Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 11 www.piketberg.com Desember 2016

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Ons Bib se Drie

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se Troufoto’s...pp4,5 Nadia by AVBOB...p9 Belydenis van Geloof...p11 Japie Olivier...p12 Besige Bytjies...p14 Leeskring Afsluiting...p16 Silver Threads...p18 Radie Kotze Hospitaal...p19 Piketberg Kliniek...pp20,21 SSS Top Studente...p30 Steynville Primêr Prysuitdeling...p33 Fietsry...pp34,35 Trippe Trappe Konsert...p37 PIKETBERG

ONE STOP MOTORPARTSHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Piketberg Openbare Biblioteek is midde-in die dorp se vreugde oor die eerste drieling ná meer as 'n halfeeu. Die drieling, wat op 17 Oktober gebore is, gaan hopelik kranige lesers word. Links op die foto is die hoof van die Biblioteek, Gerna Croeser, agter is hulle ouma, Betta Swarts, Biblioteek Assistent, en regs is hulle ma, Crazentia Strauss, Boekpakker/Skoonmaker. Tussen die rakke is nie die enigste plek waar Crazentia is nie. Biblioteek gebruikers het haar ook leer ken as 'n vriendelike en behulpsame persoon agter die toonbank. Die drie, na wie almal saam uitgesien het, is Zaylee, Zailor en Tyresse. Die Piketberger het saam met die Kuiertydskrif besoek afgelê. Kuier het voor die geboorte 'n artikel gepubliseer en het die opvolg artikel kom doen. Sien meer foto’s op p6. Foto: Marietha Goosen

℡ 022 913 1939  022 913 2404 www.piketberginfo.co.za


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

Oop- en toesluit

Winnie Grobbelaar, Huis AJLiebenberg skryf... Baie dankie aan almal wat my 94ste verjaarsdag só spesiaal gemaak het. 'n Gebed deur William Bratley oor oud word was en is nog altyd waarna ek streef. 1. Here, gee dat ek nie in die dae wat voorlê in ledigheid sal versleg nie. 2. Om my belangstelling in die wêreld om my te behou. 3. Steeds ander tot diens te wees. 4. Altyd iets te vind om te doen. 5. Bereid te wees om te leer en aan die einde gelukkig te wees.

Dis 'n besige tyd van die jaar met afskeide en afsluitings. Dwarsdeur die jaar volg mense getrou, maand vir maand, week na week, dag vir dag, 'n skedule. Hulle jaag doelwitte na, werk vir funksies, maak geld bymekaar, kom afsprake stiptelik na, werk aan take, is kreatief, berei voor, skryf notules, bly binne begrotings, nooi sprekers, waag oor grense, skep geleenthede, bak en brou, bou herinneringe, vorm mekaar, beinvloed ander, word beïnvloed, leer lesse, groei, lê afstande af, maak kontak, organiseer, gee raad, werk saam, smeer brood, maak tee, doen blomme, dek tafels, vier mylpale, gaan op uitstappies, hou konsert, evalueer, neem foto's, dink, doen, bid.....Ons lees in elke Piketberger van hierdie mense, ons eie mense, ja jy is een van hulle - mense betrokke by Tuinbou, VLV, ACVV, Vrouediens, Leeskring, Bybelstudiegroepe, Kerke, Skole, Besighede, Kix, Badisa, Rus 'n Bietjie, Silver Threads, Veterane, die Museum, Biblioteek en Koor, entrepreneurs, gesoute sakemanne, eienaars, werknemers, ondersteuners. En elkeen, waarby ookal betrokke, sluit af op een of ander manier: drink tee, rangskik, braai vleis, lees gedigte, hou mark, speel fluit, luister 'n praatjie, eet uit, sing, hou spit, vlieg, ry uit, sorteer, maak skoon, verf, wys foto's, lag en geniet. Sielkundig 'n goeie ding om te breek, asem te haal, afstand te kry, te halt........dan kan ons weer begin! Vir die eerste keer in die koerant se bestaan van 23 jaar, het ons so baie nuus oor die Gesondheidsdienste op Piketberg. Ons kry 'n kykie in die hospitaal, die kliniek en tuisversorging. Baie dankie aan elkeen wat elke dag hulleself op dié manier gee vir hulle medemens. Nie almal is versorgers nie, nie almal kan gesondmaak nie, nie almal kan hulp verleen nie.........maar ons almal kan 'n verskil in iemand anders se lewe maak. Ek is geraak deur elkeen wat in hierdie koerant verskyn. Dankie! Die Piketberger neem ook 'n blaaskans en dis tyd vir nabetragting. Dankie vir elkeen wat meewerk tot hierdie fantastiese produk. Terwyl julle goed doen aan ander, presteer, uitdeel, help, trou en dinge reël, het ons iets om te vertel. Maak solank nuus bymekaar vir ons Februarie uitgawe wat middel Januarie sluit.....daar gaan ons alweer......besig om die nuwejaar oop te sluit....

Liefde Marietha Redaksie

'n Leser skryf… Op 'n onlangse besoek in die Kaap, hoor ek 'n mooi kompliment vir Die Piketberger en Piketberg. 'n Engelssprekende persoon, wat niemand op Piketberg ken nie, het toevallig 'n Piketberger sien lê by mense en dit van voor tot agter deurgelees - advertensies inkluis, en dit terdeë geniet. Sy kommentaar: "Piketberg moet 'n lekker dorp wees om so 'n interessante en 'snazzy' koerantjie uit te gee". Ek beaam dit deur te sê: "Doen so voort!" Die Bestuur en Personeel van die Piketberg Fisheries (Rooiwinkel) skryf… Baie dankie aan die SAP en die twee sekuriteitsmaatskappye, MMS en Cape Town City Security, vir hulle flinke reaksie en optrede tydens 'n onlangse inbraak. Vier misdadigers is op die toneel gearresteer. Tina van Zyl, kinders, kleinkinders en familie skryf… Om in hierdie tyd 'n Piketberger te wees, is 'n genade. Dankie vir elkeen wat ons op een of ander wyse in liefde toegevou het sedert ons Ferdie moes groet. Om te sê dat ons dit waardeer, sê te min.

Scheppie Saus Braaidag Bedankings Scheppie Saus se braaidag het baie goed afgeloop. Daar was toe geen bergfietse nie. Die perderit het mooi geloop. Die potjiekompetisie was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan A to Z Suppliers; Dr Pieter Bruwer en Boland Superspar wat pryse geborg het. Ook baie dankie aan almal wat gedeel het in die dag en met voorbereidings gehelp het.

(diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

Te Koop 10 Sitplek familietafel (100jaar+) met bybellaai Swarthout PRYS : R15 000.00 Vir besigtiging en meer besonderhede kontak Marina Lambrechts 072 692 8213

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Redaksioneel geborg deur

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag.

Dr. Herold Truter

Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

022 913 1630 / 022 913


3


4

Liefde tot in Namibië

Gerhard Scholtz en Stephanie Swiegers is op Saterdag 15 Oktober in die Duitse Lutherse Kerk in Windhoek getroud. Stephanie is van Windhoek en die paartjie gaan hul daar vestig. Foto: Christine Minders

KFC nou in Piketberg

Lang Skoolkys Trou

Jurie Brand en Cecile Coetzee is op 15 Oktober te Groenrivier Function Centre te Riebeek-Wes getrou. Jurie is die seun van Jurgens en Susan Brand en Cecile is die dogter van Ockie en Christine Coetzee. Foto: Edó Photography

Piketberg Voetslaanpad

Groot vreugde toe Restaurant General Manager, Liesel Nthane, die lint knip om die 999ste KFC in die land te open op Piketberg. Links is PC Bell, Area Bestuurder en regs Gerhard Jovner, Operasionele Bestuurder. KFC se besigheidsure is Sondae - Donderdae 06:30 - 21:00 Vrydae en Saterdae 06:30 - 22:00 Foto verskaf

Piketberg Toerisme skryf... Dit is met groot teleurstelling dat ons aankondig dat die projek om ‘n Piketberg voetslaanroete na Aasvoëlkop te vestig, gestaak is en dat die publiek asseblief moet kennis neem van die volgende belangrike inligting. Die wandelpad wat by die reservoir begin en alreeds vir jare deur talle gestap en gedraf word, is slegs toeganklik tot en met die ruïnes/drupkrans. Die res van die informele voetpaadjie is op privaat eiendom geleë en mag nie deur ongemagtigde persone betree word nie. Piketberg Toerisme was verplig om die projek op te skort toe daar nie ‘n ooreenkoms, oor die gebruik van die pad, met die grondeienaar bereik kon word nie. Piketberg Toerisme ondersoek tans ander alternatiewe om die behoefte na wandelroetes aan te spreek en sal die publiek op hoogte hou van enige nuwe ontwikkelings.

Betrekking Aangebied Huishulp benodig. Kook, geen was en stryk. Ure 8h00 – 15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


5

Pas Getroude Piketbergers

Daniël Diedericks en Mélandri Stiemie is op 22 Oktober in die huwelik bevestig by Ukholo Lodge Citrusdal. Foto: Elani Coetzee

Langstraat, Piketberg 084 205 7900 Wens alle kliënte ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Kom soek gerus ‘n praktiese geskenk by ons stalletjie. Kersgroete Ansie, Jacoba, Hennie en Pietie Vars gebakte jaffels en pannekoek. Konfyte en gebottelde produkte. Verskeidenheid beskuit. Skakel en Plaas u Bestelling. U vra, ek voorsien.

Victor Hunt en Joa Rossouw is op 5 November in die NG Kerk op Piketberg getroud. Die onthaal was by die De Hoek Ontspanningsaal. Foto verskaf

Geseënde Kersfees. Dankie vir almal se lojale ondersteuning.

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6

Drie Strausse nou Ses (vervolg van p1)

Die Strauss-gesin het oornag van drie na ses vermeerder. Dis net 'n bonus as die familie se ondersteuningsnetwerk stewig is. Saam met die drieling is almal wat vir hulle versorg en troetel: Pa Martin Strauss, sy ma Elizabeth Mouton, sus Mishaan, ma Crazentia Strauss en haar ma Betta Swarts.

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Januarie 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Januarie 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

'n Groot dankie aan Christo en Linda van Schalkwyk van Oregon & More en Stik en Stoffeer, vir die maak en skenk van die drie bababedjies. Elkeen is ook met 'n matrassie toegerus. Op die oomblik is al drie nog tuis in een bedjie. Die gesin waardeer hierdie gebaar opreg, en bedank ook elkeen wat belang stel, boodskappe stuur en handige toebehore skenk. Piketberg is en bly 'n wonderlike dorp om in te woon. Foto's: Marietha Goosen

Khoisan Tea Inligtingsfunksie

Op 23 November het Khoisan Tea hul produsente inligtings geleentheid en -funksie, by Koningskop te Citrusdal gehou. Peter Schulke, bemarker en uitvoerder van Khoisan Tea Import & Export, het alle verskaffers, uitstallers en sprekers hartlik verwelkom. Daar is ook geleentheid gebied aan produsente om vrae aan hom te stel ten opsigte van die Rooibostee bedryf. Dr Tobias Gress het opgetree as verteenwoordiger van Khoisan Tea Import & Export. Maristha Slabbert, aankoopbeampte en Martin Slabbert, produksiebestuurder, was in gesprek waar wedersydse inligting verskaf is. Die sprekers, wat die aand vervolmaak het, was Gideon de Beer: Saailinge; Niel Kruger: InteliGro; Marietjie Smit: Nasionale Rooibostee dag en Gilbert Theron: Afgri. Pieter Slabbert, besturende direkteur van Khoisan Tea cc en Amos Slabbert verteenwoordiger van die verwerkersaanleg, het ook die aand meegemaak. Die aand is afgesluit met bedankings waarna almal `n heerlike ete geniet het. Khoisan Tea is baie opgewonde oor die toekoms van rooibostee en wil net weereens dankie sĂŞ vir al hul getroue produsente wat die pad saam met hul stap en help om elke jaar nuwe hoogtes te bereik. Berig en foto: Maristha Slabbert


7

Suide Toe Morné van Heerden beklee sedert 14 November die pos as Bestuurder van die Agrimark op Bredasdorp. Hy was van 1 Oktober 2014 tot 12 November 2016 Assistent Bestuurder by die Agrimark op Piketberg. Foto verskaf

Hiermee stel ons

Leonie Boshoff bekend,

ons Agent vir die dorp. Kontak haar asseblief vir al u eiendomsbehoeftes Verkoop van huise, erwe, besighede en verhurings van alle eiendomme Ons waarborg u “Toegewyde persoonlike diens” Sel. 076 161 0623 ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar u toegewens. Thys Basson en Personeel Kantoor: 022-913 3231 083 448 1802 thys@proterra.co.za


8


9

Nadia AVBOB verteenwoordiger op Piketberg Nadia Hattingh het middel September by AVBOB op Piketberg begin en is vanaf 1 Oktober amptelik die verteenwoordiger van AVBOB op Piketberg. Sedert sy op 12-jarige ouderdom haar ouma Anna van den Berg se liggaam gaan besigtig het, weet sy wat sy in die lewe wil doen. Sy het volgehou met haar droom en vanaf 16-jarige ouderdom begin om gedurede naweke en vakansies by die AVBOB-tak op Vredenburg, haar tuisdorp, te help. Na matriek aan die Hoërskool Vredenburg, het sy vir 6 maande administratiewe werk gedoen by die provinsiale hospitaal op Vredenburg, waar sy die Matrone se sekretaresse was. Van toe af het sy haar klerkskap by AVBOB gedoen totdat sy op 1 September 2015 Assistent Verteenwoordiger geword het. Voordat die pos op Piketberg vakant geraak het, was sy vir drie weke op Worcester, waar sy afgelos het. Hierdie 5 jaar van in diens opleiding was vir haar 'n kosbare tyd en het sy baie respek vir almal in die bedryf wat haar bygestaan en geleer het. Ook haar ouers bied vir haar 'n ontsettende groot bron van ondersteuning. Daar lê harde werk vir Nadia voor, maar dit beskou sy as 'n uitdaging, aangesien harde werk die enigste opsie is. Sy reken dat sy en die vier personeellede by AVBOB op Piketberg 'n gedugte span vorm. Nadia vind die mense op Piketberg besonders vriendelik en hartlik. Sy nooi enigeen uit om haar te gaan ontmoet by die AVBOB kantoor h/v Lang- en Kerkstraat. Foto: Marietha Goosen

Op 25 Oktober het Huis AJ Liebenberg se inwoners in rolstoele gaan kuier by Ilse Bruwer waar hulle bederf is met koek en tee. Baie dankie vir die heerlike uitstappie en bederf en ook aan die vrywilligers wat ons inwoners gestoot het hulle het dit vreeslik geniet. Foto’s: Marie de Villiers

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

RIP Jayden Jayden was ’n liewe kind. Gehoorsaam, hardwerkend en op sy plek, of soos sy klasmaatjies hom beskryf het: soet, slim en mooi. Hy laat ’n groot leemte tussen sy maatjies, in die klaskamer en definitief by die huis. Want, waar daar eers ’n glimlaggende gesiggie was, ’n maatjie om mee te speel en ’n handjie wat gretig in die lug opskiet om ’n antwoord te gee, is daar nou ’n leë stoeltjie en slegs herinneringe om aan vas te hou. Dag na dag word die realiteit al hoe meer ’n werklikheid, maar ons harte vind berusting met die wete dat hy nou op ’n beter plek is, by Jesus.

AJL rol in Vd Stelstraat

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Jayden Booys, ’n sewejarige leerder van Steynville Primêr het Saterdag 29 Oktober gesterf as voetganger in ’n motorongeluk. Berig en foto: Mariska Wolfaardt

Ons wens al ons kliënte 'n Geseënde Kersfees toe. Dankie vir elkeen se getroue ondersteuning in 2016.


10

Benodig spraypainter Minstens 3 jaar ondervinding. Sluitingsdatum: 12 Desember 2016 Epos: miena@piket.co.za Tel: 022-9132435

VOERTUIE GESOEK!

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... By die Munisipaliteit is ons besig met ons strategiese beplanning vir die toekoms van Bergrivier. Ons fokus op ‘n 5 jaar tydperk vir ons Geintegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en ‘n 20 jaar tydperk vir ons infrastruktuur meestersplanne. Baie dankie aan elke leier en bestuurder in die Munisipaliteit vir al julle goeie insette en beplanning. Tussen die Hanlie Linde Raad en top drie vlakke van ons Munisipaliteit se bestuur het ons 356 jaar se ondervinding in Plaaslike Regering (gemiddeld 18 jaar per persoon). Dit is iets wat baie min Munisipaliteite kan sê en daarvoor is ons oneindig dankbaar en trots. Dankie ook vir elke lid van die publiek wat gedurende Oktober 2016 by een of meer van 16 publieke vergaderings reg oor ons gebied teenwoordig was. Dankie vir julle waardevolle insette. Ons het gehoor en ons doen ons bes om al hierdie insette te gebruik in ons strategiese beplanning en begrotingsproses wat volg om volhoubare ontwikkeling vir ons hele gebied te verseker. Bergrivier Munisipaliteit wil regtig die menswaardigheid van alle gemeenskappe verbeter deur spesifiek te fokus op armoede-verligting, ekonomiese ontwikkeling aanmoedig en volhoubare bekostigbare dienslewering. Ons word getaak deur die Grondwet van Suid-Afrika om “developmental local government” te wees wat fokus daarop om al ons gebiede meer voortuitstrewend te maak en ‘n gebied te skep waar alle mense graag wil leef, leer, werk en speel. Ek en ons Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Evert Manuel, wil graag elke leser van Die Piketberger ‘n geseënde Kerstyd toewens. Rus lekker en geniet elke oomblik saam met u familie en vriende. Indien u gaan reis, kom asseblief veilig terug. U en u familie is vir ons kosbaar!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

CANSA Relay For Life Porterville 24 en 25 Februarie 2017


11

Belydenis van Geloof

Op Sondag 20 November het 20 jongmense by die NG Kerk Citrusdal Belydenis van Geloof afgelê. 'n Paar Piketbergers het hulle vier PHS-vriende, Charné, Elske, Hanneke en Suné gaan ondersteun. Op die foto is Nicola Coetzee, Anicia van Rooyen, Charné Albertyn, Jac Goosen, Elske Pieters, Hanneke Pieters, Suné Smit en Christof Smith. Foto: Marietha Goosen Op 30 Oktober het Madelein Brand, Zelmari Mostert en Daniël Brand Belydenis van Geloof afgelê by NG Kerk Aurora, ‘n pragtige spesiale geleentheid.

Groete uit Nederland Hallo Piketbergers Dit raak nou winter hier - dis snaaks om te dink dit is reeds warm by julle. Ek en my vriendin het 22 Oktober 'n Au Pair geleentheid in Gouda bygewoon waar ons die kans gekry het om ons eie stroopwafel te maak. Ons het ook die kaasmuseum besoek wat baie interessant was, veral om die verskillende kase te proe. Gouda is omtrent 'n mooi stad om te verken, veral gedurende die herfstyd. 'n Tradisie van die Nederlanders is dat Sinterklaas en sy helpers op 'n boot vanaf Spanje vir die kinders 'n 'kadootje' (geskenk) bring om in hul skoen te sit. Die 11de het die oudste meisie vir elkeen in die huis hul skoen gevra, sodat sy dit kan regsit vir Sinterklaas. Ek het die mooie Delft op 'n koue Saterdag besoek. Soms moet jy net die selfoon en kaart wegsit en op jou eie gaan verken. Ek het die mooiste straatjies en geboue gesien maar ook al die hoogtepunte van Delft soos die 'Ouwe'- en 'Nieuwe' Kerk, Prinsenhof Museum, Stadhuis van Delft en natuurlik die mooi blou- en wit porseleinware. Johannes Vermeer, die bekende kunstenaar is in Delft gebore en by elke winkel was daar 'n skildery of informasie oor die kunstenaar. Ek het weer verskillende kase probeer en die Laventel Bokkaas was beslis nie 'n goeie ervaring vir my nie. Hierdie is my laaste artikel vir 2016. Ek het dit vreeslik baie geniet om al my ervarings met julle te deel en ek hoop julle het dit geniet om saam met my op reis te gaan. Geseënde Kersfees vir almal en 'n Gelukkige Nuwejaar. Mag dit 'n liefdevolle en veilige feestyd wees. Tot weersiens Piketbergers.

Foto: Marinda Mostert

Gouda. Foto verskaf

Te Huur TE HUUR: BESIGHEIDSPERSEEL / KANTOORSPASIE Ou Nederberg Hotel - heerlike ruim spasie (3 vertrekke) met privaat ingang en eie badkamer. Wilhelm van der Merwe, Sulize van Zyl, Lize Brand en Daniélle Coetzee het Sondag 6 November hul Belydenis van Geloof afgelê by die NG Kerk Redelinghuys. Foto: Wynand Coetzee

Kontak asseblief vir Annerie by 022 913 1465 om die perseel te besigtig.


12

Laaste oes vir Japie na 41 jaar Om met 'n glimlag en 'n goeie gemoed 15km werk toe af te lê, daar waar dit voel of dit jou eie klein plasie is, is wat Japie Olivier die afgelope 27 jaar gedoen het. Om soggens by Pools deur die indrukwekkende silo's begroet te word, is wat Japie gelukkig maak. Hier hou hy 'n paar skape aan, bestuur die koringprodusente se kosbare koring, hou die geboue in stand, hou noukeurig boek van reënvalsyfers, doen plaagbeheer en gee om vir die wel en wee van die boere. Kom oestyd, is dit saam lag en saam huil. Sonder huiwering, is die jare wat uitstaan, die voorspoedigheid en oorvloedigheid van 1996 se 41 780 ton koring, toe hy moes bontstaan om plek te kry vir al die koring aangesien Pools slegs kapasiteit vir 27 500 koring het......en die droogte van 2003 en 2004 met 3 934 ton en 1 631 ton koring...... Japie se loopbaan het op Graafwater begin, waar hy op die plaas, Uitkoms, grootgeword het en in 1976, na skool, as 'n toonbankklerk by die koöperasie begin werk het. In 1977 doen hy 'n graderingskursus by Elsenburg en begin hy koring ontvang in sakke. Met sy Lambertsbaai-gebore vrou, Johanna, 4-jarige Marianna en baba Louise, verhuis die Oliviers na Piketberg. Op 31 Oktober was Japie se laaste amptelike dag, net soos enige ander voor dit, tog met heimwee en stille tevredenheid. Sy pos is tydelik verleng tot einde Desember - dan sal 41 diensjare agter sy naam staan. Vir Japie is dit met groot gemoedsrus en 'n dankbare hart, dat hy sy werk, wat hy oor 27 jaar by Pools opgebou het, kan oorgee aan iemand met dieselfde soort hart, dieselfde uitkyk op die lewe, dieselfde passie en entoesiasme as hy - vir sy opvolger, Bertie Pretorius, voel dit asof hy oorvat by sy pa en vir Japie voel dit asof hy oorgee aan sy seun. Berig en foto’s: Marietha Goosen

Johanna en Japie Olivier

Saam met Japie is sy opvolger, Bertie Pretorius.

Better life is for everyone Dr Mohammad • • • • • • • • • • • •

Remove bad luck Stop drugs/alcohol use Relationship, marriage and pregnancy problems Financial problems Luck to win lotto / lotto numbers “See” enemies that offend you Attract love Help men with problems Serious illnesses Change lifestyles Help with unfinished jobs from other doctors Help doctors that need more powers

Japie by die kontrolebord waar die silo's se sluise oop- en toegemaak word.

Mohammad 078 859 2264

Michelle ken haar Omgewing

Now in Piketberg Town Centre

Michelle Langenhoven (oudleerder PHS) het ‘n Toerisme kursus voltooi by Boland Kollege op Stellenbosch. Foto verskaf


13


14

Besige Bytjies 20 Jaar Gelede - Desember 1996 Voorblad: Die Olivier Pastoriegesin verlaat Piketberg en verhuis na Kaapstad. PHS se skoolhoof, Pierre Steenkamp, neem pakket. Mariëtta van den Worm is in sy plek aangestel. Ander personeellede wat met die rasionalisasieproses PHS verlaat, is Roline Kotzé, na 23 jaar as sekretaresse, Le Roux en Sandra van Wyk, Christa van Rooyen, Retha Olivier, Johanna Conradie, Adelé Cruywagen, Alison Müller, Hanlie Lucas, Henriëtte Loots, Christelma Hougaard, Spyker Chambers, Deon van Dyk, Adjunkhoof, en Hannes Lambrechts, Departementshoof. Hebsibah Richter, Piketberg se ACVV-takvoorsitter, word ook gekies as Vise-Voorsitter van die Weskus ACVV Forum en ook as een van die vier addisionele lede van die Provinsiale ACVV Forum. NG Kerk nuus: Serviteurskraalwyk maak 360kg wors en maak daarmee R1 600 vir die kerk. Die Vrouediens skenk koekies en verpak dit vir Kersfees vir alle lidmate bo 70. Mario Nell van Stellenbosch lewer 'n orreluitvoering. Steynville Primêre Skoolnuus: Adonis Booyse, tree na 31 jaar in die onderwys, uit as skoolhoof. Maxine Wyngaard en Helga Esau ontvang elk twee sertifikate van UNISA - vir teorie en praktiese klavier. Malcolm Jagers is aangewys as die algehele presteerder in st. 5 en Mariana Markus is die Duxleerling.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Danksy die volgehoue ondersteuning van wonderlike ouers, is Besige Bytjies, van vyf kinders, ‘n juffrou en ‘n assistent in Januarie vanjaar, opgebou tot ‘n skool van 22 kinders, ‘n juffrou, ‘n assistent en ‘n skoonmaker. Op 26 November om 10vm in die biblioteeksaal, was elke baba en kleuter te sien in die konsert en op 3 Desember word die jaar op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n dans. Die inskrywings vir 2017 staan reeds op 20, dus wag daar ‘n opwindende jaar op elkeen. Mirina Liebenberg bedank elke ouer, al die besighede, haar naastes en die publiek wat skenkings van speelgoed of afvalmateriaal vir kunsprojekte gegee het. ‘n Groot dank aan my wonderlike assistent en skoonmaker vir hul jaar se bydrae. Alle eer aan ons Hemelse Vader. Sonder Hom sou ons verseker nie die jaar kon maak nie. Sien uit na net nog ‘n jaar saam met Hom. Kom loer gerus in - ons deure staan oop… Baie dankie aan Carlo Visser van Piketberg Engineering vir die maak en borg van die bord.

WCCF Help West Coast Community Foundation (WCCF) saam met Jorien Snyders, familie en vriende van Eendekuil, onderteken hul eerste Gemeenskaps Fonds kontrak. Die doel van hierdie fonds is om Jorien se droom te verwesenlik vir 'n operasie wat die gebruik van haar bene terug sal bring. Hierdie fonds is 'n droom wat waar geword het, nie net vir haar nie, maar ook om ander rolstoel gebonde mense in haar gemeenskap te help. WCCF personeel is opgewonde oor Jorien en het hul volle samewerking belowe op haar pad vorentoe.

Stuur gradefoto’s na diepiketberger@gmail.com


15

Merke......Gereed......Weg! Na vier maande se stilsit en frustrasie, is Deon Adriaanse weer mobiel en reg vir aksie. Sy elektriese rolstoel, waarmee hy al etlike jare onafhanklik beweeg, spog met 'n splinternuwe battery, danksy skenkings van mense wat omgee. Die Piketberger het hom net betyds gekry voor hy oppad dorp toe is. Deon hou daarvan om sy persoonlike inkopies self te doen en in die proses 'n geselsie hier en daar aan te knoop. Die familie Deon Adriaanse, gereed vir die bedank Boland dorp, in sy elektries aangedrewe Superspar, Huis rolstoel. AJ Liebenberg, Julana Bindeman, Little Village Kwekery, Piketberg Apteek en verskeie anonieme persone vir hulle finansiële bydraes. Foto: Marietha Goosen

PHS se Kanon (interessante inligting) Besonderhede van die kanon by die skool verstrek deur voorsitter van vereniging wat navorsing oor die kanonne gedoen het, Mnr Jerry de Vries Tel. 082 416 9547. Kanon by PHS: Gegiet in Swede in die dorpie Finspang. Lengte 2.222meter. Gewig 1746 Amsterdam lb (pond) ±862.5 kg. Seinkanon van ±1700s. Kaliber 6 lb(pond) Die atletiek item Shotput, engels vir gewigstoot, is na my mening afgelei van ’n kanonkoël wat ook ‘n shot genoem was. Uit verveeldheid het die soldate hiermee begin speel en uitgevind dat jy dit verder kan stoot as wat jy dit kan gooi. Gewigte van gewig vir gewigstoot in atletiek. Senior mans 16lb / 7.26kg Onder 19 seuns 14lb / 6.35kg Onder 17seuns 12lb / 5.44kg Senior dames 8.8lb / 4kg (1kg= 2.204lb)

Ons wens al ons lesers, rubriekskrywers en adverteerders ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar toe. - Marietha en Barbie

Met Biggie Best maak jy en ek hierdie jaar ons huise Biggie Beautiful!! Baie dankie vir julle ondersteuning gedurende 2016. Verskaffers van Annie Sloan chalkpaint

Christo en Linda 022 913 3326 oregonandmore@telkomsa.net

59 Long Street, Piketberg - oorkant Agrimark


16

Op die rakke van die Biblioteek

Bloedvreemd deur Juliana Coetzer Hiermee ‘n opsomming van bogenoemde boek, soos deur Jonathan Ball Publishers op hulle webblad geplaas:

Tydens ‘n gesinsvakansie raak die sewejarige Anneke siek en draai by die dood om. Sy herstel, maar met ernstige nagevolge: Weens breinskade word haar verstandelike agteruitgang elke maand meer sigbaar. Om die sprankelende kind wat lag en presteer te behou, en die naderende gestremdheid af te weer, gaan die gesin op ‘n soektog na ‘n wonderkuur. Alles word probeer, van alternatiewe behandelings en ‘n vreemde dieet tot ‘n besoek aan die profeet TB Joshua in Nigerië. Soos die siekte toeneem, word alles vir Juliana vreemd en onherkenbaar – haar kind, syself en haar gesin. Sy voel onbevoeg om haarself of haar gesin te red, ten spyte daarvan dat sy as psigoterapeut juis in trauma spesialiseer. Haar eens vrolike huis word ‘n plek waar elke lid van die gesin op ‘n ander manier leer om te oorleef. Want Anneke se siekte laat almal se ‘unfinished business’ uit die kas val. Juliana se pad na aanvaarding dwing haar uiteindelik om ook op haar eie spore terug te loop en haar idee van ma-wees te heroorweeg. Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van ‘n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met ‘n kind wat nou in ‘n ander vorm leef. Juliana Coetzer skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil én lag.

Dawid se Spit

Wyk SH is bevoorreg om vir die afgelope 6 jaar hulle wyk se afsluiting te hou aan huis van Dawid en Myrtle Steenkamp. Nie alleen is Dawid en Myrtle 'n hartlike gasheer en -vrou span nie, hulle sorg ook vir die bakbrood en die voorbereiding en die gaarmaak van die skaap op die spit. Na 8 ure so langs die spit, kry elke gas dan ook net die stukkie vleis waarvoor sy smaakkliere vra - noukeurig deur Dawid uitgesoek en afgesny. Hier staan Marina en Don Jordaan in die ry vir hulle porsie spitvleis. Foto: Marietha Goosen

Leeskring Afsluiting Die Leeskring se afsluiting was onder die bome by Achtervlei, Piket-Bo-Berg. Musiek, voorlesings en kuns in die tuin van Kobus en Deidré Eigelaar, het gesorg vir 'n heerlike ontspanne en opbouende geleentheid. Piketberg Leeskring vier volgende jaar 'n halfeeu van leesgenot. Persone wat deel wil wees van hierdie opwindende jaar en wil aansluit, is welkom om u naam op te gee by Piketberg Openbare Biblioteek of die voorsitter, Louise Visser, te kontak by 083 507 2854. Die Leeskring is trots om te sê dat een van die stigterslede, Christine Langeveldt, steeds deel is van die Leeskring. Foto's: Marietha Goosen


17

Die Piketberger Beskik oor ‘n vakante betrekking vir ‘n persoon om die uitleg van die koerant en die opstel van advertensies te doen. Die koerant verskyn een maal per maand. Die geskikte kandidaat moet vertroud wees met die Publisher rekenaarprogram en beskik oor uitstekende vermoë om te spel. Stuur epos aan diepiketberger@gmail.com indien u belang stel of skakel Marietha Goosen by 083 654 3170 of 022-913 1796

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

PIKETBERG CHRISTEN SKOOL AANSOEKE VIR 2017 NOU OOP OP AFSPRAAK APPLICATIONS OPEN PER APPOINTMENT Ons bied die volgende grade volgens die ‘CAPS’ Kurrikulum aan in 2017:

Voorskool/Pre-School: Graad/Grade R: Grade/Grades 1-3: Grade/Grades 4-7:

3 – 5 jaar/years dubbelmedium/dual medium CAPS dubbelmedium/dual medium CAPS dubbelmedium/dual medium CAPS dubbelmedium/dual medium

MAAK GERUS ‘N AFSPRAAK EN KOM LOER BY ONS IN: SKOOLHOOF: LIZMARE BOTHA

HOD Junior Primêr Ek het aan die Onderwyskollege Boland studeer en in 1999 het my onderwysloopbaan by Laerskool Vredelust as ‘n Gr. 3 opvoeder begin. Vanaf 2002 tot 2004 het ek die Gr. R-klassie behartig. In 2006 het ek ‘n Gr. 3-betrekking by Beaufort-Wes Voorbereidingskool gekry, waar ek in 2007 Gr. 1 gegee het. In 2007 het ek Weskus toe getrek. Ek het by Laerkool Saldanha ‘n Intermediêre Fase betrekking gekry. Daar het ek Gr. 5 Wiskunde, Gr. 6 Afrikaans en Gr. 9 Kuns en Kultuur gegee. Vanaf 2008 het ek by Curro Langebaan begin werk as Gr. 1-opvoeder. En vanaf 2011 is ek aangestel as Grondslagfase Hoof by Curro Langebaan.

GRONDSLAGFASE: BIANCA JORDAAN

HOD Junior Primêr

Bianca het meer as 10 jaar ondervinding, insluitend 5 jaar in die ACE sisteem asook remediëring. Sy bied ook die Smartbrain lees & spelprogram aan.

08h00 - 13h00 T:022 913 1886 E: piketbergcs@gmail.com Inskrywings vir Voetspoortjies 3-5 jaar & Gr. R: Kontak asb vir Bianca Jordaan op 060 504 9778


18

Silwer Drade oor 'n Dekade Tien jaar gelede, in Februarie 2006, is die Silver Threads Klub vir Bejaardes op Piketberg gestig. Johanna Koordom, een van die stigterslede, se dogters, Elisma en Whilnet, was werksaam by Maatskaplike Ontwikkeling en het via hulle ma die aanvoorwerk gedoen om Piketberg se Bejaardes uit te nooi na Darling vir 'n opleidingsessie vir Bejaarde Klubs. Om as Klub te kon registreer, moes daar 'n minimum van 15 lede wees met 'n naam vir die Klub. Eendekuil se mense is ingeroep om die groep vol te maak en die naam, Silver Threads, is deur wyle Clair Engelbrecht geïnisieer en eenparig aanvaar. Ander stigterslede was wyle Mnr en Mev Gordon, in wie se huis bymekaargekom is, Annie Engelbrecht, Hannie Kayster, Naomi Benjamin, Katie Jagers, Tokkie Zoutman, Anna Moses en Janetta Esau, almal reeds oorlede. Stigterslede wat steeds aktief is, is Johanna Koordom, Thelma Constable, Stienie Zoutman, Olive Brink, Hendrik Swarts, Sannie Hector en Gerty Paulse. Te danke aan die Here se genade en die vasbyt van lede, is die Klub nog aktief en volstoom aan die gang. Die Klub kom steeds twee keer per week bymekaar, op 'n Dinsdag en 'n Woensdag, en hanteer interessante onderwerpe, deel lief en leed en deel ook rondom die Woord. Dis veral die Golden Games Atletiekbyeenkoms wat op Streeksvlak, Provinsiaal en Nasionaal plaasvind, wat baie gewild is onder die lede. Die Klub resorteer onder die Weskaapse Ouer Persone Forum, die Weskus Ouer Persone Forum en die Bergrivier Ouer Persone Forum wat die volgende klubs insluit: Velddrif, Aurora, Redelinghuys, Eendekuil, Porterville, Piketberg, Wittewater en Goedverwacht. Alle klubs in die Weskaap behoort aan "Age in Action" wat hierdie jaar hul 60ste bestaansjaar vier. Age in Action, wat fokus op die maatskaplike belange van die bejaardes, se hoofkantoor is in Lambertsbaai en die voorsitter, ds J Philips, tree einde vanjaar af. Dennis Afrika, 'n dankbare medewerker op Piketberg, is van mening dat die sin van "om te behoort" aan so 'n klub, daarin lê om van 'n nuttelose mens te verander tot 'n nuttige mens - en as jy reeds nuttig en bejaard is, verseker die klub volgehoue nuttigheid.

Saam met Raadshere Ray van Rooy en Evert Manuel, agter links en middel, is Silver Threads se huidige komiteelede agter regs Dennis Afrika en voor Allan Pillay, tesourier, Gertruida Valentyn, sekretaresse, Marlene Erasmus, voorsitter en Maureen Julius.

Silver Threads erelede en Stigterslede.

Moria Dienssentrum Eendekuil

Silver Threads lede. Foto’s: Marietha Goosen

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Lede van Moria Dienssentrum op Eendekuil is Willem Fortuin, Jakob Fortuin, Sophie Kgatla, Eva Toontjies, Elizabeth Engelbrecht, Anna Brand, Maria van der Westhuizen, Katriena Jors, Rachel Toontjies, Griet Monk, Hanna Fortuin, Katriena Fortuin (koördineerder). Lede afwesig: Johannes Visagie, Anna Smit, Ellie Swarts. Foto: Frenrico Resandt


19

Radie Kotze Hospitaal Radie Kotze is 'n 30 bed hospitaal wat 'n verskeidenheid van dienste aanbied soos X-stale, teater en sonografie. Daar word ongeveer 1000 mense per maand gesien 24/7 maw dag en nag. Die hospitaal bied weeklikse uitreikdienste vanaf spesialiste uit die Paarl in die veld van Ortopedie, Pediatrie, Interniste, Psigiatrie, Chirurgie, Verloskunde en Ginekologie. Radie Kotze hospitaal fuksioneer teen 120% elke dag en net met almal se samewerking is dit moontlik om so baie pasiënte te akkommodeer.

Die nagdiensspan wat nie op die groepfoto was nie, is Mev. RJ de Bruin - Staf-verpleegkundige, Sr. MJ Toontjies - Geregistreerde Verpleegkundige, G Van Wyk - Verpleegassistent en Mev. C September Skoonmaker. Die volgende name verdien vermelding, hulle kon nie op die foto wees nie: Admin klerke - Mnr. MS Adams, Mev. S Kayster, Mev. SB Smith, Mev. EL Sofat; Mnr. J Nagel – Grondsman, Mev. AR Daniels – Voedseldiens Hulp, Mev. FP Fortuin – Voedseldiens Hulp, Sr. C Markus (Gereg Verpleegster), Sr. EB Otto (Gereg Verpleegster), Mev. M. Bucknall (Stafverpleegkundige), Mev. H Thomas (Stafverpleegkundige) en Verpleegassistente Mev. L SchroeDonovan der, Mev. L Dampies, Mev. M Daniels Cameron en Sr. C Joostenberg (Gereg (Sekuriteit) Verpleegster).

Die personeel by die Radie Kotze hospitaal is agter Dr. P Bruwer (Senior Dokter), Dr. HD Botha, Mnr. M Wall (Instandhouding/Vakman) en Mnr. C Adams (Skoonmaker). In die middel is Mev. M de Waal (Voedseldiens toesighouer), Mev. Mbendeni (Voedseldiens hulp), Sr. M Whittles (Verpleegdiens bestuurder/Matrone), Mev. B Smit (Admin bestuurder), Mev. AJ van der Merwe (Verpleegassistent), Sr. CEF Otto (Geregistreerde Verpleegster), Mev. F Claasen (Stafverpleegkundige), Sr. NE Roman (Geregistreerde Verpleegster), Mev. N Mzuzu (Skoonmaker) en Mev. MM Van Wyk (Skoonmaker). Voor is Mej. C Couter (Radiografis), Dr. M Makhene, Mev. V Kayster (Verpleegassistent), Mev. J Pretorius (Stafverpleegkundige), Sr. De Bruin (Gereg Verpleegster), Mev. P Mouton (Verpleegassistent), Mev. Y Beukes (Voedseldiens hulp), Mej. R Kok (Data Capturer) en Mev. A Losper (Verpleegassistent). Foto’s: Dr Pieter Bruwer


20

Piketberg Kliniek Die personeel by die kliniek sien elke maand gemiddeld 5000 pasiënte. Mobiele klinieke besoek daagliks verskillende areas soos Redelinghuys, Piket-BoBerg, Eendekuil en Aurora. Die dienste wat aangebied word is Chroniese siekte sorg (Bloeddruk, asma), Voorgeboorte- en nageboorte sorg, Gesinsbeplanning, ARV-program wat ARV verskaf en ’n TB-program (pasiënte kry daagliks TB pille by die kliniek). 'n Volledige apteek reël en verpak pille vir die 5000 pasiënte per maand. Sielkundige dienste, Berading, 'n Fisioterapeut, Dieetkundige, Spraak en Taal terapeut is beskikbaar op afspraak. Wondsorg, Kindergesondheid, inenting, vitamienes en monitering is aspekte wat deurlopend aandag kry. Feitlik enige denkbare mediese diens word aangebied. Kliniektye is gedurende die week 07:30 tot 16:30. Een van die mediese personeel skryf: ‘Een ding van 'n plek soos 'n hospitaal en kliniek, is dat dit 'n baken van hoop is. Die probleme van mense, bo en behalwe siektes, is 'n swaar las en instansies soos dié is 'n toevlug vir 'n groot meerderheid van die mense in die area. Geen kwaal word weggewys nie en daar is altyd iemand om te vra: "wat is fout, hoe kan ons help?" Min dienste in die lewe gee daardie persoonlike aandag vir elke besoeker. En met al die probleme van vandag is ek bly om deel te wees van 'n bietjie hoop.'

Verduideliking van die titels: 'n CNP is 'n Clinical Nurse Practitioner. Dit is n PN (Professional Nurse) wat verder studeer het. 'n EN is 'n Enrolled Nurse. Die personeel by Piketberg Kliniek is agter CNP Anne Olifant, PN Mandie Pietersen, PN Mercia Cronje, Klerke Delecia Boois en Alex Herling en dr Hendrik Botha. In die middel is EN L Scheepers, E Petersen, PN Anneline Vilander, Sue-Ellen Afford, Nadine Hendriks, EN Deborah Cornelius en Carmen Scheepers. Voor is Bradley Klaasen, Dalphen Keet, A Scheepers, A Conradie, CNP Mandie Young-de Vries, Anneke Bonthuys (Apteek Assistent) en Suzette Kleynhaus (Apteker). Foto: Marietha Goosen

Home Based Care: Bergrivier Motivated Women

Bergrivier Motivated Women (BMW) se Tuisversorgers oftewel Die Home Based Care-span op Piketberg is agter Romeo Thomas, Bernice Klink, Margie Simpson (Gesondheidskoördineerder), Elsabie Booyse (Adminbeampte), Mary du Toit, Chandré Nel, Cheslin Brink en Michael Booyse (Program Bestuurder). Voor is Ghressin Smith, Gwenneth Basson, Danita Markus en Agnesion Rickers. Foto: Marietha Goosen Bergrivier Motivated Women (BMW) is 12 jaar gelede in Piketberg gestig in samewerking met die Departement van Gesondheid. In Piketberg is BMW meer bekend as Home Based Care oftewel Tuisversorging aan Bejaardes, Kinders en TB- en HIV-Kliënte. Hierdie gesondheids dienste word aangebied in Piketberg, Goedverwacht, Eendekuil, Wittewater, Redelinghuys en Velddrif. Tuisversorging is die versorging van iemand wat siek, verswak en/of bejaard is in die veiligheid en gemak van sy eie huis deur professionele versorgers met die doel om die pasiënt se gesondheid te herstel, bevorder en te onderhou. Wie kwalifiseer om ‘n Tuisversorger te wees? Enige persoon met ‘n Graad 9-sertifikaat en genoegsame kennis van Noodhulp kan kwalifiseer om tuisversorging te doen. Die tuisversorgers word deur Departement Gesondheid opgelei tot gekwalifiseerde tuisversorgers. Die Home Based Care-span met kantore in Loopstraat, net langs die AME-kerk, doen diens op die volgende maniere: Ontvang verwysings van die kliniek en die hospitaal om kliënte te versorg; Doen gesondheidsbewusmaking op ‘n daaglikse basis; Doen volwasse (versorging/was van die liggaam) drie keer per week; Doen wondsorg drie keer per week; Weeklikse besoeke aan mammas met babas tot en met ses weke, daarna een keer per maand en Maandelikse ondersteuningsgroepe vir persone met chroniese siektes soos asma, hipertensie, diabetes en epilepsie. Belangstellendes kan ‘n CV stuur na die volgende persone in die organisasie: Michael Booyse (Program Bestuurder) Margie Simpson (Gesondheids Koördineerder) Kontaknommer: 022 9133597 E-pos: bmw04.orga@gmail.com Adres: Loopstraat 62, AME KERK Piketberg


21

Kliniese Verpleeg Personeel

OPM Marietjie Brits

CNP Sarita Kelly

CNP Inge Matthee

EN Johanna Dietrich

EN Dina Bothma

PN Joseline Booys

Die Piketberger se Datums vir 2017 Berigte/ Advertensies IN FEBRUARIE 17 Januarie MAART 14 Februarie APRIL 21 Maart MEI 18 April JUNIE 23 Mei JULIE 20 Junie AUGUSTUS 25 Julie SEPTEMBER 22 Augustus OKTOBER 19 September NOVEMBER 17 Oktober DESEMBER 21 November

VERSKYN

26 JANUARIE 23 FEBRUARIE 30 MAART 28 APRIL 1 JUNIE 29 JUNIE 3 AUGUSTUS 31 AUGUSTUS 29 SEPTEMBER 26 OKTOBER 30 NOVEMBER

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com Knip uit en bêre CNP Jozeen Davids

EN Freda Baron

EN Juanita Ludick

  

VLV-Aurora Kersafsluiting

Berader Chrisme de Wee

Berader Athi Toni

Bovermelde Kliniese Verpleeg Personeel verskyn nie op die groepfoto op bladsy langsaan, p20.

VLV-Aurora het op 15 November hulle Kersfeesafsluiting gehou. "Spoke" se geskenke is uitgedeel en daar was voorlesings deur verskillende lede. Foto: Marinda Mostert


22

HUIS TE KOOP IN PIKETBERG 4 slaapkamer dorpswoning op ‘n 946m² erf te koop in ‘n 500m radius (loopafstand) van besigheidsentrum, skool en hospitaal.

Beskikbaar vanaf einde Februarie 2017. Stuur ‘n e-pos aan daschner@gmail.com om ‘n besigtiging te reël of vir meer inligting. Slegs realistiese aanbod sal oorweeg word.

Wat sê die Woord? Jy het ’n roeping van jou Skepper ontvang, maar hoe leef jy jou roeping? Is dit iets wat outomaties gebeur of is dit iets waarin jy ook ’n rol speel? Ek glo elke Christen, wanneer hul aan die einde van hul lewe kom, wil hoor hoe God vir hul sê: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg; oor weinig was jy getrou oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” (Matt. 25:21) Ons het verelede maand genoem dat elkeen van ons ’n roeping het. Dit beteken dat God ’n spesiale en waardevolle plan vir jou lewe het. Hierdie roeping was ingestel op jou lewe nog voordat jy gebore is en dit bly konstant, ongeag jou foute of die gebeurtenisse in jou lewe. God trek nooit Sy roeping op jou lewe terug nie (Rom 11:29). Alhoewel God se roeping op jou lewe nie kan verander nie, is die uitleef daarvan nie iets wat net outomaties plaasvind nie. Daar is ‘n geestelike volwassenheid wat aan jou kant nodig is – ‘n persoonlike verantwoordelikheid. Dit is belangrik om eers in jou verhouding met Hom te groei – Hom te leer ken vir Wie Hy werklik is, jouself deur Sy oë te leer ken en Sy hart agter jou lewe te verstaan. Jou karakter moet ook gegroei het tot op die plek waar dit jou roeping kan ondersteun. Dit is dan die Here self wat jou afsonder of “roep” sodra jy gereed is om Sy doel vir jou lewe te begin leef. In Handelinge 13:2 kan ons sien wanneer Bárnabas en Paulus afgesonder is vir die bediening: “En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.” Jy mag dalk nou vra: “So, hoe kom ek dan tot by die punt om afgesonder te word vir dit waarvoor ek gemaak is? Ek spandeer tyd saam met die Here en ek leer Hom en myself meer ken. Wat nou?” Dit is in die klein dinge. 1 Korinthiërs 4:2 sê: “En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.” Getrouheid is die sleutel wat alles saamvat. Wanneer jy getrou is met wat in jou hand is, kan God meer aan jou toevertrou. Wat is in jou hand? By die huis; by die werk; hoe jy jou finansies bestuur; wat jy doen wanneer jy alleen is en niemand jou kan sien nie? Waarmee kan Hy jou vertrou? Hierdie is nie iets wat jou moet veroordeel indien jy voel dat jy nog nie gereed is om jou roeping te leef nie. Hierdie is iets wat jou moet opgewonde maak, omdat jy enige tyd na God toe kan draai en Hom kan vra om jou te help om tot op die plek te kom waar jy jou roeping kan leef. God werk met ons soos ’n GPS. As jy afgedwaal het, “recalculate” Hy eenvoudig net en werk ’n nuwe plan uit om jou weer te kry waar jy moet wees. Efesiërs 3:20 sê: “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.” God kan meer deur jou doen as wat jy ooit van kan droom, maar Hy doen dit nie onafhanklik van jou nie. Hy doen dit met Sý krag wat deur jóú werk. Maak ’n besluit vandag om in jou verhouding met God te groei sodat jy jou God-gegewe doel kan leef. Jy is gemaak vir soveel meer en Hy is daar om jou te help. Gryp die geleentheid aan! Verdere studie: Psalm 139; 2 Petrus 1:2-3; Efesiërs 1:4; Efesiërs 2:10; Jeremia 29:11 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)


23


24

deur Jannie Lategan

Pos vandag se brief eers môre

Te Koop Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer. Bees en Koedoe droëwors R210.00 per kg.

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

• • • • •

• • • • • • •

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

‘n Bekende gas op TV, maak onlangs haar opmerking as een van die lesse wat sy by haar ma sou geleer het: “Pos vandag se brief, eers môre”. Hierdie veelseggende woorde is feitlik so alles omvattend. Heel dikwels is ons elkeen aan die ontvang kant van ‘n lelike op- of aanmerking. Ons teenreaksie kan dan lelik en verwytend wees en daar gebeur niks om hierdie verhouding te bevorder nie. Mense word dikwels uitmekaar geskeur en ontwikkel selfs ‘n vyandskap teen sodanige persoon en dan sluit dit soms sommer die hele familie ook in. Om nadenkend op te tree en om ‘n wagwoord te hê van “wag eers” is van uiterste belang. Jy voel dat jy te nagekom is en maak sommer blitsvinnig ‘n lelike opmerking wat afbrekend is. “Pos vandag se brief eers môre”. Teen môre is beide partye afgekoel en is daar ‘n beter kans om sinvol met mekaar ‘n gesprek te hê en so kan konsensus bevorder word. Om die brief eers “môre” te pos, sou ‘n mens dit liefs langer kon uitstel, ten einde goed en diplomaties voorbereid te wees, maar tyd bly so ‘n lewensbelangrike faktor dat dit haas nie te lank uitgestel kan word nie. Uiteraard, hou die opvolg gesprek bepaalde risiko’s in en moet die gesprekvoering op ‘n positiewe en nieverwytende wyse aangevoer en voortgesit word. ‘n WenWen situasie moet die kernwaarde van die gesprek vorm. Ek glo dat elke leser al sodanige ervaring gehad het en dat die uiteindelike doel om die verhouding te beredder, uit ‘n invalshoek van “ek moet die minste” wees, bestaan. Daar word in die meeste gevalle waarvan ek bewus is, baie goeie verhoudings voortgesit, wat selfs sterker is as dié waaraan jy gewoond was. Uiteraard moet ‘n wond eers skoongemaak word en dan kan dit seer wees, maar daarna volg dan die fantastiese genesingsproses wat vir beide partye net verrykend kan wees. Mag ons sinvol en met goeie oordeel voorberei, voordat sodanige gesprek aangevoer word. Tyd bly egter die bepalende faktor, maar “Vandag se brief, moet eers môre” gepos word. Ons leef in ‘n wêreld van soveel haat en daar is bykans ‘n gevoel van magteloosheid wat jou oorval, maar gelukkig het ons die voorreg om klein te begin en dit is by ons onmiddellike omgewing. Mag ons elkeen die vreugde smaak van ‘n fantastiese verhouding wat weer vlerke kry.

Besige Bytjies is op soek na ‘n Skoonmaker. Kom besoek my gerus of stuur jou CV na emmiliebenberg@yahoo.com. U is ook welkom om ‘n CV te pos na Eikelaan 11, Piketberg. Vereistes: Graad 12-sertifikaat (of bewys van hoogste graad geslaag) 3 jaar ondervinding Kennis van skoonmaak “Name clearance” hê.


25

Piketberg VLV en Tuinbouklub Sluit Saam Af Op Vrydag, 11 November het Piketberg VLV en Tuinbouklub 'n gesamentlike afsluiting by die Wijnhuis te Nieuwedrift-landgoed gehou. Elbeth Liebenberg het deur haar blommekuns 'n Kerstema uitgebeeld met die voorstelling van Maria; die drie Wyse Manne en die Koning Kom. Riana Richter het daarby aangesluit deur die gepaste bybeltekste en gedigte saam met musiek voor te lees. Al die gaste en lede het die verrykende oggend-uitstappie terdeë geniet en na die verrigtinge heerlik saam gekuier. Beide VLV en Tuinbou-besture bedank almal wat betrokke was en wens dan ook al ons lesers en borge 'n geseënde en voorspoedige Kerstyd toe.

Lede ontvang diensknopies : Rosa Lategan (50jr); Alida Walters (45jr); Netta Liebenberg (25jr); Erica Kretchmer en Ina Visser (5jr). Afwesig : Myrtle Steenkamp (35jr).

2017 se Bestuur Die VLV-Piketbergtak se bestuur vir 2017 is: Alida Walters Christa Myburgh, Carin Rossouw, Dinette Lochner, Marlize Rossouw, Nicoline Brown, Christelle Brand, Lenie Otto en Alta Vos.

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Katinka Morrison (Tuinbou-voorsitter); Riana Richter (spreker); Elbeth Liebenberg (spreker en blommekuns); Nicoline Brown (VLV-voorsitter) en Louise Visser (musikant). Foto’s verskaf deur Nicoline Brown


26 Weskus-onderwysers leer om wiskunde pret te maak Meer as 160 onderwysers van die Weskusonderwysdistrik is onlangs bekendgestel aan kreatiewe en innoverende nuwe maniere om wiskunde te onderrig. Die meeste van hulle sê hulle ervaring sal hulle help om die vak meer toeganklik en vervullend vir hulle leerders te maak. Die onderwysers het ’n twee dae lange, intensiewe Woeker met Wiskunde-konferensie bygewoon. Dit is teen die einde van Oktober op Citrusdal aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met die Weskus-onderwysdistrik en met steun van die Trust vir Afrikaanse Onderwys. Die konferensie was in die vorm van ’n Wiskundevertoonkas waarin leidende opvoeders die nuutste onderrigmetodes en -tegnieke in ’n reeks lesings, werkswinkel en motiveringspraatjies aangebied het. Onderwysers vanaf Graad R tot deur die Grondslag-, Intermediêre, Senior en Verdere Onderwys en Opleiding(VOO-) fases het die geleentheid bygewoon. Die Weskus Woeker met Wiskunde-konferensie was die tweede wat die SBA in die Wes-Kaap gehou het. Die eerste een het verlede jaar meer as 200 onderwysers van die Eden- en Sentraal-Karoo distrikte gelok. “Die eerste Woeker met Wiskunde-konferensie het so gewild geblyk te wees en ons het sulke goeie terugvoer gekry dat ons besluit het om ’n tweede konferensie in die Weskus-distrik te hou, en dit moontlik in 2017 dwarsdeur die Wes-Kaap uit te brei,” sê die hoof- uitvoerende beampte van die SBA, dr. Niel le Roux. Die Weskus-konferensie het onderwysers van dwarsoor die onderwysdistrik gelok. “Die onderrig en verstaan van wiskunde is ’n massiewe uitdaging in skole,” verduidelik dr. Le Roux. “Ons het onderwysers vanaf Langebaan in die suide tot so ver noord as Bitterfontein in Namakwaland gehad. Met al ons aktiwiteite, byvoorbeeld ons lees- en skryfprogramme, gaan ons diep in die platteland in, waar opvoedkundige geleenthede dikwels beperk is, veral wat wiskunde betref.” Klem op praktiese onderrig “Die klem is op praktiese onderrig,” verduidelik projekbestuurder Johan van Lill. “Daar is baie alledaagse items en dinge wat ons dikwels weggooi wat as onderrighulpmiddels gebruik kan word om leer meer prakties en pret te maak. Jy kan byvoorbeeld twee spieëls gebruik om leerders oor hoeke te leer. “Die doelwit is om onderwysers te inspireer deur hulle bekend te stel aan nuwe idees en hulle aan te moedig om hulleself te vra: Wat kan ek in my klaskamer doen om beter onderrig te gee?” Toe hulle na die konferensie vir terugvoer gevra is, was onderwysers geesdriftig en gretig om die teorie in die praktyk toe te pas. “Ek gaan hier weg met totaal ander onderrigbenaderings wat ek kan oorweeg en het reeds van die nuwe idees in my klaskamer toegepas,” sê Mervin Christians van Noordhoek Primêr in Velddrif.

Christians gee as voorbeeld die ander manier wat hy geleer het om die stelling van Pythagoras te onderrig. “Dit is ’n baie abstrakte konsep om te onderrig, maar ons is kaartjies met verskillende vorms en groottes gegee wat leerders soos ’n legkaart kan saamvoeg. In plaas daarvan dat ek op die bord skryf en die stelling verduidelik, kan leerders self die beginsels agter die stelling verken.” ’n Onderwyser in die VOO-fase, Johan Els van Hoërskool Velddrif, was veral beïndruk deur die feit dat Graad Ronderwysers betrokke was. “Die lê van ’n soliede grondslag in gesyferdheid op ’n vroeë ouderdom is van deurslaggewende belang en maak dit baie makliker vir leerders om wiskunde te verstaan soos hulle deur die grade beweeg.” Die klem in die kursusse in die VOO-fase was op e-leer, met onderwysers wat gewys is hoe om hulle onderrigvaardighede en leerkapasiteit uit te brei deur innoverende internetgebaseerde programme te gebruik. Geleenthede vir onderwysers om e-leer te gebruik, is steeds beperk omdat, al het baie leerders elektroniese toestelle soos slimfone, die aflaai van data duur is, verduidelik Els. E-leer sal egter meer toeganklik raak soos WiFi-punte by skole gevestig word. “Ek het my eie dataprojektor gekoop en kan dus reeds e-leer gebruik, maar ek sien regtig uit daarna om ’n aflaaipunt by ons skool te hê. Wanneer dit gebeur, kan ons programme aflaai en lesse en toetse ontwikkel om ons leerders in staat te stel om teen hulle eie pas te leer terwyl ek daarop kan fokus om individue te help.” ’n Onderwyser in die Intermediêre Fase, Antru Brink van Hoërskool Nuwerus, sê baie van die onderwysers wat Saterdagmiddag moeg was nadat hulle die oggend klasgegee en na die vergaderplek moes ry, se geesdrif is gou deur die eerste kursusse opgewek. “Ek het die praktiese aard van die kursusse geniet,” sê sy. “Ons is byvoorbeeld ’n GeoGenuis-konstruksiepakket gegee wat leerders in staat sal stel om driedimensionele voorwerpe in die klas te bou en verskeie oefeninge daarmee te doen.” Graad R-onderwysers Chandre Beukes van Engelbrecht Primêr in Elandsbaai het dit waardeer om onderrigpakkette te ontvang met items soos boublokke en telkaarte, en om meer maniere te leer om dit te gebruik om klas te gee. “Die kinders was mal daaroor toe ek dit Maandagoggend aan hulle gewys het.” ’n Onderwyser in die Grondslagfase, Anneli Dippenaar van Koekenaap Primêr, het die hoop uitgespreek dat meer onderwysers die geleentheid sal kry om die kursusse by te woon. “Dit was soos om ’n geskenk te kry. Ek waardeer spesifiek die pakket wat my in staat sal stel om alles te onthou wat ek geleer het en hoe om dit ten beste te gebruik. Ons kinders sukkel byvoorbeeld werklik om agteruit te tel, maar ons is ’n uiters praktiese manier gewys om dit vir hulle makliker te maak.” Volgens dr. Le Roux beplan die SBA om in 2017 nog ’n Woeker met Wiskunde-konferensie te hou. Vir meer inligting oor die SBA besoek gerus www.sbafrikaans.co.za


27

Adam en AJ help speel-speel

Adam van der Byl en sy kleinseun, AJ Brand, is 'n belangrike skakel in die Tops en Tags-rolstoelprojek. Al die bottelproppies wat van Piket Civils af kom (Die Piketberger, November 2016 p7), word speelspeel deur Adam en AJ gewas. Wat soos 'n onbegonne taak en 'n groot berg gelyk het, het Adam en AJ stukkie vir stukkie baasgeraak. Enigeen wat plastiek bottelen houerdoppies en -proppies kan skenk vir die projek, kan Teresa van Niekerk kontak by 083 539 5048. Danksy Piket Civils het die kilogramme vinnig meer geword en lyk die doelwit van 450kg nou heeltemal binne bereik. Baie dankie ook aan elke instansie en individu wat getrou bymekaarmaak. Foto: Marietha Goosen

Baie Baie Dankie Aan Suzette FouchĂŠ en die res van die vouspan wat elke maand die bladsye van die koerant inmekaarsit. Aan Hennie Langeveldt, Gawie Richter en Chrisjan Liebenberg vir die verspreiding van die koerant. Aan Ora Turner en Vivian Turner van Piketberg Drukkers en die manne wat die drukwerk doen.

Tel. 022 - 913 1819 Faks 022 - 913 3170

Epos spur@winkelshoek.co.za


28 Piket-Bo-Berg se Gesondheidswerkers kry ‘papiere’ Dit behoort seker lekker te wees om soos ‘n loods te voel en te doen wat ‘n loods doen, al het jy nie noodwendig al die jare se tersiêre opleiding ontvang wat nodig is nie. Wel, dalk voel ‘n paar vroue en manne te Piket-Bo-Berg so, nadat hulle hul sertifikate ontvang het vir die suksesvolle voltooiing van agttien maande se intensiewe opleiding in gesondheidsorg. As hulle na dese soos verpleegsters en verpleërs voel, gun hulle dit. Een van die areas waarop die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) fokus, is gesondheid. Die PBBIV poog om met verskeie programme en aksies toegang tot gesondheidsdienste te verbeter deur bewusmakingsprogramme oor kwessies soos tuberkulose, HIV/VIGS, hoë bloeddruk en Fetale Alkohol Sindroom (FAS) te loods. Aanvanklik was die idee om die regering te oortuig om weer ‘n kliniek te Piket-Bo-Berg te open, maar geen sukses is hiermee behaal nie en ander planne moes beraam word. Die gevare van alkohol misbruik en dwelms is ook deel van die pakket en dit is dus belangrik dat die inwoners te Piket-Bo-Berg goed ingelig is oor die gevare. So, om die gebrek aan kliniekdienste te Piket-Bo-Berg aan te spreek, was dit dus goed dat werkers van verskillende plase opgelei word in hierdie veld. ‘n Groep van elf vroue en twee mans het vir ‘n tydperk van agttien maande intensiewe opleiding in gesondheidsorg ontvang. Twee van die elf vroue kom van Mont Piquet en Rietkloof onderskeidelik en het vir hierdie tydperk elke keer die Versfeld Pas aangedurf om hul klasse by te woon. Die opleiding, aangebied deur Philani Training and Development, in samewerking met die Departement Gesondheid, het ‘n wye reeks gesondheidkwessies gedek. Hierdie sluit in rampe, wetlike aspekte, identifisering van risiko’s, voor bevrugting tot by bejaardheid, verskillende siektes (aansteeklik en nie aansteeklik), gestremdhede, tuis versorging, MIV/VIGS, noodhulp, TB dots en die menslike liggaam. Leerders moes in hul werkboeke aandui hoe hulle die kennis wat hulle oor agtien maande opgedoen het in die praktyk kan gebruik om mense se lewe beter te maak. Leerders is werklik die geleentheid gegun om in diepte na gesondheid te kyk.

Die groep leerders van Achtervlei, Harmonie, Mouton's Valley, Hochland, Bugler's Post en Fruitlips saam met lede van die PBBIV bestuur. opleiding hul sertifikate van Philani ontvang. Saam met hierdie sertifikate het leerders ook elkeen ‘n mini noodhulp sakkie ontvang. Noudat die leerders hul sertifikate ontvang het, bevestiging van die suksesvolle afhandeling van die kursus, is die uitdaging om fisies in die veld betrokke te raak en ‘n gesondheidsdiens te lewer. Die PiketBo-Berg landbou gemeenskap kon nie ‘n kliniek kry nie, maar het nou baie goed opgeleide mense wat weet hoe om bepaalde gesondheidskwessies die hoof te bied. Elf van die dertien mense wat opgelei is, is nou vir Piket-BoBerg ‘n uiters waardevolle hulpbron. Die opgeleide werkers kan nou as ‘n verlengstuk vir die Departement Gesondheid gesien word. Die bestuur van die PBBIV is die versekering gebied dat die plaaslike kantoor van die Departement Gesondheid in die nabye toekoms baie nou saam met die groep opgeleide mense sal begin werk. Planne word beraam om te sien hoe so ‘n samewerking ‘n realiteit kan word. Die opgeleide werkers is van mening dat hulle van als geweet het, maar die in-diepte kennis het ontbreek. Die opleiers is geloof vir die passie waarmee hulle die mense betrokke opgelei het. Een van die wense van die PBBIV is om op strategiese plekke te Piket-Bo-Berg gesondheidskamers (Health Posts) te hê en net dalk word dit ‘n werklikheid noudat daar mense met die in-diepte kennis sit. Van die opgeleide gesondheidswerkers het alreeds begin om ligte beserings op hul plase te hanteer en word al toegelaat om self te besluit of iemand wat seergekry het kan voortgaan om te werk aldan nie. So word mense bemagtig. Nie met silwer of goud nie, maar met kennis wat ewigheidswaarde het. Berig en foto’s verskaf deur Gus Pickard

Twee Manx-katjies (stompsterte). Piketberg 082 606 5364 Hier ontvang Lucille Hanekom van Fruitlips haar sertifikaat van Monray January (Departement Gesondheid). Saam met hulle is Lynette Lerm en Estelle Engelbrecht van Philani Training and Development. Vir die PBBIV is dit natuurlik uiters belangrik dat PiketBo-Berg inwoners bepaalde vaardighede het om ‘n verskil te maak waar hulle woon en werk. Die groep van dertien leerders het na agttien maande se intensiewe


29

Die Richters se Juffrou

By ‘n gesellige afsluiting van Tillies, vind daar toe ‘n interessante ontmoeting plaas tussen die Richter pa en –seun en hulle eertydse juffrou, Nerina Vercuiel. Juffrou Nerina was Apie se juffrou in st 4 en toe weer Abri se juffrou in Sub A by Pools. Foto: Jan Truter

Skaakmat

KENNISGEWING Kennis geskied hiermee ingevolge ‘n bevel van die Hoë Hof, Wes-Kaapse Afdeling, Kaapstad in saak nommer 1103/2016 dat: Die rekord van verrigtinge rakende ‘n besluit van Erfenis WesKaap (‘EWK”) en alle ander dokumente en inligting tot EWK se beskikking relevant tot die aansoek (“die Slopingspermit Aansoek”) deur Liebco Vleishandelaars (Edms) Bpk (‘Liebco’) en Jan Truter h/a South Consulting (“Jan Truter”) vir ‘n slopingspermit vir die algehele sloping van die geboue op Erf 207 Piketberg geleë te Langstraat 69, Piketberg (“die geboue”) wat insluit ‘n erfenis verklaring opgestel deur Aikman Assosiate namens Liebco wat deur Liebco aan EWK verskaf is vir publieke insae beskikbaar sal wees vanaf 2 Desember 2016 tot 5 Januarie 2017 (a) by die kantoor van die Munisipale Bestuurder van die Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit geleë te Kerkstraat 13, Piketberg gedurende kantoorure; en (b) by die Piketberg Openbare Biblioteek te Kerkstraat, Piketberg tussen 9.30vm tot 5nm op Maandae, Dinsdae en Donderdae, en op Woensdae en Vrydae tussen 2nm en 3.30nm. Lede van die publiek word uitgenooi om kommentaar op of voor 5 Januarie 2017 (“die sluitingsdatum”) in enige amptelike taal in verband met die Slopingspermit Aansoek in te dien, en word gewaarsku dat kommentaar wat na die sluitingsdatum ontvang word, geïgnoreer mag word. Kommentaar moet gestuur of gelewer word aan Mnr. Dlamuka, die Hoof Uitvoerende Beampte, Erfenis Wes-Kaap, wie se relevante besonderhede soos volg is: Werk Tel. 021 483 5959 Posadres: Die HUB, Erfenis Wes-Kaap, Privaatsak X9067 Kaapstad 8000 Straatadres: Die HUB, Erfenis Wes-Kaap, Protea Assurance Gebou, Burgstraat 40, Groentemark Plein, Kaapstad, 8001 Epos adres: ceoheritage@westerncape.gov.za

NOTICE

Raadslid Mario Wessels, Minister Anroux Marais, Uitvoerende Burgemeester Evert Manuel, Onderburgemeester Sandra Crafford, Raadsheer Ray van Rooy en Raadsheer Riaan de Vries by die PHSskaakspelers, Hagan Ludick en Jacquin Valentyn. Op 31 Oktober het die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, me Anroux Marais, pragtige skaaktafels en skaakstukke aan die Piketberg Biblioteek oorhanding. Die oorhandiging vorm deel van die departement se plan om biblioteke aan te moedig om toegang tot die spel van skaak, wat op sy beurt talent identifisering en positiewe jeugontwikkeling, sal ondersteun. Die tafels is spesiaal gemaak deur die Departement van Korrektiewe Dienste, Drakenstein Gevangenis. Die Hoof van Biblioteekdienste, Gerna Croeser het die bedanking gedoen en die belangrikheid van skaak beklemtoon, die spel bevorder denk- en redeneer vermoë en is ook bevordelik vir wiskunde. Die skaaktafels is beskikbaar vir enige lid van die publiek wat in die biblioteek wil kom sit en speel. Berig en foto: Terry-Ann Wessels

Notice is hereby given in terms of an order by the High Court of South Africa, Western Cape Division, Cape Town under case number 1103/2016, that: the record of proceedings relating to a decision of Heritage Western Cape (‘HWC’) and all other documents and information at HWC’s disposal relevant to the application (“the Demolition Permit Application”) by Liebco Vleishandelaars (Pty) Ltd (‘Liebco’) and Jan Truter t/a South Consulting (“Jan Truter”) for a demolition permit for the total demolition of the buildings on Erf 207 Piketberg situated at 69 Long Street, Piketberg (“the buildings”) also including a heritage statement produced by Aikman Associates on behalf of Liebco and provided by Liebco to Heritage Western Cape will be available for public scrutiny from 2 December 2016 until 5 January 2017 (a) at the office of the Municipal Manager of the Bergrivier Local Municipality situated at 13 Church Street, Piketberg during office hours; and (b) at the Piketberg Public Library on Church Street, Piketberg between 9.30am to 5pm on Mondays, Tuesdays and Thursdays, and on Wednesdays and Fridays between 2pm and 3.30pm Members of the public are invited to submit comments on or before 5 January 2017 (“the closing date”) in any official language in connection with the Demolition Permit Application, and are cautioned that comments received after the closing date may be disregarded. Comments must be sent or delivered to Mr. Dlamuka, The Chief Executive Officer, Heritage Western Cape, whose relevant details are as follows: Work Tel: 021 483 5959 Postal address: The CEO, Heritage Western Cape, Private Bag X9067 Cape Town 8000 Street address: The CEO, Heritage Western Cape, Protea Assurance Building, 40 Burg Street, Green Market Square, Cape Town, 8001 e-mail address: ceoheritage@westerncape.gov.za


30

SSS se Top Studente

Top 3 in Gr 9 is Ethan Leen, Donita Britz en Hadley Thomas. Steynville Sekondêre Skool se Top 3 in Gr 12 is Jurgen Willemse (Akademiese Trofee en eerste plek), Christophai Booise (Dux-toekenning en tweede plek) en Monique Smith (Derde plek).

Top 3 in Gr 8 is Gertrude Willemse, Kelly Le Fleur en Leonardo West. Top 3 in Gr 11 is Chloë February, Jacquelize Louw en Melvino Monk.

Top 3 in Gr 10 is Jasmine Mackay, Zealke Kayster en Faith Greeff. Steynville Sekondêr se Sportman en Sportvrou vir 2016 is Christophai Booise en Alida Beukes.

Baie dankie aan al ons adverteerders. Sonder julle ondersteuning sou Die Piketberger nie bestaan nie.

Steynville Sekondêre Skool se VRL vir 2017. Voor: Whitney Rosenberg, Bokamoso Lukas en Sharnelle Beukes. Middel: Ethan Leen, Antonique Julies, Jesmien van der Westhuizen, Kelly-Ann le Fleur, Donita Britz en Ashlynne Holloway. Agter: Hadley Thomas, Gabrielle Smit, Samantha Brink, Shane-Lee Smit, Me M Douman, Britheney Hector, Joleen Zass, Demilo Monk en Jaseron Engelbrecht. Foto’s: Marietha Goosen


31

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


32

Stawelklip Primêr se Gr 9’s besoek Steynville Sekondêr In die dae toe ontgroening nog aan die orde van die dag was, was die vooruitsig na ‘n hoërskool loopbaan ietwat van ‘n nare affêre. ‘n Mens het gehoor van vreeslike sterk rissies wat sommer in jou mond geforseer word, skoene wat aan die verkeerde voet gedra word en opmeet van die rugbyveld met ‘n vuurhoutjie. Dit was mos absolute malligheid. Erger nog was dit wanneer jy ‘n laaitie van Piket-Bo-Berg af is, want saam met die naam Berg hoor die dorpenaars ook die woord vrugte. Of jy nou vrugte in die hande kon kry aldan nie, ‘n plan moes jy maak. Wie het dan nou lus vir ‘n bek vol bloed as daai vrugte nie afgelewer word nie. Deesdae is dinge darem heeltemal anders. Dis ook anders in die sin dat die leerders wat nou by die hoërskool ingeskryf word darem baie meer gereeld die skool van buite sien voordat hulle as leerders daar ingeskryf word. Baie jare gelede het jy as kind nie noodwendig die geleentheid gehad om gereeld in die dorp te kom nie en moes jy maar na stories oor die skool in die dorp luister. Een van die doelstellings van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) is om baie meer en baie nouer by die opvoeding van leerders te Piket-Bo-Berg betrokke te wees. So byvoorbeeld is alle Graad 1-leerders by Stawelklip Primêr vanjaar voorsien van ‘n rugsak met die nodige skryfbehoeftes daarin. Dieselfde sal gedoen word vir die 45 Graad 1-leerders wat vir 2017 by die skool ingeskryf is.

Juffrou Tilla saam met leerders in die laboratorium. Die bestuur van die PBBIV het ook besluit om ‘n proses te fasiliteer waar vanjaar se Graad 9-leerders by Stawelkip Primêr na Steynville Senior Sekondêre Skool geneem word vir ‘n oriënteringsessie. Na gesprekke met die verskillende skool bestuurders gevoer is, is op ‘n datum besluit en is die leerders van Piket-Bo-Berg af Steynville toe. Die groep van 21 leerders is vergesel van ‘n leerkrag by Stawelklip Primêr, Juffrou Tilla Farao en die PBBIV Koördineerder, Gus Pickard. By die skool aangekom is die leerders deur die skool bestuurder, Mnr Saal verwelkom en is die program, oor twee periodes, aan almal verduidelik. Tydens hierdie verwelkoming het Mnr Saal aan die leerders uitgewys dat hulle die heel eerste groep leerders is wat in die skool se personeel kamer ontvang word en is hy ook van mening dat die oriëntering ‘n baie goeie ding is en dat dit eintlik met almal wat na Steynville kom moet gebeur. Mnr Saal noem aan die leerders dat hulle deel sal wees van sowat 1300 leerders in 2017, onder die gesag van 35 opvoeders. Hy het die leerders uitgedaag om nie hul waardes weg te gooi wanneer hulle by Steynville voet aan wal sit nie. Een van die adjunk hoofde, Mnr Adonis het tydens sy gesprek met die leerders aan hulle gevra om nou alreeds te dink oor hoe goed hulle in Graad 12 gaan wees. Hy het

die leerders uitgedaag om eendag weer in die personeel kamer te sit, maar as opvoeders. Mnr Frans, die ander adjunk hoof, het aan die leerders genoem dat hulle tans die groot manne is waar hulle tans is en dat wanneer hulle by Steynville kom hulle weer die kleintjies sal wees. Hy het die leerders aangemoedig om skool by te woon om suksesvol te wees. Volgens hom word die Graad 12 uitslae alreeds in Graad 10 bepaal. Houding gaan alles wees. Na die gesprekke in die personeelkamer is die leerders op toer geneem na Juffrou Gwen Julius se wetenskap klas. Hier het die leerders met die uiters gevorderde mobiele laboratorium te doen gekry. Juffrou Julius noem aan die leerders dat die kinders van Piket-Bo-Berg sukkel om by die skool aan te pas en moedig hulle aan om nie met ‘n 30% slaagsyfer tevrede te wees nie. Sy noem aan die leerders dat gesukkel om aan te pas niks met akademiese vermoëns te doen het nie. Die skool is soms net te groot vir Breyton Blanken- kinders van klein skooltjies af. berg kry 'n idee van Tydens die sessie in Juffrou Julhoe dit sal wees in ius se klas was dit tyd by Steynsy nuwe uniform. ville om klasse te ruil. Een van die Stawelklip leerders merk toe op, “Ek voel so klein.” Dit natuurlik nadat sy soveel leerders op die skoolterrein gesien het met die klas ruiling. Die seuns het ook met Mnr Kotze te doen gekry, wat die leerders op toer deur die skool geneem het. Volgens Mnr Kotze word Siviele Tegnologie volgende jaar nie weer as ‘n vak aangebied nie en word dit vervang met Ingenieurs Grafika en Ontwerp. Mnr Kotze is opgewonde oor die feit dat dogters ook nou in die vak belangstel. Die opgewondenheid onder die leerders, oor wat in 2017 op hulle wag, was tasbaar. Hopelik eindig van die leerders eendag op as ingenieurs en moontlik ook as opvoeders van ander kinders. Die kinders het rolmodelle en mentors nodig en eendag sal ons sien of die betrokkenheid van die PBBIV waarde toegevoeg het. Die PBBIV is verbind tot die kinders van Piket-Bo-Berg en die bestuur wil nou al so glo.

PHS Graad R Jaar-Eind

PHS se Graad R-opvoeders by vanjaar se afsluitingsgeleentheid is Luy-Anne Pienaar, Marili Hanekom en Maria Joubert. Foto: Nadine de Waal


33 Steynville Primêr hou Prysuitdeling

Intermediêre Algehele wenners: Gr 4 -Amber-Joy Scottsman, Gr 5 -Triston Scheepers en Gr 6 Wiohné Turner. Grondslagfase Algehele wenners: Gr 1 - Paulin Basson, Gr 2 - Lynette September en Gr 3 - Bradley Arendse.

Sportman van die Jaar: Samrique Kayster en Sportvrou van die Jaar: Kirichnie Afrika.

Geskiedenis toekenning: Rekeshia Brink by Hoofleiers 2017: Hoofseun Susanna Klaase Keishan van Rooy, Hoofdogter - Kirichnie Afrika.

Dux-leerder Gr 7: Elisque Nthane. Foto links: Wiskunde en Wetenskap toekenning: Aleighne Rivida by Dr Sam Scheepers. Foto’s: Elzanne Boshoff

Bronneklas leerders wat na Steynville Sekondêre skool vorder volgende jaar is Junaido Afrika, Rutichia Dirks en Brendan van Wiese. By hulle is hul opvoeders, Lily Cross en Serelda Brink. Vivica Joubert, Gr 6-leerder, derde van links, het ‘n spesiale toe-kenning ontvang vir getroue skoolbywoning tydens haar siekte.

Skole heropen Woensdag 11 Januarie

Bronneklas leerders wat die skool verlaat is Ferdian Rhodes, Damian Swarts, Reedah de Wee, Helga Swarts en Divané Scheepers. By hulle is hul opvoeders, Lily Cross en Serelda Brink.


34

Wines2Whales

Rickus Jooste en Johan Stephan by die eindpunt. Berig en foto: Delanie Jooste

Ballet Uitslae Skitterende uitslae is behaal deur leerlinge van die Biddy Langenhoven Balletskool tydens die onlangse ballet eksamens. Pre-Primary: Kayla Daniels en Leree Rossouw (altwee Onderskeiding); Getha Meiring, Riette Martin en Milandri Louw (almal Merit). Test 1: Lise Bruwer en Erna Koegelenberg (altwee Onderskeiding) Test 2: Annette Bruwer, Anri van der Merwe en Marlize Crous (almal Onderskeiding) Test 3: Cassidy Daniels, Wiohné Turner en Jana Truter (almal Onderskeiding) Test 4: Carli Rossouw en Janke van Schalkwyk (altwee Onderskeiding) Test 5: Carina Smit, Lene Nortje en Jane Eksteen (almal Onderskeiding). Die eksaminatrise was Mej Joy Cooper senior eksaminatrise van die Imperial Society of Teachers of Dancing London.

Rickus Jooste en Johan Stephan het vanjaar weer as ‘Spuds on the Run’ deelgeneem aan die Wines2Whales drie-dag bergfiets resies wat by Lourensford Wynlandgoed begin het en 201 km en 4020m klim later, geëindig het by die Onrusrivier Karavaanpark langs die kus. Die twee het dag een 56ste gekom uit ongeveer 593 spanne wat deelgeneem het, ten spyte van die feit dat Rickus nog herstel het van griep wat hy onlangs onder lede gehad het. Die span het op die tweede dag hul posisie verbeter na 47ste en het die naweek op ‘n hoogtepunt afgesluit deurdat hulle 39ste oor die algemeen geëindig het en 17de in hul afdeling. Die span word met trots geborg deur Stephan & Seun Boerdery en beoog om volgende jaar terug te keer met die doelwit om nog beter te vaar.

Marc en Jana Tennissterre Marc Poggenpoel, gr 7-leerder by PHS, is deel van die O/14Boland Platteland Tennisspan wat op Hartenbos meegeding het. Marc het twee dubbels, een enkel en een gemengde dubbel gewen. By hom is sy afrigter, Marisa Krynauw. Marc is uitgenooi om gedurende Januarie 'n Boland oefenkamp te Stellenbosch by te woon.

Jana Bruwer was deel van die O/11-Boland Plattelandspan wat in Mosselbaai meegeding het. Jana is uitgenooi na die proewe van die Kavaliers wat 1-3 Desember in die Paarl plaasvind. By haar is haar afrigter, Marisa Krynauw.

Juniors - Hierdie meisies het hul heel eerste balleteksamen gedans. Kayla Daniels, Leree Rossouw, Milandri Louw, Getha Meiring en Riette Martin.

Seniors - Voor: Cassidy Daniels, Wiohné Turner, Jana Truter. Agter: Carina Smit, Carli Rossouw, Janke van Schalkwyk en Jané Eksteen. Foto’s: Biddy Langenhoven

Foto’s: Marietha Goosen


35 The U, die eerste amptelike twee-dag bergfietsuitgaging op Piket-Bo-Berg Die onlangse tweedaagse Piket-Bo-Berg bergfietsuitdaag was ʼn groot sukses. Die Piket-Bo-Berg Trails het ontstaan nadat verskeie plaaseienaars begin het om bergfietsry as sport te beoefen. Verder het die netwerk van paadjies uitgebrei en is mettertyd aan mekaar gekoppel met die doel om ’n aanloklike ervaring aan bergfietsryers en drawwers van reg oor die Wes-Kaap te bied tydens die jaarlikse Piket-Bo-Berg Cycle Challenge & Trail Run wat in Oktober plaasvind. Hierdie roetes het kort voor lank naam gemaak in die bergfiets-gemeenskap en die feit dat die roetes slegs toeganklik is tot die publiek tydens amptelike geleenthede, het bygedra tot die gesogtheid van die roete. Die roetes is tegnies en toets vele fietsryers se fiksheid. Die ontwikkeling van bergfietspaadjies het so toegeneem oor die afgelope drie jaar dat die organiseerders van die roetes ’n geleentheid wou benut om ’n twee-dag bergfietsuitdaging aan te bied. Hierdie uitdaging het aan fietsryers die geleentheid gegee om twee aande langs die dam te kampeer, terwyl hulle die Piket-Bo-Berg gasvryheid geniet. Die deelnemers kon kano’s roei op die dam en vlieghengel as deel van die addisionele aktiwiteite wat beskikbaar was. Steve Oldroyd, van Hebron in Citrusdal, het die spyseniering gedoen en verseker dat heerlike maaltye en happies deur die loop van die naweek bedien word. Daar was vars lemoensap beskikbaar wat afkomstig is van Mouton’s Valley, die plaas waar die ryers gekamp het vir die naweek. Elke maaltyd het ’n internasionale tema gehad wat van ’n ‘Texas Smoke House’ tema tot ‘n ‘Mexican Taquaria’ ingesluit het. Varsgebakte rolletjies en vuurwarm piesangbrood het ryers daagliks verwelkom.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Die geleentheid het Vrydagmiddag 14 Oktober, afgeskop met ’n kort, tegniese 6km roete. Spanne kon vrywilliglik deelneem aan hierdie addisionele roete. Die resultate van hierdie roete is gebruik om die groep te bepaal waarin die ryers die volgende oggend sou wegspring. Die spanne het 48.1km en 1298m geklim op dag een. Hierdie roete strek oor die vier plase wat Mouton’s Valley, Bugler’s Post, Pamona en Kleine Vogel Vallei insluit, en neem fietsryers af teen die Piketberg en weer op langs die oorspronklike gerestoureerde Ossewa-pas. Die roete wat Sondag afgelê is, het bestaan uit 49.5km met 1293m klim. Hierdie vloeiende roetes neem deelnemers al om Gryskop en het hullle verstom met pragtige uitsigte oor die Weskus en Tafelberg vanaf Mouton’s Valley. Die terugvoer van die ryers was uiters positief. Besoek gerus www.piketbobergtrails.co.za vir die resultate van die naweek en meer nuus oor die geleentheid. Berig en foto’s: Delanie Jooste

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Neville Watson 083 255 9917

Kontak

Piketberg Omgewing

Henk Pieters 071 583 6164


36

Steynville Primêr se Graad R-klas hou "Aspoestertjie" Operette

Otjiegeld vir Badisa

Kix het R10 000 ingesamel met die Otjiekos projek. Die kinders het geleer dat dit beter is om geld aan 'n organisasie te gee as in die hand van 'n bedelaar. Die geld is aan Hannie Visser van Badisa oorhandig. Foto: Marietha Goosen

Matriekgebed

Foto’s: Elzanne Boshoff

Bergrivier Munisipaliteit se Matriekgebed-projek. Personeel van die Biblioteek by 'n paar van PHS se matrieks, heelbo en Steynville Sekondêre Skool, onder. Foto’s: Gerna Croeser

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


37

Trippe Trappe Kleuterskool hou konsert Dit is met groot opgewondenheid wat die kleuters van Trippe Trappe Kleuterskool die jaar se afsluitingskonsert aangepak het. Almal het met entoesiasme aan hul items deelgeneem en saam met Lelike Eendjie gebaljaar. Vir die kleuters was dit ‘n groot en nuwe ervaring om vir die eerste keer op ‘n verhoog voor al die ouers te kon optree. Sommiges was verstom met al die flikkerende liggies en ander het weer met gees elke moontlike talent ten toon gestel. Daar is beslis ‘n paar nuwe akteurs gebore. Ek bedank ons ouers vir hul harde werk, kontant bydraes en ondersteuning tydens die konsert en deur die jaar. Dankie ook aan Coenie Smit vir die DVD opnames, Morné Smit, van Studio 69, vir die klank en beligting, Louise Visser van Kinder Musiek vir die klavier begeleiding en ons borge Liebco Vleishandelaars en Boland Superspar. Bo alles dank ek U, ons Hemelse Vader, dat U ons hierdie jaar veilig bewaar het en gespaar het van enige ongevalle en siektes. ‘n Geseënde Kersseisoen word u almal toegebid.

Berig en foto’s: Laurene Burger


38

Jenny’s Angels - Kleuterskool het ons besoek. Dit was vir ons ‘n groot bederf om hulle by ons te hê. Ons het onder andere vir hulle gewys hoe ons brode gebak word, hulle het gevoel hoe voel ons yskaste en vrieskaste in die stoorkamer, geleer hoe ons bokse herwin en hoe ons wors maak in die slaghuis.

Die Jenny’s Angels Juffrouens saam met hul klassies

Elmarie (Deli) oorhandig die broodjies November maand het Goedverwacht Primêr ‘n prysuitdeling gehad waarby Boland SUPERSPAR platters bygedra het. Baie geluk aan elkeen wat ‘n prys ontvang het. Doen so voort in 2017! Mnr Dietrich ontvang die platters.

Shameel oorhandig die roomys aan Jani Groenvlei Primêr het ‘n debutante bal gehad op 29 Oktober en Boland SUPERSPAR het 25lt roomys bygedra vir die geleentheid. Ons hoop julle het ‘n ongelooflike tyd gehad en ons is verseker almal het pragtig gelyk.


39


40

Die Piketberger Des 2016  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you