2 dec namib times newspaper e-edition

Page 4

4 NAMIB TIMES

CRIME & COURT

Twee moorde oor naweek Marshallino Beukes

Die Erongo polisie het aangedui dat twee moorde die afgelope naweek in Swakopmund en Karibib, onderskeidelik, gepleeg is. Volgens die polisiewoordvoerder is die moord in Karibib op 27 November, omstreeks 02:24 gepleeg. Die oorledene was blykbaar by ‘n nagklub en het ‘n dame wat met haar skoonfamilie daar gekuier het genader vir geselskap. Die dame en haar skoonfamilie het skynbaar die nagklub verlaat en na hul woonplek gestap, met die oorledene wat blykbaar ook gevolg

het. Hy het blykbaar buite die woning rondgedrentel, waarna twee mans wat in die huis was hom aangeval en met ‘n mes doodgesteek het. Die oorledene is as Nikodemus Hansen (55) geїdentifiseer. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en het gister in die Karibib Magistraatshof verskyn. ‘n Voorval in Swakopmund se DRC nedersetting het tot

die dood van Sakeus Shakepange (29) gelei. Volgens die polisie het die voorval Vrydagoggend tussen 4:00 en 5:00 plaasgevind. Die oorledene het blykbaar ‘n woning waar persone besig was om partytjie te hou, genader, nadat hy onder die indruk verkeer het dat dit ‘n shebeen was. Hy wou blykbaar N$50 lugtyd koop, maar die geldnoot is uit sy hand gegryp

deur ‘n onbekende manspersoon. Die polisieverklaring dui aan dat hy hierna die persoon met ‘n bottel geslaan het. Ander mans het skynbaar uitgestorm en die oorledene met ‘n onbekende voorwerp aangerand. Hy is na die staatshospitaal in Swakopmund geneem en op pad na Windhoek het hy aan sy beserings beswyk. Die verdagtes is in hegtenis geneem.

2 DECEMBER 2014

Lagoon steeds fuifplek Liesl Losper

Met die vakansietyd wat amptelik afskop het, word stil, rustige plekke soos die Walvisbaaise strandmeer opgesoek deur ongure karakters wat dit in ‘n uiters swak toestand agterlaat, na hulle fuifsessies. Sondagnamidag omstreeks 17:10, is die namib times deur Frans Pinhas, een van die Walvisbaai strandmeer toergidse gekontak. Met ons aankoms het hy die toneel aangedui waar ‘n groep die terrein in ‘n vieslike toestand agtergelaat het. Frans was hoogs onsteld – hy sê as gids sien hy dikwels hoe mense die oewer misbruik vir fuifpartytjies. Hy sê gebuikte kondome

moes ook al verwyder word, en as die plek so vuil agtergelaat word, skrik dit toeriste af as hulle op so iets afkom. Hy het opnuut ‘n beroep op inwoners gedoen, om sodanige gedrag onmiddellik te rapporteer, sou hulle daarvan bewus word. Mnr Kevin Adams van die munisipaliteit sê die skoonmaak van die lagoon is nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie, maar siende

dat dit soms ’n oogseer is, word dit wel van tyd tot tyd deur ’n span munisipale werkers gedoen. Die gebied self val onder die vaandel van die Ministerie van Omgewingsake en Toerisme.” Hy het dit ook duidelik gemaak dat die skoonmaak van die grasperke langs die meer, die verantwoordelikheid van die Munisipaliteit is en dat dit daagliks aandag geniet.

Pensioenaris aangerand ‘n Bekende inwoner van Henties-

baai, mnr Freddie Carstens (83) het ligte wonde opgedoen Donderdag in die vroëe oggendure, nadat hy die slagoffer was van ’n inbraak.

Die wonde wat mnr Freddie Carstens aan sy been opgedoen het tydens die inbraak voorval

Volgens sy seun, André Carstens, het sy pa wakker geword en gesien dat iemand met ‘n flits in die huis rond beweeg. In die geharwar is sy pa beseer en die vermeende inbreker het die hasepad gekies.

Presies hoe mnr Carstens Snr beseer was is nie duidelik nie en geen klag is by die polisie gelê nie. Volgens André doen sy pa goed en almal is verlig want dit kon baie erger gewees het.

Court REPORT Walvis Bay

Magistrate’s Court 27 November Tamsyn Wood (20) appeared on a charge of assault - assault with the intent to do grievous bodily harm. Matter is postponed to 18 February 2015. Venesie Brandt (37) appeared on a charge of culpable homicide (vehicle accident) and the 1st alternative to count one is reckless or negligent driving read with the Road Traffic Act. Matter is postponed to 18 February 2015. Manaso Mberura (18) appeared on a charge of rape. Matter is postponed

to 2 February 2015. MeryL Ward (46) appeared on a charge of fraud. Matter is postponed to 15 January 2015. The charge of rape against Michael Gonteb (31) was struck from roll. Kaandowa Rehabiam (41) appeared on a charge of fraud (cheque) and the 1st alterative to count 1 is theft. Matter is postponed to 11 June 2015. A sentence of 8 months imprisonment or a fine of N$4 000 was imposed on Karl-Heinz Werner Blum (32) on a charge of reckless or negligent driving read with the Road

Traffic Act. Ruusa Tonata (25) appeared on a charge of theft. Matter is postponed to 22 January 2015. The charge of assault - assault common was withdrawn against Imelda Lorencia Majiedt (32). A warrant of arrest has been issued for Chris Geibeb (28) on a charge of housebreaking with the intent to steal and theft. The accused is at large. Doeseb Romanus (45) appeared on a charge of theft. Matter is postponed to 13 January 2015. A sentence of 12 months imprisonment or a fine of

N$5 000 was imposed on Marias Xenophon (53) on a charge of driving under the influence of intoxicating liquor read with the Road Traffic Act. A sentence of 90 days imprisonment or a fine of N$1 000 was imposed on Immanuel Gabriel (38) on a charge of displaying a licence number not applicable to the vehicle read with the read traffic Regulations. Job Nuusiku Johannes (21) was sentenced to 30 days imprisonment or a fine of N$500 on a charge of theft.

Die vullis (bo) wat bymekaar gemaak was na besoekers die naweek geniet het langs die lagoon (onder)

EMERGENCY NUMBER UPDATE Correct emergency numbers for Walvis Bay AMBULANCE

LIFE LINK 085 9247 ST GABRIEL 085 955 STATE 216 300

HOSPITAL STATE PRIVATE

216 300 218 911

FIRE POLICE ALL EMERGENCY G4S

081 922 219 052 081 922


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
2 dec namib times newspaper e-edition by Namib Times Virtual - Issuu