSY 65

HIDROBREKING:Só

PLAASMOOR

Blaai na bladsy 24 49

03 • 2013

02 • 2013

co za www solidariteit R16 95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

STEM VIR T: GROOTSTE RETRENCHMEN AFRIKAANSE last option LIEDJIE The very

GROOT INVLOED

saam is ons

SA SE KRISIS

BEWEGING SE GELEENTHEID

SOVEEL ST ERKER

Gemeenskappe rol moue op en HELP

SÓ OMSKEP SOLIDAR ITEIT STRUIKEL BLOKKE IN BOUBLO KKE

BLADSY 20

BLADSY 23

05 • 2013

co za www solidariteit R16 95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562

-X

Solidariteit Beweging

GE

HELE STAATSDIENS NOU IN ONS VISIER

belastinggeld

VERMORS KINDERS VAN DIE WIND E: Grootste Afrikaanse PLAASMOORD Liedjie van Alle Tye

ARMOEDE

INHelpende Hand R5 MILJOEN stel ondersoek STUDIEHULPin na vraagstuk VIR ONS LEDE!

ér ons maak wé IS SKIEDEN

MET AKADEMIA SPOG

RAS-TELLENDE AKSIE DKD & SANBS kry BLOEDNEUS in hof

Hiér word jou

AfriForum pakr polisieministe

GRAAD EERSTE DRIEJAAR

06 • 2013

www.solidariteit.co.za

SOLIDARITEITLEDE ONTVANG G 20%-AFSLA

R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

BY AKADEMIA BLADSY 22

WEN!

WIELE MET WOEMA

ING

verval van AfriForum pak GS PLAASLIKE REGERIN E SELFSTANDIG INSTELLINGS die ware rigsnoere

Make life more

PAGE 12 13

STUDEER BY AKADEMIA LEDE ONTVANG 20%-AFSLAG!

WIELE MET WOEMA

9 771683

ITEIT NSE UNIVERS VAN AFRIKAA AAN DROOM NOG NADER

562000

Solidariteit Beweging

Solidariteit maak Loftus vol teen rassebenadering

Hoe lyk jou dorp se WATER, RIOOL?

You can INSPIRE others!

SÓ HELP SOLIDARITEIT JOU MET GOEIE WERK

INSPIRASIE ONS ROL MOUE OP, VEG IN VOORSTE LINIES & SKEP HOOP EN

Wills, estate administration

You are entitled to the free drawing up of a will. The administration of the member’s estate can be done at a market-related fee. • Phone 012 644 4300.

ONS WENS AL ONS LESERS ’N BAIE GESEËNDE FEESTYD TOE

www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

69


INBEWEGING

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville

Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden, Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101 Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

Klerksdorp Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

70

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Kathu

Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Bianka du Preez Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

Port Elizabeth Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 364 3219/2925/3225 Faks: 041 364 2927 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin,Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha, Jahni Cowley Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee& Van Rensburgstraat, Mayville

Richardsbaai

John Smith Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg Johan Nell (litigant), Herman de Jongh Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda Andy O’Toole Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Elize du Plooy, Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


M

INBEWEGING

Solidariteit-lid verwys en wen wiele vol woema et oë so groot soos pierings hou hy die motorsleutel hoog in die lug sodat almal kan sien. Hý is sowaar die gelukkige wenner van die splinternuwe Toyota Corolla in Solidariteit se Wen ’n karkompetisie! Piet van Zyl van Daniëlskuil in die Noord-Kaap is steeds stomgeslaan oor die meevallertjie waarmee hy kort voor Kersfees verlede jaar verras is. “Vir twee jaar dreig ek nou al om my karretjie van die afgelope 17 jaar vir ’n nuwe model in te ruil. My moed begewe my egter telkens wanneer ek die paaiement op ’n nuwe motor sien.” Piet se geluk het egter gedraai toe hy op 6 Desember verlede jaar tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria, wat vir al 20 finaliste in die kompetisie gehou is, die wensleutel getrek het wat binne oomblikke sy droom om ’n nuwe

Deur Inge Strydom

motor te besit, ’n werklikheid gemaak het. “Ek kon Desember met my splinternuwe motor see toe gaan!” het hy opgewonde vertel. Piet, wat sedert 2005 ’n lid van Solidariteit is, het al die pad van die Noord-Kaap af gereis om die geleentheid by te woon.“Ek het meer as 700 km gery om vanaand hier te kon wees – en dit was beslis die moeite werd,” het hy gesê kort nadat hy die gesogte prys gewen het.

Al wat Piet moes doen om vir die wenprys in aanmerking te kom, was om sy persoonlike inligting by die vakbond op datum te bring en drie verwysings te gee van vriende of familielede wat moontlik by die vakbond sou wou aansluit (waarvan minstens een wel moes aansluit). Piet is ook ’n verteenwoordiger vir die vakbond by KLK-Landbou in die Noord-Kaap waar hy tans werk. Hy is elke dag dankbaar vir dit wat Solidariteit vir hom as werknemer beteken. “’n Mens kan nie in vandag se tye sonder ’n vakbond klaarkom nie.” Solidariteit het besluit om vanjaar weer ’n soortgelyke kompetisie te loods. Die goeie nuus is dat daar weer opwindende pryse op die spel sal wees! Hou Solidariteit Tydskrif dop vir meer besonderhede. • June GlendaWiid van Bloemfontein was die gelukkige wenner van die sleepwa. S


INBEWEGING

’n Juweel van ’n (Taal)monument

D FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Wanneer jy weer in die Paarlvallei kuier, moet jy tog ook ’n draai by die TAALMONUMENT maak. Dié monument vier die ontstaan en voortbestaan van Afrikaans en is beslis ’n besoek werd.

72

ie gedagte om ’n monument vir die Afrikaanse taal op te rig, het in 1942 ontstaan en geld hiervoor is deur die Afrikaanse Taalmonumentkomitee ingesamel. In 1964 is ’n kompetisie vir die ontwerp van die monument uitgeskryf en deur die argitek Jan van Wijk gewen. Bouwerk het van 1972 tot 1974 geduur en die totale boukoste was sowat R700 000. Die monument is in 1975 ingewy, ’n honderd jaar ná die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners wat Afrikaans as skryftaal bevorder het. Die monument is ryk aan simboliek (sien die meegaande skets). Links (wes) staan drie suile (A) wat die Wes-Europese tale en kulture verteenwoordig. Die suile verteenwoordig nie spesifieke tale nie, maar die getal drie is bloot gebruik omdat dit ondeelbaar is. Dit loop van hoog na laag om die verminderende invloed daarvan op Afrikaans uit te beeld. Regs is ’n podium (C) wat die suidpunt van

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

Afrika verteenwoordig. Op die podium is drie rondings, wat die invloed van die Khoi-, Nguni- en Sothotale simboliseer en in grootte toeneem. Hulle vorm ’n kurwe wat by die hooflyn (Afrikaans) aansluit en so die kring voltooi. Waar die kurwes van Wes-Europa en Afrika bymekaar kom (D), word ’n brug gevorm, wat die versmelting van die twee kontinente se tale versinnebeeld. Die Maleise taal en kultuur word deur ’n muur (B) voorgestel. Dit is tussen die kurwes van Wes-Europa en Afrika geplaas omdat Maleis van die Ooste is, maar tog ’n eenheid vorm met die twee kragte van Wes-Europa en Afrika wat saamsmelt om die brug te vorm wat dan simbolies die basis van Afrikaans uitbeeld. Die hoofsuil van die monument (E) stel die

skerp groei van Afrikaans voor. Dit staan in ’n poel water wat die gedagte versterk dat Afrikaans ’n lewende, groeiende entiteit is. Die suil is ongeveer 57 meter hoog en eindig oop om aan te dui dat die groeiproses steeds voortgaan. Nog ’n suil in die poel (F) beeld die Republiek van Suid-Afrika uit – los van Afrikaans, maar deel van die geheel. Dit is oop na Afrika om aan te dui dat interaksie tussen Afrikaans, Suid-Afrika en Afrika voortdurend plaasvind. Almal wat in Afrikaans belangstel, behoort hierdie monument te besoek. Die museumpersoneel bied ook gereeld gesellige geleenthede soos musiekkonserte en ’n volmaanpiekniek aan waartydens besoekers die omgewing se natuurskoon van die monumentterrein af kan bewonder. S Vir meer inligting, besoek www.taalmuseum.co.za


in Retrospek

H

Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.

Oor skool, hamsterwiele en liefde

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Deur Marietha Malan

ierdie jaar stap ek selfvoldaan by die oorvol PNA verby. Laatslapers, dink ek grinnikend, koop julleself maar lekker in die finale Januarie-bankrotskap in. Met my baba nou deur matriek, is my beurt vir altyd verby. Nooit weer hoef ek passerstelle, kunsvoorraad, duur inkleurpotlode, pastelle en so meer te koop nie. Nooit weer rolle plastiek en ’n verskeidenheid oortrekpapier in my huis nie.

Die grinnik is steeds op my gesig toe ek my agterdeur oopmaak met my Pick n Pay-pakkies in die arms. In die televisiekamer sit my oudste wydsbeen op die mat. Rolle papier en ’n stapel boeke omring haar. “Maaa…” kerm sy, “hierdie DC-fix hou aan borreltjies maak!” My grinnik verdwyn. O ja, hmm, natuurlik. Ek het mos nou ’n kleinkind in die skool. Vyf kinders en drie-en-twintig boekoortrekjare se ondervinding is seker nie te versmaai nie. Laat Ouma maar help… Om en om. Die lewe werk in siklusse. Elke jaar die jaareindfunksies, konserte en afskeide. Dan die lang somervakansie waar alles toemaak en ’n mens gedurig ’n tandarts of dokter nodig kry wanneer almal weg is. Die parkie voor die huis se gras groei. Die swembad word groen. Almal rus. Dan Nuwejaarsdag – klappers, ’n gefuif en gejuig. Die gras word weer gesny. Allerhande doepas word in die swembad gegooi. Nuwe skoolklere word gekoop. Eerstejaars word met yskaste agter op bakkies koshuis toe aangery. Graadeentjies se mammas vee trane af. En daar gaat ons weer. Die jaar is op dreef. ’n Paar keer vergeet ons miskien; skryf 2013 op plekke, en dan is alles weer op spoed. Die gewone klagtes is weer aan die orde van die dag. Die hitte. Die politiek. Die verkeer. Die tolgeld. Is jy êrens heen op pad? Is jy sinvol besig? Of is ons almal hamsters op wieletjies: Verskriklik vinnig en doeltreffend op pad na nêrens nie? Hierdie selfde dinge het die Prediker van die Bybel al baie, baie jare voor ons raakgesien. Hy vra in Prediker 1: “Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son? Die een geslag gaan en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.” Prediker praat van al die siklusse wat hy rondom hom in die natuur sien: Die son wat open ondergaan, die wind wat in kringe waai, die strome wat aanhoudend see toe loop sonder dat die see ooit vol word… Dan praat hy oor

die mens se werke en sê: “Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en ’n gejaag na wind.” In die loop van hierdie besonderse boek leer Prediker ons heelwat van die lewe. Hy leer ons om die tyd uit te koop, om elke oomblik as ’n gawe van God te sien en te benut. Want dit gaan alles verby, net soos my kinders se skooldae verby is. Maar hoe kom ’n mens verby die “alles tevergeefs”-gedagte? Wanneer is jou lewe sinvol? In die tweedelaaste vers van Prediker onthul hy die geheim: “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.” ’n Lewe gefokus op God en sy gebooie is ’n sinvolle lewe. En waaroor gaan sy gebooie? Nie ’n ry moets en moenies nie, maar liefde. Liefde tot God, liefde tot ons naaste – familie, vriende, kennisse, enigiemand wat die Here op ons pad bring. En daardie liefde bly. Dit word van geslag tot geslag oorgedra. Dit sweef in die sagte fluistering van die windjie as my kinders, net soos ek vantevore, op die paviljoen sit en juig wanneer hul kinders (dalk nie eerste nie) oor die wenstreep hardloop. Daardie liefde is ’n kleintjie se glimlag as daar ietsie spesiaals in die kosblik is. As die boeke betyds en netjies oorgetrek in die tassie gepak is. As mamma ’n lintjie om my tas bind sodat ek dit maklik kan uitken tussen al die ander tasse wat ook soos myne lyk. Dit eindig nie by ’n toegegooide graf nie.

Dit is ewig. Dit verdeel en word meer. Dit raak nooit op nie, nes die olie in die weduwee se kruik. “Maa!” roep my kind uit die televisiekamer. “Is daar iewers banksakkies? Sussie se lettertjies moet daarin gebêre word.” Geduldig trek ek my deurmekaar kombuislaai oop. Natuurlik sal hier iewers banksakkies wees. Ma’s het altyd alles. S

En waaroor gaan Sy gebooie? Nie ’n ry moets en moenies nie, maar liefde. Liefde tot God, liefde tot ons naaste...

www.solidariteit.co.za • ISSUE 1 OF 2014

73


75%

PROMOSIE

Suid-Afrikaners bestee

van hul inkomste om SKULD af te betaal.

90%

58%

mense bestee meer as wat hulle verdien.

mense moet ná aftrede aanhou werk omdat hulle nie genoeg geld vir hul oudag weggesit het nie.

Maak só sin van jou salarisstrokie

O FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Het jy al mooi na jou SALARISSTROKIE gekyk? Die meeste mense sien slegs die netto salaris onderaan en steur hulle min aan die res van die inligting. Vir ’n finansiële beplanner vertel ’n salarisstrokie egter ’n hele verhaal. Baie van ons kliënte het nie ’n benul wat hul werkgewer vir byvoorbeeld pensioenbydraes aftrek of wat hul pensioendraende salaris is nie. FRANCOIS SMIT verduidelik waarom dit belangrik is om jou swaarverdiende salaris te verstaan.

74

ns vind gereeld dat mense nie genoeg vir aftrede gespaar het nie en dat hulle nie weet hoe dit gebeur het nie, want hulle het reeds vir 30 jaar tot ’n pensioenfonds by die werk bygedra. Die antwoord lê in die meeste gevalle in hul salarisstrokie opgesluit. Gestel jy verdien ’n basiese kontantsalaris, ’n motor- of vervoertoelae, en miskien ’n kommissiekomponent. Wat die meeste werkgewers doen, is om die aftrekkings vir pensioen op die kontantsalaris te bereken. Ander werkgewers koppel weer die bydraes aan ’n persentasie van die totale kostepakket. Die gevaar hiervan is dat ’n mens geneig is om vinnig jou hele inkomste te bestee. As jy daaraan gewoond is om ’n motortoelae te ontvang, spaar jy nie uit jou ander

UITGAWE 1 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za

inkomste geld om dalk later jou eie motor aan te skaf nie. Jy wil poog om ’n groot gedeelte van jou totale pakket by aftrede te vervang. Gestel die volgende voorbeeld: • Jou kontantsalaris is R11 250 per maand. • Jy ontvang ’n motortoelae van R3 000 per maand. • Jy verdien gemiddeld R750 per maand in kommissie. Jou totale pakket is dus R180 000 per jaar. Jou pensioenbydraes word op die kontantsalaris bereken. Jy dra 7,5% van jou kontantsalaris by en jou werkgewer dra nog 5% by. Dit beteken dat jy maandeliks R1 406,25 tot die fonds bydra. Jy verdien egter ’n bykomende R45 000 per jaar wat deel van jou maandelikse uitgawes word. Vir ’n persoon wat nou 30 jaar oud is en op

die ouderdom van 65 jaar wil aftree en die pakket hierbo verdien, gaan die verskil in die berekening van die pensioenbydraes op die ouderdom van 65 jaar lei tot ’n tekort van ongeveer R3,5 miljoen se aftreegeld. Die verskil oor tyd is dat jy ’n skamele R280 per maand te min bygedra het, wat jy net elke jaar met 8% saam met jou salarisverhogings moes verhoog. Dit kan dus lyk of jy heeltemal genoeg tot jou aftreefonds bydra, maar eindelik kan dit gebeur dat jy met die resultaat teleurgesteld is. Maak dus seker dat jy jou salarisstrokie verstaan. Gaan spreek ’n goeie finansiële raadgewer om vir jou berekeninge te doen oor die toekomstige situasie, maar met vandag se feite en syfers. Jy kan jouself moontlik baie verdriet spaar. • Francois Smit is besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.


aksent media • 082 445 4513

Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming

BELEGGINGS

> hulpbronne > ontledings > oplossings

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING

RISIKODEKKING

IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.