Page 1

@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 13 • Junie 2013

Hoofartikel:

Landboudepartement kan nie begroting hanteer

Klimaatsvooruitskouing: verdere droogtetoestande

NKRPO-kongres: invoere beĂŻnvloed rooivleispryse

Sensories sensitief:

miskien is jy


Woonstel in Jeffreysbaai te koop. Ideaal vir

vakansiebelegging. Twee slaapkamers, badkamer, ingeboude stoof. Afdak. Sowat 3km vanaf die hoofstrand. Prys: R600 000. Skakel 083 708 3974.

SPM

DES GNS SPM

NS DES G

GRAPHIC | WEB DESIGN

• brochures • flyers • posters • banners • stickers • web page design • e-mail stationery • business cards • letterheads • logo’s

Stephan Vorster 082 655 3278 • stephan@spmdesigns.co.za • www.spmdesigns.co.za


 2

Redaksie

3

@agri Dagboek

4

Alfa & Omega

5

Uit my Inbox

6

Landboudepartement kan nie sy skoene vol staan nie

Voorbladfoto: Die rooivleisbedryf lyk steeds belowend. Foto: Clivé Burger

Uitgawe 13: Junie 2013

8

Verskeie aspekte veroorsaak dat rooivleispryse en vraag onder druk is

9

Nuwe databasis vir verantwoordelike gewasbeskerming beskikbaar

10

Tekort aan entstowwe is 'n skande – groot verliese word gelei

12

Baie onsekerheid in die landboubedryf – maar moontlik lig in die tonnel

13

Statistieke is soos 'n bikini...

14

Departement gee waarskuwings vir res van die winter

15

Vooruitskouing vir landbou sal alle fasette in bedryf aanspreek

19

VLV-dag in Orania het baie vir die besoeker gebied

20

Goeie pryse vir buffel, swartwitpens op veiling behaal

22

An agri-conference not to be missed

24

Boerepatentedag by Nieuwoudtville beloof groot pret

25

Boere wys ons op TV waar kom wat vandaan

26

Sintuie wat die chaos sif

@agri Clivé Burger - Redakteur 083 708 3974 agriclive@mweb.co.za

Stephan Vorster - Grafiese ontwerper spmads@iburst.co.za

Junie 2013

1




P

romises you make, is promises you keep! As kind het ons mos graag gesê: Belowe, op jou erewoord. Maar dit is duidelik dat die ANC hierin geen sin het nie. Geen van hul beloftes word ooit nagekom nie. In vandeesmaand se hoofberig lees ons weer hoe die landboudepartement in Noord-Kaap klaaglik mislik het om selfs net hul begroting suksesvol aan te wend. Dit is 'n skreiende skande dat miljoene rande van die nasionale departement bewillig word vir vloedhulp en dan word nie eens 'n derde daarvan gebruik nie. Dit terwyl boere maar self moes inspring en op eie onkostes skade op plase herstel. So ook met veldbrande wat duisende hektare weiveld vernietig het. Boere kry swaar en voer is broodnodig. Hoewel die departement sy hand uitgesteek het en hulp gegee het, skiet dit ver te kort! Miljoene rande word eerder bestee aan projekte wat net nie van die grond kan kom nie – selfs vyf, ses jaar later! Belastingbetalers se geld kan net nie so gemors word nie. Jaar in en jaar uit word mislukte projekte gefinansier terwyl kommersiële en beginnerboere eerder baie beter bygestaan kon gewees het. Die regering vergeet maklik dat Suid-Afrika se kos deur 95% kommersiële boere voorsien word. Kan hierdie land verder bekostig om kos ten duurste in te voer? Dit is ook die kommer wat veeboere vanjaar op die NKRPO se kongres uitgespreek het. Veeboere kan nie met die pryse kompeteer van vleis wat vanaf Namibië die land inkom nie. Die regering is versoek om hierdie ooreenkoms met die buurland in heroorweging te neem en te hersien.

Daar is egter nie net slegte nuus nie en die sentrale boodskap vir kongresgangers was dat daar wel lig in die tonnel is en dat produsente net moet seker maak dat hul bestuur van hul besighede reg is. Voorkomingsmaatreëls vir die uitbreek van siektes moet nie agterweë gelaat word nie. Lees gerus ook oom Willem Loock se prontuit-gesprek oor 'n paar kwessies. Hy praat sommer reguit en noem 'n spade 'n spade! Daar is ook twee vooruitskouingskonferensies aan die kom en as mens kyk na die sprekers en die onderwerpe wat bespreek gaan word, behoort mens moeite te doen om een van hulle by te woon. Ons hoop u geniet hierdie uitgawe van @agri. Enige voorstelle of idees is baie welkom. Stuur dit gerus na agriclive@mweb.co.za. Groete tot volgende keer

Clivé N.S. Volgende maand begin ons met 'n nuwe afdeling: “Kyk waar was ons”. Baie van ons lesers is lief vir reis en daarom beoog ons 'n nuwe blad met foto's wat bietjie wys waar ons lesers op vreemde (en bekende) paaie geloop het. Stuur gerus 6 foto's (nie kleiner as 350 kb en nie groter as 2MB) in met inligting oor waar julle was. Interessante feite oor die plek of sommer net raad aan ander reisigers kan die foto's vergesel. Ons wil graag sien waar julle rondloop – Suid-Afrika of elders!

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2

Junie 2013


@agri        29 Junie, Nieuwoudtville. Skryf in vir patentekompetisie. Ander aktiwiteite vir die hele gesin. Skakel Hannelie by 027 218 1336 of stuur 'n e-pos na info@nieuwoudtville.com. 10 en 11 Oktober, Philipstown. 3de Karoo Ontwikkelingskonferensie – “Karoo Parlement”. Kom neem deel aan besprekings oor nuwe ontwikkelingsgeleenthede vir die Karoo. Aangebied deur die Vrystaatse Universiteit. Enigeen welkom. Vir verdere navrae kontak Anita Harmse by 072 992 5099 of stuur e-pos na harmsea@ufs.ac.za of Doreen Atkinson by karoo@intekom.co.za. Besoek ook die webwerf www.karoofoundation.co.za. 24 Oktober 2013, Kimberley. GWK-kompleks. Braunvieh SA Beestelersgenootskap se nasionale veiling. Skakel Anna-Marie Viljoen by 051 410 0967 vir verdere navrae.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za.

Sluitingsdatum vir die Julie 2013-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 2 Julie 2013.

@agri

Noord-Kaap Suid-Vrystaat

www.leesagri.spmdesigns.co.za

Wil jy graag vir @agri werk? Ons is op soek na 'n advertensiebemarker! Jy kan dit deeltyds doen in die gemak van jou eie huis. Werk op kommissie. Mense wat vorige ondervinding van bemarking het sal voorkeur geniet. Stuur jou CV na agriclive@mweb.co.za

www.seekmesa.co.za




Lojaal aan mekaar Spreuke 17:17 – Op 'n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is. Is ons regtig daar vir mense wat ons hulp nodig het, of praat ons maar net daaroor? Is dit maar net praatjies om onsself goed te laat voel, of omdat dit die regte ding is om te sê? Kan mense regtig op my reken? Is ek gebore om ander mense te help? Is ek lojaal aan my geloofsopdrag om aan ander mense te doen wat ek graag aan myself gedoen wil hê? Het ek my naaste lief soos myself? Om lojaal te wees aan ander mense – vriende, familie, bure en selfs kennisse, beteken onder meer dat ons hulle: 

           

4

swakhede raaksien, maar hulle steeds akkommodeer, ondersteun en aanmoedig om hulle probleme of swakhede te oorkom; nie verneder nie; hul frustrasies raaksien en hulp aanbied; moed inpraat; ondersteun met woord en daad; help met die hart, die oor en soms selfs die beursie in moeilike tye; sekuriteit aanbied en hulle beskerm; konsidereer en verdra; nie beskinder nie; opbou; behoeftes in ag neem; vertrou; vergeef.

Junie 2013

Dit is nie altyd maklik nie – veral as dinge begin skeef loop en frustrasies na die oppervlak opborrel – maar ons moet probeer, want more, oormôre verwag ons weer lojaliteit en ondersteuning van ons nabymense. Ons moet probeer – want dit is 'n opdrag van ons Vader. Dit is nie altyd maklik om lojaal te bly teenoor ander nie, Here. Soms voel ons in die rug gesteek en wil dan net wegdraai en nooit weer omkyk nie. Tog leer U ons om die ander wang te draai en te verdra. Ander kere Heer, is dit ek wat die rugsteker is en wat nagelaat het om diensbaar te wees. Sal U ons help om ander mense net so lief te hê soos ons onsself het? Sal U ons help om lojaal te bly aan u opdrag om diensbaar aan mekaar te wees? Amen “So much of what is best in us is bound up in love of family that it remains the measure of our stability because it measures our sense of loyalty. All other pacts of love or fear derive from it and are modelled upon it.” – Haniel Long (Geskryf deur Magda du Toit, Monsanto Vrouedagboek 2013)


 The Son A wealthy man and his son loved to collect rare works of art. They had everything in their collection, from Picasso to Raphael. They would often sit together and admire the great works of art. When the Vietnam conflict broke out, the son went to war. He was very courageous and died in battle while rescuing another soldier. The father was notified and grieved deeply for his only son. About a month later, just before Christmas, there was a knock at the door. A young man stood at the door with a large package in his hands. He said, “Sir, you don't know me, but I am the soldier for whom your son gave his life. He saved many lives that day, and he was carrying me to safety when a bullet struck him in the heart and he died instantly. He often talked about you, and your love for art.” The young man held out a parcel. “I know this isn't much. I'm not really a great artist, but I think your son would have wanted you to have this.” The father opened the package. It was a portrait of his son, painted by the young man. He stared in awe at the way the soldier had captured the personality of his son in the painting. The father was so drawn to the eyes that his own eyes welled up with tears. He thanked the young man and offered to pay him for the picture. “Oh, no sir, I could never repay what your son did for me. It's a gift.” The father hung the portrait over his mantle. Every time visitors came to his home he took them to see the portrait of his son before he showed them any of the other great works he had collected. The man died a few months later. There was to be a great auction of his paintings. Many influential people gathered, excited over seeing the great paintings and having an opportunity to purchase one for their collection. On the platform sat the painting of the son. The auctioneer pounded his gavel. “We will start the bidding with this picture of the son. Who will bid for this picture?” There was silence... Then a voice in the back of the room shouted, “We want to see the famous paintings. Skip this one.” But the auctioneer persisted. “Will somebody bid for this painting? Who will start the bidding? $100, $200?” Another voice angrily. “We didn't come to see this painting. We came to see the Van Gogh's, the Rembrandts. Get on with the real bids!” But still the auctioneer continued. “The son! The son! Who'll take the son?” Finally, a voice came from the very back of the room. It was the long time gardener of the man and his

son. “I'll give $10 for the painting...“ Being a poor man, it was all he could afford. “We have $10, who will bid $20?” “Give it to him for $10. Let's see the masters.” The crowd was becoming angry. They didn't want the picture of the son. They wanted the more worthy investments for their collections. The auctioneer pounded the gavel. “Going once, twice, SOLD for $10!” A man sitting on the second row shouted, “Now let's get on with the collection!” The auctioneer laid down his gavel. “I'm sorry, the auction is over.” “What about the paintings?” “I am sorry. When I was called to conduct this auction, I was told of a secret stipulation in the will. I was not allowed to reveal that stipulation until this time. Only the painting of the son would be auctioned. Whoever bought that painting would inherit the entire estate, including the paintings. The man who took the son gets everything!” God gave His son 2 000 years ago to die on the cross. Much like the auctioneer, His message today is: “The son, the son, who'll take the son?” Because, you see, whoever takes the Son gets everything. For God so loved the world he gave his only begotten Son, who so ever believeth, shall have eternal life...that's love!

Junie 2013

5


Landboudepartement kan nie sy skoene vol staan nie Clivé Burger, redakteur

D

ie Noord-Kaapse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling hou voor sy visie is 'n getransformeerde en lewendige landbousektor wat voedselsekuriteit bewerkstellig en volhoubare ontwikkeling voorop te stel, maar dit blyk allesbehalwe te wees. Slegs 'n illusie. Patricia O'Neill-Coutts, DA-lid van die provinsiale wetgewer in Noord-Kaap vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het in reaksie op die landboubegroting gesê die departement se onlangse oudit het getoon dat hulle meer as R135 miljoen ontoepaslik bestee het. Hulle het ook toelae met 57% onderbestee. Dit dui weer eens daarop dat swak finansiële bestuur 'n negatiewe impak op dienslewering het.

6

Junie 2013

Verlede jaar tydens die begrotingsrede het Norman Shushu, LUR vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gesê die provinsie het meer as R1 biljoen vir vloedskadeverligting gekry wat oor 'n tydperk van drie jaar aangewend moes word. Die departement het egter net 'n skrale bedrag van R86 miljoen van R353 miljoen in die 2012/13 finansiële jaar vir vloedskade gebruik. Hierdie onderbesteding het daartoe gelei dat vloedskadehulp met 26% vir die nuwe finansiële jaar gesny is. “Dit is duidelik dat die departement glad nie in staat is om rampe in die provinsie te bestuur nie. Die DA het dit geruime tyd bevraagteken, maar die departement bied net verskonings aan.


“Die departement is nie vertroud met relevante wetgewing nie en maak nie erns daarvan om gepaste planne in plek te kry nie. Dit is duidelik, as in ag geneem word dat die rampbestuurplan nog nie gefinaliseer is nie, die departement nie vir die droogtehulpskema begroot het nie. “Veeboere van Koopmansfontein wat verlede jaar geweldige brande ondervind en duisende hektare verloor het, wag steeds dat die gebied as rampgebied verklaar moet word. Droogtes, vloede en brande kom gereeld voor in die Noord-Kaap en steeds is geen plan in plek nie. Dit is krities dat planne vir natuurrampe dringend aandag moet geniet en nou geïmplementeer moet word,” aldus O'Neill-Coutts. Sy het gesê dit is ook belangrik dat Shushu sal verduidelik of amptenare van sy departement verantwoordelik gehou word vir die onderbesteding van fondse wat vir ramphulp verkry is. “Pleks van om boere in ons provinsie by te staan, blyk dit dat die departement eerder fokus op die rekapitalisering van grondhervormingsprojekte wat reeds in die verlede min of geen sukses getoon het.” Die Vaalharts-besproeiingskema is 'n goeie voorbeeld. Resultate van 'n studie wat reeds in 2007 gedoen is, het bevind dat die produksie van grond wat vir grondhervorming bewillig is, baie stadig indien enigsins presteer het as dit vergelyk word met ander plase in die streek. 'n Groot persentasie van die grond is nog nooit geplant sedert die oordrag nie. Dit is ses jaar later en die departement is steeds besig om die projek aan die gang te probeer kry. 'n Verdere R16 miljoen is hiervoor bewillig. Na 'n hele aantal jare is die Kalahari Bokprojek ook nog steeds nie selfonderhoudend nie en gaan die departement R2,5 miljoen in die nuwe begrotingsjaar bestee. Dit kom uit die departement se tegniese navorsings- en ontwikkelingsprogram. “Die departement het tot op datum al meer as R200 miljoen bestee aan die rooibosteeprojek en steeds hoor ons nog niks. Vanjaar gee die departement weer R500 000 vir produksie-insette en brandstof.

“Dit het tyd geword dat Shushu vir ons sê wanneer hierdie projekte selfonderhoudend gaan word. Hulp behoort met oordrag gegee te word, dit is nie veronderstel om vir altyd en altyd te duur nie.” Sy het gesê dit is duidelik dat die departement nie daarin kan slaag om beginnerboere so ver te kry om ekonomies onafhanklik te kan boer nie. Altesaam 470 000ha in die Noord-Kaap is na 21 805 begunstigdes oorgedra. Beginneren bestaansboere produseer net 5% van die land se voedsel. Aan die ander kant word die hulp aan beginnerboere bevraagteken en het die departement nog geen poging aangewend om die verlies aan werksgeleenthede in die landbousektor aan te spreek nie. In die WesKaap is die gelyke deelskema op verskeie plase reeds suksesvol geïmplementeer. Hierdie skemas gee plaaswerkers die geleentheid om 'n persentasie van die grond te koop met die behulp van fondse wat deur die nasionale departement van grondhervorming bewillig is. Die suksesse van hierdie skemas kan reeds gesien word en het 'n positewe impak op landbouproduksie en dus ook op die ekonomie. Die DA stel voor dat die Noord-Kaap ook hierdie skema implementeer, maar ook programme daar sal stel wat plaaswerkers beter voorberei op meganisasie op plase. Dit is ook nodig dat die grondhervormingsproses vinniger sal plaasvind en die privatisering van gemeenskapsgrond en die oordrag na individue wat graag wil boer. Die departement sal moet toesien dat groter finansiële beleggings in die navorsing van beter produksietegnieke wat boere in staat sal stel om meer koste-effektief te produseer en beter oeste af te haal, het O'Neill-Coutts gesê. “Solank as wat die ANC aan bewind is, sal die landbousektor nooit omgekeer kan word nie, want die regering het steeds nie 'n provinsiale ekonomiese ontwikkelingsmodel wat gebruik kan word om grondhervormingsprojekte produktief te kry nie. Die departement kan nie sy doelwitte nakom nie.”

Junie 2013

7


Verskeie aspekte veroorsaak dat rooivleispryse en vraag onder druk is

D

ie vraag na rooivleis is onder druk en sodoende ook die prys. Droogte in die sentrale binneland, die Kalahari en Namibië plaas verder druk op pryse. Ramptoestande het ook ontstaan weens veldbrande in die Koopmansfontein en Kuruman areas. Só het James Faber, voorsitter van die N K R P O, vanjaar op dié organisasie se kongres in Kimberley gesê. “Ekonomiese onsekerheid in die internasionale omgewing kom steeds voor, terwyl die effek van die produksiekoste-knyptang deur elke produsent ervaar word.”

8

Junie 2013

Faber het genoem dat die prys van lam en bees seder die 2012-kongres verder gedaal het en is pryse nou op die laagste vlakke in twee jaar. Droogte, rampe en swak verbruikersbesteding het hiertoe aanleiding gegee. “Die daling van pryse het veroorsaak dat produsente lammers en kalwers terughou ná speen, en produsente moet seker maak dat hulle genoeg weiding vir ekstra diere het.” Hoë verbruikerspryse het daartoe gelei dat die verbruik en vraag na rooivleis afneem. Met die daling in die produsenteprys het handelaars nie die prys altyd tot dieselfde mate aangepas nie


en veroorsaak dit ongelukkigheid by produsente. Verbruikers moet kyk na die prys wat hulle betaal, maar die produsent moet onthou dat sy prys nie BTW insluit nie, maar die verbruiker s'n wel – dit is 'n verskil van 14%. Hoewel voorspellings gedui het op nat toestande vir somerreënvalgebiede het dit nie gerealiseer nie en veldbrande in die provinsie het baie hektare veld verwoes en weidingstekorte het ontstaan. Hy het produsente gewaarsku om kernaanteelkuddes te beskerm. Verder het hy produsente gemaan om hul veegesondheidsplanne en maatreëls in plek te kry. Die ondersoek na Suid-Afrika se bek-enklouseer vrye status het die RPO net weer laat besef hoe vatbaar die rooivleisbedryf vir dieresiektes is. “Ek hoop net die regering besef watter rooi ligte vir die rooivleisbedryf flikker.” Só het die uitbreek van brandsiekte in die Namakwaland en Boesmanland weer eens

bewys dat produsente sal moet saamwerk om siektes te beheer, het Faber benadruk. Siektes oor provinsiale grense bly 'n groot probleem. Hoewel die departement se veeartsenydienste nou betrokke is by die beheer van brandsiekte, word hulle ook gekonfronteer met uitdagings en moet produsente help deur hul eie planne in plek te hê. Hy het verder sy kommer uitgespreek oor die tekort aan staatsveeartse en gesê dit neem kritiese afmetings aan. Besnoeiing aan die begroting van die departement van landbou wat betref veeartsenydienste gaan negatief inwerk op die produksie van rooivleis. Boonop is die laboratorium in Kimberley totaal onderbefonds. “Produsente word versoek om hul vee te ent en die nodige maatreëls te tref om die siektes te bekamp. Siektes het 'n groot negatiewe ekonomiese impak op rooivleispro-duksie.”


Die NKRPO (Noord-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie het in Kimberley hul jaarkongres gehad waar verskeie knelpunte, aktuele sake rondom rooivleis en die ekonomie daarvan bespreek is. Dit is duidelik dat die bedryf baie belowend lyk, maar dit sal afhang of veeboere die samewerking en ondersteuning van die regering gaan hê. Alle berigte is geskryf deur Clivé Burger, redakteur

Tekort aan entstowwe is 'n skande – groot verliese word gelei

D

ie verwaarlosing van kundigheid en daarmee saam die beskikbaarheid van belangrike entstowwe vir dieresiektes soos bloutong, slenkdalkoors en bek-en-klouseer wek steeds kommer by veeboere. Koos du Toit, 'n veeboer van De Aar, het vanjaar op die NKRPO se kongres in Kimberley, die organisasie versoek om op nasionale vlak weer eens te kyk na die oplossing van dieregesondheid wat betref Onderstepoort Veeartseny Instituut. Du Toit het gesê hy het reënvalsyfers vir sy plaas sedert 1936 en volgens hierdie statistieke het die meeste reën nog vir 'n Desembermaand in 2012 uitgesak. “Gelukkig het die Liewe Vader geweet van die onvermoë van Onderstepoort en genadiglik nie nog reën in Januarie en Februarie vanjaar gestuur nie”, het hy grappenderwys gesê. Die onvermoë van Onderstepoort om in tyd belangrike entstowwe beskikbaar te stel, sou dan sy tol geëis het en groot kuddes kon uitgewis gewees het. Hy het vertel toe hy die enstof Kloon 13 by sy plaaslike koöperasie gesoek het, is daar vir hom gesê dat daar niks in

10

Junie 2013

voorraad was nie en dat hy drie maande daarvoor sou moes wag. Die probleem het by Onderstepoort gelê. Wat slenkdalkoors betref, is daar nie eens betroubare syfers wat deur die departement verskaf kan word oor hoe wyd die siekte onder vee gemaai het nie. Gelukkig het NWKV (Nasionale Wolkwekersvereniging) se studiegroepe by Grootfontein Landboukollege redelike syfers. As dit nie vir sulke groepe is wat hierdie syfers aanteken nie, is daar geen ander betroubare syfers nie. Dit is duidelik dat die regering nie erns neem om data aan te teken nie. “Die enigste ander aanduiding van die omvang van die siekte is dat wolproduksie in Noord-Kaap met 10% gedaal het,” het Du Toit gesê. Hierdie uitsprake van Du Toit is kommerwekkend as mens dink dat daar nie meer geld bewillig word vir gepaste navorsing en die byhou van data nie. Iewers gaan die pap op die grond val en sal Suid-Afrika sukkel om te bepaal wanneer watter siekte hoeveel diere se sterftes veroorsaak het. “Ons sal indringend moet kyk om hierdie situasie om te keer, dit gaan net erger


word. Onderstepoort voer aan hulle het kundiges verloor en daarom kan hulle nie doen wat hulle moet doen nie. Dit is ondenkbaar dat vee moet sterf omdat Onderstepoort nie entstowwe het nie,” het Du Toit gewaarsku. Muggies, veral in die Noord-Kaap langs riviere, is 'n ander probleem wat deel vorm van dieresiektes. Du Toit het daarop gewys dat duisende rande

bestee word om die muggies te bestry, maar dat geen verslag nog die lig gesien het van of die projek suksesvol is al dan nie. “Dit is 'n skande dat die departement van landbou hul skouers optrek en sê hulle kon niks aan die situasie doen om te spuit nie, want hul helikopter was stukkend. Die regte infrastruktuur, mannekrag en kundiges is nodig om diesulke probleme aan te spreek.”

Die NKRPO het 'n paar toekennings gemaak aan persone wat 'n rol gespeel het in die rooivleisbedryf die afgelope jaar. Van links is HG Human van GWK in Prieska, wat vir sy bydrae as hoofbestuurlid van die Noord-Kaapse RPO van die afgelope 23 jaar vereer is, genl-maj. Risimati Shivuri, adjunk-kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie in die Noord-Kaap, Johan van der Colff, ondervoorsitter van die NKRPO, en kapt. Angelo Kohl, bevelvoerder van die veediefstal-eenheid in De Aar, wat as die beste eenheid in die provinsie aangewys is. Konst. P.R. Bailey (afwesig) is die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die beste veediefstal-beampte. Foto: Johan Norval

Junie 2013

11


Baie onsekerheid in die landboubedryf – maar moontlik lig in die tonnel aar is baie onsekerheid in die landboubedryf in Suid-Afrika.

“Hy het gesê hoewel die minister van landbou,Tina Joemat-Pettersson, se begrotingstoespraak gematig was, is die befondsing van arbeidsorganisasies kommerwekkend. Die nuwe onteieningswet wat oppad is en die heropening van die restitusieproses is kwessies wat 'n invloed op kommersiële landbou gaan hê. “Vertroue tussen politici en landbouers sal herstel moet word anders gaan hierdie land se mense honger ly!”

Henk van Wyk, president van Agri NK, het op die kongres gesê dit is veral eiendomsreg in Suid-Afrika wat onsekerheid skep. Uitsprake deur die minister van grondhervorming, Gugile Nkwinti, vanjaar in sy begrotingsrede dat president Robert Mugabe van Zimbabwe vir hom 'n voorbeeld is wat grondhervorming betref, hou nie goeie nuus vir landbouers in nie. “Ek hoop egter dat baie van ons vrese en probleme positief sal verander ná die verkiesing volgende jaar.

“Ons bedryfsorganisasies sal voortaan moet sorg dat navorsing in die landbou gedoen word. Die staat is nie meer bevoeg om dit te doen nie en is ook nie gewillig om dit te befonds nie. Hierdie is nie bangmaakstories nie, dit is die realiteit. Daar kan egter baie dinge gebeur met die verkiesing volgende jaar, en mense moet nie verbaas wees as Cyril Ramaphosa vir Jacob Zuma gaan onttroon nie. Moontlik is daar lig voor in die tonnel,” het Van Wyk gesê.

D

Verskeie sprekers in die rooivleisbedryf en ekonome het kongresgangers toegespreek vanjaar op die NKRPO se kongres in Kimberley. Van links is Gerhard van den Burgh van BFAP in Pretoria, Johan van der Colff, visevoorsitter van die NKRPO, Frikkie Maré, dosent in landbou-ekonomie aan die Vrystaatse Universiteit, en James Faber, voorsitter van die NKRPO. Foto: Johan Norval

12

Junie 2013


Statistieke is soos 'n bikini... Daar was 'n paar veeboere vanjaar op die kongres wat hulle sterk uitgespreek het rondom sekere kwessies in die landbou, en meer so in die veebedryf. @agri plaas 'n gedeelte van Willem Loock van Colesberg se bydrae tot die kongres (hoewel dit bietjie gesensor moes word!). Dit sou jammer wees as hierdie vir die leser verlore moes gaan. Ek is die &^%$* in. Maar ek weet nie vir wie is ek kwaad nie! (Hierdie was tot groot vermaak van kongresgangers!) Ons moet vleis bekostigbaar aan die land se mense lewer. Invoere van die buurlande soos Namibië is ‘n probleem. Wat weet van hulle van Namibiese invoere? Ek is tot vies vir die gestorwe Vleisraad. Man ek is vies vir 'n klomp goed. Laat my dink aan die oom wat gesê het hy wil ordentlik sterf – tussen twee rowers! Aan die een kant langs die bankbestuurder en aan die anderkant langs SARS!

Niemand weet presies wat aangaan nie, en die wat weet wil nie sê nie. Hulle gooi jou toe met statistiek, maar statistiek is soos 'n bikini, dit bedek meer as wat dit ontbloot. As jy 1 000 skaap in die jaar verloor, beteken dit 'n verlies van tot R250 000. Dit is 'n klomp geld. Die ooreenkomste met Namibië wat betref handelsooreenkomste is polities geïnspireer. Statistieke word voorgehou, maar daar is baie korrupsie en bedrog. Maar ek sê nie al die skelms is in die vleisbedryf nie. Ons moet voorbereid wees om te veg vir wat jy moet kry. Landboutydskrifte gee baie inligting, maar ek is te mak om 'n fight te fight. Ons organisasie moet dalk 'n ondersoekende joernalis nader om die hele kwessie rondom die handelsooreenkomste te ondersoek. Tans is ons op die afdraende pad. Ek is nie negatief nie, maar ons gly. Ek kom uit die ou tyd uit; ek wil 'n pond vir 'n pond vleis hê.

Die Noord-Kaapse vleisbedryf het van sy lede van die kleinhandel vereer vir hulle prestasie in die onlangse Cleaver-toekennings. Van links is Rudi de Winnaar van Koki's Meat Market in Kimberley, wat in die provinsiale uitdunne 'n platinum-toekenning verower het, Koos van der Ryst, ondervoorsitter van die nasionale RPO, en Adriaan de Klerk van West End Vleismark in Kimberley, wat in die nasionale kompetisie 'n goue toekenning vir ondernemings met meer as drie kasregisters verower het. Foto: Johan Norval

Junie 2013

13


S

Departement gee waarskuwings vir res van die winter

edert die einde van die 2012-winter tot einde April vanjaar was reënval oor groot gedeeltes van die sentrale streek ondernormaal, terwyl droogtetoestande in Noordwes en gedeeltes van Limpopo aangemeld is. Die res van die land het normaal tot bo normale reënval gehad. Somergraanopbrengste was laer in talle somerreënvalareas, gedeeltelik omdat die reënval nie voldoende was nie. Luidens 'n verklaring van die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye, is veldtoestande en vee in die algemeen in 'n redelike goeie kondisie, behalwe vir gedeeltes wat droogte ervaar. Die vlak van damme is bo 70% in die meeste provinsies, behalwe in die WesKaap waar dit sowat 56% is. The Famine Early Warning System Network verslag wat in Mei vanjaar vrygestel is, dui aan dat die meeste landelike huishoudings minimum voedselsekerheid sal ervaar tussen April en Junie. Na verwagting sal die reënval ondernormaal wees in die suidelike en westelike gedeeltes van die land, hoewel bo normale reënval in die sentrale en noordoostelike gedeeltes gedurende midwinter vanjaar verwag word. Maksimum temperature sal na verwagting ondernormaal wees en minimum temperature behoort bo normaal te wees.

14

Junie 2013

Aangesien die reënval ondernormaal gaan wees in die weste, veral in gebiede van winterreënvalstreke, word boere aangeraai om gepaste kultivars te kies en om deurentyd water- en ander hulpbronne te gebruik in ooreenstemming met die Wet op Bewaring van Landbou-hulpbronne (Wetno. 43 of 1983). Boere in alle gebiede word aangeraai om hul vee se getalle in balans te hou met die dravermoë van hul grond en voorsiening te maak vir addisionele voer, wat insluit lek om diere die nodige voedingstowwe gedurende die koue wintermaande te kan gee. Toestande wat kan lei tot veldbrande moet steeds as 'n gevaar gesien word veral in die winterreënvalstreke wat steeds droog is, maar ook in somerreënvalgebiede waar droë toestande aangemeld is. Voorkomingsmaatreëls moet in plek wees sou veldbrande uitbreek. Koue fronte gaan steeds toeneem, daarom is daar kanse vir vloedtoestande in sekere gebiede daarom is goeie dreinering en die intydse skuif van diere na veiliger plekke belangrik. Die departement wys net weer daarop dat die rampbestuurwet (Wetno. 57 of 2002) vereis dat provinsies, individue en boere alle risiko's sal verminder deur gebruik te maak van vroeë waarskuwingsinligting. Lees berig hiernaas.


Vooruitskouing vir landbou sal alle fasette in bedryf aanspreek

D

ie AMT Suid-Afrikaanse agrivooruitskouingskonferensie vind vanjaar op 30 September by die WNNR-konferensiesentrum in Pretoria plaas. Vanjaar se tema is: Globale en Suid-Afrikaanse Landbou: Plan tot Aksie 2014. Tydens dié konferensie word gekyk na verskillende onderwerpe, want nie net die plaaslike mark nie, maar ook die internasionale mark se invloed op die grootliks onbeskermde Suid-Afrikaanse landboubedryf word bespreek. Produsente, afgevaardigdes van produsente-organisasies, banke, universiteite, regeringsbesluitnemers en agribesighede woon dit by. Dr. Roelof Botha, bekende ekonoom, is die programleier van die ekonomiese vooruitskouing vir 2014, terwyl Theo Venter van die Noordwes Universiteit, die politieke vooruitskouing sal behartig. Die tema van Johan van den Berg se toespraak is: Weervooruitskouing 2014 en hoe die klimaatsverandering landbou beïnvloed in Suid-Afrika. Johan se aanbieding word jaarliks deur veral produsente gesien as een van hoogtepunte van die konferensie en daar word swaar op sy gevolgtrekkings rakende reënverwagtings vir die komende somer gesteun in die beplanning van hulle plantaktiwiteite vir die nuwe seisoen. Die bekende Clem Sunter sal die megatendense van die 21ste eeu en hul

uitwerking op die landbou bespreek, terwyl Thad Simons, hoof- uitvoerende beampte van Novus Internasionaal en president van die Internasionale Agribesigheidbestuursliggaam, se toespraak se tema is: Talent: die mees algemene en noodsaaklike denominator in die voedselwaardeketting. Een van die hoogtepunte van vanjaar se program sal die paneelbespreking wees met die TV-aanbieder, Jeremy Maggs, as sameroeper. Dr. Theo de Jager van Agri SA en ander rolspelers sal die grondhervormingskwessie en die invloed op voedselsekuriteit in die toekoms van Suid-Afrika bespreek. Nog 'n punt van bespreking is die minimumloonkwessie en hoe dit beleggings in Suid-Afrika sal beïnvloed, met dr. John Purchase van die Landboubesigheidskamer en ander sprekers wat 'n debat sal voer. Die donker kant van voedselsekuriteit sal bespreek word deur Pieter Esterhuizen van Senwes. Dr. Ferdinand Meyer van BFAP aan die Universiteit Pretoria sal die internasionale en plaaslike vooruitskouing bespreek vir 2014 van grane en oliesade. Vir enige verdere navrae oor die vooruitskouingskonferensie, skakel Minda Bornmann, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van AMT by 012 361 2748.

Junie 2013

15


Have your say.

Support change.

Northern Cape

Building a new majority. Bou ‘n nuwe meerderheid. www.facebook.com/da.northerncape

@DAnorthcape

Visit the DA in Northern Cape’s new website

www.dancp.co.za


'n Groot groep mense het die dag bygewoon en daar was iets vir elkeen se smaak.

VLV-dag in Orania het baie vir die besoeker gebied Die VLV-dag vir mans en vroue wat onlangs in Orania gehou was, was baie suksesvol en dit lyk of diegene wat nie daar was nie, sommer baie gemis het. Bykans 200 mense het dit bygewoon. Hier is 'n paar foto's wat die dag geneem is.

Hier is Sunél van Rensburg saam met André le Roux, die bekende artikelskrywer van Sarie wat as spreker opgetree het. Met sy kwinkslae oor vrouens en mans en getroud wees, kon menige mee vereenselwig.

'n Demonstrasie is vir die vroue aangebied oor hoe om klei-engels te maak.

Annelize van Niekerk van Hopetown is 'n ekspert met die maak van kwiltprodukte. Hierdie pragstuk het sy aan die vroue vertoon en vertel wat die basiese vaardighede is wat 'n mens moet hê om kwiltwerk te kan doen.

Junie 2013

19




Goeie pryse vir buffel, swartwitpens op veiling behaal Die Amanzi-wildveiling is onlangs by Brandfort gehou. Dit is aangebied deur Vleissentraal. Goeie pryse is vir wild behaal. Die omset van die veiling was R6 793 050. Regs volg die pryse wat behaal is.

20

Junie 2013


Junie 2013

21


An agri-conference not to be missed The RCSSA Professional Development Conference for farmers will be held from 8 to 9 October in Harrismith in the Free State.

This conference will focus on professional development for farmers. Never heard of such a thing? That is why these high profile speakers from South Africa, Australia and Zimbabwe will attend the conference as speakers and discuss why “professionalism” is an issue for commercial farmers. The speakers at this conference will be, amongst others, Clem Sunter, writer of Mind of a Fox on The World and South

Dr Stan Parsons

22

Junie 2013

Clem Sunter

Africa - Beyond 2013, Ernst Janovsky of ABSA Agribusiness on economics and opportunities in agriculture, Dr Stan Parsons, Zimbabwean scientist, The BusinessLink™, ExecutiveLink™, and Terry McCosker from Australia on Time Controlled Grazing and Farm Business Management. The theme of the conference will be “The Future of Commercial Agriculture in Southern Africa - Seeking Breakthrough”. It is a first for agriculture in South Africa in terms of the focus and objectives. Farmers have never been more practically and operationally competent, better informed or had better access to technology. The demand for food and

Terry McCosker

Ernst Janovsky


agricultural products is in danger of outstripping supply. Opportunities are everywhere. Why is it, then, that the number of farmers in South Africa (full time and part time) is declining? What's going on? Ernst Janovsky predicts that the number of farmers in SA will have declined by nearly two thirds down to 15 000 by the mid2020's. What is an appropriate response? Is it even relevant to discuss the part played by governments, the weather, the markets (supermarkets?) or the actions of other people? If a “breakthrough” exists, where is it most likely to be found? What does a breakthrough look like, anyway? Clem Sunter and Ernst Janovsky need no introduction. Dr Parsons was born and raised on a large farming operation, including the country's largest dairy and pig enterprises, in Zimbabwe (then Rhodesia). His father, a banker, insisted that each farm enterprise must stand on its own economic feet. When the political climate started deteriorating in the late 1950's and early 1960's, his father recommended that Stan and his brothers go back to university for higher degrees. Stan's Ph.D. is in reproductive physiology and he has an MSc in Agricultural Economics (he claims it didn't teach him anything about how to make money in agriculture). Dr Parsons is famous (amongst his students at least) for telling farmers in Rhodesia in the mid-1970s that the majority of them would not be in business within a decade or two. What did he mean? And how did he know? Is Ernst Janovsky telling us the same thing? What does he know that farmers don't? Terry McCosker was raised on the land, growing up in the 1950's and 1960's on a

mixed farm in south-east Queensland, Australia. At eighteen years of age he became the youngest person within the Queensland Department of Primary Industries to publish a scientific paper. He opened new horizons for the northern Australian beef industry when he made world first discoveries in the fields of bull fertility, ruminant nutrition (“McCosker Brew”) and pasture ecology at Mt Bundy Station, Northern Territory. Dr Parsons inspired Terry to launch the GrazingforProfit™ School in Australia and South Africa, which now has over 8 000 graduates. He is recognised as the leading Australian authority on time controlled grazing and regenerative agriculture. He is a firm believer that this generation of farmers must become the “re-generation… that we need a fundamental paradigm shift. It is time for a new generation of thinking in agriculture”. His greatest skill is in challenging the conventions of agriculture and in showing how we could make a fundamental difference to farm business performance by changing the things that are seemingly impossible to achieve. If you are interested in attending the conference please let us know now (at no obligation or risk to yourself) and we will send you a comprehensive information package. We will also list you to benefit from an early registration fee. We will then ask you to register formally for the conference, in good time, and provide details of preferential accommodation rates and fees. These will be allocated on a “first come first served” basis. Reserve a place (places will be limited) and enable us to prepare fully for your participation, you just have to tell us you're interested by providing your full name(s), ID number, phone numbers and postal address. Email it to Bruce Brown at info@rcssa.co.za or contact him on 058 622 1499.

Junie 2013

23


Boerepatentedag by Nieuwoudtville beloof groot pret

O

p 29 Junie bied Nieuwoudtville 'n boerepatentedag aan. Dit beloof om 'n interessante dag te wees vol aktiwiteite en pret. Enigeen mag sy patent inskryf – maak nie saak hoe groot of klein dit is nie. Meer as 20 inskrywings is reeds ontvang. Hugo Lochner van Landbouweekblad is een van die beoordeelaars en die tydskrif borg een van die vele pryse. Carel van Niekerk van Piket Implemente in Piketberg is ook een van die beoordeelaars. KLK stuur ook beoordeelaars. Die hekke open om 7:30. Die pryse vir die patente word 12:15 in die skousaal oorhandig. Daar gaan ook twee sprekers wees. Die praatjies sal handel oor die wetlike beskerming van jou bates teen die staat. Plaaslike entrepreneurs is welkom om hul produkte of dienste te kom bemark deur 'n stalletjie tydens die dag te bespreek. Daar sal ook stalletjies wees wat onder meer kos, juwele, skilderye en speelgoed gaan verkoop.

Annique Voel, Proe en Ruik Dag. 6 Julie. 9:30 – 12:00. Jacobsdal Gholfklub. Hoekom wag tot die somer? Verloor NOU gewig! Kom hoor hoe die "Simple Steps to Shape Up" werk. Produkte vir selluliet, rekmerke en "Mamma"-magies. Die lekkerste "shakes" en kruietees. Aanvullers vir metabolisme, eetlusdempers, gewigsverlies, detoksifikasie, vitamines en minerale. Skakel Patricia Maclachlan by 082 5968 931.

Om 9:00 word daar 'n praatjie vir die vroue in die skousaal aangebied. Die spreker is Eileen van Dyk van Vredendal. Dit beloof om 'n interessante oggend te wees, so moet dit nie misloop nie. Die middag is daar 'n sterkmankompetisie en daar is pryse vir die sterkste manne op die spel. Om 16:00 gaan spanne van die omliggende dorpe aan 'n toutrekkompetisie deelneem. En vir die rugbyliefhebbers is daar ook voorsiening gemaak, want om 17:00 sal die rugby op 'n grootskerm in die skousaal uitgesaai word (Stormers vs. Cheetahs). Die skuurdans word na afloop van die rugby in die skousaal gehou.

Vir meer inligting oor die dag, inskrywings en stalletjies kontak vir Belinda Visagie by 076 1509 245 of vir Margie Baker by 072 9517 064.

 55-jarige man soek werk as plaasbestuurder. Het jare ondervinding van groenteverbouing, melkery, skaap, en graan- en lusernproduksie. Het self geboer. Skakel 083 708 3974 vir meer inligting.

 Op soek na vervoer van min meubels vanaf Bloemfontein na Colesberg. Kontak 082 3015 918.


Boere wys ons op TV waar kom wat vandaan

D

is 2013 en tyd om die kasdeure wyd oop te gooi - want in elke kas skuil daar 'n boer of tien – van die yskas en kombuiskas tot die klerekas en linnekas!

belang dat die verbruiker ingelig word oor wat dit van boere verg om kos op ons tafels te sit. As dit nie vir ons boere en landbou was nie, kon ons werklik nie eens in die oggend opstaan nie.”

Grond tot Mond is 'n nuwe KykNetreeks wat landbou se ekonomiese waardeketting volg - van dit wat die boer nodig het om kommersieel te produseer tot by die eindverbruiker.

Grond tot Mond sal in elke episode 'n verskillende landbouproduk hanteer met verrassende feite oor hoe dit by ons lewens inskakel. Hoeveel verbruikers weet byvoorbeeld dat boere selfs 'n aandeel in tandepasta het?

Die reeks gaan kykers grond toe vat… en terug. Op die lang pad tussen die plaas en die winkelrak word talle vrae beantwoord: Hoekom word kos al hoe duurder? Wat is die werklike prys wat ons betaal vir “goedkoop” invoere? En hoe volhoubaar is dit alles?

Die span besoek ook landbouskole regoor die land en kykers sal verbaas wees om te sien hoeveel van die kaas, heuning en ander produkte wat hulle gereeld koop, van hierdie skole afkomstig is!

Die regisseur en aanbieder van die program is Martie Willemse, 'n TVprogramvervaardiger wat bykans 26 jaar se ervaring en kennis van landbousake het.

Grond tot Mond begin Dinsdag 2 Julie 2013 om 17:30 en sal daarna weekliks elke Dinsdag in dieselfde tydgleuf uitgesaai word. Daar is ook heruitsendings op die volgende tye:

“Stedelinge moet wakker skrik en besef dat aspekte wat die boer raak, uiteindelik 'n invloed op elke SuidAfrikaner se sak het – van internasionaal-bepaalde pryse vir plaaslike produkte tot gebrekkige infrastruktuur op die platteland, sê Willemse.

Donderdae: 11:30 – 12:00 en 00:00 – 00:30 Vrydae:

16:30 – 17:00

Sondae:

22:00 – 22:30

Die uitvoerende vervaardiger van die reeks, Blacky Swart van Protecta Media en TV, meen: “Dit is van kardinale

Junie 2013

25


Verlede maand het ons begin met ons reeks oor kinders en het ons gekyk na die sensitiewe kind. Vandeesmaand vat ons dit net so bietjie verder en lees ons meer oor die sensitief sensoriese kind. Hierdie is 'n probleem wat baie keer misgekyk word en sommer net gesien word as 'n “stout” of “pieperige” kind. Sensoriese sensitiwiteit kom egter nie net by kinders voor nie.

Sintuie wat die chaos sif SI, die belangrikste soort intelligensie Te hard. Te naby. Te vinnig. Te veel. Jy kan nie verstaan hoekom die televisie altyd op sy hardste moet wees nie. En die deurmekaarspul op jou kollega se lessenaar irriteer jou só dat jy sukkel om jou aandag by jou werk te bepaal. Jy is soms selfs bang om funksies by te woon want net nou bedien hulle vreemde kos.

26

Junie 2013

Dalk is jy sensories sensitief. In die arbeidsterapeut Annemarie Lombard se boek, Sensoriese Intelligensie: hoekom dit meer saak maak as IK en emosionele intelligensie, verduidelik sy hoe sensoriese sensitiwiteit jou kan help om jouself én ander mense beter te verstaan deur na hul reaksies op sensoriese inligting te kyk. Sy verduidelik sensoriese intelligensie (SI) is belangriker as IK en emosionele intelligensie omdat dit só primitief is.


“Voordat jou brein impulse op 'n emosionele of 'n kognitiewe vlak verwerk, word dit eers deur jou primitiewe laer breinstrukture op 'n sensoriese vlak verwerk. Alles wat ons doen, begin op 'n sensoriese vlak.” Volgens Lombard is dit ook belangrik om sensories intelligent te wees sodat jy die impak van stimuli op jou gedrag kan bepaal en weet wat irritasies veroorsaak. Sy sê die meeste van ons is heeltemal onbewus van die werking van ons sintuie wanneer ons probeer sin maak van ons omgewing. “Ons sintuie is egter die weg waardeur inligting uit die buitewêreld na ons brein gestuur word.” In haar boek verduidelik Lombard die sewe sintuie wat ons toegang tot die wêreld gee. “Daar is vyf “sigbare” sintuie waarvan ons almal weet: gesig, gehoor, reuk, smaak en tas-sin. “Ons het egter ook twee 'versteekte' sintuie wat te doen het met beweging. Hulle is die vestibulêre sintuig – gesofistikeerde sintuiglike organe in die binne-oor wat vir ons sê wanneer ons liggaam verplaas word en ons help om beweging te oriënteer – en die proprioseptiewe sintuig of liggaamsintuig wat ons bewus maak van liggaamsposisie deur inligting te verkry uit spierbewegings en gewrigsposisie.” Lombard sê die brein word op elke gegewe oomblik met al dié inligting oorstroom. “Die brein sif, organiseer en vertolk boodskappe uit hierdie massiewe hoeveelheid inligting en help ons om te konsentreer op wat belangrik is terwyl dit ook besluit wat onbelangrik is.” Dus, sê sy, is die wêreld wat ons ervaar in wese 'n konstruk wat saamgestel word uit al die sensoriese inligting wat die brein ontvang. “Sensoriese modulasie is die prosesse in die primitiewe brein wat bepaal hoe die brein op sensoriese inligting reageer, en elke persoon prosesseer dit uniek en individueel.”

Sy verduidelik verder dat sekere mense laer en hoër drumpels het vir onder meer visuele inligting, reuke en smake en ouditiewe inligting. Waar mense met 'n hoë drumpel vir visuele inligting verkies om die oog en die brein heeltyd te “voed” met beelde, sal mense met 'n lae visuele drumpel se aandag maklik afgelei word deur 'n oorvloed van visuele inligting. So ook sal iemand met 'n hoë tasdrumpel nie omgee om in 'n oorvol hysbak te staan of om mense te omhels nie, terwyl mense met 'n lae tasdrumpel nie van aanraking hou nie en ook nie kan verdra om vuil te wees nie. Die boek bekyk deurgaans die twee uiterste sensoriese drumpels. “Aan die een kant is daar mense met lae drumpels wat só sensitief is dat hulle in die kategorie ‘defensief’ pas – wat uiterste sensitiwiteit verteenwoordig. Sensoriese defensiewe gedrag behels afkerige reaksies op wat die meeste mense as nie-irriterende stimuli sou beskou. 'n Lae drumpel of toleransie veroorsaak dat die brein oorreageer en veroorsaak dikwels spanning, angstigheid, vermyding, stres, woede en selfs geweld. Sensoriese defensiwiteit wissel van lig tot matig tot ernstig, en mense kan defensief wees in een of meer sensoriese stelsels.” Daarenteen is die ander uiterste mense met hoë drumpels, wat onsensitief is vir wat in hul omgewing aangaan en wat dikwels sensasie soek. Vir Lombard is die kernbeginsels van SI eenvoudig:

Junie 2013

27


“Eerstens moet jy insig hê. Jy moet besef jy word deur sensoriese stimuli beïnvloed. Tweedens moet jy jou toleransie en sensitiwiteit teenoor sekere stimuli bepaal. Raak jy geïrriteerd as iemand aan jou vat? Kan jy nie in geraas funksioneer nie? Want as jy dit verstaan, kan jy bepaal hoe jy in sulke situasies gaan optree. Daar is 'n groot hoeveelheid irritasies en gedrag wat 'n sensoriese oorsprong het.” Lombard sê in haar boek SI speel 'n rol in alle aspekte van die lewe, onder meer ons deelname aan 'n dagtaak. “Ons is gedurig besig om sensoriese inligting te verwerk, maar elkeen doen dit op 'n unieke wyse wat verskil van alle ander mense. Wanneer jy deur jou oë na die wêreld kyk, beteken dit nie dis hoe die wêreld lyk nie. Jou lewensmaat, kind, kollega, vriend of werknemer verwerk waarskynlik inligting uit die omgewing heeltemal anders as jy. Selfreguleer só as sensoriese irritasies hulle voordoen: Soms voel dit of jy gaan ontplof omdat jou kollega se radio so hard is, die ligte in die saal te helder skyn of die taxi-bestuurder te vinnig ry. Lombard gee dié wenke om van jou angs en irritasie ontslae te raak.

28

Vermy die situasie, byvoorbeeld 'n vol hysbak, indien moontlik.

 Haal diep asem.

Vat aan iets. Vou 'n stukkie papier, kry 'n stresballetjie, rol 'n stukkie wondergom.

SI = beter werkplek, werknemers SI en jou werk: SI in die werkplek kan met sukses aangewend word om die beste persoon vir 'n spesifieke posisie te werf, om personeel te ontwikkel en op te lei en om personeel optimaal aan te wend. Die sensoriese profielkwadrante kan soos volg in die werkomgewing aangewend word:

Lae registrasie:

Hierdie individue het 'n hoë toleransie vir omgewingstimuli. Hulle reageer passief op die omgewing. Hulle: 

Kan in steurende, besige en lawaaierige omgewings fokus.

Kan omgewingsleidrade miskyk.

Kan onbelangstellend, afgetrokke voorkom.

Is pligsgetrou.

Behoeftes: 

Meer intense insette

Sit iets in jou mond, byvoorbeeld kougom of 'n suigstokkie. Dit laat jou kalmeer.

Duidelike opdragte wat verbaal en skriftelik (per e-pos) herhaal word.

Beweeg. Oefening is baie goed om van stres ontslae te raak.

Kyk byvoorbeeld na 'n lawa-lamp, goudvis, die see of enige beweging.

Luister na iets. Gewoonlik help natuurklanke, soos voëls.

Oproepsentrumagente; aandeelbeurshandelaars; vlooimarkhandelaars; voorskoolse onderwyseres; werkers in oopplankantore; eiendomsagente; vlugkajuitpersoneel.

Junie 2013

Betrekkings wat pas:


Sensasie-soekend:

Hierdie individue het 'n hoë toleransie vir omgewingstimuli. Hulle reageer aktief op die omgewing.

Is baie bewus van en ingestel op die omgewing.

Kan ingestel wees op besonderhede.

Hulle:

Behoeftes:

Soek na en veroorsaak bykomende omgewingstimuli.

Is aktief aan die gang, besig en betrokke.

Kan dikwels meer as een ding gelyktydig doen.

Raak maklik opgewonde en is energiek.

Raak maklik verveeld, rusteloos en verloor konsentrasie.

Behoeftes: 

Aktiwiteit, afwisseling, nuwighede en verandering.

Gebruik hulle by nuwe produkte of prosesse; hulle kan potensieel bemarking, reis en sosiale verkeer met kliënte geniet.

Minder sensories stimuli.

Stiller en beheerde omgewings.

Betrekkings wat pas: Rekenaarprogrammeerder; hoërskoolonderwyseres; kunstenaar; terapeut, berader, sielkundige; strateeg; menslikehulpbronpersoneel; stelselontleder; navorser.

Sensasie-vermydend:

Hierdie individue het 'n lae toleransie vir omgewingstimuli. Hulle reageer aktief op die omgewing. Hulle: 

Kan oorweldig en omgekrap raak deur stimuli.

Vermy omgewingstimuli en doen iets om dit te verminder.

Betrekkings wat pas:

Bied weerstand teen verandering.

Toergidse; entrepreneurs; akteurs; dansers; joernaliste; verkope en bemarking; polisie en reddingswerkers; werkers in oopplan-kantore; enige werk wat reis vereis.

Maak staat op vaste rituele en voorspelbaarheid.

Is goed met die skep van roetine en struktuur.

Sensories sensitief:

Behoeftes:

Hierdie individue het 'n lae toleransie vir omgewingstimuli. Hulle reageer passief op hulle omgewing. Hulle: 

Word maklik beïnvloed deur omgewingstimuli. Is geneig om gesteur en geïrriteer te word deur die omgewing.

Stil omgewing.

Duidelike verwagtings, struktuur en voorspelbaarheid.

Betrekkings wat pas: Prokureur; advokaat; rekenmeester; skrywer; boer; stelselontleder- en ontwikkelaar; bibliotekaris.

(Bron: Internet - Sensoriese Intelligensie deur Annemarie Lombard) Junie 2013

29


Wat is lekkerder as gebakte poeding in die winter? Saam met vla... My ma het hierdie heerlike poeding 'n tydjie terug weer gemaak en ons het behoorlik die bakkies skoon gelek!

Telefoonpoeding

Bestanddele 250 ml suiker 250 ml botter 250 ml melk 30 ml appelkooskonfyt 1 eier 375 ml meel 5 ml koeksoda 5 ml gemmer en sout

30

Junie 2013

Klop suiker, botter en eier saam. Sif droĂŤ bestanddele by. Skep deeg in kokende stroop en bak in matige oond vir sowat halfuur tot 45 minute.

Stroop 750 ml kookwater 250 ml suiker 5ml gerasperde skil (lemoen of suurlemoen)

Geniet dit!


GASTEHUISE Adverteer jou gastehuis! Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal: Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00)

Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal

Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid. Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00). Ervaar die platteland, sonder enige pretensies, net soos dit is.

1/8ste blad advertensie + link na volblad pdf-advertensie in beide tydskrif en op @agri se webwerf.

R30

R60 Het jou gastehuis al sy eie webwerf?

0

0 5 1 R

In vandag se tyd kan jy dit nie bekostig om nie een te hê nie!

SPM

NS DES G

Vir enige navrae kontak Clivé Burger by 053 591 0761, 083 708 3974, stuur ‘n faks na 086 502 3941 of e-pos na agriclive@mweb.co.za.

SPM

DES GNS Stephan Vorster 082 655 3278 Graphic / Web Design

stephan @ spmdesigns .co.za www. spmdesigns .co.za

@agri

R25

Noord-Kaap Suid-Vrystaat

www.leesagri.spmdesigns.co.za

00


vir advertensies BTW nie betaalbaar. Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Volblad

(21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk 2 maande: R1 850 elk

“Koop en Verkoop”-afdeling (word ook op webwerf geplaas) (9 x 3,0cm) sluit ‘n foto in

Horisontale Banner (19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk 2 maande: R550 elk

R100


Volblad (21 x 29,7cm)

1/8 Blad (9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk 2 maande: R400 elk

1/4 Blad (9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk 2 maande: R550 elk

SMALLS slegs R60 “Dit en dat”-afdeling

Smalls (9 x 2,0cm)

R60 vir 5 reëls

@agri junie 2013  

@agri Junie 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you