Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 11 www.piketberg.com Desember 2017

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Saam 80jaar vir PHS

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Jasmin Droom Groot…p4 Aptekersassistente...p5 Troufoto...p10 Piketberg Spaar Water Wenners...pp14,15 Behan speel Trom vir ‘n Lewe...p18 Besige Bytjies Kersspel...p24 Trippe Trappe Konsert...p25 Karookop Presteerders...p33 Mílah Supersport Let’s Play Streekwenner...p36

Hierdie vier leerkragte, Cecil van Wyk, Grace Dippenaar, Susan de Vries en Marius Scholtz, groet PHS na vele jare se lojale diens: Cecil van Wyk is sedert 1986 verbonde aan PHS vir Houtwerk, later Siviele Tegnologie en uiteindelik Ingenieursgrafika en Ontwerp. Hy het ook Besigheidstudies gegee. Grace Dippenaar het met Huishoudkunde begin, wat later Verbruikerstudie genoem is, van 1998-2003 en na twee jaar se rus, weer sedert 2006.

Die afgelope paar jaar het sy ook Lewensoriëntering onderrig. Susan de Vries het die gekombineerde Engelse Gr 1-3 klas hanteer sedert 2005 en Marius Scholtz is in April 2001 as Skoolhoof aangestel. Saam het hierdie vier 80 lewensjare daaraan gewy om van PHS 'n skool van uitnemendheid te maak. Foto: Marietha Goosen

See pages 33-36


2

Redaksioneel Weet jy dat jy deelneem?

Toe ons seuns klein was, was ons bevoorreg om deel te wees van 'n dissipelskapgroep met gesinne met ook klein kinders. Seker min of meer hierdie tyd van die jaar, is daar weer 'n saamkuier op Piket-bo-Berg en die grootmense word speelkamer toe geroep vir die kinders se toneel. Die dogtertjies was tog te lief vir konsert hou. Die Kersverhaal begin, die Engel kondig die groot nuus vir Maria aan. Maria kom vinnig tot verhaal na die groot skok van die swangerskap en maak gereed om te vertrek. Ewe gedwee staan die donkie gereed en Maria, 'n vasberade vrou, kry vir ons jongste, Jac, aan die hand en daar vertrek Maria en Josef op hulle lewensveranderende reis na Bethlehem. Ons klompie jong ouerpare kyk met nuwe oë na die Kersverhaal. Aan die einde 'n groot applous. Ou Jac verlaat die "verhoog" met 'n verdwaasde uitdrukking en dié woorde: "Ek het nie eers geweet ek 'deel neem' nie! Sy pa se antwoord kom vinnig en gerusstellend: "Toemaar, Josef het ook nie geweet hy 'deel neem' nie". Terugskouend was al die karakters in die Kersverhaal onbewus van hulle deelname aan 'n verhaal wat vir eeue en eeue die mees vertelde verhaal sou word. Ek gesels met 'n dame by die winkel waar ek inkopies doen. Sy is by die kasregister. Ek het haar al voorheen gesien, maar besef dis 'n nuwe gesig. Die gewone trant van praat: Is jy 'n nuwe intrekker? Ons woon nou 'n jaar hier, maar is alweer oppad. Dinge het nie uitgewerk soos ons dit beplan het nie. My hart krimp ineen, die volgende kliënt wag om gehelp te word. Ek verseker haar dat die Here by haar is en ek hoop dat daar iets goeds van Piketberg is wat sy saam in haar hart kan dra. "O ja, die mense." Met my wegstap, kom 'n verdwaasdheid oor my, saam met 'n absolute verwondering, want ek het nie eers geweet ek 'deel neem' nie. Ek is tegelyk terug op die berg in die speelkamer waar die Kersverhaal afspeel, en terselfdertyd bewus van die Groot Verhaal waarvan ek en almal rondom my, elke dag deel is.

Liefde Marietha Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... WAF Burger skryf… Baie dankie aan die persoon wat my beursie op Maandag 23 Oktober, voor ABSA Bank opgetel en ingegee het. Ek waardeer dit baie. Dis net soos Piketberg se mense is. Stoffel en Maretta Smit skryf ... Baie dankie aan almal vir meelewing met die heengaan van Maretta se Ma. Al die boodskappe, telefoonoproepe, besoeke, gebede, blomme, eetgoed, kaartjies en liefde word opreg waardeer. Dankie vir ons twee leraars se bystand in hierdie hartseer tyd. Dankie ook aan almal wat moeite gedoen het om die roudiens by te woon by Huis AJLiebenberg. Liza du Toit skryf… Baie dankie aan Piketberg Polisiediens vir spoedige en uitmuntende diens, in besonder Sers de Vries, Sers Visagie, Konst Boumeester, Benjamin en Dasi, Me Kordom en Johan van Lill, toe hulle binne ‘n paar uur skaapdiewe vasgetrek het. Dit is wonderlik om te weet dat sulke dapper mense altyd reg staan om die publiek te beskerm. Dankie SAPD Piketberg, julle is Awesome!

Kursus gekanselleer agv Vlak 5 Waterbeperkings.


3


4

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30 Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net

MEDIESE PRAKTISYNS

Jasmin Droom Groot Die Piketberger het onlangs vir Jasmin Millar, die gr 4spelkoningin van die WesKaap, genooi om by Droomland te kom kuier. Jasmin het trots haar medaljes, balkie en boeke kom wys wat sy gedurende hierdie jaar by die WOW-spelkompetisies gewen het. Op kring-, distriks- en provinsiale vlak is sy die beste speller in haar ouderdomsgroep en het mededingers vanoor die hele provinsie, sover as George, uitgestof. Jasmin van Middeldeurvlei Primêr, in die omgewing van Eendekuil, staan nie een tree terug vir skole soos Stellenbosch, Jasmin Millar van MidPaarl en ander nie. Jasmin is vasbeslote om ná deldeurvlei Primêr, die skool verder te studeer in 'n gr 4-spelkoningin van die Wes-Kaap. mediese rigting en dan te spesialiseer as ginekoloog. Sy Foto: Marietha Goosen kry haar inspirasie hiervoor uit 'n televisiereeks wat sy op DSTV volg. Intussen geniet sy elke oomblik van skoolgaan, doen haar werk met nougesetheid en gryp elke geleentheid met albei hande aan. In 'n opstel waarin sy moes redeneer oor hoekom dit belangrik is om skool te gaan, was sy vasberade dat skoolgaan nuwe deure oopmaak en die sleutel is tot verdere drome......soos om te reis, jou perfekte beroep te beoefen en jou te help om koers te hou in die lewe. Sy voer verder aan dat dit elkeen se reg is om self hieroor te besluit, maar dat haar raad baie beslis is om nie ander blindelings te volg nie, maar jou eie drome te hê. Met haar sagte, gematigde geaardheid, dwing Jasmin respek af by haar onderwysers en maats. Sy is stil en doelgerig en weet waarnatoe sy oppad is. Haar strewe is om aan te hou leer en te presteer.....en net om te wys sy's nog kind....."wil sy Barbie speel totdat sy oud is".

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Moet dit nie mis nie!


5

Aptekersassistente

Baie dankie vir u getroue ondersteuning. Geseënde Kersfees!

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Caroline Moore en Yumnah Sait by hul diplomaplegtigheid op 16 November van hul Aptekersassistent kursus wat hul voltooi het. Foto verskaf

Riana Smit  022-942 1787

Doen iets besonders. Skenk Bloed.

 082 921 1977

2018 Bloedskenkdatums op p16

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 WATERBESPARINGSWENK!: Spaar water sonder om jou hand higiëne af te skeep. Kom kry jou handreiniger en maak só seker die kieme bly weg.

022 913 1600 / 022 913 2075

Restaurant & Pub h/a Hoog– en Kerkstraat - langs Feathers Inn

Onder Nuwe Bestuur - Under New Management Oop vanaf Dinsdae 11vm tot Sondae 3nm, daagliks van 11vm tot laat. Maandae gesluit. Home cooked meals, grills, seafood and light lunches. Happy hour daily 5pm-6pm - 25% af op alle drankies. Kom geniet 'n cocktail op die stoep. Kontak Phil 078 494 1235 vir besprekings en kwotasies vir jaareindfunksies, verjaarsdae en konferensies.


6

Sub A-koffertjie terug by Carel Suzette Fouché het onlangs 'n koffertjie ontdek waarin sy vir baie jare haar seuns se legoblokkies gebêre het. Vir die eerste keer het sy ag geslaan op die naam wat in die deksel geskryf staan. By die eerste beste geleentheid het sy dié koffer, wat dateer uit 1990, terugbesorg aan Carel van Niekerk. Hoe die koffertjie by die Fouché's beland het? Carel en Kabous (Jan-Abraham) het dikwels oor en weer gespeel, soos die res van die vriendekring ook: JC Pretorius, WG Treurnicht, Coenraad Swart, Erik van Zyl en Villiers Morrison. Op dié manier het die koffertjie agtergebly..... Terloops, Carel van Niekerk met sy Sub Akoffer. Foto’s: Martin Goosen die groepie vriende soek mekaar steeds gereeld op.

Suzette Fouché oorhandig die koffer aan Carel van Niekerk, terwyl Carel se seun, Leon, toekyk.

Belydenis van Geloof - Redelinghuys

Redelinghuys se drie katkisante, Kobus Brand, Simoné Steyn en Hennie van Zyl het Sondag, 5 November hul Belydenis van Geloof afgelê. Foto: Gerda van Schoor

Musse vir Seemanne

Hierdie tyd van die jaar sal jy nie sommer iemand in Piketberg met wol en breipenne betrap nie - wat nog te sê met ‘n mus op die kop! ‘n Klompie flukse vroue was darem betyds klaar met die brei van 100 musse wat aan Biblia Hawesending geskenk is. Dane du Plessis gebruik dit om Jesus se liefde en omgee op ‘n praktiese manier, saam met Bybels en Christelike lektuur, aan seemanne oor te dra. Foto: Marietha Goosen

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Baie dankie vir u ondersteuning! Geniet die feestyd saam met familie en vriende. Alles van die beste word u toegewens vir 2018.

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing


7


8

Ontmoet die Herwinningspan

Die span by Herwinning is agter David Cupido, herwinningskontrakteur, Jo-Ann Fredericks, supervisor, Anneline Diedericks, Caroline Willems, Roslyn Jonkers, Andries Samson, Christopher van Wyk en voor Christopher Meiring, Elgerine Goliath, Roslin Davids, Lizel Benjamin, Chanell Mentoor en Lisa Samson. Foto: Marietha Goosen

VLV– en Tuinbouklub Afsluiting

Katinka Morrison, voorsitter Piketberg Blom- en Tuinbouklub en Nicoline Brown, voorsitter VLV Piketberg het saamgespan om die jaar se bedrywighede op ’n feestelike noot af te sluit. Twee blomdemonstrateurs van Kleinmond, Cobus Conradie en George Burger, het interessante en vars Kerstafel idees uit plantmateriaal gedemonstreer. Kim Zimmerman, President van Wes-Kaap Blommerangskikkersverereniging, en alombekende Elbeth Liebenberg, erelid van Piketberg Blom- en Tuinbouklub en Blommekuns ghoeroe, was onder die gaste, foto regs.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening Geseënde Kersfees aan al my kliënte. Baie dankie vir u getroue ondertsteuning gedurende 2017.

By dieselfde geleentheid is VLV diensjaarknopies aan lede oorhandig: Agter Alta Vos, 15jaar, Christa Myburgh, 5jaar, Carin Rossouw en Christa Burger, 40jaar en voor Louise Visser, 5 jaar en Angeline Engelbrecht, 20jaar.

Katinka Morrison oorhandig 'n hamper aan Cobis Wilson, die gelukkige wenner van die lootjie. Die lootjieverkope is tbv diere immunisasie en sterilisasie. Foto’s: Marietha Goosen


9

Voorskoot vir Vrouediens Esther Thiart en Anne Pretorius met die voor-skoot waarmee hulle R500 vir die Vroue -diens ingesamel het. Die voorskoot is omge-stuur by die vrouelidmate in wyke D en G, waarin vrywillige by-draes in die sakkies geplaas word. Elkeen werk sy sakkie toe en die bydraes is heeltemal anoniem. Hierdie wyke het vorige jare dieselfde inisiatief ingespan. Die voorskoot bydraes is bo en behalwe hulle normale bydraes. Foto: Reinet Jonker

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Klein Piketbergers in die Koue Bokkeveld Melia Burger en Helené du Toit se ma's, Marianna (Olivier) Burger en Colette (Eksteen) du Toit, is albei boorlinge van Piketberg, waar albei se ouers, Japie en Johanna, en Johan en Elne, steeds woon. Die tweetjies is saam in die speelskool by Ceres op die Berg. Foto verskaf

Kersgeskenk vir ‘n goeie doel

Lallie se Memwhaars Die Zeekoei deur Lee-Ann Steenkamp is beskikbaar by Piketberg Dierehospitaal teen R40 ten bate van Bergrivier Outreach. Ideale Kersgeskenk vir jul kinders of kleinkinders.


10

Rooiwinkel se Bruidegom

Trevor and Conny Fernandes got married on 24 June 2017 at Graceland Venues, Paarl. Photo: Matthew Carr Photography

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Mens kan amper nie glo dat 2017 al weer op sy rug lê nie, maar wat ‘n jaar was dit nie! By Bergrivier Munisipaliteit was dit ‘n besige, water-besparende en bedrywige jaar. Ons is baie trots om te kan sê dat ons weer hierdie jaar Hanlie Linde deur die Ouditeur Generaal van SuidAfrika ge-oudit is en dat ons die tweede skoon oudit in ‘n ry behaal het. Dit verg ‘n aansienlike poging van elke raadslid, elke amptenaar en al ons vennote en publiek wat dien op ons Oorsigkomitee, Risikobestuurskomitee, Oudit- en Prestasiekomitee en “Municipal Public Accounts Committee”. Ek wil graag aan almal baie dankie sê dat julle meegewerk het om goeie, eerlike en gesonde regering in Bergrivier Munisipaliteit moontlik te maak. Ons is trots op ons Munisipaliteit! Ons is so dankbaar vir die reën wat die afgelope twee weke geval het en ons het werklik elke druppel nodig. Die vlak 5 waterbeperkings wat geld sedert 1 Oktober 2017, geld steeds en sal bly geld totdat alle damme in die Wes-Kaap vol is en die droogte ten volle beëindig is. Baie, baie, baie dankie vir elke inwoner se kreatiewe idees om te help om elke druppel te laat tel en om by ons doelwit van 40% waterbesparing uit te kom. Ons is nog nie daar nie, maar ek is vol vertroue dat ons daar kan kom met almal se hulp. Van almal by die Munisipaliteit wens ons u ‘n geseënde vakansietyd toe en glo dat die van ons wat op die pad sal gaan, veilig sal reis en veilig sal terugkom om 2018 met nuwe moed en ywer aan te pak. Mag ons Here Jesus Christus u en u families in oorvloed seën in hierdie tyd.

Die Munisipale Bestuurder, Adv Hanlie Linde en die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Evert Manuel, wens alle inwoners van Bergrivier Munisipaliteit ‘n geseënde Kerstyd toe. Foto verskaf

Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde Feesseisoen. Dankie vir u ondertsteuning.

SPAAR WATER

SPAAR WATER

SPAAR WATER

SPAAR WATER


11


12

Sweetie Pie trek in Die ystervarkie, wat onlangs by die Rusts op De Hoek ingetrek het, se naam is Sweetie Pie. Na ‘n poging om hom in die veld te los, was hy na 'n paar uur terug in die hokkie. Geen ystervarkie sal so ‘n lekker lewe van gesnipperde papaja en aarbei en uitrus in die oggendsonnetjie wil verruil nie. Vir mense is hy sku en skarrel gou terug na sy hoekie toe. Volgens die veearts, dr André, is die ystervarkie 'n herbivoor wat veral van wortels hou.

Sweetie Pie in sy hokkie. Foto: René Rust

Sandra van Wyk is dringend op soek na haar boek, “Ons is nie almal so nie,” deur Jeanne Goosen. Dis vermoedelik aan iemand geleen.

deur Jannie Lategan

Afskeid Neem

Elke sekonde, elke minuut, elke dag en elke jaar word daar afskeid geneem. Ons is voortdurend besig om totsiens te sê. In die vinnige aanloop na die einde van 2017, neem ons eersdaag afskeid van hierdie jaar met sy groot variteit van verskillende gebeure in ons land en wêreldwyd. Soms gebeur die afskeid van ‘n geliefde wat emigreer of iemand van ons vlees en bloed wat sterf. Saam met afskeid is daar ook die geleentheid vir terugkyk en sien wat was. Daar is egter ook die geleentheid om vorentoe te kyk en nuwe uitdagings te beproef en in die visier te hou om ook daarvan die beste te maak. Die feit van die saak, is dat daar elke dag die beste van die aangebode geleentheid gemaak moet word. ‘n Geleentheid kom soms net een maal en as dit nie aangegryp word nie, is dit verby. Geleenthede soos toekomsplanne van die skoolverlaters. ‘n Slegte besluit kan die hele lewe radikaal verander. Soms lyk dit so aanloklik om na suksesvolle mense te kyk wat groot hoogtes bereik het. Wanneer daar egter met sulke mense in gesprek gegaan word, stel jy heel gou vas dat die sukses wat hulle nou smaak, deur baie harde werk voorafgegaan is. Sukses is egter nie ‘n goedkoop kommoditeit nie! In ‘n gesprek onlangs met ‘n baie suksesvolle tennisspeler, het dit geblyk dat dit harde werk en meedoënlose oefening, elke dag, soms alleen gekos het. Ja, die afrigter help met afrigting en styl, maar die insette deur te oefen en aan te hou voorberei, is broodnodig om die oorwinning uiteindelik te verseker. Die lui tennis speler kan baie maklik sy afrigter verloor, as die vooraf oefening nie daar was nie. Gary Player spel dit ook baie deeglik uit in ‘n onlangse onderhoud oor die radio. Hy het die visie gehad en dit oortuigend nagejaag. Hy is 82 jaar oud en pluk steeds die vrugte van dit wat hy in voorbereiding en oefening ingesit het. As ons hierdie wêreld ikoon wat RSA huisves, sou verloor, dan groet ons nie net die beste golfspeler ter wêreld nie, maar ook ‘n uitstekende diplomaat vir SA. Iemand wat inderdaad sy sukses koester. Soos die jaar na die einde beweeg, word die dae getel en is elke dag ‘n spesiale afskeid dag. Dit was verstommend en verbysterend om na die kunstalent van die leerders van PHS se kunswerke te kon kyk. Dit het harde werk en goeie voorbereiding gekos om beloon te kon word met “meesterstukke” op elkeen se vlak. Ofskoon daar ‘n Visuele Kunstenaar, Sandra Hanekom, agter hierdie kunsstudente is, was dit steeds die plig van elke student om sy werk goed en met sorg uit te oefen. Mag ons vreugde vind in ons afskeidsblik oor 2017 en mag ons onsself sien waar ons positief betrokke was. Mag elkeen raaksien waar hy die prys betaal het vir sukses, by die tersiêre inrigting of opvoedingsentrum of waar hy ook al betrokke was.

Die volgende Piketberger verskyn op 1 Februarie 2018

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 23 Januarie 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


13


14

Piketberg Spaar Water Pryswenners Foto’s: Yolandi van der Merwe en Marietha Goosen Francis Swarts ontvang namens die Swartsgesin ‘n kontantprys van Carel van Niekerk van Piket Implemente.

Stoffel du Toit ontvang ‘n kontantprys van Andries (Wolf) Liebenberg van Liebco Foods. Een van Stoffel se pogings is op die foto links.

Links: René Rust ontvang ‘n kontantprys van The Fruit Farm Group SA vir die Rusts se poging tot waterbesparing. Kyk gerus op die fb-blad van Piketberg Spaar Water vir meer wenke. Onder: Tjaart O’Connell oorhandig ‘n geskenkbewys van Total aan Barbie Breunissen.


15 Regs: Vier buurvrouens Johanna Koordom, Washiela Goliath, Magrieta George en Sarie van der Byl wen elk ‘n geskenkpak van Build It: ‘n pet, flits en pen. Kyk op facebook watter slim planne die dames maak om water te spaar.

Links: Dick Smit wen ‘n geskenk van Agrimark. JJ Human, links op die foto, oorhandig dit. (Jannie en Alida Walters is ook wenners, maar kon nie hul prys ontvang nie.)

Regs: Sarel de Villiers en Marcel Riedijk van Della Vita oorhandig aan die drie dames elk ‘n geskenkbewys. Gaan kyk gerus op facebook hoe Lynette de Witt, Annatjie Joubert en Helma Kotzé water bespaar. Sarel is ‘n kranige waterbespaarder en was een van verlede maand se wenners. Deon van Dyk was ook hier ‘n wenner, maar was ten tyde van die fotosessie op die rolbalbaan.

Links: Jaco Joubert, Omgewingsbestuurder by PPC, oorhandig ‘n PPC-geskenkpak aan Marietha Goosen. Onder: Cecil van Wyk, links, ontvang ‘n geskenkbewys van Petrus Pieters van AZ Supplies.


16

Op die rakke van die Biblioteek Emily Hobhouse – Geliefde Verraaier

deur Elsabé Brits Die titel is uitstekend...dit is hoe Emily Hobhouse geleef het tot en met haar heengaan op 66-jarige ouderdom in 1926. Sy word misken deur die geskiedenis vir haar enorme bydrae tot die verligting van lyding, as kampvegter vir arm en verontregte mense, die oprig van opleidings instansies en het vroueregte en stemreg vir vroue `n realiteit gemaak. Sy is vergete deur die hoofBespreking deur stroom geskiedenis en is dit slegs by Deidré Eigelaar die vrouemonument en haar grootword dorp, St Ive waar die enorme impak wat sy gehad het op die wêreld se verloop, erken word. Emily Hobhouse was `n wêreldburger, sy kon sewe tale praat, sy het onderhandel soos `n wêreldklas diplomaat, sy het met die groot intellektuele van die wêreld skouer geskuur en sy is wyd gerespekteer deur Cambridge en Oxford se alumni. Haar briewe, boek en dagboeke getuig van `n skrywer met `n fyn waarnemingsvermoë en het sy situasies deeglik en met groot wysheid neergepen. Haar daadkragtigheid en onverskrokke verskille met mense wat sonder etos en integriteit opgetree het, was legandaries en het sy nie toegelaat dat status- of magposisies haar laat afsien van haar siening nie en het sy nooit haar integriteit prysgegee nie. Die boek deur Elsabé Brits is `n wonderlike bydrae wat erkenning gee vir Emily Hobhouse se rol as vroue

baanbreker wat op die wêreldverhoog `n positiewe en blywende bydrae gemaak het. Emily het baie slim deurlopend die sluheid en manipulasie van politici uitoorlê en meerendeels haar doel tot vrede en geregtigheid onwrikbaar bereik ten spyte van egoïstiese mans, manipulerende klassiste en was sy dapper ten spyte van uiterse persoonlike aanvalle. Emily het wêreldleiers en wêreldgebeure se uitkomste positief beïnvloed. Sy was uiters gedetermineerd as sy eers `n doel voor oë gehad het en daarom het sy taktloos en koppig voorgekom. Sy was `n pasifis en `n humanis en haar lewe lank gekant teen inperkende nasionalisme en het voortydig en profeties die gevare en slaggate daarvan ingesien. Sy kon mooi sing, musiek intrumente bespeel en het praktiese handvaardighede skynbaar baie gou bemeester. Uiters ingewikkelde Belgiese kantweefwerk en ingewikkelde patrone vir die weef van matte en gordyne het sy vinnig bemeester en die vaardighede geleer aan die arm vroue van SuidAfrika ná die Suid-Afrikaanse oorlog. Sy het baie min in eie belang opgetree. Die grootste tragedie was dat Emily nooit die geleentheid gehad het vir verdere studie nie, maar helaas het sy die toekoms vir vroue verander deur haar onverskrokke geveg vir vroueregte op vele fronte. Ironies het baie van die teenstand teen haar, juis van vroue gekom. Sy het die moed van haar oortuiging gehad om prakties te wees in situasies waar daar wreed en onmenslike dade teen mense gepleeg is en soos Elsabé dit stel: “sy was `n persoon met ware moed, in `n wêreld van lafaards.” Die boek is uitstekend nagevors, met visuele materiaal wat die ingewikkelde nuanses belig en veral van waarde is die nuut ontdekte materiaal wat bygewerk is. Die onvoltooide manuskripte wat ontdek is by Emily Hobhouse se broerskind in Kanada, Jennifer Hobhouse Blame, belig baie nuwe aspekte aangaande Emily. Kritiek wat teen die boek gelewer is, is dat die uitleg te besig is, maar dit sorg vir `n heerlike visuele ervaring van `n vergete oorlog.

Afgri Jaareindfunksie

Lede van Afgri Piketberg oppad na hulle Jaareindfunksie: Agter is Magda Lategan, Frikkie Carstens, Paul Prins, takbestuurder, Jurie Rabe, Thys Visser, Elisna Visser en voor Charl Fredericks, Karel Kersop en Kenneth Smit. Foto: Marietha Goosen

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


17


18

Behan speel trom vir ‘n Lewe Behan Croeser het, ná sy studies by COPA en sy kwalifikasie as Drum major, die geleentheid gekry om as 'n trom onderwyser by Legacy School Of Music se nuwe tak in Bellville te werk waar hy trom lesse asook musiek teorie en musiek besigheids klasse gee. Legacy het hom inDie tromspeler van Jimm geskryf vir 'n interHarisson Project, Behan nasionale erkende Croeser, oud PHS’er. eksamen, ROCKSCHOOL, waarin hy geslaag het met 92% vir Graad 7. Wanneer Behan nie by Legacy is nie, is hy hard aan die werk saam met sy "bands" Jimm Harisson Project, Ruby June en Dan Homesy. Hy het die afgelope jaar by groot feeste opgetree soos Up The Creek, Darling Brew Beer Fest, Barleycorn Music Club Fest en vele meer waar hy die verhoog kon deel met mense soos Francois van Coke, Koos Kombuis, Crimson House Blues om net 'n paar te noem. Jimm Harisson Project speel die einde van die jaar Unplugged 62 in Barrydale, wat sy grootste gig van die jaar sal wees. Behan Croeser, links voor, saam met die res van Jimm Harisson Project, Righard Keyser en JanHendrik Fourie, agter, by sy ouma, Patrys Croeser by die Hamlet fees op Prince Alfred Hamlet. Foto’s verskaf

N7 Track Challenge vir Huis AJL

Op Saterdag 4 November het N7 Track Challenge ‘n “night-ride/night-run” gehou om fondse in te samel vir Huis AJ Liebenberg, omdat die geleenthede vroeër die jaar oorvleuel het. Met al die deelnemers se bydraes, is R3000 ingesamel. Lerine Fourie oorhandig aan Marie de Villiers, regs, die bestuurder van Huis AJL. Foto verskaf

Wat is ’n remskoen en waarom lê iemand die tuig neer?

’n Ossewa het ’n rem gehad wat gebruik is wanneer daar teen matige skuinstes afbeweeg is. Wanneer die ossewa egter teen ’n baie skuins helling afbeweeg het, was die rem nie voldoende nie en is daar ’n stuk hout onder die agterwiele geplaas. Die stuk hout is met ’n ketting aan die ossewa vasgemaak en die wiel kon dan nie meer beweeg nie en het die ossewa op die stuk hout teen die steilte afgegly. Die stuk hout was ruweg in die vorm van ’n skoen. Daarom word iemand wat ’n beswaar teen alles opper, ’n remskoen genoem. Die dele waarmee die osse ingespan word (rieme, skeie, jukke ens.) word gesamentlik die tuig genoem. Wanneer die osse klaar gewerk het word hulle uitgespan en word die tuig neergelê en daarom word gesê dat as iemand ophou werk dat die persoon die tuig neerlê. Wanneer iemand sterf terwyl die persoon nog werk, word gesê dat die persoon in die tuig gesterf het. Volgende keer: Die loef afsteek en die wind uit sy seile haal. M.A.A.N – S

Die FEBRUARIE uitgawe van Die Piketberger verskyn op 1 Februarie 2018 Stuur berigte voor 23 Januarie Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com


19

‘n Nuwe Liebco

Agter is Jacobus Liebenberg, Andries (Wolf) Liebenberg, Albert de Jager, Marius Adams en voor Henry Baadjies, Mariaan Abrahams, Yolanda Baatjies en Ronél Otto. Foto: Marietha Goosen Liebco vier vanjaar sy 65-jarige bestaansjaar met 'n nuwe aansig buite en 'n nuwe baadjie binne. Die engelse praat van 'n "revamp" en of jy nou weet wat dit beteken of nie.......met die instap gaan jy weet, dis hoe 'n "revamp" lyk. Die skoon klassieke voorkoms en die gevoel van 'n tikkie ouwêreldse bekendheid, is oor die afgelope elf maande met sorg geskep en bereik sy hoogtepunt met die opening op 8 en 9 Desember. Onder die kreatiewe leiding van Delanie Jooste van Delanie Jooste Consulting en Liza du Toit, werknemer by Liebco, het die proses

gestalte gekry eerstens in die vernuwende handelsmerk, "Liebco Foods" en daarna in die nuwe slagspreuk, "All kinds of meaty goodness". Gevolglik is die nuwe handelsmerk aangebring oor alle aspekte van die besigheid: die afleweringstrokke, die etikette en polonie omhulsels, die verpakking, die nuwe ingang en aansig en die klassieke "look and feel". Die een ABSA OTM aan die Noordekant van die gebou, word vir verdere gerief verander na twee ABSA OTMtellers aan die Suidekant van die gebou. 'n Ekstra ruim trollie area is vir die kliënt se gerief by die ingang aangebring, om winkelspasie beter te benut. Die bestuur van Liebco Foods bedank Delanie en Liza vir hulle ondernemingsgees gedurende die hele proses. Almal word uitgenooi om op 8 en 9 Desember te kom deel in die onweerstaanbare openingspromosies. En vir diegene wat 65 jaar gewoond is om jou gunsteling vleissnit te kom kies.........niks daarvan het verander nie, jy vra steeds jou blokman. Hoewel dit nie meer Koos en Johanna Liebenberg, die stigters van Liebenberg se Slagtery is met Koos Truter, die blokman, nie, is dit steeds Andries (Wolf) Liebenberg en Jacobus Liebenberg wat passievol is oor hulle bedryf, en hulle blokmanne met die hand uitsoek.

Skole sluit - 6 Desember en Heropen - 17 Januarie Geniet die vakansie saam met jul kinders.


20


21


22

Kix Piketberg se R12 000

Die Wielhuys se span

Die Kix Koester Kinders projek is afgehandel en R12 000 is ingesamel vir skryfbehoeftes. R10 000 is gestuur na Malingunde in Malawi se kleuterskole, R1000 na Huis van Heerde Kinderhuis op Moorreesburg vir skryfbehoeftes, R500 na ACVV Piketberg vir skryfbehoeftes as deel van die skoenboksprojek en R500 na Badisa Piketberg se huisskooltjies vir boontjiesakkies, gom, houtlym en savlon. Foto: Marietha Goosen

Die personeel by Die Wielhuys, voorheen Bonthuys Bicycles, is agter Gustav Bonthuys, eienaar, Estelle Blaauw, JD Fouché en voor Gerrit Bolle Swartz, Thomas Moses, Anita Boois en Enrico Losper. Sien Die Wielhuys se advertensie oor wat hulle alles bied. Die Wielhuys is lieflik ingerig by hulle nuwe perseel in Langstraat 53, oorkant Agrimark. Foto: Marietha Goosen

Piketberg Toerisme Somermark 3 Februarie 2018 Stalletjies beskikbaar @R100

TE KOOP

Vir enige navrae skakel Carine Hougaard 022 913 2063 tourism@piketberg.com

LG Bar Fridge Te Koop R1 100 - Skakel 079 496 2719

Konfyt en Preserverings Produkte beskikbaar soos vrugte in seisoen beskikbaar is

022 9421 744 Mangoblatjang………..R30

Troutafel Geskenkies

Bloubessiekonfyt……..R43 Maketaanblokkies……R37 Aarbeikonfyt…………..R37 Koejawelkonfyt……….R36 Mangokonfyt………….R37

Vir dames - variasie van konfyt - 110ml flessies

Vir mans - Tuisaangemaakte spice vir vark, hoender, tjops, potbraai, potjiekos en Kerrieboneslaai……....R37 vele meer. Kerrieperskeslaai…….R44 Refill sakkies spice 100ml Soet/Suur Beetslaai….R32 R18; Skudpotjie 100ml - R25 Heel Groenvye……….R45 Konfyt 110ml - R20 ————————Tuisgemaakte MosterdPakkies Kerriblare - R8 sous (slegs op voorafbestelling) …………….R35 Geskik vir bobotie, kerriekos, Karamel, Boere en Gemengde Fudge

1 Baksel x 48stukke = R168

kerrieboneslaai, kerrieperskeslaai en pickle uie.

Verskeidenheid klein koekies


23

Fietswinkel en Motorhandelaar (voorheen Bonthuys Bicycles)

Die WIELHUYS vir die herstel en instandhouding van fietse en motors. Herstel en instandhouding slegs van voertuie wat nie meer onder fabriekswaarborg is nie. Die WIELHUYS bied ‘n een jaar waarborg op vakmanskap en veilige oornag stoorplek van voertuie waaraan gewerk word. Gratis was van alle voertuie wat gediens word.

FIETSVERKOPE FIETS– en MOTORONDERDELE  MOTORVERKOPE 

Mag Kersfees ‘n Ware Christusfees wees

Nuwe perseel Langstraat 53 Piketberg Skakel 022 913 1101


24

Besige Bytjies Kersspel

Besige Bye oppad na Gr R

By Besige Bytjies se afsluiting is die volgende kleuters gegroet, wat oppad is na Gr R: Jaden Pienaar, Josh Strauss, WJ du Toit, Ross Hunt en Bernice O'Connell. Foto: Marietha Goosen


25

Trippe Trappe hou Konsert By die onlangse konsert het Trippe Trappe maatjies heerlik saam gekuier en vir meisie muis gehelp om ‘n maatjie te vind. Sy was op soek na die sterkste maatjie in die hele wêreld. Met groot opwinding ontdek hulle dat God die sterkste is en dat Hy altyd daar sal wees vir elkeen. Niemand hoef ooit alleen te voel nie. Trippe Trappe het gedurende die jaar vele suksesse behaal en daarvoor dank hulle ons Hemelse Vader. Dankie ook aan al die ouers vir jul harde werk, ondersteuning en voorbereiding. Dankie aan ons borge: Liebco Foods, Piket Handyman en ouers. Foto’s: Vanessa de Villiers

Ons waardeer elkeen se ondersteuning gedurende die jaar opreg...baie dankie daarvoor! ‘n Geseënde feesseisoen vir elkeen

Christo, Linda en Personeel 022 913 3326 oregonandmore@telkomsa.net

59 Long Street, Piketberg - oorkant Agrimark


26 Diereliefhebbers, ons soek u hulp

Van der Westhuizen Oogkundige

Dit is weer vlooie en bosluistyd, die minderbevoorregte diere is oortrek van bosluise en vlooie, baie kry brandsiek agv die miete wat op hulle teer. ‘Advocate’ bekamp vlooie, miete, bosluise en die vlieë wat hul ore stukkend byt. Dit kos R140 per buisie. Diereliefhebbers word versoek om asseblief ‘n klein boksie te pak met een buisie Advocate en een wurmpil en by die Veearts se spreekkamers te los. Indien u by Superspar Boland vlooipoeier en wurmpille wil koop, kan u dit by Dr Morrison se spreekkamers afgee.

Dit is met groot opwinding dat ons die verandering van eienaarskap van die oogkundige praktyk in Langstraat, langs Jan Ellis Prokureur, aankondig. René van der Westhuizen, voorheen ‘n vennoot vir die afgelope ses jaar, het die praktyk nou alleen oorgeneem vanaf November. Dit vorm nou deel van twee praktyke, die ander een te Citrusdal, wat reeds sedert Februarie onder sy naam bedryf word. Dit is nogsteeds dieselfde vriendelike en professionele Madelene Nelson wat u sal ontvang en u kan help met enige van u brilraam of lens navrae. U kan nou die beste produkte teen bekostigbare pryse verwag. Ons eis direk van u mediese fonds en het ook basiese pakette beskikbaar vir diegene wat nie mediese hulpfondse het nie. Daar is ook maklike terugbetalings terme beskikbaar. As ‘n bonus kom elke raam en stel lense, selfs normale sonbrille, standaard met GRATIS versekering! DIS REG JA! Danksy EyeCover se “Breakage Cover” vervang ons enige komponent van die bril, ongeag die oorsaak, binne twee jaar na aankoop. Ons voorraad, rame en lense, is van die hoogste gehalte en ons stap die ekstra myl om kwaliteit te verseker. René het sy beroepslewe begin as Chemiese Ingenieur, en 10 jaar later besluit om van rigting te verander na Optometrie. Hy is reeds 24 jaar in die oogkundige bedryf, met spesiale belangstelling in kontaklense, asook kindervisie. Sy passie vir algehele gesondheid, wat ‘n groot rol speel in enigiemand se visie, lê hom na aan die hart. ‘n Gesonde liggaam beteken ook gesonde oë. Tans is hy besig om homself as Professionele Kinesioloog te bekwaam. Hy sal beskikbaar wees in Piketberg om kliënte te sien. Daar is ‘n wye reeks natuurlike produkte in die praktyk beskikbaar. Dit sluit in: vitamiene, minerale & homeopatiese middels! In kort, báie meer as net u naaste oogkundige!

Navrae Katinka Morrison 082 829 6918

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

NEEM KENNIS

Ons verhuis vanaf Citrusdal na Piketberg. Ons kantore te Piketberg open op 8 Januarie 2018. Ons nuwe perseel is geleë skuins oorkant die Landdroshof, Voortrekkerstraat, Piketberg (OU CORNERSTONE GEBOU). Ons kontak besonderhede bly onveranderd en ons bevestig dit as volg: 022 921 2103 / 074 149 9396 admin@foxcronje.co.za Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde Kersfees toe. Dankie vir elkeen se getroue ondersteuning in 2017.

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406 Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Contact for free quote.

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Email: siphenkosip@telkomsa.net


27


28

Henko se Zoo's bevat Groot 5 Wat bedoel was om 'n vinnige plan te wees vir 'n Grondslagfase Markdag een Vrydagoggend by die skool, was vir Henko Lambrechts in gr 2 die begin van The Zoo's besigheid. Nadat 'n Kix-tannie die eerste potlood by hom gekoop het, het dit vinnig geblyk dat juffrouens en maats ewe gaande is oor dié kleurvolle dierekarakters aan die agterkant van die potlode. Die 35 items vir die verkoping het binne sekondes gevlieg. Henko en sy ma, Marina, was genoodsaak om meer bestellings uit te voer. By Henko Lambrechts met sy die daaropvolgende The Zoo’s skryfbehoeftes. sportdag op Moorreesburg Foto: Marietha Goosen en by Piketberg en Porterville se Interskole is meer en meer items gemaak en verkoop. Die reeks het, soos die behoeftes ontwikkel het, gegroei na penne, uitveërs en skerpmakers. Steeds is die aanvraag hoog en beplan hulle groot en opwindende dinge vir die toekoms. By skole so ver as Malmesbury, Vredenburg en Clanwilliam, gebruik leerders van The Zoo's skryfbehoeftes.

NUWE ADVERTENSIEKOSTE VIR 2018

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Tweetaligheid wydsbeen oor kulture

Deur Riëtte Bryant Afrikaans is die taal waarin ek “klontjies” kry. Engels is die taal waarin ek my kinders en my man liefhet. Ek beskou myself as tweetalig. Is dit 'n kroon of 'n kruis? Dit is wanneer die “verkeerde” taal se woord op my tong lê en die ander taal my totaal ontgaan wanneer ek wens ek was nie tweetalig nie. Tweetaligheid beteken nie net om in albei tale te kan skryf of te kan praat nie, maar ook om emosioneel in beide te kan voel en dink. Ek vind steeds dat my tweetaligheid my in die steek laat wanneer ek superior wil klink in enige van die twee, want so met die tweetaligheid het ek nooit een van die twee se groot, hoogdrawende woorde bemagtig nie. Ek is deur jare as koerantverslaggewer en daarna jare as vertaler en steeds laat die mag my in die steek. Ek luister verstom as iemand mag oor 'n taal het en hulself met die mooiste woordeskat kan uitdruk. Tog kan ek “klontjies” kry in Afrikaans as iemand die woordeskat het, maar nie die emosie nie. Ou koek, “new look” en niemand luister tweekeer nie. Die Roomse Kerk sê gee my daai kind tot sewe en hy is myne vir die res van sy lewe. Ek is rou Afrikaans grootgemaak tot vyf; twee jaar te kort om my rou te hou. Toe trou my ma in 'n Engelse huis in en die kaalvoet kind leer 'n ander emosie. Kos word in die kombuis opgeskep sodat almal net een bord eet en nie “gluts” nie. Daai een het sy vinnig verander en kos is in opskepbakke tafel toe. So het dit gebly en so is dit nog vandag in my huis. 'n Groot tafel met ons opskepbakke en lang gesprekke. My pa het altyd gesê daar is 'n fyn lyn tussen reguit en onbeskof. Die lewe het my geleer beide snip en snob is onbeskof. Die opregte engelse kan knyp met die taal en in afrikaans kan dit maar grof onbeskof raak as iemand jou wil bykom. Hierdie tweetaligheid het totaal tot sy reg gekom toe ek en my Engelsman en twee engelse kinders na 'n plattelandse dorpie toe trek waar daar in Afrikaans gedink en gevoel word. Hulle het vinnig die ander taal aangeleer en dit was, maar met stampe en stote, dat my man die gevoel en die emosies aangeleer het. Hy is nou “Die Goeie Engelsman” wat nie meer met afkeer bejeen word nie en my kinders kan hul plek volstaan in beide kulture sonder om soos 'n seer toon uit te staan. Hulle kan sonder skroom afval eet en net so gemaklik Engelse tee uit fyn koppies drink. Daar was toe nie so min Engelse hier op die platteland nie, maar almal het in hul eie kraal gehou. Met in diepte kennis van beide kulture kan ek sien dat 'n “amperBoereoorlog” net 'n kultuurverskil, gemeng met die onverdraagsaamheid van mens, is. Tog, diep binne in elkeen is daar dieselfde emosie en verlange na vrede en gemoedelikheid. Die rykdom wat in elke stukkie geskiedenis van ons elkeen se lang verledes ingeweef is, word aanvaar en verdra. En daar is 'n rykdom wat baie meer kroon as kruis is! So is 'n plaasmark gebore op ons plaas waar Boer en Brit saam onder die akkerbome kom kuier. Elkeen praat sy taal en meng met mekaar op 'n stukkie aarde so na aan Niemandsland as moontlik. Vir eers was dit die bymekaarkomplek van die omgewing, nou het dit die uitvlugplek geword vir baie stadsjapies, waar mense die vrede en gemoedelikheid ervaar wat oor kultuurgrense heen strek. Mag ons elkeen leer om wydsbeen te staan oor kultuurgrense.


29

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


30


31

PHS Dirt Road vir die familie 20 Jaar Gelede - Januarie 1998

Aangesien ons nie 'n Januarie uitgawe het nie, gee ons Januarie 1998 se berigte: Voorblad: Nicolette Huysamen behaal 'n A-simbool in Matriek. Kollig op Pierre Steenkamp, die stigter van Die Piketberger in 1993. JP Lambrechts wen R10 000 in Boland Spar se "Simba Nik Naks Moneybags" kompetisie. Kinderkrans se projek vir 1998 is "Kos vir Kleuters" in Msinga en Makatini. SAP nuus: Kapt G Scholfield is as stasiekommissaris aangestel. Speurdersersant Basie Swarts ontvang 'n polisiediensmedalje na 10 jaar se getroue diens. Sersant Tollie van der Spuy verlaat die diens om verder te studeer aan die Elsenburg Landboukollege. Marlene Afrika ontvang die 1997 "Spanlid van die Jaar" toekenning. Advertensies: Spar verkoop Lean Beef Mince @ R15,98/kg. Piket Braaihuis bedien 300g Rump/Sirloin & Skyfies @ R29,95.

Water Krisis

Vlak 5 Waterbeperkings. Met onmiddellike effek mag slegs 87 liter water per persoon per dag gebruik word.


32

Nicole doen Arbeidsterapie Nicole Mouton is die arbeidsterapeut hier in die omgewing wat die dorpe Porterville, Piketberg en Moorreesburg op ’n weeklikse basis bedien. Nicole is ‘n gebore en getoë Paarliet in ‘n huishouding waar haar ouer broer gediagnoseer was met ADHD. Aangesien hy effens gesukkel het met leerwerk op skool, het sy gereeld saam met hom sy leerwerk deurgegaan. Hier het haar liefde vir arbeidsterapie ontwikkel. Vandag is haar broer ‘n sakeman met sy eie besigheid in

suksesvolle Stellenbosch. Sy verwerf haar arbeisterapie graad aan die Universiteit van Stellenbosch, Tygerbergkampus in 2014. In 2015 doen sy haar diensjaar op Clanwilliam en trou ook met ‘n boer van Porterville. As pasgetroude besluit sy op ‘n privaat praktyk en vandag kyk sy terug op twee goeie en vrugbare jare. In 2016 voltooi sy ‘n sertifikaat kursus in Spelterapie en in 2017 behaal sy ‘n kwalifikasie in baba massering. Die plan is om in 2018 met baba masseringsgroepe te begin. Tans is sy besig met verdere studies in sensoriese integrasie en beoog om in 2018 hierdie studies te voltooi en te begin met indivuduele sensoriese integrasie terapie. Vanaf Januarie 2018 sluit ‘n tweede arbeidsterapeut by die praktyk aan.

Die Kat met die nege lewens Philip (Phil) Harrison is die nuwe eienaar van Fat Catz Restaurant & Pub en Konferensiesentrum in Hoogstraat. Sedert Fat Catz se ontstaan ‘n paar jaar gelede, het sy deure al verskeie kere toegemaak, …….maar elke keer kom die kat weer, soos die spreekwoordelike kat van Jan Wilson. Hierdie kat wil nie Piketberg verlaat nie. Philip is 'n ou hand in die gasvryheidsbedryf en het grootliks sy ondervinding opgedoen by Game Lodges in Afrika lande, soos Zambië, Angola en Botswana, ook die Kruger Wildtuin en in Natal. In die kort rukkie sedert Fat Catz se deure weer geopen het, is Philip druk besig met die voorbereiding van kos en ook die bediening daarvan. Hy hou daarvan om sy hand op alles te hou en diens te lewer van voortreflike gehalte. Hy het reeds vooruit besprekings vir jaareindgeleenthede en verjaarsdae. Fat Catz sal elke dag oop wees, behalwe op Maandae. Elke ander dag, vanaf 11vm tot laat saans, en Sondae tot 3nm kan hongeres naderstaan vir smaaklike etes, van ligte etes tot iets vanaf die grill. Ontbyte is slegs op bespreking beskikbaar en Sondae se tradisionele kookkos elke einde van die maand ook. Op 'n Sondag sal jy steeds gehelp word vanaf die spyskaart, al het jy nie bespreek nie. Die konferensielokaal is geskik vir 50 persone, en tydens konferensies kan Philip ook die spyseniering doen. Kyk uit vir daaglikse spesiale aanbiedinge soos Steak op Woensdae, Schnitzels en Burgers op Vrydae en Lam en Spare ribs op Saterdae. Die laaste Sondag van elke maand kan jy tradisionele kos op bespreking geniet. Vir daardie jaareindfunksie wat nog in beplanning is, kontak Philip nou. Sien advertensie op p5 Foto: Marietha Goosen

Lidmate ontmoet Spokies nicole mouton arbeidsterapie Weeklikse arbeidsterapie dienste beskikbaar in Piketberg. Kontak gerus vir enige vrae.

Spokietannies en Jongmense wat Belydenis van Geloof afgelê het by die NGK Piketberg, ontmoet mekaar by ‘n spesiale Spokietee.


33

Karookop Primêr Presteerders

Graad 1 Top presteerders Camaureen Van Wyk, Jo-Marie Booys en Jaunika Bezuidenhout .

Graad 2 Top presteerders - Audrey Beukes en Jouen Pieters.

Datums vir die Piketberger 2018 FEBRUARIE se koerant verskyn op 1 Februarie Stuur berigte voor 23 Januarie MAART se koerant verskyn op 1 Maart Stuur berigte voor 20 Februarie APRIL se koerant verskyn op 29 Maart Stuur berigte voor 20 Maart MEI se koerant verskyn op 26 April Stuur berigte voor 17 April JUNIE se koerant verskyn op 31 Mei Stuur berigte voor 22 Mei JULIE se koerant verskyn op 21 Junie Stuur berigte voor 12 Junie AUGUSTUS se koerant verskyn op 26 Julie Stuur berigte voor 17 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 30 Augustus Stuur berigte voor 21 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 28 September

Stuur berigte voor 18 September

NOVEMBER se koerant verskyn op 1 November Stuur berigte voor 23 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 29 November Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com

Rugbyspan - agter Jerome Maarman, gr 6 en Conville Klase, gr 5. Voor Henrico Maarman, gr 2 en Elvin Karolus, gr 3.

Netbalspan - agter Jesmonique Matthews, gr 5 en Kaywanique Klase, gr 6. Voor Chesnay Matthews, gr 4 en Anuscha John, gr 3.

Foto’s verskaf deur Janine Klase

Leah, Kleuters se Engel Leah de Wee by Besige Bytjies, haar geliefde kleutertjies se Afsluitingskonsert. Leah het saam met haar jare by Trippe Trappe, al meer as 20 van hierdie konserte gehad en geniet dit steeds. Sy beplan om "af te tree", maar ons sal maar moet sien........ Foto: Marietha Goosen

Seisoenale Werkers Aansoeke word tans ingewag vir seisoenale werkers vir die komende vrugte pakseisoen vir 2018 Aansoekvorms kan by Piketko kantoor afgehaal word, geleë in die Industriële Area van Piketberg. Alle aansoeke moet afskrif van ID document Insluit. Aansoeke sluit Vrydag 15 Desember 2017.


34

Upcoming Magicians

The bustling town of Piketberg is now the proud hometown of nineteen of the brightest young magic stars who have graduated from the College of Magic’s Juggling and Cards Skills course at the awards ceremony, held at Steynville Primary School on Tuesday 19 September. The Juggling and Cards Skills Course, a six-week training programme, which ran from Tuesday 15 August to Tuesday 19 September, forms part of the College of Magic, Cape Town’s only magical arts organisation’s Hope in Flight rural community project, and is funded by the National Lotteries Commission (NLC). The thrilling and interactive six-week course has seen the eager-to-learn youngsters, who are all learners at Steynville Primary School successfully master basic card tricks and the hand to eye coordination necessary for juggling, under the magical tutelage of their course instructors Anele Dyasi and Olwethu Dyantyi. Dyantyi, a renowned South African magician and the face of world-famous beverage brand Coca Cola’s global re-

‘n Opregte “Dankie” aan Piketberggemeenskap vir u deurlopende ondersteuning. ‘n Geseënde Kerstyd en Voorspoed vir 2018 word u toegewens!! Ons nooi alle alte en soprane vir oudisies vanaf 15 Januarie 2018 Kontak: Alison Muller Tel 073 229 2855

launch campaign, is also the proud programme coordinator and is in awe of the new graduates: “It has been amazing to see how learning the art of magic has changed these students’ lives in such a short period of time. Their renewed sense of purpose and confidence are a great indication of how necessary the Hope in Flight programme is in rural communities and I hope to continue its success to other areas next year.” One student who is on a promising magical studies trajectory is 10-year-old Patricia Links. A studious young girl who impressed her course instructors with her willingness to be the first routine performer in class each week, Links is thrilled with her diploma: “I really enjoyed the challenge of learning a new magic effect and performing it for my classmates! I’m so keen to learn more about magic and visit the College of Magic in Cape Town someday”, says the thrilled learner. The College of Magic, now in its 37th year of teaching the magic theatrical performing arts and its allied arts (including juggling, puppetry, mime and clowning), with a social and life- skills component to children and adults, is a non-profit organisation, based in Cape Town, and the only one of its kind in the world. The Juggling and Card Skills course forms part of the College of Magic’s community training programme, the Hope in Flight project, funded with a grant of R500 000 from the National Lotteries Commission (NLC) which supports disadvantaged students. The ‘Hope in Flight’ community programme is an extension of the College’s successful Magic in the Community programme, which provides young people from poor communities with the opportunity to participate in an innovative performing arts training and development programme and promote a platform for the understanding and affirmation of South Africa’s cultural diversity. The College of Magic is thrilled with the programme’s success: “It’s been an exciting year for our organisation as we’ve rolled out the Juggling and Cards Skills course to learners across the Western Cape, with the generous support of the National Lotteries Commission. Seeing the remarkable difference learning the art of magic has made in these youngsters’ lives and giving them hope for a better future has inspired us to double our efforts in continuing the Hope for Flight rural community project in 2018” says David Gore, director of the College of Magic. The NLC relies on funds from the proceeds of the National Lottery. The Lotteries Act guides the way in which NLC funding may be allocated. The intention of NLC funding is to make a difference to the lives of all South Africans, especially those more vulnerable and to improve the sustainability of the beneficiary organisations. Available funds are distributed to registered and qualifying nonprofit organisations in the fields of charities; arts, culture and national heritage; and sport and recreation. By placing its emphasis on areas of greatest need and potential, the NLC contributes to South Africa’s development. Please visit the National Lotteries Commission website www.nlcsa.org.za to find out about the NLC mandate and other projects they fund. Dates for the 2018 Juggling and Cards Skills course will be announced soon. For more information about the College of Magic and its social outreach initiatives, please visit www.collegeofmagic.com. Article and photo: Fazielah Williams on behalf of the College of Magic. Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag.


35

Cecil se laaste groep

Cecil van Wyk, agter, tree einde 2017 af nadat hy in 1986 by PHS begin skoolhou het. Hy is as Houtwerk onderwyser aangestel en nadat die vak 'n paar jaar gelede uitfaseer is, het hy Siviele Tegnologie onderrig, en vir die afgelope drie jaar Ingenieursgrafika en Ontwerp. Cecil het ook vir baie jare Besigheidstudies onderrig. Hier is hy, Cecil Sweis van Wyk, by sy laaste groep IGO-leerders, voordat hulle die eksamenlokaal betree het: Agter is Vinnige Frans Bestbier, Johan Tamatie Visser, Jac Buurman Goosen, Pierre Appel Mouton, Nicki Janse van Rensburg van der Westhuizen, Wilhelm Vlekkie van der Merwe en Alex Savea Ratilainen. Die drie in die middel is Delwayne Die Hond Jansen, Chris Armpie Rheeder en Annetia Kakamas Calitz. Voor is Jacques Tweeling Mouton, Frikkie Vurkie Carstens, Chris Lausberg Die Model, Briettone Tupper Turner en Nicol Vissie Visser. Foto: Marietha Goosen

PHS Matrieks kry Akademiese Erekleure

Erekleure Silwer aan Barend Smit en CharnĂŠ Alberts en Erekleure Blou aan Anicia van Rooyen en Hanneke Pieters.

Te Koop Erekleure Goud aan Jac Goosen, Glenda Dietrich, Johan Visser en Harry Roux. Foto's: Marietha Goosen

Flesse Benodig Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R230/kg KoedoedroĂŤwors @ R210/kg Koedoebiltong @ R250/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Die ACVV-kantoor benodig enige ongebruikte glasflesse (bv. mayonnaise) met skroefdeksels vir inmaak van produkte. Flesse kan afgegee word by die ACVV-kantoor, Tillalaan, Piketberg

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


36

Mílah Supersport Let's Play Streekwenner vir 2017

Jade verteenwoordig SA in Ritmiese Gimnastiek

Die Swartland Gazette, in samewerking met Suid-Afrika se voorste sport-uitsaaier, Supersport, bied elke jaar die Let’s Play-kompetisie aan. Dit is 'n inisiatief om leerders wat aan sport deelneem, hetsy dit skole- of 'n privaat sport is, erkenning te gee vir hul deelname, deursettingsvermoë en prestasies. Gedurende die "gala"-aand op 8 November was Supersport met hul televisiekameras daar en 'n opname is gemaak en die volle program sal op 'n latere stadium uitgesaai word. Die aand was 'n groot sukses met motiveringstoesprake deur die internasionaal bekroonde krieketskeidsregter, Marais Erasmus en Jeremy Fredericks ook bekend as "Rhino" en Supersport aanbieder. 'n Heerlike ete by die Halfway House Restaurant en Pub by Malmesbury Gholfklub, het gevolg. Mílah Baard is vroeër vanjaar aangewys as die Mílah ontvang die wisseltrofee en pryse van Augustusmaand wenner. Stefan Kolver, die Groot was die verrassing vir uitgewer van Swartland haar toe hulle haar naam aankondig as die Supersport Gazette en Arita Agenbag, kantoorbestuurder Let's Play Streekwenner vir van die Swartland 2017. Sy het pryse ter Gazette. waarde van R2500, 'n geskenkpak en die Supersport Let's Play/Swartland Gazette Wisseltrofee ontvang. Jeremy Fredericks het na afloop van die verrigtinge 'n onderhoud met dié gimnas gevoer. Mílah is sedert 2012 by REACH Ritmiese Gimnastiekklub en het verskeie prestasies behaal asook vier keer Nasionale Kampioen. Mílah, ’n PHS-leerder, wil graag haar afrigter Tina van Lill, ouers, ouma en oupa, vriende en getroue ondersteuners bedank vir hul ondersteuning.

Jade Wilson, REACH Ritmiese Gimnas is 'n geselekteerde gimnas in die gespesifiseerde ouderdomsgroepe, om haar land te verteenwoordig by die AUSC Zone 5 kompetisie, vir Ritmiese Gimnastiek vanaf 5 - 10 Desember te Walvisbaai, Namibië. Jade is sedert 2010 by die REACH Ritmiese Gimnastiek Klub onder afrigting van Tina van Lill. Jade het sedertdien uitstekende prestasies behaal by Wes-Kaap en SA Nasionale Kampioenskappe. Op WesKaap vlak het sy level 4 - 2de plek en level 5, 6 en 7 was sy agtereenvolgend Wes-Kaap Kampioen. Op Nasionale vlak het sy Level 4 - 3de, Level 5 - 2de, Level 6 4de, Level 7 - 2de plekke behaal. Vanjaar, op Level 8 het sy by die SA Nasionale kampioenskappe algeheel 4de plek behaal. Sy het nie net individueel deelgeneem nie en in 2014 en 2015 het sy saam met haar groep gekompeteer teen ander groepe en agtereenvolgend die Wes-Kaap en Nasionale Kampioene titel behou. Jade is 'n gedissiplineerde gimnas, sy het besonderse uithou- en deursettingsvermoë, en bo dit als geniet sy elke oomblik en uitdaging wat na haar kant toe kom. Haar afrigter Tina van Lill, ouers, mede-gimnaste en getroue ondersteuners is trots op haar en wens haar geluk en wens Jade alle voorspoed en sukses met die kompetisie toe. Foto en berig verskaf.

Mílah Baard met Marais Erasmus, internasionaal bekroonde krieketskeidsregter en Jeremy Fredericks, ook bekend as “Rhino”, Supersport-aanbieder. Foto’s verskaf

Kix hou 50c aand

Een van die hoogtepunte van die Kix-jaar is die 50c aand met speletjies, party so oud soos die mensdom. Bo links probeer ‘n paar vissermanne en –vroue soveel moontlik koeldranke vang in ‘n minuut se tyd. Bo regs hou Jansie Truter tyd terwyl Adriaan Basson sy bouvernuf toets met Planx. JW Visser wag sy beurt af. Foto’s: Marietha Goosen


37


38


39


40

Die Piketberger Des 2017  
Die Piketberger Des 2017  
Advertisement