December 2012

Page 21

21

Engels Huistaal as Vak Engelse Huistaal as vak vir Afrikaanssprekende gr 4-7 leerders? Is jou kind bo-gemiddeld taalvaardig? Wil jy hom/haar van jongs af die voorsprong gee om met selfvertroue in gesofistikeerde Engels te kommunikeer? As jou antwoord op hierdie vrae JA is, dan is daar opwindende nuus vir PHS se Afrikaanse leerdes in die intermediêre fase. PHS bied in samewerking met die Engelse Klaskomitee aan Engelsvaardige Afrikaanse Gr 4 -7 leerders vanaf 2013 die geleentheid om Engels Huistaal teen ‗n ekstra koste in die plek van Engels Addisionele Taal as ‗n vak te neem. Die koste verbonde aan die neem van Engels Huistaal vir Afrikaanssprekende leerders sal afhang van die hoeveelheid leerders wat belangstel – hoe meer leerders betrek kan word, hoe laer die koste. Let asseblief daarop dat hierdie koste addisioneel tot die normale skoolfonds is. Ouers van Afrikaanssprekende Gr 4-7 leerders wat hierdie akademiese uitdaging wil aangryp, word aangemoedig om onmiddellik met Sarah Grobler by 083 4159 920 in verbinding te tree vir meer inligting oor die kriteria en ‗n aanduiding van die finansiële uitgawe hieraan verbonde.

AME en Liebco se Gholfdag Mount Olive AME Kerk en Liebco Vleismark het 'n onvergeetlike gesamentlike gholfdag aangebied. Die geleentheid het ook saamgeval met die 60ste verjaarsdagviering van Liebco. Dit was 'n reuse sukses. Die dag is afgesluit met 'n gesellige onthaal en elke speler is, soos in die verlede, verras met 'n geskenk van sy keuse. 'n Hartlike woord van dank aan Liebco Vleismark, die hoofborg van die dag. Graag wens die AME Kerk om die volgende persone en instansies te bedank vir hulle mildelike bydraes: Boland Superspar, Dr Ben Smit, Dr Herold Truter, Joanie van Wyk, Magrieta van Rooy, MegaSave, Ellsforth Booyse, PA Contractors, Piketberg Apteek, Piketberg Bazaars, Piket Glas en Kaste, Pro Shop en Winkelshoek. 'n Spesiale woord van dank aan Louis Ntane wat die dag se verrigtinge gereël het en baie meer gedoen het om te sorg dat die dag suksesvol verloop. Die AME Kerk bedank ook elke deelnemer en ondersteuner wat van putjie tot putjie saambeweeg het asook diegene wat behulpsaam was met die voorbereiding van alle maaltye.

Piketberg Animal Welfare Piketberg Animal Welfare bedank Dup Meubels, Piketberg, vir hulle ruim bydrae wat dit moontlik gemaak het vir Minette Cronje, PAW-voorsitter, om die ―One Health for Pets‖- werkswinkel by te woon in Stellenbosch. ‗n Verskeidenheid onderwerpe en temas is bespreek wat Minette goed kan toepas in haar werksaamhede.

Jaar-Afskop Kuier Dans 2013 met ...

Tyd: Stoor open 18:00 – Dans begin 19:30 Koste: R100/volw. en H/skool leerders, R60/ L/skool leerders (N7 Piketberg na Citrusdal 24km regs op Porterville pad, 5km links by bord Klipfontein Boerdery/ Koelkamer 3km tot by stoor) KONTANTKROEG, HOTDOGS & HAMBURGERS BESKIKBAAR Eie glase, Piekniekmandjies en eie verversings ook welkom!! (Koelhouer fooi: R30) Verdere inligting en kaartjies: Anene Jacobs 083 306 8578 Riaan Carstens 083 447 8870 Monique Potgieter 084 479 7110 GEEN VIDEO KAMERAS EN/OF VIDEO-OPNAMES WORD TOEGELAAT NIE


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.