__MAIN_TEXT__

Page 1

1


2


3

Jaargang 25 Nr. 11 www.piketberg.com Desember 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Petroport Piketberg 1ste in Land

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto…p4 Boer van die Jaar...p6 SA Jag Bergrivier-tak...p8 Buitelug Gimnasium...p10 Tuinbou- en VLV-Nuus...p14 Kix Nuus...p22 Brei vir Wêreldrekord...p23 SSS Prestige Aand...p28 Sportbeurs vir Monique...p30 Trippe Trappe Sportdag...p32 Burgemeester se Gholfdag...p34

Gafeesah Martin wat die toekenning namens die personeel ontvang het, FC Conradie (Mede-Eienaar) en Tjaart O’Connell, die trotse bestuurder van Petroport Piketberg. Foto verskaf


4

Redaksioneel Dim en Bright Ná 'n daglange kursus vir die hele personeel van die firma waar my skoonma werk, som die "teagirl" dit in een sin op: "Mevrou Goosen, beteken dit as Mevrou op dim is, moet ek bright?" Beter kon die aanbieder dit nie gestel het nie. Ons doen dit almal, spontaan. Wanneer jou vriendin op 'n goeie plek is, kan jy jou hart uitstort, want sy het genoeg kapasiteit. Wanneer sy broos is, is jy weer die een wat bemoedig. Soms dim ons, soms is ons op bright. Baie lesers is op dim dié tyd van die jaar, julle het alles gegee, ekstra myle geloop, planne gemaak en kragte ingespan.......dit sien ek op elke bladsy in dié uitgawe.......ek lees julle stories en terwyl ek lees, skakel die bright liggies aan. Dis Kerstyd. "Kom na My toe. Ek is die Lig in 'n gedimde wêreld".

Liefde Marietha

Huiseienaars wees waaksaam

Hennie Coetzee skryf… Op Woensdag 31 Oktober het ek my tuig as organiseerder en afleweraar van Die Burger (vandag Media 24), neergelê. Dit was maar ‘n moeilike besluit om ‘n gewoonte van 20 jaar en 11 maande van vroeg opstaan en die dorp se intekenaars van hul koerante en tydskrifte te kon voorsien, te beëindig. Ek wil net vir almal uit die diepte van my hart bedank vir die GROOT verrassing van wonderlike bydraes in die vorm van geskenke en kontant. Piketberg en sy mense bly maar ‘n liefdevolle en wonderlike gemeenskap. Dit was regtig ‘n voorreg om ‘n diens aan die inwoners te kon lewer. Nogmaals baie dankie vir die dames, wat sonder dat ek daarvan bewus was, gesorg het vir ‘n “Wonderlike Onthou” van vroeg opstaan en al die ondervinding van gebeurtenisse op die pad van 20 jaar en 11 maande. Graag wens ek Die Piketberger se lesers en redaksie ‘n Geseënde Kersfees en ‘n baie voorspoedige 2019 toe. Nogmaals ‘n groot DANKIE aan alle intekekenare van Media 24 koerante en tydskrifte vir jul getroue ondersteuning die afgelope jare.

VERSORGINGSDIENSTE

Met die komende vakansie en die toename in huisbrake in gedagte, gee die plaaslike polisie die volgende wenke aan die hand:  Let op na algemene veiligheid vir jouself en jou besittings;  Kry diefwering en alarmstelsels in plek;  Bêre vuurwapens in die kluis;  Kry 'n waaksame hond wat vry loop in die erf;  Verbreek ou roetines deur op verskillende tye die huis te verlaat en weer terug te keer. Meld alle verdagte persone onmiddellik aan by die gemeenskapdienssentrum 022 913 8807.

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Ek bied 'n versorgingsdiens aan vir siekes en bejaardes @ R500 p/mnd terwyl ek inwoon en my eie etes voorsien. Kontak my, Marthie Burger, by 060 330 9277 of 073 387 9183


5


6

Mnr en Mev Holloway

Charl Holloway en Lizette Vermeulen is op 27 Oktober in Riebeek Kasteel in die huwelik bevestig. Die seremonie en onthaal was by Het Vlock Casteel. Saam met die bruidspaar is die gevolg, Hannes en Stella Vermeulen, Jacques Holloway en Samantha Sephton. Foto: Edó Photography

‘n Potpourri Aand

Die NG Kerk Vrouediens afsluiting met die Tema : Potpourri vol Pret. Grace Dippenaar, Marina Grobbelaar, Alta Nelson, Corné van der Colff, Marietha Goosen, Marié Ehlers, Marlien Smit, Ronell Grundlingh, Sandra van Wyk en Alta Marais-Parr by die meer as 100 handdoeke en koekies seep vir straatwerk. Foto: Johan Smit

Tuisversorging

Huis Te Huur 3 Slaapkamer huis in Eendekuil te huur Kontak SW Burger by 060 355 9511 of 087 767 2910 of 073 387 9183

Baie dankie aan ons kliënte se lojale ondersteuning. Mag u ‘n ware Christusfees beleef! Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Voor is Romeo Thomas (Administrateur), Margie Simpson en Mary du Toit (Koördineerders), Michael Booyse (Projekbestuurder) en die Tuisversorgers agter is Chandré Nel, Agnesion Rickers, Danita Markus, Bianca Booysen, Rolene Nel, Megan Moses en afwesig: Chantel Hartzenberg. Sien advertensie hiernaas met nuwe adres en kontaknommer. Enige persoon wat belangstel of geroepe voel om Bergriver Motivated Women op een of ander manier te ondersteun, met middele soos klere, mediese toerusting of finansies, is welkom om Michael Booyse te kontak.

Bergrivier Motivated Women Community Home Based Care Dienste Kloofstraat 36 Piketberg Tel. 022 913 3597 Ure: 08:30 - 13:00 Koördineerder: Margie Simpson Projekbestuurder: Michael Booyse


7


8

Hondesalon se Deure Oop

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

By die opening van Pets Pleasure is Ben Cronje, Toni Carstens en Hendriëtte Moolman agter die toonbank, besig om Carushka Rabe en Henriëtte Kruger te bedien.

Charlene Pietersen, Jo-Ann Fredericks, Elisma Titus en Carol-Rose Willemse besig om kliënte by die nuwe hondesalon, Pets Pleasure in Hoofstraat te skeer en mooi te maak. Foto’s: Marietha Goosen

Nuwelingboer van die Jaar Whernit Dirks wen Agri SA en Toyota SA se Nuwelingboer van die Jaar. Foto verskaf

Elke reis het sy eindbestemming. Elke verhaal het 'n einde, maar in die lewe is elke einde net 'n nuwe begin. Lesers, ja tot vandag toe voel dit asof ek in ‘n sprokiesverhaal leef. Die werklikheid dat ek oorsee is het nog nie tot my deurgedring nie. Na amper ‘n jaar hier in Nederland is my laaste reis saam met julle na ‘n land waar baie mense die sonsopkoms, die rustigheid op ‘n plaas, die braai op naweke, donderweer, berge en ook verniet souse by plekke soos WIMPY en SPUR sommer net so as vanselfsprekend aanvaar. Ons laaste reis is na die beloofde land, Suid-Afrika. Ek kom terug na my familie en vriende, na my geboorteland, waarop ek onmenslik trots is, maak nie saak oor al die verkeerd en seer in SA nie. My jaar as Au-pair het tot ‘n einde gekom. Ek moet afskeid neem van my wonderlike gasgesin wat soos my eie familie geraak het, my vriendinne wat vir my die wêreld beteken het, my Nederlandse vriende en ook hierdie wonderlike land, Nederland. Hierdie jaar het ek soveel dinge vermag en bereik waarvoor ek net dankbaar kan wees. Ek het die geleentheid gehad om die wêreld te sien. Ek het soveel van myself geleer. My hele siening oor die lewe het verander. My oë het oopgegaan en ek het net besef dat daar soveel verskillende maniere is om dinge te doen, situasies op te los en om die lewe te leef. My boksie waarin ek geleef het, het uiteindelik oop gebars en nou leef, dink en doen ek als buite daardie boks. My gunsteling bestemmings van die jaar was definitief Spanje, Switserland en Slovakia. Baie van my wildste drome het gerealiseer en baie van my “emmerlysie” is ook afgemerk, maar glo my lesers, Anne is nog nie klaar met leef en reis nie. Hierdie was maar net die begin. Om Au-pair vir ‘n jaar te doen, was die beste besluit wat ek nog kon maak en as ek die wiel kon terugdraai sou ek niks anders gedoen het of besluit het nie. My hart verlang na my Suid-Afrika, maar dit gaan nie maklik wees om Nederland te verlaat nie. Vir eers gaan ek my tasse begin pak vir my reis na my huis, SuidAfrika. “Fun fact: Suid-Afrika is ±30 keer so groot as Nederland.”


9

Bryan: ‘n Man van Vele Talente Bryan Moralie (63) oftewel Naughty was 55 toe hy vanaf die Kaap na Piketberg verhuis het. Op 60 kon hy nog niks vir sy Kaapse vriende van die omgewing vertel nie. Dit was eendag by die kerk, die sakkie op Klasie du Toit (intussen oorlede) se rug, wat hom laat vra het waar Klasie dan gaan. Dis op dié manier dat hy van die Klub vir Bejaardes (die bo sestigs liewer) te hore gekom het. Ná daardie dag het heerlike uitstappies gevolg en ook die Golden Games. Dit was die begin van Bryan se hardlooploopbaan en na vier jaar het hy sy Klub, die ‘Silver Threads Bejaardeklub’ op Bloemfontein gaan verteenwoordig in die 800m. Bryan is nie net ‘n uitmuntende atleet nie, maar is ‘n uitblinker in verskeie sportsoorte oa swem. Hy sing pragtig en dra graag gedigte voor. Almal weet as hy afwesig is by die klub, want niemand hoef te sê "BLY STIL NAUGHTY!!" Hy sê Naughty is sy noemnaam omdat hy baie stil en teruggetrokke is.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

(Rooi Winkel) Weeklikse specials:

Maandag: Hake parcel Dinsdag: Burger Woensdag: Snoek parcel Donderdag: Pizza en Russians Vrydag: Hoender Saterdag: 1 x stukkie snoek + 1 x stukkie stokvis

Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde Feesseisoen. Dankie vir u ondersteuning KLOOFSTRAAT 35 PIKETBERG TEL. 022 913 3047 / 060 903 5625


10

Skietbaan vir Bergrivier-tak Jagters leef hul uit, tot standkoming van nuwe SA Jag Tak [SAJWV] no 80 Verskeie van ons huidige Bergrivierlede het lankal reeds aan verskillende verenigings behoort, maar het een gemeenskaplike behoefte gehad - om ons eie, naby skietplekkie te besit. Ons het vyf jaar gelede ‘n veilige terrein naby die dorp gevind wat wel vir so ‘n doel aangewend kon word. Hièr waar ons ladings kon uitwerk en verstellings kon maak...of net om vining ‘n paar skote te kon skiet. So gaaf en bereidwillig was Petrie Smith, ‘n plaaslike boer van Meintjieskraal, om sy grond aan ons beskikbaar te stel vir hierdie doel en aanvraag. Die nederige skietbaan is tot stand gebring en gou was dit ‘n gewilde skietplek vir enige skut in die dorp asook omliggende dele. Hier het ‘n behoefte gegroei om geriewe daar te stel sodat orde gehandhaaf kon word en instandhouding kon plaasvind. Dit was die geboorte van ‘n skietklub wat vandag nog sterk staan, in samewerking met SA Jag Bergrivier en waarna die skietbaan ook vernoem is, asook geregistreer is by NRCS. Hierdie skietbaan is in ‘n omgewing wat natuurlike jag lekker naboots en as teiken skietbaan ook tot sy reg kom. Tans is die skietbaan onder konstruksie deur die boer self, wat ‘n bedrewe kontrakteur is! Vandag kan die nuutste toevoeging van SA Jag Bergrivier Tak (no: 80) met sy groeiende ledetal, hulself maandeliks uitleef op ‘n veilige 700m skietbaan. Hierdie tak beywer homself daarvoor om met ‘n gunstige atmosfeer die families te betrek asook om dames en juniors die kans te bied om ook hul slag te toon en te ontwikkel. Die kompetisie kan warm raak omdat ons nou maar eenmaal ‘n kompeterende nasie is. Juis, waarvoor ons ope skietdae aanbied, wat sogenaamde “borgdae” genoem word. Dit gee die topskuts weer kans om hul slag by Bergrivier-tak te wys. Alle dank aan die SA Jag Bergrivier bestuur wat hul onbaatsugtige toewyding aangebied het om ‘n bydrae te lewer sodat ons nog ‘n tak kon stig vir ons nageslag.

Die SAJWV Bergrivier Bestuur 2018/19 is, voor: Carla Steyn, André Kennedy, Ronel Rossouw, Hans Burger en agter, Jaco Rossouw, Jaco van Deventer, Louis Viviers, Dave Ferguson, Rudolph Oettler, Jean Strydom, Gert de Vries, Rico Coetzee en Gielie Hanekom. Foto’s verskaf Ons nooi alle jagters en skiet entoesiaste om by SA Jag Bergrivier aan te sluit. Alle skietoefeninge word streng deur gekwalifiseerde baanoffisiere bestuur. Enige belangstellendes kan gerus vir André Kennedy 083 289 6524 of enige bestuurslid skakel.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


11


12 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Bergrivier Munisipaliteit het vanaf 1 November 2018 die waterbeperkings verslap vir inwoners na vlak vier (4). Ons wil nogtans ’n beroep op inwoners doen om steeds water spaarsamig te gebruik omrede ons nie weet wat die volgende winter vir Raadsheer ons inhou nie. Ray van Rooy Ons is amper aan die einde van nog ‘n jaar waarin God ons reeds tot hier gedra het. Matrikulante het pas hul finale eksamen op skool voltooi en wag nou in afwagting vir hul eksamenuitslae. Bergrivier Munisipaliteit het ’n advertensie geplaas vir inwoners, wat volgende jaar gaan studeer, om aansoek te doen vir eksterne beurse. Die aansoeke sluit op 21 Desember 2018. Kontak enige van ons munisipale kantore of besoek ons webtuiste (www.bergmun.org.za) vir meer besonderhede. Die skooljaar is ook amper op ’n einde en geluk aan alle leerders wat volgende jaar na ’n ander graad vorder. U as ouers kan trots voel op u kind en dankie aan die opvoeders vir hul opoffering. Dié leerders wat nie so gelukkig is nie, moet volgende jaar harder leer. Ek gee weer inligting oor die Buitelug Gimnasium oorkant Rhinopark rugbyveld. Die gimnasium is amptelik oop en beskikbaar vir die gemeenskap en besoekers. Die geriewe is opgerig vir die sportmense en inwoners wat hul liggaam beter wil versorg met oefeninge. Geen kinders onder 12 jaar gaan toegelaat word sonder volwasse sorg nie en hulle moet 1,4m of langer wees. Ouers, dra die boodskap oor aan u kinders dat dit nie ’n speelpark is nie, maar wel ’n plek waar ’n mens aan jou liggaam kan werk. Onthou dat alle toerusting op u eie risiko gebruik word. Rapporteer enige vandalisme aan die munisipaliteit en neem eienaarskap van die plek, want dit is vir u daar opgerig. Die Munisipaliteit wil ’n beroep op inwoners doen om ons gemeenskap skoon te hou. Ons het verskeie vullisdromme aangebring en wil alle inwoners vra om dit te gebruik vir u koeldrankblikkie of papiere. Daar is sekere gebiede waar rommel gedurig gestrooi word. Kom ons hou ons strate skoon, want dit is ons dorp. Inwoners moet kennis neem van die kantore wat oor die feesseisoen gesluit sal wees met net betaalkantore wat oop sal wees. Kontak die munisipale kantoor by 022 913 6000 vir meer besonderhede en lees die pamflette met die inligting om op hoogte te wees met die sluitingstye. Namens die Raad en die Munisipaliteit, wil ek ons opregte dank oordra aan elke inwoner wat ons op ons tone gehou het om die regte besluite te neem en om korrupsievry te wees. Die volgende inligting is van belang vir Piketberg: 1 Desember - die Liggiefees by Calendulastraat; 7 Desember - die Pop Idol kompetisie in Piketberg. Die finaal sal op 14 Desember plaasvind; 1 Januarie - Nuwejaarsvieringe op Rhinopark rugbyveld. Meer inligting sal aan u deurgegee word.

Mag u ’n geseënde Feesgety geniet en voorspoed vir die jaar 2019.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

Onthulling van Buitelug Gim “Die Buitelug Gimnasium is meer as net ‘n projek, dit is ‘n belegging in goeie gesondheid en welstand”. So sê die Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, Raadsheer Ray van Rooy, oor die belangrikheid om ’n aktiewe lewenstyl te lei en ’n geleentheid te bied vir mense om te oefen. Bergrivier Munisipaliteit het op Vrydag 9 November die langverwagte buitelug gimnasium amptelik in Piketberg geopen, geleë op die hoek van Kloof- en Sarel Cilliersstraat, oorkant Rhino Park-stadion.

Mari Botha (Kandidaat Beplanner van RSEP/VPUU Program by die Wes-Kaapse Regering), Raadsheer Ray van Rooy (Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit) en Vivian Kotzee (Waarnemende Munisipale Bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit). Die gimnasium, wat sentraal geleë is en toeganklik is vir alle lede van die gemeenskap, bestaan uit 14 verskillende soorte gimnasium toerusting wat ontwerp is om ’n persoon se liggaamsmassa te gebruik as gewigte gedurende oefensessies. Die fasiliteit kan 26 persone akkommodeer op enige gegewe tyd. Die onthulling van die Buitelug Gimnasium dui op die voltooiing van Fase 2 van die Streeksosio-ekonomiese Program. Verskeie mense, jonk en oud, het reeds begin om van die toerusting gebruik te maak in hul strewe om ’n meer aktiewe lewenstyl te begin. Van Rooy lê klem op die feit dat kinders onder die ouderdom van 12 onder konstante volwasse toesig moet wees wanneer toerusting gebruik word. “Die fasiliteit is nie ’n speelpark nie, maar is uitsluitlik ontwerp vir oefeninge en fiksheiddoeleindes”. Bergrivier Munisipaliteit moedig inwoners aan om die fasiliteit te geniet maar ook verantwoordelik te gebruik. “Ons wil graag alle inwoners aanmoedig om eienaarskap te neem van die fasiliteit en meer belangrik, om die reëls ten alle tye te volg”. Sho-anne van Wyk en Nasherine Boois (CWP Werkers) beproef die toerusting. Berig en foto’s: Matthew Sheldon Bergrivier Munisipaliteit


13


14

Wielhuys Een Jaar Oud B A I E G E L U K Op 1 November het Die Wielhuys sy eerste verjaarsdag gevier met 'n geselligheid. Die eienaars van Die Wielhuys, Gustav en Anneke Bonthuys, met Jandré en Lisa, is dankbaar. Foto: Marietha Goosen

Minister oorhandig Aktes

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Die Minister van die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings, Bonginkosi Madikizela, het Bergrivier Munisipaliteit besoek op 1 November en transportaktes amptelik oorhandig aan 16 behuisingbegunstigdes, tydens ‘n geleentheid by die Piketberg Munisipale Biblioteek. Die oorhandiging vorm deel van die Departement se ‘Enhanced Extended Discount Benefit Scheme’ of EEDBS-program. Hierdie program ondersteun die oordrag van die voor-1994 behuisingvoorraad aan bewoners wat daarvoor kwalifiseer. Die oorhandiging vorm ook deel van die Departement se strategiese doelwit om weerlose burgers te bemagtig om sekuriteit van verblyfreg te bekom en daardeur ‘n gevoel van eienaarskap en verantwoordelikheid te kweek by behuisingbegunstigdes. Bergrivier Munisipaliteit wil graag alle begunstigdes wat hul baie belangrike dokumentasie ontvang het gelukwens, wat verseker dat hulle die wettige eienaars van hul eiendom is. Die Minister het genoem dat die Departement van Menslike Nedersettings die afgelope nege jaar bykans R100 miljoen in die Bergrivier Munisipale gebied bestee het en dat meer as 1 700 behuisings-geleenthede in hierdie streek geskep is. Die Minister het die begunstigdes aangespreek deur te sê: "Dit is die enigste Departement wat werklik mense se lewens raak. Ons bou nie net huise nie, maar ons herstel die waardigheid van ons mense. Om 'n huis te besit, gaan nie net oor daardie struktuur nie. Dit gaan oor 'n dokument wat bewys dat jy die wettige eienaar van die betrokke huis is”. ’n Bespreking tussen die Minister en plaaslike landbouers het ook plaasgevind om oplossings te vind vir dringende kwessies wat landbouers in die gesig staar soos ’n nood vir alternatiewe behuising en samewerkende vennootskappe om sekere uitdagings in die landbousektor aan te spreek.


15

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


16

Blom– en Tuinbouklub Bestuur vir 2018 en 2019

Piketberg VLV en Tuinbouklub Sluit Af

Piketberg Blom- en Tuinbouklub het ‘n gesellige kuier afsluiting saam met die VLV gehou. Die Bestuur van Piketberg Blom- en Tuinbouklub is Jackie Ferguson, Vanessa Beautement, Katinka Morrison, Moira van der Westhuizen, Micky Visser en Dalena Fox. Foto verskaf

Piketberg VLV en Piketberg Tuinbouklub het op 7 November 'n gesamentlike afsluiting gehou. Die twee verenigings se bestuur het twee lang kerstafels gedek en lede kon kom aansit vir 'n heerlike gesellige oggendtee. Kristin Lochner, matriekleerder van PHS het 'n prosastuk van "Trevor Noah" voorgedra. VLV-lede wat langer as 40 jaar lede is, is vereer met 'n Anker-sertifikaat vir getroue diens. Verder het lede ook hul VLV jaarkentekens vir verskeie jare as lid ontvang.

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Hier is lede wat teenwoordig was by die prysuitdeling: Christa Burger (40jr); Rita Eksteen (55jr erelid); Christine Langeveldt (50jr - erelid); Alida Walters (45jr); Roche du Toit (45jr); Riana Richter (45jr - asook voormalige voorsitter van die tak en vise van die Sirkel); Carin Rossouw (40jr); Marlize Rossouw (10jr). Afwesig: Elne Eksteen (35jr); Ezette Mouton (35jr); Martha Coetzee (55jr); Hepsibah Richter (55jr - erelid asook voormalige voorsitter van die tak en vise van die Sirkel); Petrusa Smit (60jr erelid) en Rosa Lategan (voormalige Sirkelpresident van Sirkel Weskus - 50jr - Ere-VLV lid). Foto’s verskaf

VLV-verrigtinge begin weer in Februarie 2019 met die nuwe jaarprogram. Nuwe lede word graag verwelkom en enige belangstellendes kan met Nicoline Brown skakel 082 477 0665.

Die volgende Piketberger verskyn op 31 Januarie 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 Januarie 2019

022 913 1600 / 022 913 2075

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


17


18

HoĂŤrskool Aurora sĂŞ Dankie...

Kom Stap in die Maanlig Die Ark Koringberg - Volmaan - Vonkelwyn - Vinger-ete Voetslaan Maandag 21 Januarie 2019 Kom geniet 'n 5km heuwel-op stap tot by die Lapa bo-op die Berg. Dis 'n bietjie meer as 'n uur se stap vir die nie-so-fikses. Die son sak 19:58 en die maan kom 20:24 op. Gemaklike stapklere, iets warms, flits en drinkwater. RSVP 18 Januarie 2019 @R100 pp. Bregda Mostert 083 597 0091 Vier Verdere Volmaandatums: Dinsdag 19 Februarie; Donderdag 21 Maart; Vrydag 19 April en Saterdag 18 Mei


19


20

Op die rakke van die Biblioteek...

1795

deur Dan Sleigh

Wat `n wonderlike ware SuidAfrikaanse historiese roman! Die geskiedenis, opgeklits met `n pragtige liefdesverhaal, en vertel vanuit die Kaapse argief. Die Neder-landers was meesters met die opskryf van die daaglikse en het alles met `n ouditeurs presisie gedoen. Die boek “An Empire of Bespreking deur Things” deur Frank Trentman Deidré Eigelaar staaf die persepsie feitelik. Die voordeel vir Suid-Afrikaners is dat die Kaap neergeskryf is en dat mense soos Jacob Gordon, Johannes Schumacher en Franse avonturiers en botaniste van regoor die wêreld, die geskiedenis super akkuraat, binne die beperking van hul verwysings, opgeteken het. Dan Sleigh het met 1795, die vierde historiese roman met diep Suid-Afrikaanse wortels, meesterlik `n Afrikaanse letterkunde skat nagelaat. Die roman klop met die historiese feite en het die Nederlandse geskiedskrywer, Luc Panhuysen, se ‘Een Nederlander in de Wildernis’ staan paralel met die roman en bevestig in fyner trekke die verloop van die roman as die waarheid gelieg met die klem op die waarheid. Soos Ankersmit dit stel “history to novel and novel to history, with history as a fiction making operation in `n prison house of language”. Dan Sleigh skryf in 1795 ook die geskiedenis is `n kanker – jy kom nooit daarvan weg nie. Die historiese roman is `n waarheid as `n keuse van vertelling, maar altyd binne die beperking van `n taal om die waarheid weer te gee. Skrywers soos Victor Hugo, Tolstoi, Conscience en dan ook ons eie Dan Sleigh, bied die verhaal as keuses van die verlede om orde te bewerk en `n toekoms uit te bou. Die verhaal is die politieke geskiedenis en die persoonlike verhaal van William van Reede van Oudshoorn, maar ook die universele betekenis van mense en hul omstandighede. Die boek is dus `n dokumentêr betroubare bron van inligting met verbeelde elemente. Die boek getuig van `n fyn waarneming en is `n verdigte bron van feite as `n moontlike poging om die Kaapse argief vir Jan Alleman voor te hou in `n storie. Die boek neem die atmosfeer van die tyd saam en die teks as atmosfeer gee ruimtelike detail op `n visuele, amper tasbare manier. Die hierargeë, die omstandighede, die persoonlikhede, die volke, die inwoners, die families, die karakters, die onderhandelinge en vergaderings en politieke uitgelewerdheid van die Kaap in die internasionale milieu, is `n kragtoer. 1795 is een jaar in die Kaap se geskiedenis en is herkenbaar op vele vlakke. Die voorblad van die boek is geskilder deur Johannes Schumacher in 1777 en die bokant is die skildery, deur Mourijk, van die hoofkarakter se vader se begrafnisstoet, geskilder in 1773. Die boek het William as die president van kommissarisse van die Raad van Justisie en die administrateur van die VOC se graan voorrade. Hy is ook die aanvoerder van die Pennistekorps. William is bekwaam, het hoë aansien en is gekant teen die Engelse oorname gebed in persoonlike agendas en korrupsie binne die VOC en die Kaapse amptenary. Die Kaap en Amerika is geskiedkundig in dieselfde ontwikkelingsfase met die verskil dat die Kaap baie meer statusbehep is met min belangstelling in geleerdheid, skoling en die ontwikkeling van die intellek.

Die boek open met die moord van Mattias, `n miskende arme Kapenaar met `n geheime skatkis van kennis en ontdek die leser eers aan die einde dat hy `n pas hou om die letterkunde van Afrika op `n nuwe vlak met die res van die wêreld se Danté, Goethe en Cervantes kalibers, kers op te steek. Hy blaas sy kop weg in desperaatheid. Jacob Gordon, kaptein in die garnisoen van die VOC, flambojante avonturier, kartograaf, botanis, diplomaat, man van aansien, man van Afrika en die wêreld met die versugting om erkenning, se karakter staan teenoor in `n juksta posisie met Mattias. Ook hy blaas sy kop in verslaentheid weg. Daarteenoor staan William met sy verset teen verraad, korrupsie en vreemde oorheersing, met `n groter droom vir sy land en sy mense. Hy word die teiken, geanker met die gansveer van kennis en geregtigheid, en met die staalpunt van die pen merk hy op dat die verlede nie tydmors is nie, vir hom is die geskiedenis `n vergestalting van wie hy is – dit is ek. Die boek weef `n goue draad van die geskiedenis as dit is wat dit is, jy kan dit nie verander nie, hoe pynlik dit ookal mag wees. Dan Sleigh se boek inspireer om te lees oor die geskiedenis, en veel meer vir die rede dat die geskiedenis dikwels insig gee oor die hede. Die boek is die liefdesverhaal van William, met `n dokumentêre inslag, en in die vry interpretatiewe passasies word William die fokalisator van die ideale persoon met kennis, die persoon wat lees, die persoon met blootstelling, die persoon wat kan interpreteer, bedink, bespiegel en `n pad wys. Die boek handel ook oor die politiek en soos William se karakter dit beskryf, politiek is om besluite lank genoeg uit te stel totdat dit nie meer saakmaak nie. Verder skryf hy dat dit wat die eerste sneuwel in enige ‘oorlog’ is die waarheid. Die boek lewer kommentaar op die problematiek van 1795 wat resoneer in die politiek van vandag – die oorgangsregering, die politieke strategie van verdraaing, uitstel en toedoek, die kwessie van Afrikaans toe en van Afrikaans nou en bo dit alles die individu se uitgelewerdheid aan die magte van `n tyd. Die boek gee ook `n blik op die Kaapse families met die Greeffs en Hanekoms wat in 1795 al aangeteken is in Piketberg, die Kotze’s en Melcks wat die perdetelers vir die VOC was, Majoor De Lille wat sy gewig na die wind gedraai het, Schutte die meesterbouer, Anreith die argitek, Momsen die melkman, Brand die poshouer, en nog vele meer. Die verskillende volke en die kompleksiteit daarvan, die veelvuldige gelowe wat die Kaap met gemak geakkommodeer het en steeds akkommodeer, die plekke en die plekname wat besonder interessant is, die plante en die wonderlike van die Afrikaanse taal gemeng met Betaafse woorde, Franse woorde en die Nederlandse taal. Die boegoe, suurvye, kooigoed en die tuine van daardie tyd word so goed beskryf. Die impak en aanneem van tegnologie, kundigheid en kennis op vooruitgang, is die boek tekenend van lande wat hul burgers kan vorentoe neem, of nie. Veral die verlamming van korrupsie is `n tema in die boek wat verstom en die rigting wat leierskap kan gee beduidend op die uitkoms van `n land. Lees die boek van Dan Sleigh... ‘Si hortem in bibliotheca habes, deerit nihil’, het Marcus Tullius Cicero in wysheid geuiter eeue gelede, wat in kort sê dat boeke en `n tuintjie impliseer tevredenheid. Die boek, 1795, en die nou, was en is `n wêreld van twis, gierigheid, boosheid en selfgerigtheid – hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde! Mag ons boeke en ons tuine ons red van onsselwers...sodat die land `n kans kan kry. 1795 is `n kosbare kleinnood in `n tyd waar ons soveel van die geskiedenis aan die verloor is. Dit is `n demokrasering in bewaring.


21

Piketberg Animal Outreach

Stress Free Diet Tips

Daar is ‘n paar ware engele in ons gemeenskap wat met moeite probeer om al die siek en verwaarlose honde en katte in Piketberg te red en gesond te maak. Hulle reël dat sterilisasies gedoen word. Hierdie maand is 15 tewe, 4 reunhonde en 5 katte gesteriliseer en gekastreer. Talle diere is ingeënt en 10 siek diere is gekonsulteer en behandel. Donasies om te help om hierdie rekening te betaal sal waardeer word. Bankbesonderhede vir donasies: Piketberg Dierehulp Capitec Bank - Takkode 470010 Spaarrekeningnr 1606488552

These diet tips will ensure a stress free diet but not necessarily a successful one! 1 If no one sees you eat something, it has no calories. 2 When you drink a diet drink with a chocolate, then the drink cancels out the sugar in the chocolate. 3 Biscuit pieces have no calories because breaking the biscuits causes calorie leakage. 4 Food licked from spoons while you are cooking have no fat. 5 Food eaten from someone else’s plate has no fat because it belongs to the other person and will cling to his plate.

Baie dankie.

Piketberg Animal Outreach benodig hondehokke. As jy dalk een het wat iewers op jou werf staan en nie gebruik word nie en jy wil dit graag skenk, kontak asseblief vir Katinka Morrison

082 829 6918. Daar is baie honde en katte wat geen beskutte slaapplek het nie.

Die Redaksie wens al ons lesers ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2019. Dankie vir julle ondersteuning.

Die eerste uitgawe van Die Piketberger vir 2019 is die Februarie-uitgawe en dit verskyn op 31 Januarie Stuur berigte voor 22 Januarie Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com PIKETBERG ANIMAL OUTREACH

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 829 6918


22


23


24

‘n Hoed is ‘n Moet

Kix leiers hou hul afsluiting by die sinagoge met die tema: ‘n Hoed is ‘n Moet.” Voor en in die middel is Marie van Niekerk, Jansie Truter, Marietha Goosen, Biddy Langenhoven en Monique Potgieter. Agter is Ilse Bruwer, Susan de Vries, Teresa van Niekerk, Hanli Brand, Wilmien Treurnicht, Yolanda Crous, Marié Ehlers en Ilze van Niekerk. Foto: Georgia Abrahams

Jesus vir Japan

Kix Piketberg samel R13 000 in vir die Jesus vir Japan projek. Ons is dankbaar!! Baie dankie aan alle ouers wat Vrydae geld gestuur het en ook almal wat die fondsinsamelingspogings ondersteun het. Foto: Marietha Goosen

Kix na Huis AJL

Psalm 23 in Japannees Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 主は羊飼い、わたしには何も欠けることがない。 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 主はわたしを青草の原に休ませ、憩いの水のほとりに伴 い 魂を生き返らせてくださる。 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 主は御名にふさわしく、わたしを正しい道に導かれる。 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 死の陰の谷を行くときも、わたしは災いを恐れない。あ むち

なたがわたしと共にいてくださる。あなたの鞭、あなた の杖、それがわたしを力づける。 U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. わたしを苦しめる者を前にしても、あなたはわたしに食 こ う ゆ

卓を整えてくださる。わたしの頭に香油を注ぎ、わたし の杯を溢れさせてくださる。 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. 命のある限り恵みと慈しみはいつもわたしを追う。主の しょうがい

家にわたしは帰り、生涯 、そこにとどまるであろう。

Foto’s: Kix Leiers

Herwinning van Vullis

VERminder HERgebruik HERwin


25

Leeskring Sluit Af

Leeskring se afsluiting was aan huis van die skilder en leeskringlid Annelie Venter, links agter. Langs Annelie is Gerna Croeser, Deidré Eigelaar, Moira van der Westhuizen, Judy Nortjé, Madelie Burger en voor is Sarie du Toit, Marieta Nel, Marianne Kitshoff, Selma Basson, Margaret Mollett en Jackie Ferguson. Die Tema was: “Waar woorde faal, spreek blomme taal.” Foto: Marietha Goosen

Sien berig hiernaas. 10 Piketbergers is reeds aan die brei.

Brei saam vir Wêreldrekords Vaaldriehoek Sakekamer mik daarna om TWEE wêreldrekords met EEN poging te behaal! Hulle beoog om die grootste handgebreide kombers (in die kleure en vorm van ons landsvlag) aanmekaar te heg en om daarná hierdie kombers in 6050 enkelbedkomberse op te breek wat dan binne 24 uur aan liefdadigheid geskenk moet word! Die Sakekamer borg die wol - die yslike bedrag van R1 378 555.42. Die gróót kombers gaan bestaan uit 72 600 stroke, elkeen 30 x 90 cm. Wil jy deel wees van hierdie opwindende en verdienstelike projek? Hier lê en wag 720 bolle wol om deur vlytige Piketbergers verwerk te word. Kontak Karen Lausberg by 022-913 1362 of 072 916 3012. Die beste van alles: 60% van ons insette, word weer in ons eie gemeenskap uitgedeel!!


26

Diensheld Kompetisie Reëls

LHL Stoffering Henry Roberts 078 789 0715 Culemborgstraat 13, Piketberg stasie Henry Roberts by 'n sitkamerstoel, gestroop tot op die hout. Voordat jy jou ou papgesitte, gunsteling meubelstuk op die ashoop wil gooi, bring dit vir Henry by LHL Stoffering. Daar wag 'n nuwe lewe en nog jare se diens.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Hieronder volg die reëls in verband met die Diensheld Kompetisie wat aan die einde van Desember begin. Sien advertensie op volgende bladsy. Reëls/Rules  Enige persoon mag ‘n nominasie deurgee. LET WEL: slegs en nominasie per week per nomineerder.  Nominasies kan weekliks vanaf Vrydag tot Donderdag gedoen word.  Die kompetisie strek oor 12 weke.  Die week-wenner word op ‘n Maandag aangekondig.  Na vier weke word die maand-wenner aangekondig.  ‘n Week-wenner kan nie weer genomineer word nie.  Nominasies word per week beoordeel. GEEN nominasie word outomaties oorgedra na die volgende week nie. ‘n Nie-wennende nominasie mag wel WEER genomineer word.  Die beoordelaars se beslissing is finaal. Geen korrespondensie sal toegelaat word nie. Het jy uitstaande diens beleef? Hoe om te nomineer:  Naam van genomineerde;  Werkgewer;  Motivering vir Nominasie;  Voorgestel deur. Kies een van hierdie opsies om jou nominasie deur te gee: SMS/WhatsApp: 071 741 5512 Epos: tourism@piketberg.com Voltooi ‘n inskrywingsvorm by die Toerismekantoor of by die Biblioteek. Die vier weeklikse wenners en een maand-wenner sal elke maand in Die Piketberger verskyn. WEEK

DATUMS

1

28 Des – 03 Jan

WENNER WORD AANGEKONDIG 7 Januarie

2

04 Jan – 10 Jan

14 Januarie

3

11 Jan - 17 Jan

21 Januarie

4

18 Jan - 24 Jan

28 Januarie

5

25 Jan – 31 Jan

4 Februarie

6

01 Feb – 07 Feb

11 Februarie

7

08 Feb – 14 Feb

18 Februarie

8

15 Feb – 21 Feb

25 Februarie

9

22 Feb – 28 Feb

4 Maart

10

01 Mar – 07 Mar

11 Maart

11

08 Mar – 14 Mar

18 Maart

12

15 Mar – 21 Mar

25 Maart

Algehele Wenner

06 April 2019


27


28

Ondersteun die Bib die Vakansie

Die Piketberger se Datums vir 2019 Berigte/ Advertensies moet ons bereik FEBRUARIE 22 Januarie MAART 19 Februarie APRIL 19 Maart MEI 23 April JUNIE 21 Mei JULIE 18 Junie AUGUSTUS 23 Julie SEPTEMBER 20 Augustus OKTOBER 24 September NOVEMBER 22 Oktober DESEMBER 19 November

Verskyn 31 JANUARIE 28 FEBRUARIE 28 MAART 3 MEI 30 MEI 27 JUNIE 1 AUGUSTUS 29 AUGUSTUS 3 OKTOBER 31 OKTOBER

Terwyl jy die vakansie rustig verkeer, kies gerus ‘n goeie lees ervaring: ‘n Paar boeke om te lees die vakansie: Latern Swaaier - S.D. Fourie Die dooies leef - S.D. Fourie Verlos deur die liefde – Francine Rivers Monstersaad - Madelein Rust Kopskoot - Rudie Van Rensburg Skuldig - Martin Steyn ‘n Ander ek – E.K.M. Dido Hoogty - E. Kotze Jeug enTienerboeke Wimpy Kid Asterix Oepse daisy Lulu - Fanie Viljoen Operasie sabotasie - Fanie Viljoen Anna Atoom - Elizabeth Wasserman Die geheim van toringkamer - Marianne Brandt Lekker lagstories (Humoristiese Boeke) Dana Snyman Strauss Lieg en lag

Piketberg Biblioteek bied ‘n Vakansieprogram aan vanaf 13 tot 21 Desember. Sien program hieronder.

28 NOVEMBER

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com Knip uit en bêre   

Geniet jul vakansie. Reis Veilig.

DUP MEUBELS Graag wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om alle inwoners van Piketberg te bedank vir jul volgehoue ondersteuning. Ons wens elkeen ‘n geseënde en voorspoedige feestyd en 2019 toe. Dup Meubels Personeel

Bib Vakansie Program 13 Des - Plekmatjie plus foto 14 Des - Verf van Blikkie 18 Des - Sandart / Kersvader 19 Des - Fliek met Popcorn 20 Des - Speletjies 21 Des - Afsluiting

Bring Saam: Foto van jouself Blikkie


29

Pop Idols Oudisies Bergrivier Pop Idols vind eersdaags plaas. Oudisies vir Piketberg is 7 Desember in die Allan Boesak Gemeenskap Saal. Ouderdom 9 - 24jr slegs sang. Kompetisie is vir mense wat woonagtig is in die Bergrivierstreek en elke dorp hou hul eie oudisies. Inskrywings vir Piketberg sluit einde November ons gaan vroegtydig adverteer by skole en winkels. Slegs die top drie neem deel aan die finale op Vrydag 14 Desember in Piketberg. Groot pryse op die spel. Inskrywings is gratis. Skakel met Moswin by 084 509 9306 of met die komiteelede in Piketberg, Anna Vermeulen, Jerome Smit, Desmond Strauss of Rayleen Swarts. Moenie die geleentheid misloop nie.

Geloofsbelydenis Op 4 November het Aria Stephan en Pieter Brand Belydenis van Geloof afgelĂŞ by die NG Kerk Redelinghuys. Foto: Gerda van Schoor

2019 se Bloedskenkdatums 4 Januarie 1 Maart 3 Mei 5 Julie 13 September 8 November

(Vrydae – 10:00-14:00)


30

Steynville Sekondêr se Prestige Aand

Graad 8 presteerders: Anechia Somers, 1ste plek met 87,1%; Hailey Le Fleur, 2de plek met 81,4% en Jean Paul Malgas, 3de plek met 74,8% (afwesig).

Gr 10 Presteerders: Kelly Ann Le Fleur, 1ste plek 72.6% en Getrude Willemse, 2de plek 71.9%.

Gr 9 Presteerders: Ursula Dietrich, 3de plek 81.1%; Elishque Nthane, 1ste plek 84.8% en Marne Bougaardt, 2de plek 81.2%.

Jan Vorster van PPC saam met Zealke Kayster, PPC Dux leerder vir 2018.

Gr 11 Presteerders: Benzien Jantjies, 2de plek 77.5%, Hadley Thomas,1ste plek 78.4% en Ethan Leen 3de Plek 77.1%.

Sportvrou van die Jaar

Anthea van der Byl : Landlope - Weskusspan; Atletiek Wes-Boland en neem deel aan Bolandbyeenkoms 400m; Victrix Ludorum Atleet – Interkleure byeenkoms. Mnr I Cornelius het die prys aan haar oorhandig.

Gr 12 Presteerders: Gavin de Wee, 2de plek 68.9%, Jasmine Mackay,1ste plek 75.3% en Thumarr van Wyk, 3de plek 68.7%. Foto’s: Shireen Mouton

Skole heropen 9 Januarie


31


32

Sportman van die Jaar

Sportbeurs vir Monique Die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging het onlangs gehelp om Monique September gereed te kry as leerder vir Drostdy in Worcester

Jymeleo Goliath is Steynville Sekondêr se Sportman van die jaar 2018. Mnr C Booys het die prys aan hom oorhandig. Jymeleo, kaptein van die o/15 Wes-Boland Iqhawe rugbykampioene, klop die Griekwa-Iqhawe in die Noord-Kaap. Hy word deel van die Boland Iqhawe se beginspan wat aan ‘n Nasionale Toernooi in Johannesburg deelneem. Hy het ook ‘n sportbeurs verwerf om sy skoolloopbaan voort te sit by Hoërskool Garsfontein. “Ighawe” is die Zoeloe-woord vir “Kampioen”. Dis ’n inisiatief van SA Legends, gestig in 2013, wat o/15’s uit plattelandse gemeenskappe ‘n kans gee om uit te styg. Foto: Shireen Mouton

Gasspreker by Prestige Aand By Steynville Sekondêre Skool se Prestige Aand is Herchell Juan Fieland, ‘n trotse boorling van Piketberg, die gasspreker. Hy het sy skoolloopbaan trots voltooi by Steynville Primêr asook Sekondêr waar hy hoofseun was in 2010. Na skool het hy voltyds Chemiese Ingenieurswese studeer by CPUT in Bellville en sy graad daarin verwerf. Daarna het hy sy graad in Projek Bestuur gedoen en suksesvol voltooi. In 2016 het hy twee grade verwerf op die ouderdom van 23 jaar. Nasionale Diploma (Chemiese Ingenieurswese): 2011 – 2014; BTech Graad (Chemiese Ingenieurswese): 2015 en BTech Graad (Project Management): 2016. Foto: Shireen Mouton

Huishulp Benodig Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Monique September woon op die plaas Harmonie, Piket-Bo-Berg en is ‘n leerder by Stawelklip Primêr. Sy skop al ‘n geruime tyd, so ver as wat sy kom, stof in die oë van diegene met wie sy op die atletiek baan swaarde kruis. Sy het in 2017 aan ‘n groot atletiekbyeenkoms in Potchefstroom gaan deelneem en by hierdie byeenkoms het sy die derde plek in die 100m net-net gemis. Volgens ingeligtes was dit met dele van ‘n sekonde of sy het die 3de plek haar eie gemaak. Dit wil gedoen wees vir ‘n jong dogter wat van ‘n plaas bo-op die Berg kom en wat nie al die nodige afrigting tot haar beskikking het nie. Dit is juis hierdie talent van Monique Monique wat gesorg het dat talentsoekers van September in Drostdy in Worcester haar raakgesien haar sportdrag het. Sy is ‘n sportbeurs by die skool in aangebied. Na vele oorweging het haar Potchefstroom ouers besluit om in te stem dat sy die skool bywoon en die geleentheid aangryp. Haar ouers het kwytskelding gekry en sal nie vir skoolfooie en die koshuis hoef te betaal nie, maar vir die uniforms (skool en sport) asook vir skryfbehoeftes moet betaal word. Die rekening vir die uniforms en skryfbehoeftes beloop meer as R3500 en haar ouers sou sukkel om dit te kan bekostig. Dis vir hierdie rede dat Monique se ouers ‘n skrywe aan die bestuur van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) gerig het en vir hulp gevra het. Na baie kort oorweging het die bestuur van die PBBIV besluit om hierby betrokke te raak en die koste te help dra. Die PBBIV betaal dus twee derdes van die fondse wat benodig word om Monique in ‘n Drostdy uniform te kry en klas gereed te wees, met die nodige skryfbehoeftes. Hoe lekker gaan dit wees om te hoor dat die basis vir haar atletiek talent by Stawelklip Primêr, ‘n klein skool in ‘n landbou gemeenskap, gelê is. Die bestuur van die PBBIV is saam met Monique se ouers, die opvoeders by Stawelklip Primêr en die res van die gemeenskap bly en trots op Monique. Ons weet sy gaan goed doen en Drostdy se vlag laat wapper, maar daarmee saam sal die Piket-Bo-Berg vlag ook wapper. Berig en foto verskaf

Twee Carels Speel Klavier Carel (Snr) van Niekerk en sy kleinseun Carel van Niekerk, lewer ‘n duet by Komien van der Westhuizen se musiekleerders se konsert. Foto: Ilze van Niekerk


33


34

Trippe Trappe hou Sportdag Saterdag 17 November was vir Trippe Trappe Kleuters ‘n dag van groot opwinding. Almal het hard geoefen om fiks en gesond te wees vir ons jaarlikse sportdag. Hierdie jaar was ons bevoorreg om vir Hentie die Kat te hê om die kleuters aan te moedig en ook om hulle medaljes te oorhandig. Elke kleuter en hul ouers het met oorgawe aan al die aktiwiteite deelgeneem. Baie dankie aan al ons ouers en borge wat bygedra het om hierdie dag so ‘n groot sukses te maak. Ons borge vir hierdie geleentheid was: A2 Interiors, Weskus Meganisasie, Le Roux van Wyk Makelaarsdienste, Fox Build it, Piket Implemente, Piketberg Drukkers, Bergrivier Munisipaliteit, Kaap Agri, Liebco Foods, Raimondi’s en Henties Sappies.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


35

Lees Die


36

Kotze Naaswenner Provinsiaal Seane Kotze, onderwyser by Steynville Sekondêre Skool was Naaswenner Provinsiaal in die ‘National Teachers Award’. Die kategorie waarin hy deelgeneem het was “Effective Teaching in Physical Sciences.” Foto verskaf

Burgemeester se Gholfdag Die Burgemeester se Gholfdag is een van Bergrivier Munisipaliteit se hoogtepunte op die almanak, met talle spanne wat jaarliks inskryf om weer terug te ploeg in hul gemeenskappe. Die Gholfdag is ‘n jaarlikse fondsinsameling inisiatief waarby die winste aan die Burgemeester se Hulpfonds toegeken word. Die gebeurtenis het op Vrydag 2 November by die Porterville Gholfbaan plaasgevind. Hierdie fondse word gebruik om al die gemeenskappe in die Bergrivier-area te ondersteun en te help. Bergrivier Munisipaliteit wil almal hartlik bedank wat bygedra het tot die sukses van hierdie geleentheid asook al die belangrike rolspelers wat die gholfdag ondersteun het.

Weskus Klawerjas Unie Is daar enige belangstellende klawerjasspelers wat wil aansluit? Vir meer inligting kontak Charles Adonis by 073 928 9004

Ray van Rooy hier saam met die wenspan F Martiens, K Klaase, L Nthane en T Booyse.

Ray van Rooy met die span wat tweede gekom het: Chris Geldenhuys, Kiewiet Bester, Markus Bester en Taxi Kotze. Foto’s verskaf

Te Koop

Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032


37

Magda Lategan was die wenner van die GLAS BAK KONVEKSIE OOND in die SUPERSPAR Boland Deli Spices Kompetisie! Karin Coetzee, Elmarie Talor en Philip Jankielsohn het die prys oorhandig.

SUPERSPAR Boland bedank almal vir hul deelname aan die Cadbury Venter Sleepwa kompetisie. Die wenner was Elroy Hendricks van Porterville. Marlene Visagie het die kersgeskenk aan hom oorhandig!


38

Tania Mostert

SUPERSPAR Boland ondersteun die Burgemeester se Gholfdag 2 November 2018 ‘n Fondsinsamelingsprojek ter aanvulling van die Hulpfonds wat bystand aan die gemeenskap verleen in tye van brand, met verlies aan huis en besittings, met ‘n krisis vir kospakkies, met programme vir senior burgers, met sportgeleenthede ens.


39


40

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Des 2018  

Die Piketberger Des 2018  

Advertisement