Die Piketberger Des 2016

Page 10

10

Benodig spraypainter Minstens 3 jaar ondervinding. Sluitingsdatum: 12 Desember 2016 Epos: miena@piket.co.za Tel: 022-9132435

VOERTUIE GESOEK!

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... By die Munisipaliteit is ons besig met ons strategiese beplanning vir die toekoms van Bergrivier. Ons fokus op ‘n 5 jaar tydperk vir ons Geintegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en ‘n 20 jaar tydperk vir ons infrastruktuur meestersplanne. Baie dankie aan elke leier en bestuurder in die Munisipaliteit vir al julle goeie insette en beplanning. Tussen die Hanlie Linde Raad en top drie vlakke van ons Munisipaliteit se bestuur het ons 356 jaar se ondervinding in Plaaslike Regering (gemiddeld 18 jaar per persoon). Dit is iets wat baie min Munisipaliteite kan sê en daarvoor is ons oneindig dankbaar en trots. Dankie ook vir elke lid van die publiek wat gedurende Oktober 2016 by een of meer van 16 publieke vergaderings reg oor ons gebied teenwoordig was. Dankie vir julle waardevolle insette. Ons het gehoor en ons doen ons bes om al hierdie insette te gebruik in ons strategiese beplanning en begrotingsproses wat volg om volhoubare ontwikkeling vir ons hele gebied te verseker. Bergrivier Munisipaliteit wil regtig die menswaardigheid van alle gemeenskappe verbeter deur spesifiek te fokus op armoede-verligting, ekonomiese ontwikkeling aanmoedig en volhoubare bekostigbare dienslewering. Ons word getaak deur die Grondwet van Suid-Afrika om “developmental local government” te wees wat fokus daarop om al ons gebiede meer voortuitstrewend te maak en ‘n gebied te skep waar alle mense graag wil leef, leer, werk en speel. Ek en ons Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Evert Manuel, wil graag elke leser van Die Piketberger ‘n geseënde Kerstyd toewens. Rus lekker en geniet elke oomblik saam met u familie en vriende. Indien u gaan reis, kom asseblief veilig terug. U en u familie is vir ons kosbaar!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

CANSA Relay For Life Porterville 24 en 25 Februarie 2017


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.