13
Goedverwacht Bib vier Vrouedag
Jeug bederf Bejaardes
Dannelene Noach, oud-Piketberger en skrywer van die boek, Vrou Alleen, was die gasspreker op 'n Vroueoggend wat deur Goedverwacht Biblioteek gereël is. Neëntig vroue het aangesit by keurig gedekte tafels en is getrakteer op heerlike eetgoed en tee. Almal is verder verryk deur die inspirerende spreker se ervarings in Saoedi-Arabië, die voordragstukke deur Magdaleen van Zyl en die gesoute Maria Afrikaner as seremoniemeester. Dannelene is ook stigter van “The Woman Alone Foundation” wat vroue en hulle families wil ondersteun en inspireer tot hulle volle potensiaal. Die boek Vrou Alleen is by Piketberg Biblioteek beskikbaar teen R145-00. Deur 'n boek te koop ondersteun u outomaties “The Woman Alone Foundation”.
Witmor Jeugvereniging te Wittewater het op 29 Junie „n “Pampering” Dag gehou. Hulle het alle ouer persone na hierdie spesiale dag genooi. Die jongmense van die vereniging het hulle bederf met manikure, pedikure, masserings, grimering, gesigbehandelings en haarbehandelings. Verder is hulle met sang en praatjies deur verskeie departemente getrakteer nl. Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling (Me Stevens, Mnr Van Wyk, Mnr Jacobs en Me Paulse), Dept. Gesondheid (Sr Dietrich en span), SAPD Piketberg (Konst. Gerswin Muller), DA raadslid (Dirk Adams) en die Plaaslike Leraar Eerw Hans. Die doel van die dag was om erkening aan alle ouer persone te gee vir hul onbaatsugtige bydrae tot die jeug se ontwikkeling. Finansiële ondersteuning en kruideniersware is ontvang deur gemeenskapslede. Die vereniging kon die geld gebruik om geskenkies te koop vir diegene wat dit bygewoon het en ook diegene tuis. Kos en nagereg is ook bedien. Op 17 Julie het die vereniging die kerkwerf skoongemaak. Hulle bedank alle persone oa Diana Jansen en alle jeuglede betrokke vir hulle samewerking. Julle maak regtig „n verskil.
Op die foto verskyn Charmain van Rensburg, bibliotekaresse van Goedverwacht, Magdaleen van Zyl, kunstenaar, Dannelene Noach, gasspreker en skrywer van die boek Vrou Alleen, Carol Jantjies, biblioteek assistent, wat die reëlings behartig het en Liezl Dietrich, biblioteek hulp. Foto en berig verskaf deur Gerna Croeser
Dr Christa op Piketberg
Berig en foto: Witmor Jeugvereniging
Madelene Nelson en Dr Christa Joubert . Dr Christa Joubert is „n splinternuwe gesig by Hattingh Oogkundiges. Sy sal die praktyk twee keer per maand kom besoek. Christa spesialiseer in die diagnosering en behandeling van oogsiektes. Madelene Nelson, ontvangsdame van die praktyk, sal haar afsprake hanteer. Vir dr Christa is dit net 'n plesier om na Piketberg toe te kom, aangesien sy dan kosbare oomblikke saam met haar suster, Jansie Truter, en skoonsuster, Gerna Croeser, kan hê. Berig en foto: Marietha Goosen