@agri - Uitgawe 3 - Februarie 2012

Page 23

Voorsien 'n Voermol Maxiwol-lek om te verseker dat ooie in 'n uitstekende kondisie (3 – 3,5 KP) met lam is om lamoorlewing en -lamgroei te optimaliseer.

grootpens van die skaap afgebreek word (Corbett, 1987), is dit noodsaaklik dat deurvloeiproteïen ook op groenweidings aangevul word. · Sowat 30% ooie met tweelinge en 10% met enkelinge produseer nie voldoende bies op groen hawerweiding nie, terwyl 5% geen melk een uur ná geboorte weens 'n deurvloeiproteïentekort gehad het nie (Mellor & Murray, 1986). Om dieselfde rede het 33% van ooie met tweelinge gedurende koue, nat toestande nie genoeg bies op grasklawerweiding geproduseer nie (Murphy et al., 1996). Is enige tipe aanvulling geskik vir laatdragtige ooie?

· Laatdragtige ooie wat in Australië net hawerpitte as byvoeding ontvang het, se biesproduksie met lam en die eerste ses uur daarna was laer of dieselfde as die ooie wat geen byvoeding ontvang het nie weens 'n deurvloeiproteïentekort (Hall et al., 1992). · Vermy die gebruik van gemufte ruvoer omdat dit tot aborsies aanleiding kan gee (Weatherup, 2006). · Moenie 'n kompromis aangaan oor die gehalte en hoeveelheid deurvloeiproteïen in lekke nie. Is die aanvulling van deurvloeiproteïen noodsaaklik? · Deurvloeiproteïen moet op beide droë en groenweiding

aangevul word. · Die aanvulling van deurvloeiproteïen gedurende die laaste drie weke voor lam, het die geboortemassa van tweelinge met tot 25% verhoog (Robinson, 1983). · Die ontwikkeling van die uier is direk afhanklik van die hoeveelheid deurvloeiproteïen ingeneem (Robinson, 1990). · Deurvloeiproteïen is die voedingstof wat die grootste invloed op die biesproduksie van die ooi het. Die verhoging van die aanvulling van 'n hoë deurvloeiproteïenbron (vismeel) vanaf 131 tot 210g/ooi/dag gedurende laatdragtigheid het die biesproduksie gedurende die eerste drie uur ná geboorte verdubbel (150 vs. 320g). Toe 'n

Februarie 2012

21


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.