2011 May

Page 14

14

Stads- en streeksbeplanning in Piketberg In 1905 is die verantwoordelikheid vir die bestuur van Piketberg oorgedra van die Kerkraad (wat dit sedert 1840 gedoen het) na die Munisipaliteit. W.A. Burger skryf op bladsy 184 in “Piket teen „n Berg” dat “... Daarvandaan was dit „n opdraande stryd om die vele onwilliges, selfs beskaafdes, op te voed om hulle aan die behoeftes van „n georganiseerde gemeenskap te gewen. Hulle kon of wou nie insien waarom geboue aan sekere vereistes moes voldoen nie ... Nog vroeg in 1916 kry landdros A. S. Muller (byvoorbeeld) kennis dat sy stal “in a state of ruinous repair” is en afgebreek moet word; in Julie bou hy „n ander (stal), sonder verlof.” Sedert 1916 het daar al baie water in die see geloop en natuurlik ook „n paar nuwe reëls op die owerhede se boeke wat te make het met sonering en grondgebruik. Daar bestaan vandag wetgewing oor haas enige denkbare gedeelte van die proses om grond te ontwikkel, te besit, te gebruik of te bestuur. Stads- en streeksbeplanners is professionele beroepslui wat hulle daarop toespits om te kyk na die volhoubare bestuur en gebruik van grond. Dit behels, aan die een kant, die oorweging en maak van voorstelle oor die langtermyn beplanning van „n gebied en gevolglik die wyse waarop grond in daardie gebied gebruik kan word. Kliënte van die tipe diens is meestal die regering – hetsy nasionaal, provinsiaal of plaaslik – en die produkte wissel van wetgewing tot standaarde en ruimtelike beplanningsraamwerke. Daarteenoor is stads- en streeksbeplanners ook werksaam met die interpretasie van die langtermyn planne met die oog op dag tot dag implementering, soos bv grondgebruiksregulering. Op die vlak van toepassing bestaan daar bietjie verwarring by die publiek oor die rol van beplanners, hetsy oor die verskil wat daar bestaan tussen die rol van munisipale beplanners teenoor privaat beplanners en die rol van beplanners in geheel teenoor ander beroepe werksaam op dieselfde terrein: Stads- en streeksbeplanners wat by munisipaliteite werk vervul „n verskeidenheid van take, sommige daarvan wat dikwels niks met beplanning te make het nie. Hul hooftaak is egter om te help sorg dat eienaars grond gebruik en ontwikkel op „n manier wat voldoen aan die grondgebruiksregte wat van toepassing is op die betrokke eiendom en die langtermyn beplanning van die gebied – met ander woorde hulle reguleer grondgebruike in belang van die gemeenskap. Munisipale beplanners adviseur Rade en die res van die staat oor beplanningsaansoeke en moet „n opinie kan lewer oor die wenslikheid daarvan al dan nie in die lig van die heersende sonering of die langtermyn beplanning wat van toepassing is op die gebied. „n Munisipale beplanner kan aan die begin van „n projek nuttige inligting verskaf oor wat hulle meen die vereistes van die gemeenskap se kant gaan wees oor „n ontwikkeling. Hulle kan hul egter nie werklik uitspreek oor die wenslikheid van „n aansoek voordat dit ingedien is nie aangesien hulle op een of ander stadium „n onafhanklike aanbeveling aan die Raad moet kan gee en dan nie alreeds hulself sou wou gekompromitteer het nie. Die besluit oor „n aansoek, na aanleiding van die beplanner se aanbeveling, berus by die Raad. Beplanners in die openbare sektor behartig dus die belange van die gemeenskap as geheel. Individuele aansoeke word hanteer uit hoofde van wat dit beteken vir die gemeenskap. Stads- en streeksbeplanners in die privaatsektor tree op as konsultante vir eienaars of ontwikkelaars. Privaat beplanners help eienaars beplan aan „n ontwikkeling en help

met die verkryging van die nodige rondgebruiksregte wat die ontwikkeling moontlik sal maak. In so „n geval lewer die beplanner „n professionele diens wat gebaseer is op die toepassing van kennis oor velerlei van wetlike vereistes en prosedurele bepalings wat in ag geneem moet word by die beredenering van die wenslikheid van die voorgenome ontwikkeling. Somtyds is die motivering van „n saak redelik eenvoudig en kan enige persoon sommer die aansoek hanteer, gewoonlik die eienaar self, „n landmeter of „n prokureur (Stads- en streeksbeplanning is in die opsig anders as in die geval van argitekte, landmeters, ingenieurs ens. nie so streng gereguleer nie. Voorstelle oor die reservering van sekere beplanningstake word tans egter oorweeg in oorleg met die Suid Afrikaanse Raad op Stads- en Streeksbeplanners). In gevalle waar die wenslikheid nie ooglopend sigbaar is nie, of waar heel party ander wetlike aspekte van toepassing is, gebruik mense „n privaat beplanner. In die algemeen beskou, sal „n beplanner „n meer volledige prentjie vir „n kliënt kan skets ter motivering van „n beplanningsaansoek om die eenvoudige rede dat dit hul spesialis terrein is. As gevolg van hoë ontwikkelingskostes het dit al hoe meer belangrik begin word om deeglik te besin voordat daar met „n projek af geskop word en ook om van kundige mense gebruik te maak. Oortredings in die bou- en beplanningsektor kan tot boetes, tronkstraf en verbeurde insetkostes lei. „n Privaat beplanner staan in diens van die kliënt en behartig die belange van sy kliënt. „n Professionele privaat beplanner behoort „n aanbeveling te kan maak aan die begin van „n projek oor watter benadering die kliënt se omstandighede die beste sal pas sonder om enigsins afbreuk te maak aan die minimum wetlike vereistes en die mate waartoe dit inpas by die bel ange v an die grot er gemeenskap. „n Lewensvatbaarheidstudie is dikwels die beste geld wat „n persoon kan spandeer voordat die eerste sooi gespit word. So „n studie aan die begin van „n projek kan „n eienaar of ontwikkelaar help bepaal of dit die moeite werd is om voort te gaan met die formele beplanningsproses en hang af van die skaal van die voorgenome projek: “ek wil „n afdak bou, moet ek planne indien en watter planne moet ek indien?”;“ek wil my erf onderverdeel, kan ek?”; “ek wil „n woonstel op my erf bou vir „n ekstra inkomste, moet ek laat onderverdeel of nie, watter munisipale kostes is daar en hoe lank gaan dit neem om goedgekeur te kry?”; “ek wil „n hoender abattoir op my plaas opsit, wat is die wetlike vereistes, hoeveel gaan dit kos om om die plek te ontwerp en te bou en hoe lank gaan dit neem?”; “ek wil „n plaas koop, vind vir my uit oor die water-regte en is daar enige grondhervormingskwessies ter sprake?”; tot “ek wil aftree oord met selfsorg eenhede sowel as „n verpleegsorg afdeling bou, bepaal vir my wat die behoefte daaraan is en wat die plaaslike munisipaliteit se vereistes gaan wees?”. Stads- en streeksbeplanning is „n spesialis terrein wat blootgestel is aan voortdurende verandering en „n al groter wordende behoefte plaas op professionele kundigheid. Kontak gerus volgende keer enige van die plaaslike stads- en streeksbeplanners in u omgewing, gaan gesels met hulle en besluit self watter pad u gaan volg. Swak beplanning gaan jou geld kos en geen beplanning kan jou diep in die warm water laat beland.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
2011 May by Piketberg Tourism - Issuu