2011 May

Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 4

www.piketberg.com

Mei 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Winkelshoek se Wonderwerk Janré Hanekom is op 10 April 2011 te Eendekuil gedoop. As Die Piketberger 'n koerant was wat daarop uit was om sensasie te soek, sou ons kon voortborduur op dié 6-maande oue seuntjie wat op sy ouers, Hannes en Suan, se eerste huweliksherdenking gedoop is. Wel, as jy vinnig somme maak en hierdie storie jou reeds nuuskierig maak, lees gerus die berig op p.8 om al die feite te laat klop.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Sirkus...p6 1974 Matrieks...p9 Appel restoureer...p11 Bobby van Jaarsveld...p12 Francois bak...p12 Dannelene gee hoop..p13 Jonique 7jr...p16 Ali-Baba...p18 VLV...p19 Stan en Merle Wilson.p20

P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Janré Hanekom op sy doopdag op 10 April 2011 te Eendekuil. Foto bo: Anton van Rooyen Foto regs: Verskaf

1kg BACON

R55.95/kg altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg 022-913 1505

022-913 2410

 022 913 1939  022 913 2404

Besoek gerus Boland Superspar vir ‘n opwindende reeks paas lekkers & sjokolades wat elke sak sal pas.


2

Gee leisels oor Hierdie is my laaste uitgawe as redakteur van Die Piketberger. Omdat ek Die Piketberger van sy babadae versorg het, is dit met gemengde gevoelens dat ek van hom afskeid neem. Van die jare by Die Piketberger het ek hoofsaaklik soet herinneringe en dit was altyd „n plesier om my bydrae te lewer om te help dat hy op straat verskyn. Ek gee nou die leisels oor aan Kenneth en Barbie en wens hulle alle sterkte en sukses met die toekoms van Die Piketberger toe. Dit sal vir my baie lekker wees om agteroor te gaan sit en Die Piketberger van hoek tot kant te lees sonder dat ek „n idee het wat daarin gaan voorkom. Marietha bly aan as verslaggewer. Gert en Elize de Beer wat die reëlings vir die vou van Die Piketberger tref tree ook nou uit. Baie dankie aan Suzette Fouché wat hierdie gedeelte oorneem. As daar persone is wat bereid is om op enige manier te help met betrekking tot skryf, foto‟s en oorlees van Die Piketberger kan u met Marietha by 022-913 1796 skakel. Baie dankie aan elkeen wat deur die jare „n bydrae gelewer het om Die Piketberger te laat verskyn. U almal se bydraes word opreg waardeer. Vergun my „n spesiale woord van dank aan Marietha vir haar onbaatsugtige bydrae tot die sukses van Die Piketberger en die lekker saamwerk oor die aantal jare. Marietha het met haar uitstekende kontrole ‟n rustigheid oor my gebring want ek kon staat maak daarop dat sy die fynste besonderhede onthou het. Ook ‟n groot dankwoord aan my vrou, Hannatjie, vir haar jarelange ondersteuning wanneer die koerant gemaak is. As iemand dalk sou wonder nou waar gaan ek heen. Ek gaan nêrens nie. Ek bly net hier, maar gee nou net die verantwoordelikheid van Die Piketberger oor.

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

Redakteur: Pierre Steenkamp Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk 022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag.

Totsiens en dankie, Pierre Marietha Goosen skryf... So 'n paar weke gelede lees ek in Die Burger en Rapport van die dood van Andriette Stofberg, Media24-joernalis en -redakteur. Deur haar kollegas word sy beskryf as 'n inspirasie vir die hele generasie. Almal wat saam met haar gewerk het, en natuurlik haar lesers, is op een of ander manier geraak deur haar vermoë om te skryf, haar kennis, insig, humorsin en idees. Ek het beslis die gevoel gekry dat hierdie geliefde mens se dood waarlik 'n gemis is. Nou terug na my eie storie. 'n Ma troos soms haar kind op vreemde maniere - so was ek in my finale jaar op universiteit ontroosbaar nadat my kêrel my afgesê het. Tydens een van my vele gesprekke met my ma in daardie tyd, het sy my getroos met die eenvoudige woorde: "Onthou, hy's nie dood nie." Met dié woorde is daar 'n oop einde gelos, een van hoop en wonder... Oor Pierre se weggaan by die koerant, voel ek ook so effe ontroosbaar. Ek's bly, Pierre, dat jy 'nie dood is nie', maar net besig is om jou aftrede te beplan. Dankie dat jy as skoolhoof op Piketberg in 1993 die idee van 'n gemeenskapskoerant vanaf Barrydale met jou saam gebring het. Dankie dat jy deurgedruk het ten spyte van doemprofete wat gesê het dit sou net 3 maande hou. Dankie vir die unieke eienskap van Die Piketberger, dat dit vol positiewe en opbouende beriggewing is - dit was vanaf die begin van die koerant jou uitgangspunt, en jy het nooit toegegee aan druk van buite nie. Ons twee het baie lekker saam gewerk. Dankie vir jou vertroue in dit wat ek gedoen het. Van die ou goedjies wat ek sal onthou, is die doodsnikke voor 'saktyd'. Dan word ons taamlik kreatief met opskrifte en pittighede, wat waarskynlik net deur ons geniet is. En elke keer as ek kla dat dit alweer dieselfde ou storie is oor eisteddfod, sport of prysuitdeling, dan sê jy: "Onthou, dis hierdie keer weer ander mammas se kênnertjies". Da gaat ons we an! Wat vir jou ook groot vreugde verskaf het, is die koerant op die www. Dis toe dat ons ontdek het dat die koerant in elke kontinent gelees word! Ai, en is dit nie heerlik as iemand van iewers ver (of naby) 'n boodskap stuur na aanleiding van een van die berigte nie. Jy sê jy gaan dit geniet om die koerant vars te kry en lekker te lees. Ek sal nog so 'n tydjie voortgaan om stories en nuus te soek. Ek gaan jou mis, en natuurlik Hanna se tee en koffie aandra! Baie dankie vir alles wat ek by jou geleer het. 'n Klomp van die interessante stories en feite, waarvan jy so baie het, het ek sommer dadelik vergeet, want Pierre is mos daar om dit weer te sê...! Soos Andriette Stofberg se kollegas, het ek respek en waardering vir wie jy is en wat jy doen. Jou beste eienskap, die een van kalm bly, is nastrewenswaardig. En jou vermoë om die liefdesgebod uit te leef, is navolgenswaardig.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276

Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir ‘n kwotasie


4

Kekkel & Kraai deur Jannie Lategan Werk ons nog met ons hande in die grond? Plant ons nog self ons stink Afrikanertjies en gesiggies? Voel ons nog die wriemelende grond soos dit deur ons vingers peul? Raak ons nog bewus van hierdie kragtige medium wat verantwoordelik is vir die kos op ons tafel en voedsel vir mens en dier? Ja, die medium wat ook die bloedrooi roos en blom produseer waarmee ons towerende blommekunstenaars hulle talent kan uitleef en ten toon stel, of net „n enkele affodil in „n slanke glas. Is ons straks so besig om te fokus op dit wat die grond voort moet bring dat ons dit uitmergel tot die maksimum toe en dit met aanvullings en chemikalieë slegs „n deurgangsroete maak tot „n uiteindelike goeie oes op die land? Besef ons die waarde van die kosbare medium wat die aartappel, wortel en patat op die tafel plaas. Is ons stille, nee liewer aktiewe toeskouers wat toesien dat daar genoeg stikstof, kalium, sulfate en nitrate in die regte verhouding ingewerk word om die grond in balans te formuleer en te aktiveer om net sy beste te gee. Tot „n mate weer terug te gee wat ons ontneem het. Helaas moet ons erken: Ja, dit is alles nodig om voedsel vir „n honger en broodvraende RSA en Afrika te voorsien. Daar is haas geen alternatief nie. Hoë en haas onbekostigbare insette is nodig om die sukses van „n oes te verseker. So ongelooflik afhanklik is mens en dier van hierdie kosbare aarde en alles wat ons doen is in simbiose met die res van die natuur. As ons dit alles gedoen het, bly die onmisbare reën so ongelooflik belangrik en onontbeerlik. Met Winter op hande word daar nou al reikhalsend na langtermyn voorspellings gekyk en bespiegel: “Gaan dit vanjaar tog genoeg reën?” Ten spyte van al die toevoegings van kunsmisstowwe wat in die grond saam met die saad ingewerk en gebêre word, bly reën die onmisbare van alles. Die bossieveld in die Karoo wag net vir die reën sodat daar lowergroen botsels kan wees, maar so ook lê die koringpit magteloos en wag op daardie vog wat hom moet aanmoedig om te ontkiem en te groei. Sonder reën, is alle toevoegings, chemiese middels en wat ook al nutteloos, as die reën nie betyds val nie. As ons dit alles geskryf het en alles in ons vermoë gedoen het om die voorbereiding goed te doen, kom alles tot niks, as die wolkeboog nie sy broodnodige lewegewende vloeistof uitstort nie. Straks moet ons weer „n slag deur die grond krap met ons vingers en die waarde besef van hierdie wonderlike Godgegewe medium. Ons moet dit waardeer en terwyl ons kniel, dankie sê vir hierdie kosbare geskenk van Bo. Mag die Winter van 2011 tydig sy reëns uitstort en mag die opvolgreëns ook betyds kom, sodat die kostes wat aangegaan is, nie nutteloos verspil is nie, maar bowenal dat elkeen sukses op sy akker sal behaal en dat daar voedselsekerheid vir „n honger wêreld kan wees.

Appelkoos Hoender 6-8 Hoenderstukke 1 Pakkie sampioen room soppoeier 250 ml Appelkoos sap 125 ml Koue water Voorverhit die oond tot 180 grade Rol hoender in soppoeier en pak in oondvaste bak met deksel Strooi res van sop oor hoender Meng appelkoossap en water en giet oor Hoender Bedek en bak vir 1 – 1.5 uur lank Mikrogolf metode Mikro die hoender vir 12 min by 100% krag Mikro dan vir 15 min by 70 % Laat 5 min staan

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe voorraad wintersklere asook Froggie en Green Cross skoene. Uitrustings vir troues ook beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

Moedersdag 8Mei

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

WINKELSHOEK AROMA Twee Amstel geskenkpakke is gewen deur: LINKS: Cathleen Ockhuis van Aroma oorhandig die geskenkpak aan Mnr Schalk Burger en REGS: Elroy Small oorhandig glase aan Mnr Barnard Ockhuis

BAIE GELUK!

BO en Regs BO: HOëRSKOOL PIKETBERG TENNISTOER BREDASDORP 2011 Hier pronk die span met hul nuwe Winkelshoek geborgde T-hemde saam met Mnr.Scholtz (Skoolhoof), Mev. Van Wyk(Afrigter) en Riaan Carstens(nms Winkelshoek). Baie geluk met uitstekende resultate! Links: Niek van Niekerk en Albert Marshall oorhandig „n brandstof geskenkbewys aan Me. Talitha Schreuder vir die 0/12 en 0/13 Netbal afrigtingskliniek te Wellington. Regs: „n Opgewonde 0/12 en 0/13 span na „n suksesvolle toer.

Winkelshoek  022-913 1092 info@winkelshoek.co.za


6

NG Kerk restourasie Pieter Fox skryf… Ja, kan „n klein dermpie „n mens so siek maak? Nooit kon ek my indink dat as hierdie blindederm bars „n mens by die dood gaan omdraai nie. Nou ja, dit het met my gebeur, maar gelukkig was daar baie mense, my vrou, kinders, familie en vriende wat my gesond gebid het. Ek wil net baie dankie sê aan elkeen wat my besoek het in die hospitaal, dankie vir elkeen se oproep, besoek by die huis en ruikers met beterskap kaartjies. Ek het geweet Piketberg se mense gee om, maar ondervind dit self dan waardeer jy ons mense. Die meeste dank aan Pikkie wat my vir drie weke soos „n babatjie versorg het. Maar alle eer kom my Skepper toe, want Hy het besluit my doel op aarde is nog nie uitgedien nie.

Sedert 2009 is dit die eiendomsdiensgroep se droom om die kerkgebou weer op te knap. Met die hulp van „n skenker wat R-vir-R bygedra het, het dit vanjaar moontlik geword. Nadat tenders ontvang is wat bo die gemeente se vuurmaakplek was, het die kerkraad goedgekeur dat die projek deur die eiendomsdiensgroep self aangepak kan word. Op die nippertjie het Pieter Fox, wat die projek sou help bestuurder, siekgeraak (sien hiernaas), maar die scaffold was klaar bespreek. Die eiendomsdiensgroep het egter deurgedruk en met die goeie samewerking van CTS Scaffolding en Piket Painters die knoop deurgehaak. Sien op p12 die advertensie vir die Bobby van Jaarsveld konsert ten bate van die restourasiefonds..

Briewe van ons lesers geborg deur Dr. Sam Scheepers

Sirkus kom na Piketberg “Na „n lang tyd van afwesigheid in Piketberg het die Landbouskou komitee gereël dat Maclaren sirkus Piketberg besoek om „n vertoning te kom lewer. Hulle sal op 17 Mei by die Skou terrein tent opslaan.”

Die span van Piket Painters wat die 24m hoë scaffold aangedurf het. Foto: Ds Martin Goosen

MEDIESE PRAKTISYNS Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD‟s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

‘n KLASSIEKE MUSIEKFEES VIR ALMAL VRYDAG 3 – SONDAG 5 JUNIE PRAGTIGE OVERBERGSE DORPIES GREYTON EN GENADENDAL IS DIE GESAMENTLIKE GASHERE VAN „N UNIEKE MUSIEKFEES Ligte klassieke musiek in die Andre Rieu tradisie Vir jonk en oud, puriste en “klassiek-oningeligtes”! NEGE KONSERTE OOR DRIE DAE… Wenner van SA‟s Got Talent kompetisie, James Bhemgee Gala konsert met Given Nkosi (tenoor), Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Marian Lewin (tjello), Carin Bam (hobo) en Philippus Hugo (klavier) Mozart se Requiem met Canticum Novum koor en Universiteit van Stellenbosch Simfonie Orkes Pianis Charl du Plessis met Zanta Hofmeyr op viool in “Beethoven Tango” Klassieke kitaarspeler Avril Kinsey in Konsert Mezzo-sopraan Violina Anguelov met die Kaapstadse Opera Studio Sangers Pianis Mareli Stolp in konsert met tjellis Joachim Muller-Crepon Cool Classic Kidz (klassieke kunStenaars tussen 9 en 14 jaar oud) Kaartjies beskikbaar by Computicket Vir akkommodasie skakel Greyton Toerisme by 028 254 9414, of besoek www.greytontourism.com Vir meer inligting kontak Fees Direkteur Coenie Visser by 082 576 2160 of coeniev@gmail.com


8 Winkelshoek Wonderwerk (vervolg van p.1)

rug(gie) gemaak. Vir Suan was die ambulans ritte tussen Kuilsrivier Hospitaal en Christiaan Barnard Hospitaal baie spanningsvol. Na maande se ventilators, masjiene, dokters en hospitale - met die swangerskap, die geboorte en daarna, is hulle net gevul met verwondering oor God se genade en genesing - ook is hulle in vervoering oor Sy skeppingswerk. Hannes se werk as boer behels dikwels moeilike tye gedurende lamtyd en Suan het dikwels as radiografis met neonatale babas gewerk, maar dis eers as jy self daardeur gaan, dat die wonder van lewe jou intens tref. Noudat Janré groot en sterk is, 'n regte boerseun, is dit net die foto's, die miniatuur fopspeen en die weggooidoekie wat in die plastiese banksakkie pas, wat 'n mens weer die werklikheid van hierdie wonderwerk laat besef. Baie geluk en seën vir julle drie -Red.

Jan Carel Hanekom, die vyfde geslag Hanekom op die plaas Winkelshoek, tussen Eendekuil en Piketberg, is op 11 Oktober 2010 gebore. Dis egter onbillik om te sê dat hy nou 6 maande oud is, aangesien hy reeds op 26 weke ipv die normale 40 weke gebore is. In werklikheid sou hy eers op 13 Januarie vanjaar die lig gesien het, dus moes dié 680g babatjie met 'n lengte van 28cm drie maande se groei vinnig inhaal. (Oor die algemeen is 'n lekker outydse 9 pond baba so 3,7kg en 53cm lank.) En groei het hy verseker! Van hom kan beslis gesê word dat hy 'n vegtertjie van formaat is. Vir Pa Hannes en Ma Suan, 'n boer en radiografis van beroep, was die afgelope jaar een wat altyd onthou sal word. Vir pas getroud wees en 'n nege maande uitsien na die wittebroodsbaba, was daar maar weinig tyd. Op 18 weke is bevind dat Janré se tweelingboetie of sussie nie meer in die baarmoeder is nie. Dit staan bekend as die "vanishing twin" sindroom. Op 24 weke is Suan, wat 'n ongekende hoë bloeddruk gehad het en 12 pille elke dag moes drink, deur die dokter aangeraai om die res van haar swangertyd te lê. Op 26 weke moes daar inderhaas 'n keisersnit gedoen word om te keer dat Suan se gesondheid verder verswak. 'n Vermoeiende, uitputtende en emosionele tyd het op hulle gewag. Janré is onmiddellik opgeneem in die hoësorg eenheid en Suan het maande by hom gewaak. Hannes het elke naweek gaan kuier vir sy nuwe vrou en nuwe baba, wat met hordes pypies in die broeikas gelê het. Op een en 'n halwe maand is Janré se hartjie, wat so groot soos sy pa se duim was, in die Christiaan Barnard Hospitaal geopereer. Die operasie was 'n poging om die aartjie tussen sy hartjie en sy longe toe te maak en het suksesvol verloop. Daarvoor is daar 'n sny agter oor sy Mamma Suan se hand net so groot soos die hele babalyfie van Pa Hannes en klein Janré. Janré Albei ewe moeg in die hospital.

Hannes en Suan Hanekom met Janré in Maart vanjaar.

Werklike voet grootte soos op 6 weke

Berig: Marietha Goosen Foto's: Marietha Goosen en ander


9

PHS 1974 Matrieks Op die foto regs is die 1974 matrieks aan PHS en onder verskyn hulle in min of meer dieselfde posisie, hierdie keer by die 2011 - reünie. Twee oud juffrouens sit in die plek van die skoolhoof (Mnr Pretorius) en klasonderwyser (Mnr Cilliers). Die hoofseun was Pierre Kotze wie se pa Afrikaans gegee het (Roline Kotze se gewese man). Die hoofmeisie was Helena Kitshoff wie se broer, Michiel, nog boer by Spesbona, Eendekuil.

Die 1974—matrieks afgeneem tydens hulle 2011—reünie

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34, DIE BYEKORF

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Kontak  082 660 2470  022-913 3984 Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.)

Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Ons verwerk ook vleis wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


10

Mev Haasbroek inspireer Bib Die eksentrieke Mev Haasbroek, die hoofkarakter in Jaco Jacobs se boek, "Bertus soek 'n Boek", was die inspirasie vir Piketberg Openbare Biblioteek se Biblioteekweek tema. Mev Haasbroek is die energieke, flambojante en interessante bibliotekaresse, wat vir Bertus, wat niks van vaal en vervelige biblioteke hou nie, sover kry dat hy skoon verlief raak op die biblioteek. Sy stel hom voor aan allerhande karakters wat tussen die boeke skuil, van tiere, drake en grillerige goeters tot paddas, prinse en prinsesse. Op die foto is die personeel van Piketberg Openbare Biblioteek, aangetrek volgens hulle gunsteling karakters uit die boek. Hulle is Gerna Croeser, Carmen van Wyk, Crezentia Swarts en Betta Swarts. Lesers kan gerus Jaco Jacobs se boek, geïllustreer deur Marjorie van Heerden, uitneem en julle verkyk aan Mev Haasbroek se manewales.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

Gerna Croeser, Carmen van Wyk, Betta Swarts en Crezentia Swats

Troue

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) 1x 3.5 ton trok en 1x 8 ton trok Boumateriaal uit die Kaap nodig? Kontak my. Elanie Engelbrecht en Innes Coetzee is op 9 April 2011 in die NG Kerk Piketberg getroud. Die onthaal was by De Berge Gastehuis, Piketberg. Foto: Lynette de Witt

André Yardley 079 994 5435


11

Afgetrede boer restoureer trekker In die soeke na nuuswaardige materiaal, het ek afgekom op 'n trekker wat deur Appel Richter splinternuut gedurende 1975 van die intertydse Van Niekerk en Krupp teen die "astronomiese" prys van R6,100-00 aangekoop is. Appel het gaande weg in die rigting van restourering van hierdie trekker gedink om dit tot so na as moontlik aan sy oorspronklike voorkoms te bring en in 'n volle werkende toestand. Hierdie trekker het gedurende 2007 as gevolg van 'n elektriese kortsluiting aan die brand geraak en wsas baie sleg beskadig. Uiteindelik was dit net genoeg om hier en daar onderdele te verwyder en elders te gebruik. Uiteindelik het hierdie masjien net op "blokke" gestaan en waarskynlik gedink dat hy vir niks meer goed is nie. Appel en sy buurman, Lemmie de Swardt, het egter ander planne met hierdie "nuttelose" implement gehad. Gedurende September 2010 het Appel en Lemmie hierdie trekker na Appel se dorps-erf verskuif en restourasie het met rasse skrede begin. Telkens het hulle hulle vasgeloop om vervangende onderdele te kry. So was 'n "alternator", dieselpypies en gloeilampies haas onverkrygbaar en moes daar wyd en syd gesoek word. Gloeilampies kon uiteindelik verkry word @ R25-00 elk. ('n Item wat waarskynlik 50c in 1975 gekos het). Hierdie twee manne het nie moed opgegee nie, maar volhardend gesoek vir onderdele om hierdie resourasiewerk van hulle te vervolmaak. Uiteindelik was dit gereed om gespuitverf te word en daarmee het die flinke hande van SW Burger gehelp om 'n professionele afwerking te gee. Vandag staan hierdie trotse hande werk van Appel Richter en Lemmie de Swardt as stille getuie in die motorhuis van Appel in Proteastraat. (Nee glad nie stil nie; toe Appel die

knoppie druk, toe "start" hierdie masjien en luier asof dit splinternuut is.) Appel is 'n Oupa wat tot groot plesier van sy kleinkinders kosbare speelgoed vir hulle maak. By vernuf, kundigheid en met die bystand van sy buurman Lemmie, is bykans niks vir hom onmoontlik nie!

Appel Richter met sy Massey Ferguson 188

Jeugdag 16 Junie


12

Baasbakker by Shoprite Francois Visser, werknemer by Shoprite se Bakkery afdeling, is pas terug van 'n 6-weke Bakkery Opleiding kursus by die Brackenfell Bakery School. Francois, wat reeds die afgelope 8 maande in diens is van Shoprite Piketberg het 'n ongekende belangstelling in sy werk. Wat die kursus hom geleer het, is om die reeds kwalitiet produkte in die Bakkery afdeling van Shoprite, nog meer aantreklik en geurig te maak. Die Piketberger wens Francois 'n mooi loopbaan in die bakbedryf toe -Red.

Bestuurder, Hardus Minnaar (regs) oorhandig ‘n sertifikaat aan Francois Visser. Berig en foto deur Marietha Goosen


13

Dannelene gee vroue Hoop Sy het in 2007 net weggeraak in Saudi Arabië, vir 99 dae lank, die Suid-Afrikaanse vrou met familie in Piketberg, 'n boorling van die plaas Winkelshoek. As verpleegkundige het Dannelene Noach ongeveer 10 jaar in Saudi deurgebring, was aan die hoof van 'n groot hospitaal en het al hoe meer onder die indruk gekom van die korrupsie, ongeregtigheid, onderdrukking van die vrou en onredelikheid in die land. Sy wou agter die waarheid kom en het in haar pogings haar vasgeloop teen die owerhede, maar met die Here aan haar kant en haar liefde vir Hom en haar vertroue in Hom, het hy haar bewaar. Met 'n pa wat Meester genoem is vanweë sy onderwysloopbaan en 90 jaar oud geword het en 'n "gewone" huisvrou vir 'n ma, wat vir hulle kinders geleer het dat almal voete van klei het, maar dat jy 'n onwrikbare geloof in jou Here moet hê, dat jy jou gawes passievol moet uitleef, dat God deur eenvoudige mense werk, dat jy jou daagliks moet toerus met die wapenrusting van God - dit is die waarhede wat Dannelene steeds verkondig en wat haar in haar dae en maande van diepste donkerte en swaarkry heeltyd bygebly het. In haar telefoongesprekke met haar pa, toe sy soms op haar moedelooste gevoel het, het haar pa byna desperaat uitgeroep in 'n poging om haar te bemoedig: "My God my kind, hoeveel keer moet ek nog vir jou sê die graf is leeg! Hy het opgestaan, Hy is by jou!" Sy getuig dat die Here haar in die Saudi-tronk stil gemaak het en vir haar gefluister het dat Hy 'n groter plan vir haar het. In die stroom van leuens waarin sy vasgevang was, het sy gekies om die waarheid te praat en oor en oor het die Here haar oortuig met die woorde: "Bely jy net jou liefde aan My". Die uitvloeisel van haar wedervaringe wat erge marteling, verkragting en ontberinge insluit, is die

stigting van The Woman Alone Foundation, 'n poging om vroue te bemagtig om op te staan en saam te staan. Haar doel is ook dat vroue moet weet van die Here en sy Woord. Persone of organisasies wat haar wil kontak oor moontlike optredes, kan haar skakel by 079 487 2207. Haar storie is onlangs te boek gestel met behulp van Ilna Grobler van die Monitor, en staan bekend as “Woman Alone”. Dis reeds vertaal na “Vrou Alleen”. Omdat sy haar seer na Jesus toe kon vat en die oortreders teen haar kon vergewe, is sy vry en 'n oorwinnaar in Christus.

Magdaleen van Zyl, Ilna Grobler, Dannelene Noach en Gerna Croeser. Gerna het vir Dannelene genooi as spreker by 'n vroueoggend tydens Biblioteekweek. Ilna het Dannelene se wedervaringe in 'n boek, Woman Alone/ Vrou Alleen geskryf en Magdaleen het die verrigtinge geopen met gedigte oor vrou-wees. Berig en Foto's: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Mei. Berigte moet ons bereik teen 17 Mei.


14

Stads- en streeksbeplanning in Piketberg In 1905 is die verantwoordelikheid vir die bestuur van Piketberg oorgedra van die Kerkraad (wat dit sedert 1840 gedoen het) na die Munisipaliteit. W.A. Burger skryf op bladsy 184 in “Piket teen „n Berg” dat “... Daarvandaan was dit „n opdraande stryd om die vele onwilliges, selfs beskaafdes, op te voed om hulle aan die behoeftes van „n georganiseerde gemeenskap te gewen. Hulle kon of wou nie insien waarom geboue aan sekere vereistes moes voldoen nie ... Nog vroeg in 1916 kry landdros A. S. Muller (byvoorbeeld) kennis dat sy stal “in a state of ruinous repair” is en afgebreek moet word; in Julie bou hy „n ander (stal), sonder verlof.” Sedert 1916 het daar al baie water in die see geloop en natuurlik ook „n paar nuwe reëls op die owerhede se boeke wat te make het met sonering en grondgebruik. Daar bestaan vandag wetgewing oor haas enige denkbare gedeelte van die proses om grond te ontwikkel, te besit, te gebruik of te bestuur. Stads- en streeksbeplanners is professionele beroepslui wat hulle daarop toespits om te kyk na die volhoubare bestuur en gebruik van grond. Dit behels, aan die een kant, die oorweging en maak van voorstelle oor die langtermyn beplanning van „n gebied en gevolglik die wyse waarop grond in daardie gebied gebruik kan word. Kliënte van die tipe diens is meestal die regering – hetsy nasionaal, provinsiaal of plaaslik – en die produkte wissel van wetgewing tot standaarde en ruimtelike beplanningsraamwerke. Daarteenoor is stads- en streeksbeplanners ook werksaam met die interpretasie van die langtermyn planne met die oog op dag tot dag implementering, soos bv grondgebruiksregulering. Op die vlak van toepassing bestaan daar bietjie verwarring by die publiek oor die rol van beplanners, hetsy oor die verskil wat daar bestaan tussen die rol van munisipale beplanners teenoor privaat beplanners en die rol van beplanners in geheel teenoor ander beroepe werksaam op dieselfde terrein: Stads- en streeksbeplanners wat by munisipaliteite werk vervul „n verskeidenheid van take, sommige daarvan wat dikwels niks met beplanning te make het nie. Hul hooftaak is egter om te help sorg dat eienaars grond gebruik en ontwikkel op „n manier wat voldoen aan die grondgebruiksregte wat van toepassing is op die betrokke eiendom en die langtermyn beplanning van die gebied – met ander woorde hulle reguleer grondgebruike in belang van die gemeenskap. Munisipale beplanners adviseur Rade en die res van die staat oor beplanningsaansoeke en moet „n opinie kan lewer oor die wenslikheid daarvan al dan nie in die lig van die heersende sonering of die langtermyn beplanning wat van toepassing is op die gebied. „n Munisipale beplanner kan aan die begin van „n projek nuttige inligting verskaf oor wat hulle meen die vereistes van die gemeenskap se kant gaan wees oor „n ontwikkeling. Hulle kan hul egter nie werklik uitspreek oor die wenslikheid van „n aansoek voordat dit ingedien is nie aangesien hulle op een of ander stadium „n onafhanklike aanbeveling aan die Raad moet kan gee en dan nie alreeds hulself sou wou gekompromitteer het nie. Die besluit oor „n aansoek, na aanleiding van die beplanner se aanbeveling, berus by die Raad. Beplanners in die openbare sektor behartig dus die belange van die gemeenskap as geheel. Individuele aansoeke word hanteer uit hoofde van wat dit beteken vir die gemeenskap. Stads- en streeksbeplanners in die privaatsektor tree op as konsultante vir eienaars of ontwikkelaars. Privaat beplanners help eienaars beplan aan „n ontwikkeling en help

met die verkryging van die nodige rondgebruiksregte wat die ontwikkeling moontlik sal maak. In so „n geval lewer die beplanner „n professionele diens wat gebaseer is op die toepassing van kennis oor velerlei van wetlike vereistes en prosedurele bepalings wat in ag geneem moet word by die beredenering van die wenslikheid van die voorgenome ontwikkeling. Somtyds is die motivering van „n saak redelik eenvoudig en kan enige persoon sommer die aansoek hanteer, gewoonlik die eienaar self, „n landmeter of „n prokureur (Stads- en streeksbeplanning is in die opsig anders as in die geval van argitekte, landmeters, ingenieurs ens. nie so streng gereguleer nie. Voorstelle oor die reservering van sekere beplanningstake word tans egter oorweeg in oorleg met die Suid Afrikaanse Raad op Stads- en Streeksbeplanners). In gevalle waar die wenslikheid nie ooglopend sigbaar is nie, of waar heel party ander wetlike aspekte van toepassing is, gebruik mense „n privaat beplanner. In die algemeen beskou, sal „n beplanner „n meer volledige prentjie vir „n kliënt kan skets ter motivering van „n beplanningsaansoek om die eenvoudige rede dat dit hul spesialis terrein is. As gevolg van hoë ontwikkelingskostes het dit al hoe meer belangrik begin word om deeglik te besin voordat daar met „n projek af geskop word en ook om van kundige mense gebruik te maak. Oortredings in die bou- en beplanningsektor kan tot boetes, tronkstraf en verbeurde insetkostes lei. „n Privaat beplanner staan in diens van die kliënt en behartig die belange van sy kliënt. „n Professionele privaat beplanner behoort „n aanbeveling te kan maak aan die begin van „n projek oor watter benadering die kliënt se omstandighede die beste sal pas sonder om enigsins afbreuk te maak aan die minimum wetlike vereistes en die mate waartoe dit inpas by die bel ange v an die grot er gemeenskap. „n Lewensvatbaarheidstudie is dikwels die beste geld wat „n persoon kan spandeer voordat die eerste sooi gespit word. So „n studie aan die begin van „n projek kan „n eienaar of ontwikkelaar help bepaal of dit die moeite werd is om voort te gaan met die formele beplanningsproses en hang af van die skaal van die voorgenome projek: “ek wil „n afdak bou, moet ek planne indien en watter planne moet ek indien?”;“ek wil my erf onderverdeel, kan ek?”; “ek wil „n woonstel op my erf bou vir „n ekstra inkomste, moet ek laat onderverdeel of nie, watter munisipale kostes is daar en hoe lank gaan dit neem om goedgekeur te kry?”; “ek wil „n hoender abattoir op my plaas opsit, wat is die wetlike vereistes, hoeveel gaan dit kos om om die plek te ontwerp en te bou en hoe lank gaan dit neem?”; “ek wil „n plaas koop, vind vir my uit oor die water-regte en is daar enige grondhervormingskwessies ter sprake?”; tot “ek wil aftree oord met selfsorg eenhede sowel as „n verpleegsorg afdeling bou, bepaal vir my wat die behoefte daaraan is en wat die plaaslike munisipaliteit se vereistes gaan wees?”. Stads- en streeksbeplanning is „n spesialis terrein wat blootgestel is aan voortdurende verandering en „n al groter wordende behoefte plaas op professionele kundigheid. Kontak gerus volgende keer enige van die plaaslike stads- en streeksbeplanners in u omgewing, gaan gesels met hulle en besluit self watter pad u gaan volg. Swak beplanning gaan jou geld kos en geen beplanning kan jou diep in die warm water laat beland.


15


16

Jonique se partytjie 'n fees Op die voorblad van die Maart uitgawe van Die Piketberger is berig dat KANSA 'n Spur ete beplan vir Jonique se sewende verjaarsdagpartytjie, omdat dit een van dié kankerlyertjie se drome is. Die partytjie is toe met 'n paar dae vervroeg, aangesien Jonique vir 'n behandeling na Tygerberg moes vertrek. Die eienaars van Mountain Creek Spur, Jan en Marthie du Toit, en die Spur personeel het ingespring en 'n fees van 'n verjaarsdagpartytjie gereël. Jonique was baie in haar skik met al die gaste en maatjies en het haar "spare rib" met smaak geëet. Die partytjie is grotendeels geborg deur Mountain Creek Spur op Piketberg. Die skoolmaatjies het self bygedra tot hulle ete.

Carmen Adams verf Jonique se gesig terwyl Marthie du Toit haar vashou

Jonique by haar beste maatjie, Jo-Ann Pieterse Jonique en haar gr 1skooljuffrou, Elzanne Boshoff

Elishque Ntane, Imogen de Wee, Edgrané Blankenberg en Anechia Somers

Jonique by Marthie en Jan du Toit Samrique Kayster, Rolan Somers, Jomon Hanekom en Lyle Booys Die gr 2-juffrou Marlane Basson, Dorian Afrikaner en Darryn Strauss

Berig en foto’s deur Marietha Goosen

Owen Julius, Rolando Baadjies en Gregan Brink

Desmoray Booise, Lamisha Jonkers, Aleighné Rivida en Larah Vlotman


17

Pieter en Pikkie 'n gedugte span Nadat Pieter vir Pikkie in 1999 die De Berge gastehuis gebou het, het Pikkie met haar gasvryheid en harde werk vinnig-vinnig dit bedryf en verbeter tot 'n drie-ster gastehuis. Sedertdien het De Berge met sy 3 dubbelbed kamers en 9 enkelbedkamers met lieflike ontbyte 'n veilige hawe vir reisigers geword. Menige plaaslike funksie in die vorm van kombuistees, babatees, verjaarsdae en praatjies en gesellighede is in die eetsaal gehou, met heerlike eetgoed, keurig deur Pikkie en haar helpers berei, of sappige steaks, deur Pieter en sy helpers op die kole gedoen. Met 'n handige (en haastige) man soos Pieter, is daar pas 'n splinternuwe toevoeging tot De Berge. Agter die gastehuis is 'n saal wat enige funksie of onthaal tot 100-120 mense kan huisves, met aparte kombuisgeriewe. Vier nuwe familiekamers bied nou die geleentheid vir gesinne om van die gerieflike selfsorg eenhede gebruik te maak. Kom maak gerus 'n draai en gaan kyk. Piketbergers kan trots wees op so 'n gastehuis.

3 Dubbelbed kamers 9 Enkelbed kamers 4 Familie kamers Braai vertrek Konferensie fasiliteite Onthaalsaal (100 - 120 gaste) 022-913 2836 Pikkie 082 494 8564

deberge@wcw.co.za


18

Ali-Baba prettig en vars Op die foto verskyn Alison Muller met die hoofkarakters in die humoristiese musiekblyspel, Ali-Baba wat op 12 en 13 Mei deur PHS aangebied word. Plekbesprekings kan gedoen word by Piketberg Apteek. Kaartjies op Donderdag is R50 en R25. Vrydag se koste beloop R60 en R35. Albei vertonings word in die Kerksaal aangebied om 19:30.

S haron‟s

Hair Desig Matric Dance Hair Make-up Nails Sunbed

Agter is Eldon van der Merwe, Charnill Kok, Raydon Wright, Robert Edmonds, Behan Croeser en John Eksteen. Voor is Melandri van der Merwe, Jani Truter en Lydia van Niekerk.

Let the professionals take care of you on your special day Hair by Sharon using Hannon 082 491 0434 Make-up by Michelle using MAC 083 601 8536

LOONKLERK Mouton’s Valley (Pty) Ltd Piket-Bo-Berg Drie van die hoofkarakters in Ali-Baba is Eldon van der Merwe as Mustafa, Jani Truter as Sandy en John Eksteen as Mr Ali-Baba.

Ali - Baba 12 en 13 Mei Kerksaal

Ten einde te kwalifiseer vir hierdie pos, is die volgende vereistes ononderhandelbaar: Graad 12 met Wiskunde, „n hoë vlak van Rekenaargeletterdheid en bogemiddelde syfervaardigheid Vorige ondervinding van loonadministrasie is nie noodsaaklik nie, maar „n paar jaar ondervinding van algemene kantoorwerk wel. Die posbekleër is self verantwoordelik vir sy/ haar vervoer na en van die plaas. E-pos CV aan jamespers@telkomsa.net of faks aan (021) 9197677 (Maksimum 3 bladsye en geen sertifikate of dokumente nie) Sluitingsdatum: 29 April 2011


19

VLV bied Sirkeldag aan VLV Eendekuil bied op Saterdag 21 Mei 2011 om 09:30 te NG Kerksaal Eendekuil „n Sirkeldag aan. Die spreker is Johan Cloete, bekende sjef van Kaapstad. Johan het op twee televisieprogramme aanbiedings gedoen, onderskeidelik Top Billing se hoedereeks uit sjokolade en suikerkuns op Pasella. Hy gaan die volgende demonstreer:Moderne Bakkery (Pastry), wat dit behels op wêreld kompetisie vlak; Inligting oor sjokolade- en suiker tegnieke; Sjokoladeen suiker demonstrasie; Moderne konsep van nageregte (Plated Desserts) vir daardie spesiale onthaal. Die VLV nooi alle vroue hartlik uit om deel te wees van hierdie “soet” oggend. U moet dit beslis nie mis nie! Die koste is R60 pp (sluit ligte middagete in). Die kleredrag is denim & diamante. Vir enige navrae kontak Elmarie 022 9421270 / 91231180 of Sandra 022 9421712.

Tieneraand

VLV Piketberg Tydens 'n Kunste en Handvlyt vergadering, gehou op 17 Maart 2011, in die Piketberg Biblioteeksaal met Die Bruid as tema, is 'n kaleidoskoop van kunste wat glans en feestelikheid aan 'n huweliksdag verleen en in later jare spesiale herinneringe oproep, aan VLV lede en gaste uitgestal. Bo en behalwe fotografie, tafelversiering, blomkuns, fluitspel, rokke vir die bruid en haar gevolg, troukoek en 'n feestelike teetafel, het dames hul trourokke van toeka tot nou vertoon.

Louise Visser - die mees onlangse bruid, VLV erelid Christine Langeveldt, Elna Slabber in haar trourok waarin sy 37jaar gelede getroud is en Melanie Slabber albei van Hopefield, Riana Richter wat haar rok van 1972 uit die kas gehaal het, Judy Nortje wat Esther Pretorius se rok vertoon het, Carla Visser in haar rok waarin sy in 2008 getroud is en Esther Pretorius, mede-saamroeper van die geleentheid. Die klein bruidjie voor is Olivia Slabber. Christine Langeveldt het nie haar trourok aangehad nie, maar 'n wit volkspelerok wat enige tyd ook vir 'n trourok sou kon deug.

Praise and Worship

Nic Slabber en live band op 18 Mei in die KERKSAAL om 19h00 teen R15 pp Diensknopies is ook by die vergadering oorhandig aan lede.Vlnr is Katinka Morrison (25 jaar), Rita Eksteen (50 jaar) en Riana Richter (40 jaar).

Silwer vir Janke Janke van Schalkwyk met die silwer medalje wat sy en haar aflosspan van Wes-Kaap by die SA Junior atletiekbyeenkoms in Germiston verwerf het. Foto: Sanet van Schalkwyk


20

Arbeidskolom Anel Wiehman

Psigometriese toetse in die werksplek Psigometriese toetse is „n instrument wat meestal in die werwings proses gebruik word. Dit word gesien as „n effektiewe metode om insig te kry tot iemand se persoonlike en psigologiese denke. Psigometriese toetse fokus op sekere aspekte van jou kennis, soos verbale en numeriese redenering, persoonlikheidstrekke, en ander vermoëns assessering, soos kreatiwiteit. Weens voortdurende ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing en die implikasie van die Wet op Gelyke Indiensneming, is die validering van instrumente baie belangrik vir die gebruik van evaulerings- en keuringsdoeleindes. Dit is baie belangrik dat die toetse slegs deur geregistreerde sielkundiges of deur enige ander aanvaarbare gekwalifiseerde persone gebruik mag word. Psigometriese toetse mag nie as enigste middel gebruik word om „n aanstelling in die werksplek te maak nie. Dit moet as „n bykomende hulpmiddel gebruik word. Sielkundige toetse en ander soortgelyke assessering op „n

Stan veg in Britse Vloot tydens WO II

persoon is verbied, tensy die toets wat gebruik word a) wetenskaplik geldig en betroubaar bewys is, b) regverdig toegepas word op alle werknemers en c) nie bevooroordeeld teenoor enige werknemer of groep is nie. Psigometriese toetse kan ook in die ontwikkeling van werknemers in „n besigheid gebruik word. Sommige maatskappye maak gebruik van psigometriese toetse om werknemers se groei potensiaal in die Maatskappy te meet. Die resultate van die psigometriese toetse gee vir bestuur „n aanduiding waar die Maatskappy die werknemer se sterk punte tot voordeel van die besigheid kan aanwend. Volgens my het psigometriese toetse wel „n belangrike plek in die arbeidsmark. Egter een van die grootste struikelblokke rakende psigometriese toetse in Suid-Afrika is om toetse oor „n diverse taalkundige en kulturele agtergrond te ontwikkel. Daar ontstaan altyd die moontlikheid van diskriminasie. „n Oplossing kan wees dat Maatskappye toetse sal valideer in hul eie werksomgewing. Indien jy wil gebruik maak van psigometriese toetse om keuses in die werksplek te ondersteun, maak seker dat die toetse wel meet wat dit veronderstel is om te meet en nie teen enige persoon of groep diskrimineer nie. Diskriminasie in hierdie verband kan lei tot onregverdige arbeids praktyk. Vir enige verdere navrae kontak HR Dinamik. en boonop onthou hy al sy wedervaringe asof dit gister was. Tussen 1940 en 1948 het hy 32 lande besoek en was hy aan boord van 19 skepe. Soos hy dit stel, was dit sy “job to attack a country, blow up the target, and get the hell out of there...” Weens sy betrokkenheid in die Verre Ooste, het hy so drie keer verby die lang kus via Suid-Afrika gevaar en is uiteindelik weens ‟n besering vir 4 maande opgeneem in die Militêre Hospitaal in Simonstad. Net soos Piketberg trots is op sy mense, veral ook die jong seuns en dogters wat presteer, en net soos Die Piketberger graag daaroor berig, so het ’n Britse koerant in 1948 oor hom geskryf, met die opskrif „Ex-Coldfall schoolboy‟s world travels.‟ ‟n Lang en interessante brief wat Stan uit Suid-Afrika na die Britse publikasie geskryf het, is net so geplaas en bied ‟n insiggewende blik op Stan se ryke ervarings as vlootsoldaat. Hoe graag ek dit sou wou opsom, het ek gevoel dis beter om in volgende maand se Piketberger die hele brief te plaas. Dit sal vir die belangstellende leser ‟n beter oorsig gee. Intussen wil ek Stan aanmoedig om tog sy boek te begin skryf...

Keep your mind active..... Keep you body active.... dis die raad wat die 89-jarige eertydse Britse soldaat van Aurora het – dis die geheim vir die goeie gesondheid en helderheid van verstand wat hy vandag het. (Hy voeg darem by dat hy al vir jare Rose‟s Lime Juice drink om die bloed dun te hou.) Dis Dean Jankielsohn wat my op die spoor van Stan en Merle Wilson sit. Hulle is sedert 1987 kliënte by Boland Spar. Wat hulle, veral Stan, so interessant maak, is die feit dat hy as jong seun vrywillig deel geword het van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit het geskied sonder sy pa se goedkeuring, aangesien sy pa gereken het dat hy te jonk was. Op eie risiko het hy egter voortgegaan met sy planne. Ek is eintlik daar om met Stan ‟n onderhoud te voer Berig deur Marietha Goosen – ons doen dit toe heel gepas in Boland Superspar se koffie winkel - terwyl Merle ondersteunend is en inlas waar sy kan. Hulle twee het ontmoet toe Stan pakhuisbestuurder by Stuttafords in Kaapstad was en Merle kantoorbestuurder. Hulle eerste afspraak sou in ‟n deftige restaurant wees, maar toe hulle daar kom en besef hulle moes bespreek, het hulle maar gegaan vir ‟n pizza in Rondebosch waarvan die kors ‟n bietjie hard was – dit was Vrydag 13 Februarie 1980! Wel, op 1 Maart 1982 is hulle getroud. In 1985 het hulle gereageer op ‟n Farmer‟s Weekly advertensie vir ’n huis in Aurora. Met ’n bouvallige huis op „n 2-akker stuk grond met bruin lopende water en ‟n buite toilet, was hierdie keuse ‟n groot uitdaging. Vandag bewerk hulle steeds self die stuk grond en bly besig in en om die gesrestoureerde huis, lees graag en voltooi blokkiesraaisels. Stan se groot droom bly om sy lewe as soldaat in boekvorm neer te pen – hy het al sy aantekeninge gehou Stan en Merle Wilson van Aurora


21

Laffie's Grill na Braaihuis As u hier lees dat Laffie's Grill op 1 Mei in Hoofstraat 54 open, sal u verskillende verwysingsraamwerke hê, afhangende van wanneer u as leser op Piketberg gearriveer het. Sover ek kan onthou is dit vir my die Braaihuis. Ander weer sal hulle opvolgers by Country Kitchen onthou en die mees onlangse verwikkelinge was Vintage Tavern, al drie hierdie plekke met verskillende eienaars. Op 1 Mei verander die naam na Laffie's Grill met Les en Annina Aylward aan die stuur van sake. 'n Jaar gelede het Die Piketberger hulle twee verwelkom nadat hulle vanaf Bredasdorp na Piketberg verhuis het. Vir die afgelope jaar het hulle reeds hulle merk gemaak met hulle heerlike etes in die Nederberg Hotel se eetsaal. Les en Annina bedank al hulle getroue ondersteuners van die afgelope jaar en nooi almal uit om dieselfde heerlike, geurige en aptytlike kos te kom geniet in hulle nuwe plek in Hoofstraat 54. Berig en foto deur Marietha Goosen

PHS se rugbynuus As deel van die Tony Stoops Rugbytoernooi vir skole, het die eerstespan van Hoërskool Piketberg op Saterdag 2 April uitgedraf teen Hoërskool Otto du Plessis, PE op die veld van Hoërskool President in Goodwood. Beide spanne het hard gewerk en voluit rugby gespeel. PHS wen 42 - 12. Berig en foto‟s: Petrusa de Koker

Laffie’s Grill Hoofstraat 54

Wilbur Maarman duik oor die doellyn vir ‘n drie.

Open op 1 Mei Sondagmiddag spitbraai

Jacques Rossouw (Kapt) teken punte aan met een van sy vele geslaagde doelskoppe

Heerlike

Aldrich Rossouw druk ‘n drie met ‘n opponent kort op sy hakke

Nathan Diederich ontduik ‘n hele paar opponente om ‘n drie te druk

(12h00 vir 12h30) R85/persoon Slegs 40 plekke beskikbaar

Bespreek by Les 083 448 1718

Die Piketbergers sak in die skrum. Voor is Juan van Zyl met Adam Kotzé skuins agter hom


22

STORIES

Tennismanne onoorwonne

magdaleen van zyl Partykeer weet ek nie waaroor ek ‘n storie kan skryf nie - dis asof my woorde op is. En ander tye sê iemand net iets, dan sit dit „n gedagte aan die gang, en voor ek my kom kry, lê daar „n bladsy vol woorde, maar vandag is nie een van daardie dae nie. Toe dink ek, ek gaan nou „n storie skryf oor stories, wat dwarsdeur my lewe „n indruk op my gemaak het. Daar is verskeie redes hoekom „n storie my beïndruk het soms was dit die teks, maar soms wel net die illustrasie, en heel dikwels albei. In laasgenoemde geval dink ek dadelik aan Daniël in die leeukuil. Ons kinderbybel het „n groot prent gehad van die vreeslose jong man en die reuse leeu wat soos „n troetelkat daar lê. En dan was daar „n gedeelte in die teks wat iets gesê het van die leeu se bek wat toegesluit is deur God, of iets dergeliks. Ek het altyd probeer sien of daar nie „n stukkie van „n sleutel by die leeu se bek uithang nie!! Die drie beertjies was altyd „n groot gunsteling, en ek het veral gehou van die deel waar die bere vir goue lokkies vas aan die slaap kry, en dat sy nie eens bang was vir bere toe sy daar wakker word nie, en dat almal net dadelik vriende was. In die meeste stories van kleintyd, was almal mos net boesempelle op die einde - verstommend. Simson se storie het my altyd gefassineer, veral die deel waar die hare toe geknip word. En ek was altyd so vies vir hom dat hy nie die geheim kon hou nie! Ek was nogal jammer vir Jan-en-die-boontjierank se ma en kind, want hulle het later boggerol gehad en toe moes die arme kind so ver loop om hulle koei ook nog te gaan verkoop. Toe kon hulle nie eers meer melk drink nie. En dat Jan so stupid was om 5 gekleurde boontjies te vat by „n vreemde man, het my verstom gelaat. Ons mag nie eens met vreemde mense gepraat het nie! My storieboek het „n hele bladsy gehad wat net vol boontjierank was - net om te wys dat dit regtig „n groot sterk rank was wat vir Jan en die reus kon dra - en dit was „n baie mooi groen kleur. Jakkals-en-wolf stories het my altyd lekker laat lag, en as die dom wolf „n slag vir skelm jakkals „n les leer, was ek in my noppies. Al die prente by die stories van prinsesse was vir my mooi, en ek het altyd gewens dat as ek groot is, ek tog ook darem so iets tussen sneeuwitjie, goue lokkies, die slapende skoonheid, en skoonlief (van skoonlief en die ondier), sou lyk. Daar is nog so baie: Brolloks en Bittergal (in so „n mooi perserige boekie), Saartjie, Trompie, die Uile wat so slim was, en Fritz Deelman se ongelooflike avonture. Rooikappie en „n wolf wat „n hele ouma kan insluk, die wolf en die sewe bokkies (en hy sluk weer ses bokke in!), en al die stories van Kinder Ensiklopedieë. Ek het „n groot boekrak propvol boeke, en elke storie is op „n manier vir my spesiaal, en elke storie laat sy eie indruk. Die groot vraag is altyd: wat se indruk laat JOU storie op ander mense se lewens . . .

Tydens die onlangse Interskole kragmeting teen Porterville, het PHS se Laerskool Meisies Tennisspanne gewen. Benewens die oorwinning het hulle ook derde geëindig in die Wes-Boland liga. Saam met hulle afrigter, Marianne Grobler, verskyn agter Anke Schreuder, Marelize Myburgh, Jo-Rika van der Westhuizen en Thana Stephan. Voor is Carla Botma, Hanri van Zyl, Suzaan Bassett en Anné Rheeder. Berig en foto's deur Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Mei. Berigte moet ons bereik teen 17 Mei.

Vadersdag 19 Junie

PHS se Eerste en Tweede Laerskool Seuns Tennisspanne was vanjaar onoorwonne in die WesBoland liga. Hulle het 216 potte ingepalm en 42 afgestaan. Tydens die Interskole kragmeting teen Porterville het die eerstespan as wenners uit die stryd getree. Op die foto verskyn die spanne saam met hulle afrigter, Marianne Grobler. Agter is die eerste span Bendert Smit (nr 1), Louwrens Laing (nr 2), Freddie Visser (nr 3) en Harry Roux (nr 4). Voor is die tweede span Barend Smit (nr 1), Matthew Luyt (nr 2), Nicol Visser (nr 3) en Seth Luyt (nr 4). Berig en foto's deur Marietha Goosen

Tennis meisies wen interskole


23

WINKEL BESOEK

SERTIFIKAAT SEREMONIE Op 31 Maart het die Piketberg Gemeenskap Leersentrum hul jaarlikse Sertifikaat Seremonie gehou. Hester Hagen (Boland Superspar Bestuurder) oorhandig 3 geskenkpakkies aan die gaste vir Me J Heyns (Sentrum Bestuurder).

Juffrou Martinet Engelbrecht en die Gr 3-klas van Carl Schreve Morawiese Primêr Wittewater het op 24 Maart by Boland Superspar kom kuier. Al die kinders het dit vreeslik geniet en baie geleer van hoe dinge werk in die bakkery en die slaghuis.

PIKETBERG KRIEKETKLUB “6 A SIDE” TOERNOOI

Op Sondag 20 Maart het Bergrivier Munisipaliteit as die oorwinnaars geëindig by die plaaslike krieket toernooi, ‘n inisiatief van die Piketberg Krieketklub. Spanne van Piketberg en omliggende dorpe het meegeding vir die trofee. Foto bo: Die wenspan van die dag met hul trofee geborg deur Boland Superspar. Bo regs is Elsworth Booys met die trofee. Onder op die foto is Ray van Rooy (Organiseerder) en Leaton Fredericks wat aangewys is as die kolwer van die dag .


24

PIKETBERG GOLFKLUB JUNIOR KAMPIOENSKAP

Boland Spar

Op 20 Maart 2011 het Moswin Moore in samewerking met Piketberg Golfklub ‘n Junior golf kampioenskap aangebied vir minder bevoorregte kinders in die Piketberg gemeenskap. Boland Superspar het kospakkies geskenk vir al die spelers van die dag. op die foto’s is van die deelnemers en afrigters asook die oorhandiging van die pakkies aan Moswin deur Marietjie Pedro (Bestuurder).

EERSTE WENNER VAN TV

SCOOTER WENNER Legrechia Esterhuizen was die wenner van die Scooter nadat sy aan die Snacktime koekies kompetisie deel geneem het. Johan de Villiers (Bestuurder) oorhandig dit aan haar.

Elsabe Kankowski was die gelukkige wenner van die 1ste 32” Samsung TV van die SPAR Brand Kompetisie. Haar seun, Erich het die TV namens haar ontvang by Hester Hagen (Bestuurder).


25


26


27


28


29


30


31


32


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.