Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 9

www.piketberg.com

Oktober 2016

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Jaarlange Liefdesfees

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se Mej Lente...p3 Charné doen M...p5 Matrieks van 1961...p7 Kansa Toekenning...p12 LMS Jeugsentrum...p16 ACVV hou Sekretaresse Dag...pp30,31 Oupa en Ouma Dag...p34 PHS Erekleure...p36 Wow Wenners...p37 Piket-Bo-Berg MTB pp40,41 CareerClub ColourRun...p42 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Martijn Jacobs en Liebré Eigelaar met hul troue in Brummen op 17 September 2015, links en in Piketberg op 17 September 2016, regs. Foto’s verskaf Sjoe, twee troues in een jaar! Die eerste verbintenis was 17 September 2015 tussen Liebré Eigelaar en Martijn Jacobs in die hof in Brummen en die onthaal by Martijn se ouers Kees en Karen Jacobs se kleinhoewe Molenhof naby Oeken. Die tweede huweliksverbintenis het op 17 September 2016, in die NG Kerk op Piketberg plaas-

gevind en die partytjie te Achtervlei by Liebré se ouers, Kobus en Deidré Eigelaar. 17 September 2015 was dan ook Martijn se oupa, Sjef van Bergen, se 80ste verjaardag en sy 81ste verjaardagviering was met die tweede huweliksbevestiging. Liebré en Martijn was bevoorreg om Karen en Deidré se Vervolg op p4...

 022 913 1939  022 913 2404 www.piketberginfo.co.za


2

Redaksioneel My St.7-Boekprys Ek bevind my by my ouerhuis en begin lees 'n boek - voorin is 'n blaadjie geplak in Olivettitikskrif: Margaretha S Cronje, boekprys vir Wiskunde in st.7. Vir 'n wyle fassineer die Wiskunde my, maar dis van minder belang. Dis die donateurs wat my aandag trek. Die boek is geskenk deur Mnr en Mev JJ Willemse. Oom Jan, onthou ek, is so 12 jaar gelede oorlede, vir tannie Anna sien ek minstens een maal 'n jaar by die see. Dit tref my opnuut dat daar verskeie mense oor die jare is, insluitend my ouers, wat in my lewe 'n belegging gemaak het - nie net skenkers van boeke nie, maar ook deur insette op minder tasbare wyses soos aanmoediging en bemoediging, die gee van 'n kompliment, onvoorwaardelike liefde, die aanhou glo in my en my vermoëns, opregte belangstelling en voorbidding. Maak vandag 'n belegging in iemand se lewe en laat 'n erfenis na.

Liefde Marietha

André Kennedy skryf… Baie dankie aan Die Piketberger!! Ja dit is met trots dat ons dorp vandag ‘n privaat onderhoudende webadres Piketberg Info het wat internasionale aandag trek. Danksy die gemeenskap wat bereid is om daarin deel te neem. Sonder die borge sou dit ook nie moontlik gewees het nie. Piketberg Info het die afgelope maand ‘n rekord aantal besoekers ontvang en dit verbeter net. Ons kry geweldig baie web besoekers van VSA en VK [Europa]. Die verrassing is egter dat Kenia derde op die lys van buitelandse besoeke op ons webadres is. Hulle was ‘n kortkop na die VK. Ek is baie seker Die Piketberger het ‘n groot bydrae tot hierdie besoekersgetal bygedra. Die doel van www.piketberginfo.co.za is om as inligtings enjin te dien vir inwoner en besoeker. Ons sien vreeslik uit daarna om hierdie webadres uit te bou tot die verbruiker se behoefte. Enige leser wat interessante, leersame inligting het om met ons te deel is welkom om met ons te skakel om dit te plaas. Rig gerus ‘n skrywe aan info@piketberginfo.co.za. Elzaan Trautman skryf… Ek lees elke maand Die Piketberger aanlyn en dit maak my hart bly om te kan sê: “Ek was ook in PHS!” Dit is regtig ongelooflik om te sien hoe almal groei en daardie ‘amazing’ prestasies behaal. Baie geluk met elke prestasie. Sterkte aan elke leerder met die toetsreeks wat voorlê, veral aan die Matrieks. Dis nou julle laaste stukkie, so gee absoluut net julle bes en niks minder nie. Julle sal wel die vrugte pluk aan die einde. ‘Pray hard. Work hard. Trust God.’ Onderwysers en ouers: Ek wens julle ook alle sterkte toe. ‘Keep on motivating them, they need it during these times.’ #TrotsePHSer@JulleIsYsters   

Redaksioneel geborg deur

Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Dr. Herold Truter 022 913 1630 / 022 913 2925 Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

Berigte/Advertensies IN 18 Oktober 22 November

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

VERSKYN 27 Oktober 1 Desember

Francois Erik van Niekerk Barbie Breunissen

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

5 Junie 1962 - 18 Oktober 2012 Ons mis jou. Liefde Ma, Pa en broer


3

Mej Lente Gekroon

Lente-Aand met Jak

Mej Lente PiketBo-Berg 2017 is Erica Mbendeni. Die geleentheid is deur die Morawiese Kerk aangebied. Foto verskaf

Vrywilligers Benodig

Huis AJ Liebenberg benodig vrywilligers wat kan help om op Donderdae inkopies te doen vir die inwoners asook saam met hulle speletjies te speel. Dit sal so ‘n uur van jou tyd in beslag neem. Kontak Carine 022 913 1228 Indien jy kan help.

Jak de Priester tree op by die Vrouediens se Lenteaand in Piketberg NG Kerksaal - op die foto is hy saam met Lea de Vries, Ilze-Mari Coetzee, Jana Truter en Nicola Coetzee. Foto: Marietha Goosen

Internasionale Toerismedag 27 September

KENNISGEWING Getroue Total Winkelshoek kliënte

Hiermee vra ons verskoning vir die ongerief wat veroorsaak word deur die bou van die nuwe vulstasie. Ons is tans in die fase waar die voorste petrolpompe uitgehaal en leeggemaak is. Dit beteken dat ons die spaartenke agter die Total gebou as dienspunte vir ons kliente oopgestel het. Ons beloof om nog steeds die beste klientediens te lewer soos wat die fasiliteite ons toelaat. Die boubedrywighede sal nog vir ongeveer drie maande voortduur, waarna u kan uitsien na GROOT winskope, SPESIALE diens en UITMUNTENDE smake en geure vanuit ons nuwe GROEN Total-stasie, ‘n Mugg en Bean koffiewinkel en ‘n Spur Grill-and-Go restaurant. Daar sal ook ‘n KFC wees en dit is alles maar net die eerste Fase van hierdie opwindende N7 ontwikkeling. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons sien uit daarna om u te sien! Ons wil graag die publiek op hoogte hou en vra dus as u enige vrae het, kontak ons gerus by die Winkelshoek Hoofkantoor. 022 913 1092


4 Vanaf p1... ouers, dus twee oumas en twee oupas by die troue teenwoordig te hê. Soos die bruidegom se ma meld: ‘dit voel nou rondt’ en die twee troues het die sirkel van Brummen in Nederland tot Piketberg in Suid-Afrika voltooi. Familie en vriende het heerlik Saterdag in die kerk se tuin gekoek en gekuier en die familie en jonges het daarna partytjie gehou op Achtervlei. Met Martijn se ooms en tantes, gesin en vriende al die pad van Nederland, was Piketberg weer Hollands! Sanet Eigelaar van Koekedoorfaam, het die troukoek gebak met `n Nederlandse tema van Amsterdam huisies, tulpe, Delft teëltjies en klompe in Delft bo-op die koek. Die fotograwe was Piketberg se eie Edó Photography en Charlemagne Olivier, `n bekende mode-fotograaf en `n neef van die bruid. Wat `n heerlike jaarlange feesviering van twee jongmense se pragtige liefdesverhaal…


5

Charné doen M in Agronomie Charné Viljoen (neé Augustyn), oud PHS-leerder is op die oomblik besig met haar MSc graad in Agronomie by Stellenbosch Universiteit, maar is gestasioneer in George by die Outeniqua Navorsingsplaas. Die proewe wat sy daar doen handel oor die optimalisering van stikstofbemesting op kikuyu en raaigras weidings, spesifiek vir die Suidkaap area. Sy kyk na die strategiese gebruik van stikstofbemesting om oorbemesting en nadelige gevolge op die omgewing te voorkom. 100 studente is gekies om na die “School of Advanced Science on nitrogen cycling, environmental sustainability and climate change” te gaan. Van daardie 100 is 50 gekies van regoor die wêreld en die Charné verduidelik haar taak. ander 50 van Brasilië. Charné was een van hulle. Die skool/ werkswinkel het plaasgevind in São Pedro, Brasilië vanaf 31 Julie tot 10 Augustus. Charné het lesings bygewoon van bekende navorsers en kennis opgedoen oor stikstof, landbou, volhoubaarheid en globale verandering. Hulle het verskeie projekte gehad wat in groepe gedoen is en waarna die groep dan hul uitkomste aan die res van die studente voorgelê het. Dit het gegaan oor bv stikstof sirkulering en beskikbaarheid, sosiale-ekonomiese kwessies en openbare beleid rakende stikstof.

Nuwe Somersvoorraad Beskikbaar Charné, middel voor en haar groep van die Afrika kontinent, waarin hulle take/projekte gedoen het. Foto’s verskaf

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... September was Erfenismaand en ek is effens spyt dat ons dit gereduseer het tot ‘n braaidag. Miskien het ons nie. Miskien het ons net toegelaat dat die media dit doen. So lief soos wat ek vir braai is, weet ek ons het soveel meer om te vier van ons erfenis as net ons braaigewoontes. My viering was ‘n baie spesiale kuier saam met een van ons oudste Hanlie Linde inwoners om haar stories te waardeer. Dit het só gebeur: Toe ek haar aflaai by haar huis in Sandstraat 21, Piketberg het ek ‘n groot glimlag op my gesig en ‘n diep vreugde wat deur my hele wese strek. Haar naam is Gracie Basson. Sy is 92 jaar oud. Ek het die ongekende voorreg gehad om ‘n koppie tee saam met haar te drink. Toe ek haar drie dae terug voor die munisipaliteit kry, waarheen sy gestap het om haar water- en ligterekening te betaal, nooi ek haar vir tee en waarsku dat ek haar gaan vra wat sy nou op 92 weet wat sy wens sy reeds op 46 geweet het. Sy vra of sy my dadelik moet antwoord, want sy weet! Ek lag en halt haar tot ons drie dae later sit met ons koppies tee… Met die stop voor Corner Stone vra sy wie my leer bestuur het. Sy sal ook nog graag wil leer. In die agterste teekamer vang haar oog dadelik die rooi geruite skotse handsak en sy begin vertel. Dat sy reeds drie keer oorsee was. Twee keer Engeland en een keer Skotland ook. Twee keer as gas van Miss Nancy en haar suster Margaret by wie sy gewerk het in Kenilworth en een keer op uitnodiging van haar penvriendin Mary. Een keer per boot; twee keer per vliegtuig. Ons sukkel om iets te kry op die spyskaart wat sy mag eet. Sy eet nie hoendereiers nie en trek weg met die storie wat dit verduidelik. Ook nie wit brood of suiker nie. Sy het ‘n ooglopende heldeverering vir haar ma wat op 86 oorlede is. ‘n Merkwaardige vrou wat baie swaar gehad het in haar lewe. Hulle is vier susters waarvan Tannie Gracie die oudste is. Toe sy ses was, het die oudste drie saam met Oompie Mentoor Piketberg toe gekom. Oompie Mentoor was haar ma se broer. Sy vrou was Tannie Treintjie, maar sy was nie gaaf nie. Toe Oompie Mentoor die eerste keer in Kenilworth kom van Piketberg af het hy sy hoed gelig vir al die mooi vrouens in die winkel. Tannie Gracie se hele lyf lag as sy vertel hoe hulle hom gespot

Te Koop Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer. Bees en Koedoe droëwors R210.00 per kg.

Hanlie Linde en Gracie Basson Foto verskaf het, omdat dit winkelpoppe was wat hy so plegtig groet! Die vriendelike kelner bring ons tee en ontbyt en Tannie Gracie vertel hoe geirriteerd sy is met vandag se jongmense wat so maklik kla. Self moes hulle beesmisvloere smeer en op hul knieë skrop. Vandag se kinders is so bederf sê sy… hulle druk net knoppies. Sy klik haar tong. Tannie Grace was nooit getroud nie en het geen kinders nie. Haar ma het gesê ‘n mens trou eers en dan slaap jy. Daar was ‘n Skot met ‘n kielt wat vlerk gesleep het, maar hy wou eers slaap en moes vort. Ek vra of sy kinders mis en sy antwoord dadelik: “Ek is baie lief vir kinders en het maar my werkgewer se kinders behandel soos my eie. En hulle is dit vandag nog”. Sy wou nooit iets doen om haar ma seer te maak nie. Sy’t van jongs af gesien hoe swaar haar ma kry. Dan onthou sy kere dat haar ma koerantpapier voor in haar skoene moes sit om papnat tekkies kerkgereed te maak. Sy vertel: op haar 90ste verjaarsdag was byna die hele Piketberg deur haar huis om gelukwensings te bring. ‘n Klein seuntjie kom staan langs haar en vra hoe sy dit reggekry het om so oud te word. Sy sê hy moet net gehoorsaam wees aan sy ouers en geen vuil tale gebruik nie. Ooee! sê hy. Is dit al? En hardloop by die deur uit. Ek vra of sy iets berou uit haar lewe. Ja, sê sy. Dat sy nooit ‘n boek geskryf het oor haar ma se lewe nie. Ek moedig haar aan om dit steeds te doen. Sy eet een van die vier bruin toebroodjies en vra ‘n “doggy bag” vir die res. Ja, die slaaitjie ook. Ek vra wat sy uit die lewe geleer het. Haar antwoord is eenvoudig: Dien die Here met dankbaarheid; werk hard en gee blomme vir jou ouers terwyl hulle nog lewe. Sy sê haar ma het hulle kerk toe gedra toe hulle nog klein was… en dit is glashelder dat die Here haar hele lewe is. Wat ‘n vrou! Wat ‘n vreugdevolle siel! Wat ‘n belewenis! Net soos haar naam ‘n toonbeeld van God en Sy genade. Mag baie van ons nog die voorreg hê om talle teetjies te geniet saam met die Tannie Gracies in ons lewens. En mag ons ons gedeelde erfenis aanhou deel van geslag tot geslag. (Lees die volle verhaal oor Tannie Gracie Basson op (www.dieavonturevanhanlie.blogspot.com )

Betrekking Aangebied Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Huishulp benodig. Kook, geen was en stryk. Ure 8h00 – 15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


7

Klas van ‘61 hou Reünie Die Matriekklas van 1961 aan die Piketberg Hoërskool het, op versoek van die klasmaats wat die vorige reünie in September 2011 bygewoon het, besluit om nou elke vyf jaar ‘n reünie te hou en, anders as voorheen, nie die reünie in die dorp te hou nie, maar op ‘n plek waar die klasmaats ongehinderd die naweek in mekaar se geselskap kan deurbring. Daar is toe op Club Elani langs Die klas van 1961 is voor van links, die Misverstand Miemie Strydom (Walters), Sarel Marais en Wilna Boonzaaier (Van Dam besluit en die groep van Niekerk); Middel Lenie Smith (Kotzé), Joan Vlok (Louw/Koko), Helmine sowat 20 klasmaats en gades/ Dreyer (Grobbelaar) en Espé Tredoux metgeselle het en agter Japie van Schalkwyk, Jan reeds vanaf Vry- Botha, André Mouton en Ben Kotzé. dagaand begin aankom. Gesels was aan die orde van die dag en tussenin is daar vir aandete heerlik aan gebraaide snoek op die stoep by die Club gesmul. Van slaap was daar maar min sprake en hierdie geselsery oor die skooljare en lewensjare daarna het vroeg Saterdagoggend hervat. Die stories van weleer was ‘n openbaring – al die gebeure in die skool en koshuis is in besonderhede vertel en wat toe as kattekwaad gereken was en net op “na die Hoof se kantoor vir drie van die bestes” uitgeloop het, het menige klasmaat asemloos gelaat! Saterdagaand se hooffunksie was een groot plesier – behalwe vir die heerlike geregte, van die voorgereg, die steakete tot die nagereg, was die gasvryheid en diens ook puik en die vertoon van foto’s uit die skooldae en vorige reünies op die Groot Skerm, was insiggewend en ook lagwekkend. Die Hoofdogter van PHS, Ané Nelson, vergesel van ‘n skoolmaat, Lea de Vries, het ons selfversekerd toegespreek en uitgewy oor die nuwe aktiwiteite/ontwikkelings by die skool in 2016. Die sekretaresse, Riana Smit, het verskoning aangebied vir die skoolhoof, Marius Scholtz, wat ‘n seminaar in Port Elizabeth moes bywoon, en het sy veelseggende boodskap aan ons voorgelees. Op haar beurt het die onderwyseres, Susan Oud-hoofseun, Jan de Vries, ‘n oorkonde namens Botha en PHS aan die klas, aan die oudhuidige hoofdogter, hoofseun, Jan Botha, oorhanAné Nelson. dig en daarna het dié groepie

ons voorgegaan in die sing van die skoollied. Dié groepie het ook die skoolvlag saamgebring en dit, tesame met ons “amptelike” banier, het as agtergrond gedien vir die neem van die klas- en groepfoto’s en ook herinneringe aan die jeugjare van die klasmaats by die skool gebring. Die aand se aangename gees en gebeure is afgesluit met die tradisionele toespraak deur die oud-hoofseun, die bedankings en gepaste eerbetoon aan ons afgestorwe klasmaats, veral dié wat ons sedert 2011 ontval het. Alles is deur ‘n lid van die personeel van die Club op film vasgelê. Sondagoggend het ons vir oulaas saam ontbyt by die Club geëet en toe is daar rustig, dog moeilik, van mekaar afskeid geneem en huiswaarts gekeer – Jan Botha ontvang vir al die klasmaats kan die voldie oorkonde van gende vyf jaar nie gou genoeg Susan de Vries. verbygaan nie! Die klasmaats wil ook hul dank betuig aan die verskeie persone en instansies wat, op een of ander wyse, hetsy finansieel óf deur hul ondersteuning met die voorbereidings vir die reünie en dan in die besonder die personeel van Club Elani en die personeel van PHS, bygedra het tot die suksesvolle afhandeling van hierdie baie belangrike mylpaal in die lewens van ons as klasmaats en die mooi herinneringe aan die reünie. Berig en foto’s: Riana Smit lewer ‘n Espé Tredoux toespraak.


8

Sê DANKIE AAN AL ONS BORGE VAN

Piketberg Midas GM Isuzu Perdeberg Motors Kaap Agri Piketberg Nexus24 Dunlop Piketberg Winkelshoek Overberg Agri Moravia Piketberg Bergfietsklub Liebco Viking - A Eksteen Viking - Kobus Boonzaaier N7 Tyres De Glebe 100% Juice JJ Verkoeling A-Z Supplies Buildt It/Fox Electro Trentyre Moorreesburg Fruitlips Weskus Meganisasie Wesgraan Boland Superspar DelanieJoosteConsulting Efficient Advise Action Ford Citrusdal Potgieter Transport Kwagga Skietklub Eben Burger Nulandis

Dankie aan ons boere deur wie se gronde ons gery en gebruik het: Peertjies Liebenberg Paul Burger Francois Eksteen Liebenbergs van Wolwekuil Danie Loubsher Stephanus Richter

Hennie Visser Petrie Smit

Die volgende PIKETBERG CHALLENGE is op SATERDAG 26 Augustus 2017    

PRET VIR DIE HELE FAMILIE NUWE ROETE NUWE UITDAGINGS UITSTALLINGS EN LEKKER PRYSE!

INSKRYWINGS EN NAVRAE

Annelle 073 031 4922

diepiketuitdaag@gmail.com


9 PAW’s personality of the month

René se Liebe Skildery ‘n Besoek van ‘n makelaar het onlangs ander wonderlike gevolge gehad. Toe Johan Rust se makelaar, Mark, van die Paarl, hom besoek het, was hy verstom oor sy dogter René se kunswerke. René sou net die regte een wees om sy dogter, Liebe, te skilder vir ‘n verrassing vir sy vrou. Mark skryf…” Woorde kan nie altyd die boodskap oordra oor hoe mense regtig voel nie. Ons het Liebe gesien, soos deur die soveel komplimente gekry oë van René Rust. vir die skildery wat jy vir Foto verskaf Liebe gedoen het. Jy is ‘n geweldige spesiale mens. Jou positiewe aura en vriendelike glimlag is aansteeklik. Ek het besluit om vir jou ‘n gedig te skryf om dankie te sê vir Arnelle se geskenk.”

NOENOE PAW’s star personality for the month of September. After numerous efforts to have Noenoe spayed (she was either carrying a litter, giving birth to a litter or lactating) she was at last sterilised on 20 July. A few weeks later however, she was diagnosed with TVT (a cancerous tumour due to a sexually transmitted disease carried by male dogs). The easy way out was to have her put down, but Piketberg Animal Welfare felt she deserved a second chance in life. She received chemo treatment once a week for four weeks and Katinka Morrisson diligently took her to Piketberg Animal Hospital for her appointments. Noenoe was given a clean bill of health on 9 September and her owner, Nita, is overjoyed. A big thank you to Dr Andre van der Merwe and his staff. Any donation towards her treatment is welcome, please contact Tina at 022 913 1148.

Glimlagkind met kwas in hand; Jou gawe laat die vlam in ons harte brand; Kleurvol, vriendelik, opreg en astrant; Hou aan met jou skeppings uit kreatiewe verstand; Mag jy vele se lewens opnuut aanraak; Deur die pragtige skeppings wat jy maak; Jesus is lief vir ons net soos ons is; Onthou dit vir altyd, want dit is gewis.

Drs P Burger, PS van Zyl, ME van Zyl, KL Paterson & RB Murray Ons verwelkom Dr Katherine Paterson en Dr Ross Murray wat aangesluit het by ons praktyk. Dr Etienne van Zyl het die vorige jaar sy nagraadse studies in Beroepsgesondheid voltooi en afgesien van die normale mediese dienste sal ons voortaan ook ‘n omvattende beroepsgesondheidsdiens lewer:     

Indiensnemingsondersoeke (Pre-employment medicals) Uitdienstrede ondersoeke (Exit medicals) Mediese monitering van werkers (Medical surveillance) Werksverwante gesondheidsrisiko bepalings in werksplek (Health risk assessments) Alle meegaande spesiale ondersoeke soos bv. longfunksies en gehoor toetse indien verlang word.

Kontak Dr Etienne van Zyl by Sel: 083 290 6426 Praktyk: 022 921 2725


10

VLV-Nuus Tydens die September ledevergadering het die lede wenke en raad van die takbestuurder van Eerste Nasionale Bank gekry. Sonet Muller het tydens haar oorhoofse lesing aan lede en gaste verduidelik hoe om gedurig bedag te wees op internet-sekuriteit (moenie vreemde e-posse oopmaak of antwoord nie); kies ‘n goeie wagwoord wat nie maklik gebreek kan word nie en moenie dit laat rondlê nie. Moet nooit inligting of toestemming gee as jy telefoonoproepe van “Windowspersoneel” ontvang nie. Wanneer jy die OTMmasjiene gebruik, maak Nicoline Brown en Sonet Muller. seker die sleutelbord is Foto: Esna Brand skoon en nie bedek met ‘n vreemde lagie plastiek nie; kyk goed rond of daar nie vreemde voorwerpe in die toetse ingedruk is nie of dalk ‘n snaakse kamera versteek is nie. Moenie met vreemde persone praat terwyl jy jou transaksie afhandel nie. Sonet Muller is slegs drie maande in Piketberg ENB, vanaf Ceres en nooi publiek uit om met haar kontak te maak indien u enige navrae het. Nelda van Zyl, Piketberg Toerisme-beampte het die gehoor breedvoerig ingelig oor al die geleenthede wat daar vir entrepreneurs in toerisme bemarking bestaan. Die rede waarom baie van die toeriste wat ons omgewing besoek, afgetree is en gewoonlik in groepe reis; is omdat hulle geld het om in die omgewing te spandeer. Sy vertel ook van wonderlike toeriste-aantreklikhede in die Sandveld. Elke inwoner van ons dorp is ook op ‘n manier ‘n advertensie vir ons omgewing; so kan ons dan vir toeriste waardevolle inligting verskaf.

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Bonjour Piketbergers Ses maande gelede het ek nooit gedink dat ek so baie sou leer en sien in só ’n kort tyd nie. Op 24 Augustus het ek en die familie na Drielandenpunt gegaan. Dit was ongelooflik om by die hoogste punt van Nederland te staan asook om België, Duitsland en Nederland te sien. Vrydag, 26 Augustus was ek vroeg oggend oppad Parys toe. Ek het om 14:20 in Frankryk arriveer. Die warmste tyd van die dag was om 15:36 - 'n lieflike 36°C. Ek het besluit om my eerste dag in Parys te gebruik om die omgewing te absorbeer en rustig te verken. Half sewe die aand het ek 'n bootrit vanaf Beateaux Mouchees op die Seine geneem. Op die bootrit het ek SuidAfrikaners ontmoet wat toevallig saam met my die bustoer gedoen het. Hulle het in Moorreesburg gewoon en sê hulle gaan kuier gereeld in Piketberg. Ons het onder andere Pont Alexandre III, Museé D' Orsay, Notre Dame Cathedral en Ile de la Cité gesien en natuurlik die Tour Eiffel. Ile de la Cité is een van twee eilandjies in Parys en is waar Parys ontstaan het. Dag 2 het om 07:30 begin met 'n Franse ontbyt in die hotel. Die buschauffeur het ons by die Opéra afgelaai. Vandaar het ek en die Suid-Afrikaners vir die eerste keer die metro gevat na Museé du Louvre. By Arc de Triomphe moes ons 284 trappe klim tot bo. Dit was die moeite werd, want die uitsig is asemrowend van bo af. My gunsteling deel was om die Champs-Elysées en die Tour Eiffel te sien. Daarna het ons na die Eiffel Toring gegaan. Ek het maar met die hysbak na die boonste verdieping gegaan. Dit is absoluut asemrowend om Parys vanaf 276m te sien, en dit met 'n 360° uitsig. Dag 3 het ons na Basilique du Sacré-Coeur en Moulin Rouge gegaan. In die Basiliek kan die publiek aansluit by die diens of net die Basiliek kom bewonder van binne af. Al die 'kunswerke' in die Basiliek is gemaak van mosaïk teëls, wat iets besonders was vir my. Ek het my Parys trip afgesluit met ystee en 'n Vanille Macaron op 'n terras in Boulevard De Clichy, naby Moulin Rouge. "Paris is not a city, it's a world".

Volgende VLV-vergadering

Leefstylvergadering 20 Oktober. Skryf solank in jou dagboek neer. Frits van Ryneveld (Darling Sweet) is die gasspreker. Ons gaan leer hoe lekker toffies gemaak word. Afsluiting Vrydag 11 November by Nieuwedrift. Almal welkom – enige navrae – Nicoline Brown 082 477 0665

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Foto kloksgewys: Eiffel toring vanaf die Seine; Franse ontbyt; Basilique du Sacré-Coeur; Arc de Triomphe. Thanks to everyone who contributed to the PAW Spayathon on 14 September. 30 dogs and cats were spayed.


11


12

Hoogste KANSA Toekenning

Ina Janse van Rensburg Berig en foto: Narina Carstens

Ina Janse van Rensburg van Redelinghuys ontvang die Nasionale Mariëtte Loots "Friends For Life"-toekenning vir 2017. Dit is 'n geweldige eer wat haar te beurt val. Hierdie toekenning is die hoogste waarderingstoekenning wat 'n KANSA-vrywilliger kan ontvang. Sy het die toekenning by die Nasionale KANSA Jaarvergadering in Johannesburg op 15 September ontvang. Die KANSA Weskus Streekskantoor wil haar hartlik gelukwens met die toekenning en haar bedank vir meer as 15 jaar lange onbaatsugtige diens aan die organisasie en gemeenskap.

Oktober is BorskankerBewustheidsmaand

Wys jou ondersteuning deur Pienk te dra op Vrydag 21 Oktober 2016

Dubbele Springbok

In die September-uitgawe van Die Piketberger het ons oor PHS se drie rugby Springbokke berig. Ons wil ook noem dat Josua (Joos of Poens) Prinsloo ook Springbokkleure in Atletiek verwerf het. Hy was SAP en Noord-Transvaal rekordhouer in hekkies en Springbok in paalspring. Joos, inlas regs en tweede ry van agter, derde van links, is een van drie sportmanne in die land wat dubbele Springbok is vir rugby en atletiek. Foto’s: verskaf

Kersboom Wense 17 Desember 2016 is dit die 17de jaar wat die kersfunksie vir behoeftige kinders van Piketberg en omgewing plaasvind. Die funksie is daarop gemik om presente en party packs aan 1200 geidentifiseerde kinders te gee. Hulle ouderdom is 2- 13 jaar.Dit sal hierdie jaar weer op Rhinopark in Loopstraat plaasvind.

Hoe kan u help… U kan ‘n geskenk of party pack borg

1. By Boland Superspar en Shoprite is ‘n kersboom met kinders se name en wat hulle soek vir kersfees 2. Haal ‘n naam af koop die item draai dit toe en plaas dit weer onder die boom 3. Of koop ‘n geskenk, lekkers, chips of sappies 4. Of as u huis of garage skoonmaak dink aan die kinders Wat soek die kinders gewoontlik; rugbybal, sokkerbal, netbal, karre, poppe, skryfbehoeftes, toiletware, vliegtuie, krieketstel, teesstel, trekkers, remote karre, rugsakke, lorries of wat u ook al wil gee

U kan dit afgee by Calendula straat 23 of Bergrivier Munisipaliteit. Skakel Ray van Rooy vir meer besonderhede 083 657 9615 / 022 913 6054

Dankie vir u omgee vir ons kinders


13

Dunn’s Castle Self Catering R399, Velddrifpad, Piketberg Vir besprekings kontak Lesley 022 913 2470 of 063 864 1452 Conrad 022 913 3065 of 079 032 5530 We Cater for all functions: Weddings / Conferences / Year End functions and Birthday Parties Self Catering Units * B & B * Restaurant and Bar Baie goeie kos en waarde vir u geld. 5 x Toekennings gewen in 2015 vir “Hospitality Industry”. Live Music elke Saterdagaand – gratis Restauranture: Maandag – Vrydag vanaf 17h00. Saterdag en Sondag vanaf 12h00.

Castle Inn Pub en Restaurant Hoofstraat 17 Piketberg (oorkant Poskantoor) Maak eerste week in Oktober 2016 oop. We cater for all functions – Jaareind funksies / Partytjies ens. Oop vir Ontbyt en Middagetes. Live Music Ure: 11vm – laat Kontak: Conrad – 079 032 5530 / 022 913 3065 Lesley – 063 864 1452 / 022 913 2470

Mrs Bean Coffee Shop Langs Spur op N7 Ure: 7vm – 4nm

Geskenke ~ Tuisgebakte Brood ~ Ontbyt - heeldag beskikbaar Bak op bestellings ~ Tuisgemaakte Konfyt Skakel Conrad – 079 032 5530 / 022 913 3065 of Lesley – 063 864 1452 / 022 913 2470


14

Antonia Lesch sluit haar laaste hoofstuk af deur Leana van Niekerk Vandag wil ek ’n laaste huldeblyk aan my vriendin; Antonia Lesch bring, na haar afsterwe vroeg in September op die ryke ouderdom van 83 jaar. Party ken haar as “Juffrou Lesch”, haar familie ken haar as “Aunty Tony” en haar tydgenote noem haar “Tony”. Vir my was sy: “Antonia”; want hoekom sal ons nou mure tussen ons bou as ons vriendinne kan wees, het sy ses jaar terug gesê, toe sy aan my aangewys is as my “aanneem tannie” deur die ACVV-kantoor. Wyle Antonia Lesch Antonia het omtrent al oral gebly, maar het afgetree in Goedverwacht, waar die “Weg” tydskrif selfs al ’n volblad foto van haar tuin so agt jaar gelede in hul tydskrif geplaas het. Sy het geweet van tuinmaak. Dis verseker. Het omtrent elke plant en blom op die naam geken en geweet hoe om dit te plant en te versorg. Woonagtig in Piketberg, Huis AJ Liebenberg vir bejaardes; vir die laaste ses na sewe jaar, maar Antonia Lesch was nooit oud nie. Sy was jonk van gees met ’n positiewe ingesteldheid op die lewe. ’n Bietjie meer omtrent Antonia: Antonia was ’n digter in murg en been. Sy was ook in haar dae ‘n kranige stapper, vandaar kom die meeste van haar gedigte se temas vandaan. Sy was selfs deel van ’n span wat staproetes oopgekap en uitgewerk het en klippe reggepak het vir toekomstige stappers. Sy is ‘n oud-Hoërskool Naaldwerk onderwyseres en was dus ‘n kranige naaldwerkster, wat gespesialiseer het in “needle point art”. Sy was mal oor lees en het letterlik enige boek waarop sy haar hande kon lê, verslind en soms ook ’n studie daarvan gemaak. Dan is dit nog nie al nie. Antonia het ook geskilder: veral plante, voëls en beelde uit die mooie natuurskoon vanaf foto’s wat meeste geneem is tydens haar vele avontuurlike staptogte. ’n Mens kon Antonia altyd deur ’n ring trek, selfs in haar pajamas in die nag. Sy het altyd haar naels geverf met die mooiste en helderste kleure, altyd mooi geklee en versier met juwele en netjiese skoene. Lief vir stories vertel Een van Antonia se skilderye uit haar jong dae. Was helder van gedagte, kon ’n storie van ver af gaan haal, redelik afwyk van die oorspronklike storie en weer eindig met waar sy begin het. Selfs ek kon nie so goed soos sy konsentreer nie. Sy was verbysterend goed met wat sy gedoen het. Self het Antonia geen man of kinders gehad nie. Maar agv haar pos as onderwyseres, was sy ’n ma vir baie met al haar wyshede en opleiding wat sy gegee het. Ons innige simpatie aan haar familie en vriende wat sy agterlaat. Ons almal gaan haar vreeslik mis. Sy laat ’n leemte in ons samelewing agter.

Ek sluit af met een van haar gedigte: Tyd om te lag Dink nie aan winter, en donker wat wag. Noú moet jy léwe, Noú moet jy lag. Huil nie oor gister, en sing soos die wind. Lag met die lewe, maar — lag soos ‘n kind. *** Rus in vrede, Antonia.

Tuinbouklub leer oor Fynbos

Delina Fox, spreker middel, saam met die Tuinbouklublede, Biddy Langenhoven, Jackie Ferguson, Lenie Otto en Moira van der Westhuizen wat die vergadering gereël het waar Delina aan die lede stap vir stap verduidelik het hoe om steggies van fynbos te maak. By die volgende vergadering gaan hul kyk wie se steggies het begin worteltjies maak. Jackie en Moira hou voorbeelde vas van die steggies wat gemaak is. Die volgende vergadering: Woensdag 12 Oktober in die biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:00, vergadering begin 09:30. Spreker is Jan Tolken. Tema: Knap jou tuin op vir die Lente. Produkte wat op plante gebruik kan word en plante gaan verkoop word. Gaste is welkom om die vergadering by te woon. 'n Donasie van R30 word vereis van gaste.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


15


16

LMS Jeugsentrum

Huis AJL Nuus

Vooraansig van Jeugsentrum

Andries Baadjies en Sally Engelbrecht besig om ‘n kombers te maak om te verkoop ten einde hulle sakgeld aan te vul. Andries is verlam agv ‘n rugby besering en Sally agv beroerte. Baie dankie aan "Engel" wat hul bystaan met donasies vir wol asook die toerusting waarmee hulle werk.

Op die h/v Hoof- en Loopstraat was al 'n paar besighede sedert Van Zyl's Garage toegemaak het - oa Weskus Meganisasie, Die Glaskasteel en ook Die Familie Kombuis...... Wanneer jy weer daar verby ry, neem kennis dat die gebou nou bekend staan as die LMS Jeugsentrum, 'n inisiatief deur iemand wat omgee vir ons jongmense. Kom ons begin by die begin. Een van Seder Begrafnisdienste se voormalige ondernemers, 'n knap jongman met baie potensiaal, word begrawe op 9 Augustus 2015 ná 'n messteek by een van Piketberg se Tavernes. Sy werkgewer, Dirk Davids, wat toe reeds geruime tyd met die gedagte van 'n jeugsentrum loop, besef dat die saak dringende aandag verg. Hy kry sy visier op die gebou, laat registreer dit as 'n nie-winsgewende organisasie, laat die kombuis fasiliteite goedkeur, en binne 'n rekordtyd is die Sentrum begin met die besonderse naam, LMS Jeugsentrum, as nalatenskap van Lu-Jeune Magnus Smit. Dirk se droom vir die Jeugsentrum is die skep van 'n fasiliteit om kinders lewensvaardighede, musiekvaardighede en handvaardighede (skills) te leer. Die aktiwiteite vir seuns wat reeds aangebied word, is die maak van speelgoed en ornamente uit draad, houtwerk en kralewerk. Vir dogters die vaardighede van hekel, brei, broodbak, koekbak en kralewerk. Projekte wat vir beide seuns en dogters aangebied word, is opleiding in musiek en skilder asook uitstappies in die veld en na die see. Al hierdie aktiwiteite is gratis. Die Jeugsentrum sal self onderhoudend wees. Dirk se doelstellings met die Sentrum is baie beslis: 1. Die skep van 'n platform vir kinders om geleenthede in die lewe te kan benut. 2. Deur aanbieding van opvoedkundige programme die gedagtegang van kinders positief te kan rig. 3. Aanbied van bewusmakingsprogramme om die verskillende dwelms in omloop te kan identifiseer en die gevare wat die gebruik daarvan inhou. 4. Kweek van 'n meer gehoorsame kind wat 'n positiewe bydrae tot sy/haar huishouding sal lewer, asook aan die breë gemeenskap. Alle ouers word uitgenooi om betrokke te raak, om u kinders aan te moedig om die Sentrum te besoek en met voorstelle en planne na vore te kom. Alle inwoners van Piketberg het die geleentheid om dmv u betrokkenheid by en ondersteuning van die Sentrum, 'n positiewe bydrae te maak, in plaas daarvan om met afgryse te kla oor die agteruitgang en nikswerdheid van ons kinders en jongmense. Persone of instansies wat wil help met die aanbied van programme, kan Dirk Davids skakel by 083 7266 917. Is dit toevallig dat LMS ook dit kan beteken? Lewensvaardighede, musiekvaardighede en handvaardighede (skills) -Red.

Die dames van NG Kerk Vrouediens het die inwoners bederf met heerlike eetgoed op Lentedag. Baie hartlik dankie dames. Foto’s: Marie de Villiers

Vleisfees


17

GOEIE DAG ALMAL !!! Piket Glas & Kaste Soos voorheen geadverteer doen ons nog al die besigheid soos voorheen.  Ingeboude kaste op aanvraag.  Alle ander houtwerk plus voorsien van hout.  Voorsien plus installeer van glas en spieëls.  Voorsien plus installeer van Taylor blindings volgens mates.  Verskaf van aluminiumvensters en -deure.  Verskaf van houtvensters en -deure (nie Swartland). Plus nog vele meer. Kom loer gerus in by die nuwe perseel (ou Van Zyl’s garage se werkswinkel).

Nou ook oop op Saterdae van 08:00 - 11:00

OP DIESELFDE PERSEEL

G & D Pneumatics en Hydraulics Ons bied die volgende dienste aan:

    

Herstel en diens van hidroliese en pneumatiese komponente. Opmaak van hidroliese pype (velddiens beskikbaar). Verskaffing van hidroliese en pneumatiese komponente (bv. motors, pompe, silinders ens). Druktoetse van compressor eenhede. Sertifisering “load holding equipment’’.

Kontak gerus vir Deon Pienaar 079 824 1325 Beskikbaar 24/7


18

Seun Verjaar

Seun Kitshoff het sy 48ste verjaardag op 6 September by CornerStone gevier. As Professionele Bode op Piketberg ken Seun ‘n ieder en elk op Piketberg en vrolik menigmaal iemand se dag op met sy sprankelende persoonlikheid. Foto: Marindé Saayman

Nog ‘n drieling vir Piketberg

In die tydskrif, Kuier, van 7 September verskyn 'n pragtige artikel oor Martin en Crazentia Strauss wat eersdaags 'n drieling ryker word. Die Engelbrecht drieling, Frikkie, Maans en Ponkies, wat na 54 jaar steeds in die wyke van Piketberg en Eendekuil woon, was sover bekend, die eerste en enigste drieling van Piketberg.

Faith in Huisgenoot

Die gesinstydskrif, Huisgenoot, het op 16 September Die Coetzee Ateljee besoek, om 'n artikel oor Faith Blanckenberg te doen. Die artikel sal eersdaags verskyn.


19 Johan en Annelize sê Totsiens Annelize Myburgh skryf... Johan is aangestel as takbestuurder van die Karakoel Landboukoöperasie op Nieuwoudtville. Hy het reeds daar begin werk. Ek vertrek die einde van die Johan en Annelize Myburgh maand. Foto verskaf Baie dankie aan al die Piketbergers vir jul vriendelikheid en liefde. Ons het baie lekker gebly en sal julle mis. Baie dankie dat julle ons besighede ondersteun het. Ons waardeer dit. As julle kom blomme kyk, kom maak 'n draai. Ek ken nog nie my nuwe adres nie, so vra maar net waar die koöperasiebestuurder bly!

Goeie huise gesoek vir Hondjies Hierdie hondjies is in Steynville gebore. Die eienaar soek goeie huise vir hulle. Die hondjies word gratis aan goeie eienaars gegee. Kontak Katinka Morrison 082 829 6918

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

20 Jaar Gelede - Oktober 1996 Voorblad: Melanie Eksteen van PHS is die skoukoningin en Simone Jansen van SSS is die eerste prinses. Laerskool Eendekuil nuus: 'n Dans word gehou op die maat van "Rhapsody". Die leerlinge plant Peperbome. In samewerking met Citrusdal Gholfklub en die Rooibosteeraad, word 'n gholfdag gehou. Die st. 2 en 3-klas onderneem 'n opvoedkundige toer na Kaapstad. PHS plant 'n Peperbasboom en Wildeperskeboom. Pierre Steenkamp, Anette van der Spuy en Sanet van Niekerk verteenwoordig Wesland by die Wes-Kaapse Skoolhoofdevereninging. Sanet van Niekerk wen 'n bergfiets in 'n gelukkige trekking nadat sy die Citrusdal Sitrusfees se Bergfietsmarathon voltooi het. PHS se leerders doen puik in Worcester Kollege se Tikspoed Olimpiade: Marnell Duvenhage, Adri Conradie, Heslene Burger, Martiana Burger en Melanie Eksteen. Jacobus Swart is die algehele wenner in die WesBolandstreek in sy afdeling vir klavierspel by die Eisteddfod Pryswennerskonsert. Madelie Burger sal voortaan Die Piketberger namens die skool bedryf. ADVERTENSIE: Koop die Camry 200i vir R950 per maand by Loxton Motors.

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


20 besmeerde handjies aandurf nie. Die ma was beslis vir ‘n tyd genees daarvan om Kaap toe te gaan met ‘n “winkelonfikse-kleinspan”. deur Jannie Lategan

“Winkel fiks”

‘n Ma met twee kleingoed merk onlangs op dat haar kinders beslis nie “winkelfiks” is nie. Watter pragtige nuut geskepte woord in Afrikaans wat alles sê wat die woord bedoel. Sy en haar gesin het op ‘n Saterdagoggend die wriewelende geroesmoes van kosreuke, oosterse geure, negosiewinkels en wat nog meer by die gewilde kos- en kunsmark in Woodstock deurgestap. Twee kinders al slepende, een aan elke hand, met kortkort ‘n sug van: “Kan ons nie maar net huis toe gaan nie!” Om mee te begin, was dit ‘n totale chaos om parkering te kry in ‘n besige Woodstock se agterstraatjies, waar “karparkeer-aanwysers” ten bloede toe met mekaar baklei, wie nou eintlik die motor gaan oppas en vooraf ‘n “deposit” wil hê. Met die motor “veilig” geparkeer en half en half oorhandig aan die gekose motorwag, word die straat aangedurf wat hulle uiteindelik voor die ingang bring van die Biscuit Mill. “My mens, daar was nie mense nie, daar was nou vir jou mense”. Hulle het sentimeter vir sentimeter vorentoe beweeg, tussen smouse en “bargain shops”. Vir die ma as buitengewone kunsliefhebber, het ‘n heerlike vooruitsig om nuwe idees te sien en straks ‘n winskoop raak te loop, skielik in ‘n nagmerrie ontaard en vir haar gevoel jy word teen mure vasgedruk deur die Kaapse Suidooster. Sy kyk na die moontlikheid van omdraai, maar dit blyk haas onmoontliker as om maar net voort te stu, sonder om juis iets raak te sien. Soms word jy vasgedruk teen ‘n winkelvenster en dan kom daar nogtans een wat teen alle moontlikhede en wil in, tussen jou en die venster inbeur om verby te kom. Die hande is nat gesweet om die twee belangelose sieletjies se handjies vas te hou, want sy sal hulle nooit weer vind as hulle haar vandag hier ontglip nie. Die geure Mediterreense, Spaans, Grieks en van elke land te bedink ter wêreld. Asof die hopelose gevoel van magteloosheid haar gedaan maak, sien die saamslepende twee ‘n draairoomys stalletjie en kan hulle nie met ‘n hard genoeg geluid dit uitbasuin dat hulle daarvan wil hê nie. Met een kleintjie tussen die bene vasgeknyp, die ander een aan die hand probeer sy bedremmeld na geld vir die roomys te soek. Met roomys en al word die tog weer op ‘n slakkepas voortgesit. Geen sig in einde nie en dan die teleurstellende ongeluk …..een se roomys het tussen die skare gehaak en afgeval van die “cone”. Dis weer somme maak en tegniek uitwerk om die oorblywende roomys in twee te deel, sodat elkeen ten minste vir ‘n klein tydjie tevrede is. Geen sig is in einde nie. In hierdie dolle gemaal en haar doelgerigte poging om net uit hierdie Biscuit Mill te kom, word die woord gebore: “My kinders is nie “Winkelfiks” nie. Dit is seker vir dieselfde rede dat daar op die uitnodiging van ‘n trou kaartjie staan: “Geen kinders asb nie” ……ja, hulle is na alle waarskynlikheid en sonder uitsondering ook nie “troufiks” nie.” Uiteindelik word die uitgang raakgesien en kan sy met die spannetjie reguit motor toe beur…net om daar naby begroet te word met ‘n stuk of nege “karwagte”: “Mamma, ek het jou mos belowe dat ek mooi na jou kar sal kyk”, “wag djy! …..jy was nie eens naby daardie blou kar nie”. Dit kos weereens somme maak om te besluit wie nou eintlik die fooitjie moet kry. Nodeloos om te sê, haar motor was wit. Die Kaap bly ‘n uitdaging in menige opsigte en jy kan beslis nie groot inkopiesentrums met roomys

VLV bring Tops en Tags Maresa Smit en Ezette Mouton was twee van die VLVlede wat Tops en Tags (plastiese bottelproppies en broodtags) gebring het vir die rolstoel projek. Baie dankie aan ons lesers wat getrou bymekaarmaak. In die Biblioteek is ook 'n houer hiervoor. Kontak Teresa van Niekerk by 083 539 5048 vir meer besonderhede.

Ballet Eksamentyd Biddy Langenhoven se balletskool doen op 28 September hul Classical Ballet Cecchetti Society eksamens. Hier oefen Carli Rossouw en Janke van Schalkwyk terwyl Biddy Langenhoven, links en Alison Müller toekyk. Foto: Sanet van Schalkwyk

Matriek Eksamens

Die NG-gemeente van Piketberg het die voorreg om vir 57 van die 220 matrikulante gedurende die eindeksamen te bid. Vir u gerief word die eksamenrooster wat betrekking het op Piketberg Hoërskool (PHS) en Steynville Sekondêre Skool (SSS) gegee: RTT (Prakties): Wo 19 Oktober; Engels Taal: Wo 26 Oktober; Rekeningkunde: Do 27 Oktober ; Siviele Tegnologie: Do 27 Oktober; Wiskunde 1 en Wiskundige Geletterdheid 1: Vr 28 Oktober; Wiskunde 2 en Wiskundige Geletterdheid 2: Ma 31 Oktober; Ekonomie 1: Di 1 November; Geografie 1 en 2: Wo 2 November ; Afrikaans Taal: Do 3 November; RTT Teorie: Do 3 November; Fisiese Wetenskappe 1 (Fisika): Vr 4 November; Fisiese Wetenskappe 2 (Chemie): Ma 7 November; Ekonomie 2: Di 8 November; Engels Voorgeskrewe: Wo 9 November; Lewens-wetenskappe 1 (Biologie): Vr 11 November; Visuele Kuns: Vr 11 November; Lewenswetenskappe 2 (Biologie): Ma 14 November; Ingenieursgrafika en Ontwerp 1: Ma 14 November; Verbruikerstudies (Huishoudkunde): Di 15 November; Afrikaans Voorgeskrewe: Wo 16 November; Ingenieursgrafika en Ontwerp 2: Wo 16 November; Geskiedenis 1: Vr 18 November; Besigheidstudies: Di 22 November; Musiek Teorie: Di 22 November; Musiekbegrip: Wo 23 November; Geskiedenis 2: Do 24 November; Engels Opstelle: Vr 25 November en Afrikaans Opstelle: Ma 28 November.


21

Swartland Spesialiseer in die volgende: * Diens en Algemene Herstelwerk * Elektroniese Diagnosering op Voertuie * Fender Benders * Oordoen van Enjines * Draaiwerk * Welding * Pressure Test * Block Reboring * Sleutelprogrammering * Cylinderhead Skimming en vele meer

Skimming Special : R200 Petroltoppe R220 Dieseltoppe Werksure: Maandae - Donderdae : 08h00 - 17h00 Vrydae: 08h00 - 16h00


22


23


24

NG Gemeentekamp by Sanddrift

‘n Sielsverrykende, na-aan-die-natuur, ontspannende naweek - dit is wat die NG gemeente se kamp in die Sederberge by Sanddrift was. Tyd saam met ander oulike mense in die teenwoordigheid van God, terwyl niemand op horlosies en selfone kyk nie, was net die regte terapie vir besige gemeentelede. Die tyd is goed benut om die rykdom van die omgewing te ontdek. Ons gaan weer, wie gaan saam? Foto’s: Sean Parr, Erica Kretschmer, Mariska Wolfaardt

Vroetel Voorskote

VLV-modelle met Vroetel Voorskote vir Alzheimer pasiënte: Alida Walters, Marlize Rossouw, Lenie Otto, Christa Myburgh en Maresa Smit.

Christa Burger, Christelle Brand, Carin Rossouw en Riana Richter. Foto’s: Marietha Goosen

Piket Boere hou ramveiling

Die Piket Boere se ramveiling is op 10 Augustus in die perdesaal op Eendekuil gehou. Die NG Kerk Eendekuil se Vrouebediening het die spyseniering gedoen. Op die foto is William Kitshoff en Ds Gert Kok. Foto: Marié Grobbelaar


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26

Op die rakke van die Biblioteek Rewolusie van die hart deur Adriana Faling Bespreking deur Marietha Goosen Die skrywer Adriana Faling is ‘n bekende gesig op televisie en selfs op voorblaaie van tydskrifte. Sy was in sepies soos ‘7deLaan’ as Yvette, in ‘Binnelanders’ as Nanette, in ‘Egoli’ as Tessa, in ‘Onder draai die duiwel rond’ as Dot, in ‘Song vir Katryn’ as Ans, in ‘Hart van Staal’ as Claudette en in ‘Geraamtes in die kas’ as Zelda. Sedert 1998 is sy en haar man betrokke by die ondersteuning van sendelinge in groot dele van die wêreld asook die vervolgde kerk. In haar outeursnota agterin die boek, praat sy uit die hart oor hulle betrokkenheid by Christus se kerk. Hulle is betrokke by die mobilisering van die kerk in Suid-Afrika deur instansies soos inkonteks bediening om die vervolgde kerk en sending te ondersteun. In 2015 is haar debuutroman, Rewolusie van die Hart, op die kortlys vir die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir Debuut-Christelike/Teologiese publikasies in ‘n amptelike taal van SA. Die verhaal “Twee vroue, Twee lande, Een stryd” is die subtitel van die boek. Die skrywer bedank haar dogter vir die subtitel. Ek lei af dit het vir haar die storie perfek opgesom. Die twee vroue-hoofkarakters is Saleh (Sally) Samir in Egipte en Salomé (Sally) Pretorius in Suid-Afrika. Albei is christene en albei stry ‘n godsdiens- of geloofsverwante stryd. Dit word vir elkeen ‘n innerlike rewolusie – een wat vir elkeen ‘n radikale hartsverandering tot gevolg gaan hê. Die verloop van die verhaal Dis ‘n spannende verhaal wat die leser boei om klaar te lees. Die parallelle verhaal van twee vroue aan twee uiterste punte van die Afrika kontinent, Suid-Afrika en Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Egipte speel af ten tyde van die rewolusie in Egipte. Saleh en Ashraf Samir bekeer hulle tot die Christelike geloof en daarom spreek sy familie ‘n fatwa oor hulle uit. Hulle moet vlug vir hulle lewe, moet gevolglik van mekaar skei en so ontvou ‘n spannende verhaal van die swanger Saleh, wat afhanklik raak van die goedheid van ander mense wat bereid is om hulle eie lewe in gevaar te stel, saam met die vrees dat sy haar man en/of haar ongebore kind kan verloor. Dit word ‘n reis van geloof en vertroue in haar nuwe Verlosser. Salomé Pretorius woon in Pretoria, haar man is ‘n sendeling met die roeping om die mense van die vervolgde kerk in Egipte te dien. Hoewel dit ‘n edel beroep is, maak dit nie Salomé se lewe maklik nie en moet sy vir lang tye alleen alles tuis behartig. Saleh se stryd twv die Evangelie is saam met haar man, Ashraf. Salomé is meestal in stryd met haar man, Petrus. Deur ‘n goddelike sameloop kruis Saleh se pad met dié van Petrus. Hulle wêrelde word met mekaar verweef teen die spannende agtergrond van die rewolusie wat hom afspeel in Egipte in 2011. Die boek speel af vanaf Augustus 2010 tot April 2011. Algemeen Die afwisseling in die hoofstukke en die verandering van omgewing hou die storie interessant en ook spannend. Die skrywer slaag daarin om die werklikheid getrou weer te gee – die leser kry ‘n taamlike breë kyk in die lewe van die bekeerlinge uit die Moslemgodsdiens. Ook word die leser gestroop van die romantiese idee rondom die lewe van sendelinge – Salomé se baklei met die praktiese dinge in haar lewe soos kinders, beroep, huis, finansies, familieverhoudinge ens gaan saam met haar gewetenswroeging omdat sy glo sy eerder haar man ten volle moet ondersteun in sy werk. Hoewel hierdie boek fiksie is, is baie van die karakters gegrond op mense en gebeure in die werklike lewe. Adriana skryf vanuit haar ervaringswêreld, hoewel dit nie ‘n outobiografie is nie.

Leeskring

Die volgende boekbespreking is: Bloedvreemd deur Juliana Coetzer op 19 Oktober. Bespreking deur Sandra van Wyk

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164


27

:

Dit is veral gewild onder seker atlete en professionele sportmense wat sekere spiergroepe wil teiken, of rehabiliteer.


28

Loslitdag ook op Piketberg

Steynville Primêr se personeel het Loslitdag ondersteun, hulle is Elmarie Abrahams, Stewart Booyse, Venrico Booys, Mariska Wolfaardt, Samuel Pickard, Nicolene Geswindt, Stacey Booys en voor is Elzanne Boshoff.

Die Eenheidsklas.

Huis AJ Liebenberg - Markdag “Hoe sê mens dankie……? Dis maklik, sou iemand kon sê…jy sê net “Dankie!” Maar wag tot die dag dat jy werklik dankbaar is… Dan sien mens hoe raak die vraag eintlik is… “Hoe sê mens dankie?” Ek probeer vandag om aan die Gemeenskap van Piketberg dankie te sê vir ons Markdag. Ek het getik, en gestop, vasgehaak, voor begin, mense se name genoem, toe weer alles “gedelete”, weer probeer, en na vele weergawes geëindig met so ’n paar sinne…. En ook dit het so onbevredigend gevoel…. “Hoe sê mens dankie?” ‘n teks in die Bybel roep ons drie maal op om dankbaar te wees: “Wees altyd dankbaar”, “Met dankbare harte moet julle sing” en “Dank God die Vader” . Totdat jy oorstelp van dankbaarheid voor God gaan staan en jou woorde soos mis voor die son begin opraak omdat jy net nie woorde het nie. Ons het R118 000.00 ingesamel! Aan almal wat betrokke was, almal wat gegee het, almal wat kollekteer het, almal wat gewerk het, almal wat kom koop het, almal wat troeteldiere ingeskryf het, en veral almal wat die vleiswerk op hul geneem het: “Met dankbare harte sing ons in diepe nederigheid ’n loflied aan God ons Vader”. Marie de Villiers

Raimondi's op Piketberg het ook Loslitdag ondersteun en het rugbygees gevang. Foto: Marietha Goosen

Leerders van Steynville Primêr wat almal ‘n plakker gekoop het om Loslitdag te ondersteun. Foto’s: Elzanne Boshoff


29


30

ACVV hou Sekretaresse Dag by Org de Rac


31

ACVV hou Sekretaresse Dag by Org de Rac

Foto’s: Marietha Goosen


32

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Is God goed of is Hy sleg? Hoekom is daar ‘n verskil tussen die Ou en Nuwe Testament se handelinge? In die boek van Genesis, het Adam en Eva gesondig en is deur die Here uit die tuin van Eden gestuur sodat hulle nie van die boom van die lewe kon eet en deur daardie aksie vir ewig in hierdie wêreld sou lewe in hulle sondige (gevalle) natuur nie. Ten spyte van Adam en Eva se sonde, het God steeds met hulle gepraat. Nadat Kain sy broer doodgemaak het, het God steeds met hom gepraat. Ons genadige God het tot ’n merk op Kain se voorkop gemaak sodat enige iemand wat hom iets aandoen 7 keer gewreek sal word, ten spyte van sy oortreding (Gen. 4:15). Lameg het iemand doodgemaak uit selfverdediging en sy eie gevolgtrekking gemaak dat as God vir Kain beskerm deur iemand wat 7 keer gewreek gaan word, hy vir Lameg 77 keer sal beskerm (Gen. 4:23-24). In hierdie tydperk, van omtrent 2000 jaar, het die mens God se genade gevat as ’n lisensie om te doen wat hulle wil. Daar was omtrent 2000 jaar vandat Adam en Eva gesondig het totdat die wet van Moses gegee was. Onder die wet van Moses het God mense gestraf as hulle verkeerd gedoen het en geseën as hulle reg gedoen het (Deut. 28). Hoekom moes God die mens se sonde straf? Die mens het so ver in goddeloosheid verval dat daar geen maagd oor sou gewees het waardeur Jesus sou kon kom nie. God moes daarom sonde inperk sodat Jesus kon kom en ons kom vrymaak. Galasiërs 3:19 sê: “Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ’n middelaar.” Die wet is ingestel weens die oortredinge, weens die mens wat God se genade gevat het as ’n lisensie om te doen wat hulle wil. God wat sonde gestraf het, was Sy genade op die mens sodat Jesus kon kom. Besef ook dat die wet ingestel is totdat die saad (Jesus) sou kom. Die wet is ingestel vir ’n sekere tydperk en vir ’n sekere doel. Die wet was ons bewaring en tugmeester na Jesus toe (Gal 3:23-24). Die verskil tussen die ou verbond (wet van Moses) en die nuwe verbond is dat God reeds al Sy woede teenoor sonde uitgegiet het - op Jesus (Jes. 53:5). Onder die ou verbond was jy gestraf as jy verkeerd gedoen het; onder die nuwe verbond is Jesus gestraf vir dit wat jy verkeerd gedoen het. God het reeds al die straf vir sonde op Jesus gesit sodat jy die nuwe lewe net kan ontvang. Sê ek dan nou dat daar nie gevolge vir my aksies is nie? Nee, daar is verseker gevolge vir my aksies. As ek moord pleeg, gaan ek tronk toe. Gaan God my straf? Nee, want Sy woede teenoor sonde is reeds uitgegiet (1 Joh. 2:2). As jy jouself ’n Christen noem en God se genade vat as ’n lisensie om te doen wat jy wil, sal ek twyfel of jy wedergebore is. Wanneer jy wedergebore raak, wíl jy die regte ding doen. Jesus, wat vir al ons sonde gesterf het en vir ons Sy geregtigheid gegee het, maak ons vry om die lewe te begin leef en verhouding met die Vader te kan geniet sonder dat skuldgevoelens ons terughou (2 Kor. 5:21). Is die hele wêreld se sondes reeds vergewe? Ja. Beteken dit dat almal gered is? Nee, net dié wat die geskenk van vergifnis van sonde ontvang het. God is net goed en Sy liefde vir jou loop oor! Verdere studie: Hebreërs 8:6; 1 Johannes 2:2; Hebreërs 10:1-4; Galasiërs 3; Romeine 10:1-4 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)


33

Verloof op Pools se Silo’s

Berig en foto’s: Marelize Coetzé ’n Silo...’n kenmerk aan elke plattelandsedorp of boerdery omgewing. Iets waarmee elke kind op die platteland grootword en ken as ’n plek waar boere hul koring stoor. ’n Mooi objek in ’n foto. Iets besonders. Maar nog nooit ’n plek wat onthou sal word soos ná die aand van Vrydag 19 Augustus Lean Hanekom en 2016 nie. Marelize Coetzé Met die verskoning “ons moet by die Langewens proefplaas ’n draai gaan maak om proewe te spuit” ry ons daardie Vrydagmiddag om eenuur alreeds uit die stad uit op pad plaas toe vir die naweek. Daar gaan ons die naweek saam met Lean se ouers spandeer om van die gewoel in die stad te ontsnap. Op die plaas aangekom, vind ek dit baie vreemd dat ons skielik weer dorp toe gestuur word om ’n paar goedjies te gaan koop wat Lean se Ma van die dorp af nodig het. “Nou toe, julle moet ry voor dit donker is! Spar maak al half sewe toe!” So onthou ek nog die Tannie se woorde. Die pad dorp toe verander skielik toe die wit Toyota bakkie afdraai na Pools se silo’s. “Maar Lean, ons moet Spar toe gaan voor dit toemaak! Dis al amper half sewe!” Met daardie woorde kry Lean ’n stout glimlag op sy gesig. “Ek het al so ’n paar weke gelede met oom Japie gereël dat ons vanaand die sonsondergang van die silo’s af kan kyk. Jy wou dit mos nog altyd gedoen het!” Ek kon nie glo wat ek hoor nie. Net ’n week of twee gelede het ek vir Lean vertel hoe graag ek nog op ’n silo wil staan en die uitsig daarvandaan wil sien. Niksvermoedend volg ek hom op teen die trappe, trappe en nog trappe... 200 trappe later kom ons by die deur wat uitgaan op die silo. “Wag jy net gou eers hier binne, Liefie, sodat ek gou die ligte buite kan gaan aanskakel. Ons moet darem kan sien waar ons loop.” Geduldig wag ek binne en verwonder my aan al die verskillende pype, belde, gaatjies en draadjies tot Lean my kom haal.

Ons stap by die deur uit, in die rigting van Piketberg. Die uitsig oor die koring en canola lande is asemrowend en die sonsondergang iets wat nie in woorde beskryf kan word nie. Vir ’n hele rukkie lank staan en gesels ons oor al die verskillende plase en die omgewing. Soos gewoonlik moet ek eers ’n Geografie les ontvang om net my rigtings eers in orde te kry. En toe word ek skielik omgedraai... ’n Groot, rooi piekniekkombers is oopgegooi. ’n Piekniekmandjie, blomme, kerse en duisende kersfeesliggies flikker oral. Die woorde “TROU MET MY” in groot, rooi letters opgeplak. Ek staan in verwondering. Net daar, boop Pools se silo, vra die man van my drome my om met hom te trou. Vandat ek ’n dogtertjie was, het ek nog altyd oor hierdie oomblik in my lewe gedroom, maar hierdie oomblik was baie meer spesiaal en romanties as wat ek

ooit kon droom. Na ’n onvergeetlike aand, en menigte voertuie en vragmotors wat in die verbygaan van hulle laat hoor het, klim ek en Lean, my verloofde, die trappe af met ’n pragtige ring aan my vinger. Nooit weer sal ek op dieselfde manier na ’n silo kyk nie. ’n Doodgewone silo op die platteland...die plek waar ’n nuwe fase van liefde en ’n toekoms saam begin het. Van daardie aand af klim ons die trappe van die lewe saam.

HUIS / DIERE OPPASSER

Betroubaar met baie verwysings. Skakel: 078 046 2043


34

PHS VRL bederf die Oupas en Oumas PHS se oupas en oumas is op Maandag 5 September bederf met 'n heerlike Lente-tee ten spyte van die reëntjie wat saggies buite neergedaal het. Hulle is vermaak deur voordrag van gr R - tot gr 7-leerders sowel as die junior– en senior spreekkoor, 'n sangitem en die Laerskoolkoor. Daarna het hulle 'n heerlike koppie tee/koffie en koek geniet. Elkeen is huis toe met 'n pragtige PHSyskasmagneet en 'n bossie blomme. Hiermee wil ons vir die VRL-mammas wat die tafels so mooi gedek het, Mary Duncan en Sonia Carstens wat blomme geskenk het en vir Johan Bruwer wat die yskasmagnete geborg het, baie dankie sê.

Alté Neethling het op die dag verjaar en die VRL het vir hom gesing. Hy was op sy dag ‘n skoolhoof en het die singery baie geniet en interessante skoolstaaljies met die groepie gedeel. Hy het spesiaal van die Kaap afgekom vir die dag. Foto: Ilse Bruwer

Foto’s: Alta Nelson


35


36

Baadjies vir Matrieks

‘n Paar PHS-matrikulante met hulle nuwe baadjies. Hierdie omsoomde baadjies vervang die ‘matriektops’ van voorheen. Foto’s: Alta Nelson

PHS Erekleure

Pamela Booys vir Netbal

Jo-Maree Gal vir Netbal

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016

Annette Bruwer vir Kultuur

Nina Ellis vir Kultuur

Van Zyl Brand vir Onderwater Hokkie

Damian Marcus vir Rugby

Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


37 DCA skitter by Santam Kinderkuns

Eisteddfod Pryswennerskonsert

Karin Coetzee van Die Coetzee Ateljee op Piketberg, met ses van haar kunsstudente wie se kunswerke uit 341 gekies is vir die Santam Kinderkuns Uitstalling. Daar was 3400 inskrywings waarvan ‘n totaal van 341 gekies is en ses van daardie 341 kom van DCA. Jo-Leigh Geustyn, Renate Coetzee, Dries van der Westhuizen en voor Kyla Smit, Kirsten-Page Isaacs en Vinyka Diergaard. Foto: Marietha Goosen

Vanessa Luyt met Laerskool leerders Annette Bruwer, Carma Rossouw, Pieter Bruwer en Nina Ellis.

Wow Wenners

Blokfluit Ensemble: Christine van der Merwe, Daniël Brand, Henri van der Westhuizen, Hughen Esau, Andrea Visser, Willem Wiggins en voor Nikita Booys en Renay Esau.

Alex Ince, gr 2-leerder by PHS het eerste gekom by die distrik se WowSpelkompetisie. By ‘n verdere uitdun rondte het Alex 13de geëindig. Foto verskaf

Hierdie gr 3-leerlinge van Middeldeurvlei Primêr, Jasmin Millar van Ideal Hill en Gerrit Dirks van Hasenfontein, het vanjaar die streek verteenwoordig by die WOW provinsiale spelkompetisie te Stellenbosch. Jasmin Millar eindig 2de en dring deur na die Nasionale spelkompetisie, waar sy die Wes-Kaap in Stellenbosch, op 22 Oktober sal verteenwoordig. Middeldeurvlei is voorwaar baie trots op hierdie prestasie en wens haar sterkte toe vir hierdie groot uitdaging. Berig en foto: Berdine Bester Links: Elisque Nthane, gr 7-leerder by Steynville Primêr het deurgedring tot die Provinsiale rondte wat op Stellenbosch plaasgevind het. Foto: Elzanne Boshoff

Virnen Ludick met Hoërskool leerders Levona Roberts, Hagan Ludick, Ané Nelson, Kristin Lochner, Henrietta Cloete en Madalynne Paulsen. Foto’s: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 27 Oktober 2016 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 Oktober 2016 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


38

Egipte toe in ‘n Landini

Graad R’s besoek Huis AJL Inwoners van Huis AJL was aangenaam verras deur die pragtige sang en voordragte van PHS se Graad R's. Baie Dankie vir die besoek.

Hoërskool Piketberg het 26 Augustus matriekafskeid gehou met die tema: Egipte. Jac Brand van PHS saam met metgesel Franzelle du Toit van Velddrif. Jac kom van die plaas Volmoed Aurora. Hy is 'n boerseun in murg en been en het 'n groot liefde vir Landini trekkers.

Foto’s: Marie de Villiers Foto’s: Nadine de Waal

Te Huur

Musiekpret vir Klein Musikante

Twee-slaapkamer woonstel beskikbaar vanaf 1 Oktober 2016. Slegs mense ouer as 50, sonder kinders, word oorweeg. Binne parkering, Internet-toegang en DSTV kan by pakket ingesluit word. Kontak Herman by 083 657 7752

Wiskunde, lees, spel en leermetodes vir kinders

Juffrou Lerine help graag! Deur prettige aktiwiteite leer ons maklik. Honneurs graad in Grondslagfase.

Kontaknommer: 072 357 8537

Individuele hulp / klein groepies leerders vir

R80 (45 min per leerder) 2016 en 2017

Bel nou om jou naam op die lys te sit! Beperkte plekke!

Louise Visser saam met die kleuters in haar musiekklasse. Kleutermusiek 4-5jariges bo en Kleutermusiek 3-4jariges, links. Louise bied dit in die NG Kerksaal aan. Foto’s verskaf


39

Sportmanne Presteer

Marco Conradie van PHS is opgeneem in die Boland O/12Arugbyspan. Foto: Marietha Goosen

Gimnaste neem deel aan SA’s

Van Zyl Brand het aan die Weskus Onderwater hokkie toernooi deelgeneem vir die Winelands o/15 span. Die span het al hul wedstryde gewen. Foto: Alta Nelson Hiermee terugvoering na aanleiding van die artikel in die September-uitgawe van Die Piketberger. Na afloop van die Wes-Kaap uitdunne gehou op 2 en 3 September 2016 te Wynberg, is gimnaste in hul onderskeie levels en ouderdomsgroepe opgeneem in die Wes-Kaap span en sal vanaf 30 September aan die SA's by die Wes-Kaap sportsentrum, Kuilsrivier deelneem. Agter Jané Eksteen (6de plek), Nicole Steyn (4de plek) en Christine van der Merwe (9de plek). Middel Su-Mari Hanekom (6de), Lené Nelson (10de), Mílah Baard (Goud) en Elné Burger (8ste). Voor Renate Coetzee (6de), Jade Wilson (Goud) en Pamela Booys (Silwer). Foto: Chrisna Baard

Ethan Lord is in die 0/13 Boland Gholfspan opgeneem.

Conwill Lord is in die 0/14 Boland Landloopspan opgeneem.

Hierdie twee jongmanne is leerders by Steynville Primêr. Foto’s: Elzanne Boshoff

Silwer vir Violis Johan du Toit het by die Wes-Boland Eisteddfod twee silwer medaljes vir sy vioolsolo’s ontvang en saam met die WCYO Simfonie Orkes vyf Cum Laudes verower. Die WCYO Simfonie Orkes, het die Trofee vir die Beste Ope Simfonie Orkes verwerf. Foto: Marietha Goosen

Alison se Swemskool Kursus @ R315 vir 8 lesse (1) 6 - 16 Desember 2016 en (2) 3 - 13 Januarie 2017

Bespreek dadelik - beperkte plek. Kansellasie binne 3 dae is volle fooi betaalbaar.

Waterveiligheid en styl vanaf 1jaar. Kontak Alison Müller 073 229 2855 of saans 022 913 1746


40

Piket-Bo-Berg MTB Mooi en Uitdagend deur Delanie Jooste Die jaarlikse Piket-Bo-Berg bergfiets- en draf uitdaging het vanjaar op 10 September plaasgevind vir die 8ste opeenvolgende jaar. Die spog geleentheid, georganiseer deur die Piket-Bo-Berg Inwoners Verenig-ing, het werklik ‘n nuwe hoogtepunt bereik met ‘n merkwaardige opkoms van deelnemers wat nie die kans wou misloop om ons pragtige omgewing op so ‘n unieke manier te besigtig nie. Die hoofdoel van die dag is om fondse in te samel vir die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging wat verskeie belangrike funksies in die bo-berg gemeenskap verrig. Die fondse word aangewend om onder andere te belê in opleiding en om maatskaplike ontwikkeling van die plaaslike gemeenskap te stimuleer. Die vereniging speel ook ‘n belangrike rol in die beveiliging van die gemeenskap en spreek verskeie sosio-ekonomiese kwessies aan. Daar was vanjaar weer ‘n paar opwindende toekennings op die spel. Verskeie maatskappye het meegeding aan die 37km bergfiets uitdaging, in spanformaat. The Fruit Farm Group, Nexus AG, Core Fruit en Compo Expert SA het vanjaar die uitdaging aanvaar. Die Nexus AG span, onder leiding van Jacques Du Preez het met trots vanjaar die wisseltrofee terug geneem na hul hoofkantoor in die Paarl. Hierdie spanne is lekker bederf met ‘n heerlike middagete in die koelte van die Boland Superspar onthaal tent. Soos wat die geval verlede jaar was, sal inkomste hieruit verkry word weer aangewend word tot voordeel van die Graad 1 leerders wat in 2017 by die plaaslike skool, Stawelklip Primêr, ingeskryf is en ander spesifieke projekte in ons gemeenskap. Piketberg Hoërskool, Steynville Sekondêr en Hopefield Hoërskool het ook vanjaar deelgeneem aan die jaarlikse skool uitdaging, geborg deur Eswé Visagie en die Nexus 24 span. Die skoliere het deelgeneem aan die 27km bergfiets uitdaging en Harry Roux, van PHS, het met trots die wisseltrofee vir die derde opeenvolgende jaar ontvang. Die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging bied ook die geleentheid van al die bo-berg inwoners om gratis deel te neem aan die verskillende afstande en dissiplines. Daar het ongeveer 72 Piket-Bo-Bergers gratis deelgeneem, en die plase het in span formaat ook aan die “trail running” meegeding. In die 8km “trail run” het die span van Achtervlei met die louere weggestap, terwyl die span van Mouton’s Valley die 18km gewen het. Dit kan aanvaar word dat meer spanne volgende jaar hiervoor sal inskryf en dat die manne en vroue mekaar behoorlik gaan opdreun. Die idee om agri-werkers soveel moontlik by die geleentheid te betrek het gestalte gekry deurdat die agri-werkers, van verskillende plase, verantwoordelik was vir die verfraaiing van die verskillende waterpunte op die roetes en die skep van ‘n feestelike atmosfeer. Ryers en drawwers moes deur diegene wat die waterpunte beman het ondersteun word, in hul poging om of die wedren te wen of suksesvol te voltooi. Die Pomona/Achtervlei span het koning gekraai met die mooiste stalletjie en die beste gees. Ons nooi julle sommer by voorbaat uit na volgende jaar se byeenkoms. Kom ondersteun die agri-gemeenskap en geniet terselfdertyd die pragtige omgewing bo-op die berg. Sien julle daar!

Dirt Road Challenge

22 Oktober 2016 @ Org de Rac Navrae: Phillip 076 079 3170

PHS wen Piket-Bo-Berg MBT Skole uitdaging

Die Piket-Bo-Berg MTB Cycling Challenge Skole uitdaging is gewen deur Piketberg Hoërskool se Aspan. Op die foto is Eswé Visagie van Nexus, wat beide die A- en B-span geborg het. Op die foto met die wentrofee verskyn Eswé saam met Schalk Visagie, Jac Goosen, Harry Roux en Barend Smit. Twee spanne van PHS, een van Steynville Sekondêre Skool en een van Hopefield het meegeding om die trofee.

PHS se B-span saam met Eswé Visagie: Jos Kotze, Handré van der Westhuizen, Frans Bestbier en Corné Smith.

SSS se fietsryspan wat aan die Piket-Bo-Berg MTB Cycling Challenge Skooluitdaging deelgeneem het. Riaan Kasper, Eduardo Engelbrecht, Matthew Toontjies en Joshua Toontjies. Die span word trots geborg deur Nedbank Piketberg. Foto’s: Marietha Goosen


41

Corporate span Nexus wen

Fietsryers en Drawwers geniet die dag

Jacques Du Preez, Kevin Snyman, Jaco Geldenhuys, Johan Smit en Ruan Van Wyk.

Foto’s: Marietha Goosen


42

PHS CareerClub ColourRun Hoërskool Piketberg se CareerClub het op 1 September 2016 die skool se heel eerste ColourRun Fees gehou. En wat 'n fees was dit nie! Die middag het afgeskop met ‘n 2.5 km pretdraf/stap waarna die deelnemers op die rugbyveld bymekaar gekom het vir dit waarvoor hulle eintlik gekom het: verfgooi! Veral die ma’s kon skaars wag vir die aftel na die hoogtepunt en toe Adriaan Lubbe die groen lig gee, was alles en almal binne sekondes in geel, pers, rooi en groen gedoop. Almal het deurgeloop onder die verf van onderwysers, ouers en vriende. 'n Baie groot dankie aan die CareerClub Fasiliteerders en Kapteine vir die harde werk en reëlings. Die fondse wat ingesamel is, gaan gebruik word om PHS Ambassadeursvlae aan te koop wat leerders wat die skool by geleenthede op enige vlak verteenwoordig, kan saamneem om die skool regoor die land en selfs oorsee te adverteer. PHS CareerClub wil 2017 die jaar van die PHS vlag maak. Die ColourRun was vir die leerders en ouers wat deelgeneem het 'n heerlike belewenis en almal kan skaars wag vir volgende jaar se fees. Foto’s: Juanita Joubert en Sanet van Schalkwyk


43

Boland SUPERSPAR bied ‘n ‘My Rewards’ Program aan waar jy sekere produkte maandeliks teen ‘n baie goedkoper prys as normaalweg ontvang. Maar dit is nie al nie, jy kan ‘n kans staan om jou inkopies ‘Mahala’ (GRATIS) te kan ontvang. Besoek vandag nog Boland SUPERSPAR as jy nog nie geregistreer is nie. Ons vriendelike span staan gereed om jou inkopie ervaring nog beter te maak by Boland SUPERSPAR. Hou gereeld ons Facebook bladsy dop (Boland SUPERSPAR) om te sien watter produkte dit is of loer gerus in die winkel. Besoek gerus ook die ‘My Spar REWARDS’ webbladsy (me.spar.co.za) of laai die ‘My Spar Rewards’ program op jou selfoon af om te sien hoeveel jy al gespaar het! Baie geluk aan Mnr Beukes wat sy inkopies gratis ontvang het deur die MY SPAR REWARDS program. E’lmarco Visagie, kassier, is saam met hom op die foto.

Baie geluk aan Marelise Botha wat haar inkopies gratis ontvang het deur die MY SPAR REWARDS program. Berenice Fortuin, kassier, is saam met haar op die foto.

Deel van die gemeenskap In diens van die gemeenskap

Brenda Gall het onlangs ons MAQ kompetisie gewen. Mary de Wee, Admin, oorhandig die geskenkpak aan haar. Baie dankie aan ons kliënte wat deelgeneem het.

Goedverwacht Primêr het Vrydag 9 September ‘n fondsinsameling gehou waarby Boland SUPERSPAR ‘n bydrae van 200 “hamburger”-rolletjies gemaak het. Op die foto oorhandig Pieter van die Bakkery die rolletjies oor. Ons vertrou dat jul projek ‘n reuse sukses was.


44

Ons was weereens vanjaar betrokke by die PBBCC (Piket-Bo-Berg Cycle Challenge) waar ons die hoofborg vir hierdie geleentheid was. Met oor die duisend besoekers die dag was die geleentheid ‘n reuse sukses. Baie geluk aan die PBBV met hul goeie reëlings. Ons is trots om met julle geassosieer te word. Die geleentheid, gehou by Mouton’s Valley op Piket-Bo-Berg, was nie net vir fietsryers, maar wel vir hardlopers ook. Ons as Boland SUPERSPAR het onder andere die 140 geskenkpakke vir die eerste 140 inskrywings geborg, sowel as koeldrank vir die waterpunte deur die plase in die omgewing, peuselhappies vir die langafstand atlete, sowel as heerlike kos vir die Korporatiewe gaste. Ons sien uit na 2017 se PBBCC.

9 die piketberger okt 2016  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you