2011 October

Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 9

www.piketberg.com

Oktober 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Albert die Wiskunde Man Albert Grobler, gr 4-leerder by PHS, het pragtig presteer in die finale rondte van „n Wiskunde kompetisie wat vir die hele Weskus Distrik gereël is. Hy het eerste geëindig in sy kategorie. In die eerste rondte het veertien van PHS se gr 1-7 leerders aan die kompetisie, wat fokus op berekeninge teen tyd, deelgeneem. Hulle het te staan gekom teen 207 leerders van 24 skole in kring 2. PHS se leerders het pragtig presteer en die volgende leerders was eerste in hulle kategorieë en het saam met Albert deurgedring na die finale rondte. Hulle is André Coetzee (Graad 2), Pietman Burger (Graad 3), Dewald van Deventer (Graad 5), Harry Roux (Graad 6) en Tevin Strauss (Graad 7). Die finaal het plaasgevind op 5 September 2011 te Hoërskool Piketberg. Al 5 kringe in die Weskusstreek en 109 leerders het deelgeneem. Albert was die wenner in sy kategorie en Dewald van Deventer was derde in sy kategorie. Sien Dewald se foto op p20.

Lees binne

P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Albert Grobler. Foto Marietha Goosen

1kg Bacon R55.95/kg Smoked Kassler Chops R55.95/kg

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Nedbank kry OTM ... p11 Die Coetzee Aletjee...p13 ACVV hou sekretaresse dag… p14 Piket-Bo-Berg hou Vrouedag...p17 PHS Sportman en Sportvrou...p19 Jet SA Wiskunde...p20 Sangfees...p20 Ouma en Oupa Lentetee...p22

1kg Diced Bacon R39.95/kg

022-913 1505

R2,00

022-913 2410

Kom neem deel aan die

 022 913 1939  022 913 2404

BOKKE foto

kompetisie! Neem ‘n foto (of gebruik som-

mer ‘n ‘ou’ een) van jou grootste BOK oomblik, handig dit in met jou kontakbesonderhede en staan ‘n kans om een van 3 GROOT pryse ter waarde van R800 te wen!


2

Redaksioneel

Die Juffrou en die Meneer Paulus skryf uit die tronk aan die jonge Timoteus onder die hofie, "Laaste opdrag aan Timoteus" (2 Timoteus 3:14) ...Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Paulus het toe reeds baie dinge aan hom geskryf, maar som toe alles op in die een sin, voel dit vir my. Paulus besef dat daar in Timoteus se lewe verskeie gelowiges was wat bygedra het tot sy geloofsvorming. Paulus het God gedank vir dié besonderse mense in Timoteus se lewe. Dit bring my by al die leermeesters in ons lewe en in die lewe van ons kinders. Behalwe ons ouers en ander geestelike leiers, speel onderwysers 'n onskatbare rol in ons lewe tydens ons vormingsjare. Ek onthou elkeen van my Juffrouens en Menere, hoe hulle gepraat het, wat hulle gesê het, hoe hulle opgetree het, wat hulle aangetrek het en natuurlik wat ek by hulle geleer het. Lees in hierdie uitgawe van twee onderwysers wie se paaie met dié van oudleerders gekruis het. Lees ook op dieselfde bladsy aan wie Magdaleen "koebaai" sê. Gun my om hulde te bring aan 'n uitsonderlike mens, 'n begeesterde onderwyseres, vol passie vir haar werk met 'n missie om van elke oomblik die beste te maak - tot op die heel laaste oomblik. Suzette, jou onblusbare energie by PHS, in die Wiskunde klas, by werkswinkels, by die tennis, netbal en ook tussen Leliehof se meisies, is vir ons wat agterbly, 'n aansporing. In Paulus se woorde het 'jy gebly by wat jy geleer het en wat jy vas glo', en so wil ons ook maak met dit wat ons by jou geleer het en wat ons vas glo.Ons gaan veral aan jou dink op 8 Oktober wanneer jy verjaar en dan gaan ons onthou hoe ons verlede jaar fees gevier het, deur te eet, te gesels en te lag! Dankie Here, vir Suzette. Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk  022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Briewe van ons lesers Esther Thiart en familie skryf… ‟n Groot dankie aan almal wat met die heengaan van Jurgens aan ons as familie gedink het. Dankie vir elke oproep, drukkie of ander ondersteuning. Dit word opreg waardeer. A word of special thanks to the Australian bosses, Rory Graham and Mark Wandell, and friends of the late Jurgens Thiart. What you said about him meant a lot to us. To all the Australians that he loved and enjoyed spending time with - he used to tell me over the telephone how he loved living in Australia and how happy he was there. I was looking forward to meeting you all. After his holiday in South Africa I had planned to join him on his way back to Australia. He loved you all very much. Thank you once again for all that you did for him and his family. With best wishes to all of you from a South African mom, who misses her son very much, Esther Thiart. Dankbare PHS-ouer skryf... Graag wil ek my dank uitspreek teenoor die skoolhoof en personeel van PHS vir hulle hulp, leiding, ondersteuning en opregte belangstelling toe ons dit regtig nodig gehad het. Alle ouers met leerders in PHS kan trots wees dat ons 'n skoolhoof en personeel het wat Jesus se hande en voete vir ons kinders is. Sam Scheepers skryf... Aan elkeen wat deur middel van 'n telefoonoproep, 'n sms, kaartjie, briefie of sommer net in die verbygaan simpatie betoon het met die dood van my pa, André Scheepers, 'n duisend dankies uit my hart. Ek het elkeen opreg waardeer. Waardeer mekaar en diegene vir wie jy lief is, sê dit wat jy wil sê terwyl daar nog tyd is, leef terwyl die son skyn, want die lewe gaan skrikwekkend vinnig verby. "Die toppunt van wysheid is om terwyl ons lewe, dié dinge te doen wat ons op ons sterfbed sal wens ons hét gedoen." - Jeremy Taylor (1613-1667) Julana Bindeman skryf... My huishouding en salon was op 13 en 14 September vir 'n volle 24 uur sonder water agv 'n gebarste pyp. Danksy my dierbare bure wat emmers en emmers water, warm en koud, oor die muur aangegee het, kon ek met my take voortgaan en my kliënte help. Baie dankie, oom Llewellyn en tannie Lenie, julle is engele. Briewe vervolg op p.4

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SCHEEPERS.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir ‘n kwotasie


4

Briewe van ons lesers vervolg... Sakkie Burger, vroeër van Van Niekerk en Krupp, skryf . . . Ons as inwoners van Piketberg is baie dankbaar teenoor die werknemers van Bergrivier Munisipaliteit wat hulle werk met ywer voortgesit het, ondanks die stakings wat feitlik landswyd plaasgevind het. Dit word hoogs waardeer. Retha van Deventer skryf . . .

Gedig aan Vanessa

Dankie vir die liefde waarmee jy haar droom benader… dit is so broos, ragfyn… Onder jou liefdevolle blik straal my vlindervlerkie-kind. In jou lens wys haar geluk. „n Oomblik vasgevang „n Ewigheid Vlietende sonstraal. Meisiekind.

Huis in Piketberg te koop Riaan 082 928 0082 Esmé 082 331 8337

Koringberg

Kekkel & Kraai Hoender Marinade 16 Hoenderboudjies Marinade: 100ml kookolie 125ml sojasous 80ml tamatiesous 80ml asyn 80ml heuning 10ml fyn gemmer Grofgemaalde swartpeper na smaak Meng al die bestanddele vir die marinade. Prik die hoenderboudjies en marineer vir ten minste 2 uur lank. Braai hoenderboudjies oor die kole of onder die oondrooster. Bestryk hoenderboudjies gereeld met marinade en draai dit af en toe om totdat dit gaar en goudbruin is.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

“Die Ark” Campsite of Mountain bike S33.05044; E18.69540

Teubes en Bregda Mostert 022 423 8153

Somervoorraad nou beskikbaar

Elsabe Louw is dringend op soek na leë blatjangbottels, skoon of vuil. 022 913 1629 of 084 205 7171 Hoopstraat 4, Piketberg

Pragtige somersandale, Froggie, Green Cross en Tsonga

HuisTe Huur Drie slaapkamer huis (elk met ingeboude kaste). Twee badkamers. Hoofslaapkamer het „n instapkas. Daar is „n buite en binnebaraai, ruim kombuis met ingeboude kaste, waskamer, TV kamer met kaggel, eetkamer, spens en “carport”. Huis is 28km uit dorp. Tuin met groot grasperke. Ongelukkig geen honde en katte. R3000 p/maand water ingesluit maar krag uit of R4500 gemeubileerd water ingeluit maar krag uit. Die hele huis is beveilig met diefwering. Kontak Sanet gedurende kantoorure by 083 754 8388

Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5


6

Tuinbouklub Nuus Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg het op 7 September lente op die berg gevier. Die Piket-bo-berg Kwekery is besoek waar hulle tee en heerlike verversings geniet het. Daarna het hulle 'n tipiese inheemse tuin op Excelsior besoek en ook 'n blomplaas om te leer hoe blomme voorberei en verpak word vir uitvoer. Die klub se volgende vergadering is op Woensdag 12 Oktober by Little Village Kwekery op Piketberg. Hulle gaan kyk na die versorging en onderhoud van tuine. Makhro Agro Tuinprodukte se agente gaan 'n lesing gee oor wat ons nou in ons tuine moet gebruik vir die bestryding van plae en die voeding van plante. 'n Verskeidenheid van plante sal ook te koop aangebied word. Joop Visser sal al jou vrae oor plante beantwoord. Sap en versnaperings, sal vanaf 09:00 uur bedien word. Vergadering begin om 09:30. Besoekersfooi is R20. Almal welkom.

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD‟s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

Dié groep vrolike Tuinbouklublede het die uitstappie op die berg bygewoon. Kyk net hoe gelukkig lyk hulle, 'n bewys dat 'n oggend in die pragtige natuur waarlik voedsel vir die siel is. Berig en foto verskaf.

Hy ken sy judo In “Die Burger” van 5 September het die volgende berig verskyn: Judo held op Piketberg 50 jaar gelede in “Die Burger” van 5 September 1961 op bl. 4: “Die sestienjarige Minnaar Vos is die held van die skoolmeisies vanweë sy kennis van judo. Geruime tyd al verdwyn geld gedurende etenstye uit die slaapkamers van die meisieskoshuis. Die superintendent, mnr S.M. le Roux het ten einde raad wag gestaan. Toe die man nou die aand die gebou binnegaan en reguit na een van die slaapkamers loop, is mnr Le Roux op sy sokkies agterna. Na ‟n woeste gespook het die man deur die oop venster geduik en ontsnap. Minnaar Vos het die man oorrompel en vasgedruk. Hy ken judo. Die Piketberger het met mnr S.M. le Roux (Oom Pieng) se weduwee, Lettie, gepraat. Sy onthou die gebeure nog goed. Minnaar Vos is die seun van die destydse skoolhoof, dr Vos, wat op die hoek van Berg- en Van Dykstraat gewoon het. Die boef het van die koshuisgrond, oor die skoolgrond gehardloop en hom in Minnaar vasgeloop. Die Piketberger sal graag van Minnaar wil hoor. Hy het op „n stadium in Pretoria gewoon.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Blommemeisie kuier by Anna Erina (Maree) Venter van Stellenbosch het ‟n besoek gebring aan Anna Dippenaar van Huis AJ Liebenberg, vir wie sy as 5-jarige in 1950 blommemeisie was op Aurora.

Bruidspaar se voorsate van Piketberg Piet (jnr) Lambrechts en Sheree Brundston is op 1 Mei vanjaar getroud op Somerset-Wes. Hy is die seun van Piet (snr) en Esmerina Lambrechts van Grabouw, albei oud-PHS'ers. Die twee oumas (Piet en Esmerina se ma's) is albei van Piketberg - Elsie Kitshoff en Anna Dippenaar, wat op die foto is.

Op die foto bo is 'n jong Erina by die pragtige bruid, Anna en haar aantreklike bruidegom, Piet Lambrechts. Links is Anna en Erina soos hulle vandag lyk. Foto: Marietha Goosen

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuis gebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Pieter Gutter Bruwer Die Bruwers van Groenvlei skryf . . . Pa, waar begin mens. In „n paar sinne gaan niemand dit regkry om te beskryf hoe diep Pa se spore lê hier en in die omgewing nie. Die gemis is groot en niemand gaan die leemte vul nie. Vrydag se graad 2 mondeling het ons museum toe gedwing. Pa sou vinnig vinnig Piketberg se geskiedenis met ons kon deel, sonder om dit in „n boek te gaan opsoek! In die museum kry ons toe sommer Groenvlei se geskiedenis ook saam met Boesman werktuie wat Pa geskenk het aan hulle. Oppad plaas toe ry daar sowaar „n wit CAR dubbelkajuit bakkie agter ons aan… Pa oppad na ons toe? Ai, as dit maar was… Dankie vir al die kosbare tye saam. „n Vinnige draai na ete om te wys waar is die koekemakrankas, waar staan die kalkoentjies, waar is die snotrosies wat endemies is aan die streek, ag en nog so baie ander plante! Ook die boesmantekeninge. Dankie vir die mooi voorbeeld aan ons en ons kinders. Die geduld, die vriendelike groet, die mooi taalgebruik, die trots as een van die kinders of kleinkinders iets spesiaals bereik het. Alles sal ons lank bybly. Ons mis Pa middagetes. Pa se plek aan die kop is leeg. Ons mis Pa by die plaaswinkel. Wie is die ou van Sasko nou weer? Wie is die ou van Coke? Is makro of Trade Centre se pryse die beste of dalk Megasave? Almal het so opgekyk na “ou Meneer…” Ons mis Pa om gou „n part in die Kaap te gaan haal. Nooit was Pa onwillig om te help nie. Ons mis Pa se hulp om die afgesnyde rante van die beskuit te help eet. Pa het so daarvan gehou. Ons sal elke keer aan Pa dink as ons vars harders het. Tussen Pa, Johan en Jaco het daar min oorgebly! Daar is nog so baie om te sê, maar gelukkig het ons ryk herinneringe wat ons altyd sal koester. Ons eer Pa en Ma se nagedagtenis. ‘n Groot dankie aan elkeen se gebede, oproepe, sms, bemoedigende woorde, kaartjies en drukkies met die afsterwe van ‘n baie geliefde Pa en Oupa! In die volgende uitgawe sal Die Piketberger „n paar stories van Piet Bruwer publiseer, soos oorvertel deur Pierre Steenkamp –Red.

Sterfgeval 24/07/1933 – 10/09/2011 Ons geliefde Tony het sag heengegaan op Saterdag te Vredenburg. Verassing Privaat. Vir gedenkdiens reelings kontak Caron te 073 459 9278.

Die volgende Piketberger verskyn op 27 Oktober. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 Oktober om 5nm.

Alison se Swemskool Kursus @ R250 vir 8 lesse 6 - 16 Desember 2011 of 4 - 12 Januarie 2012 (skool begin 11 Januarie) Bespreek vroegtydig, beperkte plek. Onttrekkings binne 3 dae van 'n kursus - sal volle fooi betaal Kontak Alison Muller by 022-913 1746 (na 6nm) of 073 2292 855

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


9

REG. NO. 2006/152059/23

Professionele Installeerders van Warm Water Verhitting

Swembad Verhitting

Die Tyd is Nou:

Die toestel wat help om jou swembad langer

Om die grootste krag gebruiker in u Huishouding

te gebruik deur die jaar.

met tussen 60 – 80% te sny.

Die son word gebruik as gratis verhitter.

Ons natuurlike hulpbron, die son, is ± 89% van

Die swembad is „n plesier, maar kan „n

die jaar beskikbaar en gratis tot u diens.

groter plesier wees.

Sit daardie ekstra paar rand terug in u begroting en laat die son die werk doen.

*Geen Middelman, *Personlike Diens, *Bekostigbare Installasies, *15 Jaar Paneel Waarborg

Die Maatskappy doen die werk omdat dit ‘n passie is, nie net nog ‘n werk nie. Ons dien die gemeenskap met die beste. Areas: Piketberg, Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Velddrift, Hopefield, Langebaan, Darling, Malmesbury, Saldanha, Vredenburg, Laaiplek, St. Helenabaai en omliggende dorpe en plase. Vir Enige Navrae Kontak Shane Capes

Cell: 079 475 6016 Faks: 021 945 1529 Epos: srecapesplumbing@yahoo.com


10

Lions plant trees

Laerskool Eendekuil se Lentedag

The Lions International President has challenged Lions worldwide to plant a tree for every Lion in the world. It has been a massive success, starting on 1 July 1 352 353 trees have been planted. Piketberg Lions have already planted nine trees, one for each Lion. They are planning to plant more trees next term. It is no secret that trees help the environment, but you may be surprised by all the benefits that planting a tree can provide. Trees are like the lungs of the planet; they breathe in carbon dioxide and breathe out oxygen; they also reduce erosion to save soil, help preserve local water sources and provide habitat for wildlife living under more and more stress. Simply put, planting trees in your neighbourhood really is one of the best things you can do for the local environment.

Al die leerders van Laerskool Eendekuil het op Lentedag met emmers vol blomme skool toe gekom. Dit was die graad 6-klas se taak om ruikers saam te stel. Hierna het die hele skool die dorp ingevaar om ruikers aan Eendekuil se senior inwoners uit te deel.

Lize Brand by die trappe vol blomme

Lions planting trees on Johanâ€&#x;s farm, Bella Vista are Alice, Lilian, Piketberg President Christie Erasmus, Johan, Pat, Joan, Adam and Gerry. Photo supplied

Johan Visser, Sulize van Zyl, Lize Visser, Tertius Basson en Elanza Snyman, self ook in lentegewaad aangetrek. Fotoâ€&#x;s verskaf

022 913 2838


11

Nedbank kry OTM By die inwyding van die nuwe OTM by die Nedbank Takkantoor in Kerkstraat was dié kliënte sommer dadelik lus om die dienste daarvan te gebruik. Kurt Zwaan (Areabestuurder van OTM) en Mienie Scholtz Takbestuurder) kyk belangstellend hoe Mona Jansen besig is om geld te trek. Onder verskyn hulle saam met Adré Visser met klein Stephanie Weideman, Leon Brits, Marianne Smit (Nedbank Besigheidsafdeling), Teresa Beck, Mona Jansen en Nadia Spangenberg. Foto‟s: Marietha Goosen

Kix Kusamala Kix Piketberg is fluks aan die stokke volmaak met R1-munte. Op die foto is Juanita Joubert met drie van haar kix-kinders. Hulle is Frederik Kotze en sy nefie en niggie, Kleinjan en Almie Kotze, wat „n tweeling is. Hierdie drie het verlede jaar lemoene, nartjies en lemoensap verkoop om geld in te samel vir Malingunde Maats. Hulle beplan iets soortgelyks vir later vanjaar. Almie het gedurende Juli emaand van hulle plaas se neute in sakkies verpak en gou R90 se neute verkoop vir Kix Kusamala. Hier is sy besig om haar 90 R1-munte in die stok te pos. Piketberg is in die bevoorregte posisie om gedurende skooltyd Kix te hê. Die klas wat op die oomblik voorloop met die meeste R1‟e, is die gr 6-klas. Hulle het reeds vyf stokke vol. Foto en berig Marietha Goosen


12

Huis AJ Liebenberg vier Lentedag

„n Sjampanje-ontbyt is ter viering van Lentedag vir die inwoners van Huis AJ Liebenberg aangebied. Vir die geleentheid het Twi Smit spesiaal „n lied gekomponeer wat deur die koor van die Noord-gang gesing is. Vroue van die NG Kerk Redelinghuys het op Lentedag besoek afgelê by die Tehuis. Hier verkeer Annatjie Smit en Annatjie Enderstein gesellig saam met Bessie Visser. Foto‟s: Lilla Treurnicht Kobus Lambrechts en Antonia Less was deel van die item wat die Suid-gang tydens die Sjampanje-ontbyt gelewer het.

Deel die Brood Die 78-jarige Evert Ockhuis en die 96-jarige Sara Petersen onthou die goeie dae toe hulle as Evangelis en HulpMaatskaplike Werker letterlik en figuurlik brood en Brood met die NG Sending gemeentemense gedeel het. Met 'n perd en kar en later 'n Mazda, het hulle gereeld die plase in die omgewing besoek en Evangelisasiewerk gedoen. By elke huis is daar 'n gebed gedoen. Buitedienste is gereeld op Sondae gedoen en die lekkerste basaars is op die plase gehou. Hulle onthou 'n tyd van goeie samewerking, Evert Ockhuis mooi verhoudinge en vrug en Sara Petersen op hulle arbeid. Vanaf die destydse Ds Venter se weggaan tot Ds Basson se koms, het Evert, die skriba Willem Pieterse, die koster Hennie Wilske en Sara en die Sustersbond die fort by die Sending gemeente gehou. Die Prediker sê mens moenie hunker na die goeie ou dae nie, maar ai, dit was darem so lekker! Berig en foto: Marietha Goosen

PPC DE HOEK RECREATION CLUB VAKANTE BETREKKING KROEGMAN / DAME PPC De Hoek Recreation Club beskik tans oor „n vakante betrekking vir „n Kroegman of Dame. „n Persoon met minimum 2 jaar soortgelyke ondervinding, sober gewoontes en eerlikheid is die minimum vereistes. Die persoon sal skofte werk en moet oor eie vervoer beskik. As U voel dat U aan al die vereistes voldoen, faks „n verkorte CV aan : Die Sekretaris 022 913 1859 Sluitingsdatum 23 September 2011.

Eswé Visagie het met die hulp van CP Smit vir die inwoners heerlike snoek gebraai. By hulle is Dollie du Plessis en Babsie Kriel wat die geleentheid baie geniet het.


13

Die Coetzee Ateljee Presteer Die volgende graad 10 Ontwerp-leerders het provinsiaal tweede plek verower met die "Woolworths making the difference through design" kompetisie. Hulle moes 'n musiekgroep benoem en bemark. Hulle het besluit om die musiekgroep Bokcommen te noem en het die Coetzee Ateljee se pers bakkie "gepimp-my-ride" vir hierdie projek. Hulle is Franco Basson, Thomas Smith, Danelle Lochner en Mariaan Smit. Die Coetzee Ateljee het ook uitstekende uitslae by die Eisteddfod Wes-Boland behaal. Uit die altesaam 26 inskrywings het hulle 22 Goud verwerf, 1 Cum Laude en 2 trofees. Een leerder van die Coetzee Ateljee is ook gekies vir die Santam 2012 almanak. Dertien werke uit 4000 inskrywings landwyd is gekies vir die almanak waarvan hierdie leerder Portret deur Celest een is. Die naam sal op die Du Toit, een van vele PHS prysuitdeling bekend Goud Eisteddfod uitslae. gemaak word. Aan al die bogenoemde leerders baie geluk met jul uitstekende prestasies! Besoek gerus Coetzee Ateljee op facebook om al hierdie werke te besigtig. Berig en foto‟s verskaf deur Die Coetzee Ateljee

Mariaan Smit, Franco Basson, Thomas Smith en Danelle Lochner.

Nuwe telefoongids Die Lionsklub van Piketberg 2011 beplan „n nuwe uitgawe van hul gewilde telefoongids. As jy „n nuwe intrekker in die dorp is of „n nuwe besigheid begin het of jou nommer verander het, stuur asseblief „n e-pos na patgerry@telkomsa.net of faks na 0866171773 met die besonderhede.

Major Scrap ONS HERWIN !!!!!! Hou ons dorp groen! Plaas u droë goed in die deurskynende sakke. Huishoudelike nat produkte in swartsakke. Sit alle tydskrifte en koerante by deurskynende sakke. Die blou vragmotor tel dit by u huis op. Skakel ons asb indien enige vrae Michael Smuts Tel: 022 913 1538 Sel: 083 603 0007 BOERE Ons koop SKOON kanne in. Moenie dit brand, Bring dit na Major Scrap


14

ACVV bederf Sekretaresses op spesiale dag Op Lentedag het die ACVV veertig sekretaresses bederf op Sekretaressedag. Elkeen het aangesit by keurig gedekte tafels en ‟n smaaklike ontbyt geniet. ‟n Pragtige handsak as geskenk en vermaak was deel van die oggend. Die ACVV bedank elke werkgewer wat hulle waardering op so ‟n manier aan hulle sekretaresses betoon het deur vir hulle kaartjies te koop vir dié swierige geleentheid. Verder word die volgende borge bedank vir hulle ruim bydraes: Praktika, hoofborg; Sharon Vlok Hair Design; Salon Forever Young; Stall-A-Bit; Magdaleen van Zyl; Sanet van Schalkwyk; Boland Superspar; Sanet Smit; Martie Coetzee; Jaco Kotzé; Albert Basson; Riesie Kotze; Ina Kotze; Henry en Marna Bredenkamp; Winkelshoek Wynkelder en Rooibos Clanwilliam. Foto’s: Marietha Goosen


15

Henriëtte VLV-Kaap se 7de beoordelaar

By Riana Richter, voorsitter en Marthie du Toit, sameroeper Openbare Sake, verskyn Henriëtte Smit, regs, van Aurora, wat pas haar ten volle bekwaam het as gekwalifiseerde VLV-beoordelaar in al die afdelings. Dit maak haar die sewende persoon in Kaapland met dié kwalifikasie. Sy is nou 'n fynproewer en fynkyker op die gebiede van gebak en lekkers, plaasprodukte en preserveermiddels, masjienwerk, brei- en hekelwerk en borduurwerk. Henriëtte is ook die vierde persoon in Weskus-Sirkel met dié kwalifikasie. Die ander is Petrusa Smit (foto regs bo), afgetrede ere-lid van VLV, Rosa Lategan (foto regs) en Ilse Hanekom van Eendekuil.

Die drie sprekers op die Openbare Sake VLV-middag was Wilna Kloppers van Departement Waterwese oor die Waterkwessies en Ecoli in die water, Porchia Adams van Agri Wes-Kaap oor die balangrikheid van Landbou in ons alledaagse lewe en Petrusa Smit van Piketberg, reeds 81 jaar deel van VLV en erelid. Petrusa het 'n oorsig gegee van VLV oor die jare. Sy woon reeds sedert haar vierde verjaarsdag saam met haar ma VLV by. Berig en foto‟s: Marietha Goosen


16

Arbeidskolom Johan Coetsee

Ongemagtigde besit van werkgewer se eiendom Wanneer word dit geag dat „n werknemer eiendom van die werkgewer gevat (gesteel of onregmatig besit) het? Die idee bestaan dat die dader eers die perseel moes verlaat of minstens anderkant die hek van die werkgewer se perseel af moes wees. Selfs die Arbeidshof het in hierdie strik getrap in die saak hierin na verwys. Daar was onlangs „n Arbeidsappèlhof uitspraak wat die posisie duidelik gestel het. In Rainbow Farms (Pty) Ltd v CCMA & others [2011] 5 BLLR 451 (LAC) was die werknemer, ene Ngubane, tussen twee hekke wat hy moes deurgaan om die perseel te verlaat, in besit gevind van melk wat weliswaar gratis aan werkers voorsien word, maar uitsluitlik vir die doel om dit op die werkgewer se perseel te gebruik. Hy het dit openlik gedra. Wat wel belangrik is, is dat die werknemer nog nie van die werkgewer se perseel af was nie. Hy was aangekla van “ongemagtigde besit/verwydering van werkgewer eiendom”. In die dissiplinêre verhoor is hy skuldig bevind en ontslaan. Op arbitrasie in die CCMA het die kommissaris bevind dat die ontslag nie geregverdig was nie omdat hy die melk openlik gedra het en daardeur aangedui het dat hy werklik geglo het hy mag dit neem. Hierdie bevinding is op hersiening na die Arbeidshof geneem. Die Arbeidshof bevind toe dat die ontslag nie regverdig was nie hoofsaaklik omdat die daad nie voltooi was nie. Die hof verwys hier na die feit dat die goedere nog nie van die perseel af verwyder was nie. Hierdie beslissing word toe betwis deur die werkgewer in die Arbeidsappèlhof wat toe die saak eenvoudig oplos. Daar word bevind dat die werknemer regmatig ontslaan was. Die hof meen dat die onderskeid tussen daadwerklike voltooide toe-eiening en onvoltooide toeeiening is as volg: “Op die stadium toe die oortreder „gevang‟ is, het die werkgewer beheer oor die eiendom verloor en die werknemer beheer daaroor gehad?” Daar was onlangs nog „n uitspraak waar beslis was dat „n vrou wat by „n klerewinkel gewerk het en goedere in haar onderklere versteek het, volgens beeldmateriaal op video opgeneem, skuldig was aan die onregmatige toe-eiening van die werkgewer se goed nog voordat sy van die perseel af was. Dit behoort dus duidelik te wees dat dit nie gaan oor die „verwydering‟ van die goed van die perseel af nie, maar oor die „beheer‟ oor die goed in verdagte omstandighede wat daarop dui dat die dader die werkgewer van besit wou ontneem. Ons hoef dus nie te wag tot die dader inderdaad die perseel verlaat het voor ons hom aankeer nie. Ons kyk bloot na sy optrede wat daarop dui dat hy daardie bedoeling gehad het om teen die werkgewer se reg op die eiendom inbreuk te maak. Die tipes optredes wat daarop kan dui kan legio wees en elke geval sal na meriete beoordeel moet word. Dit is dus die moeite werd om seker te maak dat daardie bedoeling inderdaad uitstaan en nie te vinnig op te tree nie, maar ook is dit nie nodig om die risiko te loop dat die dader sal ontkom voor mens optree nie.

Weereens dien dit om daarop te let dat die hof bevind dat die ontslag regverdig was ten spyte van die nominale waarde van die item (1 liter melk). Dit bevestig weereens dat die voortbestaan van die werkgewer-werknemer verhouding, soos in „n vorige artikel aangedui, swaar op „vertrouensverhouding‟ as basis berus en dat as dit eers verbreek is die verhouding onbestaanbaar word. Waarde van „n item betrokke by oneerlikheid speel „n bitter klein rol. Die toets is primêr die voortbestaan van die vertrouensverhouding.

Vier geslagte bymekaar

By die doop van klein Anika wat sy die jongste van vier geslagte. By haar is Ouma Anitha Viola van Piketberg, Ma Mariëtte Erasmus van Moorreesburg en Oumagrootjie Hester Smith van Porterville. Foto: Marietha Goosen

Nadine en Nadia Nadia Visser van Piketberg het onlangs by Leipoldtville se kuierfees vir Nadine ontmoet. Dis eintlik die oulike hondjie, Pippa, wat Nadine se hart gesteel het. Foto: Verskaf

Matriek-afskeid

Mignon Cumpsty en haar metgesel Johan van Rooyen het swierig gelyk tydens Hoërskool Piketberg se matriek-afskeid op Vrydag 19 Augustus 2011. Foto: Marietha Goosen


17

Vrouedag vieringe Op Saterdag, 13 Augustus het 70 vroue van Piket-BoBerg saamgetrek om Vrouedag te vier. Die vroue was van verskillende plase op die berg. Nadat die vroue om 09:00 by die museum opgedaag het is hulle in drie groepe verdeel. Die vroue is deur drie toerleiers vergesel deur die museum. Die vroue was verras oor wat hulle alles in die museum gesien het. Die kollig is gesteel deur Leen met haar serpie nadat die grammafoon gespeel het. Die vroue het die gidse gepeper met vrae en daarna het die vroue hulle tog aangepak na die NG Kerksaal waar hulle ingewag is deur die gasspreker Loritta Majerrie. Nadat die Sondagskool van Piket-Bo-Berg die vroue vermaak het met sang en dans het die gasspreker Loritta die vloer betree. Sy lees uit Genesis 3 met die tema van menswees. Sy verduidelik in haar toespraak hoe wonderbaarlik die vrou is en ook voel wanneer haar man haar komplimenteer. Die toespraak was so hart-roerend dat trane gevloei het. Ons wil dankie sê aan die borge wat die dag vir ons moontlik gemaak het, naamlik Boland SuperSpar; John en Marika Ince van Bugler‟s Post en Piketberg Apteek. Piketberg Apteek het ses vroue baie spesiaal laat voel met die parfuum wat hulle gewen het in die gelukkige trekking. Boland SuperSpar het heerlike geskenk waaraan almal kon smul. Vroue is nie net sommer so nie, maar baie spesiaal. Berig: Deon (Arrie) Maas.

Die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging voor die Piketberg Museum wat hul besoek het as deel van hul Vrouedag vieringe.

Laerskool Eendekuil Eisteddfod

Foto verskaf

Piket-bo-Berg Inwonersvereniging geniet hul Vrouedag Vieringe. Foto‟s: Kenneth Smit

Salomé van Zyl (Silwer) en Sarine Brink (Goud) het deelgeneem aan die Eisteddfod en Laerskool Eendekuil se naam hoog gehou!


18

Om Koebaai Te Sê - magdaleen van zyl Vir Suzette Joubert Vandat ek klein was, was dit nie vir my lekker as my ma my roep om die kuiermense te kom groet nie. Die kuier en als wat daarmee saamgaan was dan nou so lekker en nou hou die lekkerte op omdat almal vertrek. Veral as dit oupa en ouma was, want hulle het ons net eenkeer „n jaar gesien en as dit groettyd was, het ek geweet dis nou baie lank voor ek hulle weer sien. Afskeid bly swaar, al sê jy dit hoe, want jy weet daar is „n tyd(jie) wat jy die een nie sien nie. God het soveel liefde en soveel deernis vir ons dat Hy toegelaat het dat daar in Piketberg se lug iemand soos Suzette se lag weerklink. Soveel kinders is deur haar liefdevolle hand gevorm. Soveel liefdesbande is oor jare gesmee daarom was dit ook „n behoefte van haar hart om vir die mense van Piketberg dankie te sê vir jare se vriendskappe, geselsies, grappies en net soveel onnoembare kosbare kleinode. Johan en die kinders wil ook dankie sê, veral vir die afgelope jaar se ondersteuning, hulp en soveel ongelooflike maniere waarop daar omgegee is: blomme, kuiertjies, kos, sms‟e, e-posse, briefies, „n drukkie, foonoproepe, „n handdruk. Dit is al hierdie liefde wat hul trane min maak en hul dankbaarheid baie. Al wat oorbly, is om te groet, maar... ek soek jou in die Spar, ek soek jou in die skool se gang, ek soek jou lag en jou praat, jou stories en jou raad, ek soek jou gesels, maar dis net nie meer daar nie, ek soek tee in jou rose-koppies en jou voete langs jou vuurherd, ek soek jou langs die sportvelde en by „n lawwe konsert, …………net album-bêre-tydjies en jou gesig in „n foto-raam, wyse woorde wat in my kop bly maal en spore wat lank nog sal draal wat jy als in die hemel doen, sal ons net kan raai, maar nou, nou sê ek vir eers maar net………..koebaai.

Sub A's kuier by Juf Enna Die Piketberger het verlede maand berig dat Juffrou Enna Bester pas 90 geword het. Twee van haar Sub Aleerlinge van 1949 op Aurora het haar verlede week besoek by Huis AJ Liebenberg. Gert Huysamen en Erina (Maree) Venter het omtrent gesels oor al die wonderlike tye wat hulle onthou. Foto: Marietha Goosen Foto‟s regs: Kix het „n geslaagde 50c aand en uitslaap gehad op 9 September in die NG Kerksaal. Fondse is ingesamel vir die Kix Kusamala Projek. Foto‟s: Marietha Goosen en Doretha Visser.

Meneer en sy Ingenieurs Vir 'n onderwyser is dit 'n groot beloning as hy van sy oud -leerders iewers raakloop en sien dat hulle darem toepas wat hulle geleer het. Pierre Steenkamp het onlangs iets by Van Niekerk Ingenieurswerke laat doen en daar ontmoet hy drie van sy oud-leerders wat al drie hulleself as ingenieurs bekwaam het en werksaam is by Van Niekerk Ingenieurswerke.

Hier staan Pierre Steenkamp by sy oudleerders Rossouw van Niekerk, Jaco Louw en Adriaan Jacobs. Jaco het elektriese ingenieurswese gedoen en Rossouw en Adriaan meganies. Rossouw en Jaco het as PHS‟ers van 1993 tot 1996 onderrig by Pierre ontvang en Adriaan op Citrusdal in 1997 en 1998. Na die fotosessie het die gedagtes behoorlik los gekom en is alle herinneringe aan onvergeetlike eksperimente uit die Wetenskapklas opgediep. Berig en foto: Marietha Goosen

Kix 50c Aand en Uitslaap


19

Grondslagfase Eisteddfod By die Wes-Boland Eisteddfod het PHS se leerders uitstekend in voordrag gevaar. Op die foto's hieronder is die Grondslagfase leerders wat Goud en Cum Laude verwerf het, saam met hulle onderwyseresse afgeneem.

Hester Stapelberg saam met die gr 2's Anelma Grobler (Cum Laude), Janco Joubert (Cum Laude), Ilze-Mari Coetzee, Bea Pieters en Jomé Schreuder.

Suné Rheeder by die gr 1's Marlize Crous en JC van der Westhuizen.

By Iza Schreuder is die gr 3's Henri van der Westhuizen (Cum Laude), Van Zyl Engelbrecht, Matthew Somers, Frederik Kotzé en Elishia Engelbrecht.

PHS se Sportman en -vrou By Hanlie Kleynhans is die gr 1's Renate Coetzee en Pamela Booys.

By Gisela Lambrechts is die gr 2's Pieter Bruwer (Cum Laude), Carma Rossouw (Cum Laude), Lomé Lambrechts, Wilmie van Schalkwyk, Rénay Esau en Vernelle van Zyl, voor Foto‟s : Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 27 Oktober. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 Oktober om 5nm.

Jacques Rossouw en Charné Augustyn onderskeidelik Sportman en Sportvrou van Hoërskool Piketberg vir 2011 saam met Elize Kotze, afrigter van ons Nasionale Netbalspan, die Proteas wat die gasspreker was by die sportprysuitdeling.. Foto: Kenneth Smit


20 Jet SA Mathematics Challenge Gedurende die jaarlikse wiskunde week het al die leerders van Graad 4 tot Graad 7 aan die wiskunde uitdaging deelgeneem. 35 Leerders in graad 4, 5 en 6 het gekwalifiseer vir die finaal wat op 7 September 2011 plaasgevind het. Op die foto‟s hieronder verskyn die leerders wat in die finale rondte uitstekend gevaar het. Leerders kon individueel of in pare werk.

Weskus Distrik Wiskunde Kompetisie. Dewald van Deventer van PHS het 'n algehele derde plek vir gr 5 behaal in die Weskus Distrik Wiskunde kompetisie. Leerders moes teen 'n bepaalde tyd die vrae voltooi. Hier verskyn Dewald saam met Margaret Weideman. Sien voorblad berig. Foto: Marietha Goosen

Sangfees Die leerders wat Goud behaal het by die Jet SA Wiskunde uitdaging is agter Nicola Coetzee, Harry Roux, Piet Liebenberg en Gideon Toua. Voor is Johan du Toit, Albert Grobler, Janke van Schalkwyk, Stass Nel en Klem Coetzee.

By Margaret Weideman is die leerders wat Silwer behaal het by die Jet SA Wiskunde uitdaging agter Jac Goosen, Chris Rheeder, Christof Smith en Daniël Brand. Voor is Carla O'Connel, Ruby Oldroyd, Dewald van Deventer, Hughen Esau en Martin-Louis Saayman.

Barend Smit en Lain-Mari van den Heever het brons behaal by die Jet SA Wiskunde uitdaging. Hier is hulle saam met Margaret Weideman. Foto‟s: Marietha Goosen

Laerskoolkore van Piketberg, Malmesbury, Vredenburg en Vredendal het op Piketberg deelgeneem aan 'n sangfees. Die aand is afgesluit met 'n aangrypende vertoning deur die massakoor o.l.v Komien van der Westhuizen.

Hier verskyn die Afrigters en Begeleiers van die onderskeie skole wat aan die Sangfees vir Laerskole deelgeneem het. Agter is Jana-Mari van Dyk, Sarita van Dyk, Mariëtte Maritz Luné de Wet, Liezl Nel en Carina Zollner. Voor is Alison Muller, Stephan Bosman en Komien van der Westhuizen, organiseerder.

Die massakoor o.l.v. Komien van der Westhuizen Foto‟s : Marietha Goosen


21

PHS se Eisteddfod uitslae PHS se Senior Primêre- en Hoërskoolleerders het puik resultate behaal by die onlangse Wes-Boland Eisteddfod.

Agter is Janke van Schalkwyk, Thomas Grobler, Ravel Frans, Albert Grobler en Lea de Vries. Voor is Ruby Oldroyd, Ciara Lintnaar en Anné Rheeder. Die leerders wat Cum Laude behaal het vir Prosa en/ of Poësie is Herschelle Benjamin, Lezaan van Niekerk, John Eksteen, Juné van der Westhuizen en Janeske Rademan.

Vir sang (solo en/of duet) het die volgende leerders Goud en Cum Laude verwerf: John Eksteen, Maria Visser, Lilani Dippenaar, Anina Bester, Ané Venter en Charnill Kok. Foto‟s: Marietha Goosen Die leerders wat vir Engelse Lees, Prosa en Poësie Goud en Cum Laude behaal het, is agter Jared Whitfield, Stephan Louw, Wickus Bronkhorst en Timotheé Luyt. Voor is Maria Visser en Anina Bester.

Foto bo: Agter is Matthew Grobler, Vanessa Langton, Naomi van Heerden, Amber Tobias, Celest du Toit en Matthew Luyt. Voor is Yvona Louw, Ané Nelson, Toni Wessels en Seth Luyt. Links is Shanda Whitfield (Cum Laude) en Nicola Coetzee (Goud) vir English Poetry.

Waar kom die Zebras vandaan Dinette Lochner het haar pa gevra hoekom ons Piketbergers die Zebras genoem word. Sy sê sy het grootgeword dat ons die Zebras is, soos Moorreesburg die Tiere en Porterville die Bulle is. Hy vertel haar dat Moorreesburg se rugbyspan die “Tigers” was, want “Tiger Oats” was daar en Piketberg het teen Moorreesburg rugby gespeel. Piketberg se truie was swart en wit strepe. Een van die Piketbergmanne het deur die Tiere gehardloop en hulle kon hom nie vang nie en daar druk hy „n drie. Die Tiere sê toe die man hardloop soos „n Zebra. Die koppie bo die plaas Winkelshoek word Zebraskop genoem. Dit is „n ander verklaring. Ons hoor graag jou verduideliking hoekom ons Piketbergers die Zebras genoem word -Red.

Duitse uitruilstudent Lea Bolingen, 'n Duitse uitruilstudent aan PHS, het haar graad 8A- klasmaats kortliks ingelig oor die lewe in Duitsland. Sy het die verskille tussen die skoolstelsel in Suid-Afrika en dié in Duitsland uitgelig. Sy het ook vertel hoe hulle as gesin dikwels in die Alpe gaan ski. Berig en foto: Pierre Steenkamp


22

Oumas en Oupas hou Lentetee by PHS Fotos: Marietha Goosen


23 ACVV Piketberg hou Vleismark en vier Sekretaresse Dag

Boland Stoeivereniging fondsinsameling Boland Stoeivereniging het 7 stoeiers wat in die Boland Streekspan opgeneem is. Hulle gaan op 24 September aan die Streekkam pioenskappe deelneem en daarvoor het die klub vir hulle „n fondsinsameling gehou. Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) „n koopbewys aan Sunette Schoeman (Klub Sekretaris)

ACVV Piketberg het gedurende September weer eens „n suksesvolle Vleismark aangebied ter fondsinsameling. Hulle het ook „n heerlike bederf oggend vir Piketberg se sekretaresses gehou. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) „n koopbewys en sjokolades aan Elsabé Liebenberg (Voorsitter).

Mother Pearl hou fondsinsameling

TOPS Esprit Kompetisie-wenner Die gelukkige wenner van „n kroegyskassie, is Lee Engelbrecht. Al wat sy moes doen om te kwalifiseer om in aanmerking vir die trekking te kom, was om „n 6-pak Savanna te koop. Hier oorhandig Chevonne Cupido (Spanleier) haar groot prys aan haar. Besoek TOPS om nog pryse te wen!

Mother Pearl Kleuterskool het gedurende Augustus kosverkope gehou om fondse vir die skooltjie in te samel. Hier oo r ha n di g Mari etji e Pedro (Winkel Bestuurder) hoender aan Mark Rumble (Voorsitter).

Boland Superspar Vrouedag wenners Boland Superspar het „n Vrouedag kompetisie aangebied en die 2 wenners met heerlike pryse bederf. Al wat hulle moes doen, was om op Vrouedag hul inkopiestrokies in die kompetisiehouer voor in die winkel te gooi. Die eerste prys was „n “Dry Buddy” en die gelukkige wenner is Suster Booys van Goedverwacht. Bo links oorhandig Johan de Villiers (Bestuurder) haar prys. Die 2de prys is gewen deur Mientjies Kriel. Sy kon haarself en „n vriendin in die Coffee Shop bederf! Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) haar prys aan haar.

Kassier van die maand Boland Superspar poog om die bes opgeleide kassiere wat die mins moontlik foute maak, te hê. Hulle word maandeliks beoordeel en Wilmarie Frans het Augustus met die louere weggeloop! Baie geluk aan Wilmarie!

Interskole Steynville Sekondêr Steynville Sekondêr het op Saterdag 20 Augustus hul Interskole teen Roodez a n dt ges pe el . Boland Superspar het Energie drankies en-stafies geskenk om hul “innerlik te versterk!” Hier oorhandig Santie van den Bergh die pakkie aan mnr Frans.

JULIE PENSIOENARISKLUB WENNER Baie geluk aan Sofie Dietrich, pensionarisklub wenner, wat Augustus „n koopbewys van R365 gewen het. Hier oorhandig Johan de Villiers (Bestuurder) haar koopbewys aan haar. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenaris-klub. Verskeie voordele soos gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!


24

R1000 Koopbewys Wenners

Babbel & Krabbel fondsinsameling

Julia Willemse was Julie die gelukkige wenner van ‟n R1000 koopbewys . Hier word haar prys deur Johan de Villiers (Bestuurder) oorhandig. Almal wat R200 of meer koop, kwalifiseer om in te skryf. Handig u betaalstrokie met u besonderhede by u vriendelike kassier in, of gooi in die inskrywingsboks.

WKOD vier Sekretaresse Dag

Babbel & Krabbel het „n pretloop as fondsinsameling gehou om fondse vir die skooltjie te genereer. Hier oorhandig Santie van den Bergh (Spanleier) broodrolletjies en lekkergoed aan die Prinsipale, Beryl Charles.

Afrikaanse Protestante Kerk hou basaar

Die Weskaap Onderwys departement het ook Sekretaresse dag gevier. Kring 2 het 26 skole en hulle het die skole se sekretaresses bietjie bederf. Hier oorhandig Johan de Villiers (Bestuurder) sap aan Cecile van Kring 2.

Die APK Piketberg het weer eens basaar gehou en Boland Superspar het die pannekoekbestanddele geskenk. Hier oorhandig Johan de Villiers Squillos mannetjie by Zebra Fees (Bestuurder) die Squillos het onlangs kom groet by Boland Su- bestanddele aan mev P perspar en het die winkel behoorlik op horings van der Westhuizen geneem! Kom neem gerus „n foto of twee saam (Voorsitter Kerkraad). met hom dié naweek by :

Die Zebra Fees!

Saterdag 24 September PHS Sportgronde Piemans Pies Weber-Wenner Berta Esau van Goedverwacht was die gelukkige wenner van die Piemans Pies Weberkompetisie. Sy moes slegs 2 pasteie koop om vir die trekking te kwalifiseer. Hier oorhandig Delanie Jooste ( B es t uur de r ) ha a r groot prys aan haar.

NGK Eendekuil hou Senior Burgerdag NGK Eendekuil het „n Senior Burger Dag vir ongeveer 30 senior burgers aangebied. Helmien Rossouw ontvang hier „n koopbewys van Johan De Villiers (Bestuurder).

Vrydag is Bokkedag by Boland Superspar


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.