Piketberger Jul 2013 (4)

Page 2

32

Plaaswerkers hou Sportdag Nagenoeg vyftig plaaswerkers van die Piketberg omgewing het onlangs die jaarlikse Provinsiale Plaaswerkers Sportdag bygewoon. Die werkers het die Lower West Coast-streek verteenwoordig in rugby, netbal, sokker, toutrek en dominos. Die Lower West Coast rugby- en toutrekspanne het na die finale deurgedring. Die rugbyspan is net-net geklop deur hul buurstreek, Upper West Coast. Die toutrekspan het vir lewe en dood aan die tou geklou, maar moes toe die knie buig voor Winelands 1. Lower West Coast het ook verskeie trofees verower tydens die prysoorhandigingseremonie. Berig en foto’s: Pieter Engelbrecht

Tina se Gimnastiekskool wen by Novise Suid-Sirkel Meer as 220 gimnaste vanoor die Suid-Sirkel het op 25 Mei deelgeneem aan die Novise kompetisie. Tina se gimnaste van Piketberg het uitstekend gevaar. Twaalf van Tina se groter gimnaste gaan in September deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Die groepie sal eersdaags begin met fondsinsamelings waarby die gemeenskap ook kan baat deur groot pryse te wen. Baie sterkte aan die gimnaste en Die Piketberger sien daarna uit om die uitslae bekend te maak.

Level 1: Erna Koegelenberg, silwer, Madelein van Zyl, 2 Silwer, Lené Kruger, 2 Silwer en Lené Nelson, 1 Goud en 1 Silwer.

Level 2: Elsje Basson, 1 Goud en 1 Silwer, Annette Bruwer, 1 Goud en 1 Silwer en Jana Bruwer, 2 Silwer.

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur Kontak Margaret 022 913 1777


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.