2011 October

Page 12

12

Huis AJ Liebenberg vier Lentedag

„n Sjampanje-ontbyt is ter viering van Lentedag vir die inwoners van Huis AJ Liebenberg aangebied. Vir die geleentheid het Twi Smit spesiaal „n lied gekomponeer wat deur die koor van die Noord-gang gesing is. Vroue van die NG Kerk Redelinghuys het op Lentedag besoek afgelê by die Tehuis. Hier verkeer Annatjie Smit en Annatjie Enderstein gesellig saam met Bessie Visser. Foto‟s: Lilla Treurnicht Kobus Lambrechts en Antonia Less was deel van die item wat die Suid-gang tydens die Sjampanje-ontbyt gelewer het.

Deel die Brood Die 78-jarige Evert Ockhuis en die 96-jarige Sara Petersen onthou die goeie dae toe hulle as Evangelis en HulpMaatskaplike Werker letterlik en figuurlik brood en Brood met die NG Sending gemeentemense gedeel het. Met 'n perd en kar en later 'n Mazda, het hulle gereeld die plase in die omgewing besoek en Evangelisasiewerk gedoen. By elke huis is daar 'n gebed gedoen. Buitedienste is gereeld op Sondae gedoen en die lekkerste basaars is op die plase gehou. Hulle onthou 'n tyd van goeie samewerking, Evert Ockhuis mooi verhoudinge en vrug en Sara Petersen op hulle arbeid. Vanaf die destydse Ds Venter se weggaan tot Ds Basson se koms, het Evert, die skriba Willem Pieterse, die koster Hennie Wilske en Sara en die Sustersbond die fort by die Sending gemeente gehou. Die Prediker sê mens moenie hunker na die goeie ou dae nie, maar ai, dit was darem so lekker! Berig en foto: Marietha Goosen

PPC DE HOEK RECREATION CLUB VAKANTE BETREKKING KROEGMAN / DAME PPC De Hoek Recreation Club beskik tans oor „n vakante betrekking vir „n Kroegman of Dame. „n Persoon met minimum 2 jaar soortgelyke ondervinding, sober gewoontes en eerlikheid is die minimum vereistes. Die persoon sal skofte werk en moet oor eie vervoer beskik. As U voel dat U aan al die vereistes voldoen, faks „n verkorte CV aan : Die Sekretaris 022 913 1859 Sluitingsdatum 23 September 2011.

Eswé Visagie het met die hulp van CP Smit vir die inwoners heerlike snoek gebraai. By hulle is Dollie du Plessis en Babsie Kriel wat die geleentheid baie geniet het.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.