__MAIN_TEXT__

Page 1

31

Villagers Rugbyklub Wittewater ontvang borgskap van PPC

PPC De Hoek het rugbytruie geborg vir die eerstespan van die Villagers Rugby Voetbal Klub van Wittewater. Hier oorhandig William Samuels, regs, van PPC De Hoek die truie aan Josef Burger, ondervoorsitter van die Villagers RVK en Frank Erasmus, Trustee van die Villagers RVK. Foto verskaf deur PPC

Christie in Akademiespan Christie van der Merwe (16) van Hoërskool Piketberg is ingesluit as die nr 5-slot in die Boland o/18 Akademiespan wat gedurende die Junie skoolvakansie aan die SARU/Coca Cola Rugbyweek in Durban gaan deelneem. Christie, ‘n volle 1,98m in sy sokkies, is verlede jaar as 15-jarige gekies vir die Boland o/16-span wat aan die Grant Khomo Rugbyweek in Johannesburg deelgeneem het. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Hy speel reeds sedert Gr 10 vir PHS se eerste rugbyspan en trek die skaal op 104kg. Christie volg in sy pa, Chris van der Merwe se voetspore wat ook Cravenweek gespeel het en in 142 wedstryde vir Boland uitgedraf het. Dié talentvolle jong man se droom is om, net soos sy pa, in Frankryk te gaan rugby speel. Foto verskaf

WP vir Janke en Janét

Liquorland borg ook Villagers Rugby

Op Vrydag 31 Mei het Zhao Chen van Liquorland Piketberg, met trots die rugbybroeke wat hy vir die Villagers Rugbyklub op Wittewater geborg het, tydens ‘n pragtige seremonie oorhandig. Tydens die oorhandiging het hy die rugbyklub alle voorspoed toegewens met vanjaar se ligas en die lede van die rugbyklub het op hulle beurt weer hulle opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die borge wat sonder huiwering hulle so ondersteun het. Op die foto bo verskyn Ds F Hans van die Wittewater Morawiese Kerk, Zhao Chen van Liquorland Piketberg en Dirk Adams, voorsitter van die Villagers Rugbyklub op Wittewater. Foto en berig: Piet Jordaan

Hoërskool Piketberg se netbalsterre, Janke van Schalkwyk, o/12 en Janét Stander, o/14 is na onlangse proewe op Riversdal opgeneem in die WPNetbalspanne vir hul ondeskeie ouderdomsgroepe. Beide hierdie spelers is ook uitstekende atlete wat PHS al by meer as een Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe verteenwoordig het. Foto verskaf

Dewald haal finale oefengroep Dewald van Deventer o/13-leerder van PHS en ook vanjaar se hoofseun het die finale Boland oefengroep gehaal. Foto: Marietha Goosen


32

Plaaswerkers hou Sportdag Nagenoeg vyftig plaaswerkers van die Piketberg omgewing het onlangs die jaarlikse Provinsiale Plaaswerkers Sportdag bygewoon. Die werkers het die Lower West Coast-streek verteenwoordig in rugby, netbal, sokker, toutrek en dominos. Die Lower West Coast rugby- en toutrekspanne het na die finale deurgedring. Die rugbyspan is net-net geklop deur hul buurstreek, Upper West Coast. Die toutrekspan het vir lewe en dood aan die tou geklou, maar moes toe die knie buig voor Winelands 1. Lower West Coast het ook verskeie trofees verower tydens die prysoorhandigingseremonie. Berig en foto’s: Pieter Engelbrecht

Tina se Gimnastiekskool wen by Novise Suid-Sirkel Meer as 220 gimnaste vanoor die Suid-Sirkel het op 25 Mei deelgeneem aan die Novise kompetisie. Tina se gimnaste van Piketberg het uitstekend gevaar. Twaalf van Tina se groter gimnaste gaan in September deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Die groepie sal eersdaags begin met fondsinsamelings waarby die gemeenskap ook kan baat deur groot pryse te wen. Baie sterkte aan die gimnaste en Die Piketberger sien daarna uit om die uitslae bekend te maak.

Level 1: Erna Koegelenberg, silwer, Madelein van Zyl, 2 Silwer, Lené Kruger, 2 Silwer en Lené Nelson, 1 Goud en 1 Silwer.

Level 2: Elsje Basson, 1 Goud en 1 Silwer, Annette Bruwer, 1 Goud en 1 Silwer en Jana Bruwer, 2 Silwer.

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur Kontak Margaret 022 913 1777


33

Karate Manne

By die onlangse Karate gradering het hierdie drie PHS-leerders die volgende graderings ontvang, Jared Whitfield, 1ste Dan, Pieter Bruwer, bruin gordel en CP Nelson, jnr swart gordel. Foto: Ilse Bruwer Level 3: Die groepie O/9's wen ook 'n trofee vir die 1ste en 3de plek algeheel: Voor is Annyda Janse, 2 Brons, Marlize Crous, 2 Brons, Renate Coetzee, 1 Goud en 1 Brons en agter, Sumari Hanekom, 1 Goud en 1 Silwer, Elné Burger, 1 Goud en 1 Silwer, Pamela Booys, 2 Goud. Gimnastiekfoto’s: Marietha Goosen

Swartland Sportfees PHS se eerste rugby– en netbalspanne neem deel aan die Swartland Sportfees op Donderdag 11 en Saterdag 13 Julie te Hoërskool Swartland. Kom ondersteun hulle!

913 33 2 2 0

32


34

Nazeen Afrika het Sondag 2 Wilfred Turner het Sondag 2 Junie sy 2de Comrades gehard- Junie sy 2de Comrades Marathon loop. Sy tyd was 10uur 57min gehardloop. Sy tyd was 11uur en hy het ‘n bronsmedalje en ‘n 36min en hy het ‘n Vic Claphamback to back medalje verower. medalje en ‘n back to back Gavin Wiggill het Sondag 2 Junie sy Foto verskaf medalje verower. 10de Comrades Marathon gehardloop en so ook sy permanente nommer gekry. Sy tyd was 9uur 20min en hy het ‘n bronsmedalje verower. Foto: Marietha Goosen

Foto verskaf

Piketberg Rolbalklub Kampioen van Kampioen Die dames kampioen vir 2013 is Marianna Kirsten en die mans kampioen is Jannie Visser. Marianna het aan die Boland kompetisie gaan deelneem, waar die verskillende klubs in die Boland se Kampioene deelneem. Eers moes sy aan die Sone-uitspeel deelneem. Sy het hier as wenner uit die Marianna Kirsten stryd getree en so haar verdere deelname aan die kompetisie verseker. Vir die finaal is die sone wenners en naaswenners in twee groepe verdeel. Marianna het haar groep gewen en so deurgedring na die finaal. Ongelukkig het sy in die finaal teen die kampioen van Robertson verloor. Enige iemand wat belangstel om te kom rolbal speel kan gerus vir Marianna skakel by 072 071 6060, of op ‘n Dinsdag en Donderdag middag vanaf 15:00 by die baan ‘n draai kom maak.

Boere Opskop Saterdag 20 Julie PHS Skoolsaal Skakel 084 247 2307 vir meer inligting

Peet Myburgh het vanjaar sy 10de Comrades voltooi in 8 ure 58 minute. Hy het in al 10 Comrades die Bill Rowan medaljes verwerf. Foto: Christa Myburgh


35

Internasionale Kinderbeskermingsdag- 31 Mei 2013

Op 31 Mei is ‘n gesamentlike poging aangewend by Boland Superspar om die gemeenskap bewus te maak van kinders se regte en verantwoordelikhede en om alle dienste wat beskikbaar is binne ons gemeenskap te beklemtoon. Op hierdie dag is daar geleenthede gegee om ‘n petisie te teken teen kindermishandeling. Foto links bo: Dean Jankielsohn het ook sy handtekening gegee teen kindermishandeling.

Hattingh Oogkundiges besoek Boland Superspar!

Platters beskikbaar by Boland Superspar!

Moedersdag Kompetisie wenners:

Skakel vir Elmarie by 022 913 1163 by die Boland Superspar Deli afdeling vir jou Platter bestelling of stuur ‘n epos na pro@bolandsuperspar.co.za vir ‘n pryslys.

Christelle de Villiers Plaasontbyt vir twee by Green tree Café. Jaqueline - Moedersdag Hamper. Jo-Anne Lubbe - Salon Sanet Make-Up Makeover!

R1200 Koopbewys wenner! Baie geluk aan Michiel Visser. Die gelukkige wenner van ‘n R1200 koopbewys. Almal wat R750 of meer koop, kwalifiseer om in te skryf. Handig u betaalstrokie met u besonderhede by u vriendelike kassier in, of gooi in die inskrywingsboks.

Windhoek Draught yskas Marvin Benjamen is die gelukkige wenner van die Windhoek Draught Yskas.


36

The Green Tree CafĂŠ

Coffee and a slice of cake

Coffee and a Jumbo Muffin

Coffee and 2 Pancakes

Piquetberg Mall is uiteindelik oop!

Profile for Piketberg Tourism

Piketberger Jul 2013 (4)  

Piketberger Jul 2013 (4)  

Advertisement