Issuu on Google+

1

Jaargang 19 Nr. 11 www.piketberg.com

Desember 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Jani en Karli sing lag-lag Gedurende die Septembervakansie het die twee Truter-sussies, Jani en Karli, deelgeneem aan 'n landswye talentkompetisie, SATCH (South African Talent Search) en het geskitter in Johannesburg. Met hul

Jani en Karli Truter Foto: Magdaleen van Zyl

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne

Vleismark...p6 VLV Nuus...p15 Aartappeldag...p18 Nageslag leiers...p20 Kix Nuus...pp22 en 23 Vrouediens...p24 SAMA toekenning...p27 Biblioteek se vakansieprogram...p27 DCA Kunsleerders...p28 Steynville se Dux spontaan-vriendelike geaard- student...p28 hede, nederigheid, en engelstemme het hul die beoordeP IK E T B E R G laars se aandag telkens gehou. Hulle het albei solo's gesing asook 'n paar duette en het altesaam twaalf keer O N E S T O P M O T O R P A R T S H O P opgetree in die groot Vodadome in Midrand. Karli ontvang een goue, en vyf silwer medaljes, en Jani twee goues A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T en vier silwer medaljes. Jani word genooi om in Amerika te gaan sing, asook aan modelwerk deel te neem, 'n wonderlike prestasies vir die twee pragtige meisies van Piketberg. Jani en Karli is sangleerders  022 913 1939 by Magdaleen van Zyl se  022 913 2404 Vivace Sangskool.


2

Redaksioneel Wees stil en weet… Dis die laaste uitgawe van 2012 se Piketbergers. Wat sê mens? Die dinge van die afgelope jaar— hoogtepunte, laagtepunte, vreugdes, teleurstellings, goeie nuus, slegte nuus, vrolik wees en verslae wees maak dat ek in die woorde van Lied 519 wil sê: Wees stil en weet: Ek is die Heer. Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek en wind en golwe bedaar… Here, sê U dit ook van stakings, oproerigheid, onrus en plundering? Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag… Here, bedoel U dat U ‗n Oupa en Ouma se pyn ken na hul kleinkind se dood en ‗n vriendin se donkerste nag van kanker ken? Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou kommer en vrees… O Gees, is dit sommer ons gewone mense se kommer en vrees oor die toekoms en ons kinders waarvan U praat?

Briewe van ons lesers... Lizeth Dippenaar skryf.... Ek wil graag die Redaksie van Die Piketberger gelukwens met 'n puik koerant wat elke maand verskyn. Ek is vir die afgelope twee en 'n half jaar werksaam op Piketberg en ek gaan kyk sommer weekliks of die volgende koerantjie nog nie op die rakke is nie. Klaar gelees, word Die Piketberger sorgvuldig gebêre en as hul aangegroei het tot so drie of vier, word hul gepos aan my suster in Pretoria. Sy geniet die lees daarvan net soveel soos ek en dan gee sy dit vir hul goeie vriende wat oud-Piketbergers is en so is dit een groot leesgenot van Piketberg tot in Pretoria!

Die Piketberger se redaksie wens u en u gesin ‗n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar.

B B BESTUUR K 53 OPLEIDING KONTAK: Buks 082 899 6576 E-pos: sarelb1@hotmail.com Alle kodes / Billikke tariewe / Hele Bergrivier streek

Afrigters gesoek Piketberg Hoërskool soek vrywilliger atletiek- en swem afrigters vir naskoolse afrigting. Kontak asb vir Christa Liebenberg by 084 629 3330 indien u kan help.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; Volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof. Dankie Dankie Dankie, Here.

Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

Kenneth Smit

Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Marietha Goosen Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Barbie Breunissen

Te Koop Ibaneze elektriese kitaar en amplifier R1 300,00 Skakel 082 921 1977 Te Koop Nuwe rolstoel te koop, nooit gebruik nie 082 781 4326

Springkasteel te huur Kontak Margaret 022 913 1777

Klavierstemmer Margaret Smit

Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 Opgelei te Worcester.


3

Vriendelike diens gewaarborg

Sweets Mania

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Bully Beef 300g Mariebeskuitjies

R2.99

Pinpop x48

R 39.99

Jelly Pops x24

R 36.00

R 12.45

First Choice Melk 6x1L Bar One 24 x 21g

R 34.99

Jungle Naks x50

R 20.50

ILLOVO suiker 1kg x 10

R 94.99

R 52.99


4

deur Jannie Lategan Piketberg gee eervolle vermelding in Goud aan Harry Esau "Mnr, hier is u pakkie van Piketberg Apteek...gaan dit goed en praat maar weer as daar iets is wat ek kan doen." Dit is die wyse waarop hierdie ikoon van Piketberg al vir meer as 42 jaar, medikasie aflewer in Piketberg. Hy is so 'n gewilde figuur en dra 'n pragtige beeld uit van sy werkgewer Piketberg Apteek en by name Dakkie Anthonissen. Sy onderhoud verloop so vriendelik en hoflik en hy is beskeie oor sy besondere gawe om net eenvoudig liefde aan mense uit te deel. Na skool was sy eerste werk by die intertydse apteek van mnr Justice van der Riet en later by die opvolger mnr Pelser. Mnr Anthonissen het hom toe op Piketberg gevestig en hy werk nog steeds by Piketberg Apteek. Benewens sy hoogstaande gehalte van afleweringsdiens, verrig hy ook administratiewe werk in die apteek. Hy is getroud met Dalene Harry Esau en sy is betrokke by Volwasse Onderrig. Uit die huwelik is een dogter gebore, Helga en sy is tans besig met haar B.Com-honneursgraad te Stellenbosch. Harry se leuse is: "Om net my beste te gee en dit op 'n vriendelike manier uit te leef." Hy is 'n Piketberger in murg en been en het sy skoolopvoeding gehad aan die destydse AME-Skool. Sy moeder, Elizabeth Esau is reeds 93 jaar oud en bly nog in haar eie huis. Hy gee ruimhartig en spontaan erkenning aan 'n fantastiese werkgewer en goeie mens, Dakkie Anthonissen en sê dat die personeel vrymoedigheid het om met hom te praat en hy luister graag. Hy gee ook met groot erkenning dank aan al sy mede-personeellede en bedank hulle vir 'n wonderlike onderlinge verstandhouding deur die jare en hy vra dat daar ook spesiaal vermelding gemaak moet word aan al Piketberg se mense vir hulle gasvryheid en die hartlikheid waarmee hulle hom ontvang. Sy liefde tuis, lê by sy tuin en ofskoon hy nie graag reis nie, vat sy vrou en dogter soms die langpad deur die land. Harry is 'n beminde inwoner van Piketberg en het straks nie eens bekendstelling nodig nie. Die Piketberger wens hom en sy gesin net die mooiste en beste toe.

Kekkel & Kraai Marinade vir Hoendervlerkies Hier is ‘n heerlike gebraaide hoendervlerkie resep wat as voorgereg bedien kan word by ‘n braai. 5 repe spekvleis, swoerd verwyder en fyngekap 1 fyngekapte ui 1 eetlepel Worcestershiresous of sojasous 125ml tamatiesous 3ml aangemaakte mosterd 1 eetlepel suurlemoensap 1 eetlepel suiker Sout en peper na smaak Braai die spekvleis tot bros en voeg dan die ui by. Braai liggies tot deurskynend. Voeg die res van die marinade bestanddele by en prut vir 10 minute. Laat afkoel. Giet oor hoendervlerkies en laat dit ‗n uur staan. Dreineer en braai oor matige kole vir ±15 minute. Bedruip gereeld met die marinade.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Geseënde Kersfees en Voorspoedige nuwe jaar! Baie dankie vir u getroue ondersteuning Perskepot personeel

Benodig Vrywilligers!

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

asook Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie! Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535 Beryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

Standard Bank Piketberg Rek: 08 333 458 0

Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5


6

Huis AJ Liebenberg Vleismark Die Beheerraad, Personeel en die inwoners van Huis AJ Liebenberg skryf… Sonder God en die mense van Piketberg en omliggende dorpe, is ons huis leeg en sonder waarde! Die Here se genade is groot, die mooi bedrag van R105 000.00 is ingesamel met ons Vleismark op 27 Oktober 2012 (saam met kollekte lyste). Sonder die

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 gemeenskap se betrokkenheid op soveel maniere, sou Huis AJ Liebenberg se storie (boeke) so hartseer gewees het. Ons doel bly om ‗n tuiste te skep vir die Senior Burgers en sonder u is dit nie moontlik nie. Mag ons almal vennote bly in hierdie groot taak, om uit te reik na ons geliefdes wat oud geword het! Regs is Arno Olesen wat as gaskunstenaar opgetree het.

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

NEW ON MENU 400G PORK RIBS WITH FRIED ONIONS, CHIPS & GARNISH FOR ONLY

R34.00 4XSKEWERED WINGS WITH FRIED ONIONS, CHIPS & GARNISH FOR ONLY

R30.00 Tel: 022 913 1092


8 Wat Sê Die Reg?

Salomie

Jy Koop / Verkoop jou Huis Die Registrasie Proses

Kopers en Verkopers dink dat, sodra die koopkontrak onderteken is, is dit net vinnig ‗n stempel wat deur die Aktekantoor opgesit moet word dan is die eiendom geregistreer op die koper se naam. Hierdie opvatting is baie ver verwyderd van die ware proses. Die Aktekantoor op sy eie, is ‗n reuse gebou met honderde afdelings en elke oordrag word behoorlik deur 4 vlakke geneem om seker te maak iemand verkry nie onregmatiglik eiendom nie. DIE PROSES: Ondertekening van die koopkontrak deur alle partye. Die oordragsprokureur kan niks aan die proses doen voordat al die opskortende voorwaardes nie vervul is nie (bv. verkryging van ‗n verband of verkoop van koper se huis). Sodra al die opskortende voorwaardes vervul is, eers dan begin die prokureurs met die oordrag instruksie. Munisipale uitklaring en waardasie: Die verkoper moet alle eiendomsbelasting betaal tot en met Junie die volgende jaar, vooruitbetaalbaar. In die kleiner Munisipaliteite word net 3 maande vooruit vereis, maar in bv. Stad Kaapstad moet die verkoper tot einde van die finansiële boekjaar betaal, synde Junie. Hierdie uitklaring word elektronies aangevra, en neem ±3—4 weke. Hereregte kwitansie: Die koper moet hereregte betaal waarna die prokureur aansoek doen by SAID vir ‗n hereregte kwitansie. Die aansoek word vergesel deur die waardasiesertifikaat en word elektronies by SAID gedoen. Rede vir waardasiesertifikaat is SAID wil vasstel of die eiendom dalk onder markwaarde verkoop word, in welke geval ander reëls geld. Hierdie aansoek neem ±5—7 werksdae. Maar, indien ‗n koper of verkoper se persoonlike belasting of BTW-opgawes agterstallig is, word die hereregte kwitansie teruggehou tot alles op datum is. Dit is baie keer ‗n groot oponthoud. Ondertekening van dokumente by prokureur: Partye dink dat sodra die dokumente by die prokureurs onderteken is, kan alles net Aktekantoor toe gaan. Dis nie korrek nie. Sommige prokureurs wag totdat hulle al die bogenoemde dokumente het voor hulle partye versoek om te kom teken en ander stel sommer onmiddellik, nadat opskortende voorwaardes van die kontrak nagekom is, die dokumente op vir ondertekening. Dit is egter om te ewe. Niks kan ingedien word voor Munisipaliteit en SAID nie uitgesorteer is nie. Alles word saam ingedien, en die een is afhanklik van die ander. Sodra al bogenoemde in besit van die oordragsprokureur is, moet die verbandprokureur magtiging kry by die Bank vir indiening, en dit neem ±‗n week. Verbandprokureurs kan vroeër magtiging kry afhangende van die spesifieke bank se reëls. Nou is alles gereed vir indiening by die Aktekantoor, en al die betrokke prokureurs moet skakel met mekaar om gesamentlik in te dien. Dit neem ‗n dag om te reël, en indien een prokureur nie gereed is nie kan niemand indien nie. Sodra alles ingedien is, neem dit so 2 weke in die Aktekantoor, behalwe as enige van die prokureurs ‗n fout op sy dokumente het word die hele stel verwerp en moet almal weer van vooraf indien. Dit kan ook gebeur dat almal gereed is vir registrasie, en dan laat weet die koper bv dat sy belegging nog nie losgekom het nie, dan moet die transaksie ook onttrek word indien nodig, en van vooraf ingedien word. As alles glad verloop, en almal betaal onmiddellik wat hulle moet vir uitklarings en belasting, neem die hele proses 6 - 8 weke. Indien nie, kan dit baie langer neem om die oordrag en registrasie te bewerkstellig.

Klereontwerp en maak, Dekor, Materiaal Kerkstraat 33, Piketberg (oorkant museum) Kontak Salomie 082 967 0768

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (( (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164

E.mail hszzbb@hotmail.com

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za


9

Dr Francois Erik van Niekerk 5 Junie 1962—18 Oktober 2012 Hentie, Jeanetta, broer Pierre, suster Sanet en familie bedank alle vriende en familie vir die ondersteuning en bemoediging met die heengaan van Francois. Die Vader gebruik julle almal om ons hartseer oor Francois te help dra – elkeen se deel is kosbaar. Ons waardeer julle. Francois het na matrikulasie in Piketberg, dierefisiologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy behaal twee Doktorsgrade, en lektor daarna voltyds aan die Universiteit en Elsenburg Landbou Kollege. Verdere navorsing lei tot vele publikasies en vakkundige artikels, en ook lesings by ander universiteite, soos in Port Elizabeth, en ook by Onderstepoort enKirkwood wildsfees. Hy was bekend vir sy liefde en kennis van diere voeding/produksie en het baanbrekerswerk op wildvoeding en –reproduksie gedoen.

Kloofstraat se Kat Ma en haar kattekind

Dankie vir almal se ondersteuning gedurende die jaar. Verkope Dirk 083 646 8718 Gilbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Wees lank genoeg ‘n inwoner van Piketberg en jy begin selfs die mense se diere ken! Deon en Babsie Binneman se kat, Siebie, moet al nagenoeg 23 jaar oud wees en haar ewebeeld kattekind, ook Siebie, reeds mondig. Die twee Siebies is onlosmaaklik deel van die Binneman huishouding en ten spyte van hulle hoë ouderdom, steeds fluks, lewendig en gesond. Foto verskaf

Baie geluk aan Liebco Vleishandelaars met die 60ste verjaarsdag. Die Piketberger is trots op ‗n ononderbroke vennootskap sedert die koerant se ontstaan.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


10


11


12

Spyseniers Trou

Lente Bruid

Willem Scholtz is op 27 Oktober getroud met Gertina Rossouw, ‘n oudPiketberger. Gertina se familie het van ver gekom en van Piketberg tot in Somerset-Wes gebruik gemaak van Mike Smith Vervoer. Gertina is die oudste dogter van Susan en Danie Rossouw. Willem is van Hermanus. Albei is in die spysenieringbedryf in die Kaap. Foto verskaf

Karin Mouton en Neethling du Toit is op 3 November in Piketberg getroud.

Die drie Mouton sussies op Karin se troue, Yolanda, Karin en Sonica.

Mirrie Mouton in die middel, links van die bruid, met haar Mouton kinders en kleinkinders Gabrie, Suzette, Gerick, Christo, Lana, Lisna, Stiaan, Pierre, Jacques, Marius, Jaen, Chrisna Gouws, Tertius Gouws, Merisna, Jaco en Jan, Charmain, Sonica, Karin en Yolanda. Foto‘s: Anton van Rooyen

Gertina se oupa, Hannes Teessen en sy suster, Marie Swart het per vliegtuig vir die troue van Gertina afgekom. Sy suster is 83 jaar oud, en was nog nooit in die Kaap nie en het nog nooit in 'n vliegtuig gereis nie. Die ander Gautengers was Gertina se tannie en haar man, Tinka en Hannes Geustyn, wat ook van Pretoria gekom het. JanHendrik Rust, Gertina se neef en sy vriendin Nikki Brink was ook teenwoordig. Dit was 'n hele opgewondenheid want Gertina is die oudste kleinkind wat getroud is. Die Piketberger het hierdie inligting ontvang van Gertina se Piketberg familie, die Rust gesin van De Hoek.

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 15 Januarie 12 Februarie 12 Maart 16 April 14 Mei 11 Junie 16 Julie 14 Augustus 11 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 24 Januarie 21 Februarie 22 Maart 25 April 23 Mei 21 Junie 25 Julie 22 Augustus 19 September 24 Oktober 21 November

5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646


13


14

Om te Date -magdaleen van zylVervolg van November se uitgawe... Hier is nou wraggies die beste voorbeeld daarvan. Dalk het hy êrens, wel rêrig diep êrens, verborge eienskappe wat Marinda deur al hierdie jare betower het, maar op hierdie stadium sien ek dit nog nie. O, ja, en dan het hy ook reg van die begin af, sommer net hier skuins na die aangename kennis, die manier om met sy een hand oor my arm te streel as hy met my praat. En hy praat aanmekaar. Ek kry hoendervleis tot in my voete, en nie omdat dit lekker is nie. O, waarin het ek my tog begewe. My moed lê onder my voetsole en geen kreatiewe gedagte oor hoe ek hierdie aand gaan oorleef, kom by my op nie. Gelukkig is die ander mense aan ons tafel baie aangenaam en ek kan onderhoudend gesels met die vrou links van my en ook ander oorkant my. Ek verval gou-gou in die patroon om aanmekaar toilet toe te gaan. Ek gee wraggies nie om of Danie dink ek het ‗n hengse blaasprobleem nie, solank ek net sy strelende hand vir nog ‗n rukkie kan ontduik. Gelukkig is dit ook nie net ‗n drie-gang maaltyd nie, maar daar is soveel gange en terwyl hy eet streel sy hand ook nie oor my arm nie, so ek verwelkom die vreemde ete met sy ag-gange. Die aand raak toe later heel draaglik met die gawe tafelmaats, my toilet-toe-glippery-elketwintig-minute en die interessante kos. Tot die band begin speel. Ag liewe aardetjie tog. Danie blyk toe ‗n uiters gretige danser te wees. Ek sê nou maar gretig, want ‗n goeie danser is hy wraggies nie. Sy regterarm pomp eers op en af, en dan weer heen en weer soos ‗n saag, dan weer op en af ‗n nimmereindigende aksie. Sy linkerhand streel op ‗n ander ritme as die regterarm, op en af oor my rug. Al die verskillende aksies en ritmes maak my heeltemal deurmekaar, want ons voete beweeg ook op ‗n ander ritme as die musiek, so ek voel so ‗n bietjie mallerig voor ons nog eens halfpad deur die eerste dans is. Toe die eerste liedjie stop, druk hy my so styf teen sy borskas vas dat ek seker is daar is ‗n faceprint teen sy hemp en kwyl hier by my linkeroor: ―Jy is ‗n wonderlike danser, ligvoet soos ‗n feetjie.‖ Niks wat ek doen of sê sit hom enigsins af nie. Ek het later gewonder of ek nie soos my seunskinders kliphard aan tafel moet burp of iets nie, maar glo my, hoe later hoe kwater. Hier by halftien se kant besluit ek op ‗n ander strategie: my enkel is nou kwansuis baie baie seer, en ek kan skaars op my voet trap, so ek kan definitief nie dans nie. Ag, liewe aarde: dis soos ‗n hond vir wie jy ―sa!‖ sê. Hy gryp my voet in ‗n greep en begin masseer al amper halfpad teen my kuit op voor ek nog kan keer. My rok is bo my knie, hy‘t my skoen uitgepluk en met ‗n maansiek uitdrukking op sy gesig verklaar hy: ―Onder my sexy vingers gaan jou pragtige klein voetjie nou-nou weer goed genoeg voel om te kan dans. Met jou in my arms, wil ek die son sien opkom.‖ Net daar besluit ek: nee kyk, vroumens, jy‘t jou kinders alleen grootgemaak, jy‘s ‗n kankersurvivor en jy survive nogsteeds alleen, en ek ruk my skoen uit sy hand uit, gryp my handsak en hinkepink oor die dansvloer met een kaalvoet en een hoë hak silwer sandaal. Boesemvriend, Danie, het nie eens probeer om agterna te kom nie, want ek dink hy was so totaal en al verstom dat ek nie gedink het sy attensies is ongelooflik romanties en fantasties nie. Ek het nie eens vir Marinda gegroet nie, nee, die bevryde single blondine bel navrae, kry die nommer van ‗n taxi-maatskappy, kry ‗n taxi na die

Eendekuil VLV hou teeparty Vier bestuurslede het as gasvroue opgetree en elkeen het ‗n prentjiemooi teetafel gedek. ―Nuwe‖ jong mammas in die omgewing is uitgenooi na die gesellige teeparty – hul word ook terselfdertyd uitgenooi om deel te word van ons wonderlike vereniging. Juné van der Westhuizen, ‗n graad 11-leerder van Hoërskool Piketberg, het die dames kom verras. Sy voer ‗n eenvroustuk, Tralies op vir 40 minute en dra ook gedigte voor. Sy was met die eenvroustuk eerste by die Loganfees op Fraserburg, was onder die eerste 30 van Kaapland by Kunstekaap en ook gekies as beste aktrise van Wes-Boland Eisteddfod. Die lede was in vervoering oor Juné se optrede. Uitslae van tak kompetisie Gebak, Ilse Hanekom; Allerlei, Mignon Cumpsty; Naaldwerk, Elmarie Cumpsty en Blomme, Elmarie Cumpsty.

Juné van der Westhuizen (spreker), Elmarie Cumpsty (voorsitter). Foto verskaf

Die volgende lede ontvang diensjaarknopies: 15jr Hanlie Brand, 25jr Nellie Mouton, Jolene Mouton, 30jr Hennah Dreyer, Sandra van Zyl en 40jr Liebie Coetzee.

Kerssangdiens NG Kerk Piketberg Sondag 25 November 19:30 Tee in Kerksaal 18:30 Deuroffers: Nie-bederfbare produkte en kontant asseblief.

Skoolkwartale 2013 Die goedgekeurde skoolkwartale vir 2013 is soos volg: Eerste kwartaal: 14 Januarie (opvoeders) en 16 Januarie (leerders) tot 28 Maart Tweede kwartaal: 8 April tot 21 Junie Derde kwartaal: 15 Julie tot 20 September Vierde kwartaal: 1 Oktober tot 4 Desember (leerders) en 6 Desember (opvoeders)

naaste gastehuis, waar Isobel, my staatmaker niggie, my die volgende oggend na ontbyt, kom oplaai het. Eks ietwat oorbluf en platgeslaan, of dalk eintlik meer stomgeslaan dat daar mans soos liewe Danie bestaan, maar vasbeslote om nou eers bietjie die dating-storie vir ‗n rukkie te los. Heng, ek het wraggies tyd nodig om van die een te herstel!


15

Johan en Lida besoek Piketberg VLV

Uitnodiging van

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS (4e Versie)

Lida en Johan Botha, die kunstenaarspaar van Leipoldtville, het VLV besoek. By hulle is Annatjie Janse van Rensburg, hulle vriendin en VLV-lid (links) en Francolene Myburgh.

Die VLV-bestuur vir 2013 is voor Nicoline Brown, voorsitter, Frannie Botha, onder-voorsitter, Christa Myburgh, tesourier, en agter Marlize Rossouw, Dinette Lochner, sekretaresse, Doreen du Plessis en Alta Vos.

VLV-lede is beloon vir diensjaar knopies - Frannie Botha (35jr), Carin Rossouw (35jr), Doreen du Plessis, Alta Vos en Petro Vercuiel (al drie 10 jr). Foto‘s: Marietha Goosen

Soos u nou seker reeds weet, vorder ons goed met die advertensie verkope vir die nuwe uitgawe van die Lions Telefoongids, en ons sê dankie vir u ondersteuning sover. As u ‗n advertensie in die 2008 gids gehad het, is u seker reeds gekontak i.v.m. ‘n advertensie in die nuwe gids. Indien u ‘n nuwe advertensie wil plaas kontak ons asseblief, verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon. Onthou asseblief dat die afsnydatum vir advertensies teen middel November na einde November sal wees, aangesien ons glad nie kan begin met die samestelling van die gids totdat ons nie alle advertensies reg het nie. Soos voorheen genoem, werk ons van die 2011/2012 Telkom gids as ‘n basis. Indien u besonderhede daarin foutief is of as u net ‗n selfoon het en die nommer in ons gids wil hê, kontak ons asb, verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon. Dankie aan almal wat al laat weet het van veranderinge of nuwe inskrywings wat gedoen moet word. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan 083 236 7556 Joan 084 466 4269


16

Steynville verloor twee leerkragte Die gemeenskap van Piketberg het kennis geneem van Steynville Sekondêr se verlies toe hulle binne een week twee leerkragte aan die dood afgestaan het.

Arthur John Henry Pieters 10 Mei 1962 29 Oktober 2012

Johannes Mattheus (John) Adams 4 September 1961 22 Oktober 2012

Foto‘s: Verskaf

His last Race Cst Andrew Donovan Don Andrew Donovan Don joined the police in 2003 and worked at Porterville, Saron and Piketberg since 2006. He was a remarkably known community policeman and sportsman by being actively involved at (Station, Vredenburg Cluster and provincial) fitness, rugby and cricket in all provinces. He has achieved 6 gold medals and 1 silver in ―Police Fitness Endurance Competitions‖ as well as athletics since 2006. He participated in his ―last race‖ (regarded on duty) on 10 October 2012 at Heidelberg, Johannesburg and was awarded another gold medal for coming first. He suffered a stroke the next day after which he was admitted to Arwyp Private Hospital in Kempton Park where he unfortunately passed away on Friday 12 October 2012. He was a fit and very healthy individual. Don was a dedicated policeman and sportsman who always wanted to please all those around him. As much as he was not perfect as any human being, he however understood my favourite concept of: ―It is not What one does or says that is important but How it is said or done!!‖ As his Commander, I will keep that special light of utmost respect, willingness and obedience he always portrayed, as a ―son‖ and subordinate, irrespective of any circumstances. Piketberg SAPS personnel will surely miss his loud youthful spirited humour and helpfulness. I am grateful to my staff, the community, individuals and businesses for your support (by your deeds) as well as encouragements during our loss. Kindly be continuously reminded that as police officials we are brothers, sisters, mothers, fathers and children of families just like everybody else. ―To be good whilst we still breath for the hour is unknown when all shuts off‖. ―Together we stand, divided we fall‖

Piketberg Christian School bied volgende jaar ‘n nasorg fasiliteit vir skoolkinders tussen die ouderdomme van 5-16 jaar. Veilige, omheinde area met fasiliteite vir huiswerk asook ‘n groot speelarea. Tye: 12h00 - 17h30, Maandag - Vrydag Koste: R30 per kind, per dag of R500 per maand. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak asb vir Deidre Swart by 022-9131886 (8vm-1nm) of pcs@gmail.com Beperkte spasie

Ouers veranwoordelik vir etes.

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30


17

Wen met Die Huisvriend Die 1ste prys is 'n R1000.00 koopbewys van Boland Superspar is gewen deur Crizelda Petro van Piketberg.

Johanna Petro van Porterville is die wenner van die 2de prys, ‘n 9-stuk stainless steel pottestel. Die 3de prys is 'n Stainless Steel Elektriese Braaipan en is gewen deur Gillian Links van Piketberg. 022 913 2880 Foto‘s verskaf

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


18

VLV hou Aartappeldag

Tuinbouklub besoek Porterville Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg het in Oktober 'n baie leersame uitstappie na Porterville onderneem. Hulle besoek eers Kosie van Niekerk se pragtuin op sy plaas. Daarna Yolanda van Niekerk se rooskwekery by Weslandboerdery, waar sy belangrike inligting deel oor die kweek en versorging van rose. Op die granaatplaas van Fan Olivier vertel hy die lede meer oor die verwerking van granate en verduidelik die werking van die baie duur Granaatontpittingsmasjien. Die masjien is spesiaal ingevoer vanaf Israel. Verskillende granaatprodukte word ook te koop aangebied. Karen Knoetzen bespreek vyeproduksie en die verskillende produkte afkomstig van vye. Die produkte word ook te koop aangebied.

Isabella Niehaus wat 'n kosdemonstrasie aangebied het en haar assistent Gerty, regs, self 'n bekende kok, met Nicoline Brown in die middel.

Jackie Ferguson, tuinboulid wat die uitstappie gereël het, by Karen Knoetzen en Vere Albertyn. Grace Dippenaar en van haar Graad 10 Verbruikerstudieleerders van Hoërskool Piketberg wat ingeskryf het vir 'n kompetisie in aartappelgeregte.

Die top vier aartappelkunstenaars by die aartappelkarakters wat deur leerders van Middeldeurvlei Primêr ingeskryf is vir die kompetisie. Hier is Petrie Kok, Andrea Esterhuis, Berendina Goedeman en John Heyns (wenner). Foto‘s bo verskaf deur VLV

Fan Olivier en van die tuinboulede by die ontpittingsmasjien.

Aartappels net waar jy kyk Op 18 Oktober is ‗n aartappel promosiedag deur die Vroue Landbouvereniging van Piketberg, Sandveld Aartappelprodusente en die Kaapstadse Varsproduktemark (borg) op die Org de Rac wynlandgoed aangebied. Aartappels van verskillende geure en kleure is deur verbruikers, entoesiaste, kopers, nuuskieriges, handelaars en uitvoerders beskou en aan gepeusel. Aartappels in die Sandveld word verbou tussen die Sederberge in die Ooste en die Atlantiese Oseaan in die Weste. Min mense weet egter dat hierdie die enigste streek in die land is wat daagliks vars aartappels aan verbruikers verskaf, asook die enigste wat alle nuwe kultivars produseer. VLV bedank Terence Brown, streeksbestuurder van Aartappel SA, wat as koördineerder die suksesvolle dag moontlik gemaak het. Die waarde van die aartappel… * Die aartappel is ‗n stapelvoedsel * Die sap van die rou aartappel kan maagsere genees en gewrigsontsteking verlig * Aartappelpap op ‗n verstuite spier en verskeurde ligament behandel dit op ‗n natuurlike wyse * Rou gerasperde aartappel kan brandwonde en vries brand verlig * ‗n Warm aartappel op seer gewrigte geplaas verlig pyn. Foto links: Graad tien Verbruikerstudieleerders van Hoërskool Piketberg het agt verskillende aartappelkultivars beproef en besonderse aartappelgeregte vir 'n kompetisie ingeskryf. Op die foto is voor Karla Conradie (3de), Andrea Beukes en Elzaan Snyders (2de plek). Agter is Jo-Mari Jooste (3de), Grace Dippenaar (Verbruikers opvoeder), Jakobi Burger (3de) en Grace Powrie (wenner). Foto: Sanet Ackermann


19

Min Albert Fritz besoek Huis AJL

Op 29 Oktober is Huis AJ Liebenberg verras met 'n besoek van die Minister van Welsyn, Minister Albert Fritz, om die personeel op grondvlak te ontmoet en samespreking te voer oor die probleme wat deur die ACVV Tehuise ondervind word. Die Minister is deeglik bewus van die groot taak wat deur vrywilligers van die ACVV aangepak en verrig word en van die uitdagings waarmee hulle daagliks gekonfronteer word. Dit is weer onder ons aandag gebring dat die staat nie meer tehuise vir bejaardes bou nie en dat ons maniere moet vind om befondsers te vind. Ons is weer op soek na vrywilligers wat bereid is om op die Beheerraad van Huis AJ Liebenberg te dien. Kom na vore indien u die belange van ons Senior Burgers op die hart dra en graag 'n bydrae wil lewer. Ons soek mense wat insette kan lewer met finansies, instandhouding, fondsinsamelings en opleiding. Enige persoon wat ‗n liefde vir bejaardes het kan betrokke raak op welke manier ookal. Nominasievorms is by die Kantoor beskikbaar.

…. in progress

Please fill in this form for record building of interest . All ages welcome.

Name: …………………………………... Age: …… Surname: ……………………………………………. ID: ………………………….

Male

Female

Email: …………………………………………. Cell/Tel: ………………………………………. Yes

Would you like to be part of a Cycle Club. No Maybe/Not yet

Any friends that would be interested, names and email: 1) ……………………………………………………….. 2) ……………………………………………………….. 3) ……………………………………………���……….. Do you want to ride: MTB

Road

BMX

(You may tick more than one)

What routes do you like: Difficult Medium Experience (You may tick more than one)

Angeline Engelbrecht, Elsabé Liebenberg, Minister Albert Fritz, Suster Boys en Marie de Villiers, matrone. Foto: Alta Rossouw

Die volgende Piketberger verskyn op 24 Januarie 2013. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 15 Januarie 2013 om 17:00

Easy Beginners

How often do you want to ride a route in a month: Difficult Medium a year: Difficult Medium

Easy Easy

How do you rate yourself how fit you are, out of ten: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Did you take part in the Swartland MTB at Org de Rac or Piket-Bo-Berg MTB? Yes No If yes, how did you experience each: Swartland MTB: ……………………………………………... ………………………………………………………………….

Vir hulp met die volgende:  Voltooiing en indiening van BTW opgawes  Verwerking van rekeningkundige rekords op Pastel Accounting  Opleiding en hulp op Pastel Accounting  Hantering van debiteure en krediteure  Hantering van u kantooradministrasie – die volledige hantering van alle administratiewe en finansiële take binne u kantoor Kontak vir Rozanne Burger Op 022 913 1949, 082 622 9494 of rozanne@ro.co.za Ek woon op Piketberg, maar werk onder toesig van Geoktrooieerde Rekenmeesters van Citrusdal.

Piket-Bo-Berg MTB: ………………………………………... ………………………………………………………………… The Cycle Club want to make every ride a joy, fun ride. We also want to have ―lekker braais‖, camp outs, town to town rides and more.

NO HELMET, NO RIDE Do you know of a friend that will be interested & email) ………………………………………………………………… ………………………………………………………………... …………………………………………………………………

Rekeningkundige Dienste - Piketberg

When you completed this form, please throw it in the Die Piketberger box at Boland Super Spar next to stairs that lead to top offices. For more forms/information and queries, email me at cycleclubpiketberg@yahoo.co.za


20

PHS se nasate steeds leiers Toe die Laerskool Stulting op Humansdorp hul leiers van 2013 aankondig, het twee hoofmeisies met PHS voorsate, mekaar opgevolg. Janke Steenkamp, hoofmeisie vir 2013 is die dogter van Liesje (Lambrechts) Steenkamp en haar voorganger, Mienke Janse van Vuuren, is die dogter van Louise (Kitshoff) Janse van Vuuren. Louise was hoofmeisie van Laerskool Pools, net buite Piketberg, en ook hoofmeisie van Hoërskool Piketberg in 1985. Liesje was hoofmeisie van Piketberg se Laerskool en onderhoofmeisie van Hoërskool Piketberg in 1989. Louise se seun, Benjamin Janse van Vuuren is boonop die hoofseun van Hoër Landbouskool Oakdale vir 2013. Op die foto is Louise en Mienke Janse van Vuuren en Janke en Liesje Steenkamp.

Louise (Kitshoff) Janse van Vuuren en haar dogter Mienke, 2012 se hoofmeisie en Janke, 2013 se hoofmeisie en haar ma, Liesje (Lambrechts) Steenkamp.

Pasop vir die pragtige pers pes Blou blom, blou dissel of Echium plantagineum is ‗n onkruid wat vinnig besig is om die Wes-Kaap oor te neem. Dié pragtige pers indringer het al velde, die rande van snelweë en selfs parke in Kaapstad oorgeneem. Dit word ook genoem Paterson’s Curse, na Jane Paterson wat die blom van Europa na Australië ingevoer het, net om toe te kyk hoe dit oor die hele land versprei. Verstaanbaar, want die plant produseer 30 000 sade per vierkante meter! Echium is giftig vir beeste, skape en veral perde, alhoewel skape dit graag eet. Dit bevat pyrrolizidine alkaloide, en is giftig vir vee indien groot hoeveelhede ingeneem word. Na die Australiese bosbrande moes 40 perde uitgesit Echium word wat die plant geëet het. Dit kan plantagineum bestry word deur met die hand uit te trek waar dit min is. Andersins kan dit gespuit word met 2,4D gif. (Nexus beveel aan Round-Up 360 @ 5ml + 2,4 D Ester @ 4ml / 10L water. Vir groter gebiede kan Picloram + 2,4 D Ester gebruik word). MCPA blyk nie baie effektief te wees nie. Hoe gouer ons almal dié indringer bestry, hoe kleiner sal die omvang wees en hoe meer plek vir ons inheemse blomme.

Kom Kuier by Krismiskous Dit is alweer daardie tyd van die jaar waar almal begin dink aan Kersgeskenke en bederfies vir geliefdes. Daarom is dit wonderlik om te weet dat Krismiskous om die draai is. By hierdie unieke Kersmark kan jy jou sintuie bederf met al die mooigoed, smulgoed en tooigoed. Daar sal hierdie jaar baie meer uitstallers wees, elk met sy of haar eie unieke items en eetgoed. Geskenke vir mans, vroue en kinders sal te koop wees. Die koffiewinkeltjie sal sorg vir heerlike soetgoed, soutgoed en ook ligte middagetes. Heerlike koffie, tee en lekker koue drankies sal bedien word. Kom sit dus en ontspan heerlik terwyl u oë oor die stalletjies dwaal op soek na die perfekte geskenk of bederf-dingetjie vir uself. Die mark begin op Dinsdag 4 Desember om 9:30 en sal elke dag oop wees tot 18:00. Saterdag, 8 Desember, begin ons egter 9:00 en sal oop wees tot 14:30. Kredietkaart fasiliteite maak aankope nog makliker! Hierdie mark is ‗n geleentheid wat nie gemis mag word nie! Bring dus u man, vriendinne, familie en kinders en kom geniet die mooi en die lekker van Krismiskous 2012! U sal nie teleurgesteld huis toe gaan nie!!

Martha Mary (Mattie) HUMAN Born around 1922. Left to settle in Bulawayo, Rhodesia somewhere around 1955/56. Died in Bulawayo 1958. Anyone who may have known Mattie or known of her, please contact 082 7233 962.


21

Engels Huistaal as Vak Engelse Huistaal as vak vir Afrikaanssprekende gr 4-7 leerders? Is jou kind bo-gemiddeld taalvaardig? Wil jy hom/haar van jongs af die voorsprong gee om met selfvertroue in gesofistikeerde Engels te kommunikeer? As jou antwoord op hierdie vrae JA is, dan is daar opwindende nuus vir PHS se Afrikaanse leerdes in die intermediêre fase. PHS bied in samewerking met die Engelse Klaskomitee aan Engelsvaardige Afrikaanse Gr 4 -7 leerders vanaf 2013 die geleentheid om Engels Huistaal teen ‗n ekstra koste in die plek van Engels Addisionele Taal as ‗n vak te neem. Die koste verbonde aan die neem van Engels Huistaal vir Afrikaanssprekende leerders sal afhang van die hoeveelheid leerders wat belangstel – hoe meer leerders betrek kan word, hoe laer die koste. Let asseblief daarop dat hierdie koste addisioneel tot die normale skoolfonds is. Ouers van Afrikaanssprekende Gr 4-7 leerders wat hierdie akademiese uitdaging wil aangryp, word aangemoedig om onmiddellik met Sarah Grobler by 083 4159 920 in verbinding te tree vir meer inligting oor die kriteria en ‗n aanduiding van die finansiële uitgawe hieraan verbonde.

AME en Liebco se Gholfdag Mount Olive AME Kerk en Liebco Vleismark het 'n onvergeetlike gesamentlike gholfdag aangebied. Die geleentheid het ook saamgeval met die 60ste verjaarsdagviering van Liebco. Dit was 'n reuse sukses. Die dag is afgesluit met 'n gesellige onthaal en elke speler is, soos in die verlede, verras met 'n geskenk van sy keuse. 'n Hartlike woord van dank aan Liebco Vleismark, die hoofborg van die dag. Graag wens die AME Kerk om die volgende persone en instansies te bedank vir hulle mildelike bydraes: Boland Superspar, Dr Ben Smit, Dr Herold Truter, Joanie van Wyk, Magrieta van Rooy, MegaSave, Ellsforth Booyse, PA Contractors, Piketberg Apteek, Piketberg Bazaars, Piket Glas en Kaste, Pro Shop en Winkelshoek. 'n Spesiale woord van dank aan Louis Ntane wat die dag se verrigtinge gereël het en baie meer gedoen het om te sorg dat die dag suksesvol verloop. Die AME Kerk bedank ook elke deelnemer en ondersteuner wat van putjie tot putjie saambeweeg het asook diegene wat behulpsaam was met die voorbereiding van alle maaltye.

Piketberg Animal Welfare Piketberg Animal Welfare bedank Dup Meubels, Piketberg, vir hulle ruim bydrae wat dit moontlik gemaak het vir Minette Cronje, PAW-voorsitter, om die ―One Health for Pets‖- werkswinkel by te woon in Stellenbosch. ‗n Verskeidenheid onderwerpe en temas is bespreek wat Minette goed kan toepas in haar werksaamhede.

Jaar-Afskop Kuier Dans 2013 met ...

Tyd: Stoor open 18:00 – Dans begin 19:30 Koste: R100/volw. en H/skool leerders, R60/ L/skool leerders (N7 Piketberg na Citrusdal 24km regs op Porterville pad, 5km links by bord Klipfontein Boerdery/ Koelkamer 3km tot by stoor) KONTANTKROEG, HOTDOGS & HAMBURGERS BESKIKBAAR Eie glase, Piekniekmandjies en eie verversings ook welkom!! (Koelhouer fooi: R30) Verdere inligting en kaartjies: Anene Jacobs 083 306 8578 Riaan Carstens 083 447 8870 Monique Potgieter 084 479 7110 GEEN VIDEO KAMERAS EN/OF VIDEO-OPNAMES WORD TOEGELAAT NIE


22

Kix "besoek" Nigerië 'n Brugstap net buite Piketberg is gereël om die 101 jaar van Sendingwerk in Nigerië te vier. Die koek in die vorm van 101 wat die 101 jare van Sendingwerk in Nigerië simboliseer.

Elke Kix besoeker bring vuurhoutjieboksies elk met waarde van 50c om op die woord "Nigerië" te pak - dit het ten doel om die werk op Landbou- Evangelisasieen Mediese gebied in Nigerië te ondersteun.

Kix Speletjiesaand en Uitslaap

Die Kix besoekers aan Nigerië vorm twee rye op die brug by Nieuwedrif, ook 'n simbool van die "brugbou" tussen Suid-Afrika en Nigerië.

Kix het 'n prettige Minute-to-win-it Speletjiesaand gehou en daarna 'n avontuurlike uitslaap in die Kerksaal ten bate van die "Note vir Nigerië" projek. Baie dankie aan elkeen wat behulpsaam was om hierdie onvergeetlike momente vir ons kinders moontlik te maak. Op die foto is die meeste van die 83 oorslapers die volgende oggend op die kerktrap. Sien p23 vir meer foto‘s.

Die Kix'ers groet mekaar in die Igbo taal: Kedu Ka Di? Odi Mma! Foto: Martin Goosen Die Kix'ers moet almal by die Nigeriese dokters verbykom. Foto's: Marietha Goosen

Die besoekers hoor van die Landbou in Nigerië en gebruik Nagmaal onder die N7!

Harry Roux, Dux leerder 2012 van die Laerskool Afdeling. Sy foto in die Novemberuitgawe was baie donker.

Andrea Kotze ontvang die Anton van Rooyen trofee vir Beste Akademie prestasie in matriek.

Foto: Marietha Goosen

Foto: Sanet Ackermann


23

Kix Minute to Win It 50c-aand

Jomé Schreuder, Simoné van Deventer, Lomé Lambrechts en Alicia Skog.

André Coetzee en Alicia Skog by die Moertoertjie.

Bo konsentreer Christiaan Koch. Links speel Luan Skog met vuur. Foto‘s: Doretha Visser


24

Ds Stefaans sing by Vrouediens 'n Baie gesellige Vrouediens afsluiting is gehou waartydens Ds Stefaans Burden van Worcester opgetree het.

Liesl Kotze, Nadia Visser en Karin Oetler.

Marlien Smit, voorsitter, Ds Stefaans Burden van Worcester, gaskunstenaar, Selomie Roelofse, Hester Stapelberg en Alta Nelson.

Vanessa Luyt, Riana Smit en Gisela Lambrechts.

Anneke Bonthuys, Marieke Wessels, Heila Grundling en Inge Matthee was van die gaste.

Michael en Helene Smuts, die gesig(te) agter Herwinning. Foto‘s : Marietha Goosen


25

Kersfees Nagereg Hierdie poeding kan lank voor Kersfees gemaak word en in die vrieskas gebêre word. Bestanddele: 1 pakkie (200g) vingerbeskuitjies gekrummel 100g Brasiliaanse neute, grof gekap 12 glanskersies, gekap 60ml gekapte glansvrugte 60ml grof gerasperde sjokolade 30ml rum 250ml room, liggies geklits 500ml vanieljeroomys 500ml sjokoladeroomys 500ml aarbeiroomys Vars bessies vir garnering Metode: *Voer ‗n 28cm-broodpan met kleefplastiek uit. Gebruik genoeg sodat die plastiek oor die kante van die broodpan hang. *Meng die koekiekrummels, neute, kersies, glansvrugte, sjokolade, rum en room deeglik en hou dit in die yskas tot nodig. *Skep die vanieljeroomys op die boom van die uitgevoerde broodpan en maak gelyk met die agterkant van ‗n lepel wat in water gedoop is. *Skep die sjokoladeroomys bo-op en maak gelyk. *Skep nou die vrugte-en-roommengsel bo-op en plaas vir 30 minute in die vrieskas. *Skep laastens die aarbeiroomys op en maak gelyk. *Vou die plastiek wat oorhang, bo-oor om dit deeglik te bedek en plaas vir minstens 12 uur in die vrieskas. *Keer die nagereg op ‗n lang opdienbord uit en versier met vars bessies.

Herwin vandag en elke dag Elke keer wanneer jy glas herwin, help jy om ons koolstofspoor te verminder. Alle voedsel– en drankglashouers kan oneindig herwin word sonder om die suiwerheid, helderheid of die gehalte van die glas te benadeel. Alle alkoholiese en nie-alkoholiese drankglasbottels, glaskoeldrankbottels en glasvoedselhouers kan herwin word. Glas wat nie herwin kan word nie is windskerms en vensterglas, gloeilampe, spieëls, keramiekborde en -koppies, pottebakkerswerk, tuin-kleipotte, nie-deursigtige– en kristaldrinkglase en labatoriumglas. Papier wat herwin kan word is wit kantoorpapier, tydskrifte en boeke, koerantpapier en riffelkarton. Aluminium-koeldrankblikkies, kosblikkies, deksels van glashouers, aluminium foelie en foelieverpakking, krammetjies en skuifspelde, aerosol-blikke kan alles herwin word. Plastiek artikels soos huishoudelike skoonmaakmiddels, kos– en drankhouers en plastieksakke kan ook herwin word. Items wat nie herwin kan word nie is gelamineerde of waspapier, tetrapakke (vrugtesap of melkhouers), ponskonfetti, deurslagpapier of plakkers. Geen kleefplastiek kan herwin word. Alle glas en ander herwinningsitems moet in die deurskynende plastieksakke geplaas word en saam met jou huishoudelike vullis uitgeplaas word. Indien u meer wil uitvind van die herwinningsprojek in Piketberg kan u die Tegniese Departement van Bergrivier Munisipaliteit skakel 022 913 6000 of Major Scrap 022 913 1538.


26

Ons Dorp moet ‘n Naam en ‘n Karakter hê - Cobis Wilson Het ons ‗n straat naambord waar ons bly, ‗n posbussie in die heining voor, ‗n huisnommer en bly ons in ‗n buurt (met ‘n naam)? Piketberg stel my teleur, of verbeel ek my of het niemand haar nog ‗ingekleur‘ nie, of is dit net die Kerk wat hom probeer opdeel het, maar dan in Wyk nommers, of is dit nou letters. Wyk SN of VN of wat ookal (klink soos aartappel moer soorte). Nee dominee, as jy vir my ‗n WYK gaan gee is dit BRAND WYK, want in hierdie straat het ons al gereeld afgebrand, en hoop ek is die gewoonte nou afgeleer en vier of herinner ons ons aan die verlede net op hierdie manier. Die Munisipaliteit, of is dit nou die Kiesersafdeling, deel Piketberg op in Wyk 3 en Wyk 4. Nee wat, soos dit enige goeie dorp met goeie bedoelings betaam, moet ons ook buurtname hê. In ‗Piketberg Noord‘ (ek wil nie, en mag nie sê Lokasie nie), is daar selfs al name gegee deur sy trotse inwoners om onderskeid te tref (en mag ons ook by hulle leer) DERDELAAN, RIEMVASMAAK, ASLA, DIE KAMP (nie MeinKampf nie), en wonder ek of ons nie maar moet dink aan BUURTNAME nie, en is ONDERDORP en BODORP nie goed genoeg nie – ons het aanbeweeg. Op elke straat hoek is daar ook nie ‗n naam nie – weggeraak? Maar dan werk dit seker so hier waar ons nog omgee en ‗n GPS ‗n ‗persoonlikheid‘ het (dink ek), jy verwys na iemand wat ‗n indruk gemaak het (en wat soms lankal nie meer met ons is nie): ―oorkant daar waar oorle Giepie Draadkar gebly het‖ of ―daar waar Piet Swartkat Mattie se steekhaarhond doodgery het‖, of ―draai links by Duppie‖ (al is dit nou DUP MEUBELS). Maar, wonder ek, hoe verduidelik jy aan ‗n vreemdeling, veral nou dat die straat (ek ken nog nie sy naam nie), wat van die sirkel af op ry in PIKETBERG in, soveel keer skuins uit draai. As jy sê; ―ry reguit‖, vra hulle: ―maar die straat ry skuins‖. Ook, het ek al verskeie kere probeer verduidelik hoe om by my uit te kom, maar het elke besoeker nog by die ‗vellestoor‘ ingedraai, amper asof hulle dink dit is die laaste indraai PIKETBERG toe, al sê ek draai links by die sirkel. Seer sekerlik is alger nie so dom nie, hulle kon Elandsbaai, Lambertsbaai en Piketberg lees, en nie by Moorreesburg ingedraai nie (hoop ek, maar het hulle nie gesê nie – dalk skaam as hulle het), selfs N7, was nie moeilik nie. Maar dan weer, is ons so afhanklik van padtekens en naamborde, ons hoop as ons hom sien sal ons hom herken en neem nie veel in as iemand probeer verduidelik nie.

Huiswerk aangebied Vir ‗n dame (25 jaar—45 jaar), ‗n nie-drinker as inslaap-huiswerker in die Kaap. Kontak 021 706 4134 of 084 227 7800

SA en Boland Gimnastiek

Agter is Ané Nelson, 1ste Boland en SA kampioen en Marianne van der Merwe, 1ste Boland en 3de SA's. Voor is Janneke Slabber, 2de Boland en 9de SA's, Magdel Coetzee 1ste Boland en 2de SA’s en Marlizaan Coetzee 2de Boland en 4de SA's.

Jané Eksteen, 2de Boland 20ste SA’s, Yvona Louw, 1ste Boland 6de SA’s en Christine van der Merwe, 1ste Boland 13de SA’s. Voor is Shanda Whitfield, 3de Boland 25ste SA’s, Franzel Basson, 3de Boland 2de SA’s en Nicole Steyn 2de Boland 9de SA’s.

Jeugleierskap-konferensie Herschelle Benjamin Gr 11-leerder by PHS is gekeur om deel te neem aan die Zondesa Afri-Jeugleierskapkonferensie vanaf 3 Desember. Foto verskaf PHS se vier hoërskool-hoofleiers gaan deelneem aan die Jeugleiersimposium te Goudini-Spa in Desember.


27

Piketberg Museum kry SAMA toekenning Die Piketberg Museum het tydens die afgelope SAMA (Suid-Afrikaanse Museum Assosiasie) se nasionale konferensie in die Paarl 'n ―SAMA Publication Design‖toekenning ontvang vir die boekie "Piketberg: Die skuins dorp met die regop mense". Inskrywings van groot museums oor die hele Suid-Afrika is ontvang en uiteindelik is drie toekennings gemaak - aan die Durban Natural Science Museum, die Nelson Mandela Metropool se museum en die Piketberg Museum. Die boekie, wat in Februarie vanjaar deur die Museum bekendgestel is, en 'n kort oorsig bied oor die plaaslike geskiedenis, is die breinkind van Roché du Toit. Dit was haar laaste projek voor haar aftrede in 2011 en is gedoen in samewerking met Pieter Schoonees van die Wes-Kaapse Museumdienste en Linda Bester, ontwerp kunstenaar. Die boekie sluit aan by die Roché du Toit met die seruitstalling in die Sinagoge tifikaat wat by die 76ste oor Piketberg se plaaslike Nasionale Konferensie aan geskiedenis. Piketberg Museum Foto: Marietha Goosen toegeken is.

Biblioteek se Vakansieprogram Alle kinders tussen die ouderdom van 5 jaar en 12 jaar is welkom om die Biblioteek se vakansieprogram by te woon. Datum: 10 tot 14 Desember 2012 vanaf 14:00 tot 15:00. Enige volwassenes wat wil help is baie welkom en sal waardeer word. Gaan kry die vakansieprogramme by die biblioteek. Ons as personeel by die biblioteek wens u ‗n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Die Here se rykste seëninge oor u.

Piketberg Biblioteek personeel wens alle leerders ‘n Geseënde Kersfees toe. Kom kry asseblief vir julle lekker vakansie leesstof. Agter is Carmen van Wyk en Crazentia Strauss en voor Bettie Swarts en Gerna Croeser.

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Te midde van die bekommernis en opstand in ons land, bly daar altyd iets om voor dankbaar te bly. Cornberg Café is weer oop en die nuwe gesiggie aan bewind is Lydia Meyer van Koringberg. Lydia het in November die restaurant se deure met goeie gees oopgegooi en ons is baie trots om te sê, dat sy en haar span alreeds hul stempel by Cornberg Café afdruk. Hulle is geesdriftig oor die nuwe uitdaging en nooi almal om in te loer en magies vol te maak. Ons wens hulle alle voorspoed toe! Graag wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om almal wat my en Wesley getrou ondersteun het, te bedank. Ons is nie weg nie, ons het net ons fokus ‗n bietjie verskuif. Ons 1 jaar huweliksherdenking het ons totaal onkant betrap. Al wat ons in daardie jaar bereik het, was om saam hard te werk. Dit is wel belangrik, maar die eerste jaar van ons huwelik het verbygesnel sonder dat ek en Wesley die genot ervaar het om mekaar as jonggetroudes beter te leer ken. Dit is ‗n wonderlike vooruitsig om die Kersseisoen in te gaan met die wete dat ek en Wesley hierdie Kersfees tyd vir mekaar en ons families sal hê. Geseënde Kersfees aan almal. Mag julle die Here se groot liefde en genade in hierdie spesiale tyd ervaar.

Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is) Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00 Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


28

Plofstof Fun Run tbv Smile Op 31 Oktober het Plofstof ‗n liefdadigheids Fun Run aangebied ten bate van Operation Smile. Meer as 250 mense het ingeskryf en het die strawwe roete van 5km en 2,5km onderskeidelik, aangedurf. Van klein na groot het dit bygewoon. Na afloop van die wedloop is ‗n hele klompie gelukkige trekking pryse uitgedeel. ‗n Fantastiese bedrag van R4 000 is ingesamel. Baie dankie aan Ané Venter en haar span wat hard gewerk het om dit moontlik te maak. Dankie ook aan almal se bydraes en deelname. ‗n Spesiale dankie aan almal wat ‗n skenking gemaak het. Julle het gemaak dat die dag ‗n groot sukses was. Foto: Sanet Ackermann

Alston Swarts SS Dux Alston Swarts, matriekleerder van Steynville Sekondêr, met die 2012 Dux toekenning en die trofee vir Toppresteerder in Matriek. Alston is reg om volgende jaar in 'n B.Com rigting te studeer aan die Universiteit van WesKaap. Alston was vanjaar sy skool se VRL Voorsitter. Wel gedaan, Alston en sterkte met jou toekomsplanne! -Red. Foto: Marietha Goosen

DCA Kunsleerders is Tops

Oud PHS’ers blink uit Jacques in Junior Bokkiespan Jacques Rossouw oud-leeder van PHS is opgeneem in die 0/20 Junior Bokkies oefengroep van Dawie Theron vir die kies van die Junior Bokkiespan wat volgende jaar aan die Internasionale 0/20 toernooi gaan deelneem in Engeland. Hy is as heelagter in die groep en hulle oefenkamp is in Stellenbosch.

Drikus na USSA toernooi Drikus Kirsten is opgeneem in CPUT se tennisspan wat gedurende Desember gaan deelneem aan die USSA Toernooi in Pretoria.

Die Coetzee Ateljee spog vanjaar met sewe leerders wat ingekom het vir Santam se Nasionale Kinderkuns Kompetisie. Voor is Heino en Renate Coetzee, Alna Dippenaar en Wilbur Stephan. Agter is Toni Wessels, Faith Blanckenberg en Carina Smit. Dit is Renate se derde agtereenvolgende jaar en Wilbur se tweede agtereenvolgende jaar wat hul hierdie prestasie bereik. Baie geluk. Daar was nasionaal hierdie jaar 6500 inskrywings waarvan 300 gekies is om Suid -Afrika se kinderkuns internasionaal te verteenwoordig. Hierdie leerders is deel van die 300. Toni Wessels is voorwaar ‘n wenner aangesien haar kunswerk, foto links, ook gekies is as een van die top dertien wat in die Santam 2013 almanak gaan verskyn. Baie geluk Toni, ons is baie trots op jou. Foto: Sanet Ackermann


29

PHS Atlete onder Top 20 Tydens Riebeek Vallei se Top 20 Atletiekbyeenkoms in November, was PHS se atlete tops. Ag skole het deelgeneem en Anke Schreuder, D12jr was met haar uitsonderlike gewigstoot prestasie die beste atleet van die dag. Haar afstand was 10m. Janét Stander en Janke van Schalkwyk was ook onder die 20 beste atlete vir die dag.

Sonbrille  ―Fasion‖  Polarized

Anke Schreuder, Janét Stander en Janke van Schalkwyk. Foto: Sanet Ackermann

 Sport

Wiskunde Uitdaging Vier van PHS se leerders het deelgeneem aan die Wiskunde uitdaging wat onlangs by Steynville Sekondêr gehou is. Twee graad 8-leerders en twee graad 9leerders het deelgeneem aan die geleentheid wat bestaan het uit verskillende rondtes waaraan 24 skole deelgeneem het.

Kerkstraat 45, Piketberg (langs Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh

PHS vs Eltham College

Stephan Louw (3de plek), Wickus Bronkhorst,(1ste plek), Hugh Benson en Yvona Louw. Foto: Sanet Ackermann

Kersboom van HOOP Baie kinders in Piketberg het nie die voorreg om ‗n geskenk op kersdag oop te maak soos baie van ons nie. Dit is juis die dag in ons Christene se lewe waarna ons van uitsien, heerlike kalkoen, tong, slaaie en trifle tot ‗n geskenke. Daarom is daar by Boland Superspar en Shoprite ‗n boom met name van kinders en hul kerswense. Hierdie kinders is deur Steynville Primêr geidentifiseer. Ons wil u aanmoedig om ‗n naam af te haal en die present te koop, toe te draai en weer terug te plaas by die winkel. Hierdie geskenke sal dan op Donderdag 20 Desember by Steynville aan die kind oorhandig word. Navrae kan by 083 657 9615 gerig word.

PHS het onlangs gasheer gespeel vir ‘n toergroep van Engeland. PHS was die wenspan. Die beste bouler, Nathan Williams (links) het 5 paaltjies geneem vir slegs 13 lopies en Dewald Kirsten (regs) was beste kolwer met 107 lopies. ’n Week later het Dewald 130 lopies aangeteken teen Curro Privaatskool van Langebaan. Dewald het gedurende 2012 meer as 500 lopies aangeteken.


30

Rolbalklub Nuus 250 Challenge Op Saterdag, 20 Oktober 2012, het Piketberg Rolbalklub ‗n baie suksesvolle 250 Challenge aangebied. Die gedagte rondom die uitdaging was dat die totale ouderdom van die span nie meer as 250 mag wees nie. 10 Spanne van regoor die streek het ingeskryf. Die gekombineerde span van Piketberg, Lagoon en Paarl het met die eerste prys weggestap, Porterville tweede, Moorreesburg derde en Paarl vierde. Piketberg Rolbalklub wil die volgende borge bedank wat bygedra het tot die sukses van die dag, deurdat hulle pryse geborg het. Praktika (1ste prys), Dup Meubels, Boland Superspar, Liebco Vleishandelaars en Potgieter Vervoer. Piketberg Rolbalklub kan ook spog met twee Boland Cspelers. Marianna Kirsten en Paulina Dockendorff het Boland by die Ontwikkelingstoernooi teen SWD verteenwoordig. Marianna was die Skip van die span en Paulina die 3de. Hulle het twee van hulle drie wedstryde gewen en bygedra tot die Boland C damesspan se verowering van die trofee. Beide die spelers sal nou aan verdere proewe deelneem vir die kies van ‗n Bolandspan wat teen SWD en WP sal deelneem. Piketberg Rolbalklub wil alle belangstellendes nooi om ‗n paar balle te kom rol. Die klub het balle tot hulle beskikking, so u kan net opdaag. Ons speel Dinsdae en Donderdae van 16:00 tot 18:00. Indien u werk, kan u ons skakel en dan maak ons ‗n spesiale reëling vir u. U kan Marianna Kirsten 072 0716 060 of Sonia Richter 0845891332 kontak. Almal oud en jonk is baie welkom.

Die wenners van die dag met Dave Ferguson van Praktika wat die eerste prys geborg het.

Marianna Kirsten, middel, saam met Porterville se span wat tweede gekom het. Foto‘s verskaf

Perdespring Kampioenskappe

Die ruiters van die Clintonianne Perdryskool op Moorreesburg het aan die WP Junior Perdespring Kampioenskappe deelgeneem: Lara Coetzee van Moorreesburg (90cm), Amanda Dick (afrigter), Tristen Petzer van Moorreesburg (70cm, 4de), Johan du Toit van Piketberg (70cm), Ana Coetzee van Moorreesburg (70cm, 2 x 3de), Dane van Niekerk van Malmesbury (70cm, 2 x 2de)en Elizma Schoeman van Riebeeck-Wes (80cm). Foto: Verskaf

Wes-Boland Tennis Drie PHS-leerders het Wes-Boland verteenwoordig by 'n tennis toernooi in Worcester.

Hanneke Augustyn, Juné van der Westhuizen en Lourens Laing saam met hul afrigter, Coreen van Wyk. Foto: Sanet Ackermann


31

Boland Superspar spog met ’n nuwe Platter spyskaart! Cocktail bread rolls

Cheeseboard

Cold meat platter

Delightfully decadent

VRA ASB BY DELI VIR MEER INLIGTING OOR ONS NUWE DELI PLATTERS, IDEAL VIR JAAREINDFUNKSIES ,VERJAARSDAE EN KERSFEES! Tel: 022 913 1163/4 ELMARIE

Sweet Tooth Platters


32

Deel van die gemeenskap, in diens van die gemeeskap! BOLAND SUPERSPAR verras die klein kinders by Mother Pearl met speelgoed terwyl hulle hard aan die oefen is vir hul jaarlikse funksie. Tannie Toni het belowe om die foto in die groot koerant te plaas.

BOLAND SUPERSPAR Wens vir Mev Adams geluk met haar 90ste verjaarsdag op 7 November by Wittewater. Mev Adams is die oudste lid in die Wittewater gemeenskap.

Late night Christmas Shopping Vrydag 21 Desember 2012 TOT 22:00 Ray van Rooy— Kersprojek

R1200 KOOPBEWYS WENNER: Onthou om jou til strokie in die boks te gooi by ontvangs om dalk een van ons gelukkige wenners te wees van ‗n R1200 koopbewys. Baie geluk aan die Grobler gesin wat die November kontant bewys wenner is. Hier ontvang Thomas die bewys.

Neem ‗n kindjie se naamstrokie op die kersboom en maak ‗n kerswens waar deur die present toe te draai en in ons Boland Superspar trollie te plaas. Ray van Rooy het die projek op die been gebring en ons glo saam met Spar sal ons kinders se harte bly kan maak die Kersfees!

Onthou elke Vrydag is Markdag by Boland Superspar!


December 2012