9 die piketberger okt 2016

Page 10

10

VLV-Nuus Tydens die September ledevergadering het die lede wenke en raad van die takbestuurder van Eerste Nasionale Bank gekry. Sonet Muller het tydens haar oorhoofse lesing aan lede en gaste verduidelik hoe om gedurig bedag te wees op internet-sekuriteit (moenie vreemde e-posse oopmaak of antwoord nie); kies ‘n goeie wagwoord wat nie maklik gebreek kan word nie en moenie dit laat rondlê nie. Moet nooit inligting of toestemming gee as jy telefoonoproepe van “Windowspersoneel” ontvang nie. Wanneer jy die OTMmasjiene gebruik, maak Nicoline Brown en Sonet Muller. seker die sleutelbord is Foto: Esna Brand skoon en nie bedek met ‘n vreemde lagie plastiek nie; kyk goed rond of daar nie vreemde voorwerpe in die toetse ingedruk is nie of dalk ‘n snaakse kamera versteek is nie. Moenie met vreemde persone praat terwyl jy jou transaksie afhandel nie. Sonet Muller is slegs drie maande in Piketberg ENB, vanaf Ceres en nooi publiek uit om met haar kontak te maak indien u enige navrae het. Nelda van Zyl, Piketberg Toerisme-beampte het die gehoor breedvoerig ingelig oor al die geleenthede wat daar vir entrepreneurs in toerisme bemarking bestaan. Die rede waarom baie van die toeriste wat ons omgewing besoek, afgetree is en gewoonlik in groepe reis; is omdat hulle geld het om in die omgewing te spandeer. Sy vertel ook van wonderlike toeriste-aantreklikhede in die Sandveld. Elke inwoner van ons dorp is ook op ‘n manier ‘n advertensie vir ons omgewing; so kan ons dan vir toeriste waardevolle inligting verskaf.

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Bonjour Piketbergers Ses maande gelede het ek nooit gedink dat ek so baie sou leer en sien in só ’n kort tyd nie. Op 24 Augustus het ek en die familie na Drielandenpunt gegaan. Dit was ongelooflik om by die hoogste punt van Nederland te staan asook om België, Duitsland en Nederland te sien. Vrydag, 26 Augustus was ek vroeg oggend oppad Parys toe. Ek het om 14:20 in Frankryk arriveer. Die warmste tyd van die dag was om 15:36 - 'n lieflike 36°C. Ek het besluit om my eerste dag in Parys te gebruik om die omgewing te absorbeer en rustig te verken. Half sewe die aand het ek 'n bootrit vanaf Beateaux Mouchees op die Seine geneem. Op die bootrit het ek SuidAfrikaners ontmoet wat toevallig saam met my die bustoer gedoen het. Hulle het in Moorreesburg gewoon en sê hulle gaan kuier gereeld in Piketberg. Ons het onder andere Pont Alexandre III, Museé D' Orsay, Notre Dame Cathedral en Ile de la Cité gesien en natuurlik die Tour Eiffel. Ile de la Cité is een van twee eilandjies in Parys en is waar Parys ontstaan het. Dag 2 het om 07:30 begin met 'n Franse ontbyt in die hotel. Die buschauffeur het ons by die Opéra afgelaai. Vandaar het ek en die Suid-Afrikaners vir die eerste keer die metro gevat na Museé du Louvre. By Arc de Triomphe moes ons 284 trappe klim tot bo. Dit was die moeite werd, want die uitsig is asemrowend van bo af. My gunsteling deel was om die Champs-Elysées en die Tour Eiffel te sien. Daarna het ons na die Eiffel Toring gegaan. Ek het maar met die hysbak na die boonste verdieping gegaan. Dit is absoluut asemrowend om Parys vanaf 276m te sien, en dit met 'n 360° uitsig. Dag 3 het ons na Basilique du Sacré-Coeur en Moulin Rouge gegaan. In die Basiliek kan die publiek aansluit by die diens of net die Basiliek kom bewonder van binne af. Al die 'kunswerke' in die Basiliek is gemaak van mosaïk teëls, wat iets besonders was vir my. Ek het my Parys trip afgesluit met ystee en 'n Vanille Macaron op 'n terras in Boulevard De Clichy, naby Moulin Rouge. "Paris is not a city, it's a world".

Volgende VLV-vergadering

Leefstylvergadering 20 Oktober. Skryf solank in jou dagboek neer. Frits van Ryneveld (Darling Sweet) is die gasspreker. Ons gaan leer hoe lekker toffies gemaak word. Afsluiting Vrydag 11 November by Nieuwedrift. Almal welkom – enige navrae – Nicoline Brown 082 477 0665

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Foto kloksgewys: Eiffel toring vanaf die Seine; Franse ontbyt; Basilique du Sacré-Coeur; Arc de Triomphe. Thanks to everyone who contributed to the PAW Spayathon on 14 September. 30 dogs and cats were spayed.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.