2 minute read

Seun se Sielstuin

Seun Kitshoff is die afgelope drie maande hard besig om 'n ware sielstuin vir hom en sy mense uit te lê. Dit verg baie moed, krag en deursettingsvermoë om klip en ander toebehore aan te dra, die ontwerp te doen en die tuin uit te lê. Seun se liefde en trots is sigbaar in elke fyn detail. Omdat dit nie veilig is om geliefdes se grafte te besoek nie, het Seun sy eie herinneringstuin in 'n aparte kampie gemaak. Daar kan hy sit, dink en gesels met sy oorlede Ma, swaer en honde. Foto's: Marietha Goosen

Advertisement

Op die Rakke van die Biblioteek...

In die hemel eet 'n mens MIELIEPAP

deur Maretha Maartens

Hierdie boek wat in 1992 uitgegee is, is 'n jeugverhaal wat ook as Voorgeskrewe boek in skole gedien het. Die leser reis saam met 'n Joodse tienerseun, wat sy sterwende ma in SuidAfrika by haar familie los, terug na Duitsland na sy pa en gestremde suster. Dis die Tweede Wêreldoorlog en duisende Jode word deur die Duitsers, olv Adolf Hitler, na konsentrasiekampe weggevoer om daar 'n wrede dood te sterf. Deur die sintuie van Daniël Rosendorf, sy dagboek aantekeninge en die vriendskappe wat hy bou, beleef die leser 'n fraksie van die intensiteit van die antisemitiese beweging onder die Nazi's. Heel gepas kom Leeskringlede bymekaar in die Joodse sinagoge in Kerkstraat, wat die Joodse kultuur in Piketberg oor jare versinnebeeld. Marié Ehlers stel lede bekend aan die tesis deur Leila R Bloch oor die lewe van Hannah-Reeve Katzeff-Sanders en ook die interessante skooltema deur Shani Coetzee, wat onderhoude bevat met Joodse inwoners van Piketberg. Albei hierdie werke is beskikbaar by die Museum.

Bespreking deur Marietha Goosen.

Besigtig ons kwaliteit vakmanskap en produkte by Hoërskool Piketberg, waar ons onlangs nuwe shadeports geïnstalleer het. Kontak ons gerus as u ook ‘n kwaliteit shadeport wil installeer.

New Product Available:

Shutters

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC

Capitec Bank, Spaarrekening

160 6488 552

Takkode 470010

Van Niekerk en Krupp personeel

Piket Implemente (1933-2023): 90 Jaar van Genade

Toe Hennie van Niekerk en Sam Krupp in 1933 “Van Niekerk & Krupp” in Eendekuil gestig het, sou hulle nooit kon droom dat hulle familiebesigheid na 90 jaar nog sou floreer/bestaan nie. Na nege dekades van geloof, genade en die samewerking tussen ‘n Piket span, die Suid-Afrikaanse boer en familie, staan Piket Implemente vandag 90-jaar oud en trots. Om die besigheid se 90-jaar herdenking te vier, stel Piket Implemente graag ‘n video reeks, “90 Jaar van Genade” bekend. Dié video reeks speel af op die YouTube kanaal, “90 Jaar van Piket Implemente”, en vertel die geskiedenis van die besigheid, sy werknemers en die Suid-Afrikaanse boer. Skakel in by YouTube en kyk saam met ons die “90 Jaar van Genade” herdenking van Piket Implemente. Elke maand verskyn daar ‘n nuwe video – so hou ‘n ogie op Piket Implemente se Sosiale-Media om op hoogte te blyvir meer inligting en maak seker om by die YouTube kanaal aan te sluit.

Werknemers wat by Van Niekerk en Krupp werksaam was is agter Davie Adams, Pieter Diedericks, Fanie Langeveldt, James Somers, Isak Adams, Gert Joubert, Jakobus Langeveldt en Ben Adams. Voor is Hugo Ehlers, Carel van Niekerk, Michiel van Niekerk, Ben Grobler, Jannie Kroese en Koos Burger.

Marietha Goosen