Die Piketberger Des 2017

Page 4

4

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30 Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net

MEDIESE PRAKTISYNS

Jasmin Droom Groot Die Piketberger het onlangs vir Jasmin Millar, die gr 4spelkoningin van die WesKaap, genooi om by Droomland te kom kuier. Jasmin het trots haar medaljes, balkie en boeke kom wys wat sy gedurende hierdie jaar by die WOW-spelkompetisies gewen het. Op kring-, distriks- en provinsiale vlak is sy die beste speller in haar ouderdomsgroep en het mededingers vanoor die hele provinsie, sover as George, uitgestof. Jasmin van Middeldeurvlei Primêr, in die omgewing van Eendekuil, staan nie een tree terug vir skole soos Stellenbosch, Jasmin Millar van MidPaarl en ander nie. Jasmin is vasbeslote om ná deldeurvlei Primêr, die skool verder te studeer in 'n gr 4-spelkoningin van die Wes-Kaap. mediese rigting en dan te spesialiseer as ginekoloog. Sy Foto: Marietha Goosen kry haar inspirasie hiervoor uit 'n televisiereeks wat sy op DSTV volg. Intussen geniet sy elke oomblik van skoolgaan, doen haar werk met nougesetheid en gryp elke geleentheid met albei hande aan. In 'n opstel waarin sy moes redeneer oor hoekom dit belangrik is om skool te gaan, was sy vasberade dat skoolgaan nuwe deure oopmaak en die sleutel is tot verdere drome......soos om te reis, jou perfekte beroep te beoefen en jou te help om koers te hou in die lewe. Sy voer verder aan dat dit elkeen se reg is om self hieroor te besluit, maar dat haar raad baie beslis is om nie ander blindelings te volg nie, maar jou eie drome te hê. Met haar sagte, gematigde geaardheid, dwing Jasmin respek af by haar onderwysers en maats. Sy is stil en doelgerig en weet waarnatoe sy oppad is. Haar strewe is om aan te hou leer en te presteer.....en net om te wys sy's nog kind....."wil sy Barbie speel totdat sy oud is".

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Moet dit nie mis nie!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.