

R
Brandbestry week brand Montagu dagtemperature omgewing bemoeilik
benoude vlamme nuwe lukkig Die (Ashton) het die se Montagu gewoed triksmunisipalitei Nature kant In was brandbestryding

![]()


R
Brandbestry week brand Montagu dagtemperature omgewing bemoeilik
benoude vlamme nuwe lukkig Die (Ashton) het die se Montagu gewoed triksmunisipalitei Nature kant In was brandbestryding

Enrico Claassen
Die Kaapse landdroshof het twee voormalige verkeersbeamptes van die Ashton-verkeersafdeling en ’n private individu stewige vonnisse opgelê nadat hulle vroeër op aanklagte van korrupsie skuldig bevind is.
Die hof het Karel Davids, ’n wetstoepassingsbeampte, 12 jaar tronkstraf opgelê, terwyl Andile Dondolo, ’n verkeershoof by die Ashton-verkeersdepartement, tronkstraf van 14 jaar en ses maande opgelê is.
Jason Naidoo is op sy beurt
vir 14 jaar tronk toe gestuur
Die driestuks se skuldigbevinding en vonnisse volg nadat lede van die publiek die amptenare omgekoop het om rybewyse te bekom.
Luidens getuienis wat deur die senior staatsadvokaat Thersia du Toit gelei is, het die ondersoek begin toe ‘n afgetrede kaptein van die Wes-Kaapse direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke WhatsApp-gesprekke in ’n onverwante ondersoek na Naidoo blootgelê het.
Die betrokke boodskappe het Naidoo se reëlings om leerlinglisensies by die Ashton-verkeers-
afdeling op onwettige wyse te bekom, blootgelê.
Verdere ondersoek het ’n skema ontbloot waarby Davids en Dondolo betrokke was, wat die uitreiking van leerlinglisensies sonder behoorlike toetsing gefasiliteer het.
Naidoo het aangebied om leerlinglisensies vir vier volwassenes en ‘n minderjarige te reël sonder dat hulle die toets hoef te slaag. Op 19 April 2016 het hierdie groep die Ashton-verkeersdepartement besoek om hul toetse te bespreek.
Bewyse het aan die lig gebring dat Naidoo die minderjarige opdrag gegee het om as deel
Ronél van Jaarsveld
Die polisie in Rawsonville het in Oktober ’n groot dwelmvonds gemaak nadat hulle 2005 Mandraxtablette en 199g tik in ’n voertuig gevind het.
Dié ontdekking is gedoen toe ’n voertuig op 9 Oktober net ná 21:00 die aand in Brandstraat in Rawsonville voorgekeer is Een verdagte is op aanklagte van die besit van dwelms in hegtenis geneem. Dit volg op die hakke van twee mans van Mfuleni en Mitchell’s Plain wat in September aangekeer is nadat hulle 2740 bossies khat in hul besit gehad het.
Nog twee mans is aangekeer nadat die polisie op Maandag 20Oktober altesaam 1,6 ton Eskom-kabels in hul besit gevind het. Die kabels is deur Eskom as sy eiendom geïdentifiseer.
Drie bankkaart-bedrieërs is in hegtenis geneem nadat skote vroeër in Oktober langs ’n krieketveld, waar laerskoolkinders krieket gespeel het, geklap het.
Volgens Vivienne HurlingJordaan, ’n woordvoerder van die Rawsonville-polisie, het sy en nog ’n beampte Rawsonville se strate tydens die uitbetaling van maatskaplike toelaes gepatrolleer toe ’n egpaar hulle voorkeer. Hulle is ingeloop deur iemand wat aangebied het om hulle by ’n kitsbank te help, maar toe met hul bankkaart verdwyn het.

Die Rawsonville-polisie het ’n man aangekeer nadat duisende Ma by hom gevind is. Op die foto is konst. Danwinn du Toit, AO Augus
Abie Monaila, konst Bernelle Marran, konst Micayla van der Hors Michaels
Enkele minute later is geld uit hul rekening onttrek. Hulle het dadelik na ’n polisiebeampte gesoek toe hulle die SMS-boodskap van die bank af oor die onttrekking kry
“Hulle kon ’n deeglike beskrywing gee en ons het die verdagtes agternagesit toe ons hulle opspoor Hulle het in die rigting van Worcester gevlug en ons het die Worcester-polisie om bystand gevra,” het Hurling-
Jordaan gesê Die kort daarna aang
“Ons moedig inwone om, indien hulle die polisie aanm beskrywings van te gee. Dit help da maklik kan opsp noem watter kleur aangehad het nie, uitgetrek word. Kyk gelaatstrekke en hede,” het sy aang

van die betaling aan ’n seksuele aktiwiteit met Dondolo deel te neem, met hom (Naidoo) wat voor die besprekingsdatum suggestiewe foto’s van haar op WhatsApp aan Dondolo gestuur het.
Op 25 April 2016 het Naidoo se gewese vrou in opdrag van hom R2500 via Shoprite Money Market aan Davids en Dondolo betaal.
Die volgende dag het Dondolo Naidoo versoek om die name van die toetskandidate te stuur. Naidoo het toe die name aan beide Dondolo en Davids gestuur. By die toetsfasiliteit het Da-
vids vir die kandidate toegelaat om slegs ’n paar lyne van die toets te voltooi voordat hulle hulle verskoon het en hul leerlinglisensies uitgereik is Nadat die groep vertrek het, het Davids en Dondolo die geld wat tot hul voordeel gedeponeer is, onttrek deur die verwysingsnommers en PIN-kodes te gebruik.
•Twee van die mense wat leerlinglisensies deur hierdie skema bekom het, is op 10 Maart 2017 ingevolge artikel 4(1)(b) van PRECCA skuldig bevind nadat hulle pleit- en vonnisooreenkomste met die staat aangegaan het.
Ons Spesialiseer in
Was u of u familie beseer in ‘n motorvoertuig ongeluk?
Het u ‘n broodwinner afgestaan aan die dood as gevolg van ‘n motorvoertuig ongeluk?
Wag u vir u eis om af te handel maar niks gebeur nie?
Ons Prokureurs Firma kan u dalk help Derde Party Eise





Ronél van Jaarsveld
Inwoners van Touwsrivier is vasberade om te verseker dat dié geskiedkundige dorp se erfenis behoue bly. Diewe en verwaarlosing het reeds derduisende rande se skade aan historiese geboue wat geplunder is, aangerig.
Die Ontspanningsklub, wat ’n raadsaal, kantore, ’n kafee, kroeg en ’n bioskoopsaal insluit, is jare gelede gebou om die groot werksmag, wat vanweë die spoorlyn in Touwsrivier gevestig was, te bedien. Jare lange inwoners onthou die goed versorgde geboue en groen grasperke waar die gemeenskap dekades lank byeengekom het vir troues, konserte en vergaderings. Daar is ook ’n Delville Wood-gedenkteken met die name van Touwsrivier-mans wat in die Eerste Wêreldoorlog (1914 – 1918) dood is. Die minister van vervoer het in 1958 ook ’n gedenksteen gelê om erkenning te gee aan die dorp se belangrike rol. Inwoners sê die dorp het nie ’n ander gebou wat as gemeenskapsentrum kan dien nie.
Dié geboue, wat aan Transnet behoort, het egter in onbruik verval en diewe het die geboue gestroop.
Volgens Christo du Plessis van die Touwsrivier Toerismevereniging is ’n groep inwoners in gesprek met alle moontlike partye wat kan help om dié geboue te red en weer bruikbaar
te maak.
Die groep het Maandag (10November) met die Breedevallei-munisipaliteit vergader – onder meer oor die oprigting van veiligheidskameras. Hulle was ook in gesprek met Transnet oor die toekoms van die geboue. “Erfenis Wes-Kaap het gesê hulle sal ons help om dit as ’n erfenisgebied te registreer,” het Du Plessis gesê.
Die groep werk ook nou saam met die buurtwag en die polisie.
’n Aanlyn petisie “Save the Touwsrivier Ontspanningsklub and Protect Our Town’s Heritage” is op die webwerf Change.org geskep, waar ondersteuners hul naam by dié van inwoners kan voeg en ’n skenking kan doen om die bewaring te ondersteun.
Die inwoners vind dit frustrerend omdat die geboue al meer verniel word en geen oplossings al gevind is nie.
GESKIEDENIS
Touwsrivier se ontstaan is ten nouste verweef met die spoorlyn wat die Cape Government Railways in 1875 aangelê het om as roete na die nuut-ontdekte diamantvelde by Kimberley te dien. Die klein stasie, waar die spoorlyn oor die Touwsrivier loop, is in 1883 na die Touwsrivier-stasie herdoop. Dié stasie het ’n belangrike rol gespeel om stoomlokomotiewe te ruil nadat hulle die uitdagende Hexrivierpas uitgeklim het. Van 1924 het Touwsrivier ook as die aan-

sluiting gedien vir lyne na Ladismith en die Klein Karoo. Volgens die webwerf www. karoo-southafrica.com was die sluiting van die Ladismith-taklyn in 1981 en die opening van die Hexriviertonnel, wat die gradiënt verminder het waarteen treine tussen die Hexriviervallei en Touwsrivier gereis het, nadelig vir Touwsrivier se ontwikkleing en het die dorp begin agteruitgaan. Een van die dorp se grootste uitdagings is die enorme werkloosheid ’n Onderneming wat treinwaens herstel het en die grootste werkgewer op die dorp
was, se deure het ook gesluit en die gemeenskap steun swaar op werksgeleenthede wat verskaf word deur toerisme, soos by Aquila en Inverdoorns-natuurreservate en seisoenale werk in landbou. Onafhanklike kragverskaffers, soos by die wind- en sonplase wat in die omgewing opgerig word, bied ook al meer werksgeleenthede. In reaksie op navrae oor die ontspanningsentrum het Transnet Property gesê hulle is in gesprek met moontlike huurders en kyk na langtermyn-planne vir die eiendom, sodat dit die gemeenskap weer op ’n beteke-

nisvolle manier kan dien
“Transnet Property werk saam met die polisie en die buurtwag om die veiligheid om die gebou op te knap. Die polisie het onderneem om patrollering van die eiendom ’n prioriteit te maak – in samewerking met die gemeenskap – en die aanhoudende diefstal is reeds aangepak.
“Transnet kyk ook na opsies om weer veiligheidsdienste op die perseel aan te stel en veiligheidskameras te installeer, afhangende of ons begroting dit toelaat,” het hul reaksie gelui. Hulle sê hulle het kennis geneem daarvan dat inwoners hoop die Jubilee-saal kan in die toekoms in ’n museum omgeskep word.
•Standard het teen spertyd nog nie reaksie op navrae van die Breedevallei-munisipaliteit ontvang nie.





























































































































































































CharlotteLesch
’n Positiewe geval van bek-en-klouseer (BKS) is verlede week op ’n eiendom in die omgewing van Gouda bevestig nadat ’n boer in die Vrystaat op 1 November simptome van dié siekte by sy kudde opgemerk en aangemeld het
Die kom nadat die beeste onlangs vanuit die Gouda-omgewing na die Vrystaat vervoer is Veeartsenydienste is ontbied, wat die boer se plaas in kwarantyn geplaas het “Veeartse het mondletsels by die beeste opgemerk,” bevestig dr Lesley van Helden, staatsveearts by die Wes-Kaap se departement van landbou Bek-en-klouseer is kort daarna in ’n laboratorium bevestig “Alle eiendom met gekloofde hoefdiere binne ’n 10 km radius van die uitbraak, is onder kwarantyn geplaas Inspeksies en toesig word tans op die betrokke plase uitgevoer,” voeg sy by Nog twee eiendomme in Velddrif en Bredasdorp wat kuddes na Gouda gestuur het, is intussen ook onder kwarantyn geplaas en word ondersoek Alle plase wat onlangs in kontak met die betrokke vee-vervoermaatskappy was, word ook opgevolg Agri Wes-Kaap en die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) Wes-Kaap bevestig dat daar ’n omvattende operasionele plan saamgestel is in samewerking met die Wes-Kaapse departement van landbouveeartseny (DWLK) om die huidige bek- en-klouseer situasie (BKS) in die Gouda-area te bestuur ”
Die plan fokus op die beheer, monitering en voorkoming van verdere verspreiding van die siekte, met spesifieke aandag aan die gebied rondom Gouda “Agri Wes-Kaap en alle rolspelers besef die risiko wat die verspreiding van dié siekte nie net vir die rooivleisbedryf inhou nie, maar ook die hele Wes-Kaapse landbousektor,” het die organisasie Vrydag (7 November) in ’n verklaring bevestig Volgens die landbou-organisasies definieer die plan die verantwoordelikhede van elkeen betrokke
“Die spoed waarmee hierdie plan saamgestel en geïmplementeer word, wys die waarde van ’n goed gekoördineerde vennootskap tussen georganiseerde landbou en die regering,” sê Louis Wessels, ’n regsbestuurder by Agri Wes-Kaap Jaco van den Berg, die voorsitter van die RPO Wes-Kaap, voeg by: “Bek-enklouseer is ’n ernstige risiko vir die rooivleisbedryf, maar met dissipline, samewerking en deursigtigheid kan ons die impak daarvan beperk en die siekte uitroei ”

Foto ter illustrasie: ‘n Plaas in die Gouda-omgewing is positief vir bek-en-klouseer geïdentifiseer, terwyl nog twee plase in die Wes-Kaap in kwarantyn geplaas is
’n Versoek is aan alle rolspelers in die rooivleisbedryf gerig om nie diere van BKS-besmette gebiede of plekke onder bewegingsbeheer te koop of te vervoer nie “Dit is riskant om diere op ’n veiling buite die Wes-Kaap provinsie te koop
“Koop slegs by veilings wat aan APAC se voorskrifte voldoen,” vra die RPO Ander voorsorgmaatreëls sluit in die was en ontsmetting van voertuie wat diere vervoer nadat diere afgelaai is en voordat ander weer opgelaai word Die prosedure sluit ’n sertifikaat in, wat die datum, tyd en ontsmettingsmiddel wat gebruik is, aandui en te alle tye dié voertuie vergesel. “Voermateriaal wat diere vergesel, moet vernietig word Verkry ’n gesondheidsertifikaat deur
’n private veearts van diere wat aangekoop word – veral diere wat buite die Wes-Kaap aangekoop is ”
’n Ernstige beroep word op betrokke rolspelers binne die bedryf gedoen om enige BKS-gevalle summier by hul naaste staatsveearts aan te meld Die Wes-Kaapse Bek-en-klouseer-werkgroep het die afgelope Vrydag (7 November) vergader om te verseker die korrekte en verwante inligting word versprei AWK en RPOWK het reeds ’n naspeurbaarheidsplatform in die Wes-Kaap opgestel, wat enige veeprodusent kan benut om die naspeurbaarheid van hul diere te verseker Die stelsel is gratis en integreerbaar met kuddebestuurstelsels
Besoek die AWK-webtuiste om die stelsel af te laai by https://awkaims co za/ Bek-en-klouseer is ’n beheerde dieresiekte in Suid-Afrika en slegs hoogs aansteeklik onder gekloofde hoefdiere, soos beeste, skape, bokke en varke Die siekte hou geen gevaar vir mense in nie



Ronél van Jaarsveld
’n Kleuter wat ’n kokende ketel van die toonbank aftrek; ’n 10-jarige wat in ’n huisbrand beseer is
Beserings as gevolg van brandwonde kan in ’n oogwink gebeur en die herstelpad is dikwels lank en pynlik met ’n blywende uitwerking.
Die behandeling van kinders met brandwonde in die Kaapse Wynlande is aansienlik makliker danksy twee nuwe eenhede vir pediatriese brandwonde, wat op Maandag 10 November by die Worcester-gemeenskapsdaghospitaal en die Worcester-hospitaal geopen is Jong pasiënte van oor die Wes-Kaap heen het voorheen spesialisbehandeling by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad ontvang. Dit het egter aansienlike uitgawes en uitdagings vir families meegebring. Tydens die opening van die Wynland se eerste pediatriese brandwond-eenheid in Ceres in Julie, het die ma van ’n beseerde kind vertel dat hul reiskoste na Kaapstad R1400 beloop het, maar van die plaas waar hulle woon het dit slegs R17 gekos Ceres toe. Dit maak ’n beduidende verskil in die lewe van veral arm gesinne.
Die nuwe eenhede se mure is vrolik geverf met die temas van superhelde en onderwatertonele. Dit is ook toegerus met speelgebiede. Kinders met brandwonde sal deur die hospitaal na die eenheid, wat in die kindersaal geleë is, verwys word sodat die pasiënte so gou as moontlik pynmedikasie en behandeling kan ontvang.
Goeie samewerking tussen die WesKaapse departement van gesondheid en welstand, die Children’s Hospital Trust en ander rolspelers, het tot die vestiging van dié pediatriese brandeenhede gelei om wêreldklas-sorg aan kinders in die Wynlande te bied. Die trust het R18 miljoen belê om die drie eenhede te vestig en die projek is ten volle deur skenkers

Elke eenheid is met ’n speelgebied toegerus om die herstelproses so maklik as moontlik vir pasiënte en hul ouers te maak
gefinansier, wat die konstruksie, aankoop van mediese toerusting en opleiding vir die behandeling van erge brandwonde vir verpleegpersoneel en gesondheidswerkers dek.
Gesondheidswerkers van oor die distrik heen het ook spesialis-opleiding ontvang om vinnige behandeling vir jong pasiënte te verseker.
Die Rooikruis-hospitaal behandel jaarliks sowat 1000 pasiënte in die hospitaal en 4000 buite-pasiënte. Die nuwe eenhede in Ceres en Worcester sal dié las aansienlik verlig aangesien dit tot minder oponthoude sal lei.

EnricoClaassen
Nie net het ’n ouerpaar van Ashton Dinsdag (11November) ’n seun ryker geword nie, maar het die pappa ook die geleentheid gekry om dié goeie nuus met die res van Worcester te deel toe hy ’n blou vlaggie op die perseel van die Mediclinic in Worcester ter viering van die spesiale oomblik gehys het

Volgens Anrietta Smit, kliënt-ervaringsbestuurder by Mediclinic Worcester, het die gebruik om ’n vlaggie te hys vir elke baba wat gebore word, jare gelede reeds by van die Mediclinic-hospitale in die land posgevat
“Ons sien al baie jare daarna uit om ons eerste babavlaggie buite Mediclinic in Worcester te hys, en vandag (11 November) was ons bevoorreg genoeg om die vreugdevolle gebeurtenis mee te maak
“Indien jy aan die einde van die dag verby die hospitaal ry en byvoorbeeld drie blou vlaggies asook ’n pienke aan die vlagpaal sien, sou dit beteken dat daar op dié betrokke dag drie seuntjies en ’n dogtertjie gebore is
“Namate die babas gebore word, kry elke pappa die geleentheid om ’n vlaggie vir hul nuwe bondeltjie vreugde te hys – pienk vir ’n dogtertjie en blou vir ’n seuntjie ” Izak en Janine Visagie van Ashton se blou bondeltjie (ook Izak) het Dinsdag (11 November) om 14:17 sy eerste lewenslig aanskou, waarna Izak (sr ) die vlag gehys het
FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT,2008 – [REG 10(1)]
Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listedhereunder Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act
VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET,2008 – [REG 10(1)]
Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en] by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore Die betrokke aansoeke kan tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word
IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1)
LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo xa eceliwe kwaye simahla ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho
No Full name of applicant
Volle naam van aansoeker
Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Name under which business will be conducted
Naam waaronder besigheid bedryf sal word
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Address of the proposed premises
Adres van die voorgenome perseel
Idilesi yesakhiwo
Kind of licence applied for Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona


Matrieks van 30 jaar gelede weer byeen
Worcester Sekondêre Skool se matrikulante van 1995 het onlangs hul dertigste reünie met groot geesdrif gevier Die feesvieringe het op Vrydag 24 Oktober met ’n bosberaad begin, waar ou skoolvriende mekaar ná drie dekades weer kon sien en herinneringe deel Die hoofgeleentheid het op Saterdag 25 Oktober by die Nekkies-vakansieoord plaasgevind, met ’n atmosfeer van nostalgie en baie lag en dans Gaste het stories oor hul skooldae uitgeruil, musiek uit die negentigs geniet en hul band as oud-leerders versterk.



DieGoudini-Lions-klubisdieafgelopenaweekgestig.OpdiefotoisdiedistriksgoewerneurBevilLakay,Jacques Calitz,AlizeLaubscherendieeerstevisie-distriksgoewerneur,HermanLaubscher VoorisRiaCronjé
Rawsonville se Goudini-Lions-klub is die afgelope Saterdag (8 November) amptelik by ’n geselligheid in Rawsonville gestig.
Altesaam is 22 lede is ingehuldig en die klub se leiers is aangekondig
Alize Laubscher is as die klub se eerste president ingehuldig
Haar man, Herman, is die huidige vise-distriksgoewerneur van Distrik 410w.
Die klub, wat as Goudini Lions bekend sal staan, is reeds hard aan die werk. Hulle het onder meer Huis Lafras Moolman met breibenodigdhede ondersteun, toiletware aan Badisa gegee en heerlike burgers aan die plaaslike koshuis ver-
skaf. Mussies vir vroeggebore babas is aan die plaaslike kliniek geskenk.
Die nuwe Lions-klub sluit aan by ’n distrik met 56 klubs, wat oor die WesKaap en Namibië versprei is Talle ander Lions-lede het Saterdag se byeenkoms bygewoon om die nuwe klub sterkte toe te wens.
Die Goudini Lions wil graag die Tulbagh Lions-klub en die distrikskabinet bedank vir hul ondersteuning wat tot hul stigting gelei het.
Diegene wat ’n verskil in die gemeenskap wil maak, kan Alize Laubscher kontak vir inligting oor hoe om lid te word.
Haar kontaknommer is 0832864136.

Alver Uys
Vanjaar se korefees, waaraan kerkkore van die Verenigende Gereformeerdegemeentes Worcester-Suid, Worcester-Oos en Worcester asook die kerkkore van AME Sion, AME Bethesda en die Emanuel Congregation-kerk die afgelope Sondag (9 November) in die stadsaal deelgeneem het, het soos die vorige twee jaar weer puik sang opgelewer
Boonop is vanjaar se program verder opgekikker met skitterende solosang, duets en klavierspel van uitstaande gehalte, wat dit gewis die moeite werd gemaak het om jou Sondagmiddagslapie in te boet.
Die Achored Voices van die Paarl, die Variati Chamber Choir en die gewilde Crusaders-Kersfeeskoor se deelname het verder kleur aan die goedbeplande sangfees verleen.
Boopnop was daar ook items op die program waar die gehoor lekker kon saamsing om die dag op ’n hoogtepunt af te sluit.
Die dirigente van die dag was Rhona Ruiters van VGK Worcester-Oos,
Juliana van Wyk van AME Sion, Charles Springveldt van die Emanuel Congregational-gemeente en Desiree Cupido van die VGK Worcester, terwyl Penelope Jacobs, Marlene Lange en dr. Chadwin Phillips vir die klavierbegeleiding verantwoordelik was.
Die bariton Desmond Andrews met sy vertolking van “I walk with God” en “Just trust in God”, die oud-Worcesteriet Nigel Sefoor met sy vertolking van “To God be the glory” asook sy duet met vroulief Ellouise van “The Prayer” het groot applous van die gehoor uitgelok. As solis het die gewilde Natalie Arendse weer haar Godgegewe talent uitgeleef met haar weergawe van die operalied “La Vergine” terwyl sy ook saam met Lenadia Crotz die duet “I waited for the Lord” gesing het. Ook Jucinda Wehr en Jessica August, as duetpaar in die aanbieding van “Halleluja for the Cross” saam met die gesamentlike massakoor, het groot byval gevind Algeheel is alles net perfek gereël en mense sien reeds uit na die volgende aanbieding van Worcester se Korefees in 2026.
Ro
Inwoners munisipale
oë wat sipaliteite werking vlak vallei-munisipaliteit berg-munisipalitei perkings die ingestel munisipaliteit water watervla verlede hierdie hy watervla kings vereis,”
bestuursagentskap se op op 96,89%.
al vroegogg maak
A caring valley of excellence


2026

The South African National Roads Agency Limited (Sanral) and the Western Cape Government (WCG) has announced that essential maintenance work will be carried out on the Huguenot Tunnel and the Franschhoek Pass as part of its ongoing commitment to “safety, reliability and efficiency”.
“These activities are critical to ensure all infrastructure and systems are fully operational ahead of the upcoming December traffic season,” the WCG said in a statement. Emergency repairs on the tunnel were completed on 9 October following an accident that had caused structural damage, allowing the tunnel to reopen safely for immediate operation, but now more comprehensive and permanent repair works were required.
“These repairs will be undertaken at night on selected weekdays when traffic volumes are historically lowest to minimise inconvenience to road users,” Sanral said in a statement. An estimated less than 10% of tunnel traffic may be impacted by these planned closures.
“The timing of these works follows the reopening of the R101 (Du Toits Kloof Pass), which provides a safe and convenient alternative route while night-time
Munisipale Nuusbrief / Municipal News Letter / Incwadi yeendaba zakwa Masipala Class of
operations are underway The Du Toits Kloof Pass was closed from 1 September to 10 November for construction works by the Western Cape Government, making it impractical to schedule any tunnel closures during this period.”
The tunnel will be closed during the following scheduled periods:
13 November – 21:00 to 06:00
18 November – 21:00 to 06:00
19 November – 21:00 to 06:00
20 November – 21:00 to 06:00
25 November – 21:00 to 06:00
26 November – 21:00 to 06:00
27 November – 21:00 to 06:00
During these closures there will be no access through the tunnel as maintenance crews will be working on both sides of the roadway. All motorists are advised to use alternative routes
In addition, the Franschhoek Pass will be closed for maintenance from 10 to 14 November, between 09:00 and 15:00, starting from the entrance on the Franschhoek side “Vehicles will be stopped at the end of Franschhoek closest to the mountain side and at the T-junction at the Theewaterskloof Dam,” the WCG stated. “They will be asked to make use of alternative routes.”
November 2025

B u r s a r i e s
02 2025 (unyaka wokufunda 2026)
INGXOWA-MALI KASODOLOPHU YESIBONELELO KWIZIFUNDO
uMasipala wase Breede Valley, umema bonke abafundi abafanelekileyo ukuba bafake izicelo zokuxhamla kwi Ngxowamali ka Sodolophu yesibonelelo kwezifundo Oku kuxhaswa ngemali eligalelo kwintlawulo kuphela yezifundo Abenzi-zicelo kufuneka babe ngabahlali bengingqi yo Masipala wase Breede Valley, (Worcester, De Doorns, Rawsonville, Touwsrivier), kwaye kufuneka baxhase kwaye bavumelane nembono yethu ethi Intlambo ekhethekileyo enenkathalo egqwesayo kuniko-zinkonzo ivulela amathuba kwaye iphuhlise
Ngale ngxowa-mali ka Solophu yesibonelo kwezifundo, sinika umongo kwimbono womasipala wase Breede Valley, sizama ukuphuhlisa uluntu ngokuthi sigxininise ngakumbi kulutsha Abafundi abafumana ibhasari ka-NSFAS abanalungelo lokwenza isicelo Amacandelo ezemfundo ahambelana norhulumente azakukhethwa kuqala
Abenzi-zicelo kufuneka benze izicelo ngokugcwalisa ifomu egunyazisiweyo nefumaneka kwiwebhusayithi yethu yase BVM kwii-ofi si zethu zakwa Masipala ezise namathala eencwadi (Rawsonville, Worcester, De Doorns, Touwsrivier) Kufuneka ziqulathe zonke iinkxukacha kwanamaxwebhu afunekayo Nceda uqaphele imimiselo nemiqathango / imigaqo ekwisihlomelo esiyinxalenye yale fomu yokwenza isicelo Thathela ingqalelo ukuba Lebhasari ayihlawuleli yonke imali yezifundo zonyaka ihlawulela imali yobhalisa kuphela
Ifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zithunyelwe nge posi ku: The Human Resources Manager Private Bag Worcester 6849 okanye zifakwe kwi Ofi si ye Human Resources, kwa 53 Baring Street, Worcester Imibuzo malunga nesibonelelo semali yokufunda ingajongiswa ku
Sisanda Qashosho (023 348 4983) okanye O’Ryan Wilson (023 348 4985)
UMHLAWOKUGQIBELAWOKUFAKWAKWEZIC
Breedevallei Munisipaliteit - Breede Valley Municipality 023 348 2600
www.bvm.gov.za

NGOWE: 8 Disemba 2025 @ 14:00 IZICELO EZ EMVAKWALO MHLAWOKUVALAAZINAKUHOY
UMHLAWOKUGQIBELAWOKUFAKWAKWEZICELO EZIFAKWE MHLAWOKUVALAAZINAKUHOYWA
AZIZUTHATYATHELIINKCUKACHA EZIBUBUXOKI
ZAKUKHOKELELA UKUBA ISICELO SAKHO
SINGATHATHELWA NGQALELO, KWAYE
UMASIPALAANGAKWAZI UKUMYALELA LOWO UYE WAXHAMLA KULE NGXOWA-MALI

FUND
The Breede Valley Municipality invites deserving students to partici- pate in the Mayoral Bursary Fund The financial support from the bursary fund is only a contribution to the overall cost of the study Applicants must reside within the jurisdiction of the Breede Valley Municipality (Rawsonville Worcester De Doorns, and Touwsrivier) and must support and endorse our vision of A unique and caring valley of excellent service delivery opportunities, and growth
By creating the Mayoral Bursary Fund we are embracing the vision of the Breede Valley Municipality IDP by addressing the development of human resources with a specific focus on youth Students receiving NSFAS bursaries may not apply Study fields related to local government will be given priority
Applications, submitted on the prescribed application form obtainable on BVM’s website as well as at the municipal offices and libraries (Rawsonville, Worcester, De Doorns, Touwsrivier), MUST contain all information and documentation required Please carefully note the requirements and conditions contained in Appendix A to the application form Please note that the bursary will not cover all the costs of the year of study but only helps with registration fees.
Completed application forms should be posted to: The Manager: Human Resources, Private Bag X3046, Worcester, 6849 or can be handed in at the HR office, 53 B Baring Street, Worcester enquiries regarding the bursary may be made to: Sisanda Qashosho (023 348 4983) or O Ryan Wilson (023 348 4985)
The closing date for applications is: 8 December 2025 at 14:00 AND NO LATE APPLICATIONS WILL BE CONSIDERED,
FALSE INFORMATION WILL RESULT IN DISQUALIFICATION AND THE BREEDE VALLEY MUNICIPALITY MAY ALSO DEMAND THAT ALL MONIES PAID IN TERMS OF THE BURSARY FUND ON BEHALF OF THE APPLICANT BE



APPLICANT, REFUNDED

Professionele gholfspelers het die afgelope week in die Kaapse Wynlandgholftoernooi, wat van 6 tot 9 November gehou is, sake oor 72 putjies uitgespook.
Die gholfspelers – almal ouer as 50 jaar – het om die beurt op die Worcester- en Silwerstrandbane in Robertson gespeel Die toernooi het twee pro-am-dae ingesluit, waar drie amateurspelers saam met ’n professionele speler in ’n vierbal gespeel het.
Een van die hoogtepunte van die toernooi was die Pool Transport-burgemeestersgholfdag, wat op Vrydag 7November op die Worcester-gholfbaan beslis is. Altesaam 160 spelers het aan dié pro-am-kompetisie deelgeneem om geld vir welwillendheidsorganisasies in die omgewing in te samel.
Die bekende gholfkampioen David Frost was die ambassadeur en het interessante staaltjies uit sy internasionale loopbaan gedeel.
Die weer het tydens die toernooi mooi saamgespeel met warm, helder sonskyndae en net genoeg wind om die spelers te laat kopkrap. Die professionele spelers het om prysgeld van R500 000 meegeding. Doug McGuigan het sy tiende oorwinning as ’n lid van die Sunshine Legendstoer beklink met ’n marge van vyf houe om voor gesoute spelers soos Chris Williams, ’n oud- SA kampioen van die

Professionele Gholfspelersvereniging, Bradford Vaughn, Gregg Upton, die verdedigende kampioen, en Andrew McLardy te eindig. Almal het onder baansyfer geëindig.




Enrico Claassen
Goeie nuus vir alkohol- en of dwelmverslaafdes in die Langeberg-streek, wat nie maklike toegang tot beradingsdienste het om hul verslawing te oorkom nie, is dat BOWL Addiction Treatment Services –’n organisasie sonder winsoogmerk – in Mei vanjaar ook ’n tak in Robertson geopen het.
Volgens Joe van der Berg, die stigter en uitvoerende hoof van BOWL Addiction Treatment Services, is daar ’n hoë voorkoms van veral alkohol-verslawing in die Langeberg-streek, gevolg deur tiken Mandrax-verslawing.
Hy sê dis juis om hierdie rede dat BOWL besluit het om sy dienste nader aan die mense van die Langeberg te bring.
Die nuwe tak is by Le Rouxstraat 25, Robertson.
Diegene in die Langeberg wat hul verslawing die nekslag wil toedien, kan die maatskaplike werker aan diens Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:00 by 0707435985 bel of ’n WhatsApp na dieselfde nommer stuur.
BOWL het tans takke in Worcester (Russellstraat 91) en Villiersdorp (Buitenkantstraat 2).
Van der Berg sê hy beplan om volgende jaar ’n kantoor in Ceres te open omdat daar ook ’n groot behoefte is Volgens Van der Berg het hy BOWL Addiction and Treatment Services in 2016 op die been gebring
Die organisasie is in 2017 by die departement van maatskaplike dienste geregistreer.
Van der Berg, wat op die plaas Moddergat tussen Villiersdorp en Worcester grootgeword het, vertel dat hy as kind gesien het wat die dopstelsel aan mense op die betrokke plaas doen
“Ek het op die plaas onder meer geweld binne gesinsverband aanskou –dit en die feit dat mense dwelmverslaafdes net so afskryf, terwyl daardie kind ook ’n droom gehad het.
“Wat my ook gedryf het om BOWL te begin, was ander maatskaplike euwels soos verkragting, moord en kindermishandeling, wat ’n direkte gevolg van middel-afhanklikheid is.”
Volgens Van der Berg sou BOWL aanvanklik net hulp aan kinders van 13 tot 17 jaar oud verleen.
Hy sê daardie deel van die beleid is egter gewysig nadat sy organisasie bewus geword het van ’n sesjarige seun wat aan dagga verslaaf was en ’n 75-jarige oom wat aan Mandrax verslaaf was.
Van der Berg sê sedert Desember verlede jaar het al hoe meer dobbelverslaafdes ook na BOWL begin uitreik.
“Aangesien dobbelverslawing iets heeltemaal nuuts is vir ons hier by BOWL, het ons na die nasionale dobbelraad uitgereik.
“Die raad het ons personeel in Junie vanjaar kom oplei hoe om dobbelverslawing te hanteer.
“Deesdae reik al hoe meer dobbelverslaafdes van Worcester na ons uit. Daar is ’n redelike toename daarvan.”
Volgens Van der Berg het BOWL onlangs ’n verwysing uit De Doorns gehad van ’n 16-jarige seun wat aan aanlyn dobbel verslaaf is.
Hy sê die seun het aan ’n vertroueling by sy skool genoem hy vermoed hy het ’n dobbelprobleem omdat hy angstig en kwaad word wanneer hy nie geld het om ’n koopbewys te koop om aanlyn te dobbel nie.
Van der Berg vertel van ’n vrou wat besluit het om van haar man – wat ’n dobbelverslaafde is – te skei omdat haar gesin gereeld gedreig word deur mense by wie hy geld geleen het om te dobbel.
“Die man self het gewelddadig begin raak. Hy het al die televisie stukkend gegooi as hy nie geld vir dobbel het nie.”
Van der Berg gaan verder deur te sê sy organisasie is die enigste in die Kaapse Wynland-distrik wat geregistreer is om nasorgdienste te lewer.
Dit is nou waar hulle diegene wat hul behandeling voltooi het, help om in die gemeenskap te herintegreer
Van der Berg sê geld, kospakkies vir hul kliënte en kantoormeubels is van BOWL se grootste uitdagings
Volgens hom is BOWL voorts op soek na vrywilligers uit die gemeenskap om sy kliënte te bemagtig met vaardighede waaronder breiwerk en rekenaarklasse. Vir dié doel kan Van der Berg by 0233464749 gebel word.
•Enigiemand in die Breedevallei en Overberg wat met hul verslawing hulp benodig, kan die volgende nommers skakel of ’n WhatsApp stuur na 0824706857 (Breedevallei) en 0707247139 (Overberg).
KykNET-kykers kan solank die lippe aflek vir die geïnspireerde disse en liefde vir kosmaak wat 16 Suid-Afrikaners binnekort gaan deel.
Kokkedoor: Son & see is van Donderdag 20 November om 20:00 ’n hoofgereg op die kykNET-spyskaart.
Vir die tiende seisoen van Kokkedoor trek die program nie net ’n ander voorskoot aan nie, maar kry dit ook twee nuwe beoordelaars – die gerekende koskenners Herman Lensing en Yolani Abrahams.
Beide is gekwalifiseerde sjefs en het al diep spore in die Suid-Afrikaanse koslandskap getrap.
In Kokkedoor: Son & see val die kollig op die nostalgiese rol wat kosmaak in ’n familieverband speel en die manier waarop dit soos ’n goue draad tussen verskillende geslagte loop. ’n Handvol unieke bestanddele onderskei dit van die vorige Kokkedoor-reekse:
Die deelnemers is slegs huiskokke, en daar is nie kinkelkokke (wat ’n professionele sjefsagtergrond het) nie.

Daar is agt spanne, wat elk uit twee familielede bestaan. Spanlede het ’n generasiegaping van minstens 20 jaar. Die reeks bestaan uit agt episodes.
Die deelnemers aan Kokkedoor: Son & see se ouderdomme wissel tussen 18 en 64, en hulle kom van dwars oor Suid-Afrika – van plekke soos Aberdeen in die Oos-Kaap tot Vryheid in KwaZulu-Natal en van die Paarl in die Wes-Kaap tot Pretoria in Gauteng. Die diverse groep deelnemers se beroepe sluit “snoepietannies”, ’n pastoor,
Danksy die Breytenbach- klassieke konsertreeks kan musiekliefhebbers tussen vandeesmaand en Mei 2026 na ’n seisoen met sewe konserte deur professionele én opkomende musici uitsien – al die musikante het ’n verbintenis met Wellington en die breër Drakensteinvallei.
Die eerste konsert, Die mag van twee, met die bekroonde orrelis Winand Grundling en die pianis Louna Stofberg, het die afgelope Sondag (9November) in die NG kerk Wellington-Noord plaasgevind.
Die konsertreeks bring ’n gebalanseerde verskeidenheid kunstenaars na Wellington –van gevestigde professionele musici in produksies soos Brahms tot Blues, Die storie van Vivaldi se “Vier Seisoene” en All by myself, met die internasionaal bekroonde Steinwaypianis Charl du Plessis en samewerkingskonserte met plaaslike kore en jong musikante.
Opkomende talent sal ook gehoor word in ’n jeugkonsert waarin die kollig op leerders en vriende van die Frank Pietersen-musieksentrum in die Paarl val.
Die reeks eindig op ’n hoë noot met ’n simfoniese samekoms. Die Wynland Filharmoniese Orkes sal saam met plaaslike laerskoolkore optree – ’n viering van oud en jonk, professioneel en amateur, gevestig en opkomend.
Die meeste konserte sal in Wellington plaasvind, met die gerestoureerde Goodnowsaal as hoofvenue. Ander sale sluit in die NG kerk Wellington-Noord, terwyl venues elders in die Drakenstein-omgewing ook gebruik sal word.
Kaartjiepryse wissel tussen
R100 en R150 per persoon
Die Breytenbach-klassieke-
konsertreeks word moontlik gemaak deur die Rupert-musiekstigting, in samewerking met die Paarl Arts Hub, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus, die Wellington-Noord Geloofsgemeenskap en die Paarl se Frank Pietersen-musieksentrum.
•Stuur e-pos na info@ breytenbachsentrum.co.za of hou die sentrum se Facebookblad dop vir nog inligting. Brahms to Blues
Met Tertia Visser Downie (klavier) en Petrus Coetzee (altviool) – ’n meesleurende program wat die warmte van Brahms en Schumann verbind met die karakter van Enesco en moderne musikale invloede.
Albei kunstenaars is oorspronklik van Wellington en bring hul internasionale ervaring vir hierdie spesiale uitvoering saam
Datum: 7 Desember
Tyd: 16:00
Plek: Goodnow-saal, Wellington
Kaartjies: Quicket en by die deur.
The Story of Vivaldi’s “Four Seasons”
Met Piet de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (kontrabas). ’n Vernuwing van Vivaldi se geliefde meesterwerk met verhale, poësie en historiese kontekstualisering wat die musiek opnuut laat leef. Vertalings van die oorspronklike Italiaanse sonette is deur dr. Dawid de Villiers. Dit is ’n toeganklike en verrassend intieme vertoning vir oud en jonk.
Datum: 15 Februarie 2026; 16:00
Plek: Goodnow-saal, Wellington
Kaartjies: Quicket en die deur.
marking en besigheidsregistrasies en kom van De Tijger in die Wes-Kaap.
• Yvette Malan (60) en Francisca (35) Momberg (ma en dogter).
Yvette kom van ’n plaas 45km noord van Lephalale (Ellisras) in Limpopo en is ’n eiendomsagent.
Francisca bly saam met haar gesin op dieselfde plaas as haar ouers en is die bestuurder by ’n winkelsentrum.
• Frans (51) en Una-belle (18) van Wyk (pa en dogter)
Frans, wat oorspronklik van Namibië is, is die eienaar van ’n koffie-en-blommewinkel in die Paarl en is ook ’n geleentheidsbeplanner.
Una-belle is ’n matriekleerling aan die Hoër Meisieskool Paarl.
• Marianne du Plessis (64) en Ronelle de Klerk (39) (tannie en susterskind).
padstal-eienaars en ’n programmeerder in, en die oudste deelnemer bestuur ’n veldkombuis by die AfrikaBurn-fees. Die deelnemers is:
• Anton (64) en Stefvan (37) Stemmet (pa en seun). Anton is ’n oud-onderwyser en afgetrede kommersiële visserman van Yzerfontein in die Wes-Kaap. Stefvan is betrokke by be-
Marianne is ’n afgetrede verpleegster van Kuilsrivier in die Wes-Kaap en bestuur ook ’n veldkombuis by die AfrikaBurn-fees
Ronelle is ’n argitek van Ballito, waar sy die afgelope 12 jaar haar eie praktyk, RANFT Architects, bedryf
• Shireen (50) en Reuven-Jon (21) Kadalie (ma en seun)
Shireen is ’n bedryfsbestuurder en woon in Burgundy Estate in die noordelike voorstede van
Kaapstad.
Reuven-Jon, oftewel RJ, is ’n programmeerder en voltydse model en bly saam met sy ouers
• Andrew Anderson (57) en Leoné Smit (30) (pa en dogter) Andrew is ’n pastoor by AGS Lig & Lewe in Mtunzini in KwaZulu-Natal.
Leoné is ’n tuisteskepper en boervrou, wat op ’n plaas in die distrik van Vryheid in KwaZulu-Natal woon.
• Caroline Linde (55) en Anél van Niekerk (32) (ma en dogter) Caroline is ’n “snoepietannie” by die Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) en gekwalifiseerde somatoloog van Pretoria in Gauteng Anél is, soos haar ma, ’n “snoepietannie” by die Laerskool Tygerpoort.
• Hanna (58) en Dirk (29) van der Westhuizen (ma en seun) Hanna is die eienaar van die kenmerkende goudgeel Kamdebo-padstal by Aberdeen in die Oos-Kaap.
Dirk bestuur die padstal die afgelope jaar en hy is die mede-eienaar van KamdeboPadstal|Bistro|Negosie.
•Kokkedoor: Son & see begin aanstaande Donderdag (20November) om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up te sien wees.
Pastry chef Alison Greenlees said the kitchen was a big part of her life for as long as she could remember. Starting off as a toddler and licking clean the mixing bowls and wooden spoons that her mother used while making cakes and cookies, through to her high school years, she spent every free moment in the kitchen creating pastries and other delicious things to eat.
“I just love being in the kitchen. It’s my happy place and I knew from a very early age that baking was something I wanted to do for the rest of my life,” she said.
The 24-year-old Sandbaai resident is now the pastry chef at Hame, a popular restaurant and whisky bar in Hermanus.
Greenlees grew up in Johannesburg and, after matriculating in 2019, enrolled at Capsicum Culinary Studio’s Rosebank campus for the Professional Patisserie Course.
ALISON’SAPPLE-TARTINGREDIENTS:
For the pastry:
200 g unsalted butter, at room temperature
100 g icing sugar
300 g flour
1 tsp vanilla essence
1 egg
Pinch of salt
Method:
Cream butter until smooth and light in colour. Add in icing sugar and beat together for 1 minute. Stir in the egg and vanilla essence, then add the flour and salt and mix until just combined. Don’t over mix. Wrap in clingfilm and allow to rest in the fridge for at least 1 hour. While it is resting, make the apple tart filling
Ingredients: For the filling

4 apples
45 g flour
115 g unsalted butter
100 g brown sugar
100 g caster sugar
1 to 2 tsp cinnamon
½ tsp salt ¼ cup water
Method
Preheat oven to 180°C Place all the ingredients in a sauce pan and heat until butter has melted, and sugar is slightly dissolved and you have a thick but runny consistency. Remove from heat and set aside to cool slightly.
While the filling cools remove the dough from the fridge and using two thirds of it, spread it out in a tart dish, ensuring an even spread on the base and sides of the dish You do not need to roll the dough out just press it into the dish in small sections. Next, peel, core and slice the apples and arrange them on the tart base.
Use the other third of the dough to cover the apple slices
Have fun with the design for your top pastry, but a simple lattice works beautifully. Roll out the pastry and cut into 1,3 cm wide strips
Arrange the lattice on top of the apples, allowing for decent gaps between the pastry to accommodate the filling Once the pastry top has been completed, grab your cinnamon filling and pour over the lattice, allowing it to run between all the gaps and gather around the apples. Do not overfill. This filling should not drown the apples, a little goes a long way
Place in oven and bake until golden brown Remove from oven and allow to cool for a few minutes to allow the pastry to firm up Removing it from the dish too soon will cause the pastry to break.
Serve warm with a big scoop of vanilla ice cream or a dollop of whipped cream.

Luciano du Toit
Met die 7’s-seisoen nou behoorlik aan die gang, het Gelsquad op 1 en 2 November 2025 aan die Forward Foundation-7’s-toernooi by die bekende Markötter-veld by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch deelgeneem – en die span het gewis sy merk gelaat.
Hoewel Gelsquad sy basis in Worcester het, sluit die span spelers in van Worcester, Montagu, Robertson en omliggende dorpe, met talent wat van reg oor die Boland en selfs uit Kaapstad aansluit. Verskeie van hierdie spelers neem tans aan die Boland-Top-12-kompetisie deel en sal ná die kompetisie by Gelsquad aansluit.
Gelsquad het ná ’n moeilike eerste dag op dag twee in vernietigende vorm teruggekeer. Hy het in die Bowl-halfeindstryd ’n intense wedstryd teen Macassar met 20-14 gewen voordat hy in die Bowl-eindronde die Stellenbosh Academy of Sport (SAS)-uitnodigingspan met 34-7 oortuigend verslaan het.
Die SAS-span bestaan uit spelers wat elke dag 7’s-rugby as deel van ’n professionele sewesprogram leef – wat
die oorwinning vir Gelsquad nóg meer indrukwekkend maak.
Die SA nasionale uitnodigingspan, wat sterre soos Christie Grobbelaar (ook van Worcester), Zain Davids, Donovan Don en ander Blitsbokke ingesluit het en wat gereeld in die HSBC World Rugby Sevens Series te sien is, het uiteindelik die hooftoernooi gewen
Lleyton Davids van Gelsquad was een van die top-driedriedrukkers van die hele toernooi, en saam met sy span het hy ook die vinnigste drie van die toernooi aangeteken – in net 10 sekondes ná die afskop!
Met die seisoen in volle swang fokus Gelsquad nou op sy volgende uitdaging op 15November, wanneer hy aan ’n uitnodigingstoernooi, aangebied deur SAS, gaan deelneem Slegs verkose spanne neem aan hierdie elite-geleentheid deel, wat weer by die Markötter-velde in Stellenbosch plaasvind – dieselfde terrein waar die Forward Foundation 7’s aangebied is.
Gelsquad se momentum is aan die opbou – en dié span van Worcester is gretig om weer te wys wat regtig met elemente soos spangees, karakter en harde werk bereik kan word.




November - end December









MARAIS, KEITH DAVID
D.O.B: 25.02.1961 - D.O.D: 06.11.2025
Memorial service will take place Saturday, 15 November 2025 at 10:00 at St. James The Great Anglican Church, Waterloo Street.
Thank you Dad, thank you Shark for every cherished memory. Forever in our hearts. Bronny, Erinn and Mila
Thank you for countless memories and adventures Love you moons Daddy. Yvette and Warren
Our beloved brother and friend. Rest in peace, till we meet again. Bul and Liezel
Rus sag my neef, ek gaan ons kuiers en geselsies baie mis. David
We are deeply saddened by the loss of Keith David Marais Rest in peace. January, Marais and Du Plessis family
In loving memory of our dear brother, brother-in-law and uncle Keith David Marais. May his dear soul rest in peace. Kies, Crowder and Solomons family
Though words cannot heal the pain, may your memories guide a light Rest in peace Boeta Clarke and Zaitoen

APRIL, JAMES OWEN
GEB: 23.12.1961 - GEST: 04.11.2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 15 November 2025 om 08:00 by Jasonstraat 66, Riverview en om 09:00 by VGK Worcester-Suid kerk, Swartstraat.
Gone from this world maybe but forever in our hearts dearest brother. Rest peacefully. Lizette and family

DE BRUIN, JAMIE-LEE M.
GEB: 10.11.2005 - GEST: 01.11.2025

MATTHYSEN, REGINIA JULEAN
GEB: 31.07.1963 - GEST: 09.11 2025

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 15 November 2025 om 08:00 by Taambaystraat 54, Roodewal en om 09:00 by A.M.E Calvery Kerk, Excelsiorweg, Hexpark

JACOBS, REMAYO DESMOND GEB: 12.12.1963 - GEST: 03.11.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 15 November 2025 om 09:00 by Woonstel A-19, Roodewal en om 10:00 by VGK Worcester-Suid Kerk, Swartstraat.

AVONTUUR, DOROTHY
GEB: 02.03 1959 - GEST: 06.11 2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 15 November 2025 om 09:00 te Helenastraat 47, Victoriapark Privaat verassing. Roudiens is Donderdag, 13 November 2025 om 18:30 te Helenastraat 47 Liefste Ma, ouma en skoonma vir 66 jaar was jy ons steunpilaar. Ons vind berusting met die wete dat Mamma by Jesus is.









NOTICE OF PUBLIC PARTICIPATION PROCESS in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act 107 of 1998), as amended (NEMA) and the Environmenta Impact Assessment (EIA)Regulationsof2014,asamended forthefollowingproposedproject:
KENNISGEWING VAN ‘N PUBLIEKE DEELNAME PROSES in terme van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 1998 (Wet No. 107 van 1998) soos gewysig (“Wet op Nasionale Omgewingsbestuur”) en die Omgewingsimpakstudieregulasiesvan2014,soosgewysig,virdievolgendeprojek:

Donderdag, pl DiekommentaarperiodeisvanVrydag,14November2025totWoensdag,7Januarie2026 Virmeerinligting,omteregistreeras‘nB&GP en/ofomkommentaarintedien sienkontakbesonderhedehieronder


PietHermanis
Nie eens die bloedige hitte kon die afgelope Saterdag (8 November) keer dat meer as 80 leerders tussen 6 en 9 jaar oud opgewonde vir die rugby-ontwikkelingskliniek, wat deur Villagers Worcester, die Boland Rugby- unie en Rainbow Chickens aangebied is, opgedaag het nie.
Bolandpark was ’n miernes van bedrywighede Waar daar gewoonlik skrums is en skeidsregters fluitjie blaas, het jong seuns én meisies op die veld verskyn
“Hierdie is waar dit alles begin,” het Thomas Jacobs, Villagers Worcester se ontwikkelingsbeampte, gesê “Ons bou nie net spelers nie – ons bou selfvertroue, spanwerk en karakter ”
Onder leiding van die hoofafrigter, Basil John, en sy span ervare afrigters – Marco Arries, Elroy Daames, Iven Klein, Wendell
Wehr en Emile Nobel – het die jong deelnemers aan ’n gestruktureerde, prettige program deelgeneem
Die dag se aktiwiteite het opwarming en strek-oefeninge, basiese rugbyvaardighede soos gooi, vang, duik- en voetwerk asook pretaktiwiteite soos raakrugby, afloswedlope en selfs ’n rugby-skattejag ingesluit
Die dag is met afrigtingswenke en aanmoediging van Villagers Worcester se helde afgesluit
Hoewel die temperatuur bykans 40 °C bereik het, het die entoesiasme van die kinders die hitte ver oorskadu
“Hulle het gespeel asof dit ’n wêreldbeker-eindstryd was,” het die afrigter Elroy Daames met ’n breë glimlag vertel
Een van die hoogtepunte was die opwarmingsessie, wat deur die afrigter Iven Klein aangebied is
“Ek wou darem nie té hard wees op hulle nie – dis mos 6- tot 9-jariges!” het Klein gelag
“Maar toe ek sê ons gaan rustig begin, roep hulle: ‘Coach, moenie terughou nie!’ Toe weet ek – hier’s nie speletjies nie – dis mini-Villagers in die maak!”
Wat as ’n sagte opwarming bedoel was, het vinnig in ’n energieke oefensessie vol spronge, draaie en ’n gelag verander Aan die einde het sommige volwassenes langs die kant begin wonder of húlle nie dalk eerder water moes drink en die kinders die afrigting moes gee nie
“Daai kinders het nie net my verwagting oortref nie – hulle het my amper uit die wedstryd gehardloop,” het Klein geskerts
Die skole wat deelgeneem het, was Roodewal Primêr, Hexpark Primêr, Overhex Primêr, Victoria Park Primêr en Moslem Primêr, sowel as ’n paar spontane deelnemers
In samewerking met Rainbow Chickens het elke deelnemer ’n geskenkpak met ’n waterbottel, T-hemp en koelhouer ontvang Die kinders is daarna met ’n ete en yskoue koeldrank bederf
“Mense praat altyd van bloed, sweet en trane Vandag was dit meer sweet en smiles!” het Piet Hermanis, koördineerder van die kliniek, gesê
Volgens hom was die dag ’n groot sukses
“Ons is trots op elke leerder en dankbaar teenoor die skole wat hul leerders hierdie geleentheid gegee het Dit is ontwikkelingswerk op sy beste – hier begin die toekoms van Boland Rugby ”
Young Hamiltons RVK het Vrydagaand sy spelers wat vanjaar uitgeblink het, vereer. Dié glansgeleentheid is in Worcester se stadsaal gehou.
Die program, wat Hammies-ondersteuners van die seremoniemeester tot die gasspreker bevat het, het goeie aanklank by die gaste gevind en elke toekenning is luidkeels toegejuig ’n Boodskap van hoop en samehorigheid, waarvolgens Young Hamiltons as een alle uitdagings op sy pad moet aandurf, is deur die gasspreker beklemtoon.
Die voorsitter, Melvin Oerson, het alle rolspelers bedank en genoem dat dit vorentoe net beter met die klub kan gaan.
Toekennings: Eerste span
Voorspeler van die Jaar: Lethan de Bruin
Agterspeler van die Jaar: Damian Hopley
Speler van die Jaar: Yushwin Hattingh
Mees toegewyde speler: Raldon Rooi
Mees opkomende speler: Marquinn
Swarts
Mees gedissiplineerde speler: Garth
Jacobs
Beste driedrukker: Ghanton Ceaser
Alver Uys
’n Nuwe geslag duiweboere is hier in Worcester en omgewing besig om hul stempel behoorlik af te druk nadat hul ouers en voorouers voorheen met welslae aan duiwe-wedvlugte deelgeneem het.
Nadat heelwat lede van die duiweklub Worcester Racing Pigeon Club (WRPC) in Oktober 2024 by die nuutgestigte Winelands Racing Pigeon Union (WRPU), met dorpe soos Worcester, Wolseley en Ceres aangesluit het, het verskeie duiweboere van Worcester behoorlik hul staal in die nuwe unie begin toon.
Boonop is een van hierdie duiweboere, Anver Sedan, as die nuutgestigte unie se eerste voorsitter verkies.
Die einste Sedan het sommer sy stem dikgemaak deur nie net as sy klub (WRPC) se kampioen vir vanjaar gekroon te word nie, maar ook as sy klub en unie se middelafstand- en langafstand-kampioen aangewys is Sedan was ook sy klub se kampioen in 2023, maar het nie in 2024 mededingend deelgeneem nie omdat hy na ’n nuwe omgewing getrek het en sy duiwe eers moes aanpas. Boonop was daar twee weke voordat die 2024-seisoen sou begin
Diewe het by sy hokke ingebreek en heelwat van sy duiwe gesteel. Hoewel hy danksy mede duiweboere heelwat van sy gesteelde duiwe teruggekry het, het hy gewag tot vanjaar om weer sy staal te toon. En het hy dit behoorlik en deeglik gedoen.
Nie net het hy 59 plekke (posisies onder die eerste 10 plekke) met sy duiwe losgevlieg nie, maar hy spog ook algeheel met vier eerste plekke, agt tweede plekke, vyf derde plekke, vier vierde plekke en ses vyfde posisies Boonop is hy nie

net as sy klub se kampioen aangewys nie, maar hy is ook as sy unie se algehele kampioen gekroon. Hy is ook as sy klub en unie se middel- en langpad-kampioen gekroon en het die algeheel derde plek by sy klub en unie ná Dan Marone in die kortpad-afdeling behaal Wesley Soldaat, nog ’n jong duiweboer wat ook in sy oorlede pa se voetspore volg, was algeheel derde in sy klub en tweede in die unie terwyl Marone algeheel derde in die unie en in die tweede plek by sy klub geëindig het. Dit was voorwaar tekenend dat hierdie nuwe generasie duiweboere gekom het om te bly en die gewilde sportsoort trots te maak.
Beste puntemaker: Ussiell Langeveldt
Toekomstige agterlynspeler: Aiden
Abrahams
Toekomstige speler: Renaldo Lukas
Waardevolste agterlynspeler: Ussiell
Langeveldt
Waardevolste voorspeler: Rowydil Martin
Tweede Span
Voorspeler van die Jaar: Devanté Stevens
Agterspeler van die Jaar: Henrique
Lakay
Speler van die Jaar: Lester Mariema
Derde span
Voorspeler van die Jaar: Eastwill
January
Agterspeler van die Jaar: Ra’eeq Arendse
Speler van die Jaar: Joshua Williams
Span van die Jaar: derde Span
Provinsiale kleure: Waylon Pienaar
Waarderingstoekenning: Irwin Malapi, Lorenzo Jacobs, Charljon Beukes
Drie van die Jaar: Damian Hopley en Luciano Truter (derby)
Spelers se Speler van die Jaar: Yushwin
Hattingh
Sportman van die Jaar: Shaurick Blom


Donderdag, 13 November 2025

sementwerke cement works Sedert 1954 Since


(

Alver Uys
Worcester Villagers, of Villa, het die afgelope Saterdag (8 November) op sy tuisveld, Bolandpark, seker gemaak dat hy sy plek vir Boland se Top-12-halfeindronde bespreek deur die besoekende Van Rhynsdorp Eagles met 57-5 af te ransel – nadat Villa teen rustyd reeds met 26-5 voor was
Met hierdie oorwinning het Villa ook seker gemaak dat hy komende Saterdag (15 November) teen die Weskusspan Saldanha te staan kom – en sy bure, Robertson Town, die Wellingtonse span Roses United die stryd moet aansê vir ’n plek in 22 November se eindstryd, ook in Bolandstadion in Wellington Villa se wedstryd is op ’n somber noot voorafgegaan toe sy gewilde kaptein, Edward Haas, vir sy laaste keer voor sy tuisskare voor gedraf het, voordat hy ná vanjaar se toernooi gaan halt roep ná 24 jaar van kompeterende rugby – sedert sy laerskooldae as tjokker by De Tuinen Primêr.
Villa het sommer met die afskop sy intensies duidelik uitgespel deur geweldige druk op die besoekers toe te pas. Eagles het aanvanklik die druk pragtig verwerk, voordat Percy Basson (buitesenter) ná ’n kraglopie die tuisspan se telling met ’n onvervyfde drie aan die rol gesit het. Hy volg dit vyf minute later op met nog ’n drie wat Elton Mfundisi (heelagter) vir ’n 12-0 voorsprong verdoel. Nou heeltemal in beheer boer Villa vir goed tien minute op die besoekers se doellyn en kon kaptein Haas ná agt skrums op Eagles se doellyn oorgaan vir sy drie wat Mfundisi verdoel om Villa met 19-0 te laat voorloop. Hierna volg ’n onderonsie tussen

het ’n eenrigtingkaartjie
die twee pakke voorspelers wat uitloop op ’n rooikaart vir Villa se slot, Moegammad Diederichs Eagles kry hierna sy eerste en ook enigste drie toe Neethling Slabbert (regtervleuel) in die hoekie oorgaan vir ’n onvervyfde drie Kort voor rustyd gaan Villa se skrumskakel, Girshwin Joubert, oor vir ’n drie wat Mfundisi verdoel om Villa met 26-5 te laat voorloop. Ná rustyd en met ’n hele paar vars
bene op die veld, neem Villa volle beheer oor en begin die telling met reëlmaat aangroei. Eers gaan Carrick Kustoor (losskakel) oor vir ’n onvervyfde drie en kort daarna gaan Dwayne Atkins (plaasvervangervleuel) ook oor vir nog ’n onvervyfde drie om die telling na 36-5 te laat groei. Toe volg Ederies Arendse (binnesenter) se drie wat Mfundisi verdoel om die telling na 43-5 te rek. Hierna gaan nog ’n plaasvervangerslot, Nazeem
Bam, oor vir sy drie en met Mfundisi se suksesvolle doelskop verskyn die vyftigtal op die telbord. Hierna gaan Gurshwin Africa (plaasvervanger-skrumskakel) oor en verdoel Mfundisi om Villa met 57-5 te laat eindig.
Saterdag speel Villa teen Saldanha in die een halfeindstryd, terwyl sy bure, Robertson Town, teen Roses United te staan gaan kom vir ’n plek in 22 November se eindstryd.
Worcester Legends se sokkerspanne vir spelers van ouer as 35 en ouer as 45 het gedurende die naweek van 31 Oktober tot 2 November aan die Silver Spurs-toernooi by die Johnson Road-sportkompleks in Rylands in Kaapstad deelgeneem. Hulle het Worcester se naam hoog gehou met die span (ouer as 35 jaar) wat gemengde welslae teen gedugte teenstanders soos Rygersdal, Baltic en Kensington behaal het en uiteindelik die plaateindstryd teen Blue Bells in ’n titaniese stryd met 2-1 gewen het. Die spelers het hul lywe op die spel geplaas om die plaateindstryd te wen. Volgens die spanbestuurder, Elrick Booyse, sien hy net goeie dinge vir sy span in die nabye toekoms. Die span vir spelers ouer as 45 jaar het net so hard gespeel teen spanne soos Atlantis, Mzanzi, Hanover Park, Cape Town Spurs en Cape Legends, wat ’n voormalige Bafana-Bafana-speler in hul geledere gehad het. Worcester Legends het in ’n senutergende wedstryd teen die wenner van die toernooi, Hanoverpark, met 3-2 in die halfeindstryd verloor.
Dié sokkerspelers van Worcester het gewys dat hulle nog ver van oud af is en het toeskouers met hul vaardighede en vlugtige voete verstom Theo Simons, die trotse spanbestuurder, was net vol lof vir sy spelers. Die twee spanne sien reeds uit na volgende jaar se toernooi.

