Food Lovers Market - 2 October 2025

Page 1


Swem slim in somerseisoen

Met warmer dae wat voorlê, deel die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) die volgende wenke om veiligheid in en om water te verseker:

1. Vermy alkohol wanneer jy swem: Die risiko’s van alkohol en water is net so ernstig soos om te drink en te bestuur. Alkohol benadeel oordeel, balans en koördinasie, wat dit gevaarlik maak om te swem of ’n boot te bestuur. Boonop verdeel die gebruik van alkohol jou aandag terwyl jy oor kinders naby water toesig hou, wat die kans op ’n ongeluk verhoog.

2. Hou kinders noukeurig dop: Verdrinking gebeur stil-stil. Vergeet die dramatiese gespartel wat dikwels in rolprente uitgebeeld word – kinders gly stilweg onder die water in. Hou altyd ’n volwassene binne armlengte van kinders in die water en moenie jou waaksaamheid deur afleidings soos sosiale media laat glip nie. Lewensredder-strande is die veiligste swemplekke.

3. Leer oorlewingswem: Om jouself in die water te dryf en te oriënteer, kan die verskil tussen

lewe of dood beteken. Die NSRI se oorlewingswemlesse rus jou toe met noodsaaklike vaardighede om veiligheid te bereik as jy jouself in die moeilikheid bevind.

4. Dra ’n reddingsbaadjie: ’n Reddingsbaadjie is nie net ’n veiligheidsmaatreël as jy watersport beoefen nie – dis ’n lewensredder. Selfs sterk swemmers kan onverwags moeg word of in koue en rowwe water swig. Kies ’n reddingsbaadjie wat geskik is vir jou aktiwiteit en dra dit wanneer jy

ook al op die water is.

5. Swem tussen mensereddervlae: Sleurstrome is moeilik om raak te sien, maar dodelik. Menseredders is opgelei om gevare te identifiseer en swemmers te help. Bly dus altyd in lewensreddergebiede. As jy in ’n stroom vasgevang word, moenie paniekerig raak nie. Dryf, swem na die kant van die stroom en mik dan terug kus toe.

6. Ken jou noodnommers: Vir noodgevalle, kontak 112 gratis in ’n noodgeval of NSRI by 087 094 9774.

Kry nóg nuus oor die Weskus in ’n propvol Weslander binne.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.