Issuu on Google+

1

Jaargang 18 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Fraaie Meisies by Skou

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Drie geslagte Langeveldt...p4 Dr Margaret Mollett...p6 Roché groet...p7 90 vol jare vir Enna...p9 Sara Pietersen 96 jr ..p10 Foto First wenners...p12 Gee Gas...p15 Francua - Moeder Teresa ...p16 Elmirique se drome waar...p17 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Hierdie dertien pragtige finaliste het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap om Piketberg Skou 2011 se Skoukoningin en twee prinsesse aan te wys. Carmen van Wyk (voor regs) het met die kroon weggestap met Carla Kellerman (links agter) tweede prinses en Anushca Brand, langs Carla, eerste prinses. Die ander meisies is Melandri Stiemie agter en in die middel Jo-Ann Smit, Claudia Delacovia, Estelle van der Merwe, Mariska Hunt, Isabel Smit, Chanelle Baatjies en Elzaan Bosman met Eriscka Bredenkamp en Anastia Zimri voor. Foto: Leana van Niekerk

Liebco Produkte 300g Bacon Polonie R7.75 750g Russian Polonie R10.95 400g Salami R11.95 550g Chicken Polonie R13.75 Smoked Kassler chops @ R55.95 per kg Smaak so Lekkerrrrrrrr!

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg

022-913 1505

022-913 2410

Kom neem deel aan die

 022 913 1939  022 913 2404

BOKKE foto

kompetisie! Neem ‘n foto (of gebruik sommer ‘n ‘ou’ een) van jou grootste BOK oomblik, handig dit in met jou kontakbesonderhede en staan ‘n kans om een van 3 GROOT pryse ter waarde van R800 te wen!


2

Redaksioneel Mense „...Wat is die mens dan dat U aan hom dink...Wat is die mens dan dat U na hom omsien...‟ Volgens die Bybel is die mens deur God geskep, net minder as 'n Hemelse Wese. Aangrypend! Hierdie maand se koerant is propvol "amper Hemelse Wesens", régte ménse en hulle stories. Stories van mense wat met hulle handel en wandel ander se lewens verryk het en steeds verryk. Mense wat beslis nie net aan hulleself dink nie, maar ingestel is op hulle medemens en gretig is om van die dorp, en daarom die wêreld, 'n beter plek te maak. Mense wat oprig en opbou, die lewe LEWE en ander laat lewe. Lees gerus self en hopelik ontdek jy ook, soos ek, kosbaarhede wat jy vir die res van jou lewe met jou kan saamneem. „...Dit is waarom U aan ons dink.....Dit is waarom U na ons omsien....' Dankie vir die positiewe reaksie op Augustus se Redaksioneel oor Piketberg se grotes - ons het van geen toevoegings gehoor nie - self het ons onthou van Annelie Venter, plaaslike kunstenaar wat in die buiteland uitgestal het. Die ombudsman het laat weet dat die Springbokrugbyspeler, na wie verwys word op p.6 (Augustus uitgawe), nie Compion heet nie, maar wel Champion. Dit pas tog ook beter! Hoe dan nou anders. Matriekafskeidfoto‟s sal volgende maand geplaas word. Stuur jou foto in.

Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk  022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Briewe van ons lesers Christine Langeveldt, kinders en familie skryf . . . Ontvang hiermee ons opregte dank en waardering vir elke gebaar van omgee in hierdie tyd van beproewing met Jan se heengaan. Dit gee ons krag om elke dag met moed voort te gaan. Dankie vir almal se liefde, bystand, gebede en belangstelling - dit beteken vir ons so baie. Jackie (en Jimmy) van Eeden skryf . . . Ek het onlangs Marietha se artikel in Die Piketberger gelees en het die behoefte gevoel om ook iets oor Piketberg en sy mense te sê. Toe ons so ‟n bietjie meer as vyf jaar gelede vanaf Gordonsbaai/Strand hierheen verhuis het, was dit met ambivalente gevoelens en seker die moeilikste besluit wat ons ooit moes neem. Ons was jare lank aan die stadslewe gewoond en daarna was dit Gordonsbaai. Vandag kyk ons terug op ‟n baie gelukkige verandering en tyd van ons lewe. Ek het dikwels gewonder hoekom die Heer ons hierheen gebring het vandag weet ek dat ons liefde vir diere maar één van die dinge was wat ‟n rol gespeel het. Om “ouers” te speel vir plaaskatte en elke dag kos te gee vir talle voëltjies en duiwe mag vir ander mense nie interessant klink nie, maar vir ons is dit die vervulling van ‟n droom. Om ‟n onbelemmerde uitsig te hê oor die mooiste berge en natuurskoon is meer as waarvoor ons gedroom het. Om in die dorp en winkels te loop en oral vriendelikheid te ervaar van mense wat jy nie ken nie, is ongekend. Piketbergers het ‟n aangebore vriendelikheid. Ons was so pas weer terug in die “stad” en glo my niemand sien jou raak nie, dis net elkeen vir homself. Natuurlik is daar dinge wat ons mis, byvoorbeeld ons kerk, maar alhoewel ons hier nie lidmate van ‟n bepaalde kerk is nie, is ons goed geintegreer, aangepas en aanvaar. Die hoogtepunt van ons lewe hier is die “singalong” by Huis AJ Liebenberg elke Woensdagoggend - wat ‟n belewenis! Dis ‟n heerlike ontspanne atmosfeer saam met vrolike, gelukkige seniors. Die personeel en inwoners is vriendelik en hartlik. Die fokus is beslis nie op “ouderdom en skete en kwale” nie. Inteendeel, daar is humor en samehorigheid. Ons oues sing ‟n hond uit ‟n bos uit en met “tannie” Twi aan die roer van sake is dit ‟n ervaring wat veel meer seniors behoort te geniet. Ons kan met eerlikheid getuig dat Piketberg ons gevorm het, die vrees vir verandering is omskep in ‟n leefwyse wat ons vir niks sal verruil nie. Ons is gelukkig en geborge en met kinders en vriende wat vir ons omgee, het ons sonder twyfel die “jackpot” geslaan. Baie dankie en hoera aan Piketberg en sy mense. Briewe vervolg op p.4

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTERS SMIT EN MORRISON.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir „n kwotasie


4

Briewe van ons lesers vervolg van p.2 Gareth Du Toit skryf . . . Jul Augustus uitgawe was nou sommer baie lekker leesgenot vir my. (Ja, my Ma het dit spesiaal vir my gepos.) Nie net omdat daar van my melding gemaak is nie, maar die hele uitgawe plaas klem op die positiewe kante van Piketbergers. Die Redaksioneel het my trots laat dink aan die gesegde onder my Piketberg vriendekring: "Piketberg is „n Dorp; as jy hom nie ken nie gaan jy Bitter Trane Stort." Na 22 jaar in Kaapstad "brag" ek nog altyd oor my geboortedorp. Hoewel ek die Kaap baie goed ken en selfs erg "verkaaps" het, is dit gewoonlik een van die eerste dinge wat mense van my leer ken: "Ek is „n Piketberger". En glo my vry; ek Bry nog steeds wanneer ek met ander Piketbergers praat. Ek onthou die onderhoud wat u jare gelede met my gevoer het nog baie goed. Veral toe dit by die fotosessie kom en u vir my sê: "Ag, gee bietjie meer hand man." Ek het nie juis geweet wat om met my hand(e) te doen nie, maar die eindproduk was nogal goed. Wel, goed genoeg dat ek op die voorblad van Die Piketberger verskyn het. Wat my loopbaan aanbetref gaan dit nogal goed. Ek gee reeds vir baie jare onderwys in Ballet en Kreatiewe Beweging by twee primêre skole as deel van die WesKaapse Onderwys Departement se Kuns-en-Kultuur kurrikulum. Daarbenewens is ek Senior Danser vir Dance Crew, „n klein dansgeselskap wat in Retreat gebaseer is (www.dancecrew.co.za). Belangstellendes kan gerus ons vertoning op 3 Desember in Tulbagh bywoon. Nogmaals Baie Dankie vir die hoë gehalte koerant wat trots Piketbergs is.

Kekkel & Kraai Heerlike Hoender 500g hoenderfilette in blokkies gesny 500g gevriesde gemengde groente 1 medium ui 2 teelepels olie of olyfolie Sout en peper en speserye na smaak Pakkie hoenderroomsop Metode: Braai hoenderblokkies en gekapte ui bruin in olie. Gooi in „n kasserol tesame met groente en 1 koppie water, sout, peper en speserye. As dit goed deurgekook is, voeg die sop, aangemaak met 1 koppie koue water by, en laat deurkook vir 10 minute. Bedien saam met rys of pasta.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Drie geslagte Langeveldt Groot was die vreugde in menige harte toe Johan en René Langeveldt hulle tweeling laat doop het op Eendekuil. Op die foto verskyn die drie geslagte Langeveldt.

Winteruitverkoping Klerasie en skoene Somervoorraad Nou beskikbaar Klere vir die vrou met

Johan Langeveldt, Oupa Hennie Langeveldt met Lomay, Ouma Johanna Langeveldt met Hennie en René Langeveldt. Dis Oupa Hennie se eerste kleinseun en naamgenoot van vyf kleindogters. Foto verskaf

Zebrafees 24 September PHS Sportgrond

Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Die Carling Black Label Kompetisie is gewen deur Gerrare Pieterse en hier oorhandig Hestroline Abrahams van Aroma die geskenkpak.

Kissie Bindeman het ook ‘n Savanna geskenkpak gewen wat deur Blanche Owies oorhandig is.

Chrisna van Onselen was die gelukkige wenner van die Savanna kompetisie. Cathleen Ockhuis het die Weber aan haar oorhandig.

Ons Amstel kompetisie wenner is Dale Gentle. Baie geluk aan al ons wenners!


6

Huldeblyk aan Jan Langeveldt Jan Langeveldt, alom bekend as Oom Jan, het in sy lewe diep spore getrap en monumente opgerig. In Piketberg is daar verskeie organisasies en instansies wat gebaat het by sy waardevolle insette, oordeelkundige besluite, innoverende denke, sy onstuitbare deursettingsvermoë en beginselvastheid. As Raadslid en Burgemeester het hy in belang van Piketberg en sy mense opgetree. Hy was nou betrokke by verskeie bouprojekte waaronder die Munisipaliteit (die nuwe een 1972 en weer in 1992 ná die brand), die swembad in Jan Langeveldt Van der Stelstraat, Radie Kotzé 17 Julie 1927 hospitaal, die NG Kerk se konsis22 Julie 2011 torie, moederskamer, pastorie in Van der Stelstraat asook ander restourasieprojekte. Hy was van die eerste mans wat by die ACVV insette gelewer het en was ook op Huis AJ Liebenberg se beheerraad. Sy passie vir Toerisme het hy uitgeleef as Toerisme beampte en sy liefde vir die Bewaring van die Geskiedenis het hom 'n onmisbare mens by Piketberg Museum gemaak. Hy word onthou as 'n opregte mens, 'n vaderfiguur, 'n raadgewer, 'n gerespekteerde, voorbeeldige mens, 'n invloedryke en deeglike leier - iemand na wie 'n mens kon opkyk, 'n reus! Jan Langeveldt het in sy lewe talle vergaderings bygewoon uit hoofde van sy ampte en wat kenmerkend van hom was, is dat hy altyd deeglik voorbereid was en weldeurdagte insette gelewer het. Soos iemand sê: "Dankie oom Jan, jy het jou kant gebring".

Bybelkunde Graad Die graad DLitt et Phil in Bybelkunde is onlangs aan Margaret Mollett tydens 'n gradeplegtigheid van die Universiteit van Suid-Afrika by die Internasionale Konvensiesentrum te Kaapstad toegeken.

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907

Margaret Mollett saam met haar seun Thomas Mollett en dogter Cathy Rossouw by die gradeplegtigheid. Foto: Gordon Harris Photograhic cc

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Roché meer as net 'n "Museumtannie" Piketberg kan trots wees op 'n Museum soos wat in Kerkstraat "staangemaak" is. Nie net getuig dit van goeie smaak en 'n noukeurige optekening van die dorp se geskiedenis nie, maar voel jy die passie vir bewaring aan as jy vir Roché, die kuratrise, beleef. Sy is meer as bloot 'n “Museumtannie". Vir agtien en 'n half jaar was sy die hartklop van die Museum en die Sinagoge, en tree sy nou af, nie net op 'n hoogtepunt nie, maar ook met 'n dankbare hart. Haar opvolger, Elizabeth Coetzee, voorheen bibliotekaresse by Piketberg Biblioteek, deel Roché du Toit en Elizabeth Coetzee. haar liefde en Elizabeth volg Roché op as kuratrise passie vir die van Piketberg Museum. Museum. Roché kyk terug op 'n aantal hoogtepunte in haar loopbaan waaronder die volgende beslis uitstaan: Die ingebruikneming van die huidige Museum in 1998, die WesKaapse konferensie op Piketberg in 1999, die 100-jarige bestaansjaar van die AME- en VGK-kerke en die ver-

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

soeningsgeleenthede saam met die NG-kerk in 2003, die plant van die olyfboom in 2004 ter gedagtenis aan die Jode, in 2010 die afhandeling van die navorsings-projek oor die ontstaan en geskie-denis van Piketberg - groot, kleurvolle panele met foto's (foto bo), die oprig en onthulling van die Shaer-gedenksteen in die ou begraafplaas en die inhuldiging van die Tien Gebooie in die Sinagoge in 2011. Die laaste projek, die Boekie-projek wat in September afgehandel word, maak haar baie opgewonde en hou haar vir nog so 'n klein rukkie betrokke. Roché erken dat sy mense om haar nodig het en daarom is sy dankbaar teenoor haar man, Stoffel du Toit, vir al die jare se raad en ondersteuning en die onderskraging en begrip van die verskillende Museumkomiteelede met wie sy saam gewerk het. 'n Vrou uit een stuk! -Red. Berig en foto‟s: Marietha Goosen

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuis gebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Huldeblyk aan Jurgens Thiart Met skok en hartseer het ons verneem van die oorlye van ons ou groot vriend, ons ou teddiebeer met die koddige stappie, ons jarelange buurman. Petrus Jurgens Thiart gebore op 21 Junie 1968 te Aurora in die Sandveld. Dit is ook waar hy grootWyle Jurgens Thiart geword het en sy skoolFoto en huldeblyk deur loopbaan voltooi het. Paul en Cecile Albertyn Daarna het hy gaan werk by die Spoorweë op Saldanha vanwaar hy oorgeplaas is na die Paul Sauer gebou in Kaapstad. In Kaapstad het hy vir Christelle Franken ontmoet. Die vroegoggend drawwery het tot die huwelik gelei waaruit 'n seun en 'n dogter gebore is, Janine (Blommie) en Jurgens Jnr (Seppie). Vanaf Kaapstad is hy na Nuweplaas, Eendekuil waar hy sy swaer, Frikkie Engelbrecht, se plaasbestuurder vir twaalf jaar was. In 2008 emigreer hulle na Wes-Australië. Daar sterf hy op 26 Julie 2011 in sy slaap aan 'n massiewe hartaanval. Daar is sekere goed wat sinoniem met Jurgens was o.a. sy liefde vir spesifiek John Deere trekkers en implemente. Hiervan getuig sy versameling van miniatuur trekkers en implemente. Die braaie wat hy en sy bure op die land gehou het as die laaste sooi geploeg is of as die laaste aartappel of die laaste vrag koring uit die land gery is. Die val in de swembad sodat net sy bekende pyp en tabaksak op die water dryf nadat een van die bure hom ingestamp het. As ek gesê het 'ou Jurgens, nou bly die reën darem lank weg', dan sê hy: 'Ouma Cielie moenie "worry" nie, die reën sal kom'. So was Jurgens, hy het altyd geglo, altyd vol grappies, altyd positief. Ai, en moenie dorp toe gaan en kos op die tafel los nie! Hy en Paul het die vermoë gehad om jou bakke leeg te maak. Dan bel Jurgens in die aand en sê: "Dankie Ouma, die bobotie was baie lekker". Ons groet jou, ou Grote, ou Teddiebeer. Ons wou jou nog so graag net een keer weer sien.

Die volgende Piketberger verskyn op 22 September. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 13 September om 5nm.

PIKET-BO-BERG “CYCLE CHALLENGE” 25 September 2011 Afstand: 59km; 37km; 18km; 9km As jy lus is vir brandboud opdraandes en oogtraan afdraandes met enkelbaan paadjies deur ongerepte natuurskoon, is die Piket-Bo-Berg Bergfietsuitdaging net vir jou! Hier word die bergfietsryers van die prettrappers onderskei!

Besoek www.piket-bo-berg.co.za vir meer inligting of skakel 022 -914 5652.

Liefste Boeta Ek moet jou groet, maar ek kan nie. „n Groot deel van my is saam met jou weg… Van altyd af was jy maar daar vir my, NIKS was ooit te veel moeite vir jou nie. Ek onthou toe jy die eerste keer vir Frik ontmoet het. Jy was in die weermag en op naweek pas, ons het jou in die Kaap kom haal. Jul twee het onmiddellik “geclick” en deur die jare het jul meer soos broers as swaers geraak. Jul twee kon so lekker saamkuier en het sommer enige kuier gou-gou opgehelder. Ek onthou ons Uilkraal kuiers en jou, Frik en Slabbies se laatnag sing onder die storte, Ou Ryperd, die hele kamp het gehoor. Ek onthou die dag toe jy, Frik, Erick, Neville en Koos ons huis op Yzerfontein gaan koop het. Toe jy en Stellie nog in die Kaap gebly het, was jy altyd my chauffeur, want jou ou sus was mos te bang om in die stad te ry. Dit was so lekker Jurgens Thiart en sy suster toe jy op die Renielda Engelbrecht. plaas kom werk het – elke dag se gesels, naweke se saamkuier, daar waar jy was was altyd „n gelag. My hart was seer toe jul Australië toe verhuis, maar ek het geweet jy doen dit vir „n beter lewe vir jou en jou gesin. Hoe lekker was dit nie om „n pakkie vol van Suid-Afrika te pak en vir jou te pos nie. Die Landbouweekblad was jou groot vreugde. Jy en Awie het dit so lekker gelees daar in Aussie land. Ek onthou ons kuier laasjaar in Australië en om te sien hoe gelukkig jul daar was en hoe lief die Aussies vir jou in so „n kort tydjie kon raak. Jou werkgewers het met lof van jou gepraat – hoe anders, jou werk was nog altyd jou trots. Jy was so lief vir Saarkie se sê-goed, jy was Atman se inspirasie. Julle twee kon so baie planne beraam. Ek onthou hoe hy altyd sy overall se sak vol chocolates gepak het as hy afstap stoor toe, “‟n snack vir my en Jurgie, ma.” Jy was so lief vir lekker eet Ek onthou die liefde tussen jou en Stellie, en hoe gou ons baie life geraak het vir haar. Die mooi opvoeding wat jul twee vir Seppie en Girlie gegee het – „n gesin om op trots te wees Boeta. Hulle sal altyd spesiaal bly vir ons. Die John Deeres op Klipfontein sal ons altyd met liefde aan jou laat dink. Ek onthou ons laaste telefoon gesprek, jou lekker lag en die woorde, “Ousus ek voel so goed.” My hart is stukkend, want jou stem is stil. Vir altyd sal ek baie lief wees vir jou, my enigste Boeta. „n Broer op wie ek baie trots is. Al my liefde Nielda

Dankie aan al ons adverteerders. Ondersteun hulle gerus. Redaksie.


9

90 vol jare vir Enna Bester Enna Bester het op 24 Julie 2011 'n volle 90 jaar geword. Geseënd, sonder enige kwale of moeilikheid - 'n blymoedige mens wat nog elke dag oorgenoeg het om haarself mee besig te hou. Tydens Die Piketberger se onderhoud met haar is haar Enna Bester op haar eerste sin: "Ek kan oor neëntigste verjaarsdag. elke tien jaar van my lewe rekenskap gee." Is dit nie merkwaardig nie! Enna se eerste lewenslig het sy gesien op die plaas Haaskloof, wat aan die Vercuiels op De Gliebe behoort. Haar pa was 'n boer en Enna was 'n laatlam in die gesin. Kleintyd het sy baie maats op die plaas gehad, o.a. ook 'n denkbeeldige maatjie met 'n horrelvoetjie. Die ryk verbeeldingswêreld wat deel van haar lewe vroeg reeds was, het handig te pas gekom later in die onderwys en vandag het Enna steeds die vermoë om die humor in situasies raak te sien, juis omdat sy in prentjies dink. Teen skool toe gaan tyd het sy 'n spesiale oppasser gehad, Pollie Burger van die plaas Brandhuis. Pollie was in st 6 toe Enna sub A was en saam moes hulle soggens vir Noble, die wit mak perd inspan en met die karretjie skool toe ry. Waar Dup Meubels vandag is, oorkant ant Sophie Fick se huis, het hulle uitgespan. Tydens haar hoërskooljare het hulle

Trippe Trappe Looitjie Wenners Ons wil namens Trippe Trappe Kleuterskool die gemeenskap bedank vir al die ondersteuning tydens ons lootjie veldtog hierdie jaar. Baie dankie aan al ons borge, Trippe Trappe ouers en leerders. Baie geluk aan al die wenners van die 25 heerlike pryse wat hierdie jaar uitgeloot is. Borge en Wenners: Eendekuil Hotel se een nag verblyf en ete bewys (André Potgieter), Liebco slaghuis se R300 geskenkbewys (Sarel de Villiers), Winkelshoek se boks brandewyn (Jean-Alet Scheepers), V Framing & Photo geskenkbewys (Esther Rossouw), Keyah Skin & Beauty geskenkbewys (Alta Rossouw), Salon Cut Above geskenkpak (Edwin Muller), Foto First geskenkbewys (Carika Carstens), Piketberg Apteek se Parfuum (Henri Venter), Spar se R250 geskenkbewys (DJ Smit), DWC Projekte se R200 lugtyd (Hilde Mohr), Distell se R250 borg (L. Smit), SAB se R250 borg (Schalk Visagie), Brandhouse se R250 borg (Derek Lambrechts), Andrag Agrico se John Deere skaalmodel trekker & keppie (Wikus Nel), Andrag Agrico se John Deere skaalmodel self-sprayer & keppie (Jan de Villiers), Mike Smit se vrag rooikrans hout (M. Coetzee), Kochelmanders/TerraNova se R50 bewys en bottel likeur van C. Wiese (Jana Truter), Oregon & More se geraamde afdruk van Maria skildery- R480 (Dean Bowers), Hebron se drie gang ete vir twee ter waarde van R250 (FJG Smit), Hebron se twee nagte verblyf B&B vir twee persone ter waarde van R1320 (C. Wiese), Hattingh Oogkundiges se gratis oogtoets en bottel likeur van C. Wiese (Carlo Cooper), Dup Meubels geskenkpak (M. Basson), Ge-C-es se Clue

op Stinkfontein, vandag deel van Voëlvlei, gebly. Na haar matriek (1940) is sy WOK toe vir Kindertuin Opleiding. Haar eerste pos was op Aurora waar sy 15 pond 14 sjielings verdien het. Dit was die jare van alles-doen. Sy speel orrel in die kerk, gee huishoudkunde nadat die kleintjies al huis toe is, rig netbal af, hou konserte, doen volkspele en "al wat 'n ding is". In 1951 is sy vir 6 maande Hopefield toe met 'n gekombineerde klas van 50 Sub A's en B's. Na 'n volgende twee en 'n half jaar op Ceres, is sy op Piketberg aangestel waar sy tot einde 1983 skoolhou en aftree. Haar sorgvrye jare van aftrede het sy goed benut om konserte, optredes en spesiale geleenthede by te woon. Sy is reeds vir jare lid van die Leeskring en was vir baie jare die sekretaresse van die ACVV. Sy het katkisasie klasse gegee en oral hand gegee waar nodig. In die laaste jare was sy op Huis AJ Liebenberg se inwonerskomitee en het sy die vouery van Die Piketberger georganiseer. Verder lees sy graag die koerant, enige tydskrif en 'n goeie boek! Enna het vier vaste afsprake elke week in die Tehuis, Maandae doen Julana haar hare, Dinsdae het hulle Bybelstudie olv Mara Burger, Woensdae is samesang met Twi Smit en Sondae woon sy die kerkdiens in die sitkamer by. Verder deel sy in die wel en weë van haar bure. Oor die wonderlike versorging in Huis AJ kan Enna nie uitgepraat raak nie. Alles gebeur op sy tyd en alle denkbare dienste bereik hulle. Mag daar talle hoogtepunte wees in Tannie Enna se volgende dekade. Dan vier ons die 100! -Red. Dit sal lekker wees as haar oudleerders van hulle laat hoor. Berig en foto: Marietha Goosen Junior bordspeletjie (M. Frieslaar), Thomas Mollett (Griffel Media) se boeke geskenkpak (Sandra van Wyk), Monique Potgieter se houer tuisgemaakte beskuit (A de Villiers). Dan is ons ook baie trots om vir die drie Trippe Trappe leerders hartlik geluk en dankie te sê (wat die meeste lootjies verkoop het hierdie jaar): Ruvan van der Westhuizen spog met die meeste lootjie verkope en sy prys was R600 kontant, „n R150 Sweets Mania ge-skenkbewys en „n John Deere keppie. Hanri Venter was tweede en het R400 kontant, „n R100 Sweets Mania ge-skenkbewys en „n John Deere keppie ontvang. Anali Smit was in die derde plek en het R300 kontant, „n R50 Sweets Mania geskenkbewys en „n John Deere keppie ontvang vir al haar harde werk. Die wenners se prysgeld is deur NQF en Eswé Visagie (Nexus) geborg. Die ge-skenkbewyse is deur Sweets Mania en die keppies is deur Andrag Agrico geborg.


10

Sara Pietersen 96 jaar Dis 'n helder, kwaalvrye Sara Pietersen wat Die Piketberger te woord staan op haar verjaarsdag. Sy is vir die dag by familie in Loopstraat en kry talle besoeke en telefoonoproepe. Dis duidelik dat die mense met wie se paaie hare gekruis het, sy beslis 'n merk gelaat het - een van waardering, agting en bewondering. Soos in haar jonger dae stel sy steeds belang in dit wat om haar gebeur, woon nog byeenkomste en praatjies by en mis nie een Maandag haar kerk se afkondigingsbladjie nie, aangesien sy op hoogte wil bly. Haar lang en gelukkige lewe skryf sy toe aan die Here se seën en genade oor haar lewe. Haar lewe word gekenmerk deur haar hartsoortuiging om aan ander diensbaar te wees. Dis waarom sy grotendeels met maatskaplike werk besig was teenoor armes, oues, gestremdes, ongeletterdes en ander hulpbehoewendes in Piketberg gemeenskap - oor kleurgrense heen! Al was die pad wat sy moes stap, soms 'n opdraende een, onthou sy vandag net die liefde en gasvryheid wat sy ook oor kleurgrense heen teruggekry het. Vir Sara Pietersen is en bly Piketberg 'n lieflike dorp. Namens die lieflike dorp en sy mense salueer ons 'n lieflike vrou. Tannie Sara is vir ons „n inspirasie. Ons sien uit na die 100ste! -Red.

Saam met Ouma Sara Pietersen, middel, is van haar familie en vriende wat haar 96ste verjaarsdag saam gevier het op 12 Augustus. Agter is Joan Links, Vera Africa, Anna Smith, Dina Strauss, Rachel van Rooy, Marie Links en Edith Strauss (dogter). Voor is Tracey Leigh Steenveldt-Bruintjies (agterkleindogter), Sara Pietersen, Henriëtta Africa (kleindogter) en Lena Daniëls. Berig en foto‟s: Marietha Goosen

Onthou u kan Die Piketberger op die web lees by www.piketberg.com. Ons is van verlede maand af op Facebook. “Write” op ons “wall”.

Liebco Produkte 300g Bacon Polonie R7.75 750g Russian Polonie R10.95 400g Salami R11.95 550g Chicken Polonie R13.75 Smoked Kassler chops @ R55.95 per kg Smaak so Lekkerrrrrrrr!

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg

022-913 1505

Verkope Dirk 083 646 8718 Gilbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

022-913 2410

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221


11

Kook Kompetisie

Vrouedag by Radie Kotze

Feedem Pitseng se jaarlikse kook kompetisie in die WesKaap was in Julie. Radie Kotze Hospitaal en Huis Nerina (Porterville Tehuis vir bejaardes) het saam deelgeneem en 'n tweede plek uit 42 inskrywings behaal. Die span gaan in Oktober aan die nasionale kook kompetisie van Feedem Pitseng deelneem. Baie dankie aan Johan de Villiers van Boland Superspar wat baie moeite gedoen het om die bestanddele te help kry.

Feedem Pitseng het vir Vrouedag die pasiĂŤnte en personeel by Radie Kotze Hospitaal bederf met eetgoed vir teetyd. Op die foto is verpleegsters De Bruin en Van der Merwe en Suster Toontjies.

Op die foto is Bettie Willemse (kok - Huis Nerina), Marina de Waal (voedeseldiens-bestuurder Radie Kotze Hospitaal), Lelanie Louw (voedeseldiensbestuurder Huis Nerina) en Juanita Mocke (Distriksbestuurder Feedem Pitseng). Fotoâ€&#x;s en berigte: Feedem Pitseng

Piketberg Leeskring Woensdag 21 September 2011 om 09:30 Biblioteeksaal "Plaasmoord" deur Karin Brynard word bespreek


12

Gepla deur onwelkome oproepe? Foto First het gedurende Junie en Julie weer 'n baba kompetisie gehou, drie klein en oulike wennertjies is gekies. Dit het omtrent kopkrap gekos om te besluit wie gaan wen, maar einde ten laaste is 'n keuse gemaak. Baie geluk aan die drie en onthou volgende jaar maak ons weer so.

6 - 12 maande: Kristian Nel

0 - 5 maande: Johnethe Müller

13 - 24 maande: Marcus Manuel Foto‟s verskaf

As jy gedurig gepla word deur oproepe van mense wat aan jou goedere per telefoon wil verkoop of as jy gemorspos ontvang wat aan jou geadresseer is, kan jy iets doen om dit te verhinder. Al wat jy hoef te doen is om jou te laat deregistreer by die Regstreekse Bemarkings Vereniging (Direct Marketing Association). Daar is drie maniere hoe jy te werk kan gaan. Eerstens kan jy die woord DMA gevolg deur jou ID nommer na 31484 SMS. Andersins kan jy die DMA skakel by 0861 362 362 en vra dat jy gederegistreer word. Die laaste manier is om die DMA se webtuiste te besoek deur DMA in jou soekenjin in te tik om die webtuiste te vind. (http:// www.dmasa.org/) Op die webtuiste aan die linker bokant is „n skakel waarop Opt Out staan. Die skakel neem jou na „n veilige webtuiste (nationaloptoutregister) soos gesien kan word deurdat die naam begin met https en die agtergrond van die naam is groen en die slotjie verskyn ook daarop. Jy sal nog steeds oproepe ontvang van ondernemings waarmee jy gereeld sake doen of ondernemings aan wie jy toestemming verleen om jou te skakel. Wanneer jy gederegistreer is word jou posadres ook verwyder. As jy enigsins twyfel oor bostaande kan jy altyd op die DMA se webtuiste nog inligting verkry. Inligting verskaf deur Pierre Steenkamp

DRINGEND OP SOEK OM TE KOOP

DUIKERS, STEENBOKKE, GRYSBOKKE, MAKOUE, EENDE, KALKOENE en MAK POUE VIR WILDPARK IN DIE PIKETBERG AREA BABIE THERON TEL: 022 913 2163 SEL: 082 365 5509 FAKS: 086 550 3504 e-POS: babi@telkomsa.net

.


13

Goedverwacht Bib vier Vrouedag

Jeug bederf Bejaardes

Dannelene Noach, oud-Piketberger en skrywer van die boek, Vrou Alleen, was die gasspreker op 'n Vroueoggend wat deur Goedverwacht Biblioteek gereël is. Neëntig vroue het aangesit by keurig gedekte tafels en is getrakteer op heerlike eetgoed en tee. Almal is verder verryk deur die inspirerende spreker se ervarings in Saoedi-Arabië, die voordragstukke deur Magdaleen van Zyl en die gesoute Maria Afrikaner as seremoniemeester. Dannelene is ook stigter van “The Woman Alone Foundation” wat vroue en hulle families wil ondersteun en inspireer tot hulle volle potensiaal. Die boek Vrou Alleen is by Piketberg Biblioteek beskikbaar teen R145-00. Deur 'n boek te koop ondersteun u outomaties “The Woman Alone Foundation”.

Witmor Jeugvereniging te Wittewater het op 29 Junie „n “Pampering” Dag gehou. Hulle het alle ouer persone na hierdie spesiale dag genooi. Die jongmense van die vereniging het hulle bederf met manikure, pedikure, masserings, grimering, gesigbehandelings en haarbehandelings. Verder is hulle met sang en praatjies deur verskeie departemente getrakteer nl. Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling (Me Stevens, Mnr Van Wyk, Mnr Jacobs en Me Paulse), Dept. Gesondheid (Sr Dietrich en span), SAPD Piketberg (Konst. Gerswin Muller), DA raadslid (Dirk Adams) en die Plaaslike Leraar Eerw Hans. Die doel van die dag was om erkening aan alle ouer persone te gee vir hul onbaatsugtige bydrae tot die jeug se ontwikkeling. Finansiële ondersteuning en kruideniersware is ontvang deur gemeenskapslede. Die vereniging kon die geld gebruik om geskenkies te koop vir diegene wat dit bygewoon het en ook diegene tuis. Kos en nagereg is ook bedien. Op 17 Julie het die vereniging die kerkwerf skoongemaak. Hulle bedank alle persone oa Diana Jansen en alle jeuglede betrokke vir hulle samewerking. Julle maak regtig „n verskil.

Op die foto verskyn Charmain van Rensburg, bibliotekaresse van Goedverwacht, Magdaleen van Zyl, kunstenaar, Dannelene Noach, gasspreker en skrywer van die boek Vrou Alleen, Carol Jantjies, biblioteek assistent, wat die reëlings behartig het en Liezl Dietrich, biblioteek hulp. Foto en berig verskaf deur Gerna Croeser

Dr Christa op Piketberg

Berig en foto: Witmor Jeugvereniging

Madelene Nelson en Dr Christa Joubert . Dr Christa Joubert is „n splinternuwe gesig by Hattingh Oogkundiges. Sy sal die praktyk twee keer per maand kom besoek. Christa spesialiseer in die diagnosering en behandeling van oogsiektes. Madelene Nelson, ontvangsdame van die praktyk, sal haar afsprake hanteer. Vir dr Christa is dit net 'n plesier om na Piketberg toe te kom, aangesien sy dan kosbare oomblikke saam met haar suster, Jansie Truter, en skoonsuster, Gerna Croeser, kan hê. Berig en foto: Marietha Goosen


14

Blom– en Tuinbouklub nuus Tuinboulede van die Piketbergblom- en Tuinbouklub, het tydens die Piketberg Landbouskou 'n uitstalling van hulle blommekuns gehou. Vir sommige van die uitstallers, was dit die eerste keer dat hulle hulle blommekuns aan die publiek ten toon gestel het. Te oordeel aan al die positiewe kommentaar en al die foto‟s wat geneem is, was die uitstalling 'n reuse sukses. Katinka Morrison, voorsitter van die klub, wil al die lede wat deelgeneem het bedank vir hulle ondersteuning. Sy is werklik trots op die lede wat deelgeneem het, van hulle het tot vier ontwerpe gemaak al was hulle oppad om langnaweek te gaan hou. Wat werklik merkwaardig was, is Micky Visser wat vyf ontwerpe gemaak het ten spyte van die feit dat sy deur 'n baie hartseer tyd gaan met die verlies van haar seun. Vir die eerste keer in 28 jaar, was die blommekuns in die blomsaal amper uitsluitlik net deur Piketbergers geskep. Die drie Portervillers wat deelgeneem het, is ook lede van Piketberg se Blom- en Tuinbouklub. Voorwaar 'n prestasie!

Die Geur van Christus ... met Annalize Wiid NG Kerk Piketberg Lente-aanbieding

2 en 3 September Vrydag 19h00 - 21h00 Saterdag 08h00 - 13h00

Ek is... Ek is...die Herder Ek is...die Lam Ek is...die Here

Kontak Suzette 082 498 7298 Mieta 076 472 5641

Kix Uitslaap vir Kusamala Vrydag 9 September Vrydag 21:00 tot Saterdag 08:00 R20 (Dis jou B&B en jou bydrae vir die Kix Kusamala Projek) Inskrywingsvorm op die Piketnuus van 2/9 Bergrivier Munisipaliteit se nuwe telefoonnommer is 022 913 6000 Biblioteek 022 913 6093 Museum 022 913 2177

Links is een van Micky Visser se ontwerpe, spesiaal ter ere aan Floris, haar seun wat onlangs verongeluk het. Regs is „n ontwerp teen die muur geskep deur Marinda Mostert. Foto‟s en berig: Katinka Morrison Die volgende Tuinbouvergadering is op Woensdag 7 September. Ons besoek 'n plaas op die berg waar ons gaan kyk hoe blomme vir uitvoer gepak word. Daarna besoek ons 'n tuin op Excelsior, waar ons tee gaan drink. Ons vertrek 09:00 vanaf die Biblioteeksaal. Besoekers is welkom teen „n besoekersfooi van R20.

PIKETBERG MUSEUMKOMITEE U word uitgenooi om Piketberg Museumkomitee se algemene jaarvergadering by te woon. Dit vind plaas op 20 September 2011 om 15h00 (3nm) by die Sinagoge, Kerkstraat, Piketberg. Nominasievorms vir vrywillige poste as voorsitter, ondervoorsitter, tesourier en komiteelede kan by die museum afgehaal word. Alle nominasies moet teen 15 September 2011 ingehandig wees. Bevestig bywoning asseblief teen 15 September 2011 by 022-913 2177 (09h00 - 14h00).


15

Eier-en-Lepel by Huis AJL Daar is baie gelag en gekonsentreer toe Huis AJ Liebenberg se inwoners hulle vernuf met 'n eier-en-lepel resies getoets het. Die inwoners het in 'n kring gestaan, elkeen met 'n lepel in die hand. Die eier is in die kring van lepel na lepel aangestuur. Na die welslae van die poging is elkeen beloon met 'n "sherbet" eier, wat hulle op die lepel moes balanseer tot by hulle sitplekke. Dit alles het foutloos verloop. Op die foto is 'n paar van die deelnemers wat ywerig aan die speletjie deelgeneem het.

Gee Gas skenk Produkte Op Saterdag 6 Augustus 2011 het Gee Gas hulle jaarlikse vierwielmotorfietsbyeenkoms gehou. Die bestuur het besluit om `n optog deur die dorp te hou met al die deelnemers, van daar het daar „n idee ontstaan om al die deelnemers te vra om onbederfbare produkte saam te bring wat gedurende die optog aan behoeftige instansies oorhandig kan word. Twee instansies is geïdentifiseer nl. Mother Pearl Bewaarskool en die NG Kerk se Koskasprojek. Die deelnemers se harte en hande was oop en by elke instansie is bykans „n bakkievrag kos afgelewer. Gee Gas bestuur wil graag al die deelnemers bedank vir hulle bydraes en ook die ordelikheid van die optog van ongeveer 150 motorfietse deur Piketberg se strate. Graag wil ons ook die verkeersdepartement en SA polisie bedank vir hulle vriendelike en hulpvaardige diens met die dag. Aan die Bergrivier Munisipaliteit, baie dankie vir die toestemming wat verleen is om die optog moontlik te maak asook Piketberg Skou wat aan Gee Gas die geleentheid gebied het om hierdie projek te kon deel maak van die skou. Vir al die betrokkenes wil Gee Gas ook graag bedank vir hulle onbaatsugtige hulp, veral die dames wat elke keer die inskrywings hanteer. Die Gee Gas bestuur by name Petrie Smith, Gerhard Kretschmer, Charl Smith en André van Zyl bedank almal hartlik.

Antonia Less, Karin Greeff en Twi Smit hard aan die konsentreer tydens die eier-en-lepel resies by Huis AJ Liebenberg. Berig en foto: Lilla Treurnicht

PHS Noodhulpspan

Gee Gas se optog deur die dorp.

Hierdie noodhulpspan het by elke PHS-sportdag, ongeag die weeromstandighede, uitsonderlike hulp verleen aan die spellers. Agter is Anja Venter, Nicola van Zyl, Marianna Kirsten (organiseerder), Maryke Visser, Davida Voges en Tian Smit. Voor is Monique Dwyer, Lylani van Lill, Marian Stone en Herschelle Benjamin. Berig en foto: Marietha Goosen.

PHS dagboek 5 September: Oupa en Ouma Lentetee 7 September: Jet SA Wiskunde Moorreesburg 8 September: Laerskool sangfees 9 September: Akkedissie Toneelfees 12 September: L/S toetsreeks en Gr 12 eksamen 15 September: H/S toetsreeks

Produkte word afgelewer aan behoeftige instansies deur Gee Gas. Berig en Foto‟s verskef deur Gee Gas


16

Arbeidskolom Anel Wiehman

Konflikhantering in die werksplek Die meeste van ons spandeer die grootste gedeelte van ons dag op kantoor tussen „n diverse groep mense. Ons kollegas het uiteenlopende persoonlikhede, opinies, waardes en prioriteite wat konflik in die werksplek onvermydelik maak. Die grootste uitdaging is egter hoe ons konflik hanteer. Konflik is deel van ons menslike natuur en dit is nodig dat mense van mekaar verskil. Daar bestaan twee sienings oor konflik. Die tradisionele seining waar konflik as sleg of negatief beskou word, en die interaksionistiese siening waar konflik gesien word as „n positiewe verskynsel wat tot voordeel van die maatskappy kan wees. Ek glo as konflik positief bestuur word, kan dit lei tot die vloei van kreatiewe en innoverende idees. Dit is egter belangrik om te weet wat veroorsaak konflik en hoe om op te tree in konfliksituasies. Verskeie kere onstaan konflik want werknemers stel nie daarin belang om mekaar se behoeftes, belangstellings en waardes te respekteer nie. As jy respek betoon terwyl jy jou mening uitspreek, word konflik as funksioneel gesien. Dit moet gaan oor die kwessie en nie die person nie. Dus moet jy dit vermy om persoonlike aanmerkings te maak of te stereotipeer. Bv as daar „n Moslem by die werk is wat nie gemaklik daarmee is dat jy vark naby hom eet nie, respekteer sy geloof en verstaan waar hy vandaan kom. Gereelde en goei kommunikasie sorg dat werknemers weet wat van hulle verwag word en hoe om op te tree teenoor werknemers. Elke werknemer reageer verskillend en daarom is dit belangrik dat jy „n persoon „ontleed‟ as jy met hulle kommunikeer. Mense vermy eerder konfliksituasies, want hulle weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. Daar moet egter vrymoedigheid wees om oor kwessies te praat en die fokus moet wees om „n oplossing vir die probleem te vind. Enige onderneming het beperkte hulpbronne, wat beteken werknemers moet met mekaar kompeteer. Daar kan aanvaar word dat hoe skaarser die hulpbronne is, hoe groter is die potensiaal vir konflik. Werknemersmoet egter in ag neem, dat daar „n begroting vir elke Departement opgestel is aan die begin van die finansiële periode. Indien die Departement of werknemer spesifieke behoeftes het, moet hy/sy dit met bestuur bespreek en ook met „n volledige motivering hoekom die spesifieke hulpbronne benodig word. Daar is nog vele ander faktore wat konflik in die werksplek veroorsaak. Dit is egter elke werknemer se verantwoordelikheid om aanspreeklikheid te aanvaar en volwasse op te tree in „n konfliksituasie. William James, „n Amerikaanse filosoof en sielkundige het wyse woorde gespreek: In „n konfliksituasie is daar net een faktor wat die verskil sal maak tussen of jy jou verhouding skade gaan berokken of gaan laat verdiep – jou houding. Vir enige verdere navrae of advies, kontak HR Dinamik gerus.

Kix Minute to Win It Vrydag 9 September 18:00 - 21:00 Spaar solank jou 50c-stukke Boereworsrol, koeldrank en koek teen R5 per kind

Francua Marcus „n Moeder Teresa Francua Marcus word beskryf as die hedendaagse Moeder Teresa. Sedert die afskop van El Roi Kosprojek, berei Francua daagliks „n maaltyd voor vir ongeveer 600 behoeftige leerders. Aangesien hierdie projek self afhanklik is van die aalmoesies uit die gemeenskap, is daar nie fondse om haar „n loon te betaal nie. „n Tydjie gelede stop iemand, wat van Francua se weldaad Francua Marcus te hore gekom het, „n koevertjie in my hand en vra dat ek dit aan haar sal gee. Met die eerste geleentheid ry ek gou by Steynville Sekondêr aan, net om haar soos gewoonlik, getrou op haar pos te kry. Met die stopslag word ek begroet met: “Mevrou! Mevrou! (uitasem en baie opgewonde) Mevrou sal nooit glo nie! Net gistermiddag gee ek die laaste snytjie brood vir my kind, nadat ek 'n bietjie konfyt by my buurvrou gaan vra het, sodat daar darem net iets op die broodjie kan wees. Toe bel Boland Spar my netnou om vir my te sê ek het die R1500 trolley dash gewen!!! Hoor Mevrou, ek het R1500 geweeeeeeeen!!!!!!" (terwyl sy so ‟n wye draai hardloop van opgewondenheid). Reeds sukkelend om my eie emosies in toom te hou, met die besef dat hierdie vrou elke dag vir 600 kinders kos gee, terwyl sy self nie kos in haar huis het nie, terg ek haar toe dat sy vandag God se witbroodjie is. Ek het nog 'n koevertjie ook vir haar! Nodeloos om te sê dat haar trane van dankbaarheid vryelik geloop het, terwyl sy saggies prewel „dankie Here, dankie…‟ Ek het net weer besef dat El Roi (Almagtige God wat sien) juis hieroor gaan... God sien ons nood. Hy VOORSIEN in AL ons behoeftes sonder verwyt. Hoe kan ons dan stilbly oor die groot genade van ons Vader? 'Dankie Here' is al wat ek kan sê, terwyl ek met dankbaarheid na my eie oorvloedige lewe en omstandighede kyk… Berig en foto: Emily Rossouw

Badisa neem afskeid Badisa het op 5 Augustus afskeid geneem van Almari Valentyn. By haar op die foto is die destydse voorsitter, Dennis Afrika, wat vyf jaar gelede by haar aanstelling betrokke was. Foto verskaf


17

Elmirique Smit se Drome word Waar Vir Elmirique Smit, 'n gehoorgestremde oud PHS'er, het twee drome waar geword. Sy is oppad na Delft in Holland om au pair werk te doen vir twee Hollandse dogtertjies van 4 jaar en 8 jaar. Sy het ook pas 'n hoogs gespesialiseerde gehoor apparaat bekom deur hope genade. Mense se oop hande, harte en beursies het gesorg dat Elmirique vir die eerste keer sekere klanke kan hoor en normaal kan funk-

sioneer. Sekerlik van die grootste voorregte is om aksie flieks te volg (met die nodige byklanke), oor 'n telefoon of selfoon te kan praat en veraf natuur geluide te hoor. Ondanks Elmirique se gebrek was sy in PHS hoofstroom skool 'n media prefek, 'n Kanon Redaksielid, Plofstof ATKV-afgevaardigde en 'n LWO A-kandidaat. Elmirique het 'n besonderse liefde en aanleg vir tale en gaan eersdaags 'n Taalkursus in Nederlands volg in Den Haag.

Eerste pryswenner Gerhard Oosthuizen van Koringberg wen „n MS 381 Stihl kettingsaag met komplimente van Stihl SuidAfrika.

Op die foto links is die borge vir die lootjie pryse Kevin Richards (Stihl SA), Elzanne Richter (Windheuwel Boerdery) en Jan en Marthie du Toit (Mounton Creek Spur). Op die foto regs is Marius en Antoinette Smit van Piketberg Powertools, ouers van Elmirique Smit. Hulle bedank elkeen vir hulle bydrae. In die middel staan Berdeen Olivier. Tweede pryswenner Berdeen was die dryfveer en groot inspirasie agter die lootjie verkope - ook die een wat André Julius van letterlik almal wat haar pad gekruis het, gevra het om 'n lootjie te koop. Die lootjie verGoedverwacht wen „n kope het R20 000-00 ingebring. Die druk van die lootjies is geborg en gedoen deur Arno skaap met die kompliOlesen van Piketberg Drukkers. Die internet het 'n groot rol gespeel in die fondsinsame- mente van Stefanus ling. Wildvreemde mense het bydraes gemaak. Berig en Foto‟s: PPT en Marietha Goosen en Elzanne Richter.

Elmirique Smit

Waar begin ek om dankie te se? Dankie aan elke persoon in die Piketberg-gemeenskap asook mense van ander plekke. Hierdie is 'n opregte dank uit my hart. As dit nie vir julle mense was nie, het ek nie nou met nuwe apparate in my ore gesit nie. Ek geniet die wêreld van meer klanke soveel meer en hoor elke dag nog nuwe klanke by. Dankie vir elkeen se bydrae, groot of klein, dit word opreg waardeer. 'n Spesiale dank aan al die borge wat dit moontlik gemaak het vir die kompetisie, vir Stihl en oom Kevin Richards, my au pair ouers, oom Stefanus en tannie Elzanne Richter van Windheuwel, Mountain Creek Spur vir oom Jan en tannie Marthie du Toit. Dankie dankie dankie. Julle sal weer van my hoor vanuit Holland.

Derde pryswenner Le Roux Joubert van Koringberg wen „n geskenkbewys van Mountain Greek Spur.


18 Logantoneelfees - magdaleen van zyl Op „n reënerige Vrydagoggend ry ons met twee skoolbussies, twee ventertjies tot barstens toe vol gelaai en vyftien dramaqueens, die twee regisseurs en „n paar getroue „fans‟ Fraserburg toe vir die jaarlikse toneelfees. By Porterville verby dink ek al klaar hoe de dinges gaan ek dit maak, want dis „n absolute kakofonie van klank. (Ek hou mos eintlik van stiltes). Die klomp eet en drink en kekkel en gil en jil dat ek bang is hulle stemme is weg as ons moet optree. Dis ver soontoe, en ons ry mos stadig met die pakkeraas. Ons is nog nie eens by Gouda nie toe soek die eerste een al „n toilet en ek wonder hoe ons skoolhoof dit gaan maak met die klomp dramatieses. Die eerste petrolstop was veronderstel om net „n paar minute te wees, maar ondanks die berge padkos, lyk dit asof niemand nog ooit „n Steers gesien het nie, en die arme mense moet omtrent bontstaan om ons klomp te bedien. Ons werk amper die hele spyskaart deur en ons is skaars weg uit Piketberg uit. Hoe verder ons van groot dorpe af ry, en hoe langer die pad tussen die dorpe strek, hoe stiller raak dit in die bussies. „n Klomp probeer nou beautysleeps inkry, want “mens weet nooit wat jy op Fraserburg kan raakloop nie”. Dis ysig koud en oral langs die pad is die berge wit gesneeu en ek wonder heeltyd of ek genoeg warm goed in het - gelukkig is my warmwatersak bo-in my tas (klink soos „n ou tannie, maar eerder dit as wat ek dood van die koue). Ons ry Fraserburg „n dagreis later met „n dawerende stilte binne, en ek weet die kinders wonder waar de dinges die fees nou eintlik is, want mens sien skaars „n hond loop. Ons word na ons onderskeie verblyfplekke geneem en waad deur die modder (dit het baie gereën daar) om ons bagasie af te dra. Ek‟s sommer vies, want ek het net my nuwe bootse ingepak, en sal nou Fraserburg se PEP moet stormloop vir iets anders. “Ek is honger”, sê een. Twee stry oor wie eerste toilet toe moet gaan - daar is net een badkamer en ons is tien meisies in hierdie huis!, en verder soek elkeen „n bed en redekawel oor wie by wie moet slaap. Dankie tog vir die rustige en georganiseerde ouers wat saam is wat net „n tikkie „stabiliteit‟ tussen die klomp dramaqueens moet bring met doodgewone aardse goed soos kos aandra, en ons vervoer van punt A tot punt B. Ek probeer my bes om almal voor twaalf in die bed te kry, want ek weet ek moet die eerste groep ses uur wakker maak vir ons repeitisie sewe dertig. Nodeloos om te sê, toe ons kwart oor ses die Saterdagoggend knarsend tot by die skoolbussie strompel (die gras is toegeys), is die helfte van ons se oë nog nie oop nie. Ons is amper almal blond, maar sukkel nie te lank om die sentimeter dikke laag ys op die voorruit te laat ontvries nie, sommiges is toe meer by as ander en daar bibber-bibber ons tot by Fraserburg skoolsaal, sommer net so in ons pajamas met handskoene, musse, stewels en dik baadjies bo-oor. Seker skreeusnaaks om te aanskou, maar Pieter, die klankman van Fraserburg is teen die tyd seker aan als gewoond. Terug by ons huisie, begin groep een stry oor die enkele badkamertjie (onthou, die toilet en bad en als is in een plek), terwyl ek groep twee wakker maak vir hul repeitisie. Dieselfde prentjie herhaal hom, behalwe dat dit dalk nou miskien twee grade warmer is. Terug by die huis en klaar met ontbyt en opruim, moet groep een begin met hul grimering en aantrek en goed bymekaar sit, want

hulle tree half twaalf op. Dis „n groot storie, want dis „n baie ernstige drama en die een kan nou nie met daai een praat nie, en daai klomp moet weer stilbly, en elkeen het net sy eie rituele en moves en musiek en stiltes om hom in die regte „zone‟ te kry vir sy optrede. Iemand wat nie weet nie, sal dink dis „n klomp malles, maar ek verstaan my dramakids en gee elkeen sy spasie en probeer my bes om elkeen (en myself) kalm te hou. Intussen maak groep twee ontbyt en ruim op en kan ook nie baie raas nie, want dan kom groep een uit hul zone uit. Die optredes self was ongelooflik en ek was so trots asof ek elke kind self gebaar het, maar die eintlike dramas is al die sideshows en als wat verkeerd kan gaan, soos bv ons een stuk rekwisiete wat tien sekondes voor die gordyn moet oopgaan, net WEG is, en nou nog weg is, en ons kan nie sonder dit speel nie - dis „n redelike „centerpiece‟. Maar „n hulpvaardige stage-hand tower toe blitsig „n ander bordstaander op, van waar weet ek nou nog nie. Ons het terug gekom met 11 toekennings, en die dramaqueens (waarvan ek die hoof-ene is!) is reg vir die volgende vertoning. The show must go on.

TOTAL WINKELSHOEK “90 Dae van Hoop” Dit is vir ons „n voorreg om betrokke te wees by die gemeenskap” die woorde waarmee Nico Janse (bestuurder) by Total Winkelshoek die afgelope week, namens die maatskappy weer „n bydrae gemaak het tot die gemeenskap. Ray van Rooy het ons genader met sy “90 Dae van Hoop” projek om voedsel en komberse en klere in te samel vir mense wat dit in die winter mag nodig kry.Op die foto hieronder oorhandig Albert Marshall en Nico Janse (Total Winkelshoek) verskeie sakke vol met blikkies kos aan Ray van Rooy, die projekleier. Ons glo van harte dat daardie paar sakke kos „n paar mense se lewens kon verander het deur hul magies vol te maak. Alle voorspoed aan Ray met hierdie wonderlike poging.

Albert Marshall, Ray van Rooy en Nico Janse Foto en berig verskaf deur Winkelshoek


19

Rolbalklub se Besigheidsdag Op 22 Junie het Piketberg Rolbalklub sy jaarlikse besigheidsdag gehou. Viertien baie entoesiastiese spanne het deelgeneem. Almal het sommer gou die tegniek onder beheer gekry en toe was die stryd aan. Die spel het in ‟n ongelooflike lekker gees plaasgevind en daar is behoorlik aangemoedig en kommentaar gelewer. Die span van Dale Gentle van Van Zyl‟s Garage het met die louere weggestap met die mansspan van PHS net een punt agter hulle. PPC se span was derde. Die grondslagfase onderwyseresse het vir almal gewys hoe die gees nou eintlik moet wees. Alle deelnemers het die dag baie geniet en rolbal was beslis die wenner. Die doel met die aanbied van sulke dae is om meer lede vir die klub te werf, maar ook die sport aan meer mense bekend te stel. Enigiemand, oud en jonk, wat belangstel om te kom speel kan Marianna Kirsten by 072 071 6060 skakel of die klub e-pos by piketbergrolbal@gmail.com. Ons het balle beskikbaar, u kan maar net opdaag. Die volgende lede is gekies om op die bestuur van Piketberg Rolbalklub vir 2011-2012 te dien: Rosa Lategan, president; Jannie Visser,vise-president; Marianna Kirsten, sekretaresse en wedstrydsekretaris; Dale Gentle, tesourier; Sonia Richter, ontwikkelingsbeampte; Deon van Dyk, perkemeester en Johannes Nienaber addisionele lid.

Wenners van die Besigheidsdag-Van Zyl‟s Garage.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa Van die spanne wat die rolbaldag geniet het. Foto‟s en berig: Marianna Kirsten

André Yardley 079 994 5435


20

Die volgende Piketberger verskyn op 22 September. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 13 September om 5nm.

Stuur jou EEN mooiste Matriekafskeidfoto met name en fotograaf se naam na diepiketberger@gmail.com


21

Duitse uitruilstudent Charlotte Persitzky het vir drie weke by die Coetzee familie (Hein en Karin) deurgebring. Sy is 15 jaar oud en bly in Hof, Duitsland. Sy wou graag „n ander land ervaar en beland in Piketberg, waar sy, volgens haar, een van die beste tye nog beleef het. Sy is absoluut mal oor PHS en die skoolklere was vir haar so mooi, dat sy later besluit het om Venelee se ander paar aan te trek. Sy was verlig om te sien dat tieners In Suid Afrika maar dieselfde is as in Duitsland. Sy het haar verVenelee Coetzee en stom aan die groot variëteit Charlotte Persitzky plantegroei van die weskus. Tafelberg, die Waterfront en Seinheuwel se liggies in die aand was vir haar “magic”. Wat haar egter die meeste gefassineer het was die weskus mense se vriendelikheid en humorsin. Sy noem hierdie humorsin “South African sarcasm”. Charlotte se skaam, nederige dog gemaklike geaardheid het gemaak dat sy diep in ons harte ingekruip het. Haar pa is „n predikant in die Lütherse kerk in Duitsland. Dit is daarom „n riem onder die hart om te sien dat die kinders van God nog daarin slaag om die lig van Jesus Christus oraloor uit te straal. Charlotte het in haar kort verblyf hier, blywende vriende gemaak. Berig en foto: Karin Coetzee

Laerskool Eendekuil Nuus Eisteddfod Uitslae Willem Wiggins, graad 5 by Laerskool Eendekuil het by vanjaar se Eisteddfod te Vredenburg vir sy 2 solooptredes silwer en goud verwerf. Baie geluk, Willem en bou hierop voort! Foto‟s verskaf

PHS 1ste XV teen Toerspan Op Donderdag 5 Augustus het Laerskool Eendekuil leerders aan 'n kompetisie van 'n ietwat ander aard deelgeneem, toe die gr. 4 & 5- en gr. 6 & 7-klasse hopscotch, oftewel klippieskop, gespeel het. Op die foto behou Kobus Brand sy balans in die hitte van die stryd, met die graad sesse en sewes in die agtergrond. Lize Visser (graad 4) en Sulize van Zyl (graad 6) het onderskeidelik as die wenners vir hul klasgroepe uit Hoërskool Piketberg se eerste rugbyspan het in die Julie skoolvakansie kragte gemeet met „n toerspan van Campbell College van Belfast, Ierland. Die wedstryd was deel van die Hoërskool Swartland en Rola Volkswagen se wintertoernooi vir skole. Op die oog af het die Iere na die swaarder span gelyk, maar was dit vroeg in die wedstryd reeds duidelik dat die Piketbergers goed opgewasse was teen hulle. Dit was ‟n tawwe stryd waar albei spanne hard moes werk om punte aan te teken. Die eindtelling 5-3 in die guns van PHS. Foto en berig: Petrusa de Koker

Kenneth Smit se Interskole foto‟s van die Seremonie en Hoof wedstryd is te koop by Foto First teen R7 per foto.


22


23

Interskole 2011


24


25


26

Kom geniet ‘n hele naweek vol opwinding in PIKETBERG saam met Boland Superspar steek graag weer vanjaar potvure aan by die ZEBRA FEES, en Sondagoggend dou voor dag pak ons saam die Piket-Bo-Berg Fietsry uitdaging aan! SIEN JOU DAAR!

24 SEPTEMBER 2011

PIKET-BO-BERG CYCLE CHALLENGE

R100 per spanlid , 2-4 persone per span Kom kuier saam met Sonia Cabano & Waldo Lotz en 25 September 2011 ‘n verskeidenheid kunstenaars by die Zebra Fees! Distances: 59km; 37km; Elke deelnemer kry ‘n geskenkpak ter waarde van 18km; 9km R350! Daar is pryse vir die BESTE POT, die BESTE As jy lus is vir brandboud opdraandes en SPANGEES die BESTE STALLETJIE & HOPE LUCKY oogtraan afdraandes met enkelbaan paadDRAW PRYSE op die dag! Vir navrae & jies deur ongerepte natuurskoon, is die besprekings kontak: Elna - 022 913 1163 Piket-Bo-Berg Bergfietsuitdaging net vir jou! Hier word die bergfietsryers van die prettrappers onderskei!

Almal tussen 4 en 10 kan inskryf! INSKRYWINGSFOOI: R30 p.p Koek, versiersuiker, lekkergoed om te gebruik word voorsien! Ouderdomsgroepe : 4-5 jaar: 9:30 6-7 jaar: 11:00, 8-10 Jaar: 12:30. Almal kry ‘n geskenkpakkie vir hul harde werk!

Almal tussen 7 en 12 kan inskryf! Twee deelnemers per span. Pryse: BESTE BURGER, DIE BESTE STALLETJIE, BESTE SPANGEES! Bring jou eie toerusting , breekgoed en bykosse. Braaidromme, rolletjie en vleis word verskaf. Ouderdomsgroepe: 7- 9 jaar begin 14:00, 10 - 12 jaar begin 10:00 Inskrywingsfooi: R30 per span. Almal kry ‘n geskenkpakkie vir hul harde werk!

Alle 10 tot 19 jarige fietsryers kan deelneem aan die GYM TECH Uitdaging deur deel te neem aan die 5km ‘Fun Run’ by die ZEBRA FEES op die Saterdag en die 9km Bergfietsroete op die Sondag. Bring net jou fiets en valhelm saam! Die wenner sal aangekondig word by die Fietsryprysuitdeling.

Daar is iets vir almal – makliker roetes vir die naweekryer en 'n plaasmark, kunsuitstalling en koffiewinkel vir die rustiger aanhangsels, so bring gerus jou hele vriendekring en familie. Besoek www.piket-bo-berg.co.za vir meer inligting of skakel

022 -914 5652.

INSKRYWINGSVORMS BESKIKBAAR BY PHS & bOLAND SUPERSPAR


27 Skryfbehoefte Kompetisie-wenner bergfiets ryker Daniéle Coetzee was die gelukkige wenner van ‘n bergfiets. Al wat sy moes doen om vir die trekking in aanmerking te kom, was om enige skryfbehoeftes te koop en haar naam in die houer voor in die winkel te gooi! Hier oorhandig Marietjie Pedro (Winkelbestuurder) haar prys aan haar en haar pa, Mnr Danie Coetzee.

Moorreesburg Abottoir reik uit na Piketberg Die Moorreesburgse Abottoir het die Wen-Lam van Piketberg Skou aan Boland Superspar geskenk om na goeddunke aan ‘n instansie in ons gemeenskap te skenk. Hier oorhandig Johan de Villiers (Bestuurder) die lam aan Elna Calitz van Huis A.J Liebenberg.

Piketberg Christen Skool pretdraf 2011 Piketberg Christen Skool het die afgelope skou vir fondsinsameling ’n pannekoekstalletjie en pretdraf gehou. Boland Superspar het die pannekoekdeeg en geskenkpakkies vir pryse ge-skenk. Hier oorhandig Johan de Villiers (Bestuurder) die pryse aan Deidré Swart.

JULIE PENSIOENARISKLUB WENNER Baie geluk aan mev Anna Dirks. Sy was Julie die Pensioenaris klub wenner wat ’n koopbewys ter waarde van R242 gewen het. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) die koopbewys aan haar. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Verskeie voordele soos gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

TOPS Savanna Kompetisie Weber wenner Die gelukkige dame wat hierdie groot prys gewen het, is Carine Kitshoff. Die wenner moes ‘n 6pak Savanna koop om in aanmerking te kom vir die prystrekking Hier oorhandig Chevonne Cupido (Spanleier) haar groot prys aan haar. * 2 x Kroegyskaste NOU te wen by TOPS ! * .

Piketberg United Sokkerklub ontvang opwarm tops

Kassier van die maand Boland Superspar poog om die bes opgeleide kassiere wat die mins moontlik foute maak, te hê. Hulle word maandeliks beoordeel en Gillian Daniëls het vir Juliemaand met die louere weggeloop! Baie geluk Gillian!

Groen en Goud Boland Superspar wys elke Vrydag hoe groen (en goud!) hul bloed is! Hierdie dames wys ons hoe om behoorlik gees

te vang!

Boland Superspar is die trotse borg van Piketberg United FC se opwarm tops. Hulle het die seisoen goed afgeskop en Steynville Sekonêr. het met 3 doele teenoor Diazville se 1 geseëvier. Marietjie Pedro (Bestuurder) en Johan de Villiers (Bestuurder) het die warm tops, tydens ’n bederfie in die Coffee Shop, aan Sollie Kayster en die span oorhandig.

BOLAND SUPERSPAR VIER MADIBA DAG Boland Superspar het Madiba Dag gevier en hul 67 minute gebruik om pensioenarisse in die Coffee Shop te bederf. Hulle het elk ’n gratis koppie koffie en Madiba-kolwyntjie ontvang. Hier geniet Eva Lodewyk haar koffie.


2011 September