Wen 2X kaartjies vir Matthys Roets deur die My Town Hub app af te laai voor Dinsdag 12:00 nm.
Vroue aangeval
‘Wit lig’ en toe is Hannes dood Botrivier – ‘n Man in sy vroeë veertigs is Woensdagoggend dood, nadat hy deur weerlig getref is. Mnr. Hannes Nyl se dood is veroorsaak toe hy tydens ‘n donderstorm onder ‘n hoë bloekomboom gaan staan het om onder die reën uit te kom. Woensdag is gekenmerk deur swaar weer oor die kus- en
aangrensende Kaapse Metro en die Overstrand. Mnr. John Whitehead, eienaar van die plaas Nuwejaarsrivier, sê hy en drie werkers het beeste aangejaag kraal toe, omdat die diere ingespuit moes word. Die weer was swaar en dit het begin reën. Klaarblyklik het Hannes onder die boom gaan staan om van die reën te
ontsnap. Ooggetuies sê daar was skielik ‘n slag en ‘n wit lig. Whitehead het met sy rug na Hannes gestaan, toe die ander werkers hom ingelig het, dat Hannes op die grond lê. Hulle het na hom gehardloop en Whitehead het sy pols gevoel, maar Hannes is op slag dood. Die een kant van sy gesig en liggaam was
glo swart gebrand en die hoedjie wat Hannes gedra het, verflenter geslaan. Whitehead sê die situasie het hulle weer eens tot realiteit geruk oor die krag van die natuur. Dinsdag was nog geen begrafnisreëlings bekend nie. Hannes was ’n weeskind wat na bewering nie veel kontak met naasbestaandes gehad het nie.
Ilosun Ointment /Salf – R89.90 Assist with the following: Brandwonde Boils Spinnekop byte Eczema Sonbrand Radiation Burns Steekwonde Pressure Sores Psoriasis Diabetic Wounds
Nou hier beskikbaar