9 die piketberger okt 2016

Page 5

5

Charné doen M in Agronomie Charné Viljoen (neé Augustyn), oud PHS-leerder is op die oomblik besig met haar MSc graad in Agronomie by Stellenbosch Universiteit, maar is gestasioneer in George by die Outeniqua Navorsingsplaas. Die proewe wat sy daar doen handel oor die optimalisering van stikstofbemesting op kikuyu en raaigras weidings, spesifiek vir die Suidkaap area. Sy kyk na die strategiese gebruik van stikstofbemesting om oorbemesting en nadelige gevolge op die omgewing te voorkom. 100 studente is gekies om na die “School of Advanced Science on nitrogen cycling, environmental sustainability and climate change” te gaan. Van daardie 100 is 50 gekies van regoor die wêreld en die Charné verduidelik haar taak. ander 50 van Brasilië. Charné was een van hulle. Die skool/ werkswinkel het plaasgevind in São Pedro, Brasilië vanaf 31 Julie tot 10 Augustus. Charné het lesings bygewoon van bekende navorsers en kennis opgedoen oor stikstof, landbou, volhoubaarheid en globale verandering. Hulle het verskeie projekte gehad wat in groepe gedoen is en waarna die groep dan hul uitkomste aan die res van die studente voorgelê het. Dit het gegaan oor bv stikstof sirkulering en beskikbaarheid, sosiale-ekonomiese kwessies en openbare beleid rakende stikstof.

Nuwe Somersvoorraad Beskikbaar Charné, middel voor en haar groep van die Afrika kontinent, waarin hulle take/projekte gedoen het. Foto’s verskaf

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.